South Africa: Supreme Court of Appeal

You are here:
SAFLII >>
Databases >>
South Africa: Supreme Court of Appeal >>
1987 >>
[1987] ZASCA 111
| Noteup
| LawCite
S v Barketts Transport (Edms) Bpk. t/a Trans SA and Another (122/86) [1987] ZASCA 111; [1988] 1 All SA 339 (A) (29 September 1987)
Download original files |
/MC Saak nr 122/86.
BARKETTS TRANSPQRT (EDMS) BPK.
h/a TRANS SA. ... Eerste Appellant
WILLIAM ROLAND BURKE .... Tweede Appellant
- en -
DIE STAAT ... Respondent
VIVIER AR.
/MC Saak nr 122/86
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (APPèLAFDELING)
In die saak tussen:
BARKETTS TRAMSPORT (EIENDOMS) BE?£5K
h/a TRANS SA Eerste Appellant
WILLIAM ROLAND BURKE Tweede Appellant
—en—
DIE STAAT Respondent
CORAM: CORBETT, BOTHA, JACOBS, SMALBERGER
et VIVIER ARR.
VERHOORDATUM: 15 SEPTEMBER 1987. UITSPRAAK GELEWER: 15 SEPTEMBER 1987. REDES INGEHANDIG: 29 SEPTEMBER 1987.
REDES VIR UITSPRAAK
VIVIER AR / ...
VIVIER AR :-
By die aanvang van die verhoor van die
appel op 15 September 1987 het mnr Marais, namens die
Staat, aansoek gedoen om 'n wysiging van die klagstaat,
welke aansoek deur mnr Findlay, namens die appellante,
teengestaan is. Na aanhoor van argument het die Hof
die aansoek afgewys en aangedui dat redes later verstrek
sal word. Mnr Marais het hierop toegegee dat die
Staat nie die uitsprake van die landdroshof en die
Hof a quo kan ondersteun nie. Bygevolg is die appèl
gehandhaaf en die skuldigbevindings en vonnisse van die
appellante ter syde gestel. Die redes vir die afwysing
van die aansoek om wysiging volg, en daaruit blyk terself=
dertyd die redes vir die handhawing van die appel.
Eerste / ...
3.
Eerste appellant is 'n maatskappy wat
padvervoer onderneem ingevolge die bepalings van die
Wet op Padvervoer, no 74 van 1977 ("die Wet") en
tweede appellant is sy enigste aandeelhouer en
direkteur. Appellante is in die Paarlse landdroshof
skuldig bevind aan 'n oortreding van art 31(1) (a) van
die Wet, deurdat een van hulle werknemers op 16
Februarie 1984 302 kartonne gare vanaf Butterworth
na Kaapstad op 'n openbare pad vervoer het sonder die
nodige padvervoerpermit. Eerste appellant is met
R500-00 beboet en tweede appellant is 'n soortgelyke
boete met 'n alternatiewe ses maande gevangenisstraf
opgelê /..
4.
opgelê. By die aanvang van die verhoor in die
landdroshof,is 'n alternatiewe aanklag dat die
appellante art 31(l)(b) van die Wet oortree het,
deurdat die vervoer van die gare nie deur hulle permit
gemagtig was nie, deur die aanklaer teruggetrek sonder
dat die appellante daarop gepleit het. Die appellante
het sonder sukses teen die skuldigbevindings geappelleer
na die Kaapse Provinsiale Afdeling, wat aan hulle
verlof verleen het om teen die skuldigbevindings na
hierdie Hof te appelleer.
Die openbare permit wat op 16 Februarie 1984
aan die polisiebeampte getoon is,toe hy die leunwa
gestop het waarin die gare vervoer is, het die permit=
houer / ...
5.
houer onvolledig as "J Barkett" in stede van "J Barkett's
Transport (Pty) Ltd" beskryf. Dié permit was op
28 Junie 1983 vir 'n onbepaalde tydperk uitgereik, maar
is vervang deur 'n permit wat op 20 Maart 1984 kosteloos
uitgereik is, waarop die juiste beskrywing van die
permithouer se naam verskyn. Regulasie 16(d) van die
regulasies uitgereik kragtens art 30 van die Wet,maak
voorsíening vir die kostelose uitreiking van 'n permit
ter vervanging van 'n permit wat gewysig moet word as
gevolg van 'n fout wat 'n werknemer van die Staat begaan
het toe hy die permit uitgereik het. Uit die getuienis
is dit duidelik dat dit is wat in die huidige saak
gebeur het, en die landdros se bevinding dat die
eerste / ...
6.
eerste appellant vanweë die onvolledige beskrywing van sy naam, op
16 Februarie 1984 nie in besit van 'n geldige permit was nie,
is dus nie korrek
nie. Die Hof a guo het ook tot die gevolgtrekking gekom dat die
eerste appellant op die betrokke dag in besit was van 'n geldige permit.
Die landdros se verdere bevinding, waarmee die Hof a guo saamgestem het, was dat die appellante in elk geval art 31(1)(a) van die Wet oortree het deurdat die vervoer van die gare nie deur die betrokke permit gemagtig was nie. Hierdie bevinding was in ooreen= stemming met S v Everson 1980(2) SA 913 (NK) op 918 B-D waar beslis is dat 'n permithouer wat goedere vervoer
wat /.....
7.
wat nie deur sy permit gemagtig is nie, wel art
31(l)(a) oortree. Sedertdien het hierdie Hof
egter in S v Smith 1986(3) SA 714(A) op 721 D-E
beslis dat art 31(1)(a) nie van toepassing is op
permithouers nie en dat permithouers wat padvervoer
onderneem anders as volgens die bepalings van hulle
permitte, alleen strafbaar is ingevblge art 31(l)(b),
wat 'n afsonderlike oortreding daarstel. Aangesien
eerste appellant die houer van 'n geldige permit was
ten tyde van die beweerde oortreding, was appellante
gevolglik verkeerdelik skuldig bevind aan 'n oortreding
van art 31(l)(a) van die Wet.
By die verhoor van die appel was mnr Marais
gevolglik /...
8
gevolglik verplig om aansoek te doen om 'n wysiging van die klagstaat
ten einde die appellante 'n oortreding van art 31(l)(b) van
die Wet in stede van
'n oortreding van art 31(1) (a) van die Wet ten laste te lê.
Paragrawe (a) en (b) van art 31(1) lees as volg :-
"(1) Iemand wat -
(a) padvervoer onderneem behalwe
kragtfens 'n permit wat daardie
(b) terwyl hy die houer van 'n
permit is, padvervoer anders as volgens die bepalings van daardie permit onderneem,
5 padvervoer magtig; of
is aan 'n misdryf skuldig."
Vir huidige doeleindes is dit nie nodig om
die probleme wat mnr Marais met die formulering
van / ...
9.
van die beoogde wysiging ondervind het, te behandel
nie. Ek aanvaar ten gunste van die Staat dat die
beoogde wysiging 'n duidelike uiteensetting bevat van
n aanklag dat art 31(1) (b) van die Wet oortree is.
Mnr Marais het die aansoek om wysiging gegrond
op die bepalings van art 86(1) van die Strafproseswet,
no 51 van 1977, saamgelees met arts 309(3) en 304(2) (c) (iv)
van dieselfde Wet. Laasgenoemde twee artikels magtig
die wysiging van 'n aanklag op appèl of hersiening deur =
dat die Hof "die bevel gee wat die landdroshof moes gegee
het" en verleen geen wyer magte van wysiging as wat in
art 86 bevat is
nie.
( R v Gibson 1956(2) PH
H 147 (A)). Aangesien hierdie Hof in die
Smith-saak beslis het dat afsonderlike oortredin
daargestel / ...
10.
daargestel word deur art 31(l)(a) en (b) onderskeidelik, is die vraag
vir beslissing gevolglik of art 86(1) van die Strafproseswet
'n "wysiging" van
die aanklag magtig wat daarop neerkom dat 'n nuwe aanklag geskep word, d w s dat
een misdryf deur 'n ander vervang
word. Die sub-artikel lees as volg :-
"86 (1) Waar 'n aanklag gebrekkig is vanweë die gebrek aan 'n noodsaaklike be= wering daarin, of waar daar 'n verskil blyk te wees tussen 'n bewering in 'n aanklag en die getuienis wat as bewys van so 'n bewering aangevoer word, of waar dit blyk dat woorde of besonderhede wat in die aanklag ingevoeg moes gewees het, daaruit weggelaat is, of waar woorde of besonderhede wat uit die aanklag weg= gelaat moes gewees het, daarby ingevoeg is, of waar daar 'n ander fout in die aanklag is, kan die hof,
te / ...
11.
te eniger tyd voor uitspraak, indien hy van oordeel is dat die aanbring van die toepaslike wysiging die be= skuldigde nie in sy verdediging sal benadeel nie, beveel dat die aanklag, hetsy dit 'n misdryf openbaar of nie, vir sover nodig gewysig word, sowel wat betref die deel daarvan waar die gebrek, verskil, weglating, invoeging of fout voorkom, as wat betref 'n ander deel daarvan wat dit nodig mag word om te wysig."
Die aanklag is die uiteensetting van die Staatsaak met betrekking tot die misdryf wat die beskuldigde daarin ten laste gele word (S v Hugo 1976{4) SA 536(A) op 540 E-F). Die strekking van art 86(1) is duidelik: om die regstelling deur middel van 'n wysiging te magtig van 'n aanklag wat in sekere opsigte gebrekkig of onvolledig is.
Die / ...
12.
Die gewone;- alledaagse betekenis van die woord "wysig" is om te
verander (HAT, s.v. "wysig" en Oxford English Dictionary, s.v. "amend")
met die
ver= onderstelling, meen ek, dat dít wat verander word, behoue bly. In
S v Moyo 1979(1) SA 1024 (R) was die vraag of 'n "wysiging" van die
aanklag wat beoog om meerdere misdrywe te skep i p v die een wat in die
aanklag
genoem is, gemagtig is binne die betekenis van die woord "amend" in art 191(1)
van die Criminal Procedure and Evidence Act,
Chap. 59(R) wat vir huidige
doeleindes wesenlik dieselfde is as ons art 86(1). Die hof het bevind dat die
beoogde wysiging nie 'n
"wysiging" binne die betekenis van die woord in die
betrokke sub-artikel is nie en dat dit ook nie deur die ander bepalings van art
191(1) gedek
word / ...
13.
word nie. In sy uitspraak verwys GUBBAY R op
1026 A met goedkeuring na die volgende passasie in die
uitspraak van
GIBSON R in Risley v Gough 1953 Tas SR 78
op 79 :-
"I cannot construe the word 'amended' other than to mean the perfecting or ameliorating of an existing thing - not supplying a vacuum with something that should be there"
en gaan as volg voort (op 1026 B-C)
"I think this is the meaning to be applied to s 191. It amply demonstrates that not every alteration, particularly one that causes the complete destruction of the 'existing thing' or its substitution by something else, can properly be deemed an amendment."
Ek stern met eerbied saam. Na my mening is 'n substitusie van aanklagte nie 'n "wysiging" binne die betekenis van
die / .....
14.
die woord in art 86(1) nie. Hierdie uitleg word
bevestig deur die samehang waarin die woord "wysig"
in die sub-artikel gebruik word, waaruit blyk dat
substitusie van misdrywe nie inbegrepe is by enige
van die soort wysigings waarvoor uitdruklik voor=
siening gemaak word nie. Die bepaalde opsigte
waarin 'n aanklag ingevolge die sub-artikel gewysig
kan word, hou almal verband met die misdryf gemeld
in die aanklag, en is die volgende: (a) indien
'n noodsaaklike bewering ontbreek, selfs waar die
aanklag nie 'n misdryf openbaar nie, (b) waar 'n
bewering /..
15.
bewering in die aanklag verskil van die getuienis
wat as bewys van so 'n bewering aangevoer word;
c) waar woorde of besonderhede wat in die aanklag
moes gewees het, daaruit weggelaat is; (d) waar
woorde of besonderhede wat uit die aanklag weggelaat
moes gewees het, daarby ingevoeg is; (e) waar
daar 'n ander fout in die aanklag is.
'n Substitusie van een misdryf vir 'n ander
is klaarblyklik nòg 'n invoeging van 'n noodsaaklike
bewering, nòg 'n aanpassing van 'n bewering in die aanklag
by die. getuienis, nog die invoeging van ontbrekende woorde of
besonderhede, / ...
16.
besonderhede, nòg die skrapping van woorde wat nie
in die aanklag moes verskyn het nie. Die vraag is
dus of dit dien tot regstelling van "'n ander fout in
die aanklag". Mnr Marais het betoog dat dit wel die
geval is. Dit is moeilik om te sien hoedat daar
sprake kan wees van 'n "fout in die aanklag" in die
huidige saak. Die beskuldigdes was aangekla van 'n
oortreding van art 31(1)(a) van die Wet en die klag=
staat het 'n korrekte verwysing na, en uiteensetting
van,hierdie misdryf bevat. Wat gebeur het, is dat hulle
van 'n verkeerde misdryf aangekla is, maar daar is
geen sprake van 'n fout in die sin van die soort gebreke
wat in art 86(1) genoem word nie. Na my mening moet
die / ...
17.
die woorde "ander fout in die aanklag", in die
samehang waarin dit in art 86(1) gebruik word,
eiusdem generis vertolk word, sodat dit verwys
na 'n gebrek in die aanklag wat soortgelyk is aan die
soort gebreke wat voorheen in die sub-artikel genoem
word, en nie na 'n verkeerde aanklag nie. So bv word
die hof in die laaste gedeelte van die sub-artikel
uitdruklik gemagtig om 'n wysiging te beveel in sowel
dié deel van die aanklag waar die "gebrek, verskil,
weglating, invoeging of fout" voorkom, as in 'n ander
deel van die aanklag wat dit nodig mag word om te
wysig. In 'n artikel in 1984 THRHR op 240, deur
Delport en Van Loggerenberg, wat hierdie konstruksie
van / .....
18.
van art 86(1) steun, word tereg daarop gewys dat 'n
uitleg wat die
substitusie van een misdryf deur 'n ander toelaat, die beginsel van ons
strafprosesreg, dat 'n beskuldigde vooraf van
'n aanklag verwittig moet word,
geweld sou aandoen.
Daar heers nie eenstemmigheid in ons reg= spraak oor die vraag of 'n substitusie van een misdryf deur 'n ander, geoorloof is by wyse van 'n "wysiging" ingevolge art 86(1) van die huidige Strafproseswet en sy voorgangers, art 180(1) van Wet 56 van 1955 en art 225(1) van Wet 31 van 1917 nie. Vir huidige doeleindes kan aanvaar word dat daar geen wesenlike verskil in bewoording tussen die drie artikels is nie, - die huidige ter saaklike woorde "'n ander fout in
die / . . .
19.
die aanklag" verskyn as "enige ander fout in die
aanklag" in die vorige artikels. In R v Mnyekwa
1947(4) SA 433 (OD) is beslis dat 'n verandering van
'n aanklag, van gewone aanranding tot aanranding met
die opset om ernstig te beseer, neerkom op 'n substitusie
van die ou aanklag deur 'n geheel nuwe aanklag, wat nie as
wysiging" ingevolge art 225(1) van wet 31 van 1917
beskou kan word nie. Dieselfde houding is in R v Marodiso
and Others 1948{1) SA 594 (OD) op 596, S v Collett
1978(4) SA 324(R) op 325 G-H en in S v Moyo, supra,
ingeneem. In R v Crause 1959(1) SA 272(A) het die
landdros 'n wysiging ingevolge art 180(1) van Wet 56 van
1955 toegestaan ten einde in 'n aanklag dat die beskuldigde
'n...
20.
'n motorvoertuig onder die invloed van drank bestuur het, in te voeg dat die misdryf op 'n publieke pad gepleeg is. In die uitspraak van die Hof het SCHREINER AR beslis dat die Verhoorhof kan wysig selfs waar die aanklag nie 'n misdryf openbaar nie (hieraan is later deur art 16 van Wet 16 van 1959 gevolg gegee toe uitdruklik bepaal is dat die aanklag
gewysig kan word, het sy dit 'n misdryf inhou al dan nie)
en hy het as volg voortgegaan op 281 in fine :-
"The amendmenfe did not introduce a wholly new offence but merely filled a gap in the setting out of an offence which was throughout the contravention of a stated provision of the Motor Vehicle Ordinance."
Dit is duidelik dat daar in die Crause-saak geen sprake
was / ...
21.
was van 'n substitusie van 'n nuwe misdryf nie en hierdie uitspraak
bied geen steun vir die houding dat 'n sub= stitusie geoorloof
is solank dit net
nie 'n "geheel nuwe misdaad" skep nie (S v Nesane 1980(2) SA 103(V) op
105 C-D), of solank daar "substantial identity" is tussen die oue en die nuwe
misdrywe (S v Grey 1983(2) SA 536 (K) op 539 A-3), of solank dit
"wesenlik gelyksoortig" is (Hiemstra Suid-Afrikaanse Strafproses, 4de
uitgawe op 213). Na my mening is daar geen ruimte in die bewoording van art
86(1) vir die voocmelde kwalifikasies nie, en
die Nesane- en
Greysake kan op hierdie aspek nie goedgekeur word nie.
Ek wys ten slotte daarop dat die eerste vraag wat by elke aansoek om wysiging beantwoord moet word,
voordat / ...
22.
voordat die verdere vraag van moontlike benadeling
vir die beskuldigde hoegenaamd ter sprake kom, is
of die beoogde wysiging 'n "wysiging" ingevolge art
86(1) is. Die kwessie van benadeling ontstaan
gevolglik nie in die huidige saak nie. Hierdie
benadering is, verkeerdelik, nie gevolg in die
Nesane-saak (op 105 D) en die Grey-saak (OP 539 D-E
nie.
Weens bogemelde redes is die aansoek om
wysiging geweier en die appèlle gehandhaaf.
W. VIVIER AR
CORBETT AR )
BOTHA AR )
Stem saam.
JACOBS AR ) SMALBERGER AR)