South Africa: Supreme Court of Appeal

You are here:
SAFLII >>
Databases >>
South Africa: Supreme Court of Appeal >>
1987 >>
[1987] ZASCA 118
| Noteup
| LawCite
S v Isaacs (120/87) [1987] ZASCA 118 (30 September 1987)
Download original files |
HENRY ISAACS Appellant
en
DIE STAAT Respondent
Saaknommer 159/86
mp
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (APPeLAFDELING)
In die saak tussen:
HENRY ISAACS Appellant
en
DIE STAAT Respondent
CORAM: HEFER, AR , NICHOLAS, Wnd AR et STEYN, Wnd AR
VERHOOR: 24 September 1987
GELEWER: 30 September 1987
UITSPRAAK
STEYN, Wnd AR
2.
STEYN, Wnd AR,
Appellant is op 4 September 1984 in die
streekhof te Stellenbosch skuldig bevind aan verkragting van die 13 jarige Antoinette October (die klaagster) en gevonnis tot 5 jaar gevangenisstraf. Hy het haar op 13 Julie 1984 verkrag op die plaas Vierkant ín die distrik van Stellenbosch waar albei van hulle en hul families destyds woonagtig was. Hy het in hoër beroep teen sy vonnis gegaan na die Kaapse Hooggeregshof maar sy appèl is deur daardie Hof afgewys op 4 November 1985. Sy aansoek om verlof om verder na hierdie Hof te appelleer is op dieselfde dag geweier. Met verlof van hierdie Hof appelleer hy nou teen die afwysing van sy appèl deur die Kaapse hof.
Die klaagster is verkrag om ongeveer 21h00 in die nabyheid van haar tante se huis op vierkant. Dit het so gebeur: Sy het ouder gewoonte daardie aand na
haar ........
3.
haar tante se huis gegaan om beeldradio te gaan kyk. Sy het om ongeveer 20h45 daar aangekom. Appellant was toe ook daarbuite. Hulle het mekaar goed geken. Daar was destyds 'n minneband tussen hom en klaagster se niggie en dié was as gevolg daarvan toe 8 maande swanger. Appellant kon toe nie meer met haar gemeenskap hou nie.
Voordat klaagster die huis kon binnegaan, het appellant na haar gegaan, haar van die stoepie voor die huis afgetrek en haar geneem na haar oom se motorkar wat daar naby langs die huis gestaan het. Toe sy hom by die kar vra hoekom hy dit doen het hy haar uitgevra na haar kuier by 'n plek genoem Macassar. Sy het nie vry-
willig met hom kar toe gegaan nie maar het nie om hulp
haar geroep of verset nie omdat sy hom geken het en nie wis
wat hy beoog het nie.
By die motor het sy vir hom gesê sy wil nou terug tante se huis toe om te gaan televisie kyk. Maar
instede
4.
instede daarvan om haar toe te laat om dit te doen het hy haar na 'n nabygeleë boom getrek ongeveer 50 m van die motor af. Dit was 'n koue reënerige aand. Sy het toe bang geword en in 'n flou stem om hulp geroep. Niemand het haar blykbaar gehoor nie en appellant is nie van stryk af gebring níe.
Klaagster het 'n langbroek en onderbroekie aangehad. Appellant het haar al staande teen die boom vasgedruk, haar langbroek losgemaak en dit sowel as haar onderbroekie tot by haar knieë af getrek. Terwyl hy besig was om dit te doen het "oom Piet", 'n erg beskonke tagtigjarige, slingerend naby hulle verbygegaan. Hy het klaarblyklik nie vir klaagster en appellant raakgesien nie. Hy sou in elk geval nie in sy toestand kon besef het wat by hulle aan die gang was nie. Sy verbygang het appellant nie van stryk gebring nie. Hy het sy broek ook laat sak en met die woorde "nou is die kans" vir klaagster verkrag.
sy
5.
Sy was 'n maagd en appellant het haar defloreer. Dit was vir klaagster geestelik en liggaamlik 'n pynlike ondervinding. Haar maagdevlies het in die proses veel= vuldige skeure opgedoen en haar skaamdele het gebloei.
Na die verkragting het sy haarself herklee. Appellant wou haar nog by hom hou en het haar vasgehou. Sy het daarin geslaag om van hom los te ruk en het gevlug na haar ouma se huis, twee huise van dié van haar tante af. Sy het huilend daar aangekom. Toe sy aanklop, het haar ouma vir haar oopgemaak. Sy het vinnig inbeweeg na haar kamer. Sy het daar gewoon. Die ouma het haar kamer toe gevolg en haar daar met haar broeke af aangetref. Haar skaamdele het gebloei. Sy het aan haar ouma gesê dat dit brand en dat Buzi (appellant) haar verkrag het. Haar ouma het haar aangesê om die beserings te was en het vaseline aan haar gegee om aan te smeer. Haar ouma was toe só ontsteld en kwaad oor wat met klaagster gebeur het dat sy self aan die huil gegaan het. Sy wis dat appellant
se
6.
se minnares by klaagster se tante inwoon. Sy het toe vir appellant daar gaan soek en hom daar aangetref. Sy het hom tromp-op van die verkragting beskuldig. Hy het dit ontken en gesê dat hy net met klaagster "gespeel" het. Die ouma is toe terug na haar huis. Appellant het haar gevolg tot in haar huis. Sy het hom terstond daar uitgeboender met die woord "Buzi, wat soek jy in my huis? Jy moet gaan. Jy het klaar my kind verkrag." Sy weet nie wat hy kom sê het nie want sy het hom nie kans gegee om te praat nie. Sy was te kwaad. Die volgende dag is klaagster om 12h30 medies ondersoek deur dr Badenhorst, die distriksgeneesheer van Stellenbosch. Sy was toe nog steeds in 'n geskokte toestand.
Dwarsdeur die verhoor op die meriete van die aanklag en selfs vir 'n wyle daarna, het appellant valslik ontken dat hy klaagster verkrag het. Hy het volgehou dat hy met haar toestemming sy vinger in haar skede ingedruk en daarin "gespeel" het daarmee. Vir doeleindes van
vonnis
7
vonnis is die saak op versoek van die prokureur wat hom tydens
die hele verhoor bygestaan het, na skuldigbevinding uitgestel sodat 'n
proefbeampte se verslag oor appellant
verkry kon word vir doeleindes van vonnis.
Geen vorige veroordelings is teen appellant bewys nie. 'n Proef= beampte, mev
René
Symons, het onderhoude met appellant en sy ouers gevoer. Hulle het
toe reeds weggetrek van die plaas Vierkant af. Sy het 'n verslag
aangaande
appellant
opgestel. Sy is ook deur die verdediging geroep as getuie by die
voortgesette verhoor. Sy het haar verslag toe bevestig en ingehandig
(bew
A).
Tydens haar onderhoud met hom het appellant steeds die verkragting ontken en te kenne gegee dat klaagster en haar familie hom valslik daarvan beskuldig het. In bew A doen sy o m soos volg verslag oor appellant se houding:
"Die betrokkene ontken die klagte van verkragting en beweer dat die familie moontlik 'n wrok teen hom koester.
Betrokkene
8.
Betrokkene meld dat hy nie skuldgevoelens ervaar nie aangesien
hy nie die skuldige party
is nie. Hy is egter teleurgesteld in
die
klaagster omdat sy so 'n tipe klagte teen
hom aanhangig gemaak het
Betrokkene ontken die misdaad ten sterkste en ervaar geen skuldgevoelens nie. Die getuienis teen hom blyk egter verdoemend te wees."
Haar aanbeveling ten aansien van vonnis was "dat die Hof vir vonnisdoeleindes na goeddunke optree."
Appellant het self ook ter versagting van vonnis getuig. Hy het toe beweer dat hy berou het oor sy wandaad en dat hy en sy moeder na die besoek van die proefbeampte gegaan het na klaagster en haar familie en hulle om verskoning gaan vra het. Uit die verslag, bew A, en uit wat appellant self getuig het, blyk dit dat hy toe reeds vir 4 /2 jaar by die W N N R werksaam was teen 'n pas verhoogde salaris van R240,00 per maand en dat sy minnares op 11 Augustus 1984 geboorte geskenk het aan 'n seuntjie wat appellant onderhou teen R60 per maand.
By
9.
By vonnisoplegging het die streeklanddros
appellant se persoonlike
omstandighede in ag geneem. Hy het voorts opgemerk dat alhoewel klaagster effe
groter as die
gewone 13-jarige meisie was, "haar voorkoms beslis nie
dié van 'n
jong volwasse meisie (was) nie." Hy het ook in ag geneem dat daar geen getuienis
was dat sy weens die verkragting
enige permanente psigiese letsel opgedoen het
nie. Maar hy het daarenteen beklemtoon dat die klaagster goed aan appellant
bekend
was, dat hy sy posisie in haar familie misbruik het om haar by te kom en
haar toe verkrag het in a lokaliteit wat vir haar veilig
behoort te,gewees
het.
Die streeklanddros het ook die volgende gesê oor verkragting en die voorkoms daarvan in sy regsgebied:-
"Die misdryf van verkragting is 'n baie, baie ernstige misdryf. Dit is seker een van die mees ernstige misdrywe wat teenoor 'n vrou gepleeg kan word. Dit is 'n misdryf wat veelvuldig voorkom in hierdie streekafdeling. Trouens dit kom so veelvuldig voor dat die Hof dit seker die beste kan beskryf deur te sê dat dit epidemiese afmetings aanneem. In sekere areas binne hierdie streekafdeling is 'n vrou nêrens veilig nie, nie eers in haar
eie
10.
eie huis nie. Selfs hulle huise word binnegedring en hulle word in hulle eie huise verkrag. Dit noem die Hof net om agtergrond te gee aan die misdaad om aan te dui watter afmetings hierdie misdryf aanneem in hierdie streekafdeling."
Die landdros het tot die gevolgtrekking gekom "dat gevangenisstraf die enigste gepaste vonnis behoort te wees" en appellant toe tot vyf jaar gevangenisstraf gevonnis.
In sy uitspraak in die Kaapse Provinsiale Afdeling het HOWIE, R die voormelde opmerkings van die streeklanddros oor die aard en voorkoms van verkrag= ting ten volle aangehaal en die relevansie en belang daarvan bevestig. Die geleerde Regter het t a v die proefbeampte se verslag beklemtoon dat die Hof daarvolgens vir vonnisdoeleindes na goeddunke moet optree. Hy het die volgende bygevoeg:-
"Daar was byvoorbeeld geen aanbeveling of waarskuwing dat gevangenisstraf
besonder
11.
besonder nadelige gevolge vir appellant sou hê nie. Daar is ook opgemerk dat ten tye van die ondersoek appellant geen berou getoon het ten opsigte van wat hy gedoen het nie."
Oor appellant se latere bewering in sy getuienis ter versagting van vonnis dat hy berou het oor sy wandaad, het die geleerde Regter hom soos volg uitgelaat:
"Dit is moeilik om die afleiding te vermy dat daardie uitdrukking van beweerde berou die gevolg was van die opmerkings van die welsynsbeampte."
Nadat hy o m die persoonlike omstandighede van appellant en die wyse waarop hy die verkragting gepleeg het, oorsigtelik behandel het, sluit die geleerde regter sy uitspraak af soos volg:
"In hierdie omstandighede wil dit my voorkom dat daar nie gesê kan word dat die vonnis wat die landdros opgelê het so buitensporig swaar was of so buite verhouding met die vereistes van die saak nie dat hierdie Hof kan inmeng nie. Daar moet nie net die persoonlike besonderhede
van...
12.
van die oortreder in ag geneem word nie maar ook die belange van die gemeenskap en dit is die Hof wat uitlating moet gee aan wat die belange van die gemeenskap verg. Soos reeds gesê, dit was 'n ernstige misdryf . Tweedens , moet 'n mens daarteen balanseer die omstandighede en eienskappe van die oortreder self en dan derdens, in ag neem wat die gevoelens van die gemeenskap is. 'n Mens moet kyk na wat die gevoelens van die familie van die klaagster moes gewees het na hierdie misdryf. Nadat "n mens alles opgeweeg het insluitende die behoefte aan wat somtyds 'mercy' of 'compassion' genoem word, is ek nie daarvan oortuig dat die mate van verskil in die vonnisse bestaan wat hierdie Hof toelaat om in te meng nie."
By die aanhoor van die appël voor hierdie Hof het mnr Mohamed namens appellant aan ons meegedeel dat appellant aanbied om aan klaagster skadeverdoeding ten bedrae van R5 000 te betaal teen maandelikse paaiemente van R200. Hy het betoog dat dit gepas sou wees om die vonnis op te skort op voorwaarde dat appellant daardie vergoeding aldus betaal.
Daar
13.
Daar kan om twee redes nie aan daardie versoek voldoen word nie. Eerstens, omdat dit weens sy inkomste duidelik is dat appellant nie instaat sal wees om daardie vergoeding te betaal nie. Tweedens, omdat dit sal neerkom op ongeoorloofde inmenging deur hierdie Hof met 'n diskresionêre vonnis deur die verhoorhof opgelê en deur die,Kaapse Hof bekragtig. Dit is oorbekende reg dat hierdie Hof slegs 'n beperkte vermoë het om met so 'n vonnis in te meng. Die vereistes om sodanige inmenging te regverdig is onlangs soos volg saamgevat en verduidelik deur BOTHA, AR in S v Pieters 1987 (3) SA 717 (A) op 727 F - 728 C:-
"Met betrekking tot appèlle teen vonnis in die algemeen is daar herhaaldelik in talle uitsprake van hierdie Hof beklemtoon dat vonnisoplegging berus by die diskresie van die Verhoorregter. Juis omdat dit so is, kan en sal hierdie Hof nie ingryp en die vonnis van 'n Verhoorregter verander nie, tensy dit blyk dat hy die diskresie wat aan hom toevertrou is nie op 'n behoorlike of redelike wyse uitgeoefen het nie. Om dit
andersom
14.
andersom te stel: daar is ruimte vir hierdie Hof om 'n Verhoorregter se vonnis te verander alleenlik as dit blyk dat hy sy diskresie op 'n onbehoorlike of onredelike wyse uitgeoefen het. Dit is die grondbeginsel wat alle appèlle teen vonnis beheers. Met die toe= passing van daardie beginsel in individuele gevalle word daar in die uitsprake van hierdie Hof van tyd tot tyd verskillende toetse, hulpmiddels en maatstawwe geformuleer en aangewend om, na gelang van die besondere omstandighede wat onder behandeling is, te bepaal of ingryping geregverdig sou wees. Wat dit betref, is daar soms verskille in die bewoording wat in verskillende uitsprake aangetref word. Sulke verskille moet met omsigtigheid benader word, want dit sou verkeerd wees om - soos advokate te dikwels geneig is om te doen - 'n oënskynlik algemene stelling, wat toepaslik is in die samehang van die besondere feite wat behandel word, uit die verband van 'n uitspraak as geheel te neem en te probeer, amper asof dit die krag van 'n statutêre voorskrif het of 'n wet van Mede en Perse is, om dit op 'n andersoortige stel feite toe te pas waarop dit in der waarheid nie toepaslik is nie. Dit is daarom dat ek hierbo weer eens die grond= beginsel beklemtoon het: per slot van sake is dit daardie beginsel wat uiteindelik en altyd van deurslaggewende belang is. In verband met daardie beginsel sou ek nog net een verdere oorweging wou byvoeg. Hierbo het ek verwys na gevalle waar 'dit blyk' dat
die Verhoorregter sy diskresie op 'n onbehoor-
pf onredelike like wyse uitgeoefen het. Dit moet verstaan
word
15
word in die sin dat hierdie Hof op appèl daarvan oortuig moet wees dat die uitoefening van die diskresie op onbehoorlike of onrede— like wyse geskied het. Na my mening spreek dit eintlik vanself, want, juis omdat hierdie Hof nie sonder meer 'n eie diskresie het om uit te oefen nie, sou daar sonder sodanige oortuiging geen voldoende rede bestaan om in te gryp nie-"
In Pieters se saak het BOTHA, AR ook aandag geskenk aan die vroeëre uitspraak van hierdie Hof in S v M 1976 (3) SA 644 (A). Daar het MULLER, AR die toets wat toegepas moet word om vas te stel of hierdie Hof die bevoegdheid het om met so 'n diskresionêre vonnis in te meng op tweërlei wyse geformuleer. Op 734 B - F het BOTHA, AR daardie twee formulerings só tot 'n enkele saamgesnoer:
"Aangesien die twee formulerings as verwissel baar langs mekaar gestel is, staan dit 'n mens vry om kommentaar te lewer oor die verskille in die bewoording daarvan en om na gemeen= skaplike grond tussen die twee te soek. Die tweede formulering, 'dat geen redelike Hof die vonnis sou opgelê het nie wat deur die Verhoorhof opgelê is', het na my oordeel die
nadeel
16.
nadeel dat dit moontlik die indruk kan skep dat ingryping slegs geoorloof is as die vonnis van die Verhoorregter so verregaande onredelik is dat dit bykans grens aan die absurde, wat natuurlik nie die geval is nie. Daarteenoor het die eerste formulering, 'of die Verhoorhof redelikerwys die diskresie uitgeoefen het wat aan hom toevertrou is', na my oordeel moontlik die nadeel dat dit nie ten volle uiting gee nie aan die gedagte dat ingryping slegs geoorloof is as die Hof op appèl oortuig is daarvan die die Verhoor= regter sy diskresie op 'n onredelike wyse uitgeoef en het. Met die oog op hierdie oorwegings is ek van mening dat die twee formulerings genoem deur MULLER, AR saamge= snoer kan word in een enkele vraag: of díe Verhoorregter redelikerwyse die vonnis kon opgelê het wat hy wel opgelê het. Dit is die deurslaggewende vraag: as die antwoord daarop . bevestígend is, is dit die einde van die saak."
By die toepassing van die benadering in Pieters op die onderhawige geval is ek van mening dat daar nie met die opgelegde vonnis ingemeng kan word nie. Dit is weliswaar 'n gedugte bestraffing wat aan appellant toegemeet is. Maar 'n beskaafde gemeenskap moet sy vroue en dogters se liggaamlike en geestelike integriteit
effektief
17.
effektief beskerm, veral teen die wrede en vernederende skending daarvan deur verkragting. As daardie skending so dikwels in 'n bepaalde streek voorkom dat dit, soos hier, "epidemiese afmetings"aanneem, moet die beskerming daarteen versterk word deur verskerpte bestraffing daarvan. Dit is wat in die onderhawige geval gebeur het. Daarbe= newens is die strafversagtende werking van appellant se persoonlike omstandighede grootliks geneutraliseer deur . die verswarende omstandighede van klaagster se jeugdigheid en deflorasie, die aard van die omgewing waarin appellant haar verkrag het en die misbruik wat hy gemaak het van die vertroue wat klaagster weens sy verband met haar familie in hom gehad het.
Ek is derhalwe tevrede dat die streekslanddros redelikerwyse die vonnis van vyf jaar gevangenisstraf aan appellant kon opgelê het en dat die Kaapse Hooggeregshof korrek was met die bekragtiging daarvan. In die woorde
van
18. van BOTHA, AR "is dit die einde van die saak". Die appel word
afgewys.
M T STEYN, Wnd AR
HEFER, AR)
Stem saam
NICHOLAS, Wnd AR )