South Africa: Supreme Court of Appeal

You are here:
SAFLII >>
Databases >>
South Africa: Supreme Court of Appeal >>
1987 >>
[1987] ZASCA 12
| Noteup
| LawCite
S v Fillies and Others (215/86) [1987] ZASCA 12 (24 March 1987)
Download original files |
Saaknommer 215/86
mp
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
APPèLAFDELING
In die saak tussen:
ABRAHAM FILLIES
WAYNE
SHIELDS Appellante
EDWARD HEYNS
en
DIE STAAT Respondent
CORAM: HOEXTER, HEFER, ARR et NICHOLAS, Wnd AR
VERHOOR 17 Maart 1987
GELEWER: 24 Maart 1987
UITSPRAAK
HOEXTER, AR
2.
HOEXTER, AR,
Dit is 'n strafappèl. In die
Kaap die Goeie Hoop Provinsiale Afdeling het sewe manspersone gesamentlik op 'n
aanklag van moord
tereggestaan. Hiervan is vyf persone waaronder die drie
appellante, elkeen aan moord sonder versagtende omstandighede skuldig bevind
en
die doodstraf opgelê. Met verlof van hierdie Hof kom elkeen van die drie
appellante teen die bevinding van geen versagtende
omstandighede en die
daaropvolgende doodvonnis in hoër beroep By die verhoor was die eerste
beskuldigde ene Beukes; die derde
beskuldigde ene Frans; die vierde beskuldigde
ene Hartnick; en die sesde beskuldigde ene de Bruin. Hartnick en de Bruin is
onskuldig
bevind en ontslaan. Die drie appellante was onderskeidelik
beskuldigdes 2, 5 en 7 en aldus sal afsonderlik na die appellante verwys
word.
Na die vyf veroordeeldes by die verhcor sal gesamentlik as "die vyf
beskuldigdes" verwys word.
Die
3. Die saak teen die vyf beskuldigdes is die nasleep van 'n
tronkmoord wat gedurende September 1984 by die Voorberggevangenis te Porterville
gepleeg is. As mede-gevangenes was die vyf beskuldigdes inwoners van sel nr 5.
Uit die aangevoerde getuienis blyk dat die verfoeilike
bendestelsel, en die
moordlustige vetes wat daarmee gepaard gaan, ook onder die gevangenes van die
Voorberggevangenis posgevat het;
en dat ook by hierdie gevangenis die 28-bende
met die 26-bende op oorlogsvoet verkeer. Gedurende Maart 1984 en in sel nr 5 het
lede
van hierdie twee bendes aanmekas gespring as gevolg waarvan drie lede van
die 28-bende noodlottige beserings opgedoen het. Gedurende
September 1984 was
daar geen lede van die 26-bende meer in sel nr 5 opgesluit nie. Een derde van
die meer as veertig inwoners was
toe lede of aspirant-lede van die 28-bende wat
die heerskappy in die sel gevoer het. In die sel was Beukes die leier van die
28-bende.
Frans, Hartnick en de Bruin
was
4. was lede van die 28-bende, en so ook beskuldigde 7. Beskuldigdes
2 en 5 was nog nie lede van die 28-bende nie. Hulle was begerig
om lidmaatskap
van die 28-bende te verkry maar hulle moes nog hul slag wys. Behalwe vir die
lede of aspirant-lede van die 28-bende
was die inwoners van sel nr 5
bende-onverbondenes wat in die kromtaal van die tronk as "Fransemanne" bekend
gestaan het.
Laat in die namiddag van 12 September 1984 is 'n nuweling, van 'n ander gevangenis na Voorberg oorgeplaas in sel nr 5 opgesluit. Die vreemdeling was ene Johannes Simon, die oorledene in die saak. Sy ondergang was dat hy 'n lid van die 26-bende was. Binne 'n kwessie van sewe of agt.ure na sy opsluiting in sel nr 5 was die oorledene die slagoffer van 'n grusame moord. In die vroeë oggend-ure van 13 September 1984 is die skraalgeboude oorledene oorrompel en op sy beddegoed op die vloer van die sel vasgedruk. Om sy noodkrete te demp is 'n lyfband om se nek vasgetrek en
daarna
5.
daarna is herhaaldelik met skeermeslemmetjies aan die voorkant van sy
keel gekerf totdat sy slagaar en gorrel deurgesny is.
Die verhoor het voor 'n hof bestaande uit LATEGAN, R en twee assessore gedien. Die Staat het o a ses gevangenes wat inwoners was van sel nr 5 as getuies opgeroep. Die hoofinhoud van hul getuienis kan soos volg saamgevat word. By sy aankoms in sel nr 5 is die oorledene na sy bendeverband uitgevra. Hy wou voorgee dat hy 'n lid van die 27-bende is maar die ware toedrag van sake het spoedig aan die lig gekom. 'n Vergadering van die lede van die 28-bende in sel nr 5 is belê ten einde vas te stel wat daar met die oorledene gemaak moet word. Beskuldigdes nrs 2 en 5, so het die verhoorhof bevind, het die vergadering nie bygewoon nie. By die vergadering is elke lid van die bende afsonderlik gevra om aan te dui of hy ten gunste van of teen die doodmaak van die oorledene is. 'n Meerderheid
van
6. van die lede van die 28-bende teenwoordig, het te kenne
gegee
dat hulle daarteen is, maar 'n minderheid van vier bestaande uit
Beukes, Frans, de Bruin en beskuldige 7 het hulle stemme ten gunste
van die
doodmaak van die oorledene uitgebring. Enkele ure later het die vyf beskuldigdes
gesamentlik die slapende oorledene wakker
gemaak, oorweldig, en hom daarna op
die wreedaardige wyse reeds aangedui om die lewe gebring. Die verhoorhof het
tereg bevind dat
die vyf beskuldigdes saamgespan het om die oorledene om die
lewe te bring en dat hul doelbewus saamgewerk het om dit te bewerkstellig.
By die verhoor is elkeen van die vyf beskuldigdes deur 'n advokaat bygestaan. Na afloop van die staatsaak het elkeen van die vyf beskuldigdes die swye bewaar en het hy ook geen verdedigingsgetuie opgeroep nie. Nadat die verhoorhof sy bevinding aangeteken het dat die vyf beskuldigdes aan moord skuldig is, is 'n ondersoek na die bestaan van moontlike versagtende omstandighede gevoer. Hiertydens het
slegs
7. slegs beskuldigde 5 getuienis afgelê. In die loop van sy
getuienis ter strafversagting het beskuldigde 5 gekla oor die feit
dat hy in die
gevangenis skade gely het as gevolg van diefstal wat ander van sy besittings
gepleeg het. Hieraan het hy toegevoeg
dat daar nie gewaag word om van lede van
die 28-bende te steel nie. Voorts het beskuldigde getuig dat hy 'n opgeleide
stoffeerder
is en dat hy vergeefse pogings aangewend het om sy oorplasing na 'n
ander gevangenis te bewerkstellig. Oor die beweegredes vir sy
deelname aan die
moord van die oorledene en sy gemoedsgesteldheid onmiddellik voor en tydens die
pleging van die misdaad het hy niks
gesê nie. Dit dien egter opgemerk te
word dat in kruisondervraging beskuldigde 5 op ondubbelsinnige wyse ontken het
dat hy
enige vrees vir die lede van die 28-bende gekoester het.
By beoordeling van moontlike versagtende
omstandighede is die trefpunt van die bewyslas belangrik:
die
8. die bewyslas rus op die veroordeelde om die hof op 'n oorwig van waarskynlikhede van die bestaan daarvan te oortuig. Die bevinding van 'n verhoorhof dat geen versagtende omstandighede aanwesig is nie is slegs dan aanvegbaar wanneer geen redelike Hof tot daardie bevinding kon geraak het nie, of wanneer die verhoorhof 'n mistasting of onreëlmatigheid begaan het.
Namens beskuldigde 5 is aangevoer dat die moord na alle waarskynlikheid uit wraaksugtigheid gepleeg is, en dat die verhoorhof 'n mistasting begaan het deur te bevind dat die misdaad nie as 'n bende-moord aangemerk kan word nie. Hierdie betoog kan mi nie opgaan nie. By nalees van die uitspraak wat die verhoorhof m b t versagtende omstandighede gelewer het, is dit duidelik dat die belese verhoorregter slegs die aandag daarop gevestig het dat die besluit om te vermoor by minderheidstemming geneem is. Namens beskuldigdes 2 en 5 is ter oorweging gegee dat hul verwytbaarheid verminder is omdat hulle waarskynlik nie kennis gedra het van die
feit
9. feit dat die besluit 'n minderheidsbesluit was nie. Hierdie
betoog berus op blote bespiegeling. Namens al drie appellante is gesteun
op die
sogenaamde gevangenis-subkultuur en is daar ter oorweging gegee dat vanweë
die bedrywighede van die 28-bende in sel nr'5
die drie appellante waarskynlik
blootgestel is aan dwang en vreesaanjaging deur die bendeleiers; en by weiering
om opdragte te gehoorsaam
selfs die moontlikheid dat hulle met hul lewens sal
boet.
By 'n verhoorhof se ondersoek na die bestaan van moontlike versagtende omstandighede is die eerste vraag wat ontstaan of daar omstandighede is wat op die veroordeelde se gemoedstoestand betrekking kon gehad het. Is die antwoord op die eerste vraag bevestigend ontstaan die tweede vraag: het sodanige omstandighede in die bepaalde geval die gemoedstoestand van die veroordeelde subjektief beinvloed? Selfs indien daar ten gunste van die drie appellante argumentshalwe veronderstel word dat uit hoofde van die
bendebedrywighede
10. bendebedrywighede in hul sel daar wel
omstandighede bestaan het wat op hul gemoedstoestand betrekking kon gehad het,
is daar na
my oordeel in die onderhawige geval geen bewys hoegenaamd dat die
gemoedstoestand van die appellante daardeur subjektief beïnvloed
is nie.
Die getuienis wat beskuldigde 5 ter strafversagting afgelê het, bevat geen
dusdanige aanduiding nie; en beskuldigdes
2 en 7 het verkies om in hierdie
belangrike verband nie te getuig nie. Na my mening word daar ook in die
getuienis deur die Staat
aangevoer vergeefs gesoek na enige bewysmateriaal wat
op hierdie kernvraag betrekking het. Trouens, soos die advokaat namens die
respondent daarop gewys het, val dit op dat die strekking van die
kruisondervraging van die mede-gevangenes wat namens die Staat
getuig het nie
juis hierop gemik is nie.
Na my oordeel kan daar ook nie met welslae aangevoer word dat by sy bevinding i v m versagtende omstandig
hede die verhoorhof 'n beslissing gevel het wat 'n hof, met
behoorlike
11.
behoorlike inagneming van al die feite van die geval, nie redelikerwys kon
vel nie. Die Hof het hier te make met
'n voorafbeplande en koelbloedige
gruweldaad. Dit is 'n gemeenplaas dat 'n gevangene in die gevangenis nie minder
as enige ander landsburger
op beskerming teen gewelddadige booswigte geregtig is
nie.
Om die voorgaande redes is hierdie Hof nie regtens bevoeg om in te gryp nie. Die appèlle van die drie appellante word afgewys.
G G HOEXTER, AR
HEFER, AR )
NICHOLAS, Wnd AR ) Stem saam