South Africa: Supreme Court of Appeal Support SAFLII

You are here:  SAFLII >> Databases >> South Africa: Supreme Court of Appeal >> 1987 >> [1987] ZASCA 129

| Noteup | LawCite

Du Plessis NO v Strauss (402/1986) [1987] ZASCA 129; [1988] 4 All SA 115 (AD) (12 November 1987)

Download original files

PDF format

RTF format


LL Saak No 402/1986

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIRA APPeLAFDELING

Insake die appel van:

R.D. DU PLESSIS N O Appellant

teen
J.F. STRAUSS Respondent

CORAM: CORBETT, JOUBERT, VAN HEERDEN, JACOBS ARR

et NICHOLAS WAR
VERHOORDATUM: 3 SEPTEMBER 1987

LEWERINGSDATUM: 12 NOVEMBER 1987

UITSPRAAK

/VAN HEERDEN AR ...
VAN HEERDEN AR: Inleidend

In sy testament het wyle J.J. Strauss ("Strauss") sy plaas, Simonsium, bemaak aan sy seun, A.L. Strauss ( "die insolvent"). Twee ander plase van Strauss is bemaak aan sy twee dogters, H.J. Myburgh en M.M. Sinclair. Hierdie bemakings is onderworpe gestel aan 'n vruggebruik ten gunste van Strauss se eggenote asook aan die volgende bepaling:

"Dit sal 'n kondisie wees dat sou enige van my drie kinders wat die bogenoemde eiendomme erf te sterwe mag kom sonder wettige afstammelinge sal sy of haar deel gaan na sy of haar dood na die orige twee kinders in gelyke dele of hulle wettige afstammelinge by plaasvervulling. "

Sy eggenote en al drie sy kinders het Strauss oor-leef en na sy dood is Simonsium na die insolvent oorgedra onderhewig aan die genoemde vruggebruik en voorwaarde. Gedurende 1975 het die Vrystaatse Provinsiale Afdeling egter op aansoek van die insolvent 'n bevel verleen waarvolgens hy gemagtig is om die plaas te vervreem en gelas is dat drie stukke grond, die eiendom van A.L. Strauss (Edms) Bpk

/"die ...

3.

( "die maatskappy"), onderhewig aan die vruggebruik en voor-waarde gestel moes word. Ter uitvoering van die bevel is 'n endossement in die maatskappy se titelakte aangeteken. Dit het gelui dat die drie stukke gronde onderworpe was aan die vruggebruik van Strauss se eggenote en aan die volgende bepaling:

"Dat sou Abraham Lodewicus Strauss, gebore 13 Januarie 1929, te sterwe mag kom sonder wettige afstammelinge, gemelde eiendomme gaan na sy dood na Hester Johanna Myburgh en Maria Margaretha Sinclair in gelyke dele of hulle wettige afstam-melinge by plaasvervulling, soos geskep in Testament van wyle Jacob Frederik Strauss ge-dateer 2 September 1955."

Gedurende 1983 is die maatskappy gelikwideer en die boedel van die insolvent gesekwestreer. Hierna het die appellant in sy tweeledige hoedanigheid as likwidateur van die maatskappy en kurator van die insolvente boedel 'n aansoek in die Vrystaatse Provinsiale Afdeling aanhangig gemaak. Dit het gelei tot die uitreiking van 'n bevel nisi. Vir die doeleindes van hierdie appel is dit slegs

/nodig ...

4.

nodig om te verwys na para 2 (c) van die bevel waarvolgens belanghebbendes aangesê is om redes aan te toon waarom nie verklaar sou word nie dat:

"1.1 die insolvente boedel van A L Strauss

. . . die fiduciarius en die houer van die fiduciêre regte is ingevolge die testament van wyle Jacob Frederik Strauss . . . ,
1.2 die testament van wyle Jacob Frederik Strauss ... geen fideicommissêre regte ten gunste van die afstammelinge van die insolvent, Abraham Lodewicus Strauss .., daarstel nie."

Wat para 2 (c) 1.1 betref, het die appellant in sy aansoek slegs aangevoer dat dit onseker was of die voor-waarde vervat in die testament, soos beliggaam in bogenoemde endossement, tot gevolg gehad het dat die insolvent, dan wel die maatskappy, die fiduciarius van die maatskappy se drie stukke grond was. Wat para 2 (c) 1.2 betref, was dit die appellant se standpunt dat wie ook al die fiduciarius was, volle eienaar van die grond sou word indien Strauss deur sy kinders of verdere afstammelinge oorleef sou word.

/Die ...

5
Die aansoek en die bevel nisi is beteken op alle meerderjarige belanghebbendes terwyl 'n kurator-ad-litem aangestel is om die belange van moontlike minderjarige en nog te gebore bevoordeeldes te behartig. Dit was egter slegs die huidige respondent, 'n meerderjarige seun van die insolvent, wat die aangevraagde bekragtiging van para 2 (c) van die bevel nisi - en dan ook slegs sub-para 1.2 teengestaan het. Die kurator-ad-litem het naamlik die houding ingeneem, soos hy ook aanvanklik in hierdie hof gedoen het, dat die testamentêre voorwaarde nie 'n stilswy-ende fideicoinmissuin ten gunste van die afstammelinge van elk van die fiduciarii daargestel het nie.

In die verbygaan dien gemeld te word dat dit tereg gemene saak was dat die voorwaarde onder bespreking nie 'n direkte substitusie geskep het nie. Dit is trouens reeds in 1981 deur die Vrystaatse Provinsiale Afdeling in 'n ongerapporteerde uitspraak bevind.

Die hof a quo het in eerste instansie beslis dat

/vanweë ...

6.

vanweë die 1975 hofbevel, en die endossement waardeur uit-voering daaraan gegee is, die maatskappy die fidusiêre reg-hebbende van die drie stukke grond geword het - m a w, dat die voorheen onbelemmerde eiendomsreg van die maatskappy beperk is deur die testamentêre voorwaarde wat op Simon-sium van toepassing was - en dat Strauss geen regte met betrekking tot die grond verkry het nie. Voorts is bevind dat indien Strauss met nalating van kinders (of verdere afstammelinge) te sterwe kom, volle eiendomsreg van die grond op die kinders (of verdere afstammelinge) oorgaan. Gevolglik is para 2 (c) van die bevel nisi in sy geheel opgehef. Verlof is egter aan die appellant verleen om na hierdie hof te appelleer teen die opheffing van para 2 (c) 1.2 van die bevei nisi. Derhalwe is slegs die tweede bevinding van die hof a quo op appël aangeveg.

Die gronde waarop bedoelde bevinding berus, kan soos volg saamgevat word: 'n voorwaardelike fideikommissêre

/bepaling ...

7
bepaling wat gekoppel is aan 'n is sine liberis decesserit-klousule (hierna kortweg 'n sine liberis-bepaling genoem) bring nie sonder meer mee dat indien die fiduciarius wel deur kinders oorleef word hulle as stilswyend benoemde fideicommissarii opvolg nie. Dit sal egter wel die geval wees indien die testament aanduidings bevat dat die testateur die liberi wou bevoordeel. Indien die liberi nie afstammelinge van die testateur is nie, is sterker aanduidings nodig as wat vereis word wanneer hulle wel sodanige afstammelinge is. In casu is die afstammelinge van Strauss na wie in die testamentêre voorwaarde verwys word, klaarblyklik ook afstammelinge van die testateur en is daar genoegsame aanduidings dat hy beoog het om hulle te bevoordeel ten opsigte van die grond wat aan hulle voorsaat bemaak is. Dit is naamlik duidelik dat die testateur 'n toegeneentheid teenoor afstammelinge van sy kinders gekoester het aangesien bepaal is dat indien een van sy kinders sonder afstammelinge te sterwe sou kom, die

/betrokke ...

8.

betrokke grond sou vererf op sy ander kinders "of hulle wettige afstammelinge by plaasvervulling". Dit is der-halwe onaanvaarbaar dat die testateur beoog het dat 'n afstammeling van 'n kind 'n moontlike fideicommissarius sou wees ten opsigte van grond wat aan 'n ander kind van die testateur bemaak is, maar geen regte sou hê nie ten opsigte van die grond wat in eerste instansie aan sy of haar eie voorsaat bemaak is.

Die hof a quo het pertinent bevind dat die beslissing van hierdie hof in Estate Cato v Estate Cato and Others nie gesag is nie vir die stelling dat indien die liberi wel afstammelinge van die testateur is, 'n sine liberis klousule meebring dat behoudens aanduidings van 'n teenoorgestelde bedoeling, 'n fideicoirmiissum tacitum in

hul guns geskep word. Skrywers soos Van der Merwe en

2) 1)

Rowland en Murray, 3)huldig egter 'n ander mening, en in

1) 1915 A D 290.

2) Die Suid-Afrikaanse Erfreg, 5de uitg, pp 310-11

3) 1968 Annual Survey, pp 238-9.

9
hierdie hof het die advokaat vir die respondent dan ook betoog dat bogenoemde bevinding verkeerd is. Die Cato-uitsprake
Die testament in Cato het ingewikkelde bepalings bevat, maar vir huidige doeleindes en in die lig van die bevindings waartoe op appèl gekom is, kan die tersaaklike gedeelte van die testament in die volgende, vereenvou-digde vorm weergegee word: Die testateur (Cato) het sy boedel in gelyke dele aan sy kinders bemaak en bepaal dat dit op 'n toekomstige tydstip ("die verdelingsdatum") tus-sen hulle verdeel sou word. Inmiddels sou die kinders en Cato se eggenote elk geregtig wees op 'n proporsionele gedeelte van die inkomste van die erflating. Indien nie een van die kinders die verdelingsdatum sou oorleef nie, moes die hele boedel in gelyke dele gaan na die oorlewen-de kinders van Cato se suster ("die Richards-kinders"). Voorts is bepaal dat die dele van Cato se dogters "shall not be liable for the debts of ... [their]... husbands . . . , but my daughters only shall have right to their share

/and ...

10.

and pass the residue to their children or to their brothers'

4 ) and sisters' children."

Cato is oorleef deur sy eggenote en vyf kinders, maar toe die geding aanhangig gemaak is, was drie van die kinders reeds oorlede. Die tweede kind wat te sterwe gekom het, was 'n dogter, mev Cosnett, en die derde 'n seun, Spensley. Na laasgenoemde se dood, maar voordat die ver- delingsdatum aangebreek het, het geskille ontstaan tussen die eksekuteurs van Spensley se boedel en die oorblywende twee kinders van Cato (die derde en vierde verweerders). Die vernaamste geskil wat by wyse van 'n gestelde saak ter beslegting voorgelê is, was of ingevolge Cato se testament sy kinders se regte met betrekking tot die erflating by sy dood gevestig het dan wel of sodanige vestiging eers op die verdelingsdatum sou plaasvind. Die eerste ver-weerders (die eksekuteurs van Cato se boedel) het die hof egter versoek om te beslis of die afstammelinge van die

4) Dié bepaling word nie korrek weergegee in die uitspraak van Innes HR op p 297 nie. Die juiste bewoording verskyn op p 291 van die verslag.

11.

oorlede kinders van Cato tot by die verdelingsdatum gereg-tig was op 'n deel van die inkomste van Cato se boedel. Die vyfde verweerder was die voog van mev Cosnett se kin-ders wat slegs in hierdie hof verteenwoordig was. Die laaste drie verweerders was die Richards-kinders wat hul op die standpunt gestel het dat die boedel op hulle sou vererf indien die oorblywende twee kinders van Cato voor die verdelingsdatum te sterwe sou kom.

Hierdie hof het bevind dat elk van Cato se kin-ders reeds by sy dood 'n aanspraak op 'n gedeelte van die boedel verkry het en dat vestiging nie uitgestel was tot die verdelingsdatum nie. Die regsposisie was dus dat die kinders van Cato fidusiêre, en die Richards-kinders voorwaardelike fideikommissêre, erfgename was. Voorts is bevind dat laasgenoemde kinders sou erf slegs indien op die verdelingsdatum geen kind of kleinkind van Cato in die lewe sou wees nie. Met 'n beroep op die beslissing van die Geheime Raad in Galliers v Rycroft 5) is hierdie

5) 1901 A C 130

12.

bevinding gefundeer op 'n regsvermoede dat indien 'n tes-tateur sy kind of kleinkind as fidusiêre bevoordeelde aanwys en bepaal dat die erfenis of legaat by die dood van die kind of kleinkind na 'n derde moet gaan, die fidei-kommissêre substitusie onderhewig is aan 'n stilswyende voorwaarde dat dit alleen geld indien die eerste bevoor-deelde sonder kinders (of verdere afstammelinge) te sterwe kom. Anders gestel, word by ontstentenis aan aanduidings van 'n teenoorgestelde bedoeling aanvaar dat die fidei-kommissêre substitusie onderhewig is aan 'n stilswyende sine liberis-bepaling.

Die vraag of so 'n stilswyende bepaling ook mee-bring dat 'n fideicommissuin tacitum geskep word ten gunste van liberi wat die testateur se kind of kleinkind oorleef, is nie in die gestelde saak geopper nie. In nie een van die uitsprake van Innes HR, De Villiers AR of Juta WAR is hierdie vraag dan ook pertinent oorweeg nie. Dit blyk egter uit die gerapporteerde weergawes van die betoë

/dat ...

13.

dat die advokaat vir die vyfde verweerder (respondent) op appel aangevoer het dat indien die Cosnett-kinders die enigste af stammelinge van Cato sou wees wat die verdelings-datum oorleef, die hele boedel op hulle sou vererf. Die grondslag van hierdie betoog was waarskynlik dat Cato

stilswyend sy kleinkinders as fideikommissêre erfgename

aangewys het,5a) en dit moet in gedagte gehou word wanneer

oor die trefwydte van ondergenoemde dicta en bevindings besin word.

Met verwysing na die si sine liberis decesserit-reël het Innes HR die volgende gesê: 5b)

"The facts before the Court seem to support rather than to militate against the operation of the presumption. Here unless the con-dition si sine liberis is implied, not only one set, but several sets of grandchildren would be passed over in favour of more remote

/beneficiaries ...

5a) Die advokaat vir die derde en vierde respondente het dan ook aangevoer (op p 295): "Counsel for the fifth defendant was compelled to rely on a tacit fidei commissary substitution."

5b) Op p 304.

14

beneficiaries, and it is almost impossible to think that that could have been the testator's intention. And so far from renouncing his grandchildren he seems to have had a benevolent regard for all of them (whether in esse or in posse) . For he directed that the residues of his daughter's inheritances should pass over to their children, or if they had none, then to the children of their brothers and sisters. Under all the circumstances, therefore, I come to the conclusion that the fidei commissum in favour of the children of Mrs. Richards can only take ef-fect if there is no surviving child and no sur-viving grandchild of the testator alive at the date of division."

Anders as wat Murray aan die hand doen,

meen ek nie dat hierdie dictum noodwendig dui op 'n bevind-ing van die Hoofregter dat kleinkinders van Cato as moont-like fideicommissarii aangewys was nie. Die sinsnede

/"would ...

6) Op p 304 .

15..

"would be passed over in favour of more remote benefi-ciaries" is weliswaar goed vatbaar vir Murray se vertolk-ing van die dictum, maar Innes HR kon ook in gedagte gehad het dat tensy 'n sine liberis-bepaling in die testament inbegryp word, kleinkinders van Cato van die erflating uitgesluit kon wees in díe sin dat hul nie as testate of intestate erfgename van hul ouers aanspraak op 'n deel van Cato se boedel sou kon maak nie.

Aan die einde van sy uitspraak tabuleer Innes HR die bevindinge waartoe hy gekom het. Een daarvan lui soos volg:7)

"(d) If at such date [d i die verdelings-datumj any child or the issue of any survives then no fidei commissum operates. The share of any predeceased child would qo to his children; in default of children it would form part of his qene-ral estate." (My kursivering)

Die fideicommissum waarna verwys word, is klaar-

blyklik die uitdruklik geskepte een ten gunste van die

/Richards-...

7) Op p 305.

16.

Richards-kinders. Wat nie so duidelik is nie, is waar-om bevind word dat indien die voorwaarde vir bevoordeling van hierdie kinders nie vervul word nie - d w s indien 'n kind of 'n kleinkind van Cato die verdelingsdatum oorleef -die deel van die boedel wat gevestig het in 'n kind van Cato wat voor bedoelde datum gesterf het "would go to his children". Soos dit my voorkom, is die enigste moontlike gevolgtrekking egter dat na die mening van die Hoofregter kleinkinders van Cato wat die verdelingsdatum oorleef het versweë aangewese fideikommissêre erfgename was van dié deel van die boedel wat gevestig het in hulle vader of moeder wat voor bedoelde datum gesterf het. Maar was hierdie mening gegrond bloot op die effek van die geïm-pliseerde sine liberis-bepaling, of ook op die aanduidings van Cato se bedoeling wat in die aangehaalde dictum ver-meld word (soos die hof a quo in casu bevind het)? Ge-sien die feit dat Innes HR nêrens in sy uitspraak, voordat hy sy bevindings kortweg getabuleer het, uitdruklik bevind

/het ...

17.

het dat Cato se testament 'n fideicommissum tacitum ten gunste van sy kleinkinders geskep het nie, laat die vraag hom nie ligtelik beantwoord nie. Ek meen egter dat Innes HR die stilswyende fideikommis bloot vanweë die veronderstelde sine liberis-bepaling gekonstrueer het en dat hy na aanduidings van Cato se bedoeling verwys het slegs om dit duidelik te maak dat die testament as geheel nie teen die vermoede dat dit wel stilswyend so 'n bepaling bevat het, gespreek het nie, maar inteendeel die vermoede bevestig het.

Op hierdie stadium is enkele opmerkings aange-wese. Eerstens dien daarop gelet te word dat die tweede sin van bevinding (d) nie ingelyf is by die bevel wat gemaak is nie. Die rede hiervoor was vermoedelik dat, soos reeds aangedui, die gestelde saak nie die regte van kleinkinders van Cato na die verdelingsdatum te berde gebring het nie, en dat die Cosnett-kinders eers in hier-die hof verteenwoordig was. Aan die ander kant is die

/bevinding . . .

18.

bevinding waarskynlik gemaak vanweë die verbreding van die geskilpunte as gevolg van die reeds genoemde betoog van bedoelde kinders se advokaat. Die bevinding moet dus wel as deel van die Hoofregter se ratio decidendi beskou word.

In tweede instansie kan gevra word hoe die uit-druklike testamentêre bepaling betreffende die residuum van die erfenisse van die dogters van Cato te rym was met 'n stilswyende fideikommis ten gunste van kinders van sowel seuns as dogters van Cato. In hierdie verband moet 'n onderskeid getref word tussen die oorlye van 'n kind van Cato voor, en na, die verdelingsdatum. Die voorwaardelike fideikommissêre bevoordeling van die Richards-kinders was gekoppel aan die verdelingsdatum. Indien 'n kind of klein-kind van Cato die datum sou oorleef, sou die bevoordeling verval, en so ook die stilswyende sine liberis-bepaling. 'n Seun van Cato wat op die verdelingsdatum in die lewe was,

se aandeel sou hom dan onvoorwaardelik en onbeswaard toekom,

/'n ...

19.

'n Dogter van Cato wat aldus in die lewe was, se aandeel sou egter onderhewig wees aan die uitdruklike voorwaarde dat die residuum van haar deel by haar dood toeval aan haar kinders, of by ontstentenis van eie kinders, haar broers en susters se kinders. Daarenteen sou die fidei-commissum tacitum, volgens Innes HR se bevinding, slegs gegeld het ten opsigte van 'n kind van Cato se deel indien

daardie kind voor die verdelingsdatum gesterf het met nalating van 'n kind of kinders, en 'n kind of kleinkind van Cato die verdelingsdatum oorleef het.

In derde instansie moet die oorredingskrag van die bevinding onder bespreking beoordeel word in die lig van die, feit dat dit nie uit die uitspraak blyk nie dat Innes HR bewus was van 'n omstrede strydvraag in Wes-Europa, waarna vollediger hieronder verwys word,

en van 'n beslissing wat reeds in 1908 deur die Kaapse

Hof daaromtrent gegee is.8) Hierdie vraag was of in

/geval ... 8) Steenkamp v Marais, N O and Others 25 SC 483.

20.

geval van 'n uitdruklike sine liberis-bepaling diegene positi in conditione geag moet word ook positi in dis-positione te wees; m a w, of die liberi as stilswyend aangewese fideicommissarii beskou moet word. En dit spreek vanself dat, behoudens aanduidings van die testa-teur se bedoeling, 'n stilswyende sine liberis-bepaling nie sterker as 'n uitdruklike een ten gunste van bevoor-deling van die liberi kan spreek nie.

Ek kom dan by die aparte uitspraak van De Villiers WAR, wat instemming betuig het met die bevel vervat in die uitspraak van die Hoofregter. Hy het ook bevind dat, afgesien van die reël geformuleer deur Voet 36.1.17 wat in Galliers, supra, goedgekeur is, Cato se testament aanduidend was van 'n bedoeling dat die Richards-kinders sou erf slegs indien geen van Cato se kinders of kleinkinders die verdelingsdatum sou oorleef nie. Die woorde wat hy gebruik het, lei egter nog minder as die aangehaalde dictum van Innes HR tot die

/noodwendige . ..

21.

noodwendige gevolgtrekking dat na sy mening kleinkinders van Cato moontlike stilswyende fideicommissarii was nie. Hy het naamlik gesê (op p 308):

"For the testator provides that his daughters are to pass the residue of their shares to their children or their brothers' and sisters' children. There is, it is true, no similar fidei commissum residui imposed on the sons' shares, but the provision is important as show-ing that the testator was not indifferent to the children of his sons either, as on failure of children of their own the daughters have to pass the residue of their shares, inter alia, to 'their brothers' children.' There is, therefore, an implied condition here that tiie fidei commissum only vests in the children of Mrs. Richards if there are no lawful des-cendants of the testator alive at the date of the division. If there are, the fidei commissum lapses."

Die uitspraak van De Villiers WAR, bevat dan ook nie 'n bevinding wat ooreenstem met dié vervat in die tweede sin van paragraaf (d) van die opsomming van die Hoofregter wat hierbo aangehaal is nie. Aan die ander kant kan nie uit die woorde "the fidei commissum lapses" afgelei word dat na die mening van De Villiers

/WAR....

22.

WAR die testament nie 'n fideicommissum tacitum geskep het nie, want die sinsnede verwys klaarblyklik na die uitdruklike, maar voorwaardelike, bevoordeling van die
Richards-kinders.

Die uitspraak onder bespreking bevat egter wel die eienaardige bevinding dat "each of the children of the testator, the issue of deceased children per stirpes and the executors of Spensley Cato are entitled to be

paid an equal share of the income of the estate of the

9)

testaror until ... [die verdelingsdatum]."9) Ek sê

dit omdat hierdie bevinding sover dit op kinders van 'n oorlede kind var Cato betrekking het, nêrens in die uitspraak gemotiveer word nie en bowendien bots met die volgende slotsom van Innes HR:10) "Pending the date of division, each such child or (in the event of decease before distribution), his estate is entitled to one-sixth share of the income ..." (My kursivering.) In

/elk . . .

9)Op p 309.
10)Op p 305.

23.

elk geval dui bedoelde bevinding nie op 'n fideicommissum tacitum wat op grond van 'n stilswyende sine liberis-bepaling gekonstrueer is nie, want hierdie bepaling het
betrekking gehad op die verdelingsdatum en nie op die afsterwe van to kind van Cato voor daardie datum nie.

Die derde uitspraak was dié van Juta WAR, wat

ten aansien van die vermoede ten gunste van bogenoemde

bepaling die volgende gesê het:11)

"The words of the will confirm this presumption. In the case of his daughters, the testator burdened their shares with a fidei commissaum in favour of their children and their brothers' and sisters' children, and not in favour of the Richards' children.
It may be said that this provision only operates upon the shares of the daughters, and that unless the latter survive the various dates of division it can have no operation; but there is nothing to show why the testator should desire his grandchildren to inherit if his daughter survived the marriage of his widow, and should desire that they should get nothing because their mother died a day before that date."

11) Op p 312.

24.

Hierdie dictum dui myns insiens ook nie noodwen-dig daarop dat na die mening van Juta WAR die stilswyende sine liberis-bepaling op sy beurt tot 'n fideicommissum tacitum gelei het nie. Die laaste bysin van die dictum is naamlik ook vereenselwigbaar met 'n siening dat Cato nie kon beoog het dat 'n kleinkind wat die verdelingsdatum oorleef het,as testate of intestate erfgenaam van sy vooroorlede moeder van haar deel van die erf enis uitge-sluit sou wees nie indien sy 'n dag voor die verdelings-datum gesterf het- Anders gestel, kan nie sonder meer aanvaar word dat Juta WAR dit as onwaarskynlik beskou het dat Cato kon beoog het dat sodanige kleinkind in die gepostuleerde geval nie sy moeder as fideikommissêre bevoordeelde sou opvolg nie.

Net soos die geval is met die uitspraak van De Villiers WAR, kom Juta WAR nêrens tot dieselfde slot-som as Innes HR in die tweede sin van paragraaf (d) van sy opsomming nie. Dit is egter nodig om die aandag

/op ...

25.

op die volgende te vestig. Die laaste sin van die ge-rapporteerde uitspraak van Juta WAR lees soos volg: "The
appeal must therefore be allowed with costs here and

in the Court below." 12) In die oorspronklike uit-

spraak is die woorde "with costs here and in the Court below" egter deurgehaal en deur die volgende in manuskrip vervang:

"I agree with the order. made by the learned Chief Justice. I may add that having had an opportunity of (? perusing) his judgment I agree with his conclusions of law."

Die regskonklusies waarna Juta WAR verwys, is klaarblyklik die voormelde getabuleerde bevindings van Innes HR. Uit die oorspronklike stukke in die argief blyk dit egter nie met welke van die uitsprake die ander twee lede van die hof, Solomon AR en Wessels WAR, saamge-stem het nie.

Uit bostaande volg dat hierdie hof nie in Cato uitdruklik of by implikasie beslis het dat 'n

/uitdruklike 12) Op p 313.

26

uitdruklike of stilswyende sine liberis-bepaling van regs-weë aanleiding gee tot 'n vermoede dat die testateur 'n fideicommissum tacitum ten gunste van die liberi geskep het nie. Wat wel gesê kan word, is dat Innes HR en Juta WAR, as deel van hul ratio decidendi sulks bevind het in 'n geval waarin die liberi af stammelinge van die testateur was, en dat hierdie bevinding moontlik deur Solomon AR en Wessels WAR onderskryf is. Die beslissing in Cato kan derhalwe nie as bindend beskou word ten op-sigte van die vraag waaroor in die onderhawige appël be-sleg moet word nie. En sover ek kon vasstel, het dié vxaag nie in enige ander gewysde van hierdie hof ter sprake gekom nie.

Die gemene reg

Alvorens op ander Suid-Afrikaanse gewysdes ge-let word, is dit dienstig om 'n kort oorsig van die gemene reg te gee. Hierbo is reeds verwys na die fel omstrede

/vraag ...

27.

vraag wat soos volg deur Groenewegen geformuleer word:

"An et quando positus in conditione censeatur positus in dispositione?" Met ander woorde, is diegene vermeld in die voorwaarde geroepe tot die beskikking? Sommige skrywers bestempel hierdie vraag as dié een waaroor die grootste meningsverskil geheers het. Van Leeuwen sê

dat "the question seems to have been rendered perplexed

by the authorities ", 14) Sande meen "there is among

Jurists no guestion more debated than this;" 15) terwyl Christinaeus 16) dit 'n moeilike en onoplosbare vraag noem en sê dat volgens kardinaal Mantica die antwoord nie deur redenasie gegee kan word nie. Die skrywers het selfs verskil aangaande die verdere vraag of 'n meerderheid 'n positiewe dan wel 'n negatiewe antwoord gegee het. So bv sê Gail17) en Sande18) dat die meerderheid ontken dat

/die....

13) De Legibus Abrogatis 28.5.85.

14) Cens. For. 1.3.7.18 (Schreiner se vertaling, p 97).

15) Dec. Fris. 4.6.5 (Vos se vertaling, p 101)

16) Band 1, beslissing 37.
17) Practicarum Observationum, band 2, Obs. 136.
18) Op. cit.

28.

die liberi bevoordeeldes is, terwyl Domat 19) en Menochius 20)

'n teenoorgestelde mening huldig. Met verwysing na latere skrywers sê Christinaeus (vry vertaal):

"Dan is daar meer resente skrywers wat dan die een en dan die ander steun en so onder mekaar veg en mekaar so weerspreek dat enige een van die twee as die gangbare mening beskou kan word soos berig deur Dom Johannes van Castille waar hy sê dat enige van die menings maklik verde-
digbaar is en die ander een volledig weerspreek
kan word."21)

Daar was egter ook 'n derde benadering wat getrag het om die botsende positiewe en negatiewe standpunte te versoen. Diegene wat tot die derde groep behoort

het, het naamlik geleer dat indien die liberi afstammelinge

22)

van die testateur was, hulle wel bevoordeel was.

Romeins-Hollandse skrywers verwys in verband met bogemelde vraag na 'n stuk of veertig regsgeleerdes van die sestiende en vroeë sewentiende eeu; meestal "Franse en

/Italianers ...

19)Les Loix Civiles 2.5.3.3.16.

20)Raadpleeg Christinaeus, band 4, beslissing 46.

21)Band 1, beslissing 37.

22)Sien o a Menochius, De Praesumptionibus, 4.76.23; Christinaeus, beslissing 56.

29.

Italianers, maar ook enkele Spanjaarde en Duitsers, soos Cajucius, Duarenus, Boerius, Hartmanus Pistoris, Grivel-lus, Fachinaeus, Menochius, Mantica, Hotomanus, Salicetus, Maynard, Gail en Anselmus. Die lys sluit ook in skry-wers wat hedendaags onbekend of vrywel onbekend is, bv Bouvot, Grassus, Forcabilus, Hondedaeus en Autumnus. Die groot verskil van mening was te wyte aan die feit dat in die Romeinse reg die vraag onder bespreking nooit uit-druklik gestel en beantwoord is nie. Daar is dus ge-

poog om afleidings te maak uit tekste wat vir verskillende

23)

interpretasies vatbaar was. Soos sal blyk, gaan dit

in die onderhavige appèl egter nie om die juiste gevolg-trekkings vat uit sodanige tekste gemaak moet word nie -tekste wat in elk geval, vir sover hulle leidrade mag bied, vry obskuur is - maar wel om die stand van die Romeins-Hollandse reg teen die einde van sy ontwikkeling in sy

land van herkoms.

/Sover ...

23. Bv D 28.5.86 (85); D 36.1.59 (57) .1; C 2.3.1 en C6.25.7 (6) pr.

30.

Sover ek kon vasstel, is die Nederlandse skrywers van die sewentiende en agtiende eeu dit eens dat 'n sine liberis-bepaling nie in sigself en in alle gevalle aan-leiding gee tot 'n vermoede dat die liberi versweë aange-wese fideicommissarii is nie. De Groot 2.20.5 bied 'n gerieflike vertrekpunt. Hy postuleer die geval waarin die testateur sy goed aan Jan bemaak en bepaal dat indien laasgenoemde sonder kinders sterf die goed na Paul moet gaan. Indien Jan na die testateur sterf, leer De Groot, is die mees algemeen aanvaarde opvatting dat Jan nie ver-plig is om die goed aan sy kinders na te laat nie tensy hulle (1) afstammelinge van die testateur is, of (ii) indien hulle ingevolge die oorspronklike erflater se tes-tament met 'n las beswaar was, of (iii) indien uit ander aanduidings in die testament 'n bedoeling om die kinders te bevoordeel, afgelei kan word.

Nie een van die diegene wat kommentaar op De Groot se Inleiding gelewer het, verskil van bogenoemde

/sienswyse ...

31 .

sienswyse nie, en bepaaldelik nie van die stelling dat die liberi stilswyend aangewese fideicommissarii is in-dien hulle afstammelinge van die testateur is nie. Schorer, Voet en Groenewegen verwys glad nie daarna nie soos hulle stellig wel sou gedoen het indien hulle nie met De Groot akkoord gegaan het nie. In sy Voorlesinge is Scheltinga dit blykbaar met De Groot eens. Hy sê dat die reël liberi positi in conditione, non sunt in posi-tione van toepassing is, maar onderhewig aan 'n uitsonder-

ing, vermeld deur De Groot, in geval die kinders die in-

24)

testate erfgename van die testateur is.

In Praelectiones, ad Gr. 2.20.5., laat Van der

25) Keessel hom soos volg uit:

"Maar of Jan ens. Netso, indien in die gestelde geval Jan die erflater oorleef het en sy erfgenaam geword het, word die vraag gestel of met 'n fidei-kommis beswaar is ten gunste van daardie kinders wat die erflater in die voorwaarde gestel het. Dit moet ook netso ontken

/word ...

24) Voorlesinge, p 177.

25) Praelectiones, band 2, pp 411-412 (Gonin se vertaling) ..

32

word uit hoofde van dieselfde reël [d i dat kinders genoem in 'n voorwaarde nie daarom be-voordeeldes is nie] ; dit was ook die standpunt van die Eof van Holland, behoudens die geval vaar daar aanduidings van die teenoorgestelde wil aanwesig was ...
ten waar die kinderen ens. Indien Jan in die gestelde geval die seun van die erflater sou wees en sy kinders dus dieselfde erflater se afstammelinge sou wees. Nou word aanvaar dat hulle vir die fideikommis aangewys is, soos die Hof van Holland na bewering beslis het."

Laastens skryf Fockema Andreae in sy aantekeninge dat wat De Groot in 2.20.5 sê "de gewone leer van schrivers en jurisprudentie [was], gelijk v. Bynkershoek opmerkt in Okserv. 1, no. 1032". Ek kom hieronder op Van Bynkers-hoek terug.

Van Leeuwen het uit twee monde gespreek. In Cen. For. 1.3.7.18 verwys hy na die mening van sommige dat indien die liberi, afstammelinge van die testateur is, wel 'n fideicommissum tacitum tot stand kom, maar dat in ander gevalle daar duidelike aanduidings van sodanige bedoeling van die testateur moet wees, en vervolg dan: 26) Schreiner se vertaling, boek 3, p 98.

33.

"This distinction however, has justly been
disapproved of by others (w)ho hold that the
children and grandchildren themselves of the
testator mentioned in the condition are no more
to be considered as summoned (to the inheritance)
than any other people who are no relations would
be, unless unmistakable and very evident infer-
ences, and necessary deductions from the testa-
tor's intention require this, since the rule
as to intention is not different in the case
of descendants from what it is in the case of
persons who are no relations, and if the testa-
tor wish to summon the latter (to the inheritance)
by means of a fideicommissum he ought expressly
to say so; since in cases of doubt the presump-
tion is always in favour of the heir and against"
the fideicommissum, and in such a case the tes-
tator is not to be presumed to have placed a
greater burden on his children, than would have
been placed by such a provision on anyone who
was no relation "

In sy Het Rooms-Hollands Recht, wat na Censura Forensis verskyn het, wyk Van Leeuwen egter af van sy vorige standpunt. Met verwysing na o a De Groot 2.20.5, sê Van Leeuwen 3.8.12 dat in geval van 'n sine liberis-bepaling 'n onderskeid juis tussen liberi wat kleinkinders van die testateur is, en diê wat in. die sylinie verwant of vreemdes is, getrek moet word. Is die liberi wel

/kleinkinders ...

34

kleinkinders -

"it would be considered from the obviously good

intention that the grandchildren are also called

to the inheritance ..." 27)

Wat ander liberi betref, moet daar, aldus Van Leeuwen, duidelike aanduidings wees dat die testateur hulle as bevoordeeldes wou betrek het.

Sommige hedendaagse skrywers sê dat Groenewegen,

ad D 28.5.85, die opvatting gehuldig in Censura Forensis

deel, maar inderdaad verwys hy slegs na uiteenlopende ge

sag en neem hy nie self standpunt in nie.

Die inleidende gedeelte van Voet 28.2.9 lui soos

volg:28)

"But as to whether those also are to be con-sidered as passed over who have only been given a place in a condition there are differing views among the commentators. Sande displays an ar-ray of them on both sides. But if it behoves us to follow natural reason and the directions of the Civil law, the position is rather that such persons ought to be deemed to have been altogether passed over."

In 28.2.10 noem Voet egter vier uitsonderings

/op ...

27)Kotze se vertaling, band 1, p 383.
28)Gane se vertaling, band 4, p 666.

35.

op die reël dat diegene vermeld in 'n voorwaarde 'nie self bevoordeeldes is nie. Die eerste twee hou verband met afleidings aangaande 'n testateur se bedoeling wat uit sekere bepalings in 'n testament gemaak kan word, terwyl
die derde uitsondering nie hedendaags kan geld nie. Die

29) vierde uitsondering word soos volg geformuleer:

"Finally Neostadius is authority for saying that with collaterals indeed, such as the child-ren of brothers or of blood-relations and others like them who have been given place under a condition, the view of the Roman law demonstrated above ought in case of doubt to be approved; but that actual descendants of the testator who have been given place by him under a condition appear by our customs to have been summoned by the last will apart from any combination of reasonable inference such as has been already described. Nay it has been clearly enacted in the Spanish Netherlands that those who are given place under a condition must be considered as having been summoned, according to Petrus Stokmans."

In 39.5.44 sê Voet dat in die geval van 'n skenking gemaak onderhewig aan die voorwaarde dat indien die begif-

tigde sonder kinders sterf die goed na die skenker terugval,

/die ...

29) Gane se vertaling, band 4, p 669.

36.

die kinders nie fideikommissêre regte op die goed verkry nie. Voet gaan egter voort om dit duidelik te maak dat wat hy in 28.2.9 en 10 gesê het, ook op sodanige skenking van toepassing is, en konkludeer:

"Hence if there is a rule anywhere by constant practice that those given place in a condition are also deemed to have been embraced in the disposition, or the combination of circumstances suggests some such thing, it ought not to be doubted that in those cases also a right has accrued to them on a donation so framed."
In Peiris v Appu,31) 'n beslissing van die Ge-

heime Raad aangaande die reg van Sri Lanka, word die passasie

in Voet 28.2.10 wat hierbo aangehaal is, ook weergegee

32)

waarna Lord Wilberforce die volgende sê:

"The cautious statement of this fourth proposition is to be noted: it is placed under the authority of Neostadius without direct en-dorsement by the author. That Voet himself considered the point a doubtful one is shown by a footnote to the passage last cited in which he refers to Grotius and Van Leeuwen on one side and to Sande's disagreement on the other. His own view appears to go no further than ac-ceptance of the relevance of 'various circumstances .'"

/Ek....

30) Gane se vertaling, band 6, p 138.

31 ) (1968) A C 869. 32) Op pp 878-9.

37

Ek kan, met eerbied, nie met hierdie sienswyse akkoord gaan nie, want dit kom my voor dat Voet instemming betuig het met dit wat hy aan Neostadius toegeskryf het. In sy opsomming wat 28.1.10 voorafgaan sê Voet uitdruklik dat hy o a vermeld wat die reg van Holland aangaande die-gene positi in conditione is, en indien die gedeelte van 28.2.10 wat hierbo aangehaal is saam met 39.5.44 gelees word, is dit duidelik, meen ek, dat Voet aanvaar het dat volgens die praktyk van Holland afstammelinge van 'n testa-teur wel as positi in dispositione beskou moes word. In 'n nota tot bedoelde gedeelte beroep Voet hom op Neostadius, De Groot en Van Leeuwen, Cens. For., 1.3.7.18, en vermeld hy slegs sydelings cat Sande 'n ander mening huldig. Dit is waar dat, soos hierbo blyk, Van Leeuwen in Cens. For. juis nie 'n onderskeid tussen afstammelinge van die testa-teur en ander liberi trek nie, maar hy vermeld o a 'n be-slissing van die Hof van Holland van 31 Julie 1651 waarin so 'n onderskeid blykbaar wel gemaak is, en bes moontlik het Voet

/se ...
38. se verwysing na Van Leeuwen op hierdie beslissing geslaan.

Die twee Friese skrywers, Sande en Huber, bied gesag vir die stelling dat. in geval van 'n sine liberis-bepaling nie vermoed word dat die liberi stilswyend aan-gewese bevoordeeldes is nie. Sande verwerp perti-nent die standpunt dat so 'n vermoede wel geld indien die liberi. afstammelinge van die testateur is. Hy verlaat hom egter uitsluitlik op sy vertolking van sekere Romeins-regtelike tekste, veral C.6.43.3, en soos blyk uit 28.2.9 het Voet nie van Sande se siening van die Romeinse Reg verskil nie.

Huber 34) skryf dat indien ek my broer as erf-

genaam aanwys, en Klaas as alternatiewe erfgenaam benoem in geval my broer sonder kinders sterf, die kinders nie ook moontlike erfgename is nie aangesien "erfstellinge met duidelijke woorden moet geschieden". In 2.16.40 voeg Huber egter by "hoewel de stilswijgende wille van

/den ...

33)Dec. Fris. 4.6.5.
34)Hed. Rechtsg. 2.16.39.

39.

den Testateur genoeg saem blijkt, dat hy ook sijn broeders kinderen de goederen liever heeft toegewilt, als aen vreemde lieden."

Opgelet sal word dat in Huber se voorbeeld die

liberi nie afstammelinge van die testateur is nie. Die enigste gesag waarop Huber hom beroep, is egter dié van Sande, en dit is dus 'n redelike aanvaarding dat hy laasgenoemde se sienswyse ten volle gedeel het.

Wat Sande en Huber betref, moet natuurlik in gedagte gehou word dat daar in Friesland 'n sterker resepsie van die Romeinse Reg as in Holland was; soveel so dat Huber 1.2.47 geskryf het dat die Romeinse Reg in Friesland "suiwerder en platter onderhouden wort, als in eenig deel, land of staet van de Christene wêreld." In 'n geval waarin die reg van Holland wel, maar nie dié van Friesland nie, van die Romeinse reg af-gewyk het, kan gevolglik hier te lande nie op die gesag van Friese skrywers gesteun word nie. Soos Van den Heever AR gesê het:34a)

"Since we observe the law of Holland we must excluce the Romanists of other countries as well as the pragmatists from neighbouring regions. Accordingly we leave out of consideration Flemish authorities such as Zoesius (Comment ad. C. 4.44 quaest. 3) and Tulden (ad C.4.44). There is a special reason why we should ignore the Frisians. In Friesland the Roman law was received not mere-ly in subsidio as ratio scripta but as a system which operated proprio vigore."

/Wat ...

34a) Tjollo Ateljees (Eins) Bpk v Small 1949 (1) S A 856 (A) 865-6.

40.

Wat die Suid-Nederlande betref, het art 18 van die Ewige Edik van 1611 bepaal dat liberi wat in 'n voor-vaardelike beskikking vermeld is, wel as testamentêre bevoordeeldes beskou moes word. Aldus, sê Stockmans,35) het 'n einde gekom aan "lawaaierige gevegte" wat voorheen in die hof van Brabant geheers het.

Christinaeus het aanvanklik die bogenoemde derde, versoenende, mening verwerp, maar later het hy met klaar-blyklike goedkeuring verwys na Mantica se oplossing dat

'n vermoede ten gunste van die liberi wel geld indien hulle

36)

afstammelinge van die testateur is.

Wat Utrecht betref, leer Wassenaar dieselfde as De Groot. Hy sê dat in geval van 'n sine liberis-bepaling die primêre erfgenaam nie verplig is om die erfenis aan die liberi na te laat nie "ten ware de kinderen waren afkomelingen van den testateur, ofte dat de kinderen

/ook ....

35)Beslissing 29.

36)Band 4, beslissing 46.

37) Practijk Notariael, hoofstuk 18, no 116 (op p

381) .

41 .

ook met eenige maekinge ofte conditie belast waren, ofte andersins van des testateurs meyninge so te zijn, uit de despositie quame te blijken ofte aangenomen konde worden. (My kursivering.)

Hoe was dit in die praktyk van Holland gesteld? Ek het reeds melding gemaak van die beslissing van die Hof van Holland van 31 Julie 1651 hoewel toegegee moet word dat Van Leeuwen se verwysing daarna nie glashelder is nie. Neostadius, Dec. 22, waarop Voet steun, vermeld egter 'n geval waarin 'n testateur sy twee susters as erf-gename aangewys het onderhewig aan die bepaling dat in-dien een van hulle sonder kinders sou sterf, haar deel van die erfenis aan die langslewende suster, of haar kin-ders, sou toeval. Een van die susters, Margarete, het voor die testateur gesterf maar het 'n kind nagelaat. Die vraag het toe ontstaan of bedoelde kind by wyse van direkte substitusie in die plek van sy moeder getree het. Op grond van sekere conjecturae het die Hof van Holland dié

/vraag ...

42.

vraag bevestigend beantwoord. Wat egter vir huidige doeleindes van belang is, is dat die Hof van Holland blyk-baar aanvaar het dat aanduidings van die testateur se
bedoeling nodig was omdat Margarete se kind nie 'n afstam-meling van die testateur was nie, en dus nie uit die sine liberis-bepaling sonder meer afgelei kon word dat die kind in Margarete se plek moes tree nie.

Dit het in hierdie eeu geblyk dat outeurskap van die Decisiones voorheen verkeerdelik aan Neostadius toegeskryf is, en cat dit die werk was van Pelgrim van Loo, 'n raadsheer van die Hof van Holland. 'n Afskrif van die oorspronklike teks van Van Loo is in 1936 deur Van Apeldoorn op 'n veiling aangekoop, en hy gee die vol-

gende opsomming van Dec. 22 soos dit in Van Loo se teks

voorkom (my vertaling):38)

"Wanneer iemand by testament sy twee susters as erfgename aanwys met die bepaling dat 'bij kinderloos overlijden' van een van hulle haar

/deel ... 38) Uit de Practijk van het Hof van Holland, p 48.

43.

deel die ander suster sal toekom, en een van die susters voor die erflater met nalating van n kind sterf, mag - 'aangezien dit kind dén erflater niet in de rechte lijn maar in de zij-lijn bestaat" - uit die klousule 'bij kinder-loos overlijden' nie sonder meer afgelei word dat die kind as erfgenaam vir sy moeder gesub-stitueer was nie. Dit mag slegs aangeneem word indien uit die verdere inhoud van die tes-tament blyk dat dit die bedoeling van die tes-tateur was."

Ek is egter nie seker dat Voet in 28.2.10 op hierdie beslissing gesteun het nie. In nota (a) tot Dec. 22 word verwys na 'n beslissing van die Hof van Holland van 7 Mei 1632 as gesag vir die stelling dat 'n vennoede ten gunste van liberi wel geld indien hulle afstammelinge van die testateur is, en moontlik het Voet hierdie latere

beslissing in gedagte gehad. Van der Keessel steun dan

ook spesifiek op die beslissing van 1632.39)

40)
Van Bijnkershoek vermeld 'n geval wat voor

die Hooge Raad van Holland, Zeeland en Wes-Friesland gedien

/het . ...

39)Op. cit., band 2, p 515, deel 20, voetnota 7.
40)Observationes Tumultuariae, no 1032.
44.

het.Sempronius het die kinders van sy broers as erfge-name aangewys onderhewig aan 'n fideikommissêre substitusie indien een van die erfgename sonder vettige afstammelinge sou sterf. Een van die erfgename is insolvent oorlede maar het kinders nagelaat. Bedoelde erfgenaam se kredi-teure wou hul vorderings bevredig uit goed wat Sempronius aan die oorledene nagelaat het, terwyl die voogde van die kinders van die oorledene beweer het dat 'n stilswyende fideiconunissum ten gunste van die kinders geskep was. Van Bynkershoek sê dat die geskil betrekking het op die bekende vraag waaroor daar in die literatuur en die praktyk skerp meningsverskil bestaan het, nl of "liberi positi in conditione censeantur vocati?" Meestal, vervolg van Bynkershoek, word beslis dat die antwoord bevestigend is indien die liberi afstammelinge van die testateur is, maar dat indien hulle in die sylinie aan die testateur verwant is, daar aanduidings in die testament moet wees dat die testateur hulle as fideicommissarii

/wou ...

45

wou bevoordeel. Van Bynkershoek sê ook dat hy nie na gesag verwys nie omdat dit reeds so beslis is.

In Obs. 2266 word voorts positief gesê dat dit "ons reg" is, en dat dit dikwels beslis is, dat liberi wat in 'n voorwaardelike beskikking vermeld is wel testamentêr

bevoordeel is indien hulle kinders of ander afstammelinge

41 ) van die testateur is. Amerasinghe41) se dan ook tereg

dat die Hooge Raad in die verband onder bespreking kon-stant 'n onderskeid tussen die direkte en die sylinie ge-trek het.42)

Ek is nie bewus van enige uitspraak van die Hof van Holland of die Hooge Raad waarin hierdie reël be-twyfel is nie, en dit moet dus aanvaar word dat volgens die praktyk van Holland in die sewentiende en agtiende eeu 'n sine liberis-bepaling, gekoppel aan 'n voorwaarde-like fideikommissêre substitusie, die vermoede meegebring het dat die testateur 'n fideicommissum tacitum ten gunste

/van ....

41)Tacit Fideicommissa, p 47, n 233 A.
42)Sien ook Obs. 1979, 2937 en 3099.

46.

van die liberi geskep het mits hulle afstammelinge van die testateur was. Indien die liberi nie afstammelinge was nie, was hulle. bevoordeel slegs indien die testament aan-duidings bevat het dat die testateur hulle as stilswyend aangewese fideicommissarii wou betrek.

Met die uitsondering van Van Leeuwen en bogenoemde twee Friese juriste, is dit ook wat Nederlandse skrywers van die sewentiende en agtiende eeu geleer het. Soos reeds genoem, het Van Leeuwen egter in sy latere werk sy vroeëre opvatting laat vaar en was daar dus, wat die reg van Hol-land betref, geen wanklank nie. Indien aan die heersende gemeenregtelike standpunt gevolg gegee word, geld daar ge-volglik in casu 'n vermoede dat die testateur, Strauss, stil-swyend die af stammelinge van sy kinders as fideikornmissêre legatarisse aangewys het. Die appellant se advokaat het dan ook nie betwis dat die meermaal genoemde vermoede in die gemene reg gegeld het nie, maar het op twee gronde betoog dat dit nie in casu toepassing vind nie.

/Ek . . .

47.

Ek kom later op hierdie gronde terug. Verdere Suid-Afrikaanse Regspraak

43)

Re Milne's Estate; Ex parte Robinson is

die eerste Suid-Afrikaanse saak waarin die onderhawige

vraag ter sprake gekom het. Die vraag wat deur Connor

HR ondersoek is, is deur hom soos volg geformuleer:44)

"Is a person made part of a conditional devise, made a devisee?" Hy het na verskeie ou skrywers verwys, maar het uiteindelik die vraag onbeantwoord gelaat.

45) In SteenkamD v Marais N 0 and Others is in

'n gesamentlike testament plase bemaak aan die testateur se seun Carel, onderhewig aan o a die voorwaarde dat indien hy sonder erfgenáam te sterwe sou kom, die grond op die testateur se ander seu, Daniel, sou oorgaan. Die vraag waaroor die hof moes beslis, was of die testament 'n stilswyende fideicommissum ten gunste van Carel se kin-ders geskep het. Maasdorp R het verwys na De Groot

/2.20.5 ...

43) 3 N L R 56.
44)Op p 57.
45) 25 S C 483.
48.

2.20.5, Van Leeuwen, Cens For. 3.7.16 en R H R 3.8.12, en Voet 36.1.67, 36.1.13, 36.1.14 en 36.1.17, en op grond van hierdie gesag tot die gevolgtrekking gekom dat die kinders van Carel nie fideikommissêre regte verkry het nie. Wat laasgenoemde skrywer betref, was Maasdorp R van oordeel dat:

"Voet all through treats the condition 'if he dies without children' merely as a condition
upon which the f ideicommissum depends, and not
46) as a disposition in favour of the grandchildren."

Aangesien daar in die testament geen aanduidings was van 'n bedoeling om die kinders van Carel te bevoordeel nie, is gevolglik beslis dat Carel met toestemming van Daniel (dit is per incuriam andersom in die uitspraak gestel) vryelik oor die grond kon beskik.

Alvorens Maasdorp R na bogenoemde bewysplekke in Voet verwys het, het hy genoem dat dit vreemd was "that a question so much discussed by some of the authorities is

/not....

46) Op p 495.

49

not, as far as I can find, touched upon by Voet." Hier-

die opmerking het van McGregor 47) die lakonieke uitlating

"Quandoque bonus dormitat Homerus" ontlok, want soos reeds aangetoon, bespreek Voet wel die vraag in 28.2.9 en 10 en 35.9.44. Maasdorp R het dus sy beslissing gegrond op die gesag van Van Leeuwen, Cens. For., en wat hy ver-keerdelik as Voet se opvatting beskou het. Bowendien ontbreek in die uitspraak enige verwysing na die praktyk van Holland, terwyl latere skrywers soos Van Bynkershoek

en Van der Keessel glad nie vermeld word nie. (Obs.

Tum. was toe egter nog nie beskikbaar nie.)

Die enigste ander saak waarin getrag is om die

48) stand van die gemene reg te bepaal, is Ex Parte Odendaal.

Die tersaaklike gedeelte van die testament wat ter sprake was, het bepaal dat indien een of meer van die testateurs se erfgename sou sterf sonder om kinders na te laat, hul erfenisse moes terugval na die ander erfgename of hul

/afstammelinge.....

47)1936 S A L J 265 op 273.
48) 1926 0 P D 223.
50.

afstammelinge. Hoewel beslis is dat die testament 'n direkte substitusie, en nie 'n fideikommissêre een nie, geskep het, is tog ingegaan op die vraag of die liberi vermeld in die sine liberis-bepaling as fideikommissêre bevoordeeldes beskou kon word. McGregor R, met wie De Villiers RP, saamgestem het, het dan ook 'n veel grondiger ondersoek van gemeenregtelike bronne gedoen as wat in Steenkamp die geval was. -Hy het o a verwys na De Groot, Van Leeuwen se twee werke, Voet 28-2.9 en 10 en 39.5.44, Neostadius Dec. 22, Sande, Dec. Fris. 4.6.5 en Van . Bynkershoek, Obs. 1032. McGregor R se uiteindelike slotsom is soos volg geformuleer:48a)

"One is now in a position to attempt a summary of the way in which the saying an et quando posi-tus in conditione censeatur positus in dispositione should be regarded and applied. I think that prima facie (and without more) the inclusion in the condition does not strictly imply and consti-tute inclusion in the succession (i.e.,in the class of beneficiaries). Where the persons sought to be included are collaterals, i.e., not descendants in the direct line, the indications in the will (conjecturae) would have to be very strong (more or less of the nature indicated in the Censura Forensis, supra) before such inclu-sion could be approved. Where they are direct descendants, however, the tendency is the other way, and the indications on which it is legiti-mate to found a manifestation of desire to include may be much slighter. The high authority of Grotius and Bynkershoek seems to support this conclusion."

/Ek...

48a) Op p 234.

51.

Ek kan, met eerbied, nie hierdie slotsom onder-skryf nie. De Groot en Van Bynkershoek is na my mening duidelike gesag vir die stelling dat 'n sine liberis-bepaling, gekoppel aan 'n voorwaardelike fideicommissum, sonder meer aanleiding gee tot 'n vermoede dat die liberi fideikommis-sêre bevoordeeldes is. Nie een van bogenoemde skrywers nie, en so ook nie o a Voet en Van der Keessel nie (na laasgenoemde skrywer is nie verwys nie), vereis dat daar bowendien aanduidings (sy dit dan ook "much slighter") moet wees van die testateur se bedoeling om 'n stilswyende fideicoimmissum te skep.

Wat Neostadius betref, wys McGregor R ook nie daarop dat in Dec. 22 die liberi nie afstammelinge van die testateur was nie en dat juis daarom nie sonder meer vermoed is dat hulle bevoordeeldes was nie. Ook verwys die geleerde regter nie na die beslissing van die Hof van Holland genoem in nota (a) van Dec. 22 of na Obs. Tum.

/2266 ...

52

2266 nie.

In die verbygaan kan genoem word dat regter
McGregor na sy aftrede blykbaar van oordeel was dat die vermoede wat hierbo genoem is, wel geld indien die liberi afstammelinge van die testateur is.

In latere gewysdes het die Provinsiale en Plaaslike Afdelings sondër uitsondering uitgegaan van die standpunt dat in geval van 'n sine liberis-bepaling die liberi nie stilswyend aangewese fideicommissarii is nie. Meestal is 'n beroep gedoen op die Steen-kamp-saak, en soms ook op die Odendaal-saak, en in 'n hele aantal van die gewysdes is nie eens melding gemaak nie van die voorbehoud wat in die beslissings in beide sake gestel is, nl dat ander aanduidings in 'n testament kan lei tot die gevolgtrekking dat die testateur wel

/die ... 50) 1936 S A L J 265 e v.

53.

die liberi wou bevoordeel.51)

Vreemd genoeg, is daar nie 'n enkele gewysde, waarvan ek bewus is, waarin pertinent daarop gewys is dat in Odendaal, anders as in Steenkamp, 'n onderskeid getrek is tussen liberi wat af stammelinge van 'n testa-teur is en dié wat dit nie is nie, betreffendé die aard van aanduidings wat vereis word om aan te toon dat 'n

testateur wel die liberi as fideikommissêre bevoordeel-

des wou betrek. In E. p. Van Schalvyk 52) word egter
wel in die verbygaan gemeld dat die liberi in daardie

/saak ...

51) Gewysdes waarin die liberi afstammelinge van die
testateur was, sluit in E.p. De Klerk 1912 C P D
388
, 389; E. p. De Wet 1921 C P D 812, 813;
Bredenkamp v South African Association and Others;
1935 C P D 130, 138; Scholtz's Executors v Roux
and Others 1939 C P D 144, 151; E. p. Van der
Heyde and Others 1945 C P D 67, 71; E. p. Richter
Visser 1945 O P D 297, 299; Engelbrecht N O v
Engelbrecht en Andere 1958 (3) S A 571 (O) 574;

E. p. Van Tonder 1978 (3) S A 369 (O K A) 369, 371; E. p. Gluckman and Others NN O 1980 (3) S A 1127 (W) 1135, en E. p, Botha 1981 (1) S A 1211 (0) 1214.

52) 1968 (4) S A 441 (O) 443.

54.

saak nie afstaminelinge van die testateur was nie, en word daar dan na Odendaal verwys.

Dit is ook vreemd dat in slegs Van Tonder na Cato verwys word, maar sonder vermelding van die meer-

maal genoemde bevinding van Innes HR terwyl skrywers soos Hahlo en Kahn,53) Murray,54) Cronje 55) en Van der

Merwe en Rowland reeds sedert die sestigerjare met b beroep op Cato aanvaar dat volgens ons positiewe reg die meermaal genoemde vermoede wel geld indien die liberi afstammelinge van die testateur is.

/Dit....

53)The Union of South Africa, p 636-
54)1968 A S op pp 238-9.
55)1978 T H R R R 445.
56)Die Suid-Afrikaanse Erfreg, 5de uitg, pp 310-11.
57)Ander Suid-Afrikaanse skrywers verskil van mekaar oor die vraag of die soort bepaling onder besprek-ing 'n fideicommissum tacitum daarstel. Raadpleeg o a Lee, An Introduction to Roman Dutch Law 5de uitg, p 379; Wille, Principles of South African Law 7de uitg, p 287; Neethling, Codicillus, vol II, deel 2, pp 17-18; en Corbett, Hahlo and Hof-meyr, The Law of Succession in South Africa,

p 263..

55.

Dit blyk dus dat oor 'n tydperk van nagenoeg 80 jaar Provinsiale en Plaaslike Afdelings konstant beslis, of aanvaar, het dat 'n sine liberis-bepaling nie aan-leiding gee tot 'n vermoede dat die liberi testamentêre bevoordeeldes is nie, selfs nie indien hulle afstamme-linge van die testateur is nie. Dit blyk ook dat slegs in Odéndaal geleer is dat in geval van liberi wat in die direkte linie aan die testateur verwant is minder aanwysings van 'n andersduidende bedoeling van die tes-tateur benodig word as wat die geval is indien hulle nie afstammelinge is nie.

Die appellant se betoë

Die appellant se advokaat het eerstens betoog dat al sou bogenoemde beslissings van Provinsiale en Plaaslike Afdelings op 'n verkeerde vertolking van die gemene reg gefundeer gewees het, hierdie hof weens

/uniformiteit....

56.

uniformiteit oor 'n tydperk van bykans 80 jaar nie tans daarvan moet afwyk nie; m a w, communis error facit jus.

Ten aansien van hierdie spreuk het Innes R

in Webster v Ellison 58) die volgende gesê:

"This is not a case for the application of
that dangerous maxim, with regard to which
Lord KENYON remarked : 'I am not

dxiven, nor will I ever resort to the maxim communis error f acit jus but uniform and [un?]broken usage facit jus.' The English Courts have refused to interfere with a long established " and uniform interpretation of Statutes upon questions materially affecting rights of property ... And there may be cases not concerned with the interpretation of old Statutes in which we might properly regard uniform and unbroken usage as altering the law. But this is not such a case. The question here is, what was the Common Law of Holland with regard to a landlord's

/legal...

58) 1911 A D 73 op 92-3.

57

legal rights under certain circumstances? And the fact that there are old decisions in conflict with our view, which have been followed by the Courts of the Province con-cerned, is no sufficient reason for refusing to give effect to the conclusions at which we now arrive. If it were otherwise, the result would be an unfortunate one. For when does a decision become so venerable that its original error is to be regarded as modifying the Law?"

Solomon R het hom met verwysing na 'n Engelse beslissing soos volg uitgelaat:59)

"Here also a practice is alleged to have grown up, based upon the original decision of CONNOR, C.J., in Badcock vs. Skeen. That decision was given 27 years ago, and has been acquiesced in ever since; but, if it was wrong, there is no principle, as Lord Mc-NAGHTEN said, which precludes us from cor-recting the error. To hold otherwise would be to perpetuate an erroneous interpretation of the law merely because it has happened, for some reason or other, to remain unchal-lenged for 25 years. The only distinction that can be drawn between the two cases is that in the English case the decision turned upon the construction of a Statute, whereas

/in ... 59) Op pp 98-99.

58.
in the Natal case it depended upon the inter-pretation of the Common Law. But I can see no différence in principle between a wrong de-cision, based upon an erroneous reading of an Act of Parlíament, and one based upon a wrong reading of the Common Law. I am not prepared to say that there may not be circumstances under which we should be justified in holding our hands and in declining to interfere with a course of practice which had been in existence for a very long period of time, and which, in our opinion, may have originally been founded in error. But the present, in my opinion, is certainly not one of such cases."

Ek is dan ook nie bewus van enige gewysde van hierdie hof waarin pertinent beslis is dat aan verkeerde beslissings van laer howe bloot weens uniformiteit oor 'n
lang tydperk gevolg gegee moet word nie. Hierdie hof mag traag wees om van so 'n verkeerde siening af te wyk indien dit waarskynlik is dat landsburgers hulle sake in-geklee het in die veronderstelling dat die betrokke beslis-sings die reg juis weergee, maar sal dit na my mening tog doen tensy buitengewone omstandighede aanwesig is.

/In ...

60) Holmes Executors and Others v Rawbone and Others 1954 (3) S A 703 (A) 711.

59.

In die onderhawige geval moet eerstens in gedagte gehou word dat dit nie gaan om 'n regsposisie waaroor daar in Holland 'n verskil van mening was nie. En soos Lee tereg opmerk:

"The works of the older writers .... have a weight comparable to that of the decisions of the courts, or of the limited number of 'books of authority' in English Law. They are authentic statements of the law itself, and, as such, hold their ground until shown to be wrong."

In casu het die Hof van Holland en die Hooge Raad bowendien in die praktyk aan die skrywers se standpunt ge-volg gegee.

In tweede instansie is daar in werklikheid nie van volslae uniformiteit sprake nie want, soos blyk uit wat reeds gesê is, is in Odendaal in 'n belangrike opsig van Steenkamp afgewyk.

Derdens geld die oorweging dat die dictum van

/Innes HR ...

61) Introduction to Roman-Dutch Law 5de uitg p 14.

60.

Innes HR in Cato, en veral die mening van skrywers soos Van der Merwe en Rowland aangaande die beslissing in daar-die saak,waarskynlik nie onbekend was aan sommige adviseurs wat testateurs in verband met die bewoording van hul testa-mente van raad bedien het nie.

Vierdens is daar geen ander dwingende rede om van die gemeenregtelike standpunt af te wyk nie. Diegene wat hulle teen die vermoede ten gunste van afstammelinge van die testateur verset, voer in eerste instansie aan dat indien die testateur wel die liberi wou bevoordeel, hy uit-druklik so sou bepaal het. Hierdie oorweging is nie sonder oorredingskrag nie, maar dit is hier te lande 'n regsreël dat indien 'n testateur 'n afstammeling as erfge-naam of legataris aanwys onderhewig daaraan dat dit na sy dood op 'n derde moet vererf, 'n sine liberis-bepaling in die testament ingelees moet word tensy, natuurlik, daar blyke van 'n ander bedoeling is. En ook wat betref hier-die reël van die gemene reg soos bekragtig in Galliers en

/Cato ...

61.

Cato, sou geargumenteer kan word dat indien die testateur wel 'n voorwaardelike fideicommissum beoog het, hy uitdruk-lik sulks sou bepaal het.

Vervolgens word aangevoer dat hoewel

'n sine liberis-bepaling toe te skryf is aan die testateur se welwillendheid teenoor die liberi, altans as hulle sy afstammelinge is, hierdie oorweging nie aanleiding gee tot 'n vermoede dat die testateur hulle uit hoofde van sy tes-tament wou bevoordeel nie. Want, so word geleer, die liberi kan nog steeds as testate of intestate bevoordeeldes van die fiduciarius 'n aanspraak op die testateur se goed verkry, terwyl by ontstentenis van sodanige bepaling die goed op die onvoorwaardelik aangewese fideicommissarii moet oorgaan. Hierby aansluitende word aangevoer dat in die reël die liberi wel die goed, of 'n deel daarvan, uit die boedel van die fiduciarius sal verkry. Die teen-argument, wat vir my aanneemliker is, is egter dat indíen die testateur nie die liberi uit hoofde van sy testament

/wou ...

62.

wou bevoordeel nie, en dus dit vir die fiduciarius moontlik wou maak om by afsterwe met nalating van liberi die goed aan 'n derde te laat vererf, daar geen rede was om hoege-naamd 'n voorwaardelike fideicommissum te skep nie. Anders gestel, waarom sou die testateur beoog het dat indien die fiduciarius wel kinders nalaat hy vryelik in sy testament oor die goed kan beskik, maar nie as hy sonder kinders te sterwe kom nie?

Hierdie oorweging geld natuurlik ook indien die liberi nie afstammelinge van die testateur is nie. Dit is dan ook nie heeltemal logies om die vermoede ten gunste van die liberi toe te pas slegs indien hulle afstammelinge van die testateur is nie. Indien byvoorbeeld 'n kinderlose testateur sy goed aan sy enigste suster bemaak met 'n voor-waardelike fideikommissêre substitusie ten gunste van 'n vreemdeling indien sy sonder kinders te sterwe kom, sou dit moeilik wees om te aanvaar dat die broer se toegeneent-heid teenoor sy suster se kinders noemenswaardig swakker

/is ...

63.

is as die van 'n grootvader ten opsigte van sy kleinkinders. Die reg is egter nie altyd ten volle logies nie - "the life of the law has not been logic, it has been experience"62) en feit is dat die gemeenregtelike gesag eensluidend is dat die meermaal genoemde vermoede geld slegs indien die liberi afstammelinge van die testateur is.

In die lig van bostaande oorwegings is ek der-halwe van mening dat die onderhawige nie een van daardie uitsonderlike gevalle is nie vaarin hierdie hof vanweë. (gedeeltelike) uniformiteit oor 'n lang tydperk in laer howe gevolg sal gee aan 'n verkeerde vertolking van die regsposisie,

Die appellant se advokaat het ook betoog dat die draagwydte van die meermaal genoemde vermoede aan 'n verdere beperking onderhewig is; nl dat dit van toepassing is slegs indien die liberi wel, maar nie die voorwaardelike fideicommissarii nie, afstammelinge van die testateur is. Hy kon egter nie op enige gemeenregtelike gesag wys wat

/steun ... 62) Holmes , aangehaal deur Amerasinghe, op. cit.

64.

steun vir die betoog bied nie, en na my mening toon twee oorwegings aan dat dit nie houdbaar is nie. Eerstens is dit duidelik dat 'n sine liberis-bepaling vermoed word selfs indien die aangewese fideicommissarii wel afstara-melinge van die testateur is. In sy bekende advies ver-vat in D. 35.1.102 vermeld Papinianus juis 'n geval waar-in die fideicommissarius ook 'n afstammeling van die testa-teur is, nl 'n testament waarin 'n grootvader sy seun en sy kleinseun (die kind van 'n ander seun) as erfgename aanwys en bepaal dat indien die kleinseun voor sy dertigste ver-jaarsdag sterf sy deel van die erfenis na sy oom moet gaan. Toe die kleinseun binne die voorgeskrewe tydperk gesterf het maar op sy beurt kinders nagelaat het, het Papinianus geadviseer dat vanweë oorwegings van grootvaderlike pietas die voorwaarde nie vervul is nie, aangesien die testateur nie uitdruklik sy volle bedoeling in die testament weerge-gee het nie. 'n Sine liberis-bepaling is dus in die tes-tament ingelees.

/Papinianus ...

65.

Papinianus se vertolking is later deur keiser-like dekreet bekragtig en uitgebrei om ook van toepassing te wees indien die erfgenaam nie kinders nie maar wel ver-dere afstammelinge nalaat, asook indien die erfgenaam nie 'n kind nie, maar 'n verder verwyderde af stammeling van die testateur is.63)In verband met die vermoede ten gunste van 'n sine liberis-bepaling leer Voet 36.1.17 dan ook:64)

"It makes no difference who has been summoned to the fidelcommissum, whether a stranger, or on the other hand a blood-relation or even a descendant of the very person imposing the burden, but one who is collateral to the per-son burdened, as when a grandfather requests

a grandson to hand back the inheritance to his uncle."

Aangesien sodanige bepaling vermoed word selfs indien die fideicommissarius ook 'n afstammeling van die testateur is, sou dit beslis vreemd wees indien volgens die gemene reg die verdere vermoede dat in geval

/van

63)C 6.25.6 en 6.42.30.

64)Gane se vertaling, band 5, p 357.

66.

van 'n uitdruklike bepaling die liberi, synde afstammelinge van die testateur, versweë aangewese fideicommissarii is, nie geld nie indien die uitdruklik benoemde fideikommissêre bevoordeeldes ook afstammelinge van die testateur is. Ek kon dan ook geen gesag vind wat tot sodanige resultaat lei nie.

Voorts is daar geen rede waarom veronderstel

raoet word dat die testateur die liberi wou bevoordeel slegs indien die uitdruklik aangewese fideicommissarii nie ook in die direkte linie aan hom verwant is nie. Ongetwyfeld koester so n testateur toegeneentheid ook têenoor sodanige fideicommissarii ("die gesubstitueerdes"); juis daarom wys hy hulle as bevoordeeldes aan. Hul bevoordeling is egter steeds voorwaardelik - hulle verkry die goed slegs indien die eerste erfgenaam of legataris sonder kinders (of verdere afstammelinge) sterf. Die testateur se wel-willendheid teenoor hulle is dus ook voorwaardelik begrens. By beantwoording van die vraag of die liberi stilswyend

/aangewese ...

67.

aangewese fideicommissarii is, is die feit dat die gesubsti-tueerdes ook afstammelinge van die testateur is dus van geen betekenis nie. Juis omdat die eerste bevoordeelde kinders nagelaat het, verdwyn die gesubstitueerdes immers uit die prentjie. Slotopmerkings

Opsommenderwyse is ek dus van mening dat in ons reg 'n sine liberis-bepaling, gekoppel aan 'n voorwaardelike fideicommissum, aanleiding gee tot 'n vermoede dat die tes-tateur die liberi stilswyend as fideikommissêre bevoor-deeldes aangewys het, mits die liberi af stammelinge van die testateur is. Anders gestel, in geval van afstam-melinge is 'n sine liberis-bepaling in sigself 'n indicium van die testateur se bedoeling om die liberi te bevoordeel. By ontstentenis van ander indicia word dus aanvaar dat hulle bevoordeeldes is. Vanselfsprekend moet die vermoede eg-ter wyk indien die testament as geheel aandui dat die tes— tateur nie 'n fideicommissum tacitum wou skep nie. Andersom

/kan ...

68.

kan liberi wat nie afstammelinge van die testateur is nie, wel bevind word bevoordeeldes te wees indien die testament genoegsame aanduidings van 'n dusdanige bedoeling bevat. En in hierdie verband strook die volgende siening van Van . Bynkershoek (vry vertaal) met normale menslike er-

varing:

"Die erflater is vir [afstammelinge] liéwer as vir aanverwante en hy is vir aanverwante liewer as vir buitestaanders."

Daar is ook geen rede waarom die vermoede nie sal geld nie indien 'n sine liberis-bepaling nie in 'n tes-tament voorkom nie maar wel as stilswyend inbegrepe beskou moet word.

In casu is die liberi wel afstammelinge van die testateur (Strauss) en geld die vermoede dus wel in hulle guns. Die appellant se advokaat het getrag om aan te toon dat die testament andersduidende indicia bevat, maar die betoog is so klaarblyklik ongegrond dat ek dit

/nie .... 55) Obs. 1979.

69.

nie nodig vind om dit te behandel nie. Inteendeel gaan ek akkoord met die siening van die hof a quo dat daar in die testament juis 'n aanduiding is dat Strauss die liberi wou bevoordeel. Dit is naamlik onwaarskynlik dat Strauss sy kleinkinders (en verdere afstammelinge) sou aangewys het as moontlike fideikommissêre bevoordeeldes ten aansien van die grond wat aan hulle oom of tante be-maak is, maar nie betreffende die grond wat aan hulle eie ouer nagelaat is nie.

Die appellant het in twee hoedanighede ageer terwyl hy in sy hoedanigheid as kurator van die boedel van die insolvent geen belang by die uitslag van die appèl gehad het nie. Aangesien die partye dit eens was dat, in geval die appèl sou misluk, onderstaande kostebevel gemaak moet word, hoef daar egter nie verder op die aspek inge-gaan te word nie.

Dit is ten slotte nodig om iets te sê oor die optrede van die kurator-ad-litem. Diegene wat hy moes

/verteenwoordig ..

70.

verteenwoordig het o a kinders wat die insolvent en sy seuns nog mag verwek, ingesluit. Sodanige ongeborenes se belange was dus dieselfde as dié van die respondent in wie se guns die hof a quo uitspraak gegee het. Nogtans het die kurator in 'n verslag wat hy by hierdie hof inge-dien het argumente aangevoer waarom die appèl moes slaag. Hy het gesê dat argumente tot die teendeel volledig deur die respondent aangevoer is en dat dit hierdie hof sou baat indien hy 'n "meer objektiewe" standpunt inneem.

Hierdie houding was klaarblyklik strydig met sy pligte, want dit is nouliks nodig om te sê dat 'n kurator-ad-litem se eie siening ontersaaklik is en dat van hom verwag word om alle moontlike argumente ten be-hoewe van die betrokke minderjariges en ongeborenes aan

te voer; soveel te meer indien uitspraak reeds in hulle

guns gegee is.66)

Die kurator is dan ook in kennis gestel dat by

/die ...

66) Vgl E. p. Estate Ortlepp and Another 1966 (1) S A 809 (N) 812.

71
die verhoor van die appel redes aangetoon moes word waar-om nie beveel sou word dat hy nie op enige fooie geregtig is nie. Dit het meegebring dat hy in 'n verdere verslag 'n verduideliking vir sy optrede verskaf het en ook betoog het dat die appel afgewys behoort te word. Die essensie van sy verduideliking was dat na sy aanvanklike mening die belange van diegene wat hy verteenwoordig het ten volle deur die respondent se betoog onderskraag is, en dat hy hom as advokaat as't ware as 'n amicus curiae beskou het. Nieteenstaande die kurator se aanvanklike ernstige pligs- versuim bestaan daar geen rede om sy bona fides in twyfel te trek nie, en aangesien hierdie hof nog nie vantevore die pligte van 'n kurator-ad-litem uitgestippel het nie, is besluit om geen spesiale bevel aangaande die fooie van die betrokke kurator te maak nie.

Die appel word afgewys met koste, insluitende die koste van twee advokate. Die koste sal gesamentlik en afsonderlik verhaalbaar wees van die insolvent se boedel

/en ...

72

en die maatskappy in likwidasie, en wel as deel van die

koste van bereddering en likwidasie.

H.J.O. VAN HEERDEN AR

JACOBS AR

STEM SAAM

NICHOLAS WAR