South Africa: Supreme Court of Appeal

You are here:
SAFLII >>
Databases >>
South Africa: Supreme Court of Appeal >>
1987 >>
[1987] ZASCA 130
| Noteup
| LawCite
S v Rossouw and Another (53/87) [1987] ZASCA 130 (17 November 1987)
Download original files |
Saaknommer: 53/87 WHN
BENJAMIN ROSSOUW
Eerste Appellant
DIRK ROSSOUW
Tweede Appellant
en
DIE STAAT
Respondent
JOUBERT AR
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
APPèLAFDELING
Insake die appèl van
BENJAMIN ROSSOUW Eeste Appellant
DIRK ROSSOUW Tweede Appellant
en
DIE STAAT Respondent
CORAM: JOUBERT, GROSSKOPF et JACOBS ARR
Verhoor: 2 November 1987
Gelewer: 17 November 1987
UITSPRAAK
JOUBERT AR:
/Die
2
Die twee appellante is in die Kalahari Rondgaande
Plaaslike Afdeling te Vryburg deur VAN RHYN R P en twee assessore skuldig
bévind
op twee aanklagte. Aanklag 1 is dat hulle op Vrydag 30 Mei 1986 by
die woonhuis van Carel Gotlieb van Rooyen ( die "oorledene") op 'n
hoewe in die distrik Vryburg ingebreek het en sekere goedere gesteel het.
Hiervoor is hulle 7 jaar gevangenisstraf
opgelê Aanklag 2 is dat hulle op
dieselfde datum en plek die oorledene in sy woonhuis vermoor het. Deurdat hulle
skuldig bevind
is aan moord sonder versagtende omstandighede is hulle die
verpligte doodvonnisse opgelê. Met verlof van die hof a quo kom
hulle tans in hoer beroep na hierdie
Hof teen hulle doodvonnisse alleen, d.w.s. teen die
/bevinding
3
bevinding dat daar nie versagtende omstandighede
teenwoordig was nie.
Die oorledene, 'n skraalgeboude witman van 79 jarige ouderdom, het alleeen in sy woonhuis gewoon. Die betrokke Vrydagmiddag het die twee appellante, twee jong kleurlingmans, die huis van Martha Links op die hoewe van die oorledene besoek. Appellant no 1 het voorheen vir 'n kort tydperk vir die oorledene gewerk. Hy was bewus daarvan dat die oorledene alleen gewoon het. By Martha het hy verneem dat die porledene daardie middag nie tuis was nie. Hy het ook
probeer om by haar uit te vind of die oorledene geld in
/sy
4
sy woonhuis het. Hieroor kon sy hom geen inligting
verstrek nie omdat sy nooit verder in die woonhuis as die
kombuis gekom het nie. Nadat die appellante haar
verlaat het deur na die woonhuis van die oorledene te
stap, het sy onsuksesvol probeer om die oorledene te
waarsku van die appellante se teenwoordigheid terwyl hy
op pad na sy woonhuis gery het. Sy het na die naburige
hoewe van mev Kriel gegaan. Die nodige stappe is toe
gedoen om die polisie te ontbied. Martha is saam met
konstabel de Klerk na die oorledene se woonhuis. Konsta=
bel de Klerk het gevind dat die deure gesluit was en die
vensters toe was. Hy het die beskadigde kombuisvenster
/opgemerk...
5
opgemerk, dit oopgemaak en toegang tot die woonhuis
verkry. In 'n gang het hy die lyk van die oorledene
aangetref. By die stoor is tasse bevattende gesteelde
goedere van die oorledene deur die polisie gevind
Appellant no 1 is daardie aand op 'n naburige hoewe ge=
arresteer terwyl appellant no 2 gedurende die vroeë ure
van die volgende oggend gearresteer is.
Volgens die aanvaarde getuienis van die twee
appellante het hulle vanaf Martha se huis na die oorledene
se woonhuis gestap. Op die werf is hulle na die stoor
waar hulle twee wapens uitgesoek het. Appellant no 1 het
'n plat ysterstaaf (Bewysstuk 1) 77,5 cm lank met 'n massa
/van...
6
van 1,158 kg geneem terwyl appellant no 2 'n yster koevoet
(Bewysstuk 2) met 'n lengte van 108 cm en 'n massa van
4,820 kg gekry het. Foto 16 van Bewysstuk C toon hier=
die twee gevaarlike wapens wat later deur die polisie op
die werf gevind is. Hierdie twee gevaarlike wapens
was nie nodig om toegang tot die woonhuis te verkry nie.
Slegs 'n klein gaatjie is in die ruit van die kombuis=
venster gemaak om die knip by te kom ten einde die kombuis=
venster oop te maak om toegang tot die woonhuis te verkry
Tereg het die verhoorhof bevind dat die appellante hulle
met hierdie twee gevaarlike wapens bewapen het vir die
geval dat hulle dalk in die woonhuis betrap sou word
/Volgens...
7
Volgens die aanvaarbare getuienis van die
appellante was hulle nog in die woonhuis toe die oorledene
binnekom. In die gang het appellant no 2 die oorledene
met die koevoet 'n hou hoog teen sy agterkop geslaan.
Onmiddellik daarna terwyl die oorledene vooroorgebuk was,
het appel lant no 1 hom met die plat yster staaf 'n skuins=
hou teen sy agterkop toegedien.
Volgens die getuienis van die distriksgeneesheer
dr Coetzee wat 'n nadoodse ondersoek op die oorledene se
liggaam gedoen het, is die oorsaak van dood die twee
ingedrewe skedelfrakture op die agterkop wat die skedel
vergruis het. Elkeen van hulle kon op sigself die
dood veroorsaak het. Hulle moes deur 'n hoë mate
/van...
8
van geweld toegedien gewees het. Hierbenewens het die
lyk ook verskeie stompbeserings gehad wat by hom die
indruk gewek het dat die oorledene in 'n geveg betrokke
was.
Die oorledene is op 'n wrede en gewelddadige
wyse in sy woning vermoor. Appellant no 1 het onder
kruisondervraging erken dat hy en appellant no 2 die
oorledene maklik fisies kon oorweldig het sonder om van
wapens gebruik te maak.
Die bewyslas rus op die appellante om die aan=
wesigheid van versagtende omstandighede op 'n oorwig van
waarskynlikhede aan te toon. Nadat die appellante
/op....
9
op die meriete skuldig bevind is aan moord het die
verdediging geen getuienís gelei om versagtende om= standighede aan te
toon
nie. Vir 'n feitebasis vir versagtende omstandighede was die hof a
quo derhalwe aangewys om te let op die aanvaarde en aanvaarbare getuienis as
geheel. Die bevoegdheid van hierdie Hof om 'n verhoorhof
se bevinding dat daar
nie versagtende omstandighede is nie te wysig, is streng beperk tot gevalle waar
die verhoorhof 'n mistasting
of ander on= reëlmatigheid begaan het of waar
die verhoorhof se bevinding in die lig van al die getuienis beoordeel van so 'n
aard is dat dit nie redelikerwyse daartoe kon gekom
het nie.
/Beide
10
Beide appellante het nooit skoolgegaan nie
Hulle is ongeletterd. Nadat dr Coetzee hulle ondersoek
het, het hy appellant no 1 se ouderdom in die omgewing
van 18 tot 21 jaar geskat. Volgens hom was die
appellante menslik gesproke dieselfde ouderdom. Die
a quo het aanvaar dat hulle tydens die pleeg van
die moord tussen 19 en 20 jaar oud kon gewees het.
Hierdie bevinding is nie in hierdie Hof aangeveg nie.
Daar is wel betoog namens die appellante dat die hof a quo
fouteer het deur nie hul jeugdigheid as 'n versagtende
omstandigheid in ag te neem nie. In hierdie verband
is dit ter sake om op die volgende woorde van RUMPFF H R
/in...
11
in S v Mapatsi 1976(4) SA 721 (A) op bl 724 C-D te let: "Moord is altyd 'n bose daad en wanneer oorweeg word of die jeugdigheid van 'n beskudigde nie as versagting kan dien nie, moet nie alleen die aard van die daad oorweeg word nie, maar ook die motief waarmee die daad gepleeg word, die persoonlikheid van die beskuldigde en ander relevante faktore wat in 'n besondere geval mag te voorskyn tree, om vas te stel of die daad gepleeg is uit inherente boosheid van die beskuldigde." Ek het reeds gewys op die wrede en grusame wyse asook die om= standighede waaronder die oorledene vermoor is. Hul motief was klaarblyklik materiële gewin soos blyk uit
die gesteelde buit wat hulle in die tasse gelaat het op
/die
12
die toneel van die misdaad. Hulle het waarskynlik
die polisie hoor nader. Daarby kom die feit dat die
oorledene appellant no 1 geken het en dat appellant no 1
waarskynlik die oorledene wou uitskakel om latere uit=
wysing te voorkom. Appellant no 1 het as ongeskoolde
arbeider loswerkies verrig terwyl appellant no 2 by
'n fabriek gewerk het. Volgens hul leefwyse kon hulle
nie as kinders of onvolwassenes beskou word nie. Na
my mening het die hof a quo derhalwe geensins fouteer
om nie hul jeugdigheid as 'n versagtende omstandigheid
in die onderhawige geval te beskou nie. Hulle het
klaarblyklik uit inherente boosheid die oorledene in
/sy....
13
sy eie woning vermoor sonder dat dit nodig was om van
gevaarlike wapens teen hom gebruik te maak waar hy ongewapend was (behalwe vir
'n wandelstok) en maklik fisies oorweldig kon gewees het.
Dit is verder
namens die appellante in hierdie Hof betoog dat die hof a quo fouteer het
deur te bevind dat die appellante dolus directus as opsetvorm gehad het.
Daar is betoog dat die bevinding dolus eventualis moes gewees het. Na my
oordeel is daar geen meriete in hierdie betoog nie. As gelet word op die
gevaarlike aard van die wapens wat
die appellante gebruik het, die plek op die
liggaam van die oorledene waar die twee nood=
lottige houe met groot geweld toegedien is (volgens die
/mediese
14
mediese getuienis) en die feit dat die appellante
nie hierdie wapens benodig het om toegang tot die woon=
huis te verkry nie dan het die verhoorhof tereg bo
redelike twyfel bevind dat die appellante dolus directus
as opsetvorm gehad het. Maar ongeag of die opsetvorm
dolus directus of dolus eventualis was, is daar geen
ander faktore wat in samehang daarmee as versagtende
omstandighede beskou kon word nie. Die appellante
se aanspraak van oormatige gebruik van dagga en drank
die betrokke dag is tereg deur die hof a quo verwerp
in die lig van hul eie getuienis waarvolgens hulle
in staat was om te besef en te onthou wat gebeur het
/Dit...
15
Dit kon nie as 'n versagtende omstandigheid bevind word
dat die appellante deur drank en dagga beïnvloed is nie
Na oorweging van al die aanvaarbare ge=
tuienis as 'n geheel kan dit na my mening nie gesê word
dat die hof a quo verkeerdelik tot die gevolgtrekking
gekom het dat daar geen versagtende omstandighede in
die onderhawige geval is nie. Daar was niks om
kumulatief in ag te neem om as versagtende omstandighede
beskou te word nie.
Gevolglik word die appelle van die appellante
teen die bevinding van die hof a quo dat daar geen ver=
sagtende omstandighede in hul gevalle is nie afgewys.
C P JOUBERT AR
GROSSKOPF AR) JACOBS AR)