South Africa: Supreme Court of Appeal

You are here:
SAFLII >>
Databases >>
South Africa: Supreme Court of Appeal >>
1987 >>
[1987] ZASCA 137
| Noteup
| LawCite
S v Khongwana (138/87) [1987] ZASCA 137 (26 November 1987)
Download original files |
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN
In die saak tussen:
MNCEDISI KHONGWANA Appellant
EN
DIE STAAT Respondent
Coram: JACOBS, VIVIER, ARR et BOSHOFF, Wn AR
Verhoor: 17 November 1987
Gelewer: 26 November 1987
UITSPRAAK
JACOBS, AR :
Appellant is in die Oos Kaapse Afdeling van die
Hooggeregshof deur Jansen Wn R en twee assessore skuldig bevind
op twee aanklagte van moord sonder versagtende omstandighede
en.../2
2
en is op elk van die aanklagte ter dood veroordeel. Met verlof van die
Verhoorregter appelleer appellant teen die bevinding dat daar
geen versagtende
omstandighede was nie en die verpligte doodvonnisse wat daarop gevolg
het.
Volledigheidshalwe mag ek net noem dat appellant saam met tien ander
beskuldigdes tereggestaan het op agt verskillende aanklagte waaronder
die twee
aanklagte van moord waarop hy skuldig bevind is. Appellant is ook skuldig bevind
op een van die ander ses aanklagte tw 'n
aanklag van poging tot moord asook aan
'n aanklag van openbare geweld. Sommige van die ander be-skuldigdes is slegs aan
openbare
geweld skuldig bevind terwyl 'n
aantal op al die aanklagte onskuldig
bevind is.
Die twee aanklagte van moord waarop appellant skuldig bevind is
het gespruit uit die dood van twee Swart-mans tw Freddie Nolondashe
en Siswe
Mjaleni (die "oorledenes") .
Die agtergrond van die gebeure wat
tot .... / 3
3
tot die oorledenes se dood gelei het, was kortliks die volgende.
Die elf beskuldigdes wat voor die Verhoorhof verskyn het, was almal
inwoners van
'n swart woonbuurt genaamd Silvertown buite Grahamstad. Ene Nkosana James en
sekere van sy makkers het blykbaar 'n soort
van skrikbewind gevoer onder die
inwoners van Silvertown. Op 12 Desember 1984 - die voorval wat hier ter sprake
is het op 3 Januarie
1985 plaasgevind - is twee inwoners van Silvertown wreed
vermoor en die inwoners van Silvertown, insluitende die appellant, het blykbaar
vermoed dat Nkosana en van sy trawante vir hierdie moorde verantwoordelik was.
Hier-die vermoede van hulle was blykbaar gegrond want
'n staatsgetuie, Phikisile
Jeyi, wat die klaer was op die aanklag van poging tot moord waaraan appellant
skuldig gevind is, het getuig
dat hy 'n
goeie vriend van Nkosana is en het
erken dat, na sy mening,
Nkosana .... / 4
4
Nkosana en ene Zwelingsana verantwoordelik was vir die voormelde
twee moorde. Hoe dit ookal sy, die getuienis was - en die Ver-
hoorhof het dit aanvaar - dat gedurende die aand van 2 Januarie
1985 Nkosana en sy vriende, blykbaar vir geenrede, vir Xolani
Ndususo, 'n inwoner van Silvertown, (hy was 'n medebeskuldigde in
die saak teen appellant) aangeval het en hom met 'n klip op die
maag gegooi het. Die inwoners van Silvertown het van hierdie
aanranding op Xolani te hore gekom en 'n groep van hulle het,
soos die Verhoorregter dit in sy uitspraak gestel het, "skyn-
baar besluit dat hulle genoeg gehad het van die dinge van
Nkosana" en besluit om teen laasgenoemde op te tree. Daar is
geen getuienis dat appellant 'n leier of organiseerder van die
groep was nie en vir doeleindes van die saak moet aanvaar word
dat hy maar net een van die groep was wat spontaan besluit het
om ...../ 5
5
om met Nkosana af te reken. Daar was geen getuienis oor wat pre-sies
hulle beoog het om met Nkosana te doen as hulle hom vind nie.
In elk geval was
daar geen getuienis dat hulle Nkosana om die lewe wou bring nie en so 'n
afleiding, as enigste redelike afleiding,
kan ook nie gemaak word nie. Hoe dit
ookal sy, die groep het eers na Nkosana se ouerhuis gegaan maar hulle is
meegedeel dat hy nie
daar was nie. Hulle het egter inligting ontvang dat Nkosana
moontlik by die huis van ene Don Moody te vinde sal wees maar, na beraadslaging,
het die groep persone besluit om te wag tot vroeg die volgende oggend voordat
hulle tot verdere aksie sou oorgaan. Vroeg die oggend
van 3 Januarie - volgens
die getuienis was dit nog skemer - het die groep waaronder, volgens die
Verhoorhof se bevinding, appellant
en sekere van die ander tien beskuldigdes
was, weer byeengekom en is hulle na Don Moody se huis waar hulle
gemeen
het
hulle ...../6
6
hulle Nkosana sou kry. Dit was 'n taamlike groot groep, som-mige het geskat dat dit uit omtrent 100 persone bestaan het, wat uiteindelik by Moody se huis aangekom het. Dit het blyk-baar bestaan uit mans sowel as vrouens en minstens sommige van hulle was bewapen met allerhande soortewapens. Weereens was daar geen getuienis dat daar 'n spesifieke leier of organiseerder van die groep was nie. Die indruk wat mens uít die getuienis kry, is dat minstens sommige lede van die groep bloot uit nuus-kieriges bestaan het wat spontaan daarby aangesluit het. Weereens was daar geen getuienis dat dit beplan was om Nkosana om die lewe te bring nie. Dat hulle hom liggaamlike leed wou aandoen indien hulle daarin sou slaag om hom in die hande te kry, meen ek is af te lei van die aard van die wapens wat sekere
lede van die groep saamgedra het.
Met...../7
7
Met die groep se aankoms by Don Moody se huis het hulle die bewoners opgeklop
en van buite af geskree dat Nkosana en Phikisile, die
staatsgetuie en vriend van
Nkosana waarna ek verwys het, moet uitkom. Waarskynlik het die groep inligting
gehad dat Phikisile hom
ook in die huis bevind en ek meen die afleiding is
geregverdig dat die groep voornemens was om ook Phikisile, wat volgens sy eie
getuienis dikwels saam met Nkosana rondgeloop het, te lyf te gaan. Dit het dan
toe ook later die aand gebeur soos ek aanstons sal
aantoon. Hoe dit ookal sy,
daar was geen getuienis dat die skare buite geweet het hoeveel persone op
daardie stadium in Moody se
huis was nie. Hulle het natuurlik verwag dat Nkosana
en Phikisile daar was. Soos dit egter later geblyk het was Nkosana glad nie
in
die huis nie.
Dit het ook later geblyk dat benewens Moody en Phikisile
daar
nog .... / 8
8
nog vyf ander persone, waaronder die twee oorledenes, in die huis was.
Nadat daar van buite af geskree is dat Nkosana en Phikisile
moet uitkom en
niemand dadelik op die versoek of op-drag gereageer het nie, het iemand blykbaar
'n brandende stuk papier onder die
deur van die huis probeer inskuif maar die
persone in die huis het die brand geblus. Daarna het Moody en drie van die
persone wat
in die huis was by die deur uitgekom en hulle is blykbaar nie
gemolesteer nie. Trouens, daar was getuienis dat lede van die groep
buite die
huis aan die vier persone wat by die deur uitgekom het,gesê het dat hulle
niks te vrese het nie want hulle, die groep,
soek net vir Nkosana en Phikisile.
Nadat die vier persone by die deur uitgekom het, is die deur weer van binne af
toegedruk. Die
Verhoorhof het
bevind dat die skare buite op daardie stadium
nog geglo het dat
Nkosana .... / 9
9
Nkosana en Phikisile in die huis is. Toe niemand verder uit die huis kom nie het appellant, volgens die Verhoorhof se be-vinding, 'n brandende kartondoos by een van die huis se vensters ingegooi en daarna 'n sinkplaat van die huis (dit was 'n sinkhuis) weggebreek en verdere brandende materiaal in die huis gegooi. As gevolg hiervan het die hele huis op 'n stadium vlam gevat. Daarna het Phikisile deur een van die syvensters probeer spring maar volgens hom, het persone binne in die huis, dit moes waar-skynlik die twee oorledenes gewees het, hom aan sy bene vasgehou sodat hy vir 'n tyd lank min of meer tussen hemel en aarde ge-hang het. Terwyl hy so gehang het, het hy ernstige brandwonde opgedoen en is hy ook deur lede van die skare buite met verskeie voorwerpe fisies aangerand. Die getuienis was ook dat nadat
hy later buite die venster op die grond beland het hy verder
aangerand .... / 10
10
aangerand is. Hy het uiteindelik in die hospitaal beland waar hy vir ses
maande vertoef het maar volgens die geneesheer wat hom behandel
het was die
brandwonde wat hy opgedoen het eintlik die ernstigste van sy beserings. Moody se
huis het heeltemal afgebrand en die
volgende oggend eers is die verbrande lyke
van die twee oorledenes wat ook die vorige nag in Moody se huis deur-gebring het
in die
puin gevind.
Die Verhoorhof het bevind dat toe appellant die huis aan
die brand gesteek het hy daarvan bewus was dat daar nog mense in die huis
was
maar daar is geen bevinding, of enige basis vir so'n bevinding, dat appellant
geweet het hoeveel persone daar op daardie stadium
nog in die huis was nie. Vir
sover dit die skare buite betref, en dit sluit appellant in, het hulle
gedink
dat Nkosana en Phikisile nog in die huis was. Ten opsigte
van .... / 11
11
van Nkosana was hulle verkeerd want hy was nooit daar nie maar, vir
doeleindes om appellant se opset te bepaal maak dit na my mening
nie saak wie
die persone was wat nog in die huis was nie. Indien hy, toe hy besluit het om
die huis aan die brand te steek, bewus
daarvan was dat daar nog mense in die
huis was, en die Verhoorhof het bevind dat hy wel so bewus was, dan het hy
on-teenseglik voorsien
dat, tensy daardie persone uit die huis uit vlug om van
die vlamme te ontkom, hulle deur die vuur oorval en gedood kon word.
Desnieteenstaande
het hy sy besluit om die huis aan die brand te steek uitgevoer
in weerwil van die ge-volge wat hy as 'n moontlikheid voorsien het.
Hy het dan
die opset gehad om die oorledenes te dood. Die Verhoorregter het egter bevind
dat appellant die direkte opset gehad het
om die
oorledenes te dood, met
ander woorde "dat hy die oogmerk gehad
het../ 12
12
het om die dood te bewerkstellig deur al die persone in die kamer te verbrand. Met hierdie gevolgtrekking kanek met re-spek nie saamstem nie. Die Verhoorregter bevind dat die skare wat buite was 'nie toegelaat het dat die mense in die kamer, wat hulle geglo het Nkosana en Phikisile is, die kamer verlaat soos hulle die getuies Don Moody, Nomtandazo en Julia toegelaat het nie, want to Nomtandazo na buite skreeu om uit te gaan, toe is daar vir haar gesê 'kom jy maar uit - ons soek nie vir julle nie.'" Soos vroeër aangetoon was die getuienis tydens die verhoor juis dat die skare met hulle aankoms by Moody se huis geskree het dat Nkosana en Phikisile moet uitkom. Nie-raand het hulle ooit verhinder om uit te kom deur bv die deur van buite toe te druk nie. Weliswaar het Phikisile, op wie
daar geroep was om uit te kom, ongetwyfeld besef dat liggaamlike
leed..../ 13
13
leed hom aangedoen sal word as hy gehoor gee aan die versoek om
uit te kom maar niks behalwe die vrees vir sodanige. liggaamlike
leed het hom verhinder om uit te gaan nie. Waarom die twee
oorledenes nie saam met die ander vier persone die huis verlaat
het nie is nie duidelik nie. Hulle was waarskynlik ook bang
vir die mense buite die huis maar die vrees was blykbaar onge-
grond want geen leed is die ander vier aangedoen nie. Hoe dit ookal sy, ek is
van mening dat al die getuienis daarop dui dat appellant
die huis aan die brand
gesteek het om Nkosana, (wat hy verkeerdelik gemeen het op daardie stadium nog
in die huís was), en
Phikisile, wat wel daar was, te dwing om uit te gaan
sodat daar buite met hulle afgereken kan word. Sy bedoeling met die
brandstigting
het wel geslaag vir sover dit Phikisile
betref want hy is
uiteindelik deur die vlamme uit die huis uit
gedryf .../14
14
gedryf. Hy is wel ernstig aangerand maar nie gedood nie. Volgens die dokter was die ernstigste beserings wat hy opgedoen het die brandwonde. Hierdíe brandwonde is waarskynlik minstens gedeeltelik opgedoen terwyl hy halflyf deur die venster gehang het en deur die oorledenes in die huis aan sy voete vasgehou is want hy getuig self -
"Terwyl ek so gestaan het, merk ek dat die huis aan die brand was."
En dan later -
"Terwyl die huis aan die brand was, wou ek uitgaan .... Ek wou by die venster uitgegaan het U Edele. Ja, wat het toe gebeur? .... U Edele hulle het my daar binne vasgehou en ek het gebrand vanaf my voete tot hier -die getuie wys hier tot by die heupe U Edele."
Ek het hierbo taamlik
volledig met Phikisile se
geval gehandel om te probeer aantoon dat selfs ten
opsigte van
hom .... /15
15
hom, die afleiding nie gemaak kan word, as enigste redelike afleiding, dat
appellant of enige lede van die groep waarin hy hom bevind
het oogmerkopset
gehad het om hom te dood nie. Inteendeel die feit dat hy, nadat hy hulpeloos in
die mag van sy aanvallers was, nie
gedood is nie weerspreek eintlik die
afleiding dat sy dood appellant of sy groep se doelwit was. Soveel te meer, sou
ek sê
is die feit dat die twee oorledenes, met wie appellant of die ander
inwoners van Silvertown blykbaar geen appeltjie te skil gehad
het nie in die
slag gebly het, geensins me't oogmerkopset om hulle dood te veroorsaak
versoen-baar nie. Na my mening was die opsetvorm
in hulle geval dui-delik
dolus eventualis, en het die Verhoorhof misgetas toe dit bevind het dat
die opsetvorm dolus directus was. Vir doel-
eindes van
skuldigbevinding aan moord het dit nie saak gemaak
of .../16
16
of die opsetvorm dolus directus of dolus eventualis was nie
maar by oorweging van die vraag of vetsagtende omstandighede aanwesig is al dan
nie was dit belangrik om te beslis wat die
vorm van opset was (kyk S v
Ngoma [1984] ZASCA 59; 1984 (3) SA 666 (A) op 675 (F)) Die Verhoorhof het die vraag of daar
versagtende omstandighede is benader op die grondslag dat di.t 'n geval is van
dolus directus en het dus na my mening 'n mistasting begaan. Uit
díe Verhoor-regter se uitspraak toe hy aan appellant verlof verleen het
om
na hierdie Hof te appelleer wil dit my voorkom asof die geleerde regter self
van mening was dat die Verhoorhof moontlik tot 'n ander
bevinding mag gekom het
toe die vraag of versagtende om-standighede aanwesig is,oorweeg is, indien die
Verhoorhof sou bevind het
dat die opset vorm dolus eventualis in plaas
van
dolus directus was. Die Verhoorhof sê naamlik die
volgende:
"Dit .../17
17
"Dit is so dat die Hof bevind het dat die beskuldigde die direkte opset gehad het om te dood. Ek is egter van oor-deel dat 'n ander hof moontlik kan beslis dat die be-skuldigde nie 'n direkte maar 'n indirekte opset gehad het of dolus eventualis. Ek is verder ook van oordeel dat 'n ander hof moontlik kan beslis dat die beskuldigde se op-trede so minder laakbaar is of was dat 'n ander hof kan be-vind dat daar wel versagtende omstandighede was, veral gesien in die lig van 'n moontlike bevinding van indirekte opset of opset by moontlike bewussyn." (Die onderstreping hierbo is my eie.)
Dit is so dat dolus eventualis nie per se 'n
versag-tende omstandigheid kan wees nie maar dit mag nie buite reke-ning gelaat
word nie. In die onderhawige geval het die Ver-hoorhof
tereg bevind dat toe
appellant die huis aan die brand gesteek het, hy geweet het dat daar nog mense
in die kamer is. Die Hof het
nie bevind dat appellant geweet het hoeveel mense
nog in die kamer was nie of wie hulle was nie. Die Hof het
wel bevind dat die
ander mense buite die huis gedink het
Nkosana .... / 18
18
Nkosana en Phikisile is nog in die kamer en daar is geen rede
om te aanvaar dat appellant nie ook so gedink en gehoop het nie,
Sonder om seker te maak dat daar nie miskien iemand anders ook
in die kamer is nie,het hy egter die brand gestig en twee on-
skuldige persone, wat onnodiglik te bang was om uit te gaan
selfs nadat die huis begin brand het, het in die slag gebly.
By beoordeling van die vraag of versagtende omstandig-
hede aanwesig is het die Verhoorhof tereg die gebruiklike drie-
ledige benadering toegepas en homself afgevra:
(a) of daar omstandighede is wat betrekking kon gehad het
op die geestesvermoëns of gemoed van die beskuldigde;
(b) of sodanige omstandighede die beskuldigde wel be-
ïnvloed het en;
(c) of die beïnvloeding van so'n aard was dat dit beskuldigde
se.../ 19
19
se morele verwytbaarheid vir sy daad verminder het.
Hoewel
appellant 'n alibi as verweer opgewerp het, welke verweer deur die
Hof verwerp is, en hy nie oor die aspek van versagtende omstandighede getuig het
nie, het die Ver-hoorhof uit die aanvaarde getuienis in die saak as geheel tot
die slotsom gekom dat vrae (a) en (b) hierbo bevestigend
be-antwoord moet word.
Wat (a) en (b) betref het die Verhoorhof na my mening tereg aanvaar dat Nkosana
'n skrikbewind in die woongebied
Silvertown waarvan appellant 'n inwoner was
gevoer het. Die Hof het ook tereg aanvaar dat appellant subjektief geglo het dat
Nkosana
verantwoordelik was vir die dood van twee inwoners van Silvertown
gedurende Desember 1984 en dat hy ook op die aand van 2 Januarie
1985 vir Xolani
met 'n klip gegooi
het. Een van die staatsgetuies, Nobuhle Makasi, wat
as mede-
pligtige .... / 20
20
pligtige beskou en deur die Verhoorregter ingevolge die bepa-lings van art
204 van die Strafproseswet gewaarsku is, het ook getuig
dat gedurende die aand
van 2 Januarie 1985, dws die aand voor die gebeure, "Nkosana-hulle" ook 'n ander
persoon met die naam van
Magxaks met 'n mes doodgesteek het. Sy het die voor-val
self gesien. Die Verhoorhof het nie met haar getuienis oor die besondere
voorval
gehandel nie maar in sy uitspraak sê die Verhoorhof dat Nobhule die Hof
beïndruk het "as 'n eerlike goeie getuie".
Indien haar getuienis omtrent
Magxaks se dood waar is, meen ek dat dit hoogs waarskynlik is dat die groep wat
saam met appellant
na Moody se huis opgeruk het op die oggend van 3 Januarie en
waaronder Nobhule ook was, ook van die Magxaks voorval geweet het en
dat ook dit
appellant se geestes-
vermoë of gemoed beïnvloed het. Die
Verhoorhof het in verband
met ....../ 21
21
met die dood van die twee persone gedurende Desember 1984 gesê dat
omdat appellant nie getuig het nie die Hof nie bewus is "of
daar 'n verwantskap
was" tussen die appellant en die twee oorledenes nie. Ek meen egter dat waar die
groep wat besluit het om teen
Nkosana op te tree, dit gedoen het in hulle
hoeda-nigheid as inwoners van Silvertown,die vraag of die twee (soos ek
aangetoon het
was dit waarskynlik drie) mede inwoners wat deur Nkosana en sy
maats vermoor is bloedverwante van appel-lant was of nie, nie van
veel belang is
nie (vgl S v Mkize 1979 (1) SA 461 (A) op 463 E-F en 464 D-F).
As
gevolg van die Verhoorhof se mistasting in ver-band met die vorm van appellant
se opset waarna ek vroeër ver-wys het, moet
hierdie Hof nou self besluit
of, as al die omstandig-
hede in ag geneem word insluitende die feit dat
appellant nie met
oogmerkopset .... / 22
22
oogmerkopset gehandel het nie maar dat die vorm van opset slegs dolus
eventualis was, appellant se morele verwytbaarheid ver-minder is. Ek meen
dat die antwoord op hierdie vraag bevesti-gend beantwoord moet word.
Die
appèl teen die bevinding van die Hof a quo dat geen versagtende
omstandighede aanwesig was nie moet dus slaag. Ek meen ook dat dit wenslik is
dat hierdie Hof nou self vonnis
oplê eerder as om die saak na die
Verhoorhof, waar die voor-sittende regter se waarnemende aanstelling reeds
verstryk het en
hy hom blykbaar nie meer in Grahamstad bevind nie, terug te
verwys vir vonnisoplegging. Appellant het geen vorige ver-oordelings
nie en
alhoewel dit 'n ernstige geval van moord is en die groepoptrede wat daarmee
gepaard gegaan het sterk af-
gekeur moet word, meen ek nie dat die doodstraf
'n gepaste
vonnis .... / 23
23
vonnis sal wees ten opsigte van enigeen van die twee aanklagte nie.
Die appel word dus gehandhaaf en die skuldigbevind-
ing op elk van die
twee aanklagte word verander na een van skuldig aan moord met versagtende
omstandighede. Die doodvonnisse word
ter syde gestel en in plaas daarvan word
die volgende vonnisse op-gelê:
Op elk van die twee aanklagte (dws aanklagte 1 en 2) word beskuldigde gevonnis tot 12 jaar gevangenisstraf. Dit word beveel dat die vonnisse op aanklagte 1 en 2 saam uitgedien word en dat 4 jaar van elk van die vonnisse op aanklagte 1 en 2 saam uitgedien word met die vonnisse wat die Verhoorhof beskuldigde opgelê het op aanklagte 6 en 7.
H R JACOBS, AR
VIVIER, AR )
stem saam BOSHOFF, Wn AR )