South Africa: Supreme Court of Appeal Support SAFLII

You are here:  SAFLII >> Databases >> South Africa: Supreme Court of Appeal >> 1987 >> [1987] ZASCA 139

| Noteup | LawCite

S v Viviers (345/86) [1987] ZASCA 139 (26 November 1987)

Download original files

PDF format

RTF format


345/86/AV

VAN SUID-AFRIKA

(APPèLAFDELING)

In die saak tussen:
JOHAN VIVIERS
Appellant

EN
DIE STAAT
Respondent

CORAM: GROSSKOPF, JACOBS, ARR, et BOSHOFF Wn AR

VERHOOR: 23 November 1987

GELEWER: 26 November 1987

UITSPRAAK

GROSSKOPF, AR

Die appellant, 'n inspekteur in die polisie van

Suidwes-Afrika, is in die landdroshof van Windhoek aangekla

op

2
op twee aanklagtes van aanranding met die opset om ernstig te beseer. Hy het onskuldig gepleit maar is skuldig bevind op albei klagtes. Vir doeleindes van vonnis is die twee klagtes saamgeneem. Hy is gevonnis tot 'n boete van R300 met alternatiewe gevangenisstraf en 'n verdere termyn van opgeskorte gevangenisstraf. 'n Appèl na die hooggeregshof van Suidwes-Afrika het misluk. Met verlof van die hof a quo kom hy nou in hoër beroep na hierdie Hof.

Die getuienis van die belangrikste getuies is soos volg opgesom in die uitspraak van BETHUNE R in die hof a quo:

"Petrus Salonon (een van die klaers) is 'n 45-jarige nie-blanke plaasarbeider in die diens van die ander klaer, De Sousa. Hy het getuig dat die appellant en drie ander persone, almal gekleed in privaatklere,

in

3
in die nag by hom op die plaas opgedaag het en verneem het waar De Sousa was. Nadat hy gesê het dat laasgenoemde in Klein Windhoek woon het die appellant vir hom met 'n geweerkolf teen die linkerslaap geslaan. Daarna het hy nog steeds in hoofgetuienis vertel dat die appellant hom met die voorpunt van die geweer getref het ter-wyl hy dit in beide hande vasgehou het. Hy het verder getuig dat die appellant twee skote in die lug gevuur het en dáarna vir hom geklap het, R40,00 van hom afgevat het, en toe vir hom ge-dwing het om vir hom vir ongeveer 500 meter ver te abba tot by 'n voertuig. Hy is beveel om in die kattebak van die voertuig te klim en hy is na 'n huis in Windhoek geneem waar hy water en whisky gegee is. Daar is hy 'n vuishou in die maag en 'n klap op die linkerwang toegedien. Hy het uit die huis gevlug en oor 'n draadheining ge-spring en weggehardloop. Daarna is hy per huur-motor na die huis van sy werkgewer aan wie hy
'n rapport gemaak het. Gedurende kruisonder-vraging het hy volgehou dat hy nie geval het toe hy oor die draadheining gespring het nie.

Die ander klaer, Jose de Sousa, het getuig dat 'n man hom die oggend van 5 Oktober 1985 gebel het en hom uitgevra het oor sy naam en

die....

4
die naam van sy werknemer. 'n Halfuur later het sewe polisiemanne by sy huis aangekom. Sommige van hulle was in uniform. Die appel-lant het hom meegedeel dat hy van die Goud- en Diamanttak was, die huis binnegekom en hom op die linkerwang geklap, hom uitgeskel vir 'n "Portugese bastard" en daarna die huis deursoek. Daar was 'n telefoonoproep. Daarna is die klaer per motor geneem na 'n kruising op die Okahandja-pad waar 'n sekere Tony vir hom uitgewys het as 'n koper van diamante. Die klaer het die be-werings ontken en is toe per motor geneem na die plaas, waar die appellant beveel het: "Kom, kom De Sousa gaan haal die goed". Die klaer het weer kennis van die diamante ontken en is daarop deur die appellant deur die gesig ge-klap, met die dood gedreig en weer geklap, op die bors geslaan en 'n vuishou op die mond toe-gedien. Die klaer se mond het na binne gebloei en hy het toe besluit om luiperdvelle wat in sy hoenderhok was aan die polisie te toon. Tony het nog velle en 'n stuk ivoor gevind. Die ap-pellant het vir die klaer beskuldig van smok-kelary en het aangedring dat hy diamante moes hê. Die klaer is op die bors geslaan en die appellant het 'n miskoek in sy hare gesmeer,

water

5
water oor hom gegooi en hom beveel om te was. Die appellant het verder die klaer op die linker-oog geklap, 'n naelknipper in sy neus opgedruk, hom drie of vier houe op die elmboog met 'n stuk ivoor toegedien en hom ook met 'n stuk yster op die linkerarm geslaan. Daar was nog aanrandings gepaard met neerhalende opmerkings wat die appellant se maats laat lag het. Hulle is terug na die huis waar daar weer tevergeefs na diamante gesoek is.

Later het amptenare van die Departement van Natuurbewaring die velle kom haal. Volgens De Sousa is hy daarna in hegtenis geneem en eers die volgende oggend na 'n geneesheer geneem, maar Dr. Rabie het getuig dat hy vir De Sousa op 5 Oktober ondersoek het. Petrus Salomon is op 8 Oktober 1985 in die Kakutura Staatshospitaal deur dr. G. Gonteb behandel. Laasgenoemde het getuig van kneusings en swelsel van die linker-ooglid en ook in die omgewing van die linkeroog. Die beserings was ongeveer drie dae oud. Daar was ook 'n septiese redelik diep horisontale laserasie aan die kant van die linkeroog. Ver-der was die bokant van die linkervoet teer en geswel. In kruisondervraging het hy gesê dat

die....

6
die voetbesering moontlik veroorsaak kon ge-wees het toe die klaer teen 'n draad geval het. Hy het ook gesê dat dit moontlik maar onwaar-skynlik is dat die snywond langs die linkeroog kon veroorsaak gewees het indien die klaer met sy gesig op die grond geval het, en ook as hy teen 'n voorwerp soos 'n draad of 'n lamppaal vas-geloop het.
Die appellant en die verdedigingsgetuie, A/O Theron, het onder eed ontken dat die klaers op enige stadium aangerand was en het aangevoer dat Petrus Salomon moontlik beseer was toe hy geval het waar hy oor die draadheining gespring het, en dat De Sousa se beserings moontlik opge-doen was toe hy geval het terwyl hy besig was om velle van die solder van 'n hoenderhok te verwyder en 'n stuk van die plafon op sy gesig beland het. Toe hy meer breedvoerig ondervra was oor Salomon se beserings het die appellant getuig dat hy by die betrokke draadheining nie 'n los draad opge-merk het nie, maar dat daar wel 'n plant was met doringagtige takke wat die sny langs die oog kon veroorsaak het."

Hiertoe wil ek net byvoeg dat 'n vrou, Lenia

Mukalele
7
Mukalele, die klaer De Sousa tot 'n sekere mate gestaaf het oor die aanranding op hom.
Aan die einde van die verhoor het die landdros 'n kort uitspraak gelewer waarvan die wesentlike deel soos volg lui:

"Die hof het die versigtigheidsreël wat van toepassing is op enkelgetuies in oënskou ge-hou en derhalwe die getuienis van Petrus Salomon met die nodige versigtigheid bejeën. Die hof aanvaar die getuienis van die Staat en verwerp die getuienis van die beskuldigde en sy getuie."

In antwoord op die kennisgewing van appèl het

die landdros hierop uitgebrei maar dit is nie nodig om verder op sy redes in te gaan nie.

Die belangrikste punt wat op appèl in hierdie

hof

8

hof en in die hof a quo geargumenteer is het gespruit uit 'n deel van die appellant se kruisverhoor. Dit is nodig om eers 'n kort agtergrond hieroor te verstrek. Dit blyk dat, toe die appellant oorspronklik gedagvaar was met betrekking tot die huidige misdade, hy die geleentheid gegee is om 'n skulderkenningsboete van R100,00 kragtens art. 57 van die Strafproseswet te betaal. Hy het van hierdie geleentheid gebruik gemaak en gevolglik is die appellant "geag ... deur die hof ten opsigte van die betrokke misdryf skuldig bevind en gevonnis te gewees het" (art. 57(6)). Die landdros het egter ingevolge art. 57(7) van die Wet die skuldigbevinding en vonnis ter syde gestel en gelas dat die appellant op die gewone wyse vervolg word. Dit het toe gebeur, soos ek reeds

gemeld

9

gemeld het. Gedurende die appellant se kruisverhoor het die staatsaanklaer die volgende vrae gevra:

"V: Weet u wat die terme 'erkenning van skuld'

behels? A: Korrek. V: Is u op 'n vorige geleentheid gedagvaar en

erkenning van skuld gegee op die betrokke

saak? A: Ek is in kennis gestel dat die Prokureur-

generaal erkenning van skuld R100,00 op die

betrokke saak vasgestel het. Ek het ken-

nisgewing of dagvaarding in die verband

ontvang."

Hierop het die appellant se prokureur beswaar

gemaak teen enige verdere vrae in verband met die "erkenning van skuld wat beskuldigde destyds betaal (het)". Sy gronde van beswaar was: "Beskuldigde het dit destyds gedoen uitsluitlik sonder benadeling van regte en dit uitsluitlik gedoen om 'n

lang...

10

lang verhoor te verhoed." Die landdros het hierdie beswaar van die hand gewys, en die verdere kruisverhoor oor hierdie aspek lui soos volg:

"V: Dra u kennis wat die praktiese implikasie is om 'n erkenning van skuld te betaal?

A: Ja, ek het die R100,00 erkenning van skuld betaal omdat ek geadviseer is om dit te be-taal.

V: Het u regsadviseur u adviseer?

A: Ja.

V: Is dit vir u as Inspekteur in die polisie belangrik om 'n skoon rekord te hê vir be-vordering?

A: Ja.

V: Waarom is u dan nog steed bereid in die lig van die feit dat dit vir u belangrik is om 'n skoon rekord te hê, om erkenning van skuld te betaal wat neerkom op 'n skuldigbevinding in 'n hof?

A: Daar is sekere redes rondom die aspek waarom ek die skulderkenning betaal het, maar ek is onder die omstandighede bly dat dit van die hand gewys is en ek vandag in die hof staan.

V:....

11

V: Hoekom het u dit betaal?
A: "Ek het dit betaal. Ek is geadviseer om dit
te betaal en ek het daarby aangepas. V: Weet u waarom die erkenning van skuld nie
bekragtig is nie? A: Ek dra nie kennis nie. Het later verneem
daarvan. V: Die erkenning van skuld is dit op beide
klagte betaal? A: Ek het so aangeneem. V: Betaal iemand erkenning van skuld as hy on-

skuldig is? A: Onder die omstandighede het ek die erkenning

van skuld betaal. V: Is u nie bereid om te sê hoekom u dit betaal

het nie? A; Nee. V: Hoe dink u moet die hof tot 'n bevinding kom

as u nie al die feite tot u kennis wil open-

baár nie? A: Die omstandighede rondom die geval is volgens

my mening so vuil dat ek verkies om daaroor

te swyg.

V: Neem u nie die hof in u vertroue nie? A: Ja."

Die...

12

Die appellant se prokureur het weer in herverhoor hierop teruggekeer, waar die volgende passasie voorkom:

"V: U sê u regsadviseur het u geadviseer om er-kenning van skuld te betaal. Wat was die hoofrede van daardie advies?

A: Ek glo dit was om sekere amptelike hoedanig-hede af te kry van 'n deportasie van Mnr De Sousa wat ek van verneem het."

In sy uitspraak onmiddellik na die verhoor waar-na ek reeds verwys het, sê die landdros dat "die hof nie die aspek oor die betaling van erkenning van skuld deur die be-skuldigde op die onderhawige aanklagte ... in aanmerking ge-neem het nie."

Op appèl in die hof a quo is daar op verskeie

gronde betoog dat die bogemelde kruisverhoor onreëlmatig was, Eerstens is betoog dat 'n hof glad nie verwys mag word na 'n

skulderkenning

13

skulderkenning wat kragtens art. 57(7) weggeval het nie. Dan het die appellant volgehou met die betoog dat die er-kenning sonder benadeling van regte geskied het. Ten slot-te is betoog dat die Staat nie bewys het dat die erkenning vrywillig gemaak was nie. Die hof a quo het hierdie be-sware almal verwerp.
Op appèl voor ons het Mnr Liebenberg, wat nie in die laer howe opgetree het nie, 'n nuwe beswaar geopper. Sy betoog was dat die vertroulikheid van die professionele mededeling en raadpleging deur die appellant van sy prokureur geskend was deur die gewraakte kruisverhoor. Hierdie be-toog gaan myns insiens nie op nie. Die appellant was in geen stadium gelas om enige vertroulike mededeling tussen

hom

14

hom en sy prokureur te openbaar nie. Dit was eers onder herverhoor, in antwoord op 'n vraag van sy eie prokureur, dat hy die redes vir sy prokureur se advies aangedui het. Of selfs dit 'n ontbloting was van inligting wat andersins ge-privilegieer sou gewees het, laat ek daar - die feit is dat dit uit eie beweging geskied het. Daar was dus duidelik 'n afstanddoening van enige moontlike privilegie. Maar die finale antwoord op hierdie hele betoog is dat die landdros hierdie getuienis in elk geval behandel het asof dit ontoe-laatbaar was. Die appellant kon dus hoegenaamd nie bena-deel gewees het deur enige inligting wat deur hierdie kruis-verhoor ontbloot was nie. Die verdere betoog dat die kruis-verhoor so 'n growwe onreelmatigheid uitgemaak het dat dit per se

tot

15

tot die tersydestelling van die skuldigbevinding moet lei kan ook nie gehandhaaf word nie.
In die appellant se betooghoofde is daar nog steeds staatgemaak op die argument (wat ook voor die hof a quo geopper was) dat die Staat nie bewys het dat die skuld-erkenning vrywillig geskied het nie. Mnr Liebenberg het hierdie punt nie geargumenteer nie, en myns insiens is dit duidelik ongegrond.

Dit bring my dan by die meriete van die appèl. Die twee klaers gee 'n samehangende relaas en, wat De Sousa betref, word hy tot 'n mate gestaaf deur Lenia Mukalele. Dit blyk uit die mediese getuienis dat die klaers wel beserings opgedoen het van die aard wat hulle aan die appellant toe-

skryf
16 skryf. Die appellant en die ander verdedigingsgetuie se getuienis oor hoe die klaers beseer kon geword het, is uiters onoortuigend. Daar is ook heelwat ander onwaarskyn-likhede in hul getuienis.
Mnr Liebenberg het betoog dat die landdros se redes onbevredigend was deurdat hy nie gemotiveer het hoekom hy die staatsgetuienis verkies bo dié van die verdediging nie, Daar is meriete in hierdie betoog, maar by die deuflees van die oorkonde kan ek geen rede vind om te twyfel aan die juist-heid van die landdros se gevolgtrekking nie, al was sy redes effens karig.

Weens die voorgaande word die appel van die hand gewys.

E M GROSSKOPF, AR JACOBS, AR

BOSHOFF, Wn Stem saam