South Africa: Supreme Court of Appeal Support SAFLII

You are here:  SAFLII >> Databases >> South Africa: Supreme Court of Appeal >> 1987 >> [1987] ZASCA 146

| Noteup | LawCite

S v Huijzers (378/86) [1987] ZASCA 146; [1988] 2 All SA 92 (A) (30 November 1987)

Download original files

PDF format

RTF format


378/86/AV

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA

(APPèLAFDELING)

In die saak tussen:
FREDERIK JOHANNES HUIJZERS
Appellant

en
DIE STAAT
Respondent

CORAM:' GROSSKOPF, JACOBS, ARR et NICHOLAS, WnAR

VERHOOR: 24 November 1987

GELEWER: 30 November 1987

UITSPRAAK

GROSSKOPF, AR

Die appellant is in die streekhof in Kaapstad

op drie klagtes van bedrog skuldig bevind. Op die eerste

klagte

2

klagte is hy gevonnis tot 3 jaar gevangenisstraf waarvan 2

jaar voorwaardelik opgeskort is. Op elk van die ander twée

klagtes is 4 maande gevangenisstraf opgelê. Hy het teen sy

skuldigbevindinge en vonnisse geappelleer na die Provinsiale

Afdeling Kaap die Goeie Hoop. Die provinsiale hof het met

die vonnisseingegryp maar het die appèl teen die skuldigbe-

vindinge van die hand gewys. Met verlof van die hof a quo

kom hy nou in hoër beroep teen die afwysing van die appèl

teen sy skudigbevindinge.

Die meeste feite is tans gemene saak. Die

appellant was 'n sakeman wat deur middel van 'n maatskappy

Efenes Transport (Edms) Beperk 'n sandmyn en 'n vervoerbesig-

heid bedryf het. Gedurende 1982 het hy gereeld geld onder

valse....

3

valse voorwendsels van die drie klaers bekom. Die val.se

voorwendsel by elke geleentheid was dat die geld gebruik sou word vir die aankoop

en opknapping van 'n stuk toerusting of 'n voertuig wat dan ,teen 'n wins verkoop sou word. Die betrokke klaer sou dan, so is aan hom voorgestel, sy geld terugkry tesame met 'n deel van die wins. Inderdaad het die appellant nooit die bedoeling ge-had om die geld aan te wend vir die voorgestelde doel nie, en het hy dit gebruik ten dele vir die behoeftes van Efenes Transport, en ten dele vir die terugbetaling van vorige voorskotte. Die appellant self het sy werkswyse soos volg beskryf toe hy later bankrot gespeel het en redes vir sy in-solvensie moes verstrek:

"I started off by borrowing an amount of money ostensibly to buy machinery and equipment, from

one....

4

one person, say (A).

At the end of the period, normally agreed on

before, the amount would then have to be paid

back and the lender would share in the profit of the equipment (that should have been bought) as well.
A loan would then have to be raised fróm (jB) to be able to pay (A) back since most of the monies borrowed was put into keeping transport company alive that was just being established.

Person (A) being satisfied with the previous

venture, the substantial profits made, handed

over in cash, would once again agree to lend or

advance monies for additional ventures and these would be applied to reimburse either (B)
or (C) (depending on the everincreasing profits

or business deals at the time.)

Rolling the money seemed a never ending

process until I was involved in a rather serious

motor vehicle accident. As I could not "con-

duct business as usual" and payments were due,

the people involved were getting anxious at

first and when it got to the stage where demands

were being made to my immediate family, seques-tration seemed to be the only way out in securing

that...

5

that creditors got at least part of their funds out and not forfeit all."

Ten tyde van sy sekwestrasie was die appellant kapitaalbedrae van nagenoeg RlOO 000, R20 000 en R20 000 aan die drie klaers onderskeidelik verskuldig". Hierdie be-drae sluit nie die ooreengekome deel van die "winste" in nie. Die klagtes teen die appellant het net oor hierdie bedrae ge-gaan en het nie vroeëre transaksies ingesluit nie. Dit is gemene saak dat die klaers deur die appellant se wanvoorstel-lings oor die beoogde aanwending van die geld beweeg was om hierdie bedrae aan die appellant oor te betaal, en dat hulle dit nie sou gedoen het as hulle geweet het waarvoor hy die geld wou gebruik nie. Weens die voorgaande was dit gemene saak dat feitlik al die elemente van bedrog bewys is. Mej.

de Swardt

de Swardt, wat namens die appellant opgetree het, het egter;

betoog dat daar een leemte in die Staatsaak was. Volgens

haar betoog het die Staat nie bewys dat die appellant die

opset om te bedrieg gehad het nie.

Opset om te bedrieg word soos volg bespreek deur

Snyman, Strafreg, 2e uitg., bl. 558:

"Daar is 'n verskil tussen 'n opset om te mislei ( intention to deceive' ) en 'n opset om te be- drieg ('intention to defraud'). Eersgenoemde beteken die opset om iemand te laat glo dat

iets wat in werklikheid vals is, die waarheid

is. Laasgenoemde beteken die opset om iemand

te beweeg om as gevolg van die wanvoorstelling

tot sy nadeel te handel. Eersgenoemde is die

opset met betrekking tot die wanvoorstelling, en laasgenoemde die opset met betrekking tot

sowel die wanvoorstelling as die nadeel. Dit

is laasgenoemde opset wat by bedrog vereis word.

As X dus bloot aan Y 'n leuen vertel maar nie glo dat Y as gevolg daarvan sal oorgaan tot

optrede...
6

7

optrede tot sy nadeel nie, het hy nie die ver-eiste opset vir bedrog nie. Die opset om te bedrieg sluit die opset om te mislei in, raaar die omgekeerde is nie die geval nie."

In die onderhawige geval is dit heeltemal duidelik dat die appellant die opset gehad het om te mislei en dat hy ook die opset gehad het om die klaers te beweeg om as ge-volg van sy wanvoorstelling te handel. Volgens sy advokaat se betoog het hy egter nie die opset gehad om enige van die klaers te beweeg om, soos Snyman dit stel, tot sy nadeel te handel nie.
Die méning dat 'n opset om te benadeel (hetsy direk, hetsy by moontlikheidsbewussyn) 'n deel vorm van die opset om te bedrieg word ook gehuldig deur ander akademiese skrywers. So, byvoorbeeld, sê de Wet en Swanepoel, Strafreg,

4e uitg

8

4e uitg., bl. 404:

"Verder moet die beskuldigde se opset ook. slaan

op die handeling van die misleide tot sy nadeel. Die beskuldigde moet dus voorsien dat die mis-leide deur die misleiding tot 'n handeling be-weeg sal word, en dat die handeling tot sy nadeel sal strek."

Sien verder Hunt, S A Criminal Law and Procedure, 2e uitg., bl.. 767; Burchell, Defrauding and Deceiving : Are They
Synonymous? (1954) 71 SALJ 175; Burchell, Intention to Defraud and

Motive (1963) 80 SALJ 321; Klopper, Vonnisbespreking in (1971) 34 THR-HR 203.

Dit blyk nie heeltemal so duidelik uit ons reg|-

spraak dat bedrieglike opset ook moet slaan op die bënadeling

van die misleide nie. In Rex v, Henkes 1941 AA 143 op bl.

161 kom die volgende passasie voor in die uitspraak van

TINDALL AR: ...
9
TINDALL AR:

Generally speaking, if a misrepresentation which is capable of deceiving is made wilfully and the person making it intends to deceive the person to whom it is made, that is sufficient to prove the intention to defraud where the misrepresentation is one which causes actual prejudice or is calculated to prejudice."

Dit is nie duidelik of hierdie passasie voorgee om 'n beginsel neer te lê onderhewig aan uitsonderings ("generally speaking"), en of dit bloot gaan cor die bewys van bedrieglike opset nie. Die indruk word egter geskep dat bedrieglike opset bewys kan word sonder bewys van 'n opset
om te benadeel.
Sien ook Rex v. Lin Yunn Chen 1908 TS

634 op bl. 637-8- Meer onlangs, in S v. Shepard and Others

1967(4) SA 170 (W) op bl. 175 C-D, het COLMAN R die volgende

gese:

"I shall assume, without deciding it, that an onus rested upon the State of proving not merely that the wilfully false statements, made with

intent

10

intent to deceive, caused prejudice, or the risk of prejudice, but also that such prejudice or potential prejudice was intended by the ac-cused. This assumption would seem, in the light of some of the dicta in Rex v. Kruse, 1946 A.D. 524, to be unduly generous to the accused ..."

Dieselfde punt het ontstaan in S v. Minnaar 1981

(3) SA 767 (DenK)voor PAGE R, wat dit ook onnodig gevind het

om 'n beslissing daaroor te gee. Na aanleiding van die be

slissing in Shepard se saak (supra), wys hy egter daarop (op

bladsye 778 H tot 779 A) dat Kruse se saak, waarna COLMAN R

verwys, nie die enigste gesag oor die onderwerp is nie, maar

dat daar 'n dictum in R v. Heyne and Others 1956(3) SA 604

(A) op bl. 625 B-C is waarin daar blykbaar aanvaar word dat

die opset om te bedrieg wel 'n opset om te benadéel vereis.

Sien ook Rex v. Kruse (supra) op bl. 534 en Rex v. Harvey and

Another...

10 a

Another 1956(1) SA 461 (T) op bl. 464 F-G.

Vir huidige doeleindes is dit nie nodig om te

beslis wat presies deur bedrieglike opset behels word nie,

en ek sou verkies om geen beslissing daaromtrent te gee nie,

veral

11

veral aangesien hierdie aspek nie voor ons geargumenteer is1

nie : albei advokate het aanvaar dat die regsposisie korrek

uiteengesit word in die bogemelde handboeke. Ek sal dus

veronderstel, sonder om te beslis, dat die Staat hom van die

bewyslas moes kwyt om aan te toon dat die appellant die

opset (hetsy direk, hetsyby moontlikheidsbewussyn) gehad

het om die klaers te benadeel. Om te besluit of die Staat

hierin geslaag het is dit nodig om eers na te gaan waaruit

die klaers se benadeling, werklik of potensieel, bestaan het.

Mej de Swardt se argument het daarop neergekorá

dat die klaers vanweë die wanvoorstellings leningstransaksies

aangegaan het, en dat hul benadeling daaruit bestaan het dat

die lenings nie terugbetaal is nie. Die appellant het egter

steeds...
12

steeds bedoel om die lenings terug te betaal, so word beweer,

en gemeen dat hy in staat daartoe sou wees. Gevolglik, so

word betoog, het hy nie 'n bedrieglike opset gehad nie. Ter

stawing van die submissie oor die aard van die klaers

se benadeling het sy staatgemaak op twee beslissings,

t.w. R v. Motsieloa 1957(1) SA 226 (0) en S v. Fram 1968(3)

SA 28 (0D). Eersgenoemde saak het op sy beurt ge-

steun....

13

steun op R v. Hoosen 1954(3) SA 65 (T). Dit is nodig om

kortliks na hierdie drie vonnisse te verwys.
In Hoosen se saak (supra) het die appellant 'n valse voorstelling aan die klaers gemaak dat hy deur toorkuns verborge skatte sou kon vind op die plaas waarop een van
die klaers woonagtig was. Hierdeur het hy hulle oorreed om geld aan hom te leen. Die hof (LUDORF en HILL WRR) be-vind soos volg (op bl 68 G tot 69 A):

"Die klaers het gegaan na 'n persoon wat hulle beskou het as 'n soort toordokter en hulle was bereid om onderhandelinge met hom te voer om sy bonatuurlike magte vir hulle uit te oefen. Die klaer Coetzee stel die posisie as volg:

'Die geld wat ek aan beskuldigde gegee het was net 'n lening totdat hy die geld op die plaas gevind het. Ek kan die geld vandag van die beskuldigde terugeis deur 'n siviele aksie. Die beskuldigde het alreeds party

geld....

14

geld terugbetaal en skuld nog £214.' Die klaers het gemeen dat hulle handel met 'n persoon van 'n sekere finansiële stand. Weens die wanvoorstelling was hulle nie mislei om aan te neem dat hy van 'n beter stand is nie en dit volg nie dat hy inderdaad iemand is van 'n swakker finansiële toestand nie. Daar is wel aanduidings maar geen bewys dat die be-skuldigde nie 'n persoon is wat die geld kan terugbetaal nie en in die afwesigheid van sulke getuienis, is dit nie bewys dat die klaers enige van hulle geld kwyt is nie. Gevolglik het hulle nie enige werklike skade gely nie."

In R v. Motsieloa (supra) het die appellant van die klaer geld geleen op grond van 'n valse voorstelling dat 'n arbeider (Shadrack),wat bereid was om in die klaer se diens te tree, £40 in kontant nodig gehad het om sekere mediese skulde van sy vader te betaal. Die hof bevind op bl. 228 A (per DE VILLIERS en GROBLER RR) dat die klaer nie deur die

wanvoorstelling
15

wanvoorstelling benadeel was nie

"want beskuldigde het die klaer om 'n lening versoek en hy (klaer) was bereid om op die krediet van beskuldigde te vertrou, en die feit dat Shadrack inderdaad geen geld nodig had om sy vader se skulde te betaal of dat die £40

nie aan Shadrack gegee is deur beskuldigde

nie, vorm geen bewys van enige skade deur klaer

gely nie." Later word gesê (op bl. 228 H tot 229 A):

"In die onderhawige saak het klaer beskuldigde goed geken, en erken dat hy die betrokke geld aan hom persoonlik geleen het. Klaer het ver-der verduidelik dat beskuldigde nie voorgegee het dat hy die geld namens Shadrack wou leen nie en die geld is nie aan beskuldigde in sy hoedanigheid as Shadrack se agent betaal nie. Beskuldigde se verdraaiing van die waarheid ... het derhalwe alleen daarin bestaan dat hy 'n

wanvoorstelling gemaak het aangaande die doel waarvoor hy die geld van klaer wou leen, en daarna geleen het van klaer, en ek is van mening

dat....

16

dat sodanige wanvoorstelling alleen, in die al-

gemeen, geen voldoende grond is vir 'n skuldig-
bevinding aan falsitas nie."

In Fram se saak (supra) het die appellant die klaer oorreed om hom R8 te leen omdat, so het hy valslik be-weer, hy die geld nodig gehad het vir 'n doodskis vir sy vrou wat onlangs oorlede was. Die hof (JENNETT RP) sê die vol- gende (op bl. 29 E):

"The position in the present case is simply thát complainant was induced to accept as his debtor a person from whom, as he knew at the time of the loan, the prospects of receiving payment of the loan were exactly the same whether the representation was true or false.

That being the case it seems to me clear that the element of prejudice necessary to cónsti-tute the crime of fraud was not established. The false representation could not have caused prejudice to complainant."

Bogemelde

17

Bogemelde drie beslissings is oorweeg in die Rhodesiese saak van S v. Reggis 1972(2) SA 670 (R). In daardie saak het die beskuldigde $40 van die klaer geleen op grond van 'n bedrieglike voorstelling dat die beskuldigde se vrou in onluste beseer, en sy kind gedood was, en dat hy die geld benodig vir die kind se begrafnis. BECK R, voor wie die saak op hersiening gekom het, sê die volgende op bl. 670 H tot 671 A:

"There are South African decisions which hold that fraud is not committed where the complainant is induced to make a loan to the accused by reason of a false representation made by the latter as to the purpose for which the loan is required. See R. v. Hoosen, 1954(3).S.A. 65 (T); R. v. Motsieloa, 1957(1) S.A. 226 (O); S. v. Fram, 1968(3) S.A. 28 (E). The reasoning behind these decisions appears to be that when

the....

18

the lender's prospects of recovering his money are unaffected by the falsity of the representa-tion made as. to the purpose for which the loan is required, the element of prejudice is lacking.

It seems to me, with respect, that these decisions should not be followed by this Court. By reason of the misrepresentation relating to 'the accused's allegedly urgent need of money the complainant was induced to exchange his existing rights of ownership in his money for the contractual rights of a lender thereof, and it is this alteration in the complainant's position which clearly establishes the element of prejudice. It begs the question to reflect upon whether or not the complainant's rights as a creditor (which is what the fraud induced him to become) would have been any better had the stated purpose for which the loan was al-legedly required not been false."

Ek stem, met respek, ten volle saam met wat in hierdie passasie voorkom. Sien ook De Wet en Swanepoel,

op cit., op bl. 397 voetnota 134 en bl. 401 voetnota 161-

Dit....

19

Dit volg dus dat, na my mening, Hoosen se saak, Motsieloa

se saak en Fram se saak, (almal supra) verkeerd beslis is

insoverre hulle te kenne gee dat 'n klaer nie benadeel kan

word indien hy geld uitleen op grond van 'n wanvoorstelling

oor die doel waarvoor die beskuldigde die geld benodig nie,

Ook in die onderhawige geval het die wanvoorstel-

ling gegaan oor die gebruik wat die appellant van die geld

wou maak. As hy nie die wanvoorstelling gemaak het nie

sou die klaers geen geld hoegenaamd aan hom oorbetaal het

nie. Die resultaat van die wanvoorstelling was dus dat die

klaers, metafories gesproke, nie meer hul geld in hul sakke

gehad het nie, maar in plaas daarvan skuldeisers van die

appellant geword het. En, minstens in die geval van 'n

skuldenaar...

20

skuldenaar soos die appellant (ek kom later terug op sy

vermoënsposisie),was hul vorderingsregte klaarblyklik minder

werd as die bedrae wat hulle aan die appellant oorbetaal het.

In hierdie opsig het hulle dus na my mening werklike finan-

siële nadeel gely as gevolg van die appellant se bedrieglike

wanvoorstelling.

Dit bring my dan by die kernvraag in hierdie

appèl, naamlik of die appellant die opset gehad het om die

klaers te beweeg om tot hul nadeel te handel. Dit is gemene

saak dat hy die opset gehad het om hul te oorreed om geld

aan hom oor te betaal, en die enigste vraag wat dan oorbly is

of hy geweet het dat hulle daardeur benadeel sou word in

die opsig wat ek hierbo bespreek het.

In argument voor ons was daar gewag getnaak van

die gesonde finansiële posisie waarin die appellant dan sou

gewees....

21

gewees het,maar die objektiewe feite dui op die teendeel. Dit skyn vanselfsprekend te wees dat die appellant hom nie op misleiding sou beroep het as hy geld op 'n meer konvensionele manier kon bekom nie. Daarbenewens was die opbrengs wat hy aan die klaers voorgehou het (en aanvanklik ook betaal het) geweldig hoog. Die klaer Els, wat die grootste bedrae oor-betaal het, het getuig dat hy geld aan die appellant beskik baar gestel het vir tydperke van 6 weke tot 2 maande op 'n slag en dat hy 'n opbrengs van 15 tot 20 persent per geleentheid ontvang het. Dit werk uit op 'n jaarlikse koers van om en by die honderd persent. Die klaer Herbst se eerste transaksie met die appellant het 'n wins van R2000 opgelewer op 'n"lening" van R12500 vir 'n tydperk van ongeveer 3 weke - 'n opbrengs ván
by....

22

by die 200 persent per jaar. Verdere oorbetalings het ook

hoë opbrengste gelewer. Wesentlik dieselfde patroon is ge-

volg met Mnr Hayes, die derde klaer. Slegs 'n man wat op geen

ander plek ter wêreld geld kan kry "nie sou hierdie soort tran-

saksies aangaan. En die appellant 'moes pynlik bewus daarvan

gewees het dat sy eie kredietwaardigheid so laag was dat hy

aangewese was op valse voorwendsels en buitensporige rente-

koerse. Daarbenewens kon hy nie voorbly sonder aanhoudende

nuwe oorbetalings deur die klaers en ander mense wat in die-

selfde posisie as hulle was nie. Hy moes geweet het dat,

selfs met ... inagneming van die hoë potensiële opbrengs, 'n

voorskot aan hom as onaanvaarbaar riskant beskou sou word

deur feitlik enige iemand wat die ware feite ken en dat dit

inderdaad...

23

inderdaad uiters riskant was. Dit het hy feitlik by

implikasie toegegee in die volgende passasie in sy getuienis:

"Ja die rede waarom u die dokumentasie nie ge-toon het nie was opsetlik gewees om die ware toedrag van sake van die mense af te ver-duister? --In verband met die verkoop en

aankoop....

24

aankoop van masjinerie ...

In verband met wat met hulle geld gedoen word?

Presies ja, ek het geen dokumentasie van

masjinerie gehad nie.

Ja ek weet, dit weet ek omdat daar nie sulke

transaksies was nie. Presies.

En u wou ook nie u boeke aan hulle tqon nie?

----Nee.

Omdat die besigheid nie 'n goeie prentjie sou

getoon het nie? Op daardie stadium nie.

En u het geweet indien u vir hulle u boeke wys
dat hulle die geld nie aan u sou voorskiet nie?
Heel moontlik."

Dit is dan ook opvallend dat die hele kaartehuis in duie gestort het toe die appellant in Desember 1982 beseer is en hy dus die "never ending process" van "rolling the money", waarna hy in die bogemelde passasie verwys, moes staak.

Kortom: nie alleen was die klaers inderdaad

benadeel deur geld aan die appellant oor te betaal nie,

maar...
25

maar hy het geweet dat hulle benadeel sou word en het desnie-

teenstaande voortgegaan met sy misleiding. Hy het dus

minstens opset by moontlikheidsbewussyn gehad om die klaers

te benadeel.

In haar betoog het mej de Swardt klem gelê op

onweerspreekte getuienis deur die appellant dat hy altyd be-

doel het om die klaers terug te betaal, en gemeen het dat hy in staat sou wees om dit te doen. Myns insiens kan hierdíe

gesindheid van hom, selfs al sou 'n mens aanvaar dat dit be-

staan het, geen verskil aan sy skuldigbevinding maak nie

Indien, soos ek bevind het, die klaers benadeel was deur

riskante vorderingsregte te bekom in ruil vir geld, kan dit

myns insiens nie 'n verskil maak as die appellant geweet het

dat....

26

dat die risiko's bestaan maar geglo het dat hulle nooit werk-

likhede sou word nie. Die benadeling het reeds ingetree
toe die geld oorhandig is, en die blote feit
dat die appel-

lant geglo het dat die klaers uiteindelik hul geld sou terug-

kry,kan nie hieraan afdoen nie. Sien Rex v. Henkës (supra)

op bl.164 tot 165 en S v. Shepard and Others(supra) op bl

178 G tot 179 D-

Weens die voorgaande meen ek dat al die elemente

van bedrog, insluitende die opset om te bedrieg, in die

huidige geval aanwesig was.

Die appel word afgewys.
E M GROSSKOPF, AR

JACOBS, AR NICHOLAS, Wn AR

Stem saam