South Africa: Supreme Court of Appeal

You are here:
SAFLII >>
Databases >>
South Africa: Supreme Court of Appeal >>
1987 >>
[1987] ZASCA 21
| Noteup
| LawCite
S v Mandlasi (308/86) [1987] ZASCA 21; [1987] 2 All SA 169 (A) (26 March 1987)
Download original files |
Saakncmmer 308/86 WHN
SIPHO MANDLASI Appellant
en
DIE STAAT Respondent
JOUBERT, AR.
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(APPËLAFDELING)
In die saak tussen:
SIPHO MANDLASI Appellant
en
DIE
STAAT . Respondent
Coram: JOUBERT, BOTHA et GROSSKOPF ARR.
Datum van Verhoor: 13 Maart 1987 Datum van Uitspraak: 26 Maart 1987
UITSPRAAK
JOUBERT, AR :
/Op
2
Op 12 Maart 1986 is die appellant in die Transvaalse
Provinsiale Afdeling voor HUMAN Wn R en twee assessore aangekla van moord
deurdat
hy op Donderdag 31 Januarie 1985 Sipho Mokoena (die
„oorledene"),
'n Swartseun, te of naby Uitspanning No 9 in die distrik
Moutse vermoor het. Hy het onskuldig gepleit. Hy is verhoor en skuldig bevind
aan moord sonder versagtende omstandighede sodat die doodvonnis hom opgelê
is. Met verlof ingevolge art 316(8)(c)(ii) van die
Strafproses= wet No 51 van
1977 (die „Wet") kom die appellant na hierdie Hof in hoër beroep teen
sy skuldigbevinding aan
moord asook teen die weiering van die hof a quo
om hom
/ingevolge
3
ingevolge die bepalings van art 79 van die Wet vir ondersoek en waarneming te verwys.
Volgens die onbetwiste getuienis was die oorledene
ongeveer 5 na 7 jaar oud. Hy was 'n dwerg van ongeveer
1½ voet lengte. Langs die huis van die oorledene se
ouers het die appellant wat 22 jaar oud was,ingewoon.
Die appellant was goed bevriend met die oorledene. Hy
het die gewoonte
gehad om lekkers vir die oorledene en
ander kinders te koop en te gee. Omstreeks 12 vm op
Donderdag 31 Januarie 1985 het Maria Mokoena, die oor=
ledene se moeder, die oorledene vermis. Die volgende
/dag
4
dag, Vrydag 1 Februarie 1985, het sy die verdwyning
van die
oorledene by die polisiestasie te Dennilton aan= gegee. Eers Sondag 3 Februarie
1985 het Isaac Mosehla, gelei deur die sterk
reuk van iets vrot, op die lyk van
die corledene afgekom waar dit onder 'n bos naby
'n spruit versteek was. Dit is al bos in die omgewing. Die lyk het op sy maag gelê en n plastiese sak wat oor die kop was, was in die omgewing van die nek vasgemaak. Volgens hom het die lyk 'n kort broekie aangehad. Die polisie is ont= bied en na die toneel geneem waar fotograaf Liebenberg foto's geneem het van die ruig gras en biesies waar die lyk gelê het. Sy getuienis oor die toestand van die
/lyk
5
lyk stem in hooftrekke ooreen met Isaac Mosehla se getuienis. Op 13 Februarie 1985 het dr Steyn, die distriksgeneesheer, 'n nadoodse ondersoek op die oor= ledene se lyk uitgevoer. Dog weens die gevorderde stadium van ontbinding van die lyk was hy nie in staat om die oorsaak van dood te bepaal nie. Alle sagte weefsels was afwesig : "Behalwe die benige gedeeltes is die nekorgane, die hart, die longe, die buikorgane alles afwesig. Die penis is teenwoordig. Beide testes is afwesig. Die onderbene is ongeskaad. Die enigste kledingstuk was 'n sakdoek om die nek". Volgens sy herinnering was daar geen bloed aan die vuil sakdoek nie.
/Die
6
Die nekwerwels sonder nekweefsels was teenwoordig maar hy kon geen aanduidings vind dat die keel afgesny is nie. Daardie tyd van die jaar sou die proses van ontbinding van 'n blootgestelde lyk binne 24 uur begin.
Die Staat se saak het baie sterk gesteun op die mondelinge bekentenisse wat die appellant op Vrydag 1 Pebruarie 1985 gemaak het voordat dit bekend was dat die oorledene vermis word en voordat die lyk van die oorledene gevind is.
1. Volgens diaken Isaac Maselela het die appellant hom die
middag van Vrydag 1 Februarie 1985 genader om met hom
oor iets te praat wat die appellant kwel. Op daardie
/stadium ....
7
stadium was die appellant onbekend aan hom maar hy het later die register van die Zioniste Kerk geraadpleeg en vasgestel dat die appellant drie weke vantevore gedoop is. Die appellant het aan hom verduidelik dat hy Woensdag (30 Januarie 1985) twee sent aan 'n baie klein seun gegee het om lekkers by die winkel te gaan koop. Die naam van die seuntjie is Sipho. Hy het laasgenoemde by die bos ingewag toe hy van die winkel terugkeer en hom dieper in die bos ingeneem. Hy het die seuntjie gegryp, sy keel met 'n mes afgesny en sy lyk versteek. Hy het vir Masele.la met sy hand die omgewing aangedui waar hy die seuntjie gedood het nl. 'n bos langs 'n spruit.
/Die
8
Die appellant het hom verder vertel dat hy daarna die
gegil
van die seuntjie in sy ore hoor. Toe hy 'n tee=
pakkie afkomstig van die kerk
neem om tee te maak, het
hy die beeld van biskop Lekganyane in die teeblare
gesien.
Die biskop het hom vertel om 'n pastoor te soek en sy skuld
aan hom te beken. Hy het die seuntjie se stem in sy ore
gehoor en die beeld van die biskop het hom toe begin wurg.
Maselela het die appellant geneem na pastoor Mokoena aan
wie die appellant
in sy teenwoordigheid sy relaas herhaal
het. In kruisondervraging het Maselela ontken dat die
appellant aan hom vertel het dat hy op 'n lyk in die bos
afgekom het.
/2. Volgens
9.
2. Volgens pastoor Mokoena se getuienis het Maselela die appellant na hom gebring waar die appellant sy verhaal herhaal het in die teenwoordigheid van Maselela. Aan hom het die appellant gesê die seuntjie wat hy Woensdag met 'n mes doodgemaak het se naam is Sipho Mokoena. In kruisondervraging het Mokoena ontken dat die appellant aan hom gesê het dat hy op 'n lyk in die bos afgekom het. 3. Maselela en Mokoena het daarna die appellant na die huis van hoofpastoor John Motshweni geneem waar hulle buite
by 'n tafel gesit het. Die appellant het sy relaas her= haal. volgens Motshweni het die appellant hom vertel dat hy die seuntjie se keel afgesny het, die lyk versteek
/het
10.
het en die mes daar weggegooi het. Die appellant het vir hom die
omgewing aangewys waar hy die lyk weggesteek het nl. in die omgewing
van die
spruit. Die appellant het hom vertel dat hy die seuntjie se lyk in 'n
plastieksak van Cash en Carry toegedraai het waar hy
die lyk wegge= steek het.
Dit was die eerste keer wat Motshweni die appellant gesien het. Die appellant
het hom meegedeel dat hy
nie meer kon slaap nie omdat die seuntjie hom pla. Iets
het vir hom gesê om die seuntjie dood te maak en hy het dit gedoen.
Hy het
die appellant gesê dat al manier om hom te help, is om die polisie in
kennis te stel. Hy het in sy huis gegaan en die
polisie getelefoneer.
/Die
11.
Die appellant het egter oor n betonmuur gespring
en
op die vlug geslaan. In kruisondervraging het Motshweni ontken dat die
appellant aan hom gesê het dat hy op die oorledene se
lyk in 'n bos
afgekom het.
Die appellant het getuig dat toe hy die Vry=
dagmiddag 1 Februarie 1985 in die bos gegaan het om na
sy vangstrikke te kyk, hy die lyk van die oorledene
ontdek het. Die lyk was bedek gewees maar aan daardie
gedeelte van die lyk wat „gedeeltelik uitgekom het" het
hy dit herken as die oorledene se lyk. Hy het toe ,
agtereenvolgens vir Maselela, Mokoena en Motshweni van sy
vonds vertel. Hulle het hom gesê dat hulle die polisie
/sou
12
sou gaan verwittig. Hy het normaalweg van hulle weggestap. Na
sy arrestasie het hy 'n verklaring aan
'n landdros afgelê waarin hy
verklaar hetdat hy op die oorledene se lyk in 'n bos afgekom het. Opvrae van die
Verhoorregter
het hy ontken dat hy die beeld van biskop Lekganyane gesien het
wat hom wou verwurg. Hy het ook ontken dat hy die oorledene in sy
ore hoor gil
het.
Die verhoorhof het bevind dat Maselela, Mokoena en Motshweni indrukwekkende getuies was wie se getuienis bo alle redelike twyfel aanvaar is. Daarenteen was die
/appellant ..
13
appellant glad nie 'n indrukwekkende getuie nie en was hy bowendien leuenagtig.
Namens die appellant is daar ook in hierdie Hof ewe-as in die hof a quo betoog dat die bekente= nisse van die appellant aan Maselela, Mokoena en Motshweni nie in 'n wesenlike opsig bevestig word soos art 209 van die Wet vereis nie. In die afwesigheid van mediese getuienis oor die oorsaak van dood is dit nie bewys dat die oorledene inderdaad vermoor is nie. Na my oordeel is daar egter wel voldoende stawing van die bekentenisse in wesenlike opsigte deur getuienis aliunde, te wete :
/1. die
14
1. die oorledene is vermis
2. sy lyk is versteek gevind in 'n bos naby 'n spruit
3. sy lyk was
gedeeltelik bedek deur 'n plastieksak
4. die appellant het die omgewing waar
hy die lyk
gevind het aangedui as synde 'n bos naby 'n spruit geleë 5. die pad vanaf die oorledene se woonplek na die naaste winkel gaan verby die bos.
Na oorweging van al die getuienis oor die meriete in die onderhawige geval is ek van oordeel dat die ver= hoorhof geensins fouteer het in sy bevinding nie dat die Staat bo redelike twyfel aan die hand van die beskikbare
/getuienis
15
bewys het dat die appellant skuldig aan moord op die oorledene is. Die appellant se skúldigbevinding aan moord op die oorledene bly derhalwe staan.
Dit bring my by die tweede aspek waaroor die appèl gaan. Nadat die appellant deur die verhoorhof aan moord skuldig bevind is en daar nog nie oorgegaan is om vas te stel of daar versagtende omstandighede aanwesig is nie het advokaat Potgieter 'n aansoek tot die verhoorhof gerig om die appellant ingevolge die be= palings van art 79 van die Wet vir ondersoek en waar= neming te verwys. Dit het hier nie gegaan oor die vraag of die appellant vanweë geestesongesteldheid nie
/oor
16
oor die vermoe beskik om die verrigtinge te begryp ten einde sy verdediging na behore te kan voer nie. Die appellant het immers reeds gepleit en selfs getuig. Wat die verdediging voor oë gehad het,was om die aansoek op art 78(2) van die Wet te baseer deur te beweer dat die appellant vanweë geestesongesteldheid of geestesge= brek nie strafregtelik toerekenbaar was toe hy die moord gepleeg het nie. Weliswaar was daar nie mediese ge= tuienis beskikbaar om hierdie aansoek te ondersteun nie. 'n Distriksgeneesheer het die appellant daardie oggend gespreek en was van mening dat die appellant normaal is. Hy kon geen oordeel vorm oor die appellant se geestes= toestand toe die moord gepleeg is nie. Al getuienis
/wat
17
wat voorhande was, was leke-getuienis oor die beeld van biskop Lekganyane en die gegil van die oorledene waarna ek reeds supra verwys het en wat deur die appel= lant ontken is. Daar is ook getuienis van die appel= lant se vader Albert Mandlasi voorgelê waarvolgens die appellant vir hom gedurende September en Oktober 1984 as mal voorgekom het maar gedurende Januarie 1985 was die appellant se toestand „reg". Na my oordeel het die verhoorhof egter fouteer om die aansoek van die hand te wys omdat daar aan die hand van die beskikbare inlig= ting voor die vernoórhof 'n redelike moontlikheid bestaan dat die appellant geestesongesteld was of aan 'n geestes= gebrek gely het toe hy die moord gepleeg het. Daar
/is
18
is die verdere belangrike aspek dat die moord vir n onverklaarbare rede of motief gepleeg is veral in die lig van die feit dat die appellant goed bevriend met die oorledene was en soms vir hom lekkers gegee het.
Die resultaat is dan soos volg :
1. Die appèl teen die skuldigbevinding aan moord word afgewys. 2. Die verhoorhof se afwysing van die aansoek van die. appellant om hom te verwys vir ondersoek en waarneming word tersyde gestel.
3. Die verhoorhof se bevinding dat daar geen
versagtende
omstandighede is nie word tersyde gestel met die oog
op
paragraaf 4 hiervan.
/4. Die ..,
19
4. Die verhoorhof word beveel om die nodige stappe oor=
eenkomstig art 79 van die Strafproseswet No 51 van 1977 te doen om die appellant vir doeleindes van ondersoek en verslag ingevolge art 78(2) te verwys en om,nadat sodanige verslag bekom is,die verhoorverrigtinge teen die appellant voort te sit.
C.P. JOUBERT AR.
BOTHA AR )
Stem saam. GROSSKOPF AR)