South Africa: Supreme Court of Appeal

You are here:
SAFLII >>
Databases >>
South Africa: Supreme Court of Appeal >>
1987 >>
[1987] ZASCA 29
| Noteup
| LawCite
S v Collen and Another (214/86) [1987] ZASCA 29 (27 March 1987)
Download original files |
214/86
N v H
PIETER VAN COLLEN
ROBERT PICKERING
en
DIE STAAT
SMALBERGER, AR :-
214/86 N v H
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (APPèLAFDELING)
In die saak tussen:
PIETER VAN COLLEN Eerste Appellant
ROBERT PICKERING Tweede
Appellant
en
DIE STAAT Respondent
CORAM: JOUBERT, SMALBERGER, ARR, et KUMLEBEN, Wn AR
VERHOORDATUM: 16 MAART 1987 LEMERINGSDATUM: 27 MAART 1987
UITSPRAAK
SMALBERGER, AR :-
Op 18 Oktober 1979 is Victor Douglas Luyt (die
oorledene) dood aangetref op die perseel van sy sportwinkel in
Athlone, 'n voorstad van Kaapstad. Voortspruitend uit sy dood
het /
2
het vier beskuldigdes, onder wie die twee appellante, in
November
1985 in die Provinsiale Afdeling Kaap die Goeie Hoop
voor LATEGAN, R, en twee
assessore terreggestaan op aanklagtes
van roof (met verswarende omstandighede) en moord. Die twee
appellante was onderskeidelik beskuldigdes 2 en 3, en ek verwys
voortaan gerief.likheidshalwe na hulle afsonderlik as sulks.
Aan die einde van die Staatsaak is beskuldigde 4 ontslaan.
Na afloop van die verhoor is beskuldigde 1 op albei aanklagtes
onskuldig bevind, terwyl beide appellante aan moord, maar nie roof
nie, skuldig bevind is. By ontstentenis van versagtende om=
standighede is beide appellante die doodvonnis opgelê. Met
verlof van hierdie Hof kom die appellante nou in hoër beroep
teen hulle skuldigbevindings sowel as hulle vonnisse.
Die /
3 Die oorledene se sportwinkel was in 'n besige hoofweg skuins
oorkant 'n hotel geleë. Agter die winkel, maar nog deel van dieselfde
perseel, en met 'n deur tussenin, was 'n klein vertrek. Uit dié vertrek
het daar 'n latrine geloop. Toe die polisie op die
toneel opdaag, het hulle o a
bloedspatsels en bloedkolle in die winkel gevind, asook stukke van 'n gebreekte
bril. Daar was bloederige
sleepmerke wat vanuit die winkel gelei het na die
agterste vertrek. Naby die deur van dié vertrek was daar 'n groot plas
bloed.
In die omgewing van die plas bloed is die boonste helfte van 'n
stel kunstande, blykbaar die van die oorledene, gevind. Die liggaam van die oorledene is in die latrine aangetref, in 'n half-sittende, half-lêende posisie. Daar was 'n tou om
sy arms /
4
sy arms, bene en nek vasgebind. Die een end van die tou was teen die latrine se afleipyp vasgemaak. Oor die oorledene se kop was 'n swart vuilgoedsak. Daar was heelwat bloed op die vloer van die latrine. Daar was ook bloed op die deur van die latrine, en in dié bloed was duidelik identifiseerbare vinger- en palmafdrukke gevind. Dit is gemene saak dat die betrokke vinger- en palmafdrukke nie vergelykbaar was met dié van enige van die beskuldigdes nie.
Die nadoodse ondersoek op die liggaam van die oorledene het aan die lig gebring dat hy dood is as gevolg van
(1) 'n hoofbesering met skedelfrakture en breinbesering, en (2) asfiksie as gevolg van 'n konstrikterende tou om sy nek, en aspirasie van bloed. Enige van hierdie twee oorsake kon, onafhanklik van mekaar, die oorledene se dood veroorsaak het.
Die /
5
Die vernaamste lykskouingsbevindings was: verskeie skedel-frakture met
onderliggende breinskade; veelvuldige lusse van
'n sterk tou styf om die oorledene se nek gedraai met veelvuldige diep tou skaafmerke om sy nek; bilaterale frakture van die hioïed-been asook van die tiroïde-kraakbeen; veelvuldige kneusings van sagte weefsel in die nek; en 'n fraktuur van die neusbrug met groot hoeveelhede bloed in o a die mond, farinks en tragea. Volgens die patoloog, prof Knobel, is die skedelfrakture waarskynlik veroorsaak deur 'n hou of houe met
'n groot stomp voorwerp en moes daar aansienlike geweld gebruik gewees het om dié frakture te veroorsaak. Dit blyk ook uit sy getuienis dat die hoofbesering opgedoen moes gewees het alvorens die tou om die oorledene se nek gedraai was.
Na aanleiding /
6
Na aanleiding van die lykskouingsbevindings en wat by die misdaadstoneel
opgelet is, blyk dit duidelik te wees dat die oorledene aan
'n moorddadige
aanranding onderwerp is; dat die aanranding in die winkel begin het; in die
klein vertrek voortgesit is; en in die
latrine geëindig het waar die
oorledene vasgebind is.
Die Staat se saak teen die vier beskuldigdes, afgesien van sekere uitwysings wat op sigself van min belang is, het uitsluitlik berus op bekentenisse gemaak deur elk van die beskuldigdes. Die verhoor het hoofsaaklik gewentel om die toelaatbaarheid al dan nie van hierdie bekentenisse. Die skuldigbevindings van beskuldigdes 2 en 3 is gegrond op hulle toegelate bekentenisse. Die appèl voor hierdie Hof het
gegaan /
7 gegaan oor die toelaatbaarheid of aanneemlikheid van sodanige
bekentenisse. Ten einde hieroor te besin is dit nodig om kortliks
te let op die
vernaamste gebeure wat die aflê van die bekentenisse voorafgegaan het,
sodoende 'n geheelbeeld van die omstandighede
wat tot die bekentenisse gelei
het, te vorm.
Soos reeds gemeld, is die moord op die oorledene op 18 Oktober 1979 gepleeg. Die destydse ondersoekbeampte was kol Potgieter. Daar was blykbaar geen óoggetuies tot die moord nie, en die polisie kon geen behoorlike leidrade vind nie. As gevolg van sekere inligting wat bekom is, is beskuldigd 1 in November 1979 deur kol Potgieter omtrent die moord ondervra. Hy het alle aandadigheid ontken. Die saak is nie verder teen hom gevoer nie omdat hy nie op daardie tydstip enigsins met die moord verbind kon word nie. Amper twee jaar later is daar weer
inligting /
8
inligting deur die polisie ontvang dat beskuldigde 1 iets van die moprd
weet. Na aanleiding hiervan is beskuldigde 1 op 5 Oktober
1981 weer deur kol
Potgieter ondervra. 'n Beëdigde verklaring is van hom geneem. Die
verklaring was verontskul= digend sover
dit beskuldigde 1 betref. Hy het egter
twee persone aan die misdaad gekoppel. Een van hulle was beskul= -digde 3. Hy
kon egter nie
op daardie tydstip opgespoor word nie. Die ander persoon is wel
opgespoor maar is, na onder= vraging, as 'n verdagte uitgeskakel.
Daar is blykbaar nie verder met die ondersoek tot Julie 1984 gevorder nie. Kapt Kleyn was toe met die ondersoek belas. Op 26 Julie het hy beskuldigde 1 in verband met die moord ondervra. Dié ondervraging het uitgeloop op die aflê
van 'n /
9
van 'n bekentenis deur beskuldigde 1 aan 'n landdros op Athlone, mnr
Joubert. Op 30 Julie het hy 'n verdere verklaring aan kapt Kleyn
gemaak. Na
aanleiding van inligting van beskuldigde 1 afkomstig, is beskuldigde 3 op 20
Augustus en ook daarna deur kapt Kleyn ondervra.
Op sy beurt het beskuldigde 3
'n bekentenis op 30 Augustus aan dieselfde landdros op Athlone gedoen, gevolg
deur 'n verdere verklaring
op 3 September aan kapt Kleyn. Beskuldigde 3 se
bekentenis het die polisie op die spoor van beskuldigdes 2 en 4 gebring. Op 30
Augustus
is beskuldigde 4 deur kapt Kleyn ondervra. Voortspruitend hieruit het
beskuldigde 4 op 31 Augustus 'n bekentenis afgelê, weereens
aan dieselfde
landdros op Athlone. Beskuldigde 2 is op 31 Augustus gearres= teer na 'n
uitwysing deur sy broer, beskuldigde 4. Nadat
hy
op /
10.
op 31 Augustus en daarna op 2 September ondervra is deur kapt Kleyn, het beskuldigde 2 op sy beurt op 2 September 'n bekentenis afgelê. Sy bekentenis is afgeneem deur kapt Knipe aangesien geen landdros vir dié doel beskikbaar was nie.
Elk van die vier beskuldigdes het die toelaat= baarheid van sy bekentenis betwis op die grondslag dat dit nie vrywillig gemaak is nie. In die geval van beskuldigdes 1, 3 en 4 het die bewyslas in dié verband (op 'n oorwig van waarskyn= likhede) op hulle gerus na aanleiding van die voorskrifte van artikel 217(1)(b)(ii) van die Strafproseswet, 1977. In beskuldigde 2 se geval moes die Staat bewys (bo alle redelike twyfel) dat sy bekentenis vrywillig gemaak is. By die verhoor is daar ten opsigte van elke bekentenis 'n aparte verhoor-binne-'n-verhoor gehou ten einde die toelaatbaarheid van die betrokke
bekentenis /
11
bekentenis te bepaal. Na afloop van elke verhoor-binne-'n-verhoor is daar 'n volledige uitspraak gegee met betrekking tot die geskilpunte. Kapt Kleyn het ten opsigte van al vier bekentenisse getuig, en sy geloofwaardigheid was deurgaans op die spel. In dle onderhawige geval sou dit raadsaam gewees het om, na aanhoor van al die relevante getuienis, uitspraak tegelykertyd ten opsigte van al vier bekentenisse te gegee het. Sodoende sou daar net eenmaal oor kapt Kleyn se geloofwaardig= heid besin moes word, en sou die verhoorregter 'n behoorlike geheelbeeld kon gevorm het van die getuienis en waarskynlikhede betreffende die aflê van die bekentenisse, wat nou verwant is aan mekaar. Waar in 'n geval soos die onderhawige bekentenisse afsonderlik afgehandel word, bestaan die wesenlike gevaar dat
die /
12
die geheelbeeld uit die oog verloor kan word - wat trouens hier die
geval blyk te gewees het.
Dit spreek duidelik uit die oorkonde dat die vier
beskuldigdes binne die kader van geharde misdadigers val. Na 'n tydsverloop van
nagenoeg vyf jaar sedert die moord moes hulle besef het dat die Staat se kanse
om hulle met die oorledene se moord te
verbind, betreklik skraal was. Dat hulle in daardie omstandighede geredelik
aandadigheid aan die moord sou erken, is onwaarskynlik.
Beskuldigde 1 het beweer
dat hy 'n bekentenis gedoen het uit vrees vir aanranding. Volgens kapt Kleyn het
beskuldigde 1 op 26 Julie
1984 op pad na Bishop Lavis polisie= stasie vanaf die
gevangenis waar hy gehaal is alle kennis van die moord ontken. Nog dieselfde
dag, na sy ondervraging op
Bishop /
13
Bishop Lavis, het beskuldigde 1 ingewillig om 'n bekentenis aan
'n
landdros te doen - desondanks die feit dat toe hy in 1979 en
1981 ondervra is hy konsekwent sy aandadigheid ontken het.
Sy skielike ommekeer, sonder enige logiese verduideliking
daarvoor, wek onvermydelik suspisie. Hoe dit ookal sy, is
beskuldigde 1 se getuienis verwerp en sy bekentenis toegelaat.
Daarna het dit vorendag gekom dat sy bekentenis in wesenlike
opsigte nie met die objektiewe bewese feite áangaande die oor=
ledene se dood strook nie, en na aanleiding hiervan, en met
verwysing na S v Kumalo 1983(2) SA 379(A) is hy uiteindelik
deur die verhoorhof onskuldig bevind. Dit bly 'n tergende vraag
wat beskuldigde 1 besiel het, mits hy wel by die oorledene se
dood betrokke was, om 'n bekentenis te doen wat nie met die
werklikhede strook nie. Dit is nie die optrede van iemand
wat /
14
wat erns maak met die behoefte om te bieg nie, maar eerder dié
van iemand op wie dwang uitgeoefen is om 'n bekentenis te doen.
Vervolgens behandel ek kortliks beskuldigde 4 se geval. Dit is gemene saak dat hy die oggend van 31 Augustus 1984 na mnr Joubert op Athlone geneem is om 'n verklaring af te lê. Aan mnr Joubert vertel hy dat hy deur die polisie aange= rand is en niks van die moord weet nie. Kapt Kleyn is van hierdie bewerings verwittig. Later dieselfde dag daag beskul= digde 4 weer by mnr Joubert op en lê 'n bekentenis af, oënskynlik vrywillig. Terselfdertyd trek hy sy vorige bewering dat hy aangerand is, terug. In sy getuienis tydens die verhoor-binne-'n-verhoor het beskuldigde 4 beweer dat hy verskeie kere aangerand is deur kapt Kleyn sowel as sers Gagiano (sedertdien oorlede) wat
kapt /
15 . kapt Kleyn in sy ondersoek bygestaan het. Volgens hom is hy
beide voor en na hy die eerste keer na mnr Joubert geneem is, aangerand.
Dit was
as gevolg van die laaste aanranding, en uit vrees vir verdere aanranding, dat hy
'n bekentenis afgelê het en sy vroeëre
aantygings dat hy aangerand
is, teruggetrek het. Hy het ook beweer dat hy voor sy eerste besoek aan mnr
Joubert na 'n landdros op
Parow geneem is aan wie hy gesê het dat hy niks
van die saak weet nie.
Kapt Kleyn het beskuldigde 4 se bewerings dat hy aangerand is, en na 'n landdros op Parow geneem is, ontken. Volgens hom was daar geen dwang op beskuldigde 4 uitgeoefen om die eerste keer na mnr Joubert te gaan nie. Na beskuldigde 4 se terugkeer het hy hom wel gekonfronteer en gevra waarom hy 'n
spul /
16
spul leuens vertel het. Volgens kapt Kleyn blyk dit toe
dat
beskuldigde 4 onseker was of daar reeds ander persone in verband
met
die moord aangehou is en verklarings gemaak het, soos hy
blykbaar meegedeel is die geval was. Beskuldigde 3 is toe laat
kom. Hy het bevestig dat hy alreeds 'n verklaring gemaak het,
en hy het vir beskuldigde 4 gesê dat hy met die waarheid moet
uitkom. Beskuldigde 4 het toe te kenne gegee dat hy dié waar=
heid sou praat, en gevolglik is hy weer na mnr Joubert geneem om
'n verklaring af te lê. Die inhoud van sy bekentenis is nooit
onthul nie, daar dit deur die verhoorregter ontoelaatbaar ver=
klaar is, desondanks sy verwerping van beskuldigde 4 se getuienis
dat hy aangerand is. Die rede vir die uitsluiting van die
bekentenis blyk uit die volgende passasie in die verhoorregter
se uitspraak:
"Die /
17
"Die beskuldigde in die onderhawige geval het reeds duidelik en in geen onsekere terme te kenne gegee dat hy nie bereid is om 'n verklaring te maak om homself te inkrimineer nie. Desnie= teenstaande was daar verdere vrae aan hom gestel, verdere versoeke aan hom gerig, was nr 3 aan hom gekonfronteer, duidelik slegs met een bedoeling en dit is om sy weerstand om 'n konfessie te maak, te laat verkrummel. Dit kan op geen ander wyse uit= gelê word waarom hy met nr 3 gekonfronteer is nie. In die milieu van die omstandighede van druk wat ons tevrede is die beskuldigde gevoel het op daar= die stadium op hom is, vanweë enersyds sy eie op— trede deur te gaan lieg aan die landdros en daar= deur kaptein Kleyn se woede oor hom te haal en ek het daarmee wesenlik geen fout te vind dat kaptein Kleyn kwaad was nie, maar aan die einde van die dag het die feitelike situasie hom gemanifesteer dat kaptein Kleyn sigbaar kwaad was vir hom, dat hy bang was vir kaptein Kleyn, dat daar sekerlik by hom 'n begeerte was om te vergoed vir wat hy aan kaptein Kleyn gedoen het en om reg te maak. In daardie sin was daar druk op die beskuldigde, was daar druk om sy beslissing om nie 'n konfessie te maak nie, te verander, 'n konfessie wat as vry= willig gemaak aangebied word."
Gevolglik /
18
Gevolglik is daar bevind dat die bekentenis nie vry van druk en onbehoorlike
beïnvloeding gedoen is nie, en dus nie as totaal
vrywillig beskou kon word
nie.
Ek kom nou by die gevalle van die twee appellante. Ek behandel
beskuldigde 3 eerste aangesien sy bekentenis voor dié van beskuldigde
2
afgelê is. Dit is gemene saak dat beskul= digde 3 vir die eerste keer
omtrent die moord ondervra is op 20 Augustus 1984 by
Bishop Lavis polisiestasie,
en dat hy by daardie geleentheid, asook ten tyde van minstens een latere
ondervraging, alle kennis van
die moord ontken het. Desondanks het hy op 31
Augustus 'n bekentenis voor mnr Joubert op Athlone afgelê. Die rede
daarvoor
is dat hy aangerand was, aldus beskuldigde 3 se getuienis tydens die
verhoor-binne-'n-verhoor. Sy getuienis oor presies wanneer en
hoe hy aangerand
is, was nie deurgaans
konsekwent /
19.
konsekwent nie. Aanvanklik het hy die indruk geskep dat hy oor 'n
tydperk van etlike dae aangerand is. Later het dit geblyk dat hy
op een of
hoogstens twee dae aangerand is. Dit is nie nodig om op sy getuienis in
dié verband in detail in te gaan nie. Ek
bepaal my by die belangrike
gebeurtenisse wat op 31 Augustus plaasgevind het. Volgens beskuldigde 3, vanwee
die druk wat op hom uitgeoefen
is, het hy ingewillig om 'n verklaring aan 'n
landdros te maak. Vroeg die oggend ván 31 Augustus is hy op bevel van
kapt Kleyn
na 'n landdros op Parow geneem. Aan dié het hy vertel dat hy
geen kennis van die moord dra nie, en deur die polisie gemartel
is. Gevolglik is
geen verklaring van hom geneem nie. Met sy terugkeer na Bishop Lavis, en met die
skynbare doel om hom te oorreed
om 'n verklaring te maak, is hy
deur / .
20 deur sers Gagiano in die aanwesigheid van kapt Kleyn
aangerand. Onder andere is daar 'n nat sak oor sy kop geplaas wat hom laat
flou
word het, hy is onderstebo aan sy enkels (wat geboei was) agter 'n deur
opgehang, en met 'n stok in sy maag gepor. As gevolg
hiervan het hy ingewillig
om 'n verklaring te maak. Hy is ook 'n foto van beskuldigde 4 gewys en aangerand
om te erken dat hy beskuldigde
4 ken. Daardie middag is hy na mnr Joubert op
Athlone geneem. Die verklaring wat hy afgelê het was nie die waarheid nie
- hy
het 'n storie vertel wat hy uitge= dink het. Hy het geswyg omtrent die
voorafgaande aanranding aangesien hy vooraf gewaarsku is dat
indien hy daarvan
vertel, hy later weer aangerand sou word. Na die aflê van sy verklaring is
hy na 'n geneesheer geneem om
medies ondersoek te word.
Volgens /
21
Volgens beskuldigde 3 was daar rooi merke om sy enkels waar die voetboeie hom geknyp het en geskaaf het toe hy onderstebo opgehang is, maar hy het hulle nie aan die geneesheer getoon nie. Dit is gemene saak dat die betrokke geneesheer nie op enige stadium sy enkels ondersoek het nie. Op 3 September het kapt Kleyn hom sekere vrae in verband met sy verklaring aan die landdros gevra waarop hy hoofsaaklik net ja of nee geantwoord het. Dit is gemene saak dat toe beskuldigde 3 vir die eerste keer op 20 September in n hof verskyn het om te pleit ooreenkom= stig die bepalings van artikel 119 van die Strafproseswet, hy teenoor die voorsittende landdros gekla het dat hy aangerand was.
Kapt Kleyn het ontken dat beskuldigde 3 ooit aan= gerand was. Volgens hom het beskuldigde 3 toe hy vroeg die oggend van 30 Augustus ondervra is, sy deelname aan die moord
erken /
22 erken sonder dat daar enige druk op hom uitgeoefen is - sy
vorige ontkennings ten spyte. Daar is toe gereel dat hy na
'n landdros op Athlone gaan om 'n verklaring te maak. Hy (kapt Kleyn) het ontken dat beskuldigde 3 ooit na 'n landdros op Parow geneem is. Volgens hom is dit nie die praktyk om 'n bekentenis te laat neem deur 'n landdros van 'n ander distrik as dié waarin die misdaad gepleeg is nie, en bowendien het hy, met verwysing na Parow, gesê "ek is net bewus van streekhoflanddroste daar en hulle neem nie bekentenisse af nie". Nadat beskuldigde 3 sy bekentenis afgélê het, is hy 'n foto van beskuldigde 4 gewys. Op 3 September het hy sekere vrae aan beskuldigde 3 gevra na aankeiding vah sy bekentenis, en sy antwoorde in 'n verdere verklaring wat deur beskuldigde 3 onderteken is, beliggaam.
Die /
23 Die verhoorregter het bevind dat beskuldigde 3 se getuienis
aangaande die beweerde aanrandings oordrewe en weersprekend was. Na
aanleiding
hiervan, sekere beweerde onwaarskynlikhede in sy getuienis, asook die feit dat
hy nog teenoor die landdros nóg
teenoor die geneesheer gekla het dat hy
aangerand was, het die verhoorregter beskuldigde 3 se getuie= nis dat die
bekentenis nie
vrywillig gemaak is nie verwerp, en het hy kapt Kleyn se
getuienis tot die teendeel aanvaar. In dié verband het die verhoorregter
ook beskuldigde 3 se getuienis dat hy na 'n landdros op Parow geneem is,
verwerp. Laasgenoemde was natuurlik 'n baie belangrike aspek
van beskuldigde 3
se saak. Indien dit wel gebeur het dat hy teenoor 'n landdros op Parow gekla het
dat hy aangerand was, sou daar
twyfel ontstaan oor die
vrywilligheid /
24
vrywilligheid van sy latere verklaring aan mnr Joubert. Die verhoorregter het kapt Kleyn se vermoede (want dit kom nie op meer as dit neer nie) dat daar nie landdroste op Parow is wat administratiewe werk doen nie (insluitende die afneem van bekentenisse) as 'n bewese feit aanvaar. Geen behoorlike grondslag is hiervoor gelê nie. Gesien die belang= rikheid van hierdie aspek van beskuldigde 3 se saak, en die feit dat hy onder eed daaromtrent getuig het, behoort die Staat weerleggende getuienis voor te gelê het met betrekking tot die juiste toedrag van sake by die Parow landdroshof, en of daar enige rekord bestaan van 'n besoek daar deur beskul= digde 3 op 30 Augustus. By onstentenis van sodanige getuienis was dit myns insiens die plig van die verhoorregter om te sorg
dat /
25
dat die nodige getuienis verkry word. Dit is te betreur dat hy nie die
nodige stappe in dié verband gedoen het nie. Te meer
so omdat die
voorvalleboek aantoon dat beskuldigde 3 op 30 Augustus twee keer uitgeneem is
wat in ooreenstemming
is met sy bewering dat hy dié betrokke dag na twee verskillende landdroste geneem is.Die verhoorregter het ook bevind dat beskuldigde 3 se latere verklaring aan kapt Kleyn toelaatbaar was. Dit blyk nie uit sy uitspraak op wie hy bevind het die bewyslas gerus het om te bewys dat die verklaring vrywillig gemaak is nie. Klaarblyklik het dit op die Staat gerus in soverre die Staat op erkennings daarin gesteun het. Die Staat het egter, heeltemal tereg, nooit die houding ingeneem dat hierdie verkla=
ring /
26
ring op sigself voldoende sou wees om beskuldigde 3 skuldig te bevind
nie. Alles hang dus af van die bekentenis wat hy aan mnr Joubert
gedoen het.
Mnr de Lange het namens beskuldigde 3 betoog dat die verhoorregter fouteer het deur te bevind dat beskuldigde 3 hom nie van sy bewyslas gekwyt het nie, en sy bekentenis aan mnr Joubert toe te laat.. Hy het op bekwame wyse die getuienis ontleed om o a aan te toon dat kapt Kleyn nié in alle opsigte 'n
bevredigende getuie was nie. Kapt Kleyn het trouens toegegee dat hy sekere foute gemaak het. Mnr.de Lange het ook op sekere waarskynlikhede gewys wat die verhoorregter blykbaar oor die hoof gesien het. Dit is egter nie nodig om te besluit of die verhoorregter wel in dié opsig fouteer het nie, soos beweer word.
Daar /
27
Daar is myns insiens 'n ander geldige oorweging waarom die
bekentenis uitgesluit moet word - dieselfde oorweging wat
in die geval van beskuldigde 1 gegeld het. Dit spruit voort
uit die wesenlike teenstrydighede tussen beskuldigde 3 se
bekentenis en die onbetwisbare objektiewe feite, wat op die
moontlike valsheid van beskuldigde 3-se bekentenis dui.
Die tersaaklike gedeelte van beskuldigde 3 se
bekentenis lees soos volg:-
"Ons was vier stuks bymekaar. Hulle alias name was Goegas, Mesbek en sy broertjie klein Mesbek. Ons het in die shop gegaan. Dit was
'n toy winkel. Een het buite gestaan en ons drie het binne gegaan. Mesbek het die gun uit= gehaal. Daar was nie ander mense nie. Mesbek het gesê die man moet sy mond hou hy soek geld. Die man het gesê daar is nie geld nie. Ons het hom toe gegryp. Ek het die tou om sy nek gesit. En hom gechoke binne in die shop. Ek het hom
weer /
28
weer gelos. Toe het Mesbek en sy broertjie die man agter in die toilet gevat. Hulle het hom opgehang en geslaan. Ek het gestaan en kyk hoe hulle dit doen. Ek het gesê hulle moet hom nie dood maak nie. Ek het uit die toilet gegaan binne in die shop om te kyk of ek nie geld kan kry nie. Ek het niks gekry nie. Toe ek weer terug gaan het ek gesien hoe Mesbek se broertjie die man slaan met 'n paal oor die kop. Hulle het hom toe vasgemaak teen die muur aan sy hande en sy voete maar nie om sy nek nie. Ek weet nie of hy dood was nie."
Die wesenlike teenstrydighede is die volgende.
Die bekentenis verwys na 'n "toy winkel" terwyl die getuienis onteenseglik is dat die oorledene se winkel 'n sportwinkel was. (In sy latere verklaring aan kap't Kleyn verwys beskuldigde 3 wel na 'n sportwinkel, maar dat die betrokke winkel 'n sportwinkel was blyk duidelik uit die waarskuwing wat deel vorm van die aanhef tot sy verklaring). Volgens die bekentenis was die
enigste /
29 enigste plek waar die oorledene geslaan is (onder
andere
met 'n paal oor sy kop) die latrine (toilet). Afgesien van die vraag
of daar ruimte in die latrine was vir 'n aanranding soos deur
beskuldigde 3
beskryf, kon die oorledene nie vir die eerste keer in die latrine geslaan gewees
het nie, want volgens die objektiewe
waarnemings en feite moes hy reeds in -die
winkel en die klein vertrek geslaan gewees het - ernstig ook te oordeel aan die
hoeveelheid
bloed wat gevind is. Verder beklemtoon beskuldigde 3 dat daar nie 'n
tou om die oorledene se nek vasgemaak is nie terwyl dit 'n onbetwisbare
feit is
dat daar 'n tou styf om sy nek vasgebind was. Daar is ook 'n verdere belangrike
oorweging. Vroeër is daarop gewys dat
identifiseerbare vinger- en
palmafdrukke op die latrinedeur gevind is wat alleenlik afkomstig kon wees
van
een of /
30
een of meer van die oorledene se aanvallers. Volgens beskuldigde 3 se
bekentenis was net die vier beskuldigdes betrokke by die oorledene
se dood. Dog
die vinger- en palm= afdrukke was nie dié van enige van hulle nie 'n
verdere aan= duiding dat beskuldigde 3 se
bekentenis vals is of kan wees.
Gevolglik behoort die verhoorhof nie staat te gemaak het op die inhoud van
beskuldigde 3 se bekentenis
nie (vgl S v Kumalo (supra) op 383 F -
384 A). Aangesien daar nie ander voldoende getuienis is om beskuldigde 3 met die
oorledene se dood te verbind nie moes
hy gevolglik onskuldig bevind gewees
het.
Daar bly net die geval van beskuldigde 2 oor. Dit is gemene saak dat die Staat moes bewys dat sy bekentenis aan kapt Knipe vrywillig gemaak is. Volgens kapt Kleyn se
getuienis /
31
getuienis tydens die verhoor-binne-h-verhoor is beskuldigde
2 vroeg die oggend van 31 Augustus 1984 gearresteer. Hy
het aanvanklik
alle betrokkenheid by die moord ontken.
Daardie aand is hy saam met sy broer (beskuldigde 4) in 'n sel
toegesluit. Laasgenoemde het toe alreeds 'n bekentenis aan
mnr Theron afgelê. Op 2 September ('n Sondag) het kapt Kleyn
hom in die oggend gespreek. Hy het by hom verneem of sy broer
hom vertel het dat hy 'n verklaring in verbahd met die moord
gemaak het. Beskuldigde 2 het bevestigend geantwoord en gevra
of hy die verklaring kon sien. Kapt Kleyn het dit toe aan hom
voorgelees. Daarna het beskuldigde 2 ingewillig om 'n verklaring af te lê. Omdat daar nie 'n landdros vir dié doel beskikbaar was nie is daar met kapt Knipe gereël om 'n verklaring van
beskuldigde /
32
beskuldigde 2 te neem. Onder kruisondervraging het kapt Kleyn ontken dat beskuldigde 2 ooit aangerand was om 'n verklaring af te lê.
Dit blyk duidelik uit kapt Knipe se getuienis dat hy baie versigtig en deeglik te werke gegaan het met die afneem van beskuldigde 2 se verklaring, en kan daar hoegenaamd geen kritiek teenoor sy optrede of getuienis uitgespreek word nie. Beskuldigde 2 het teenoor kapt Knipe ontken dat hy aangerand was om 'n verklaring te maak. Toe kapt Knipe hom ondersoek het om
vas te stel of hy enige beserings het, het hy 'n oopwond met 'n
kneusing op beskuldigde 2 se regterheup gevind. Sy verduide= liking hiervoor was dat hy die besering opgedoen het toe hy van die toiletbak in sy sel geval het. Nadat hy beskuldigde 2 se
verklaring /
33 verklaring geneem het, het kapt Knipe opdrag gegee dat
hy na 'n geneesheer geneem moet word vir 'n mediese ondersoek. Kapt Knipe
was
blykbaar die mening toegedaan dat die wond nie baie vars was nie, maar hy het
geredelik toegegee dat as leek hy dit nie met sekerheid
kon sê nie. Dit
blyk juis een van die redes te gewees het waarom hy gelas het dat beskuldigde 2
deur 'n
geneesheer ondersoek moet word. Dr Pepler het 'n uiters onbe= vredigende en oppervlakkige ondersoek uitgevóer en daarna geser= tifiseer "dat ek Pieter van Collen ondersoek en uitgevra het aangaande sy vrywillige verklaring, wat hy reeds geteken het, en dat daar geen tekens of getuienis is van beinvloeding sover sy verklaring aangaan nie". Hy het nie beskuldigde 2 vir beserings ondersoek nie, dus nie die wond op sy regterheup gesien nie en kon gevolglik nie getuig hoe oud die wond was nie.
Dr Pepler /
34
Dr Pepler se getuienis is van nul en gener waarde by die uit= eindelike
vraag of beskuldigde 2 se verklaring vrywillig gemaak is.
Beskuldigde 2 het self nie getuienis tydens die verhoor-binne-h-verhoor afgelê nie. Die verhoorregter het bevind dat die Staat 'n sterk prima facie saak uitgemaak het dat beskuldigde 2 se bekentenis aan kapt Knipe vrywillig gedoen is, wat nie deur beskuldigde 2 weerlê is nie. Gevolglik is die bekentenis toegelaat as synde vrywillig gedoen.
Later het beskuldigde 2 wel in sy verdediging getuig. Hy het alle kennis van die moord ontken. Hy het toe beweer dat sy bekentenis aan kapt Knipe gedoen is as gevolg daarvan dat sers Gagiano hom aangerand het o a deur hom te skop en 'n nat sak oor sy kop te plaas. In die loop van dié aan=
randing /
35
randing het hy die besering op sy regterheup opgedoen. In die lig van
hierdie getuienis was dit die plig van die verhoorregter om
sy beslissing
rakende die vrywilligheid van beskuldigde 2 se getuienis in heroorweging te
neem, en desnoods te verander (S v Mkwanazi 1966(1) SA 736 (A) op 742 'n
tot 743 A) In sy uitspraak op die meriete vind die verhoorregter beskuldigde 2
skuldig aan moord sonder
om aanvanklik verdere aandag aan hierdie aspek te
skenk. Eers daarna noem hy dat beskuldigde 2 se getuienis nie twyfel gewerp het
oor sy beslissing dat beskul= digde 2 se bekentenis vrywillig gedoen is nie, en
verstrek dan sekere redes vir sy gevolgtrekking.
Wat die verhoorregter egter nie
gedoen het nie was om die vraag of die Staat bo alle redelike twyfel bewys het
dat beskuldigde 2
se bekentenis vry=
willig /
36 willig gedoen is, te beoordeel aan die hand van die
kumulatiewe getuienis m a w teen die geheelbeeld van al die getuienis in die
saak. Sy versuim in die verband kom op 'n mistasting neer. Mnr Maritz, wat
namens beskuldigde 2 ook 'n bekwame betoog aan ons voorgelê
het, het
aangevoer dat as daar gelet word op die geheelbeeld van die getuienis die
vereisde bewys van vrywilligheid ontbreek. Na
my mening moet hy gelyk gegee
word. Die faktore wat o a in dié verband op gelet moet word, is die
volgende:.-
(a) Die inherente onwaarskynlikheid dat al vier beskuldigdes, geharde misdadigers, na so 'n lang tydsverloop sedert die moord, en na hulle aanvanklike ontkennings van aandadigheid ewe skielik en om geen logiese of oortuigende rede nie bekentenisse sou doen - wat boonop die enigste getuienis teen hulle sou wees; (b) Die feit dat al vier beskuldigdes beweer het dat hulle aangerand was of onder dwang geplaas is om te beken; dat dit gemene saak is dat
een /
37
een van hulle (beskuldigde 4) op een tydstip teenoor mnr Joubert gekla het dat
hy aangerand was; dat daar twyfel ontstaan of beskuldigde 3 nie insgelyks teenoor 'n
landdros op Parow gekla het nie; en dat verskeie beskuldigdes in,elk geval tydens die artikel 119 verrigtinge gekla het dat hulle aangerand was;
(c) Die bevinding deur die verhoorregter dat
beskuldigde 4 se bekentenis nie vrywillig
gedoen is nie;
(d) Die feit dat beskuldigde 1 en beskuldigde 3
se bekentenisse nie met die objektiewe bepaal= bare feite strook nie en dus moontlik vals is of kan wees wat op die oog af nie strook met
'n gevolgtrekking dat hulle vrywillig gedoen is nie;
(e) Die besering op beskuldigde 2 se regterheup
wat met sy bewering dat hy aangerand is stroom
in die afwesigheid van mediese getuienis tot
die teendeel;
(f) Dat die getuienis van kapt Kleyn nie in alle
opsigte bo kritiek verhewe is nie.
Bygevolg /
38
Bygevolg bestaan daar myns insiens 'n redelike twyfel dat beskuldigde 2
se verklaring nie vrywillig gedoen is nie, en moes dit nie
toegelaat gewees het
nie. Aangesien daar geen ander getuienis is om beskuldigde 2 met die oorledene
se moord te verbind nie, kan
sy skuldigbevinding nie bly staan nie.
Die appèl van albei appellante word gehandhaaf, en hulle skuldigbevindings en vonnisse word tersyde gestel.
J W SMALBERGER APPèLREGTER
JOUBERT, AR )
) STEM SAAM KUMLEBEN, Wn AR)