South Africa: Supreme Court of Appeal Support SAFLII

You are here:  SAFLII >> Databases >> South Africa: Supreme Court of Appeal >> 1987 >> [1987] ZASCA 30

| Noteup | LawCite

S v Dlamini (298/85) [1987] ZASCA 30 (27 March 1987)

Download original files

PDF format

RTF format


JEREMIAH DLAMINI

en

DIE STAAT

VIVIER AR.
Saak nr 298/85 MC

Saak nr 298/85 MC

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA

APPèLAFDELING)

Tussen:

JEREMIAH DLAMINI
Appellant

- en -
DIE STAAT
Respondent


Coram:
RABIE HR et JANSEN, VIVIER ARR


Verhoor
23 Maart 1987.


Gelewer:

27 Maart 1987.


UITSPRAAK

VIVIER /
2. VIVIER AR:.-

Die appellant is in die streekhof op

Kempton Park aan diefstal van 'n motorvoertuig skuldig bevind en gevonnis tot vier jaar gevangenisstraf, waarvan. een jaar op sekere voorwaardes opgeskort is. Sy broer, wat saam met hom as beskuldigde 2 verskyn het, is onskul= dig bevind en ontslaan. Die appellant se appèl teen die skuldigbevinding en vonnis na die Transvaalse Provinsiale Afdeling het misluk en met verlof van hierdie Hof kom die appellant in hoër beroep teen sy skuldigbe= vinding alleen.

By die verhoor in die streekhof het Barend

Nicholaas Brits, eienaar van 'n 1970 model Cortina GT, getuig dat hy sy voertuig

die

3.

die oggend van 23 Junie 1981 by Birchleigh-spoorwegstasie

parkeer en dit later dieselfde dag vermis het.Op

5 Januarie 1982 is hy deur die polisie na Tembisa-

polisiestasie ontbied waar hy sy voertuig aangetref het.

Hoewel die registrasienommer en kleur verander is, het hy

sy voertuig aan 'n aantal ander kenmerke uitgeken. Dit

was nie in geskil by die verhoor dat dié voertuig Brits

se gesteelde voertuig was nie. Dit was verder nie in

geskil dat dié voertuig vroeër op 5 Januarie 1982 deur

speurder-konstabel Ezekial Seema in appellant se besit

gevind is nie. Seema se getuienis was dat appellant

aanvanklik te kenne gegee het dat hy die voertuig wat in

sy besit gevind is, van ene Bridge gekoop het en dat hy

die nodige registrasie-dokumente het om dit te bewys

Later /

4.

Later het appellant egter aan hom gesê dat sy eie voertuig

deur beskuldigde 2 beskadig is en dat lg toe die voertuig

wat in sy besit gevind is, na hom gebring het.

Die appellant se getuienis by die verhoor was dat hy

gedurende April 1979 'n 1969 model Cortina van ene

Bridge gekoop en dit in sy naam geregistreer het.

Die registrasienommer was CDZ365T. Gedurende Junie 1981

het hy die voertuig aan beskuldigde 2 geleen en later

dieselfde dag het lg hom die slegte tyding gebring dat

die hele linkerkant van die voertuig ernstig beskadig is

in 'n botsing. Beskuldigde 2 het onderneem om die voertuig

op sy koste te laat regmaak. Appellant moes lank wag

vir sy motor, maar beskuldigde 2 het verduidelik dat hy

eers die herstelkoste moes afbetaal.Uiteindelik, op

31 /

5.

31 Desember 1981, het beskuldigde 2 'n Cortina daar

gebring wat hy aanvaar het sy eie motor was. Die

nommerplate was dié van sy eie motor, die sleutels was

aan dieselfde sleutelhouer en die bakwerk was soos dié

van sy eie motor. Die kleur was nou wel 'n dieper groen

as voorheen, maar beskuldigde 2 het verduidelik dat dit,

as gevolg van die herstelwerk, nodig was om die hele

voertuig nuut te spuitverf. Die appellant se getuienis

was dat hy dadelik die voertuig van buite goed nagegaan

het om te sien of die herstelwerk behoorlik gedoen is,

maar dat hy eers op 5 Januarie 1982 in die voertuig

geklim het toe hy dit na die erf langsaam bestuur het om

dit daar te gaan was. Selfs toe het hy nie onraad

gemerk /

6.

gemerk nie. Hy het net begin om die motor te was toe die polisie daar opdaag. Konstabel Seema het aan hom gesê dat dit 'n gesteelde voertuig is en hom gevra om die enjinkap oop te maak. Toe het hy vir die eerste keer besef dat dit nie sy voertuig is nie. Die appellant het volgehou dat die binnekant van die twee voertuie, selfs die paneelborde, dieselfde lyk en dat hy geen verskil kon bemerk nie. Die appellant se suggestie was dus dat, sonder dat hy daarvan bewus was, die gesteelde voertuig, instede van sy eie voertuig, deur beskuldigde 2 op 31 Desember 1981 teruggebring is. In kruisverhoor het beskuldigde 2 uitdruklik aan die appellant gestel dat hy

een en dieselfde voertuig van hom geleen en aan hom terug=

besorg het, waarop die appellant die volgende erkenning

gemaak het:-

"Ja /

7. "Ja Edelagbare, ek stem saam, beskuldigde 2 het my

eie voertuig teruggebring."Appellant se getuienis dat die binnekant van

die twee voertuie eenders lyk, is moeilik te versoen met die getuienis van Bridge, wat deur die streeklanddros geroep is, dat die paneelbord van die motor wat hy aan die appellant verkoop het, heeltemal verskillend is van dié van die gesteelde voertuig, wat hy by die polisie-stasie besigtig het. Bridge het verder getuig dat

eersgenoemde voertuig 'n 1300 model was terwyl lg 'n GT model was. Hierdie getuienis is nie deur die appellant se regsverteen= woordiger by die verhoor betwis nie.

Die oorkonde van die verhoor in die streekhof

bevat slegs die eerste paar sinne van beskuldigde 2 se getuienis, waar hy sê dat hy die appellant se voertuig geleen en, vergesel van ene Patrick Shabalala, tot by

sekere

8.

sekere winkels gery het. Sy getuienis word dan deur

die streeklanddros onderbreek wat aandui dat die hof

Bridge as 'n getuie wil roep.Die saak is daarna uitgestel

en na die hervatting het Bridge getuig. Daar is

geen aanduiding in die oorkonde dat beskuldigde 2 sy

getuienis hervat het nie. Die partye was dit egter

voor ons eens dat beskuldigde 2 inderdaad sy getuienis

in hoof en onder kruisverhoor voltooi het, maar dat dit

weens 'n fout met die opneem-toestel, nie opgeneem is nie

Voor die verhoor van die appèl deur die Hof

a guo het die klerk van die streekhof sonder sukses

gepoog om sekondêre getuienis van die verlore oorkonde

te bekom. Die uitspraak van die streeklanddros bevat

die volgende opsomming van beskuldigde 2 se getuienis :-

Beskuldigde /

9.

"Beskuldigde nommer 2 het daarna getuienis afgelê dat hy beskuldigde nommer 1 se voertuig by hom geleen het, hy was saam met ene Patrick. Patrick het die voertuig bestuur en daar was toe 'n botsing en hy en Patrick het ooreengekom om die voertuig te herstel. Uiteindelik het dit R500-00 gekos om die voertuig reg te maak en hy en Patrick het elkeen R250-00 betaal. Op vrae van die Staatsaanklaer sê hy dat die groen Cortina voertuig wat nou hier by die polisiestasie staan, is die voertuig wat hy by beskuldigde nommer 1 geleen het en dit is dieselfde voertuig wat hy terugbesorg het. Hy was nie heel tyd teenwoordig toe die voertuig herstel is nie. Hy sê hy het ook nie onmiddellik nadat die voertuig reggemaak is, dit na beskuldigde nommer 1 teruggeneem nie, hy skep die indruk dat hulle dit eers vir 'n ruk gehou het en toe na beskuldigde nommer 1 geneem het."

In sy uitspraak het die streeklanddros bevind

dat beskuldigde 2 een en dieselfde voertuig van die

appellant geleen en teruggebring het en dat dit die

gesteelde
10. gesteelde voertuig was. Die getuienis van die appellant

tot die teendeel, is as leuenagtig en onwaarskynlik verwerp en dié van beskuldigde 2, dat dit dieselfde voertuig was wat hy geleen en teruggeneem het, is aanvaar. Die uitspraak van die streeklanddros bevat verskeie verwysings na beskuldigde 2 se getuienis en daar is geen aanduiding hoegenaamd in die uitspraak dat beskuldigde 2 op enige wyse afgewyk het van wat hy aan die appellant in kruisverhoor gestel het of wat in die bo-aangehaalde opsomming van sy getuienis verskyn nie. In sy redes vir uitspraak bevestig die streeklanddros dat die bo-aangehaalde opsomming die kern van beskuldigde 2 se getuienis bevat. Mnr van Vuuren, wat namens die appellant voor ons verskyn het, het geredelik toegegee dat, indien die

appellant /

11.

appellant se erkenning korrek is dat dieselfde voertuig

geleen en teruggegee is, hy tereg skuldig bevind is.

Mnr Van Vuuren het egter betoog dat daar 'n redelike

moontlikheid bestaan dat die voertuig wat die appellant

aan beskuldigde 2 geleen het, dié is wat hy van Bridge

gekoop het, dat óf beskuldigde 2 òf Patrick Shabalala dit

met die gesteelde voertuig vervang het en dat die appel=

lant onder die waan verkeer het dat hy sy eie voertuig

teruggekry het. Hy het betoog dat hierdie moontlikheid,

en die streeklanddros se bevindings daaromtrent, nie

behoorlik op appel oorweeg kan word sonder die volledige

oorkonde van beskuldigde 2 se getuienis nie, en dat die

appel gevolglik gehandhaaf moet word. Die basis vir

mnr Van Vuuren se betoog is dat beskuldigde 2,volgens

hom /

12.
hom, in sy getuienis moontlik iets kon gese het wat twyfel werp op die. korrektheid van die appellant se erkenning, maar dat dit die streeklanddros ontglip het-Na my mening is dit in die omstandighede van hierdie saak heeltemal onrealisties en onwaarskynlik dat beskuldigde 2 enigiets sou gesê het wat twyfel werp op die stelling wat hy in kruisverhoor aan die appellant gemaak het. Dit is net so onwaarskynlik dat die streeklanddros dit nie in sy uitspraak sou genoem het nie. Beskuldigde 2 se verweer was juis dat hy een en dieselfde voertuig geleen en teruggegee het en dat hy geen kennis dra van die gesteelde voertuig nie. Dit het hy aan die appellant gestel en so het hy getuig, volgens die streeklanddros,

wat sy getuienis aanvaar en hom onskuldig bevind het.

in /

13.

In die lig van die appellant se erkenning dat sy eie voertuig

teruggebring is, sou mens nie verwag dat sy regsver=

teenwoordiger beskuldigde 2 se ooreenstemmende getuienis

onder kruisverhoor in twyfel sou trek nie, en indien

beskuldigde 2 van sy stelling aan die appellant sou afgewyk

het, sou lg se regsverteenwoordiger dit stellig daar en

dan reggestel het. Na my mening is die moontlikheid.

deur mnr Van Vuuren geopper, so vergesog dat dit met

veiligheid geignoreer kan word.In elk geval vind ek

dit moeilik om te sien hoedat enigiets wat beskuldigde 2

in sy getuienis gesê het, afbreuk kan doen aan die uit=

druklike erkenning van die appellant dat sy eie voertuig

deur beskuldigde 2 na hom teruggebring is. Na my mening

bestaan daar geen rede om te dink dat appellant se

erkenning /

14.
erkenning dat dieselfde voertuig geleen en teruggebring is, nie korrek is nie. Hy is tereg, op grond van sy eie erkenning, skuldig bevind.

Selfs indien argumentshalwe aanvaar word dat appellant sy eie voertuig aan beskuldigde 2 geleen en die gesteelde voertuig op 31 Desember 1981 teruggekry het, is dit duidelik dat hy moes geweet het dat die voertuig nie sy eie is nie maar dat dit aan iemand anders behoort. Sy getuienis dat hy die aand toe beskuldigde 2 die voertuig teruggebring het, slegs die voertuig van buite beskou en nie dadelik daarmee gery het of ten minste vasgestel het of die enjin nog in behoorlike werkende toestand is nie, is nie wat mens van 'n eienaar van 'n voertuig onder soortgelyke omstandighede sou verwag nie. Sy verdere getuienis

dat

15

dat, selfs toe hy op 5 Januarie 1982 die voertuig bestuur

het, hy geen verskil opgemerk het nie, is onaanvaarbaar.

volgens die appellant het hy eers besef dat die voertuig

wat beskuldigde 2 teruggebring het, nie sy eie is nie,

toe hy op Seema se bevel die enjinkap oopgemaak het

Mens sou verwag dat hy dadelik aan Seema sou gesê het dat

sy eie voertuig deur beskuldigde 2 beskadig is en dat hy

die gesteelde voertuig van beskuldigde 2 ontvang het.

Instede daarvan gee hy 'n valse verduideliking aan die

polisie dat hy wel die eienaar van die voertuig is en dat

hy die nodige registrasie-dokumente van die voertuig besit

Uit die appellant se eie getuienis en optrede is die

gevolgtrekking onafwendbaar dat hy geweet het dat die

voertuig wat beskuldigde 2 teruggebring het, nie dié

is wat /....

16.

is wat hy van Bridge gekoop het nie maar dat dit aan

iemand anders behoort. Oók op hierdie basis is hy

tereg aan diefstal skuldig bevind

Die appèl word afgewys.

W. VIVIER AR.

RABIE HR)

Stem saam. JANSEN AR )