South Africa: Supreme Court of Appeal

You are here:
SAFLII >>
Databases >>
South Africa: Supreme Court of Appeal >>
1987 >>
[1987] ZASCA 36
| Noteup
| LawCite
S v Morris (37/87) [1987] ZASCA 36 (31 March 1987)
Download original files |
4
BRIAN ARTHUR MORRIS Appellant
en
DIE STAAT Respondent
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(APPÉLAFDELING)
In die saak tussen:
BRIAN ARTHUR MORRIS Appellant
en
DIE STAAT Respondent
Coram: VILJOEN, HOEXTER, ARR et BOSHOFF, Wn AR
Verhoorr 23 Maart 1987
Selewer: 31 Maart
UITSPRAAK
BOSHOFF, Wn AR:
Die appellant, 'n polisie-reservis, is in
'n streekhof skuldig bevind dat hy op 26 Februarie 1983
in /2
-2-
Port Elizabeth vir Elmarie Immelman, hierna genoem die
klaagster, verkrag het. Sedert die pleeg van hierdie
misdaad, naamlik op 8 Desember 1983 is hy skuldig bevind
in 'n ander hof aan 'n poging om te verkxag en aan die mis-
daad van besit van pornografiese materiaal. Ten opsigte
van die poging is hy gevonnis tot R500 of 5 maande ge-
vangenisstraf en ook 15 maande gevangenisstraf wat voor-
waardelik opgeskort is. Ten opsigte van die besit van
pornografiese materiaal is hy gevonnis tot R200 of 2
maande gevangenisstraf. Met die oplegging van straf
in die verkragtingsaak het die streeklanddros, in navolg-
ing van die gesag van R v Zonele and Others 1959(3) SA
319 (A), die laasgenoemde veroordelings in aanmerking-
geneem /3
3
geneem en die appellant gevonnis tot 5 jaar gevangenisstraf
Die appellant het sonder welslae teen beide sy
skuldigbevinding en die straf wat opgelê is, geappelleer
na die Oos-Kaapse Afdeling. Hy kom nou met toestemming
in hoër beroep na hierdie hof.
Mnr Kilian namens die appellant gee toe dat die
verhoorhof 'n volledige en goed gemotiveerde uitspraak
in die saak gegee het,bewus was van die tersaaklike regs-
beginsels en dit korrek toegepas het. Hy gee verder
toe dat hy nie kan aanvoer dat die verhoorhof homself
enigsins wanvoorgelig het of misgetas het nie.Sy betoog
kom in hoofsaak daarop neer dar die appellant se getuienis
redelik /4
4
redelik moontlik waar is en dat die verhoorhof nie geregverdig
was om, met die opweging van die klaagster se getuienis
teen die appellant se getuienis, te bevind dat klaagster
se getuienis van groter intrinsieke waarde is nie. Sy
aanval teen die skuldigbevinding kom daarop neer dat die
klaagster se getuienis nie betroubaar is nie en dat die
appellant se getuienis onder die omstandighede redelik
moontlik waar is. Sy aanval teen die straf is slegs dat dit
buitensporig swaar is
Die staat se saak kom in breë trekke op die
volgende neer. Die klaagster, 'n negentienjarige student,
was /4(a)
-4(a)-
was op Saterdagaand, 26 Februarie 1983, saam met
haar
kêrel, Johan Labuschagne 'n twee-en-twintig jarige lid van die
weermag, op 'n jooldans by die Universiteit. Sy het
by Melodi, een van die universiteitskoshuise, ingewoon
en moes voor 01h00 die Sondagoggend by die koshuis terug
wees omdat die deure van die koshuis daardie tyd gesluit
word.Ongeveer 00h15 na afloop van die dans en op pad
terug na die koshuis het Johan met sy motorkar eers by
die Hugo's padkafee, ook bekend as "Flat Rock Roadhouse
afgedraai en amper op die laaste parkeerplek teenaan die
see stilgehou om daar 'n bietjie met die klaagster te vry.
Hy het die rugleuning van die klaagster se sitplek afge—
slaan en was net besig om met haar geslagsgemeenskap te
hê /5
-5-
hê toe iemand met 'n flits teen die ruit aan die bestuurder se
kant en binne in die motorkar lig en vra wie daar binne is. Die
ruite was
toegewasem en nie heeltemal deursigtig nie. Klaagstier het gedink dat dit
kwajongens was en vir Johan gesê om gou
weg te ry. Johan het dit gedoen en
in die rigting van die koshuis gery. Op pad het klaagster gemerk dat 'n motorkar
hulle agtervolg
en Johan her toe van die pad in 'n grondpad na Kaap Receife af
gedraai, die motorkar se ligte afgeskakel en stilgehou. Die motorkar
wat hulle
agtervolg het, het langs hulle motorkar stilgehou en twee persone in uniform het
uitge-klim. Johan het ook uitgeklim. Een van hierdie per-sone wat in
uniform was, en wat later geblyk het die
appellant ./6
6
áppellant te wees, het na die klaagster gekom en het by
die bestuurder se sitplek gekniel en haar naam en adres
gevra. Sy was ontsteld en het gehuil en wou dit eers nie
gee nie maar na Johan gesê het sy moet dit gee, het sy dit
wel gedoen en haar huisadres gegee. Sy het hom ook gesê
dat sy 'n inwoner in 'n koshuis is en net naweke huis toe
gaan. Hy het die besonderhede in 'n boekie geskryf
gevra wat haar ma hulle daarvan son dink as hy haar nou
dié tyd van die nag moet huis toe bring en aan hulle vertel
wat tussen haar en Johan gebeur het. Hy het 'n uniform
aangehad en klaagster was heeltemal onseker oor wat hy
met haar gaan doen en oor wat hy gemagtig was om te doen.
Omdat Johan gepraat het, het die appellant
vir /7
7
vir die ander polisie-reservis, sekere Clark, gesê om
vir Johan 'n entjie weg te neem. Hulle twee is toe na
die oorkant van die pad omtrent 9 meter van die klaagster
en appellant af weg en die polisiemotor was toe tussen
hulle en die klaagster en die appellant by Johan se motorkar.
Appellant het gesê dat hy moet toets of
daar saadselle in die klaagster is. Hy her sy hand
voor by haar broek ingesteek en haar bene van mekaar af
probeer forseer. Omdat sy haar teëgesit het, het hy
gesê dat hy 'n polisieman is en die reg het om die toets
uit te voer en dat dit die manier is hoe hulle vasstel
of daar wel saadselle is. Klaagster het gedink dit klink
bietjie belaglik en het getwyfel of so 'n tipe toets
korrek......7(a)
7(a)
korrek kon wees. Sy was egter te skaam om vir
Johan of
Clark te vra of die appellant geregtig is om so 'n toets
uit te voer. Hulle was ook 'n entjie weg van haar af.
Hy het nogtans sy vinger in haar privaatdeel geforseer
aan sy vinger geruik en gesê dat daar wel saadselle is
en dat hy haar na haar ouerhuis gaan neem.Klaagster
het daarop gesê dat haar ouers nie daarvan sal hou dat
sy en Johan met die polisie daar aankom nie en hom dringend
versoek om haar eerder na die koshuis te neem want die
deure sou oor sowat 'n kwartier of tien minute toemaak
en sy sou daar betyds
kon /8
8
kon wees. Appellant was bereid om dit te doen maar
klaagster moes vir Johan sê dat appellant haar na haar
ma-hulle toe neem. Appellant het haar belowe om haar
veilig by die koshuis te besorg en gesê sy moet in die
polisiemotor klim. Appellant en Clark het eenkant gaan
staan en met mekaar gepraat en dit het later geblyk
dat appellant aan Clark opdrag gegee het om saam
mer Johan in sy motorkar na "Five Ways", sowat 16km
daarvandaan te gaan en daar vir hom te wag. Op pad na
die polisiemotor het. Johan vir klaagster gesê "iets is
nie lekker nie" sy moet liewer saam met hom in sy motorkar
na die koshuis terugkeer. Klaagster wou nie in stryd
met die polisiegesag handel nie en het in die polisie-
motor. /9
-9-
motor geklim. Johan het vir appellant gevra of hy nie
self vir die klaagster kan wegneem nie. Appellant het
vir Johan gevra om stil te bly en in kru taal gesê dat
hy klaar in die moeilikheid is.
Appellant het in die polisiemotor geklim om
weg te ry maar gesien dat Johan nie sy motorkar aan die
gang kon kry nie. Die klaagster het vir die appellant
gevra of hy nie asseblief sal ry nie aangesien die tyd
uitloop en sy laat by die koshuis sal kom. Appellant
het geantwoord dat hy eers wil sien of Johan en Clark
regkom. Johan het sy motorkar aan die gang gekry en
weggery. Dit was ongeveer 00h55 en appellant
het verder in die bos ingery in die rigting van die see.
Ongeveer /10
-10-
Ongeveer 200 treë in die bos in het hulle twee of drie
mense by 'n motorfiets teëgekom en appellant het toe
dadelik omgedraai en teruggekeer na die grondpad waar
Johan vroeër. die nag afgedraai het. Hy het in die groot-
pad ingedraai en in die rigting van die Oniversiteit
gery. Hy het by die Universiteitsgronde ingedraai en in
die rigting van die hoofgebou en die biblioteek gery.
By die pad na die sportkompleks en die koshuise het hy af-
gedraai en vir klaagster gevra wat die bosse aan hulle reg-
terkant is. Klaagster het verduidelik dat dit nie 'n ge-
bied is wat gebruik word nie en dar daar net 'n paadjie
is wat deur die Technikon-studente as 'n kortpad gebruik
word na die koshuise toe. Klaagster het die opmerking
gemaak dat dit amper een-uur is en dat hulle dit nog
kon /11
-11-
kon maak an betyds by die koshuis te wees. Appellant het
skielik uit die pad geswaai, oor die randsteen gery en ín die rigting
van die bosse beweeg. Klaagster het eers gedink dat hy kortpad
nesn om haar vinnig by die koshuis te kry of selfs dat hy miskien
iets wat verkeerd was qpgelet het en wou sien wat daar aangaan.
Daar was net 'n voetpaadjie en hy kon nie verder in die bos in nie
het stilgehou. Dit was toe angeweer 0lh05 Klaagster het
waarom hy daar stilhou nie. Appellant sê toe vir klaagster
om haar klere uit te trek of hy neem haar na haar ma-hulle toe waarop
klaagster geantwoord het dat sy dan aan haar pa sal vertel
appellant haar gedreig het. Appellant wou van haar weet
wie hulle sal glo, die polisie of vir haar. Daarna het die appel-
lant aan haar gesê om nie bekommerd te wees nie want hy sal haar
nie verwagtend maak nie en die rugleuning van die klaagster se
sitplek /12
-12-
sitplek teruggeslaan sodat sy agteroor lê en hy het bo-oar haar gaan
Hy het ondanks haar weerstand die halternek van haar eenstuk
broekpak los geforseer en haar broek afgeforseer. Sy was bewus
daarvan dat hy 'n vuurwapen by hom gehad het en was bang om te
weerstand te bied. Hy het sy broek lasgemaak en her—
haaldelik probeer om met haar gemeenskap te hê Sy
het elke keer daarin geslaag om hom met haar hande weg
te keer totdat hy uiteindelik dit tog reggekry het om
haar te penetreer. Sy het seergekry en dadelik geskree.
Hy het haar onmiddellik gelos en by die deur aan haar kant
van die motorkar uitgeklim. Klaagster weet nie of hy
saad gestort het nie. Sy het gestaan met sy hande
of meer by sy middellyf en die gedagte het by haar opgekom
dat /13
-13-
dat hy sy hande miskien by sy vuurwapen het. Sy vra hom toe wat
hy nou gaan doen en hy antwoord dat hy hom net afvee. Hy het om-
gestap na die bestuurder se kant toe en vir klaagster, wat besig
vas an haar klere op te trek, gesê om klaar aan te trek. Hy het
daarna vinnig na die koshuis gery en naby die voordeur van die
koshuis stilgehou. Dit was toe ongeveer 01h30 en. teen daardie
tyd was die deure van die koshuis al lankal toegesluit. Klaagster
het aan appellant vertel dat sy 'n boete sal moet betaal omdat sy laat
is. Sy wou die primaria van die koshuis bel an haar te vra om
die voordeur vir haar oop te sluit maar het nie enige geld by haar
gehad nie. Sy het gevolglik vir die appellant gevra of hy nie vir
haar 10c vir die telefoon her nie. Toe hy sê hy het
nie 10c nie het die klaagster hom vir 20c gevra. Dit
het /14
-14-
het hy ook nie gehad nie. Hy het haar gevra of sy sal
regkom. Klaagster het gesê ja en dadelik uit die motor-
kar geklim en weggehardloop, Die appellant het ook
dadelik weggery. Die voordeur was gesluit en klaagster
het na die agterkant van die koshuis gehardloop waar haar
kamervenster is en na haar kamermaat geroep. Haar kamer-
maat was daardie tyd in die badkamer en haar vriendin
Sona du Plessis wat die kamer net langsaan die klaagster
het, het haar hoor roep en na die venster gekom en haar
gevra wat sy daar soek. Sona het na die voordeur gekom
en klaagster het verduidelik dat die polisie
haar van Jonan weggeneem het en gevra dat sy die voordeur—
sleutel moet kry en haar inlaat. Erica van Tonder het
toe ../15
-15-
toe opgedaag met 'n sleutel en die voordeur vir klaagster
oopgesluit.
Op daardie stadium was die klaagster verskrik
en het gehuil.Volgens haar het sy nie geweet wat
met haar gaan gebeur nie. Haar vriendinne wou almal
tegelyk weet wat met haar gebeur het. Klaagster het
op die toonbank voor in die koshuis gaan sit en toe
was sy nie in staat om enigiets aan bulle te vertel nie-
Sy het nie geweet waar om te begin en wat om te sê nie
Phana Prinsloo, die primaria en Erica is na klaagster se
kamer toe en die klaagster en Sona het die trappe opgeloop
Hulle is saam na klaagster se kamer. Klaagster se
kamermaat Salomé du Preez was toe ook alreeds in die kamer
Klaagster /16
-16-
Klaagster het kortliks aan hulle vertel wat gebeur het
en gesê dat 'n mens kan sê dat die polisieman haar verkrag
het. Haar vriendinne het vir haar 'n kalmeerpilletjie
gegee en sy het haar slaapklere geneem en in die kleed-
kamer gaan uittrek. Haar vriendinne het by haar gebly,
totdat sy in die bed was.
Klaagster het geslaap tot ongeveer l0h00 en
haar vriendinne het vir haar kos in die kamer gebring.
Klaagster het nie geweet na wie sy moet gaan nie en of sy
die aangeleentheid moet gaan rapporteer nie. Sy was
bang om na die polisie te gaan en ook bang dat daar 'n
hofsaak sal wees as sy die aangeleentheid rapporteer
Sy was ook nie seker of die heie aangeleentheid verby
was /17
-17-
was nie omdat die appellant haar besonderhede in sy boekie
afgeneem het en sy nie geweet het of hy dit aan iemand
sal moet wys nie. Sy het die aangeleentheid aan haar
ouers gerapporteer en die middag het sy die saak by die
polisie gerapporteer.Speurder adjudant-offisier Schoeman en
haar ouers is die aand saam met haar na die distriksge-
neesheer waar sy om 21h20 deur hom ondersoek is.
Die distriksgeneesheer het geen beserings aan die klaagster gevind nie. Hy het skedesmere geneem waarop spermatozoa gevind is. Die klaagster het al op twee vorige geleenthede geslagsgemeenskap met Johan gehad en volgens beide haar en Johan het Johan die laaste
keer toe die appellant op hulle afgekom het soos vorige
kere weer 'n kondoom
aangehad /18
-18-
aangehad.Volgens Johan het hy nie ge-ejakuleer nie en
was die kondoom nog leeg en heel toe hy dit dis aand
na die gebeure in sy kamer afgehaal het.
Sona, 'n vierdejaarstudent het ook getuig ea vir
die klaagster in hoofsaak gestaaf.Sy was in 'n beter
posisie as die klaagster om die klaagster se geestestoe—
stand te beskryf.Volgens haar was die klaagster heeltemal
histreries toe sy haar by die voordeur kry. Sy het ge—
huil en het baie deurmekaar gepraat. Sy het gesê dat 'n
polisieman haar aangerand het. Toe hulle met die trappe
oploop het sy vir klaagster gevra wat presies gebeur
het waarop sy geantwoord het "jy kan maar sê hy het my
'gerape'". In die kamer het sy vreeslik gehuil en kon
sy /19
-19-
sy haar vriendinne nie vertel wat gebeur het nie. Sy
het net die heeltyd gesê dat die polisieman haar aange-
rand het en dat as 'n mens nie die gereg kan vertrou nie
wie kan jy vertrou. Sy het ook gedurig herhaal dat sy
bang was en bewus was dat hy 'n rewolwer aan sy sy gehad
het en dat hy die heeltyd aan die rewolwer gevat het
Hulle het vir die klaagster 'n kalmeerpilletjie gegee om
te drink soaat sy tot bedaring kon kom,
Die volgende oggend het die klaagster vir Sona-hulle rain of meer vertel wat gebeur het. Sy het skynbaar in breë trekke vertel wat sy in die verhoorhof getuig het en ook spesifiek gemeld dat die appellant haar in die bosse geneem het en verkrag het. Sy het toe weer
begin /20
-20-
begin huil.
Johan het ook getuig en hy staaf die klaagster
ten opsigte van die tersaaklike gebeure terwyl hulle twee
nog bymekaar was totdat die appellant die klaagster. in
die polisiemotor laat klim het. Belangrike punte in
sy getuienis is die volgende. Toe die appellant by
hora en die klaagster stilgehou het en hy uit sy motorkar
geklim het, het die appellant vir Johan gedreig om hom
toe te sluit omdat hy vir 'n polisievoertuig weggejaag
het. Clark het vir Johan van sy motorkar af weggeneem
na 'n plek oorkant die pad en skuins agter die polisie-
motorkar en aan hom gesê dat die appellant met die
klaagster wil praat. Hy het geen besonderhede van
Johan /21
-21-
Johan geneem nie en net gesê dat hy en appellant hulle
plig doen en dat alles van die appellant gaan afhang
wat hulle gaan doen. Appellant is al langer in die
diens as hy en hy is dus in beheer en gee die nodige be-
vele. Johan kon nie hoor of sien wat tussen die appellant
en klaagster in sy motorkar gebeur nie. Toe die klaagster
uit Johan se motorkar klim het die appellant vir Clark
eenkant toe geroep en met hom gepraat. Klaagster het
in die polisiemotor geklim. Johan het haar gevra om
saam met hom te ry en sy het geantwoord dat die appellant
gesê het dat sy saam met hom moet ry en dat Clark saam
met Johan moet ry. Daarna is Johan en Clark
op /22
-22-
op 'n opdrag van appellant met Johan se motorkar na
Five Ways waar hulle vir die appellant moes gaan wag het
Johan en Clark het ongeveer dertig of veertig minute
vir die appellant daar gewag. Appellant het naderhand
daar opgedaag en vir Johan gesê dat hy vir die klaagster
by die koshuis afgelaai het en dat hy moet sorg dat
soiets nie weer gebeur nie. Appellant het vir Clark
opgelaai en weggery.
Speurder adjudant-offisier Schoeman het beslag
gelê op appellant se sakboekie en geen inskrywings gekry
wat enige betrekking op hierdie besondere voorval kon gehad het nie. Heelagter op die laaste bladsy van die sakboekie is die klaagster se naam, haar huisadres, haar
ouderdom /23
-23-
ouderdom, haar geboortedatum en die telefoonnommer van
haar ouerhuis. Daar onder is 'n streep getrek en dan
verskyn daar "Melodie K2". Dit. is die klaagster se
koshuis se naam en woonstelnommer in die universiteits-
koshuis.
Volgens die speurder adjudant-offisier word
dit ingevolge staande instruksies van 'n polisieman ver-
wag om min of meer in kronologiese volgorde aantekeninge
in sy sakboekie te maak van sy bewegings en die ondersoeke
wat hy doen terwyl hy aan diens is.
In Clark se sakboekie is daar ook geen in
skrywings wat enigsins op hierdie saak betrekking kon hê
nie /24
-24-
nie.
Die appellant baseer sy verdediging slegs op
sy relaas van die gebeure vroeg op die Sondagoggend.
Die Sondagaand het hy weer op diens gegaan en toe hy by
die radiobeheerkantoor aankom het luitenant Ferreira
hosa in sy kantoor ingeroep en meegedeel dat daar 'n klag
van verkragting teen hom gelê is en die naam van 'n mej
genoem. Volgens die appellant was hy ietwat
dronkgeslaan hieroor en kon nie dink wie dit kon wees nie.
Daarna het die gebeure van die vorige nag tot hom deurge-
dring en hy het toe na die inskrywing op die agterblad
van sy sakboekie gekyk en die naam Immelman daar gesien.
In sy hoofgetuienis het hy die posisie ietwat anders
gestel /25
-25-
gestel. Hy het toe gesê dat toe die naam Immelman
genoem is, hy na sy sakboekie verwys het en die geval
van die vorige nag wel in vae herinnering gekom het.
Dit is moeilik om te glo dat selfs op sy eie weergawe
van die gebeure die nag hy so gou kon vergeet het wie
mej Immelman was as sy getuienis in gedagte gehou word dat
hy nog nie voorheen met 'n soortgelyke geval te doen gehad
het nie
In vele opsigte stem sy getuienis ooreen met
die van die klaagster en Johan behalwe dat hy ontken
dat hy die "vingertoets" op die klaagster uitgevoer
het en dat hy haar verkrag het of met haar geslagsgemeen-
skap gehad het. Sy getuienis kom kortliks op die volgende
neer /26
-26-
neer. Hy en Clark was saam op patrolliediens. By
die Flatrock padkafee het hulle twee motorkarre opgemerk
wat nie ver van mekaar af geparkeer was nie. Hulle het
besluit om die twee motorkarre na te gaan om seker te
maak of hulle nie gesteelde motorkarre was nie. Dit is
eintlik 'n klein-parkeergebied in die bos weg van die
stadsligte af. Appellant het na die een motorkar gegaan
wat later die een van Johan blyk te gewees het en met sy
flits in die motorkar ingelig.Hy kon sien dat 'n man
op 'n vrou lê en dat die vrou se bene voor op die instrumen-
tebord van die motorkar rus. Hy het toe teen die ruit
geklop en gevra dat die ruit. van die motorkar oopgemaak
word. Hy wou met die insittendes praat om vas te stel
of /27
-27-
of daar nie 'n oortreding van die ontugwet gepleeg word
nie.Die man, d w s Johan, het toe terug beweeg na die
bestuurder se sitplek toe, die motorkar aangeskakel, die
kopligte aangeskakel en teen 'n taamlike hoë spoed weggery.
Appellant was baie agterdogtig omtrent die motorkar en
het hom dadelik agterna gesit met die polisiemotorkar.
Hy het gesien dat die motorkar by die Kaap Receife-pad
indraai waar daar dik bosse is en appellant het die motor-
kar feitlik tot 'n stilstand gedwing waar die pad doodloop
deur skuins voor die motorkar in te beweeg en stil te
hou. Alhoewel die appellant gesê het dat Johan die kop-
ligte aangesit het voordat hy by die padkafee weggery het
beweer hy op hierdie stadium van sy getuienis dat Johan
die /28
-28-
die kopligte aangesit het kort voordat appellant hom
tot stilstand gedwing het. Volgens appellant het hy en
Clark uit die polisiemotor geklim en na Johan se motorkar
geloop. Johan het uit sy motorkar geklim en was nakend
en besig om sy broek aan te trek. Appellant het met sy
flits in die motorkar gelig en die klaagster gesien sit.
Sy het haar hande voor haar gesig gehad en was nakend en
het net 'n buustelyfie aangehad. Hy het vir beide Johan
en klaagster gesê om aan te trek wat hulle toe gedoen het
Toe hy met hulle praat het klaagster begin huil en gesnik.
Volgens Johan en die klaagster het Johan nie sy
broek uitgetrek toe hulle geslagsgemeenskap gehad het nie
en was sy hemp slegs voor oopgeknoop. Die klaagster
het /29
-29-
het 'n eenstuk-broekpak aangehad wat sy uitgetrek het. Toe hulle
wegry by die padkafee het Johan sy broek voor toegemaak en alleen
sy hemp was
voor op toe hy op die Kaap Receife-pad uit sy motorkar geklim het. Die klaagster
het haar broekpak dadelik aangetrek
en dit was tot by haar middellyf toe hulle
stilhou. Sy het toe die baadjie van 'n sweetpak oor haar skouers gehad. Dit is
uiters
onwaarskynlik dat hulle nie sou probeer hetom so gou as moontlik aan te
trek nie toe hulle weggery het en veral toe hulle bewus geword
het dat hulle
agtervolg word. Trouens hulle was toe ook op pad terug na die koshuis indien
hulle sou aangehou ry het en nie in die
Kaap Receifepad ingedraai het nie. Dit
is gevolglik moeilik
om /30
-30-
om te glo dat beide van hulle kaal was en veral dat Johan
kaal uit sy motorkar geklim het om met die twee polisie-
manne te praat.
Volgens appellant wou die klaagster nie haar
naam verstrek nie en het al harder begin huil toe hy
haar daarna gevra het.Johan het met hulle daar ingemeng
wat veroorsaak het dat dinge al erger word.Appellant
het gevolglik vir dark gevra om vir Johan daar weg te
neem want appellant wou inligting van die klaagster
gehad het. Op daardie stadium het appellant gesien dat
beide die klaagster en Johan blank was en vir 'n onverklaarba-
re rede wou hy juis inligting van die klaagster hê.
Geen poging is aangewend om enige inligting van Johan
te /31
-31-
te verkry nie. Sy naam is selfs nie eers gevra nie.
Volgens appellant het. hy alleen haar naam en adres gevra.
Die persoon wat so gehuil het en nie vir hom haar naam
in die eerste instansie wou gee nie het toe ewe skielik
betreklik mededeelsaam geword en aan hom vertel dat dit
die eerste keer is dat soiets met haar gebeur en dat
haar ouers heeltemal teen haar verhouding met Johan was,
dat beide sy en Johan studente aan die Universitiet van
Port Elizabeth is en ook dat Johan haar feitlik gedwing
het om met hom geslagsgemeenskap te hê en dat sy verder
niks met hom te doen wil hê nie. Appellant wou van
haar weet of sy 'n klag teen Johan wou. lê maar sy wou nie
Sy het hom ook vertel dat haar vader 'n professor by die
universiteit /32
32-
universiteit is en hy het haar gevra waarvoor sy studeer
Hy kan nie onthou of sy gesê het.dat sy vir 'n graad of
'n diploma studeer nie. Sy het hom wel vertel dat sy in
haar tweede jaar is. Hy het haar op 'n vaderlike manier
gevra wat die gevolge sal wees wat haar studies betref
as sy sou swanger raak. Sy het geantwoord dat haar
ouers haar sou verstoot en dat dit klaarpraat met haar
studies sou wees. Tydens hierdie gesprek het hy langs
die motorkar aan die bestuurder se kant op sy hurke gesit
met die flits in die een hand en sy sakboekie in die ander
hand. Hy het die besonderhede op die agterblad van sy
sakboekie geskryf ingeval sy 'n klag wou lê. Dit blyk
duidelik uit sy getuienis dat ny nie van plan was om enige
klag /33
-33-
klag teen haar te lê nie en dat sy ook nie enige klag
wou lê nie. Onder kruisverhoor het hy gesê dat hy haar
besonderhede geneem het indien iemand anders 'n klag teen
haar en Johan wou lê. Dit is net onverklaarbaar waarom
hy haar naam, adres en telefoonnommer geneem het en agter
in sy sakboekie geskryf het. Dit was duidelik nie
prosedure wat hy gevolg het in verband met enige klag
nie. Bowendien as sy 'n klag sou wou gelê het, sou
mens verwag het dat hy Johan (die moontlike aangeklaagde)
se besonderhede sou geneem het wat hy nie gedoen het
nie. Bowendien sê die appellant dat volgens die posisie
waarin hy die klaagster en Johan by die padkafee gevind
het, is dit onwaarskynlik dat Johan haar enigsins gedwing
het /34
-35-
hy oor die voorste sitplek gelê om die toets te doen
Volgens appellant het klaagster vir hom en Clark gevra om haar huis toe te neem omdat sy nie verder met. Johan iets te doen wou hê nie en sy nie wou hê dat haar ouers haar in die teenwoordigheid van Johan sien nie. Johan wou saam na haar ouers se huis gaan en op haar ver-soek het appellant vir Clark gesê om hom weg te hou van Louis Botha-laan waar haar ouers se tuiste is. Inderdaad
kon Johan nie geweet het wat klaagster en appellant
sou gesels het nie en al wat hy kon geweet het is dat sy terug na die koshuis geneem moes word. Johan wou haar self koshuis toe neem en volgens beide klaagster en Johan wou hy dit gedoen het en appellant het hom afgejak.
Dit /36
-34-
het. Die appellant kon dit nie geglo het nie
Johan en Clark was al die tyd toe hierdie ge-
sprek plaasgevind het anderkant die polisiemotorkar en
kon nie hoor wat hulle gesels het nie. Appellant weet
ook nie wat. Johan en Clark gesels het nie. Dit is on-
verklaarbaar waarom hy die ongemaklike posisie ingeneem
het om op sy hurke buite die motorkar te sit om hierdie
gesprek met klaagster te voer. Hy kon gemaklik binne
die motorkar gesit en selfs geskryf het en dit was nie
nodig om in so 'n ongemaklike posisie in sy sakboekie
te skryf soos hy self verduidelik het nie. Hy ontken
dat hy die sogenaamde "vingertoets" uitgevoer het.
Volgens klaagster was hy in die hurkende posisie en het
/35
-36-
Dit is dus onwaar dat Johan wou saam gaan na haar ouerhuis
en dat klaagster om daardie rede nie wou hê dat hy saam
gaan nie en moes weggestuur word met Clark
Met die verleentheid waarin klaagster haar
bevind het was haar ouerhuis die laaste plek waarheen
die klaagster deur polisie geneem wou wees want dit sou
haar indiskresie met Johan aan die kaak gestel het.
Dit is dus veel meer aanneemlik dat sy vir die appellant
sou gesoebat het om haar koshuis toe te neem toe hy
met bybedoelings gedreig het om haar na haar
ouerhuis te neem. Appellant het vir Clark gesê om saam
met Johan vir ham by Five Ways te gaan wag, d w s 'n hele
ent daarvandaan af. Dit het vir appellant 'n kans gegee
om /37
-37-
om vir h lang ruk met klaagster alleen en ongesteurd
te wees. Sy verduideliking dat Clark by"S-Bend" moes
gaan wag het en dat hy per abuis Five Ways in plaas van
S-bend gesê het gaan eenvoudig net nie op nie.
Waarom sou klaagster nie wou hê dat haar ouers
sien dat sy met Johan huis toe kom nie as hulle geweet
het dat sy saam met Johan na die dans was, soos wel
die geval was. Dit sou nie lank neem om klaagster dirëk
na die koshuis of haar ouerhuis te neem nie. Waarom
moes Johan so ver weggeneem word?
Volgens appellant het hy gemeen om vir klaagster
na haar ouerhuis te neem maar langs die pad het sy vir
hom /38
-38-
hom gesê dat sy in die koshuis inwoon en dat hy haar
soontoe moes neem. Hy het dit gedoen en op haar aan-
wysing voor die Melodi koshuis afgeklim. Hy ontken
dat sy hom gesê het dat sy by die koshuis inwoon toe sy
besonderhede omtrent haarself aan hom verstrek het-
Appellant kon geen bevredigende verduideliking gee
van hoe dit gekom het dat hy die naam van haar koshuis
en haar woonstelnommer agter in sy sakboekie aangeteken
het nie. Hy sê net sy het dit gegee voór die koshuis
waar hy haar afgelaai het. Daar was geen rede vir
haar om hierdie besonderhede daar aan hom te gee nie
Die enigste aanvaarbare verduideliking is dat klaagster
die waarheid praat as sy sê sy het dit saam met die ander
besonderhede..../39
-39-
besonderhede gegee.
Volgens appellant het klaagster hom vir
lOc stuk gevra om iemand te telefoneer om die voordeur
vir haar oop te maak. Hy het nie kleingeld gehad nie
en kon haar nie help nie. Hy kon haar ook nie help
met 'n 20c stuk nie. Sy het gesê sy sal wel daarin
slaag om in te kom. Ondanks die feit dat sy laat was het
sy vir hom verduidelik wat die posisie daar was. Dit
was eienaardig genoeg nie langs die pad gedoen nie.
Sy het gesê dat na 01h00 die voordeur na elke uur oopge-
sluit word deur 'n primaria om persone wat laat kom in
te laat. Daar was 'n boete as iemand laat kom en die
boete word al groter namate so iemand aanhou om
laat /40
-40-
laat te kom. Na sy dit alles aan hom vertel
het, het hy haar gevra wat die naam van haar koshuis is
Sy het net gesê Melodie K2. Hy het nie geweet wat die
K2 voor staan nie. Terwyl hy hierdie inligting in sy
sakboekie geskryf het, het sy oor na hom geleun en hom
'n piksoentjie op sy wang gegee. Sy het hom ook bedank.
dat hy haar gehelp het en die hele affêre weggehou het
van haar ouers deur hulle nie daarvan te vertel nie.
Hy het haar toe met sy plathand 'n klappie op die knie
gegee en gesê dat. sy haar nie moet bekommer nie, en dat
"sy moet mooi loop en nie weer sulke 'stupid' dinge doen
nie". Klaagster is toe uit die motorkar uit en appellant
is toe daar weg. Nadat hy ander pligte nagekom her, het
hy /41
-41-
hy vir. Clark by Johan by Five Ways gaan oplaai. Die
dinge wat sy hom sou vertel het van wat gebeur as iemand
laat kom strook nie met die feite nie. Waarom sy sou
tyd mors om hom hierdie leuens te vertel is onbegryplik.
By die verhoorhof het die advokaat van die appel-
lant toegegee dat Sona basies 'n eerlike getuie was.
Volgens haar was die klaagster histeries, sy het gehuil
en deurmekaar gepraat toe sy haar by die voordeur van
die koshuis gesien het. Hierdie toestand waarin die
klaagster was kan glad nie versoen word met haar
toestand van dankbaarheid en tevredenheid waarvan die
appellant getuig het nie. As daar niks tussen hom en
klaagster gebeur het nie en haar houding teenoor hom
slegs...42
-42-
slegs een van dankbaarheid en tevredenheid met sy optrede
teenoor haar was, dan is dit heeltemal onbegryplik waar-
om sy haarself sonder enige rede sou blootstel aan al
die publisiteit, onplesierigheid en vernedering vir
haarself en haar ouers wat volg na 'n klag van verkragting.
veral as dit noodwendig sou meebring dat die aard van
haar verhouding met Johan ook aan die kaak gestel word
Dit is veral opvallend hoedat die appellant sy
posisie as polisie-reservis gebruik het om Johan uit die
pad uit te maneuvreer om daardeur sy eie doelwit te be-
reik. Hy het geen aandag aan hom bestee nie en geen
inligting van homself ingewin nie. Dit was klaarblyklik
leuen dat hy wou verhinder dat Johan hulle na klaagster
se /43
-43-
se ouers vergesel. Dat hy Johan van die motorkar wou wegkry om alleen met klaagster te praat was ook 'n truuk want as daar geen bedekte oogmerk was nie, waarom moes appellant alleen met klaagster praat? Sy was verskrik, ontsteld en bang, het gehuil en die appellant het besef dat sy gevoel het dat sy aan sy genade oorgelaat was. Hy het die posisie uitgebuit en die sogenaamde toets op haar gedoen om haar nog verder vrees op die lyf te jaag deur te sê dat hy saadselle gevind het. Hy het gedreig om haar na haar ouers te neem en te sê wat tussen haar en Johan gebeur het. Dit was nie om dowe neute nie. In haar verslae en angsbevangfe toestand en verleë posisie
het, hy haar weggeneem vanaf Johan en sy planne met haar
probeer /44
-44-
probeer uitvoer, eers deur dieper in die bos in te ry
en toe hy die mense by die motorfiets kry, het hy omge-
draai en na die universiteitsgronde gery.
Die klaagster beweer dat die appellant haar
verkrag het.Dit sou inpas by sy optrede teenoor haar
in die pad na Kaap Receife en die toestand waarin sy was
toe sy by die koshuis afgelaai is. Alhoewel die kruis-
verhoor uiters omslagtig en uitgerek, en vir die klaagster
soms vernederend was en feitlik elke moontlike aspek
van die saak direk en indirek, gedek het, was bloedweinig
daarvan gerig teen haar getuienis oor die beweerde ver-
kragting en haar toestand onmiddellik na die beweerde
verkragting toe sy by die koshuis afgelaai is. Haar
getuienis /45
-45-
getuienis was deurgaans samehangend en konsekwent en sy het 'n besondere indruk op die verhoorhof geraaak.
Sy het die plek waar die appellant stilgehou het en haar verkrag het op die volgende dag, die Maandag-
oggend aan adjudant-offisier Schoeman gaan uitwys. Hy kon geen tekens van motorkarspore daar kry nie maar volgens hom kan geen afleiding daarvan gemaak word nie vanwee die reënbui wat in die tussentyd geval het en die redelike sterk en standhoudende wind wat die Sondag gewaai het wat spore op 'n sanderige oppervlakte kon uitgewis het.
Daar is spermatozoa in klaagster se skede-
smere gekry. Volgens beide Johan en klaagster se getuie-
nis / 46
-46-
nis kon dit nie Johan s'n gewees het nie
Monsters is geneem van appellant, klaagster
en Johan se spoeg en bloed en volgens luitenant Joubert
van die forensiese wetenskap-laboratorium in Pretoria
kon met wetenskaplike toetse vasgestel word dat dit on-
moontlik is dat die spermatozoa wat in die skedesmere-
gevind is deur Johan afgeskei kon gewees het.'n Sekere
D Skinner wat verbonde is aan die bloedoortappingsdienste
in Durban as a mediese tegnoloog in die forensiese se-
rologiese laboratorium en wat ook al 'n hele aantal proef-
nemings in verband met bloedgroepe en liggaamsuitskeidings
gedoen het, het egter die mening uitgespreek dat die toetse
wat luitenant Joubert gedoen het nie vir Johan heeltemal
kon / 47
-47-
kon uitskakel nie. Die verhoorhof was van mening vir
redes aangedui dat Skinner nie met dieselfde wye
ervaring as luitenant Joubert kon getuig nie. Die
verhoorhof was nietemin nie bereid om slegs op die
getuienis van luitenant Joubert 'n bevinding in hierdie
verband uit te bring nie.
Die verhoorhof het bevind dat indien daar nie
op die omstandighede, waarskynlikhede en ander faktore
gelet word nie, geen kritiek teen die appellant se voor-
drag as getuie uitgespreek kan word nie. Vervolgens
het die verhoorhof egter verwys na die omstandighede,
waarskynlikhede en ander faktore in die saak wat die
evaluering van sy getuienis in 'n ander lig stel.
Dit / 48
-48-
Dit is nie nodig om alles hier te herhaal nie. Die
verhoorhof het ook verwys na twee aangeleenthede in die
appellant se getuienis wat volgens 'n erkenning van die
advokaat van die appellant hom 'n uiters onbevredigende
getuie maak. Dit het betrekking op die neem van die
besonderhede van die klaagster en die aantekening daarvan
in die agterkant van sy sakboekie en in besonder- die
tyd wanneer hy 'n aantekening gemaak het van die naam
van haar koshuis en woonstelnommer. Hierdie onbevredig-
ende deel van sy getuienis reflekteer op die egtheid van
sy getuienis oor wat op die pad na Kaap Receife gebeur
het en steun die getuienis van die klaagster dat sy vir
die appellant gesoebat het om haar nie na haar ouerhuis
te /49
-49-
te neem nie maar koshuis toe te neem. Die verhoorhof
het ook spesifiek verwys na getuienis waarin hy hom weer-
spreek het en ook na getuienis wat vals is. Die verhoor-
hof het gevolglik vir hierdie en talle ander gegronde
redes wat genoem word geen twyfel gehad om die appellant
se getuienis te verwerp en die getuienis van die klaagster
en Johan asook die ondersteunende getuienis te aanvaar nie.
Mnr Kilian handel in sy betoog slegs met die
waarskynlikheid en onwaarskynlikheid van die getuienis
van die klaagster en die appellant ten opsigte van sekere
gebeure in isolasie gesien, 'n taktiek wat 'n sekere mate
van plousibiliteit aan sy betoog verleen. Wanneer hier-
die gebeure egter teen die agtergrond van die getuienis
in /50
50-
in die geheel en al die omstandighede gesien word verloor
sy betoog sy oënskynlike aanneemlikheid. Dit sal dus
geen doel dien om hier spesifiek met sy argumente te handel
nie want dit weeg glad nie op teen die breë strekking
van die getuienis waarna hierbo verwys word nie.
Mnr Kilian het gevolglik nie daarin geslaag
om hierdie hof te oortuig dat die uitspraak van die
verhoorhof soos gehandhaaf deur die hof a quo verkeerd
is nie.
Wat die vonnis betref, het die verhoorhof
sorgvuldige en goed beredeneerde redes verstrek. Die
verhoorhof het na die toepaslike beginsels verwys en al
die /51
-51-
die feite en omstandighede wat as versagtende en
verswarende feite en omstandighede beskou kan word in
aanmerking geneem.Na hy dit alles noukeurig oorweeg
het, het hy tot die gevolgtrekking gekom dat vanweë die
erns van die appellant se misdaad en die omstandighede
waaronder dit gepleeg is die appellant ondanks sy per-
soonlike omstandighede gevangenisstraf opgelê moet word
Mnr Kilian gee toe dat hy nie kan aanvoer
dat die verhoorhof in enige opsig misgetas het nie maar
argumenteer dat die vonnis buitensporig swaar is. In
hierdie verband betoog hy dat die appellant nie enige
geweld gebruik het wat die klaagster enigsins beseer
het nie en dat hy nie met sy misdaad volhard het nie omdat
hy /52
-52-
hy opgehou het met sy aanval op die klaagster toe sy
geskree het. Hy beroep hom ook op die appellant se
optrede teenoor die klaagster toe die appellant haar
voor die koshuis afgelaai het. Volgens hom het die
klaagster geen fisiese of psigiese letsels opgedoen nie
Die feit bly egter staan dat hy haar wel ver-
krag het en 'n saadstorting gehad het,saadselle is op
haar broekie sowel as in haar privaatdele gevind. Die
weerstand wat sy gebied het, het hy oorkom. Die waar-
skynlikhede is dat dit nie haar geskree was wat hom
laat ophou het nie maar die orgasme wat hy ongeveer
dieselfde tyd bereik het. Vandaar sy gebrek aan
verdere belangstelling en sy bereidwilligheid om haar
dadelik / 53
-53-
dadelik koshuis toe te neem. Dit is moeilik om
te verstaan waarna verwys word wanneer gepraat word
van die ordentlikheid van appellant se optrede teenoor
die klaagster voor die koshuis waar hy haar afgelaai het
Wat ookal die posisie, die verhoorhof het
al die tersaaklike omstandighede in aanmerking geneem.
Indien in gedagte gehou word, soos wel deur die ver-
hoorhof gedoen is, hoedat die appellant die nag sy
posisie as polisie-reservis uitgebuit het om sy
laakbare doel te bereik, voral nadat hy die klaagster
en Johan aangetref het waar hulle met mekaar geslags-
gemeenskap gehou het, is dit moeilik om te aanvaar dat
hierdie hof of enige ander hof 'n ligter vonnis sou
opgelê . /54
-54-
opgelê het as die een wat die verhoorhof opgelê het
Die slotsom is dat die appèl ten opsigte
van die skuldigbevinding en die straf wat opgelê
is van die hand gewys word.
W.G. BOSHOFF
VILJOEN, AR)
HOEXTER, AR) STEM SAAM