South Africa: Supreme Court of Appeal

You are here:
SAFLII >>
Databases >>
South Africa: Supreme Court of Appeal >>
1987 >>
[1987] ZASCA 37
| Noteup
| LawCite
S v Leeuw (70/86) [1987] ZASCA 37; [1987] 2 All SA 201 (A) (31 March 1987)
Download original files |
Saak nr. 70/86 E du P.
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(APPeLAFDELING)
In die saak tussen:
WILLEM LEEUW Appellant
en
DIE STAAT Respondent
Coram: RABIE WND HR, JANSEN AR, et BOSHOFF WND AR
Verhoordatum: Leweringsdatum
17 Maart 1987. 31 Maart 1987.
UITSPRAAK
RABIE WND HR:
Appellant is op 31 Oktober 1985 in die
Oranje-Vrystaatse/
2
Oranje-Vrystaatse Provinsiale Afdeling op 4 aanklagte
skuldig bevind t.w. (1) huisbraak met die opset om te
steel en diefstal, deurdat hy op 14 of 15 Augustus
1978 by die woonhuis van mnr J H Nel en sy vrou Petronella
Nel op die plaas "Mooiwater", in die distrik Brandfort,
ingebreek het en 'n ,22 pistool, 'n horlosie en twee
ringe daaruit gesteel het; (2) huisbraak met die opset
om te steel en diefstal, deurdat hy op 15 Augustus
1978 by die woonhuis van mnr Jan Andries Loubser en
sy vrou Frederika Loubser op die plaas "Oxford", in
die distrik Boshoff, ingebreek het en 'n radio daaruit
gesteel het; (3) moord, deurdat hy gedurende die nag
van 16 Augustus 1978 die bogemelde Jan Andries Loubser
vermoor/.....
3
vermoor het deur hom in sy woonhuis met 'n
vuurwapen
dood te skiet; en (4) poging tot moord, deurdat
gedurende die nag van 16 Augustus 1978 gepoog het
om Frederika Loubser raet 'n vuurwapen dood te skiet
Appellant is op die moordklag tot die dood
veroordeel. Op aanklagte 1, 2 en 4 is hy gevangenis-
straf van onderskeidelik 12 maande, 12 maande en 6
jaar opgelê.
Appellant appelleer teen sy skuldigbevindlng
op al 4 die aanklagte en teen sy vonnis op aanklagte
1, 2 en 4. Die appèl is gegrond op sekere spesiale
aantekeninge (soos bedoel in art. 317 van die Straf-
proseswet/....
4
proseswet, 1977), asook op
sekere ander gronde van
appèl waarop die verhoorregter hom verlof gegee het
om te appelleer. Besonderhede van die spesiale aan-
tekeninge en gronde van appèl word later in die uit-
spraak vermeld. Ek gee eers 'n kort uiteensetting
van die feite en verloop van die saak, wat dit makliker
sal maak om die aard van die spesiale aantekeninge en
gronde van appèl te begryp.
'n "Unique" ,22 skyfskietpistool (nommer 723600)
is op 14 of 15 Augustus 1978 uit die woonhuis van
die bogemelde mnr en mev. Nel op die plaas Mooiwater gesteel
Toegang is tot die huis verkry deur 'n venster oop te
forseer. Benewens die pistool is ook 'n horlosie en
twee van mev. Nel se ringe gesteel. Mev. Nel het die
pistool/.....
5
pistool op 18 Augustus 1978 aan die polisie as haar
eiendom uitgeken.
Op 15 Augustus 1978, gedurende die dag, is
daar by die huis van die bogemelde mnr en mev. Loubser
op die plaas Oxford ingebreek. Toegang is tot die huis
verkry nadat daar 'n gat in 'n slaapkamervenster geslaan
is. 'n Radio , wat bo-op 'n televisiestel gestaan het,
is uit die huis gesteel.Dit is op 18 Augustus 1978
deur mev. Loubser as haar eiendom aan die polisie uitgeken
Gedurende die nag van 16 Augustus 1978 het
mnr en mev. Loubser, wat toe reeds in die bed was, gehoor
dat iewers in die huis glas breek.(Volgens mev. Loubser
moes/
6
moes dit tussen half-elf en elfuur gewees het.) Sy en
haar man (die oorledene) het toe opgestaan en 'n flits
geneem om te gaan kyk waar die geluid vandaan gekom het.
Terwyl hulle in die gang geloop het, het mev. Loubser (aldus
haar getuienis) 'n "geweldige slag" gehoor. Die oorledene
het op die vloer geval. Sy het gebuk om hom op te tel
en toe het 'n tweede skoot geval. Die skietery het daarna,
met tussenpose, tot byna vieruur die volgende more voort-
geduur. Dit blyk dat verskeie ruite gebreek is voorcLat
daardeur geskiet is, terwyl ander gebreek het toe van buite
die huis daardeur gevuur is.
Die polisie het vroeg die oggend van 17
Augustus 1978 na die woonhuis op Oxford gegaan. Adj.-
Off. G J Pietersen, die ondersoekbeampte, het die lyk
van/
7
van die oorledene op die vloer van 'n gang in die huis ge-vind. Daar was
'n koeëlwond aan die linkerkant van die oorledene se
nek. (Die mediese
getuienis toon dat die oorledene gedood is deur 'n koeël wat sy nek aan die
linker-kant getref het en die
groot slagaar onder die sleutelbeen deurboor het.)
Pietersen het verskeie koeelmerke teen mure in die huis waargeneem en het 8
koeëlpunte
en stukkíes lood in die huis gevind. Buite die
huis het hy 6 ,22 doppies opgetel. Deskundige getuienis het getoon dat 4 van
hierdie doppies afgevuur
is deur die pistool wat uit mnr en mev. Nel se huis
gesteel is.
Appellant, wat destyds in die diens van die
oorledene was, is die dag nadat die oorledene doodgeskiet is, gearresteer. Die dag daarna (18 Augustus 1978) het
hy/.....
8
hy, in 'n hut op die plaas Mooiwater, die radio wat uit
die oorledene en mev. Loubser se huis op Oxford gesteel
is, aan Pietersen gewys. Op dieselfde dag, ook op
Mooiwater, het hy die pistool wat uit die Nels se huis
gesteel is aan Pietersen uitgewys. Die pistool was,
volgens Pietersen, "onder 'n groterige bos" in die veld.
Later dieselfde dag het appellant op die werf van die huis
op Oxford 'n plek uitgewys waar Pietersen 'n doppie gevind
het. Deskundige getuienis toon dat die doppie afgevuur
is deur die pistool wat uit die Nels se huis gesteel is
Appellant het op 18 Augustus 1978 (d.w.s.
die nag ná sy arrestasie en die dag waarop hy die bogemelde
uitwysings aan die polisie gedoen het) 'n verklaring voor 'n
landdros/....
9
landdros (mnr J C Kruger) in Bloemfontein afgelê. Die
toelaatbaarheid van dié verklaring is by die verhoor betwis op
grond
daarvan dat appellant nie by sy volle positiewe was toe hy dit afgelê het
nie. Appellant het nie getuienis oor die aangeleentheid
gegee nie. Die hof het
die verklaring, wat bewysstuk "P1" by die verhoor was en waarna ek ook so sal
verwys, toegelaat. Appellant
het daarin o.m. die volgende gesê:
"Die blanke wat oorlede is wou nie my geld vir my gee nie en toe het ek gegaan en hom gaan skiet. Ek het by die venster gekom wat half stukkend was en toe hy aan die binnekant voor die venster kom het ëk hom geskiet. Hy is toe om die hoek ver-dwyn, toe het ek op die stoep gespring en ook deur die vensters na binne geskiet.
Ek/.....
10
Ek is toe om na 'n ander venster en ook twee ander skote geskiet. Toe is ek na die badkamervenster en daar een skoot geskiet."
In antwoord op 'n vraag van die landdros het appellant gesê dat hy die oorledene geskiet het "met 'n pistool wat ek op die plaas Mooiwater gesteel het, saam met 'n ander
seun.
Die verwysing in hierdie verklaring na
'n ander seun" was, so wil dit voorkom, 'n verwysing na
appellant se neef, Daniel Leeuw. Laasgenoemde, wat
jonger as appellant is, is aanvanklik saam met appellant
van die bogemelde vier misdade aangekla. (Appellant het
sy eie ouderdom as 19 jaar opgegee.) Hulle twee het op
29 September 1978 ingevolge die bepalings van art 119, gelees met art
121/....
11 . ' 11
121 (l) van die Strafproseswet voor 'n landdros verskyn. Die aan-klaer het by die aanvang van die verrigtinge die saak teen Daniel Leeuw teruggetrek. Die aanklagte is toe aan appellant gestel en hy het soos volg daarop gepleit: skuldig op die aanklag van moord en op die aanklag dat hy by die huis van die oorledene en mev, Loubser ingebreek en 'n radio daaruit gesteel het, en onskuldig op die ander twee aanklagte. Die vrae wat die landdros m.b.t. die twee aanklagte waarop appellant skuldig gepleit het aan hom gestel het en sy antwoorde daarop lui, vir sover relevant, soos volg:
"V. ... Het hy op 15/8/78 by die huis van
mnr J H Loubser ingebreek? A. Ek het gevind dat die ruit stukkend
was. V. Hoe het jy toe ingekom?
A/
12
A. Ek het toe die venster oopgemaak en ingeklim.
V. Waar was die radio gewees?
A. Dit het op die televisiestel
gestaan.
V. Het jy toe die radio geneem?
A. Ek het.
V. Is jy toe weer by dieselfde venster uit?
A. Ek is.
V. Wat het jy met die radio gedoen?
A. Ek het dit vir myself geneem en ek is toe daarmee weg.
V. Het jy enige reg gehad om die venster oop te maak en in die huis te gaan?
A. Ek het geen reg gehad nie.
V. Het jy enige reg gehad om die radio te neem?
A. Ek het geen reg gehad nie.
V. Op die 16de Augustus 1978, die nag van die moord, was jy weer in die huis van
mnr Loubser?
A. Ek was buitekant die huis.
V/......
13
V. Het jy vir die oorledene mnr Loubser geskiet?
A. Ek het.
V. Het jy van buite af geskiet in die huis in?
A. Ek het van buite die venster geskiet. V. Met 'n rewolwer of geweer? A. Met 'n rewolwer.
V. Het jy bedoel om hom dood te skiet? A. Ek wou hom doodskiet omdat hy nie my
geld wou betaal nie. V. Het jy dan vir hom gewerk? A. Ek het. V. "Beweer jy dat jy die reg gehad het om
hom dood te skiet omdat hy jou nie betaal het nie?
A. Ek het nie die reg
gehad nie." Die notule van hierdie verrigtinge voor die landdros was bewysstuk
"P2" by die verhoor in die
hof/.....
14
hof a quo, en ek sal ook so daarna verwys
Appellant is ter strafsitting verwys en
het op 25 Oktober 1978 voor regter L C Steyn en twee
assessore verskyn. By die aanvang van die verrigtinge
het sy advokaat, mnr J Jordaan, die hof meegedeel dat hy
ingevolge art. 77(1), gelees met art. 79, van die Straf-
proseswet aansoek doen om die verwysing van appellant
vir waarneming. Mnr Jordaan het prof. J A Olivier,
die hoof-Staatspatoloog in die Oranje-Vrystaat, as
getuie geroep om die aansoek te ondersteun en laasge-
noemde het op die vraag of appellant na sy mening oor
die geestesvermoëns beskik "om te verstaan wat die erns
van hierdie saak is en om sy verdediging behoorlik te
voer" , gesê: "U Edele, ek het die indruk gekry dat daar
tog/.....
15
tog 'n redelike moontlikheid bestaan dat hierdie beskuldigde
nie ten volle kennis dra of bewus is van die omstandig-
hede nie." In antwoord op die vraag of hy die moontlik-
heid kon uitskakel dat appellant 'n "sub-normale geestelike
vermoë, verstandelike vermoë" het, het prof. Olivier gesê
dat hy nie die moontlikheid kon uitskakel nie. Mnr
Jordaan het op grond van prof. Olivier se getuienis aange-
voer "dat die feit dat daar 'n redelike moontlikheid
staan dat die beskuldigde nie die verrigtinge en die erns
daarvan kan begryp nie", voldoende was om 'n bevel inge-
volge art. 77, gelees met art. 79, van die Strafproseswet
uit te reik. Die geleerde regter het daarop ingevolge
die bepalings van art. 79(2) en (3) van die Strafproses-
wet/
16
wet gelas dat appellant vir "ondersoek en verslag" na 'n
hospitaal vir sielsiekes, nl. die Oranje-hospitaal in
Bloemfontein, verwys word. Hy het verder gelas dat die
psigiaters 'n verslag oor appellant aan die griffier van
die hof moes voorle. Een van die drie was dr Rossouw,
wat op versoek van mnr Jordaan as psigiater vir appellant
aangestel is.
Die saak het op 1 Februarie 1979 weer voor
die hof gekom. Op daardie dag is 'n gesamentlike ver-
slag deur twee psigiaters, nl. prof. W H Wessels en dr
P J Gouse, aan die hof voorgelê. In paragraaf 4 van
die verslag, wat op 20 November 1978 onderteken is,
word die volgende onder die opskrif "Bevindings" gesê
"(a)/....
17
"(a) Hy is weens verstandelike vertraging
nie in staat om Hofverrigtinge dermate te begryp dat hy sy verdediging na behore kan voer nie.
(b) Hy was weens verstandelike vertraging ten tyde van die betrokke handeling nie in staat om die ongeoorloofdheid daarvan te besef of om ooreenkomstig 'n besef van die ongeoorloofdheid van die betrokke handeling op te tree nie. Hy is dus nie strafregtelik toereken-baar nie."
Nadat die verslag aan die hof voorgelê is, het regter Steyn gevra: "Betwis u enigsins die bevinding van die psigiaters?" Appellant se.advokaat (mnr Jordaan) het geantwoord: "... ek kan dit op geen grond betwis nie." Mnr Moller se antwoord was: "... die Staat betwis ook nie die bevinding nie." Mnr Moller het die hof toe
om/....
18
om 'n bevel ingevolge art. 77(6) van die Strafproseswet gevra, waarop regter Steyn die volgende bevel uitgereik het:
"Ingevolge artikel 77(6) van die Strafproses-wet word gelas dat die beskuldigde in 'n hospitaal vir sielsiekes, naamlik Oranje-hospitaal, aangehou word hangende die be-skikking van die Staatspresident."
By die bogemelde sitting van die hof op
1 Februarie 1979 is daar nóg deur die advokate nóg deur die hof enige melding van dr Rossouw of van 'n verslag deur haar gemaak . Wat dr Rossouw betref, kan hier kortliks gese word dat die verhoorhof (Brink R en sy assessore) meegedeel is dat sy nie 'n psigiater was nie, maar 'n ge — neesheer wat destyds by die Oranje-hospitaal in die diens van die Staat was. Brink R het toe 'n psigiater, dr
C/
19
C Shubitz van Johannesburg, "as derde lid van die
psigiatriese paneel" aangestel om verslag te doen oor
"die toerekenbaarheid van die beskuldigde tydens al
die misdrywe wat hom ten laste gelê word." Toe dit na
'n tyd geblyk het dat dr Shubitz om persoonlike redes
nie langer beskikbaar was nie, is 'n ander psigiater,
dr A B Longano, ook van Johannesburg, deur die hof in
die plek van dr Schubitz as psigiater vir appellant aange-
stel. Dr Longano het 'n verslag oor appellant opgestel
en het by die verhoor getuig oor die vraag of appellant
by sy volle positiewe was toe hy die bogemelde verklarings
(bew. Pl en bew. P2) voor 'n landdros gemaak het, asook
oor die vraag van appellant se toerekeningsvatbaarheid
toe/.....
20
toe hy, soos beweer is, die misdade gepleeg het wat
hom ten laste gele is.
Nadat appellant in die Oranje-hospitaal as
Staatspresidentspasiënt opgeneem is, het psigiaters wat
aan die hospitaal verbonde was hom van tyd tot tyd onder—
soek. Tot in 1980, wil dit voorkom, is daar deur die
meeste van hulle gemeen dat appellant aan skisofrenie
ly, maar daar was ook ander wat van die begin af vermoed
het dat hy geestesongesteldheid gesimuleer het. In
1981, blyk dit, is daar nie langer geglo dat appellant
'n skisofreen was nie. Dr P H J J van Rensburg, senior
psigiater by die hospitaal, wat by die verhoor namens
die Staat getuig het, het na 'n reeks onderhoude met
appellant/
21
appellant in Augustus-September 1981 tot die gevolg-
trekking gekom dat appellant 'n gemiddelde intelligensie
het, d.w.s. 'n I K van 85 tot 115, maar nader aan 100
as aan 85; dat hy nie aan skisofrenie ly nie en dat hy
nie sertifiseerbaar is as geestesongesteld of geestesge-
brekkig nie. In daardie selfde tyd, het dr Van Rensburg
getuig, het hy appellant uitgevra oor wat daar in Augustus
1978 gebeur het, en appellant het toe aan hom 'n ver-
klaring gemaak wat "ooreengestem" het met wat appellant
in bew. P1 en bew. P2, hierbo genoem, gesê het. (Aan
sekere ander persone, wil dit blyk, het appellant gese
dat hy geen herinnering het aan wat tussen Augustus 1978
en April 1979 gebeur het nie.) Op 13 April 1984, kan
hier/....
22
hier bygevoeg word, het appellant weer eens aan dr Van
Rensburg laat blyk dat hy die gebeure van Augustus 1978
onthou.
Toe die oortuiging ontstaan het dat appellant
nie geestesongesteld was nie, is daar oorweging aan sy
ontslag as Staatspresidentspasiënt gegee. Dr Van Renspurg
het in 1982 aanbeveel dat hy ontslaan word. In.Desember
1983 het die hospitaalraad besluit dat appellant se
amptelike curator ad litem, d.w.s. die Prokureur-generaal,
die nodige aansoek by díe hof moes doen om 'n aanbeveling
te verkry dat appellant ontslaan word. Die destydse
Prokureur-generaal (mnr Tucker) het daarna so 'n aansoek
aan 'n regter gerig. Die aansoek is op 9 Februarie 1984
afgewys/
23
afgewys, vermoedelik omdat die betrokke regter geyrees
het dat appellant 'n gevaar vir die publiek sou wees
indien hy vrygelaat word. (Mnr Tucker, wil dit voorkom,
het die regter meegedeel dat appellant nie aangekla sou
word indien hy vrygelaat word nie .) Die huidige proku-
reur-generaal (mnr McNally) het daarna weer op die aan-
geleentheid ingegaan en nadat hy op 13 April 1984 'n
samespreking met lede van sy personeel en psigiaters
van die Oranje-hospitaal gevoer het, het hy besluit
om appellant weer aan te kla en om die voormelde aan-
soek om 'n aanbeveling dat appellant as Staatspresidents-
pasiënt ontslaan moet word, te hernieu.
Appellant is toe weer aangekla - die klag-
staat/....
24
staat dra die datum 18 April 1984 - en die betrokke regter
het by die Minister van Gesondheid aanbeveel dat appellant
ontslaan word. Hierdie aanbeveling is op 23 Mei 1984
aan die Minister gestuur, Die Staatspresident het die
Minister van Gesondheid ingevolge die bepalings van art
29(2) van die Wet op Geestesgesondheid, 1973 gemagtig
om appellant as Staatspresidentspasiënt te ontslaan en
in 'n gevangenis te laat opneem, en die Minister het op
8 Augustus 1984 so 'n bevel uitgereik.
Appellant se verhoor voor Brink R het op
6 Augustus 1984 begin. Mnr Edeling, wat hom ook in
hierdie hof verteenwoordig het, het pro Deo vir appellant
verskyn. Mnr McNally, die prokureur-generaal, het vir
die/.....
25 25
die Staat verskyn.
By die aanvang van die
verhoor het appellant op al die aanklagte onskuldig gepleit. Mnr Edeling
het die hof daarna toegespreek en gesê dat daar "verdere pleite en 'n lang
verduideliking" (d.w.s. pleitverduideliking) is.
In die loop van sy betoog, wat
oor 'n paar dae ge-strek het, het hy op verskeie gronde o.m. aangevoer dat die
Staat nie geregtig
was om met die saak teen appellant voort te gaan nie en dat
die prokureur-generaal nie geregtig was om 'n vervolging teen appellant
in te
stel nie. Die verhoorregter het al die besware wat die ad-vokaat teen die
voortsetting van die verhoor geopper het op 31 Augustus
1984 in 'n voorbehoue
uitspraak ver-werp. Sommige van hierdie besware vorm die onderwerp
van/
26
van die eerste paragraaf van die spesiale aantekeninge
en van paragraaf (vi) van die appèlgronde waarvan ek
hierbo melding gemaak het en wat ek hieronder aanhaal.
Voordat ek dit aanhaal, is daar nog iets wat ek wil noem.
Dit is naamlik dat mnr Edeling in die.loop van die gemelde
pleitverduideliking aan die hof gesê het dat appellant
ontken dat hy enige van die handelinge wat hom in die
akte van beskuldiging ten laste gelê word, verrig het,
maar dat indien bevind sou word dat hy wel daardie
handelinge verrig het, appellant se verweer is dat hy
'nie strafregtelik toerekenbaar daarvoor" was nie
"Dit is nou", het die advokaat bygevoeg, "ingevolge
artikel 78(1) van die Strafproseswet." Hierdie artikel
word/.....
27
word later in die uitspraak aangehaal.
Die spesiale aantekeninge is soos volg deur Brink R geformuleer:
1(a) Vanwee die volgende feite en omstandighede is dit onreëlmatig en strydig met die reg dat die beskuldigde aan hierdie verhoor onderwerp is -i) Die feit dat daar nie in 1978 toe hy
tereggestaan het op dieselfde vier aan-klagte as waarop hy tans teregstaan 'n psigiater vir hom aangestel is wat sy geestestoestand kon ondersoek nie, ii) Die bestaan van 'n eenparige bevinding in 1978 deur twee psigiaters aangestel deur die Hof dat hy tydens die pleging van die betrokke misdrywe verstandelik vertraag was; iii) Die feit dat die Prokureur-generaal, wat
ook tot die beskuldigde se ontslag as Presidentspasiënt op 8 Augustus 1984
sy curator ad litem was, as Staatsaan-klaer in hierdie verhoor optree terwyl daar botsende belange was, soos byvoor-beeld die kwessie van die beskuldigde
se/
28
se ontslag as Presidentspasiënt en sy
herverhoor.
(b) Dit was onreëlmatig dat die hof op 25
Oktober 1978 slegs twee psigiaters aan-gestel het om ondersoek te doen na die beskuldigde se geestestoestand en artikel 79(1)(b)ii) van die Strafproseswet nie nagekom is nie.
(c) Dit was onreëlmatig dat die Hof in 1979 toe die beskuldigde op die betrokke mis-drywe tereggestaan het nie op grond van die eenparige bevinding van die psigiaters vervat in die verslag Bewysstuk B, bevind het dat die beskuldigde ontoerekenbaar was nie, maar net bevind het dat hy nie verhoorbaar was nie."
2 "Dit was onreëlmatig en strydig met die reg om verlof aan die Staat te verleen om prof. Wessels en dr Van Rensburg terug te roep as getuies om te getuig met betrekking tot dr Longano se interpretasie van die gedrag van die beskuldigde terwyl hy in die diens van mnr en mev. Nel was, om toe te laat dat hulle getuienis gelei word voordat die beskuldigde se saak gesluit is en om te weier dat mnr Edeling se brief
wat/....
29
wat hy van dr Longano ontvang het in ver-band met sy beskikbaarheid as getuie op 14 Oktober 1985 in te handig."
Die feite waarop paragraaf 2 hierbo be-trekking het, sal later vermeld word.
Die gronde waarop appellant verlof verleen is om te appelleer, is die volgende, t.w. dat die hof
fouteer het -
(i) "deur te bevind dat die beskuldigde se vorige ver-klarings, Bewysstukke P1 en P2 toelaatbaar is as getuienis." (ii) Deur te bevind dat die beskuldigde die ten laste
gelegde misdrywe gepleeg het."
(iii) "Deur te bevind dat die bewyslas op die beskuldigde rus om te bewys dat hy ontoerekenbaar was, in-dien hy die handelinge verrig het."
(iv)/....
30
(iv) "Deur geen (alternatiewelik geen voldoende)
analise te doen met betrekking tot die vraag of die Staat die bewyslas dra om te bewys dat die beskuldigde gesimuleer het."
(v) "Deur te bevind dat die beskuldigde toerekénbaar is met betrekking tot die misdrywe."
(vi) "Deur op 31 Augustus 1984 teen die beskuldigde
té bevind op die voorlopige besware, en te bevind dat die Prokureur-generaal geregtig was om te vervolg en dat die Staat geregtig was om voort te gaan met die verhoor, en dat die verhoor mag voortgaan."
(vii) "Daar onvoldoende gewig te heg, met betrekking tot vonnis aan:
(a) beskuldigde se persoonlike omstandighede;
(b) die feit dat beskuldigde reeds vanaf vroeg 1979 feitlik deurentyd van sy vryheid ontneem is en vanaf April 1984 in die gevangenis is; (c) die feit dat die pistool en radio teruggevind is;
(d) die ontwrigting van die beskuldigde se lewe;
(e) die feit dat beskuldigde in 1978 sy volle samewerking gegee het."
(viii) "Deur vonnis op te lê wat onder al die omstandighede skokkend onvanpas is."
Ek/.....
31
Ek gaan nou oor tot 'n bespreking van die
spesiale aantekeninge. Dit is hierbo aangehaal.
In paragraaf 1 daarvan word gesê dat daar in verskeie
opsigte onreëlmatig en strydig met die reg opgetree is
en dat appellant nie aan die verhoor voor Brink R en sy
assessore onderwerp moes gewees het nie. Ek sal sub-
paragrawe (a) (i) en (ii), (b) en (c) van die paragraaf
saam behandel omdat hulle verband hou met mekaar, en
omdat, soos ek hieronder sal aantoon, al die bewerings
van onreëlmatighede wat daarin gemaak word groten-
deels op 'n wanopvatting van die aard van die verrigtinge
voor L C Steyn R op 25 Oktober 1978 en 1 Februarie 1979
en van die bevele wat hy by daardie geleentheid gegee
het, berus.
Die/.....
32
Die aansoek wat op 25 Oktober 1978 voor
L C Steyn R gedien het, was 'n aansoek ingevolge art
77(l),gelees met art. 79, van die Strafproseswet.
Appellant se advokaat het die getuienis van prof. Olivier
voor die hof gelê en daarna het hy op grond van dié ge-
tuienis betoog dat daar 'n redelike moontlikheid was
dat appellant nie die aard en erns van die verrigtinge
kon begryp nie. Die advokaat het daarop 'n bevel
in terme van art. 77 saamgelees met artikel 79"
gevra, en ook dat dr Rossouw ingevolge art. 79(1)
(b)(iii) as psigiater vir appellant aangestel word
Die geleerde regter het appellant toe ingevolge die bepalings.
van art. 79(1) van die gemelde wet "vir ondersoek en
verslag/....
33
verslag " na die Oranje-hospitaal verwys. Hy het ook, soos hy versoek was om te doen; vir dr Rossouw as psigiater vir appellant aangestel, en die psigiaters is gelas om hulle verslag ingevolge art. 79(1), (3) en (4) aan die griffier van die hof voor te lê.
Voordat ek na die verrigtinge voor die
hof op 1 Februarie 1979 verwys, haal ek eers uit die bogemelde artikels 77 en 79 aan:
"77. (1) Indien dit in enige stadium van strafregtelike verrigtinge vir die hof blyk dat die beskuldigde vanweë geestesongesteld-heid of geestesgebrek nie oor die vermoe beskik om die verrigtinge dermate te begryp dat hy sy verdediging na behore kan voer nie, gelas die hof dat die aangeleentheid ooreen-komstig die bepalings van artikel 79 onder-soek en oor verslag gedoen word.
(2)/.....
34
(2) Indien die bevinding in die betrokke verslag vervat die eenparige bevinding van die persone is wat ingevolge artikel 79 na die geestestoestand van die beskuldigde onder-soek ingestel het en die bevinding nie deur die aanklaer of die beskuldigde betwis word nie, kan die hof die aangeleentheid op be-doelde verslag beslis sonder om verdere ge-tuienis aan te hoor. (3) Indien bedoelde bevinding nie een-parig is nie of, indien eenparig, deur die aanklaer of die beskuldigde betwis word, beslis die hof die aangeleentheid na die aanhoor van getuienis, en die aanklaer en die beskuldigde kan te dien einde getuienis aan die hof voorlê, met inbegrip van die getuienis van 'n persoon wat ingevolge artikel 79 na die geestestoe— stand van dié beskuldigde ondersoek ingestel het.
(6) Indien die hof bevind dat die be-skuldigde nie oor die vermoë beskik om die verrigtinge dermate te begryp dat hy sy ver-dediging na behore kan voer nie, gelas die hof dat die beskuldigde in 'n hospitaal vir sielsiekes of 'n gevangenis aangehou word hangende die beskikking van die Staatspresident,
"79/...
35
"79 (1) Waar 'n hof 'n lasgewing ingevolge artikel 77(1) of 78(2) uitreik, word die betrokke ondersoek ingestel en oor verslag gedoen -
(a) waar die beskuldigde aangekla word
weens 'n misdryf waarvoor die
doodstraf
nie opgelê kan word nie, deur die ge-
neeskundige
superintendent van 'n hos-
pitaal vir sielsiekes deur die hof aan-
gewys,
of deur 'n psigiater deur be-
doelde geneeskundige superintendent
op
versoek van die hospitaal aangestel
of
(b) waar die beskuldigde aangekla word
weens 'n misdryf waarvoor die
doodstraf
opgelê kan word of waar die hof in 'n
besondere geval
aldus gelas -
(i) deur die geneeskundige superintendent van 'n hospitaal vir sielsiekes deur die hof aangewys, of deur 'n psigiater deur bedoelde geneeskundige superintendent op versoek van die hof aangestel;
(ii) deur 'n psigiater deur die hof aan-gestel en wat nie in die heeltydse diens van die Staat is nie; en
(iii)
36
(iii) deur 'n psigiater deur die beskuldigde
aangestel indien hy dit verlang. (2) Die hof kan vir die doeleindes van die betrokke ondersoek die beskuldigde na 'n hospitaal vir sielsiekes of 'n ander deur die hof aangewese plek verwys, vir die tyd-perk wat nie dertig dae op 'n keer te bowe gaan nie wat die hof van tyd tot tyd be-
paal.
(4) Die verslag moet
(a) 'n beskrywing van die aard van die
ondersoek bevat; en
(b) 'n diagnose van die geestestoestand
van die beskuldigde bevat; en
(c) indien die ondersoek ingevolge
art. 77(1) is, 'n bevinding bevat
of
die beskuldigde oor die vermoë
beskik om die betrokke
verrigtinge
dermate te begryp dat hy sy verde-
diging na behore kan voer;
of
(d) indien die ondersoek ingevolge artikel 78(2) is, 'n bevinding bevat van die mate waarin die vermoë van die be — skuldigde om die ongeoorloofdheid van die betrokke handeling te besef of om ooreenkomstig 'n besef van die onge-oorloofdheid van daardie handeling op te tree, ten tyde van die ver-rigting daarvan deur geestesonge-steldheid of geestesgebrek aange-
tas/.....
37
tas was."
Ek haal ook subartikels (l), (2) en (6)
van art. 78 van die wet aan:
"78. (l) Iemand wat 'n handeling verrig wat 'n misdryf uitmaak en wat ten tyde van so 'n verrigting aan 'n geestesongesteldheid of geestesgebrek ly wat tot gevolg het dat hy nie oor die vermoë beskik
(a) om die ongeoorloofdheid van sy handeling te besef nie; of (b) om ooreenkomstig 'n besef van die onge-oorloofdheid van sy handeling op te tree nie,
is nie vir so 'n handeling strafregtelik toerekenbaar nie.
(2) Indien dit by strafregtelike ver-rigtinge beweer word dat die beskuldigde vanweë geestesongesteldheid of geestesgebrek nie vir die ten laste gelegde misdryf straf-regtelik toerekenbaar is nie, of indien dit vir die hof by strafregtelike verrigtinge blyk dat die beskuldigde vanweë so 'n rede nie aldus toerekenbaar mag wees nie, gelas die hof dat die aangeleentheid ooreenkomstig die bepalings van artikel 79 ondersoek en oor verslag gedoen word.
(6)/...
38
(6) Indien die hof bevind dat die beskuldigde die betrokke handeling verrig het en dat hy ten tyde van so 'n verrigting vanweë geestesongesteldheid of geestesgebrek nie vir daardie handeling strafregtelik toerekenbaar was nie, vind die hof die beskuldigde on-skuldig vanweë geestesongesteldheid of geestes gebrek, na gelang van die geval, en gelas dat die beskuldigde in 'n hospitaal vir sielsiekes of 'n gevangenis hangende die beskikking van die Staatspresident aangehou word,"
Op 1 Februarie 1979 was daar, soos reeds
hierbo gesê, 'n verslag van
twee psigiaters, prof. Wessels en dr Gouse, voor die hof, maar nie van dr
Rossouw nie. (Dit blyk
dat sy nie 'n psigiater was nie. ) Die verslag van prof.
Wessels en dr Gouse was 'n eenparige. Paragraaf 4 daarvan, wat ek reeds
hierbo
aangehaal het maar wat ek geriefshalwe hier herhaal, het soos volg gelui:
"4/.....
39
"4. Bevindings:-
(a) Hy is weens verstandelike vertraging nie in staat om Hofverrigtinge dermate te begryp dat hy sy verdediging na be-hore kan voer nie. (b) Hy was weens verstandelike vertraging ten tyde van die betrokke handeling nie in staat om die ongeoorloofdheid daarvan te besef of om ooreenkomstig 'n besef van die ongeoorloofdheid van die betrokke handeling op te tree nie. Hy is dus nie strafregtelik toereken-baar nie."
Die geleerde regter het die Staat se advokaat en appellant se advokaat gevra of hulle die bevindings van die psigiaters betwis. Albei het geantwoord dat hulle dit nie betwis nie en daarop het die regter ingevolge art. 77(6) van die Strafproseswet (hierbo aangehaal) gelas dat appellant in 'n hospitaal vir sielsiekes, nl. Oranje-hospitaal, aangehou word
hangende/.
40
hangende die beskikking van die Staatspresident. Vol-
gens die notule van die verrigtinge op 1 Februarie
1979 het nóg die advokate nóg die regter enige melding
van dr Rossouw gemaak.
In subpar. (a/)( i) van par. 1 van die spesiale
aantekeninge word gesê dat 'n onreëlmatigheid begaan is
deurdat daar nie 'n psigiater vir appellant aangestel
is "wat sy geestestoestand kon ondersoek" nie en dat
appellant op grond van o.m. hierdie onreelmatigheid
nie verhoor moes gewees het nie. In subpar. (b) word
'n dergelike bewering gemaak . Daar steek niks in dié
bewerings nie. Die hof het met sy aanstelling van
dr Rossouw as psigiater vir appellant gedoen wat appellant
se/
41
se advokaat hom gevra het om te doen en appellant kan
nie daaroor kla nie. Die feit dat daar nie 'n derde
psigiater was nie, het appellant geensins benadeel nie
Die bevel wat die hof ingevolge art. 77(6) van die
Strafproseswet uitgereik het, was immers 'n bevel soos
deur appellant se advokaat verlang was. Wat die kwessie
van 'n derde psigiater betref, het ek reeds daarop gewys
dat Brink R in die loop van die verhoor 'n psigiater, dr
C Shubitz van Johannesburg, as psigiater vir appellant
aangestel het, en dat toe dr Shubitz ná 'n tyd, om per-
soonlike redes, nie meer as psigiater kon optree nie,
'n ander Johannesburgse psigiater, dr Longano, in sy
plek aangestel is
In subart. (a)(ii) van par. 1 van die
spesiale/....
42
spesiale aantekeninge word gesê dat dit die eenparige
bevinding van prof. Wessels en dr Gouse was dat appellant
tydens die pleeg van die misdaad verstandelik vertraag
was, en in subart. (c) word beweer dat L C Steyn R op
1 Februarie 1979 onreëlmatig gehandel het toe hy nie
op grond van daardie eenparige bevinding bevind het
dat appellant ten tyde van die pleeg van die misdade
ontoerekenbaar was nie, maar net bevind hét dat hy nié
verhoorbaar was nie. Die geleerde regter het geen on-
reelmatigheid begaan nie. Hy is op 25 Oktober 1978
ingevolge art. 77(1) van die Strafproseswet (hierbo aan-
gehaal) versoek om appellant vir observasie te verwys
sodat bepaal kon word of appellant - om die woorde van
die/....
43
die artikel te gebruik - "oor die vermoë beskik om die
verrigtinge dermate te begryp dat hy sy verdediging na
behore kan voer". Hierdie aansoek is toegestaan.
Die ondersoek wat die psigiaters na die geestestoestand
van appellant moes gedoen het, was 'n ondersoek ingevolge
art. 77(1) van die Strafproseswet en gevolglik moes hulle
verslag, soos vereis deur art. 79(4)(c) van dié wet, 'n
bevinding bevat het oor die vraag of appellant "oor die
vermoë beskik om die betrokke verrigtinge dermate te
begryp dat hy sy verdediging na behore kan voer
Hulle moes m.a.w. slegs ondersoek ingestel het na die
vraag of appellant verhoorbaar was of nie. Hulle het
egter verder gegaan en ook bevind dat appellant vanweë
verstandelike/....
44
verstandelike vertraging nie in staat was om die onge-
oorloofdheid van sy handelinge te besef nie, ens., en
dat hy derhalwe nie "strafregtelik toerekenbaar" was nie
(Kyk par. 4 van hulle verslag, hierbo aangehaal.) So 'n
bevinding is relevant by 'n ondersoek ingevolge art.
78(2) van die wet, en nie by 'n ondersoek ingevolge art
77(1) nie: kyk art. 79(4)(c) en (d). Daar was nooit
sprake van 'n ondersoek ingevolge art. 78(2) voor L C
Steyn R nie en die feit dat die psigiaters te werk gegaan
het asof hulle so 'n ondersoek kon, of moes, doen, was
irrelevant by die besluit wat die geleerde regter moes
neem, t. w. of hy 'n bevel ingevolge art. 77(6) van die
Strafproseswet moes gee. Daar is dus nie grond vir
die bewering dat die hof onreëlmatig opgetree het deur
slegs/...
45
slegs te bevind dat appellant nie verhoorbaar was nie,
en nie ook dat hy nie toerekenbaar was nie
Daar is twee verdere betoë van appellant
se advokaat met betrekking tot subart. (á)(i) en (ii)
en subart. (c) van par. 1 van die spesiale aantekeninge
waaraan aandag gegee moet word
I.v.m. subart. (a)(i) en (ii) beroep die
advokaat hom op estoppel. Die beweerde estoppel be-
staan volgens die betoog in die volgende: die advokaat
vir die Staat het tydens die hofverrigtinge op 1 Februarie
1979 te kenne gegee dat hy die geheel van die verslag
van die psigiaters aanvaar; dat hy daardeur 'n voor-
stelling aan appellant (en sy advokaat) gemaak het, t.w
dat/
46
dat hy - en dus die Staat - o.a. aanvaar dat appellant ten tyde
van die pleeg van die misdade ontoerekeningsvatbaar was;
dat appellant op daardie voorstelling gehandel het en
dat hy daardeur benadeel is deurdat hy toe nie stappe
gedoen het om 'n privaat psigiater te laat aanstel om
ondersoek na sy geestestoestand in te stel nie. Die-
selfde betoog is ook in die hof a quo gelewer. Die hof
het dit verwerp.Mnr Edeling kla dat die geleerde
regter nie ingegaan het op die vraag of die leerstuk
van estoppel "ook in die strafreg" geld nie, maar bloot
gesê het dat selfs indien dit in die strafreg sou bestaan,
die feite van die saak nie 'n verweer van estoppel sou
kon regverdig nie. Die geleerde regter kan, met eerbied
gese, nie verkwalik word dat hy nie op die in die algemeen
gestelde/.....
47
gestelde vraag of estoppel ook in die strafreg geld,
ingegaan het nie. Die advokaat het geen gesag oor die
vraag aan hom voorgels nie, en aangesien die feite van
die saak getoon het dat die beginsels van estoppel nie
toepassing kon vind nie, sou dit 'n verspilling van
tyd en energie gewees het om op die gemelde vraag in
te gaan. Dieselfde geld wat hierdie hof betref.
Selfs indien ek argumentshalwe - bloot arguroentshalwe -
sou aanvaar dat die hofverrigtinge op 1 Februarie 1979
tot 'n estoppelverhouding tussen appellant en die Staat
aanleiding sou kon gegee het, toon die feite dat appellant
hom nie op 'n verweer van estoppel sou kon beroep nie.
In die eerste plek kan die verklaring van die Staat se
advokaat/...
48
advokaat dat die Staat nie die "bevinding" van die twee
psigiaters "betwis" nie, nie gesien word as 'n voorstelling
aan appellant dat die Staat aanvaar dat hy ten tyde van
die pleeg van die misdade nie toerekeningsvatbaar was nie
Art. 77(2) en (3) toon dat wanneer die bevinding van
psigiaters voor 'n hof geplaas word, die hof moet vasstel
of daardie bevinding, al is dit eenparig, deur die aanklaer
of die beskuldigde "betwis" word. Die feit dat 'n be-
wering betwis word of nie betwis word nie, kan bepaal welke prosedure
die hof daarna kan volg met betrekking tot die voorlegging
van getuienis. Toe die geleerde regter die advokate
in die onderhawige geval gevra het of hulle die psigiaters
se bevinding betwis, het die hof ingevolge art. 77(2) op-
getree, en die antwoorde wat die advokate aan hom gegee het,
het/.....
49
het hom in staat gestel om die aangeleentheid op die
verslag te beslis sonder om verdere getuienis aan te hoor
Die aangeleentheid waaroor die geleerde regter moes be-
slis, was of hy 'n bevel ingevolge art. 77(6) moes gee.
Albei advokate het dit noodwendig geweet, en in die om-
standighede kan die antwoord wat die Staat se advokaat
aan die hof gegee het nie gesien word as 'n voorstelling
aan appellant wat enigsins 'n verweer van estoppel sou
kon grondves nie. Daar is nog 'n verdere oorweging.
Al sou 'n mens argumentshalwe aanvaar dat die gemelde
antwoord van die Staat se advokaat aan die hof 'n voor-
stelling aan appellant was, soos beweer word, sou appellant
nie kon sê dat dit 'n voorstelling was wat hom tot sy
nadeel laat handel het nie. Die psigiaters se verslag
toon/
50
toon dat hulle sowel hulle bevinding dat appellant nie
verhoorbaar was nie as hulle bevinding dat hy nie toe-
rekeningsvatbaar was nie gegrond het op sy "verstandelike
vertraging". Op die dag toe hierdie verslag voor die
hof gelê is, het appellant geweet dat hy nooit verstandelik
vertraag was nie, maar dat hy vertraagdheid gesimuleer
het en die psigiaters mislei het om te glo dat hy vertraag
was. Iemand wat weet dat 'n voorstelling wat aan hom
gemaak is nie die waarheid bevat nie en self weet wat
die waarheid is, kan nie sê dat hy deur die voorstelling
mislei is nie. Kyk bv. Bird v. Sumerville and Another
1961(3) SA 194(A) op 204 E-F, en Van Rooyen v. Minister
van Openbare Werke en Gemeenskapsbou 1978(2) SA 835(A) op 849 G-H,
In die onderhawige saak sou dit verregaande wees cm toe te laat
dat/...
51
dat áppellant kan steun op 'n bevinding, of op 'n voorstelling
wat op so 'n bevinding gegrond is, waar hy weet dat sy
bedrog tot die bevinding aanleiding gegee het.
I.v.m. subart. (l)(i) en (ii) en subart.
(c) van par. 1 het mnr Edeling 'n betoog gelewer oor
wat hy quasi res judicata noem. Dit is 'n vreemde betoog
wat, as ek dit reg verstaan, daarop neerkom dat dit
inbegrepe is in die bevel van L C Steyn R op 1 Februarie
1979 dat appellant ten tyde van die pleeg van die misdade
nie toerekeningsvatbaar was nie. In die alternatief is
betoog dat die geleerde regter op die gemelde dag onreël-
matig opgetree het deur nie uitdruklik te bevind en te
verklaar dat appellant ontoerekeningsvatbaar was nie
Wat betref die betoog dat dit inbegrepe
is/.....
52
is in die bevel van 1 Februarie 1979 dat appellant ten
tyde van die pleeg van die misdade ontoerekeningsvatbaar
was, is dit nie nodig om meer te sê as dat dit klaarblyk-
lik heeltemal ongegrond is nie. Die geleerde regter is
gevra om te bevind dat appellant nie verhoorbaar was nie,
en dit is wat hy bevind het toe hy ingevolge art. 77(6)
van die Strafproseswet gelas het dat appellant in die
Oranje-hospitaal aangehou moet word. Die alternatiewe
betoog is ewe ongegrond. Die geleerde regter is, soos
reeds by herhaling gesê, slegs gevra om te bevind
appellant nie verhoorbaar was nie, en dit is gevolglik
moeilik om te verstaan hoe gesê word dat hy ook moes
bevind het dat appellant nie toerekeningsvatbaar was nie
Appellant/
53
Appellant se advokaat sê dat hy besef dat art. 77 (gelees
met art. 79) van die Strafproseswet voorsiening maak vir 'n
ondersoek na 'n beskuldigde se verhoorbaarheid, en dat art
78 (gelees met art. 79) van die wet voorsiening maak vir
'n ondersoek na die vraag van 'n beskuldigde se toerekenivngs-
vatbaarheid. Maar, betoog hy, omdat 'n mens in die onder—
hawige geval die posisie het dat die psigiaters, anders as
wat in die wet voorsien word, tegelyk oor albei vrae 'n be—
vinding gemaak het, vereis gesonde verstand dat die hof
nie net moes bevind het dat appellant nie verhoorbaar
was nie, maar ook dat hy ontoerekeningsvatbaar was.
Die geleerde regter, lui die betoog, moes appellant dus
ook onskuldig bevind het aan die misdade waarvan die
Staat/.......
54
Staat hom aangekla het. Die betoog is heeltemal on-
gegrond, Die hof is net gevra om te bevind dat appellant
nie verhoorbaar was nie. Dit het so bevind, en dit
is onbegryplik hoe gesê kan word dat hy ook moes beyind
het dat appellant ten tyde van die pleeg van die misdade
ontoerekenbaar was. Verder moet daarop gelet word dat
dit uit art. 78(6) van die Strafproseswet blyk dat 'n
beskuldigde weens ontoerekenbaarheid onskuldig bevind
kan word indien die hof bevind dat hy die betrokke
handeling gepleeg het en dat hy ten tyde van die
handeling vanweë geestesongesteldheid of geestes-
gebrek "nie vir daardie handeling strafregtelik toe-
rekenbaar was nie " In die onderhawige geval
was/
55
was daar geen sprake van 'n bevinding dat appellant die
betrokke handeling gepleeg het nie en daar kon dus ook
geen bevinding van onskuldig aan die ten laste gelegde
handelinge gewees het nie.
In subpar. (a)(iii) van ,par. 1 vah die
spesiale aantekeninge word gesê dat dit onreëlmatig en
strydig met die reg is dat die Prokureur-generaal, wat
tot appellant se ontslag as Presidentspasiënt op 8 Augustus
1984 sy amptelike curator ad litem was, as Staatsaanklaer
in die verhoor opgetree het "terwyl daar botsende
belange was, soos bv. die kwessie van die beskuldigde
se ontslag as Presidentspasiënt en sy herverhoor."
(Met "herverhoor" word die verhoor voor Brink R bedoel.)
Art./.....
56
Art. 3 van die Strafproseswet verleen aan
'n Prokureur-generaal die bevoegdheid om in die regsgebied
waarvoor hy aangestel is strafregtelike verrigtinge ten
behoewe van die Staat in te stel. Volgens art. 17 van
die Wet op Geestesgesondheid, 1973 is 'n prokureur-
generaal in die gebied waarvoor hy aangestel is die
amptelike curator ad litem van Presidentspasiënte.
Iemand wat kragtens 'n bevel ingevolge art. 77(6) van
die Strafproseswet in 'n hospitaal vir sielsiekes ter
beskikking van die Staatspresident aangehou word,
is nie teen vervolging beskerm indien hy ná die bevel
wat sy aanhouding gelas het, verhoorbaar word nie.
Dit blyk uit art. 77(7) van die Strafproseswet, wat
soos/.....
57
soos volg lui:
" ( 7) Waar 'n lasgewing ingevolge subartikel (6) of (9) uitgereik word dat die beskuldigde in 'n hospitaal vir sielsiekes of 'n gevange — nis hangende die beskikking van die Staats-president aangehou word, kan die beskuldigde te eniger tyd daarna, wanneer hy oor die vermoë beskik om die verrigtinge dermate te begryp dat hy sy verdediging na behore kan voer, weens die betrokke misdryf ver-volg en verhoor word."
Dit is duidelik dat 'n prokureur-generaal die bevoegdheid het om 'n vervolging teen 'n Staatspresidentspasiënt van wie hy die amptelike curator ad litem is in te stel wanneer dit blyk dat die pasient "oor die vermoë beskik om die verrigtinge dermate te begryp dat hy sy verdediging na behore kan voer." Dit volg dus dat mnr McNally be-
voegd/.......
58
voegd was om appellant aan te
kla indien hy oor die vermoë beskik het om sy verdediging na behore te kon
voer.By die aanvang
van die verhoor was daar nie sprake van dat die appellant
nie verhoorbaar was nie. Dit was gemene saak dat hy wel verhoorbaar was.
Buiten-dien het hy op 8 Augustus 1984 opgehou om Staatspresidents—
pasiënt te wees.In die lig van wat hierbo gesê is, is dit moeilik om in te sien welke onreëlmatigheid daar was waaroor appellant hom kan bekla. Mnr Edeling voer egter aan dat daar sulke botsende belange by die prokureur-generaal aanwesig was dat gesê kan word dat sy besluit om appellant te vervolg 'n misbruik van ge-
regtelike/
geregtelike proses was. Appellant, sê hy, is as
Staatspresidentspasiënt uit die Oranje-hospitaal ont-
slaan net sodat hy vervolg kon word. Dit is 'n
ongegronde en onbesonne aantyging. Ek het in die
uitsetting van die verloop van die saak hierbo
kortliks aangedui hoe die psigiaters by die Oranje-
hospitaal mettertyd tot die oortuiging gekom het dat
appellant nie verstandelik vertraag was nie en dat hy
nie aan 'n geestessiekte of gebrek gely het nie, en
hoe dit uiteindelik gekom het dat hy uit die inrig-
ting ontslaan is.Ek wil nie herhaal wat ek reeds
gesê het nie en is ook nie voornemens om hier al die
getuienis/...
59
getuienis wat op die aangeleentheid betrekking het
te vermeld en te bespreek nie. Ek vind dit vol-
doende om te sê dat ek al die getuienis oorweeg het
en dat dit na my mening geen grond bied vir die aan-
tyging dat mnr McNally in enige stadium of in enige
opsig onbehoorlik opgetree het nie.
Ek kom nou by par. 2 van die spesiale aan-
tekeninge. Die feite wat daarop betrekking het, is
die volgende. Tydens die verhoor oor die vraag of
bewysstukke P1 en P2, hierbo vermeld, as getuienis
toelaatbaar was, het dr Longano, by ooreenkoms tussen
appellant/....
60
61
appellant se advokaat en die prokureur-generaal, ook
getuienis oor die vraag van appellant se toerekenings-
vatbaarheid ten tyde van die pleeg van die misdade gegee
In die loop van sy getuienis het hy o.m. die volgende
gesê:
"I believe that there is a real possibility that Willem Leeuw was of sound mind at the time of the alleged offences and perhaps even subsequently. I believe that there is an equally strong possibility that he was not sound of mind and suffering from one of the disorders I have mentioned. If I were to be asked to prove that Willem Leeuw was not of sound mind I would not be able to do so, but in my opinion there
is/......
62
is not adequate proof of the contrary. I do not find a balance of probabilities in either direction and I regret to say that in this instance I feel that my evidence has been of no more use to the Court than the toss of a coin."
In kruisondervraging het hy bevestig dat hy nie "an assessment of the
accused's condition at the time of the killing" kon maak nie.
was,
het
mnr McNallv 'n aantal getuies , o.m. die boge-
Nadat die getuienis oor
die vraag van die toelaatbaarheid van bewysstukke Pl en P2 voltooi
melde mnr en mev Nel, opgeroep om te getuig en daarna
het hy die Staat se saak gesluit verklaar. Mnr Edeli-ng het
toe die hof gevra om die saak tot die volgende dag
te/....
63
te verdaag omdat hy wou oorweeg of hy getuienis aan die
hof sou voorlê. Hy het bygevoeg dat dit "hoogs on-
waarskynlik" was dat hy getuienis sou aanbied en, verder,
dat appellant self nie sou getuig nie. Die geleerde
regter het toe die saak tot die volgende dag verdaag.
Die volgende dag het mnr Edeling 'n verdere uitstel ge-
vra omdat hy die aangeleentheid nog verder wou oor-
weeg. Die hof het die saak weer uitgestel en op die
uitgestelde dag het die advokaat die hof meegedeel dat
hy "in die lig van sekere verdere getuienis" besluit
het om dr Longano "terug te roep". Dr Longano het toe
getuig en gesê dat hy op grond van sekere getuienis wat
mnr en mev Nel gegee het sy vroeere mening oor appellant
se/....
64
se geestestoestand gewysig het. Hy het tot die gevolg-
trekking gekom, het hy gesê, dat appellant ten tyde van
die misdade waarskynlik aan skisofrenie of 'n verwante
geestessiekte gely het en dat dit waarskynlik is dat hy
"was unable to appreciate fully the wrongfulness of the
act in question or to act in accordance with an appreciation
of the wrongfulness thereof." Dit is nie nodig om hier
te sê wat die betrokke getuienis van die Nels was en
waarom dit dr Longano sy vroeere mening laat verander
het nie. Ek kom later in die uitspraak daarop terug.
Mnr McNally het daarna by die hof aansoek
gedoen om verlof om getuienis van prof. Wessels en dr Van
Rensburg/....
65
Rensburg ter weerlegging van dr Longano se getuienis
aan die hof voor te lê. Hy het daarop gewys dat prof
Wessels.en dr Van Rensburg hulle getuienis afgele het voor-
dat die Nels getuig het en het betoog dat die Staat
deur dr Longano se getuienis verras is. Mnr Edeling
het die aansoek heftig teengestaan. Hy het o.m. aan-
gevoer dat die Staat die getuienis van die twee psigiaters
wou voorlê omdat dit uitgevind het "where the shoe pinches"
en dat dit 'n "growwe ongeregtigheid" sou wees as
die aansoek toegestaan word. Die geleerde regter het,
in die uitoefening van die diskresie wat hy oor die
aangeleentheid gehad het, die aansoek toegestaan en
daarna redes vir sy besluit gegee. Mnr Edeling het
toe/.....
66
toe daarteen beswaar gemaak dat die getuienis aangehoor
word voordat appellant se saak gesluit is. Sy houding
was dat hy toegestem het dat mnr McNally die aansoek
vóór die einde van appellant se saak kon doen, maar nie
dat die getuienis ook dan aangehoor kon word nie. Brink R
het die Staat se aansoek toegestaan en omdat dit, soos hy dit
in sy uitspraak oor die aangeleentheid gestel het, "wenslik
was dat daar onmiddellik voortgegaan moet word met die
lei van die verdere psigiatriese getuienis aangesien
dit moeilik is om die psigiaters bymekaar te kry en dit
nodig geword het om hierdie saak so spoedig moontlik
af te handel", het hy gelas dat prof. Wessels, dr
Van Rensburg en dr Longano gedagvaar moet word om
almal/.....
67
almal op 14 Oktober 1985 by die hof te wees om getuienis
af te lê. Dr Longano het op die betrokke dag nie opgedaag
nie en mnr Edeling het die hof meegedeel dat hy aan dr
Longano gesê het dat hy nie hoef te kom nie. Mnr Edeling
wou daarna 'n brief van dr Longano by die hof inhandig
waarin dr Longano glo gesê het waarom dit vir hom
ongerieflik sou wees om te kom getuig. Mnr McNally
het beswaar gemaak teen die inhandiging van die brief
en die geleerde regter het die beswaar gehandhaaf.
Prof. Wessels en dr Van Rensburg het getuienis afge-
lê, maar mnr Edeling wou nie een van hulle kruis-
verhoor nie omdat hulle, volgens hom, op onreëlmatige
wyse toegelaat is om te getuig voordat appellant se
saak/....
68
saak gesluit was. Mnr McNally het by 'n latere ge-leentheid aan die hof gesê dat prof. Wessels en dr Van Rensburg beskikbaar was om deur mnr Edeling gekruisver— hoor te word. Mnr Edeling het die aanbod geweier en o.m. gesê:
"Die onderbreking van my saak was, met groot eerbied, 'n growwe onreëlmatigheid. Daar word nou van my verwag om onder moeilike omstandighede my samewerking te gee om die effek van daardie onreëlmatig-heid te probeer afwater. Ek is nie be-reid om dit te doen nie."
Die hof het, ten spyte van die feit dat hy
prof. Wessels en dr Van Rensburg toegelaat het om getuienis te gee, besluit om hulle getuienis nie in ag te neem nie.
In/....
69
In die hof se uitspraak word hieroor gesê:
"Wat betref die getuienis van prof. Wessels en dr Van Rensburg toe hulle terug-geroep is om te getuig", is die hof van mening dat hulle getuienis nie in aanmer-king geneem moet word nie omdat hulle nie gekruisvra is deur mnr Edeling nie. Dit mag vrees dat die beskuldigde gebind is deur die besluit van mnr Edeling om nie te kruisvra nie. Daar is egter die gevaar van benadeling."
Die hof sou ten volle geregtig gewees het om die ge-tuienis van prof. Wessels en dr Van Rensburg in ag te neem, maar wou blykbaar alle gevaar vermy dat appellant dalk benadeel kon word deur die onberade en koppige weiering van sy advokaat om die getuies te kruisonder-vra. Hoe dit ook al sy, die hof se besluit om die
betrokke/
70
betrokke getuienis buite rekening te laat, het die
gevolg dat appellant nie kan sê dat die hof se besluit om
prof. Wessels en dr Van Rensburg toe te laat om te getuig
hom benadeel het nie. Met ander woorde, selfs indien 'n
mens sou kon bevind dat die hof fouteer het deur die ge-
tuies toe te laat om te getuig, sou dit geen fout wees
wat die uitslag van die saak enigsins beinvloed het nie.
Hiermee wil ek geensins te kenne gee dat ek meen dat die hof
se besluit om die getuienis toe te laat enigsins foutief
was nie. Inteendeel, ek meen dat die hof se besluit
geregverdig en korrek was. Dr Longano het, soos hierbo
aangedui, sy mening oor die vraag van appellant se toe-
rekeningsvatbaarheid verander, en waar daar nie, soos
ek die saak sien, van die Staat verwag kon gewees het
om/....
71
om te voorsien dat die getuie dit sou doen nie, was dit
'n korrekte besluit om prof. Wessëls en dr Van Rensburg
toe te laat om oor die aangeleentheid te getuig. Dit
is wel waar dat die hof hulle - teen mnr Edeling se be-
sware in - toegelaat het om te getuig voordat appellant
se saak gesluit was, maar ek is geensins bereid om te
sê dat die réde wát die hof vir sy besluit gegee het,
soos hierbo vermeld, nie geregverdig was nie. Verder,
en in ieder geval, appellant se advokaat het die geleent-
heid gehad om prof. Wessels en dr Van Rensburg te kruis-
ondervra en ook om dr Longano weer te laat getuig, en
in hierdie omstandighede kan ek nie begryp welke nadeel
appellant nou eintlik gely het deurdat prof. Wessels en
dr Van Rensburg toegelaat is om te getuig voordat mnr
Edeling/...
72
Edeling appellant se saak gesluit verklaar het nie.
Daar bly nog mnr Edeling se beswaar oor
dat die hof geweier het dat hy dr Longano se brief aan
hom by die hof indien. Ek meen nie dat die hof
fouteer het nie. Mnr Edeling het besluit om aan dr
Longano te sê dat hy nie hoef te kom getuig nie en die rede,
of redes, waarom hy dit gedoen het, was kwalik ter sake
Die advokaat het ook geensins aangedui dat dr Longano op
'n ander dag as dié wat die hof bepaal het beskikbaar sou
kon wees om te getuig nie. Verder, die hele getwis oor
die brief is 'n onbenulligheid.Al het die hof fouteer,
wat ek nie meen nie, het dit die verloop en die uitslag
van die saak in geen opsig hoegenaamd beinvloed nie
Ek/....
73
Ek gaan nou daartoe oor om appellant se
verskillende gronde van appèl, soos hierbo aangehaal, te
behandel.
Die eerste van hierdie gronde is dat die
hof a quo bewysstukke Pl en P2 verkeerdelik as getuienis
toegelaat het. Appellant se verklaring, soos in bew
P1 vervat, is voor 'n landdros afgelê, maar omdat daar
nie 'n sertifikaat van die tolk was soos deur art. 217
(l)(b) van die Strafproseswet vereis word nie, het die
prokureur-generaal in die hof a quo aanvaar dat die
Staat moes bewys het dat die verklaring vrywillig en
ongedwonge deur appellant afgelê is terwyl hy by sy
volle positiewe was en sonder dat hy onbehoorlik daar-
toe beïnvloed is. Mnr Edeling betwis nie dat die
verklaring/
74
verklaring vrywillig en ongedwonge en sonder onbehoorlike
beïnvloeding afgelê is nie. Sy betoog is dat die Staat
nie bewys het dat appellant "by sy volle positiewe" was
toe hy die verklaring afgele het nie. Wat bew. P2
betref, is die advokaat se houding dieselfde, en hy
wys daarop dat die prokureur-generaal in die hof a quo
aanvaar het dat die Staat moes bewys dat appellant by
sy volle positiewe was toe hy aan die landdros gesê
het wat in bew. P2 verskyn
Wat die getuienis oor die aangeleentheid
betref, het die landdros voor wie bew. P1 afgelê is
(mnr Kruger), die ondersoekbeampte in die saak (adj
off. Pietersen) en die tolk wat in die geval van sowel
bew. P1 as bew. P2 getolk het (mnr Kriel), getuig dat
hulle/....
75
hulle niks abnormaals by appellant waargeneem het nie.
Prof. Wessels het getuig dat appellant na sy mening by
albei geleenthede (d.w.s. toe bew. Pl en bew. P2 tot
stand gekom het) by sy "volle positiewe" was indien met
hierdie uitdrukking bedoel word dat daar by appellant
geen geestesongesteldheid was nie. Hy het o.m. gesê
dat wat appellant in die twee bewysstukke gesê het, gesê
is deur 'n persoon "wat geen versteuring van denke gehad
het nie." Albei bewysstukke, het hy gesê, getuig van
rasionele denke en 'n intakte geheue van wat gebeur het
op die dae toe die misdade gepleeg is en ook toe bewys—
stukke Pl en P2 tot stand gekom het. (Prof. Wessels
en dr Gouse het nie insae in bewysstukke Pl en P2 gehad
voordat hulle hul verslag wat op 1 Februarie 1979 voor
L C /....
76
L C Steyn R gelê was, opgestel het nie.) Prof. Wessels het ook gesê, kan hier bygevoeg word, dat appellant in Januarie 1985 tydens 'n onderhoud teenoor hom ontken het dat hy "ooit geestesongesteld" was. Appellant self het nie getuienis afgele nie.
Dr Longano het namens appellant getuig. Met betrekking tot prof. Wessels se getuienis oor be-wysstukke Pl en P2, het hy die kritiek uitgeoefen dat prof. Wessels -
"subjected these documents to a
type of psycho-linguistic analysis. I find it difficult to treat them in the same way because I am convinced that some of the information was a product of translation."
Dr Longano was m.a.w., soos ek sy getuienis verstaan,
nie bereid om te aanvaar dat die twee dokumente 'n ware
weergawe/
77
weergawe bevat van wat appellant by die twee geleenthede
gese het nie. Die kritiek berus nie op feite nie en
is ongegrond. Appellant het by albei geleenthede Suid-
Sotho gepraat. Mnr Kriel, wat dié taal goed ken en
23 jaar ondervinding as hoftolk het, het getuig dat hy
alles wat appellant gesê het, korrek vertaal het. Hierdie
getuienis is nie betwis nie. Daar is nie aan die getuie
gestel dat sy vertolking van wat appellant gesê het in
die een of ander opsig verkeerd was nie. Daar kan by-
gevoeg word dat appellant Afrikaans goed ken - prof.
Wessels het gesë dat hy dit "vlot" praat - en dat hy
sou gehoor het as mnr Kriel sy woorde verkeerd vertaal het
Wat betref die inhoud van bewysstukke P1
en P2 en wat daaruit blyk, het dr Longano gesê:
I/.....
78
"I accept without reserve that the documents
reflect clarity of
consciousness on the part
of the accused and indeed I concede that
the
statements may be a veridical account...
of the alleged offences
Hy het egter bygevoeg dat hy rede het om te twyfel of
appellant -
"was of sound mind at the time"
As redes vir sy twyfel het hy aangevoer dat dit syns
insiens onwaarskynlik is dat "a man of sound mind" wat
tot op daardie tydstip geen noemenswaardige misdaád ge-
pleeg het nie, nou skielik tot 'n "one man crime wave'
sou oorgegaan het; of dat so 'n man 'n moord op so 'n
"incompetent and ineffective way" sou beplan het, of
'n radio in die dag uit 'n huis sou gesteel het en dan
dieselfde nag na die huis toe sou teruggegaan het sonder
om/.....
79
om te vrees dat die mense in die huis op hulle hoede
sou wees. (Wat laasgenoemde punt betref, het die ge-
tuie darem bygevoeg: "Although I note that he is re-
ported to have cut the telephone wires ") Dr Longano
se mening was dat appellant moontlik aan skisofrenie
of 'n ander soort geestessiekte gely het
Wat betref die getuie se mening dat dit
onwaarskynlik is dat "a man of sound mind" sou opgetree
het soos appellant gedoen het, het hy in kruisonder-
vraging toegegee dat; hy nie weet dat sake wat in die
howe dien dikwels voorbeelde lewer van die soort gedrag
waarna hy verwys het sonder dat dit met enige geestes-
siekte verband hou nie. Wat betref sy mening dat appellant
in die betrokke tyd moontlik aan die een of ander geestes-
siekte/. ..
80
siekte kon gely het, het hy sy standpunt soos volg opgesom in 'n passasie waarvan ek 'n gedeelte reeds hiertoo aangehaal het:
"In the absence of first-hand observation in temporal proximity to the alleged offences all I can really offer the Court
is speculation.........I believe
that there is a real possibility that
Willem Leeuw was of sound mind
I believe that there is an equally strong
possibility that he was not of sound mind and suffering from one of the disorders,
I have mentioned I do not find a balance
of probabilities in either direction and I regret to say that in this instance I feel that my evidence has been of no more use to the Court then the toss of a coin."
En ook:
"..... In effect what I am saying is that Willem Leeuw might have been sane or might not have been sane and I do not believe that the balance of probabilities from the evidence available to me favours either possibility."
81
Brink R het op grond van dle getuienis van
prof. Wessels en van menere Kruger, Pietersen en Kriel,
asook die feit dat appellant nie getuienis oor die aan-
geleentheid afgelê het nie, bevind dat bo redelike
twyfel bewys is dat appellant by sy volle positiewe was
toe hy gesê het wat in bewysstukke P1 en P2 vervát is
en dat die dokumente gevolglik as getuienis toelaatbaar
was.
'n Vraag wat ontstaan, is of daar nie ná die
"binneverhoor" getuienis voor die hof gelê is wat sou
kon twyfel werp op die korrektheid van die beslissing
om die twee dokuraente as getuienis toe te laat nie.
(Kyk R.v. Melozani 1952(3) SA 639 (A);S. v. Mkwanazi
1966(1) SA 736 (A) op 742 E-G.) Getuienis wat hier
ter/....
82
ter sprake kan kom, is dié wat dr Longano gegee het toe
hy vir die tweede maal getuig het. Hierdie getuienis
is, kom dit my voor, met betrekking tot die vraag van
appellant se toerekeningsvatbaarheid voorgelë, maar dit
hou ook verband met die getuie se bogemelde getuienis oor
die vraag of appellant "a man of sound mind" was of
iemand wat aan skisofrenie of 'n ander geestessiekte gely
het. Sy getuienis was dan ook daarop gemik om aan te
toon dat hy sy vroeëre mening verander het en op grond
van sekere getuienis wat mnr en mev. Nel gegee het tot
die gevolgtrekking gekom het dat appellant aan skisofrenie
gely het. Die getuie se nuwe mening kan gerieflik
hier bespreek word.
Volgens/....
83
Volgens dr Longano het mnr en mev. Nel
vier dinge i.v.m. die gedrag van appellant genoem wat
aanduidend is van 'n prodromale fase van skisofrenie.
Die vier dinge is:
(1) die feit dat appellant deur die vensters van die
Nels se huis geloer het;
(2) die feit dat hy teen die Nels se dogters gestamp het;
(3) appellant se onverantwoordelike gedrag deur nie
sy melkbeurte behoorlik na te kom nie; en
(4) mnr Nel se getuienis dat "after he discharged Leeuw,
Leeuw worked for somebody else for a period of
about three months and then that employment terminated
in an unspecified way".
Dr/
84
Dr Longano was bewus van die feite wat in
(1) en (2) genoem word toe hy die vorige keer getuienis
afgele het. (Dit was vermeld in 'n maatskaplike ver-
slag.)Hierdie feite, het hy getuig, het egter sedertdien
'n belangriker betekenis aangeneem as wat dit vroeër
vir hom gehad het omdat dit later plaasgevind het as
wat hy oorspronklik gedink het, t.w. waarskynlik in die
tydperk Januarie tot Maart 1978 i.p.v. ongeveer Sep-
tember 1977.Hierdie tydverskil is belangrik, het hy
gesê, omdat dit die betrokke gebeure nader aan feite
(3) en (4) plaas en omdat alles saam op 'n verandering in
die persoonlikheid van appellant dui. Dit staan nie vas
dat die gebeure in (1) en (2) in Januarie-Maart 1978
plaasgevind/....
plaasgevind het nie. Volgens mnr Nel se getuienis
sou dit wel so gewees het, maar sy vrou plaas dit in
ongeveer September 1977. Maar hoe dit ook al sy, ek
stem saam met die siening van die verhoorhof dat daar
nie aan die betrokke gebeurtenisse die betekenis geheg
kan word wat dr Longano daaraan wil gee nie. Mev. Nel,
wat geen psigiater is nie maar 'n vrou wat weet hoe
jong mans soms kan optree, het getuig dat die gedrag
van appellant waarom dit hier gaan plaasgevind het toe
appellant "begin groot word het." Dit is ook relevant
om te let op die getuienis dat mnr Nel appellant oor sy
gedrag gefoeter het en dat dit daarna nie weer gebeur
het nie. Feit (3) is'n verwysing na die getuienis van
mnr Nel dat appellant op twee opeenvolgende Sondae nie,
soos/
85
86
soos hy verplig was om te doen, die koeie kom melk het nie
Dit is moeilik om te begryp hoe dr Longano enige waarde
aan hierdie getuienis kon geheg het. Appellant se
versuim om te kom melk, het op twee Sondae plaasgevind
Op weeksdae het hy sy plig nagekom, en dit is verbasend
dat dit die getuie nie opgeval het dat appellant in
alle waarskynlikheid raaar net die naweke wou vry gehad
het nie. Aan feit (4) kan ewe min die waarde geheg
word wat die getuie daaraan wil heg. Dit is waar dat
appellant vir sowat drie maande vir iemand anders ('n mnr
Furstenburg) gewerk het nadat hy deur mnr Nel ontslaan
is, maar daar is hoegenaamd geen getuienis oor hoe dit
gekom het dat appellant se diens by mnr Furstenburg
tot 'n einde gekom het nie.In diè omstandighede is
dit/....
87
dit moeilik om te verstaan hoe die feit dat appellant
opgehou het om by mnr Furstenburg te werk as enigsins
aanduidend van 'n geestessiekte beskou kan word. Dit
is ook nie al nie. Dit blyk uit dr Longano se ge-
tuienis dat, hoewel hy die geleentheid gehad het om
dit te doen, hy nie vir appellant uitgevra het oor die
gedrag waarna daar in items (1)-(4) hierbo verwys word
nie. Toe hy in kruisondervraging gevra is waarom hy
appellant nie daaroor uitgevra het nie, was sy antwoord
dat hy appellant nie alles "in the course of the interview
kon gevra het nie en, verder, "that I do not have to.
Toe hy in verband met laasgenoemde antwoord gevra is
waarom hy nie "the very person who was affected by those
things" daaroor uitgevra het nie, was sy antwoord: "I
reserve/...
88
reserve the right to draw inferences from behaviour
irrespective of the stated or unstated reasons for that
behaviour." Dit was na my mening verstommende antwoorde
wat kwalik van 'n wetenskaplike benadering getuig.
Uit hoofde van al die voorgaande is ek van
mening dat tereg bevind is dat appellant by sy volle
positiewe was toe hy die verklaring wat in bew. P1
vervat is, afgelê het. Dieselfde geld vir die hof a
quo se bevinding ten opsigte van bew. P2
Wat bew. P2 betref, moet ek ten slotte
kortliks daarop wys dat mnr McNally, met verwysing
na die beslissing van hierdie hof in S. v. Shabalala
1986(4) SA 734, betoog het dat hy ver-
keerdelik/....
89
keerdelik in die hof a quo aanvaar het dat die Staat moes bewys dat appellant ten tyde van die verrigtinge
wat in bew. P2 vervat is, by sy volle positiewe was. In
die lig van wat hierbo gesê ís, is dit nie nodig om hierdie aangeleentheid te bespreek nie.
Die tweede grond van appèl is dat die ver-hoorhof fouteer het deur te bevind "dat die beskuldigde die ten laste gelegde misdrywe gepleeg het." Daar steek niks in die betoog nie. Daar is verskeie dinge wat toon dat appellant al die misdade waaraan hy skuldig bevind is, gepleeg het , t.w.:
(a) die inhoud van bewysstukke Pl en P2; (b) die feit dat appellant op 18 Augustus 1978 die pistool wat 3 of 4 dae tevore uit die.Nels se huis gesteel is, aan die polisie uitgewys het;
90
(c) die feit dat appellant op 18 Augustus 1978
die radio wat 3 dae tevore
uit die Loubsers se huis ge-steel is, aan die polisie uitgewys het; (Hier kan
by-gevoeg word dat mev. Loubser
getuig het dat die radio wat gesteel is bo-op 'n
televisiestel gestaan het en dat appellarvt volgens bew. P2 aan die landdros
gesê
het dat die radio wat hy gesteel het op 'n televisiestel gestaan
het.)
(d) die feit dat doppies wat buite die
Loubsers se huis deur die polisie gevind is, deur die
gesteelde pistool afgevuur is; en
(e) die feit dat appellant ondanks al
die getuienis wat hom met die misdade verbind nie ge-
tuienis afgelê het nie.
Mnr/
91
Mnr Edeling het i.v.m. die aanklag van moord voor ons aangevoer
dat daar nie bo redelike twyfel bevind kan word dat die oorledene gedood is deur
'n koeël wat deur appellant afgevuur is nie. Dit is redelik moontlik, het
hy betoog, dat die oorledene, wat (volgens mev. Loubser
se getuienis) 'n pistool
by hom gehad het, homself per ongeluk kon geskiet het. Die betoog is strydig met
mev. Loubser se getuienis.
Dit is ook nie al nie: daar is nooit in
kruisondervraging aan mev. Loubser ge-stel dat die oorledene se vuurwapen
afgegaan het en
dat hy homself kon raakgeskiet het nie, en daar kan gevolglik
kwalik nou betoog word dat daar nogtans bevind moet word dat so iets
moontlik
kon gebeur het.
Die/
Die derde grond van appel is dat die ver-
hoorhof fouteer het deur te bevind "dat die bewyslas
op die beskuldigde rus om te bewys dat hy ontoereken-
baar was, indien hy die handelinge verrig het."Die
betoog is ongegrond. Appellant se advokaat het, soos
vroeër in die uitspraak aangedui is, aan die verhoorhof
gese dat appellant ontken dat hy enige van die handelinge
wat hom ten laste gelê word, gepleeg het, maar dat in-
dien bevind sou word dat hy wel daardie handelinge ge-
pleeg het, dit sy verweer ís dat hy "nie strafregtelik
toerekenbaar daarvoor" was nie. Die advokaat het byge-
voeg:"Dit is nou ingevolge art. 78(1) van die Straf-
proseswet." Appellant se verweer was dus dat, indien
hy die handelinge gepleeg het, hy ten tyde van die pleeg
daarvan aan 'n geestesongesteldheid of geestesgebrek
gely/...
92
93
gely het wat tot gevolg gehad het dat hy nie oor die
vermoë beskik het om die ongeoorloofdheid van sy handelinge
te besef, of om ooreenkomstig 'n besef van die ongeoor-
loofdheid van sy handelinge op te tree nie. Waar 'n
beskuldigde so 'n verweer opper, rus die onus op hom om
dit op 'n oorwig van waarskynlikhede te bewys. Kyk
die beslissing van hierdie hof in S. v. Mahlinza 1967
(1) SA 408 op 419 A-B.
Die vierde en vyfde gronde van appel kan
saam behandel word.Albei het betrekking op die vraag
van appellant se toerekeningsvatbaarheid. In die vyfde
grond word gesê dat die hof a quo fouteer het "deur te
bevind dat die beskuldigde toerekenbaar is met betrekking
tot/.....
94
tot die misdrywe." Ek het reeds hierbo daarop gewys
dat, met die verweer wat appellant geopper het, hy die
las op hom geneem het om te bewys dat hy by die pleeg
van die raisdade nie toerekeningsvatbaar was nie. Appellant
het hom nie van daardie bewyslas gekwyt nie. Toe dr
Longano die eerste maal getuig het, was hy nie in staat
om te se of appellant ten tyde van die pleeg van die
misdade "a man of sound mind" was en of hy aan skisofrenie
of 'n ander geestessiekte gely het nie. (Dit was gemene
saak by die verhoor dat appellant verstandelike vertraagd-
heid en geheueverlies ten opsigte van die tydperk Augustus
1977 tot Maart 1978 gesimuleer het.) Toe dr Longano
die tweede maal getuienis afgelê het, het hy gesê
dat/
95
dat hy sy vroeëre mening verander het en tot die oor-tuiging
geraak het dat appellant waarskynlik ontoerekeninigs-vatbaar was.
Hy het hierdie
veranderde mening gegrond op getuienis wat mnr en mev. Nel m.b.t. sekere gedrag
van appellant gegee het. Soos ek hierbo
aangedui het, kan die getuienis waarop
hy gesteun het na tny mening nie daardie veranderde mening regverding nie.Sy
ge-tuienis was
dus sodanig dat appellant na my mening,nie op grond daarvan kan
sê dat hy hom van die bogemelde onus gekwyt het nie. Dit gaan nog
verder. Na my mening was sy getuienis van so 'n aard dat, wanneer dit gestel
word teen die getuienis
van prof Wessels en dr Van Rensburg, die getuienis van
mnr en mev. Nel (wat
hom/
96
hom goed geken het) en die feit dat appellant wat in
staat was om te getuig, nie getuig het nie, dit nie
twyfel kan werp op appellant se toerekeningsvatbaarheid nie.
Ek meen dus dat, selfs indien die Staat sou moes bewys
het dat appellant ten tyde van die pleeg van die misdade
toerekeningsvatbaar was, hy hom van daardie bewyslas
gekwyt het
Die sesde appèlgrond het betrekking op
die beslissing wat die verhoorhof gegee het oor die
aangeleenthede wat in par. 1 van die spesiale aantekeninge
geopper word. Daar word aangevoer dat die beslissing
verkeerd was. Die betoog is ongegrond, soos sal blyk uit
wat ek hierbo met betrekking tot die betrokke spesiale
aantekeninge/.....
aantekeninge gesê het.
In appèlgronde (vii) en (viii) word beweer
dat die geleerde verhoorregter fouteer het met die
straf wat hy in die geval van aanklagte 1 en 2 (huis-
braak met die doel om te steel en diefstal) en aanklag
4 (poging tot moord) opgelê het.Die betoog het nie
meriete nie en hoef nie bespreek te word nie.
Uit hoofde van wat hierbo gesê is, kan die
appel nie op een van die gronde van appèl slaag nie.
Daar is een verdere aangeleentheid waaraan
ten slotte aandag gegee moet word. Dit is die volgende
Die verhoorregter het ná 'n aansoek van appellant se
advokaat ingevolge art. 321(1)(b) van die Strafproses-
wet/....
97
wet beveel dat appellant as onveroordeelde gevangene
aangehou word totdat sy appèl verhoor en daaroor beslis
is. Waar die appèl nou afgewys word, kan die bevel
klaarblyklik nie bly voortbestaan nie. Mnr McNally
het i.v.m. die tweede voorbehoudsklousule van art. 321
(1) te kenne gegee dat die Staat nie daarteen beswaar
het dat die tydperk waartydens appellant as 'n onveroor-
deelde gevangene aangehou is by die berekening van die
tydperk van die gevangenisstraf wat hy opgelê is, inge-
sluit word nie.
Uit hoofde van al die voorgaande word
soos volg beveel:
(1) Die appèl word in sy geheel af gewys.
(2) (a)Die bevel wat ingevolge art. 321(1) van
die/....
98
99
die Strafproseswet, 1977 gegee is, verval
by die lewering van hierdie uitspraak.
(b) Die tydperk wat appellant ingevolge boge-
melde bevel as 'n onveroordeelde gevangene
aangehou is, word ingesluit by die gevangenis-
straf wat appellant op aanklagte 1, 2 en 4
deur die verhoorhof opgelê is.
P J RABIE
WND HOOFREGTER
JANSEN, AR BOSHOFF, AR
Stem saam