South Africa: Supreme Court of Appeal

You are here:
SAFLII >>
Databases >>
South Africa: Supreme Court of Appeal >>
1987 >>
[1987] ZASCA 38
| Noteup
| LawCite
S v Leo and Another (332/1986) [1987] ZASCA 38 (31 March 1987)
Download original files |
LL
Saak No 332/1986
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
APPeLAFDELING
In die saak tussen
MOGAMAT LEO
Eerste Appellant
GOOLAM HASSAN
Tweede Appellant
en
DIE STAAT
Respondent
CORAM:
BOTHA, NESTADT ARR et STEYN WN AR
VERHOORDATUM: 17 MAART 1987
LEWERINGSDATUM: 31 MAART 1987
UITSPRAAK
/STEYN WN AR
2. STEYN WN AR:
Vroegoggend op Sondag 9 Oktober 1983 was daar 'n straatmoles in Albertweg, Woodstock. In die loop daarvan is Goolam Hassan (tweede appellant, hierna "Goolam" genoem) op die linkerskouer verwond deur Ridewaan Lewis (die oorledene) wat net daarna deur Mogamat Leo (eerste appellant, of "Leo") met 'n 38 rewolwer doodgeskiet is. Dit was 'n kopskoot agter en bokant die regteroor wat die brein na vore en na links deurboor het. Hierdie beknopte beeld van gebeure was egter nie dié wat aanvanklik in die getuienis voorgehou is nie. Hoe dit uiteindelik blootgelê is,sal later blyk. Maar nou moet die verloop van die verhoor eers kortliks uiteengesit word.
Appellante het op 1 November 1984 saam met ene VJinston Tregoning voor Baker R en twee assessore in die Kaapse Hooggeregshof tereggestaan op 'n aanklag van moord op oorledene, Tregoning as beskuldigde 1 en Leo en Goolam onderskeidelik as beskuldigdes 2 en 3. Al drie het
/onskuldig ...
3.
onskuldig gepleit en getuig dat hulle nie by die voorval betrokke was nie. Die twee hoofgetuies namens die Staat wat hulle egter daarby impliseer het, was die 17-jarige Nuredien Hassan (blykbaar onverwant aan tweede appellant) en die 19-jarige Kiemal Allie. Op 21 Novem= ber 1984 is Tregoning ontslaan maar is albei appellante aan moord skuldig bevind. Die Hof het voorts beslis dat daar geen versagtende omstandighede was nie en appellante is ter dood veroordeel.
Maar toe kom daar 'n verwikkeling wat die beeld van gebeure waarop die veroordeling gegrond was ingrypend verander het. Dit was 'n verwikkeling wat die geleerde Verhoorregter genoop het om op te merk dat "... there has been a very startling development in the case as a whole" Dit het só gebeur.
Op 23 April 1985 is 'n aansoek namens appellante ingedien waarin o a om die volgende regshulp gevra word: "1. Dat Applikante se laat Kennisgewing van
/Aansoek ...
4
Aansoek om Verlof om te Appelleer gekon= doneer word in terme van artikel 316 (1)
(a) van Wet No 51 van 1977.
2. Dat verlof aan Applikante verleen word in
terme van artikel 316 (3) van
die Wet dat
die verdere getuienis van die volgende
getuies vir doeleindes
van appel aangehoor
word:
Ca) Eerste Applikant;
(b) Tweede Applikant; (c) FATIMA WILDSCHUT; (d) ARMIEN JANUARIE; (e) LUTFIE EFFENDI (indien hy intussen opgespoor word).
3.Dat, na aanhoor van bogemelde getuienis, verlof aan Applikante verleen word om na die Appèl-Afdeling te appelleer teen hul onderskeie skuldigbevindings en vonnisse."
Die verlof in paragrawe 1 en 2 aangevra is ver= leen en op 23 Oktober 1985 is verdere getuienis aangehoor deur Baker R. In hierdie aansoek was Leo die eerste applikant en Goolam die tweede. Die sleutelgetuie was Fatima Wildschut. Die appellante het ook getuig maar nie die ander twee voorgenome getuies, Armien Januarie en Lutfie Effendi (ook bekend as "Bom") nie, Januarie blyk=
/baar ...
5.
baar omdat sy getuienis oorbodig geword het en
Effendi
omdat hy weens die destyds heersende onrus-situasie op
die Kaapse
Vlakte nie opgespoor kon word nie. Daarna
is die saak uitgestel tot 19
November 1985 om die Staat
geleentheid te gee om ook verdere getuienis voor
te lê.
Op daardie datum het mnr Viviers, wat op voortreflike
wyse
deurgaans namens die Staat opgetree het, egter aan
die Hof meegedeel dat die
twee getuies wat hy wou herroep,
Nuredien Hassan en Kiemal Allie, nie beskikbaar was nie,
eersgenoemde omdat hy 'n voortvlugtende verdagte was in 'n
saak van gewapende roof, en laasgenoemde weens versuim
om volgens afspraak by die hof op te daag. Geen verdere
getuienis is deur die Staat aangebied nie, maar mnr
Viviers het toe op sterkte van die nuwe getuienis en van.
'n mededeling vroeër reeds deur Allie aan hom gemaak,
namens die Staat formeel die volgende erkenning gemaak:
"dat daar wel op die betrokke aand soos deur die twee applikante en Fatima Wildschut getuig, 'n .... messtekery plaasgevind het, dat
/die ...
6.
die oorledene, soos getuig, vir die tweede applikant met 'n mes aangeval het en dat dit die aanleidende oorsaak was of die faktor wat daartoe gelei het dat die oorledene kort daar= na deur die eerste applikant dodelik verwond is."
Daar sal binnekort in groter besonderhede terug= gekeer word tot dié twee botsende fases wat die verloop van die saak gekenmerk het. Maar ek moet eers vlugtig handel met die omliggende toneel en die hoofgebeure wat die noodlottige straatmoles voorafgegaan het, want die partye is dit tot 'n groot mate eens daaroor
Albertweg loop rofweg oos-wes in Woodstock. Aan die noordekant daarvan is 'n eertyds gewyde perseel met 'n gebou daarop wat in die verlede 'n kerksaal was. Met verloop van tyd het gewydheid voor aardsheid gewyk en is die kerksaal omskep in die Casablanca Nagklub. Vroeg in Oktober 1983 was dit reeds 'n gevestigde en blykbaar florerende onderneming wat hoofsaaklik deur die lewendiger elemente van die Kaapse Kleurling gemeenskap ondersteun
/was ...
7
was. Baie van hulle was lede van bendes soos die "Fancy Boys", die "Junkie Funkies" en die "Nice Time Kids". Oor naweke is daar nag-deur gedans maar is oproerigheid be= heer deur uitsmyters ("bouncers") wat gehelp het om toe= gang tot die klub te beheer en die orde daarbinne gehand= haaf het. Op die nag van Saterdag 8 tot Sondag 9 Oktober 1983 was 400 - 600 jolytmakers in die klub en is daar ge= dans tot 5 vm. Onder die aanwesiges was oorledene, sy kleinniggie, Lutviah Samsodien en haar metgesel en ook Nuredien Hassan, Kiemal Allie, die twee appellante, Winston Tregoning en Fatima Wildschut met haar vriendin Riana Abrams en 'n meisie na wie slegs op haar bynaam van "Meid" verwys is.Fatima se destydse kêrel, Salie Dollie (ook bekend as "Lalie" of "Blinkers"), was ook daar. Meeste van hulle het later as 10 nm by die klub aangekom en almal het gebly tot kort voor díe sluiting om 5 vm.
Dit is nie nodig om die verloop van gebeure by die klub voor sluitingstyd ten volle na te gaan nie. Vir
/doeleindes ...
8
doeleindes hiervan is dit genoegsaam om slegs na enkele aspekte daarvan te verwys. Goolam het getuig dat hy en sy vriend Majiet in dié se Datsun Pulsar motorkar laat Saterdagaand by die klub aangekom het en op versoek van een van die uitsmyters gehelp het om 'n paar jonges wat buite die klub moleste gemaak het agterna te sit en aan te hou. Majiet se motorkar is daarvoor gebruik. Daarna het Majiet vertrek en is Goolam toe die klub in. Daar was ook 'n bewering deur Nuredien Hassan dat daar onenig= heid tussen Goolam en oorledene in die klub was daardie aand. Goolam sou daarvolgens ontevrede gewees het omdat hy nie kon deel in 'n dagga en Mandrax "pyp" wat oorledene en 'n vriend buitekant die klub gaan rook het nie. Goolam sou daarna dreigend aan oorledene gesê het dat "ons gaan. buitekant die ding regmaak". Lutviah het ook van oor= ledene se daggarokery getuig maar dit nie in verband ge= bring met moeilikheid tussen hom en die appellante nie. Sy het egter beweer dat Goolam al dansende aan sekere van
/sy . . .
9
sy vriende gesê het dat hulle "drie van Lentegeur se jongens van
die 'map' gaan afhaal." Sy, oorledene en ander van hul geselskap
woon in
Lentegeur en het per trein vandaar gereis na Soutrivier stasie wat oos van die
nagklub geleë is. (Van die klub loop
mens o a met Albertweg na die stasie
toe.) Maar volgens haar het Goolam nie laat blyk wie die drie "Lentegeur
jongens" was met wie
hulle aldus sou handel nie. Sy het ook be= weer dat eerste
appellant op 'n stadium sy vinger na oor= ledene gewys het. Sy wis egter
nie
waarom nie. Lutviah was nie 'n ooggetuie tot die voorval waarin oorledene
gedood is nie en het eers 'n jaar later 'n ver= klaring oor die gebeure aan die
polisie
gemaak. Sy het beweer dat sy nie vroeër van, die saak teen
appellante bewus was nie.
Tydens die verhoor op die meriete, d w s tydens die eerste fase van die saak, was dit gemene saak dat die lyk van die oorledene gevind is in die straat by die
/aansluiting ...
10.
aansluiting van Millstraat en Albertweg, 263 treë oos van die Casablanca.Destyds het appellante erken dat hulle daardie nag in die Casablanca was. Maar soos reeds genoem het albei enige betrokkenheid by die doods= voorval ontken. Eerste appellant, wie se bynaam "Funkie" is, het beweer dat hy en sy gesellin, Jasmine, met die speel van die laaste plaat voor sluitingstyd die klub verlaat het en geloop het langs Albertweg in die rigting van Soutrivierstasie. Nadat hulle reeds 'n hele ent gevorder het het hulle twee skote agter hulle gehoor en 'n geskarrel van mense gesien in die omgewing van waar die geluid van die skote gekom het. Hulle het toe aan= geloop stasie toe waar Jasmine die trein na Mitchell's Plein gehaal het en hy na sy ouma in Soutrivier is. Tweede appellant het beweer dat hy ook kort voor sluit= ingstyd die klub verlaat het en op sy eie langs Albert= weg na Soutrivierstasie geloop het. Toe hy 'n verkeers= sirkel nader het hy 'n groep van drie mans teëgekom. Een
/van ...
11.
van hulle sê "daar gaan daardie Slams, daardie gemors wat die 'bouncers' help". Al drie nader hom toe en een van hulle het hom op sy línkerskouer gesteek, klaarblyk= , lik met 'n mes. Hy het neergeval en sy aanranders het toe blykbaar die wyk geneem. Hy is te hulp gesnel deur twee seuns wat hom opgehelp het, en dit was toe dat hy twee skote gehoor het.
Maar, soos ook reeds genoem, is appellante weerspreek deur Nuredien Hassan en Kiemal Allie, wat hulle direk by die doodsvoorval betrek het en beweer het dat eerste appellant op Goolam se versoek vir oorledene doodgeskiet het. Die hof het die weergawes van Nuredien en Allie aanvaar en dié van appellante verwerp. Vol= gens die onbetwiste mediese "getuienis het dit geblyk dat die oorledene deur 'n kopskoot gedood is, maar dat 'n tweede, erg misvormde koeël ook in die oorledene se klerasie ge= vind is. Die kern van die Staat se saak, klaarblyklik tot 'n groot mate gegrond op die beskrywings deur gemelde
/twee ...
12.
twee Staatsgetuies, is soos volg deur die Verhoorregter in sy uitspraak saamgevat:
".... the real story is roughly this): The deceased had been at the Casa Blanca night= club on the night of 8 October 1983. He left with a woman (who seems to have fled the scene later) at about 05h00 on Sunday morning, and was further accompanied by two friends, Nure= dien Hassan and Kiemal Alli. The four walked along the northern pavement of Albert Road from Woodstock in the direction of Salt River station (that is eastwards) and crossed Mill Street when they spotted a group of men stand= ing on the opposite pavement on the south side of Albert Road, some short distance beyond Greatmore Street (that is, east of the inter= section of Greatmore Street and Albert Road). Three or four of these men, including two of the accused, walked across Albert Road towards the deceased and his friends. By this tirae the road was full of people who had left the club and the deceased's party of four and the half dozen or so who included the accused in their number were by no means the only persons in Albert Road at that early hour. Goolam - called out to the deceased 'Hoor gou hier!'. The deceased apparently started to cross the road towards the other group when the four or so men who were walking towards him suddenly pulled out knives. Deceased must have realised his danger for he swung left and began to run back to the northern pavement of Albert Road when Goolam called out to No 2 'Skiet hom,
/Funkie'...
13
Funkie' or 'Skiet die naai, Funkie' or some= thing like that. No 2 fired at the deceased, using both hands. We are told by the investi= gating officer, Sergeant Clarke, that he must have been using a .38 revolver. Two shots were fired. One of them hit the deceased behind the right ear, tore through his brain, ricocheted off some protuberance in the posterior aspect of the left orbit inside his skull and came back to the upper part of the nose where it stopped. The exact details are found in the medical re= port, Exhibit A. Deceased fell forward on his face, so it seems. He suffered an abrasion on the front of the right knee and another on the left side of the forehead. As he lay near the kerbstone of Albert Road a short distance east of the Mill Street intersection No 1, who had done nothing up to now except pull a knife (so we are told), walked up to the deceased, kicked him somewhere around the head and removed a pair of sunglasses the deceased was wearing. All three accused and their unidentified com= panions then ran away. The deceased died then or just after."
Die geleerde Regter het toe die volgende bygevoeg
"If this is the correct version of what hap= pened then No 2 committed an unprovoked murder and No 3 was prima facie involved in the sense that he gave the order or made the suggestion to fire. No 1 seems to play a very small part in the killing."
Die Hof het die getuienis van Nuredien en Allie
/aanvaar ...
14.
aanvaar, bevind dat. bogaande die ware weergawe is en het appellante daarop veroordeel soos reeds gemeld.
Maar toe kom die tweede fase en die weergawe van die 26-jarige Fatima Wildschut wat ten aansien van die kerngebeure soos volg lui. Sy en haar twee gesellinne het met die aankondiging van die laaste plaat die klub verlaat en aan die suidekant van Albertweg oos in die rigting van Soutrivierstasie geloop. Haar vriend, Salie Dollie ("Blinkers" ) was nie saam nie want hy het eers sy baadjie in die klub se kleedkamer gaan haal. Meeste van die klubgangers wat toe ook vertrek het, het aan die ander- of noordekant van die straat in dieselfde rigting beweeg. Onder hulle was die twee appellante en 'Bom', wat skuins oorkant Fatima-hulle was. Goolam het voor geloop, gevolg deur Leo. Goolam was skuins voor en Leo skuins agter Fatima-hulle. Oorledene en sekere van sy vriende het voor Goolam aan dieselfde kant van die straat en in dieselfde rigting geloop. Fatima het geen groep
/mans ...
15.
mans waaronder die appellante was aan die suidekant van Albertweg sien staan soos deur Nuredien en Allie getuig nie.
Goolam het oorledene op sy eie en klaarblyklik ongewapen genader, blykbaar om met hom te gaan praat. Toe Goolam oorledene inhaal was dié net van die sypaadjie af en in die proses om Millstraat, wat daar by Albertweg aansluit, te kruis. Oorledene het gestop toe Goolam by hom kom maar Fatima kon nie hoor of "n gesprek tussen hulle gevolg het nie. Oorledene het 'n baadjie oor sy skouer gehad (Fatima het nie self gesê oor watter skouer nie en sy is nooit deur enigiemand daaroor gevra nie). Net na Goolam by hom gekom het, het oorledene die baadjie laat val en met 'n beweging wat sy as "'n tipiese messteek be= weging" demonstreer het, vir Goolam op die linkerskouer gekap, maar sy het nie opgelet of oorledene 'n mes in sy hand gehad het nie. Goolam het agteroor geval en op sy sitvlak op die straat te lande gekom. Al sittende en
/kykende ...
16.
kykende na oorledene het Goolam, gestut op sy hand of hande (Fatima kon nie sien of hy albei hande gebruik het nie.) agtertoe beweeg weg van oorledene af- Dié het weer vorentoe beweeg, na Goolam toe, en na hom gemik. Dit het vír Fatima gelyk asof oorledene hom weer wou steek. Op hierdie stadium was Goolam met sy rug en oorledene met sy gesig na haar. "Blinkers", wat agter haar was, het bý Fatima verby gehardloop in die rigting van Goolam en oor= ledene, en eerste appellant volg kort op sy hakke. Op daardie oomblik het iemand agter oorledene geskree "skiet die naaier". Dit was gewis nie Goolam nie,want sy sou sy stem herken het. Net daarna het eerste appellant geskree "val plat". Hy was in die middel van die straat ongeveer 5-8 tree van oorledene af en het 'n rewolwer voor by sy broek uitgepluk. Hy het gekyk in die rigting van Goolam en oorledene. "Blinkers" en "Bom", wat tussen hom en hulle twee was, het plat geval. Eerste appellant het die rewolwer met albei hande vasgehou en die eerste
/skoot ...
17.
skoot afgetrek. Fatima het egter nie self gesê, en sy is nie gevra, waarheen of waarop die vuurwapen toe gerig was nie. Maar die hoe waarskynlikheid, onder die om= standighede, en ook weens eerste appellant se waarskuwings= kreet, is dat dit in die algemene rigting van oorledene gemik was.
Net na die klap van die eerste skoot het Fatima omgedraai, vir Riana gegryp en van die toneel af weggekyk. Toe klap die tweede skoot. Toe sy daarna weer terug= kyk, het oorledene op die straat gelê op sy linkersy met 'n klomp mense om hom saamgedrom. Iemand was toe besig om Goolam op te help en eerste appellant was aan die weg= hardloop. Dit is duidelik volgens Fatima se beskrywing dat slegs enkele sekondes verloop het tussen die steekhou op Goolam en die tweede skoot.Sy en haar gesellinne wou nie ook na oorledene gaan kyk níe erv het verbygeloop na Soutrivierstasie waar hulle die trein huis-toe gehaal
het.
/Volgens ...
18
Volgens Fatima was die appellante lede van die "Nice Time Kids" en oorledene leier van die "Fancy Boys". Hierdie twee bendes was mekaar nie goedgesind nie, en toe die kreet "skiet die naaier" agter oorledene opgaan het sy gemeen dit was afkomstig van een van die "Fancy Boys" en dat hulle moontlik vir Goolam wou skiet. In die trein op pad huis-toe was Fatima getuie van 'n onaan= gename voorval wat 'n belangrike uitwerking op haar gehad het. In dieselfde rytuig met haar en haar twee gesel= linne was 'n groep "Fancy Boys" wat openlik weerwraak op die "Nice Time Kids" vir oorledene se dood bespreek het. "Meid" had 'n "Nice Time Kids" baadjie aan. Een van die "Fancy Boys" het dit raakgesien en hoorbaar sy makkers se aandag daarop gevestig. Dit het "Meid" so bang ge= maak het dat sy uitgespring het toe die trein by Pinelands stilhou. En hierdie vrees vir die "Fancy Boys" het Fatima ook laat swyg tot lank na afloop van die eerste fase van die saak, toe sy deur die prokureur van die
/appellante ...
19. appellante genader is in Desember 1984.
Die appellante het in hul verdere getuienis erken dat hulle oorspronklike ontkennings van betrokken= heid by die voorval vals was en het erken dat Fatima se weergawe wesenlik korrek was. Elkeen van hulle het egter byvoegings tot daardie weergawe gemaak. Dít is te verwagte, omdat hulle direk by die voorval betrokke was en dit nie soos Fatima slegs as toeskouers waargeneem het nie. Hulle verduideliking vir die valsheid van hulle oorspronklike leuenagtigheid was dat hulle elk verkeerdelik gemeen het dat die waarheid hulle nie sou baat nie. Eerste appellant het bv as rede vir sy leuens gesê "Ek het gedog as ek myself afhaal van die toneel, dan - as ek lieg, dat ek maklik sou vrykom van die misdaad." Tot hul ontnugtering moes hy en Goolam egter amper te laat ontdek dat die leuen gewoonlik nie 'n sleutel is wat die deur tot ontvlugting oopmaak nie maar 'n slot wat dit toehou.
/Goolam ...
20.
Goolam het nou ontken dat hy vroeër die aand vir oorledene gevra het om te deel aan dié se dagga "pyp" en het getuig dat toe hy aan die wegloop was van die klub af soos deur Fatima beskryf, oorledene, wat in 'n groep van 7-8 geloop het, teenoor hom, blykbaar aan sy vriende en met klaarblyklike verwysing na Goolam se vroeëre hulp aan die uitsmyters, opgemerk het "daar gaan die vuil hond wat die 'bouncers' help". Dit het hom gekrenk en hy het na oorledene gegaan om hom te vra wat hy daarmee bedoel. Toe hy by hom kom het oorledene egter skielik 'n baadjie wat hy oor sy regterarm gedra het oorgegooi op sy linker= arm en met 'n mes wat reeds oop in sy regterhand was, hom onverwags op die linkerskouer gesteek en verwond. Hy het agteroor geval soos deur Fatima beskryf en die oor= ledene het toe weer met die mes steeds in sy regterhand na hom gekom en 'n beweging gemaak om hom weer te steek. In 'n poging om van die dreigende doodsgevaar weg te kom het Goolam al sittende en gestut net op sy regterhand,
/omdat ...
21.
omdat daar nie krag in sy linkerhand was nie, agteruit beweeg weg van oorledene af maar met sy gesig steeds na hom gewend. Toe skree iemand "val plat!" en het hy ge= sien dat "Bom" en ene Ismail Lakay wat ook vroeër in die klub was, plat val. Toe het 'n skoot "baie hard" afge= gaan. Goolam het nie die voorafgaande uitroep "skiet die naaier" gehoor nie (moontlik weens die angs van die oomblik), maar het gedink daar word moontlik op hom ge= skiet. Hy het toe verder agtertoe afgesak totdat hy feitlik op sy rug gelê het, maar hy het nogtans gesien dat oorledene toe links om hom beweeg. Net daarna klap die tweede skoot. Waar oorledene toe was,het hy nie gesien nie. Albei skote het van iewers agter Goolam gekom en hy het nie gesien wie skiet nie.
Na die tweede skoot het "Bom" en Lakay hom opgétel en met hom in Albertweg van die toneel af weg beweeg. Toe hulle by die verkeerssirkel kom,kry hulle vir eerste appellant wat met 'n vuurwapen in sy hand gestaan
/het . . .
22.
het in die geselskap van "Blinkers" en ene "Slams". Nadat Goolam aan eerste appellant opgemerk het dat dit dan hy was wat geskiet het, antwoord dié dat indien hy nie geskiet het nie sou oorledene hom verder aangerand het met die mes en kon hy hom "maklik doodgesteek" het. Daarna is hulle almal na die huis van Armien Januarie waar Goolam se wond behandel is.
In sy "nuwe" getuienis het eerste appellant erken dat hy 'n .38 rewolwer by hom gehad het en dat hy twee skote daarmee in die rigting van oorledene afgetrek het, die eerste in die lug bo kophoogte en die tweede laer, maar steeds in die rigting van oorledene. Ek kom later terug na sy redes vir die skietery. Hy het, ten aansien van die nag in die klub, getuig dat hy oorledene glad nie geken het nie en "geen saak met hom gehad het nie", dat daar geen moeilikheid in die klub was nie, dat hy in 'n geselskap wat Ismail Lakay ingesluit het om on= geveer 10 nm Casablanca-toe is en dat "Jasmine" slegs 'n
/versinsel ...
23.
versinsel was. Goolam het ongeveer 11 nm daar aange= kom en hom in die loop van die aand gevra of hulle "'n pyp kan maak", wat hy nie kon doen nie omdat hy nie Man= drax "buttons" by hom had nie. Hy het ook 'n mate van bende-betrokkenheid erken deur te getuig dat hy 'n "Cisco Jackie" was, blykbaar omdat hy op een of ander geleent= heid in die nek gesteek was, en dat hy "opgegroei het met die 'Nice Time Kids'", maar dat hy nie hul "brand= raerk" dra nie. Die klub sluit om 5 vm, blykbaar om in te pas by die vertrektyd om 5.30 vm van die eerste trein na Mitchell's Plein. Meeste van die klubgangers het vertrek met die speel van die laaste plaat en hy het stasie toe geloop met die agterstes. Twee onderwyseresse wie se name hy nie ken nie, het by hom aangesluit, en so het hulle aangestap aan die klub-kant van die straat. Hy het ontken dat hy en Goplam met 'n groep ander mans aan die oorkant van die straat gestaan het en het gesê dat toe hy só aangestap het Goolam nie in sig was nie.
/Maar ...
24.
Maar "Blinkers" het ongeveer 8-10 treë voor hom in die= selfde rigting geloop. Hy ken Fatima Wildschut nie, en het haar blykbaar nie raakgesien toe hy só op pad was nie.
Die eerste aanduiding wat hy van onraad gekry het, was toe "Blinkers" na hom omdraai en sê "daar is moeilikheid voor". "Blinkers" het vorentoe gehardloop en hy het gevolg. Toe hy naby die aansluiting van Mill= straat by Albertweg kom,het hy gemerk dat Goolam agter= toe val met sy hele gewig op sy regterhand en al sittende terug beweeg. Toe merk hy oorledene ook op wat met 'n oop mes in sy opgeligde hand vorentoe beweeg na Goolam toe. Die indruk wat hy gekry het was dat oorledene Goolam weer gaan steek met die mes. Hy het bygevoeg "Toe dadelik het ek besef dat die tweede appellant se lewe in gevaar is en dat geeneen in staat is om enigiets te doen om te kan help nie, of geeneen het 'n vinger pro= beer verroer om 'n poging aan te wend om hom te help nie." Hy was toe ongeveer 8 - 10 treë van Goolam af. Hy het
/Goolam ...
25.
Goolam skuins van agter en oorledene reg van voor gesien. Hy skree toe
"val platl" en haal sy rewolwer uit- Mense tussen hom en die
oorledene het plat
geval.Feitlik gelyktydig met sy uitroep het iemand van agter oorledene af
geskree "skiet die naaiers". Toe trek
hy die eerste skoot af. Dit was in die
rigting van oorledene maar in die lug bokant sy kop gemik. Sy doel
daármee was om oorledene
slegs skrik te maak en hom sodoende van Goolam
af weg te kry. Oorledene draai toe weg van Goolam af en dit lyk vír
eerste
appellant asof hy op hom afpyl. Eerste appellant skrik toe en trek die
tweede skoot af sonder dat hy bedoel het om dit te doen. Maar
met daardie skoot
was die rewolwer gerig tussen Goolam en oorledene. Weens die skrik het hy
dadelik weggehardloop sonder om op te
let of hy oorledene raak geskiet het. By
die verkeerssirkel het hy vir Goolam in die geselskap van ander
teëgekom. Hy was op die linkerskouer gewond. Hy het aan Goolam vertel
waarom hy geskiet het en toe
is hulle almal na die
/huis ...
26
huis van Armien Januarie waar Goolam verpleeg is en hy hom met dagga en Mandrax "aan die slaap gerook" het om oor sy skok te kom. Die vuurwapen het hy die volgende oggend versteek in die huis van 'n universiteitslektor, waar ene Magodien Isaacs dit gesteel en vir Mandrax tablette verruil het.
Alhoewel daar sekere afwykings is tussen die verklarings wat hulle vir doeleindes van voormelde aan= soek gemaak het en hul verdere getuienis word beide ap= pellante wesenlik gestaaf deur Fatima Wildschut. Sy het 'n goeie indruk op die Verhoorregter gemaak en hy het be= vind dat haar weergawe redelik moontlik waar kan wees. Dit is duidelik dat hy ook bevind het dat aan die ver= eistes van art 316 (3) van Wet 51 van 1977 voldoen is en hy het die gevraagde verlof om te appelleer toegestaan. In sy kommentaar op die verdere getuienis sê hy egter o a die volgende:
"The story told by the present new
/witnesses ...
27
witnesses, that is to say Fatima Wildschut and the two
appellants, is that the deceased for some reason, probably fear, stabbed Goolam
Hassan in the shoulder and then turned and ran when Mogamat Leo produced a 9mm
pistol and shot at him. Leo fired a second shot when
the de= ceased was already
fleeing and hit him from behind, diagonally, as described in my original
judgment. It would therefore appear that Leo shot a man who was already running
away. It would also appear,
however, that he shot at him the first time in an
attempt to protect his friend, Goolam Hassan.
In the circumstances this Court (myself and assessors) might have found Mogamat Leo guilty of murder with extenuation but would al= most certainly have found him guilty of culpable homicide at the least.
As far as concerns Goolam Hasaan, the story that he yelled out: 'Skiet die naai, Funky' is open to some doubt. The story told by Fatima Wildschut and now told by the two appellants is that somebody yelled out: 'Skiet die naaiers". Bearing in mind the recently revealed fact that the important State witnesses Nuredien Hassan and Kiemal Allie are themselves apparently rather suspect characters, it could be that the addition of the word "Funky" was a case of gilding the lily in order to make quite certain that Goolam Hassan was convicted as well It is possible, therefore, that the original Court, had this information been before it, might have acquitted Goolam Hassan of complicity
/in ...
28.
in the killing of the deceased. It must be remembered that we are dealing with people who can only be described as gangster scum and since the gang aspect of this case has now be= come reasonably manifest it is possible that the State witnesses wanted to make quite sure of securing convictions of both the appellants
As far as concerned Mogamat Leo, first appellant, he is a self-confessed liar, who on his own admission shot a man running away from him. He lied in Court on the 23rd of October when he told me that the deceased "peil op my af" after the first shot was fired. He also lied when he said he did not mean to fire the second shot. It is clear from all the evidence that the second shot was carefully aimed and he killed a man quite deliberately. Mr Munnik, his counsel tried to get his client to tell a more convincing story, namely that 'dit het qelyk of hy op my afpeil'. I have no doubt that Leo shot the deceased quíte deliberately as he fled."
Hierdie kommentaar bevat growwe mistastings. Die effek van Fatima se weergawe van die kerngebeure is om dié van Nuredien Hassan en Kiemal Allie heeltemal uit te wis. Om die aanspreeklikheid van appellante
/te.....
29.
te bepaal, moet derhalwe gekyk word na haar getuienis en dié van appellante self. En daarin is bv geen aanduid= ing dat oorledene waarskynlik uit vrees vir Goolam gesteek het nie. Daar is nou ook geen getuíenis dat oorledene aan die wegvlug was met ,die tweede skoot of dat appellant daar= die skoot versigtig op hom gemik en hom doelbewus doodge= skiet het nie. Die Verhoorregter was klaarblyklik nie in staat om sy gedagtegang los te maak van die getuienis wat die Staatsgetuies in die eerste fase van die saak afgelê het en sy bevindings destyds dien aangaande nie, en gevolg= lik het hy nie daarin kon slaag om die nuwe getuienis van Fatima Wildschut en die appellante met die onbevange gemoed te benader wat van hom vereis was nie.
Die Regter se kommentaar op die verdere getuienis is slegs bedoel as 'n hulpmiddel vir hierdie Hof , wat self oor die aanvaarbaarheid en effek daarvan moet besluit. Die kommentaar is nie gelyk te stel aan 'n geloofwaardigheids= bevinding deur die Verhoorhof nie, een van die redes synde dat die assessore nie daarby betrokke was nie. Hierdie
/Hof ...
30.
Hof het gevolglik groter beweegruimte ten aansien van daardie
kommentaar as by so 'n geloofwaardigheidsbevxnd= ing. En in die onderhawige
geval is daardie ruimte ver= breed deur die mistastings.
Dit is na my mening
nou duidelik dat Goolam geen skuld het aan oorledene se dood nie, en sy veroor=
deling kan gevolglik nie bly staan
nie.
Met eerste appellant is dit-anders gesteld. Dit is gemene saak dat twee skote uit sy rewolwer geskiet is terwyl hy dit vasgehou het en dat een daarvan oorledene gedood het. Die regsgevolge van die doodskoot moet be= paal word op die nuwe getuienis en die onbetwiste mediese getuienis gelewer tydens die eerste fase van die saak. Op Fatima se getuienis soos aangevul deur dié van Goolam, is dit duidelik dat Leo die eerste skoot geskiet het ter geregverdigde verdediging van Goolam teen 'n potensieel dodelike mes-aanval deur oorledene. As dit daardie skoot was wat oorledene gedood het, is eerste appellant onskuldig. Maar na my mening is daar geen redelike twy= fel dat die tweede die dodelike skoot was nie. Volgens voormelde mediese getuienis sou die kopskoot waarskynlik oorledene onmiddellik laat val het, maar beide eerste
/appellant ...
31.
appellant en Goolam het getuig dat hy na die eerste skoot nie alleen nog op sy voete was nie maar ook nog beweeg het. Albei het ook in hul verklarings vir doeleindes van die aansoek beweer dat oorledene na die tweede skoot rondgetol en neergeval het. Alhoewel albei dit in hul getuienis weerspreek het,is daardie verklarings nogtans in hierdie opsig van belang. Dit was immers oorwoë uitings. Hoe die ander koeël in oorledene se klere be= land het is duister, maar dit was klaarblyklik 'n opslag= koeël.Spekulasie daaromtrent sal van geen nut wees nie- Die enigste redelike gevolgtrekking is steeds dat die tweede skoot oorledene gedood het.
Die verdere vrae is nou of eerste appellant die tweede skoot onwettiglik en doelbewus afgetrek het met die opset om oorledene te tref en te dood. Net eerste appellant kan daaroor getuig want nóg Fatima nog Goolam het hom dit sien skiet. Dit is egter hoogs waarskynlik dat hy die rewolwer toe nog in albeí hande vasgehou het.
/In ...
32.
In sy voormelde verklaring sê appellant weliswaar dat hy die tweede skoot afqevuur het, wat op doelbewustheid dui. Maar te veel moet nie na my mening daarvan gemaak word nie. Dit kan moontlik die vertolking deur die opstel= ler van die verklaring wees van 'n minder presiese stelling In sy verdere getuienis het eerste appellant volgehou dat oorledene se beweging na die eerste skoot hom laat skrik het omdat dit by hom die indruk gewek het dat oorledene op hom afpyl, en dat hy toe die tweede skoot afgetrek het sonder die bedoeling om werklik weer te skiet. Ek meen dat hierdie verduideliking redelik moontlik waar kan wees. Dit is waarskynlik dat die twee skote kort na me= kaar afgetrek is. Die eerste een was sekerlik nie on= wettig nie, en alhoewel daar onder die omstandighede geen sprake daarvan kan wees dat die tweede skoot bloot per ongeluk afgegaan het nie of van enige verdere beskerming van Goolam of van selfverweer van eerste appellant nie, en die skoot derhalwe onwettig was, is dit nogtans
/afgevuur ...
33.
afgevuur in die loop van dieselfde hoogs vloeibare en spanningsvolle geleentheid. Die aard en rigting van oorledene se beweging na die eerste skoot is nie duide= lik in die getuíenis beskryf nie en die redelike moont= likheid kan na my mening nie uitgeskakel word nie dat eerste appellant dit in die opgewondenheid en spanning van die oomblik verkeerd vertolk het, en toe geskrik en geskiet het en dat oorledene al bewegende sy kop of lyf só kon gedraai het dat die skoot sy kop toe van agter getref het sonder dat hy werklik aan die wegvlug was. Dit is om dieselfde redes ewe moontlík dat eerste appel= lant nie op daardie spanningsvolle oomblik die moontlik= heid besef het dat die skoot oorledene kon dood nie. 'n Redelike mens in sy omstandighede sou die gevaar daarvan nietemin besef het. Deur so te skiet was eerste appellant derhalwe nalatig. Vgl bv S v Sephuti 1985 (1) S A 9(A) op 12 H - 13 D. Van moord kan daar gevolglik nie sprake wees nie. Maar eerste appellant is bo redelike
/twyfel ...
34.
twyfel skuldig aan strafbare manslag. Sy skuldigbevind= ing aan moord en die doodvonnis aan hom opgelê moet der= halwe tersyde gestel word.
Nou moet hy opnuut gestraf word. Die nalatige doodskiet van 'n medemens is weliswaar 'n ernstige vergryp, maar die grade van sulke nalatigheid en die daarmee ge= paardgaande strafwaardigheid kan van geval tot geval ge-weldig verskil. En hoe minder die graad van nalatigheid hoe minder die strafwaardigheid, behalwe in uitsonderlike gevalle, waarvan die onderhawige nie een is nie.
Eerste appellant was weens omstandighede buite sy beheer onverwags ingetrek by die moeilikheid tussen oorledene en Goolam en moes vinnig optree in 'n gevaarlike en hoogs vloeibare situasie.Ek is derhalwe van mening dat die nalatigheid hier ter sprake nie van 'n baie ern= stige graad is nie. Eerste appellant se strafwaardig= heid is daardeur gevolglik ook wesenlik verminder. By bepaling van sy straf is die sielswroeging wat hy moes
/verduur ...
35.
verduur gedurende sy elf maande-lange verblyf in die dodesel ook 'n faktor waarmee rekening gehou moet word. Na my mening sal 'n gepaste bestraffing hier 'n vonnis wees van twee jaar gevangenisstraf wat in die geheel voorwaardelik vir drie jaar opgeskort is.
Die volgende bevele word derhalwe gemaak.
1. (a) Die appel van eerste appellant slaag
gedeeltelik.
(b)Sy skuldigbevinding aan moord en die
doodvonnis aan hom opgelê word tersyde gestel en word vervang deur 'n skuldig= bevinding aan strafbare manslag en deur Vi vonnis van twee jaar gevangenisstraf wat in die geheel vir 3 jaar opgeskort word op voorwaarde dat hy nie skuldig bevind word aan moord of aan strafbare manslag waarvan aanranding 'n element is en wat gepleeg is binne die tydperk van
/opskorting ...
36. opskorting nie.
Die appèl van tweede appellant slaag en sy skuldigbevinding en vonnis word tersyde gestel
M.T. STEYN WN AR
BOTHA AR
STEM SAAM NESTADT AR