South Africa: Supreme Court of Appeal

You are here:
SAFLII >>
Databases >>
South Africa: Supreme Court of Appeal >>
1987 >>
[1987] ZASCA 47
| Noteup
| LawCite
S v Pieters (323/1986) [1987] ZASCA 47 (21 May 1987)
Download original files |
LL
1987-05- 21
Saak No 323/1986
IN DIÉ HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
APPèLAFDELING
In die saak tussen:
JOSEPH PIETERS
Appellant
en
DIE STAAT
Respondent
CORAM:
RABIE WN HR, VILJOEN et BOTHA ARR
VERHOORDATUM: 27 FEBRUARIE 1987
LEWERINGSDATUM: 21 MEI 1987
UITSPRAAK
/BOTHA AR
BOTHA AR:-
Die appellant is ter dood veroordeel weens ver= kragting. Teen dié vonnis, wat hom opgelê is in die Provinsiale Afdeling Kaap die Goeie Hoop, kom hy na hier= die Hof in hoër beroep, met verlof van die Verhoorregter (DE KOCK R).
Die vonnis waarom dit hier gaan, is die appellant opgelê ten opsigte van sy skuldigbevinding op die tweede van drie aanklagte waarop hy tereggestaan het. Die ver= kragting waarop die tweede aanklag betrekking het, het plaasgevind op 2 Maart 1985. Die eerste aanklag teen die appellant het ook betrekking gehad op verkragting, maar dié oortreding het bykans 10 jaar vantevore plaasgevind, op 2 Mei 1975. Die derde aanklag was een van roof met verswarende omstandighede, verbandhoudend met die gebeure betrokke by die tweede aanklag. Met die aanvang van die verhoor het die appellant 'n pleit van skuldig op al drie die aanklagte aangebied. Die Staat het die pleit aanvaar
/slegs ...
3.
slegs ten opsigte van die eerste aanklag.Op daardie aanklag is die appellant gevonnis tot 10 jaar gevangenis= straf.Dit is onnodig om aandag te skenk aan die feite betrokke by die eerste aanklag of die vonnis wat in daar= die verband opgelê is. Wat die derde aanklag betref, hoef daar ook net vermeld te word dat die appellant op dié aanklag tot 5 jaar gevangenisstraf gevonnis is. Ver= volgens bepaal ek my alleenlik tot die feite en die von= nis ten aansien van die tweede aanklag.
Die appellant was ten tyde van die pleeg van die misdaad 'n man van 35 jaar.Sy slagoffer was 'n meisie van 16 jaar - 'n skooldogter in standerd 8. Ten tyde van die gebeure het sy egter nie meer skoolgegaan nie, omdat sy swanger was.Sy was ongeveer 7 maande swanger toe sy verkrag is. (Sy is sedertdien getroud met die vader van die kind wat sy verwag het, ná die kind se geboorte.) Die verkragting het plaasgevind in die ouerhuis van die klaagster, op 'n Saterdagoggend.Sy was alleen tuis; haar
/vader .. .
4.
vader het die vorige dag op 'n oorsese besoek vertrek en haar moeder was dorp toe. Die appellant het gereeld op Saterdae vir die klaagster se vader kom werk as 'n hand= langer saam met 'n span ander werkers wat onder andere besig was met die oprigting van sekere buitegeboue op die perseel.Op die betrokke oggend is die appellant na die perseel vervoer in 'n paneelwa, saam met die voor= man van die span werkers. Volgens die getuienis van die voorman het die appellant na wyn geruik, maar was sy voor= koms heeltemal normaal; hy het geen tekens getoon dat hy dronk was of aangetas was deur drank nie; te oordeel na die manier waarop hy aanvanklik sy werk gedoen het, kon hy nie baie wyn gedrink het nie.In 'n stadium het die appellant die werksterrein verlaat en gesê hy gaan na die toilet toe. Hy het nie teruggekeer nie. Die voorman en ander werkers het na hom gaan soek, maar hulle kon hom nêrens kry nie.Volgens die voorman het die appellant, na aanleiding van 'n gesprek wat die twee van hulle op 'n
/vroeëre ...
5.
vroeere geleentheid gehad het, goed geweet dat die klaag= ster swanger was.
In werklikheid het die appellant na die woon= huis gegaan waar die klaagster was en onder 'n valse voor= wendsel toegang tot die huis verkry. Hy het aan die klaagster gevra om vir hom die deur oop te maak, omdat hy sekere werk binne die huis moes doen.Dit was onwaar; hy het geen werk in die huis te doen gehad nie. Die klaagster het vir hom die voordeur oopgemaak.Die klaag= ster se getuienis oor wat daarna gebeur het, was in bree trekke soos volg.In die sitkamer het die appellant haar aan die skouers gegryp en wou haar grond toe dwing. Sy het haar verset en met hom gestoei en baklei.Hy het haar aanhoudend met die vuis geslaan.Sy het geskree en hy het haar gewurg, terwyl hy haar in kru taal gesê het dat hy met haar gemeenskap gaan hê.Sy het aan hom gesê hy gaan haar kind doodmaak, waarop hy gesê het dit maak nie saak nie.Hy het steeds aangehou arn haar teen die kop
/te ...
6.
te slaan en te wurg. Op 'n stadium het hy 'n swaaibeweging na haar uitgevoer. Naderhand het sy op die grond beland. Sy het die hef van 'n mes langs haar gesien lê en dit op= getel, maar hy het dit uit haar hand geklap. Op die grond het sy nog steeds met hom gestoei en probeer om hom weg te druk met haar voete. Hy was te sterk vir haar en toe, terwyl hy steeds haar keel toegedruk het, het hy haar verkrag.Daarna het hy haar aan die arm na die kombuis gesleep, oor 'n trappie. Sy het baie pyn gehad, sy kon nie asem kry nie en die bloed het in haar keel af geloop. Hy het haar toe gelos en gésê hy soek 'n mes en hy soek kos.Sy het probeer wegkom na haar kamer, maar hy het haar weer pp die grond laat beland, haar geskop en geslaan, rondgepluk, en haar kop teen die grond gestamp. Hy het haar gesleep na die voorportaal, en toe gesê hy wil geld hê, waarop hy haar na haar slaapkamer gesleep het en haar gedwing het om haar beursie te vat en R20 wat daarin was, uit te haal en aan hom te oorhandig.Daarna het hy haar
/gesleep ...
7.
gesleep na die kombuis, terwyl hy in kru taal gedreig het dat hy haar gaan doodmaak. In die kombuis het hy sy aanranding op haar voortgesit op dieselfde wyse, deur haar te skop, te slaan en te wurg, terwyl sy deurentyd probeer het om haar buik te beskerm deur haar bene op te trek. Daar in die korabuis het hy toe weer gemeenskap met haar gehad. Daarna het hy 'n kierie gevat wat daar naby was en haar herhaaldelik op haar lyf geslaan daarmee, weer eens met die dreigement dat hy haar wou doodmaak. Toe het hy 'n leë wynbottel gevat wat op 'n kas in die kombuis gestaan het, dit op haar kop stukkend geslaan en daarna met die stukkende gedeelte wat nog in sy hand was haar weer 'n paar houe op die kop toegedien. Sy het verlangs 'n geluid by dié deur gehoor, en daarop het die appellant op die vlug geslaan. Kort daarna het die klaagster se moeder by haar gekom. Volgens die moeder se getuienis het sy die klaagster in 'n bebloede bondeltjie aangetref waar sy gelê het onder die trap. Sy kon skaars asemhaal
/of ...
8.
of praat en het geroggel; sy het gedink die klaagster was
"amper dood". Sy het haar dadelik hospitaal toe
geneem.
Die klaagster het ses dae lank in die hospitaal gebly terwyl sy behandeling ontvang het vir haar beserings. Toe haar vader, wat sy oorsese besoek kortgeknip het, haar drie dae na die voorval in die hospitaal besoek het, kon hy sy eie dogter glad nie herken nie. Foto's van die klaagster se gesig na die aanranding, wat as bewysstukke ingelewer is, toon waarom dit so is. Daardie foto's, asook dié van die beserings op haar liggaam, is sprekende getuienis van die wreedaardigheid van die aanval waaraan die klaagster onderwerp was. Die geneesheer wat haar behandel het, het in getuienis haar beserings beskryf. Om dit kort te stel: sy het erge kopbeserings gehad, met veelvuldige kneuswonde, laserasies en gevolglike konkussie; kneuswonde oral oor haar liggaam; en vier oppervlakkige steekwondjies onder haar regter armholte. Opsommend
/het ...
9
het die dokter gesê: "Ons sien baie beseerde mense, maar selde dat 'n mens iemand sien met sulke veelvuldige beserings."Een kneuswond aan haar bobuik was poten= sieel lewensgevaarlik vir haar en haar ongebore kind. Haar hoofbeserings sou kon lei tot langdurige pyn en on= gemak in haar nek. Die prognose in dié verband is on= seker.
Wat betref die sielkundige uitwerking van die verkragting op die klaagster, het sy self getuig dat sy in haar daaglikse lewe deur klein dingetjies, soos geluide buitekant die huis, gepla word, omdat dit weer telkens die voorval in haar gedagtes laat terugkom.Klaarblyk= lik vind sy dit moeilik om die herinnering van die ge= beurtenis af te skud en te verwerk.Sy word ook gepla met nagmerries. Ten tyde van die verhoor het sy nog siel= kundige behandeling ontvang. Die sielkundige wat haar behandel het, het getuig dat, alhoewel die klaagster haar goed aangepas het by haar huwelik en haar moederskap, sy
/onderhewig ...
10.
onderhewig was aan heelwat spanning en angs. Sy openbaar wat genoem word "definitiewe vermydingsgedrag", wat onder meer behels dat sy 'n valse "front" van kalmte en vrolik= heid probeer volhou, ter onderdrukking van die angs wat sy in werklikheid ondervind. Dit is 'n toestand wat ver= dere sielkundige terapie noodsaaklik maak. Die sielkun= dige kon nie 'n mening uitspreek oor die vraag of , en in= dien wel, wanneer die klaagster se simptome sou opklaar nie. Ook in hierdie verband is die prognose dus onseker.
Die appellant het nie getuienis afgelê nie.
In sy uitspraak met vonnisoplegging het DE KOCK R die volgende gesê:
"Jy het toegang tot die huis waarin die klaag= ster was, verkry onder die voorwendsel dat jy opdrag ontvang het om werk binne-in die huis te verrig.Daardie voorwendsel was vals en was slegs die metode wat jy gebruik het om toegang tot die huis te verkry. Nadat jy binne-in die huis was het jy feitlik onmiddellik daar= toe oorgegaan om die klaagster op 'n brutale wyse te lyf te gaan en daarna te verkrag.Jy het haar veelvuldige beserings toegedien in die loop
/van ...
11.
van 'n volgehoue aanranding op haar waartydens jy haar onder andere op die vloer gegooi het, haar gewurg het, haar met 'n geskoende voet geskop het en met die vuis geslaan het, haar met 'n wandelstok geslaan het, haar met 'n leë wynbottel aangerand het sodat dit gebreek het, haar in die huis rondgesleep en haar kop teen die vloer gestamp het. Jy het boonop in die loop van die aanranding gedreig om haar om die lewe te bring. Die Hof neem in aanmerking dat jy die klaagster oorrompel het in haar ouer= huis terwyl sy alleen was en terwyl sy weerloos was en terwyl jy geweet het of ten minste 'n sterk vermoede gehad het dat sy swanger is.
Ek het in ag geneem wat jou advokaat in strafversagting gesê het en jou persoonlike om= standighede sover dit aan die Hof bekend is. Jy self het nie getuig nie, sodat daar weinig voor die Hof is wat enigsins jou optrede ver= duidelik of die gesindheid waarmee jy gehandel het nie. Ek neem in aanmerking dat jy vandag 'n volwasse man van 35 jaar is. Ek neem in aan= merking dat jy drank ingehad het. Dit blyk dat jy vorige veroordelings op jou kerfstok het. Jy is die eerste keer aan 'n misdaad skuldig be= vind toe jy slegs 15 jaar oud was en daarna het jy gereeld op aanklagte in die Hof verskyn en is jy vir lang periodes na die gevangenis gestuur Onder jou vorige veroordelings is daar een vir aanranding met die opset om te verkrag waarvoor jy 18 maande gevangenisstraf opgelê is. Dié misdaad is in 1971 gepleeg. Alhoewel dit nie teen jou in aanmerking geneem word as 'n vorige veroordeling nie, is daar nogtans die feit dat
die eerste aanklag teen jou in die saak wat tans
/voor ...
12.
voor die Hof dien, een is van verkragting wat jy gepleeg het en erken jy gepleeg het in 1975.
Wat die karakter van die klaagster betref en haar ouderdom en haar agtergrond, is dit ook faktore wat die Hof in aanmerking behoort te neem.In hierdie verband sien ek nie oor die hoof dat sy op die jeugdige ouderdom van 16 jaar en as 'n ongehude persoon, alreeds verwagtend was nie.Daarvan moet egter nie afgelei word dat dit 'n faktor is wat sterk teen haar tel nie. Sy het geensins voorgekom as 'n goedkoop of losban= . dige meisie nie.Inteendeel, sy het die Hof beindruk as 'n verfynde, beskaafde en ordentlike persoon wat klaarblyklik uit 'n goeie ouerhuis kom.Jou misdryf het haar in haar vroulike eer, integriteit en privaatheid aangetas op 'n wyse wat waarskynlik moeilik begryp kan word deur iemand wat nie so 'n ondervinding ondergaan het nie. Die gebeure moes vir haar 'n afgryslike ondervinding gewees het. Wat die liggaamlike nagevolge daarvan sal wees is nie duidelik nie. Volgens die mediese getuienis kan daar fisiese probleme ontstaan as gevolg van die beserings wat sy opgedoen het aan haar nek en kop.
Wat die uitwerking van hierdie voorval op haar emosionele en geestelike lewe gaan wees kan ook nie nou bepaal word nie, maar dit is duide= lik dat die effek van die daad op die gemoed van die klaagster geweldig moes gewees het.
Wat jou eie karakter betref en jou persoon= like omstandighede, is daar geen getuienis voor die Hof dat jy 'n emosioneel onstabiele persoon
/is
13.
is nie of enige ander probleme ervaar wat kan meebring dat die misdryf in 'n minder ernstige lig gesien kan word nie.Jy is nie meer 'n jeugdige persoon nie en feitlik die enigste faktor wat namens jou aangevoer is wat versagtend kan werk is dat jy tot 'n mate onder die invloed van drank was.Dit is egter duidelik uit die getuienis dat drank in hierdie geval 'n geringe rol gespeel het.By die oorweging van wat 'n gepaste vonnis is, moet die Hof al die omstan= dighede in ag neem, insluitende soos ek reeds gesê het, jou persoonlike omstandighede, die belange van die gemeenskap en die erns van die misdaad. Die Appèlhof het meermale neergelê dat in 'n geval van hierdie aard, die doodstraf slegs in uiterste gevalle gepas is.Dit be= teken, soos neergelê in die saak S v Tshomi en 'n Ander, 1983 (3) SA 662 (A) dat die verhoor= regter nie die doodstraf moet oplê nie tensy hy van oordeel is dat die misdryf van so 'n ernstige aard is dat die doodstraf die gepaste vonnis sal wees.Ek het na sorgvuldige oorweging tot die gevolgtrekking gekom dat in die lig van die ernstigheid van die misdaad wat hier gepleeg is en al die ander feite van die geval, die dood= straf na my mening hier wel die gepaste straf is."
Uit die voorgaande aanhaling blyk dit na my oor= deel, met eerbied, dat die Verhoorregter 'n weloorwoë en ewewigtige benadering aan die dag gelê het met betrekking tot vonnisoplegging in hierdie saak.
/Namens ...
14.
Namens die appellant het sy advokaat egter be= toog dat hierdie Hof die doodvonnis wat die Verhoorregter opgelê het tersyde behoort te stel en dit behoort te ver= vang deur 'n lang termyn van gevangenisstraf. Ter onder= steuning van die betoog is daar verskillende gronde aan= gevoer waarop hierdie Hof geregverdig sou wees om die von= nis te verander.Alvorens ek daardie gronde afsonderlik behandel, meen ek dat dit wenslik is om eers 'n paar op= merkings van 'n algemene aard te maak.
Met betrekking tot appèlle teen vonnis in die algemeen is daar herhaaldelik in talle uitsprake van hierdie Hof beklemtoon dat vonnisoplegging berus by die diskresie van die Verhoorregter.Juis omdat dit so is, kan en sal hierdie Hof nie ingryp en die vonnis van 'n Verhoorregter verander nie, tensy dit blyk dat hy die diskresie wat aan hom toevertrou is nie op 'n behoorlike of redelike wyse uitgeoefen het nie.Om dit andersom te stel:daar is ruimte vir hierdie Hof om 'n Verhoorregter
/se ...
15.
se vonnis te verander alleenlik as dit blyk dat hy sy diskresie op 'n onbehoorlike of onredelike wyse uitgeoefen het. Dit is die grondbeginsel wat alle appèlle teen vonnis beheers. Met die toepassing van daardie begin= sel in individuele gevalle word daar in die uitsprake van hierdie Hof van tyd tot tyd verskillende toetse, hulp= middels en maatstawwe geformuleer en aangewend om, na gelang van die besondere omstandighede wat onder behandel= ing is, te bepaal of ingryping geregverdig sou wees. Wat dit betref, is daar soms verskille in die bewoording wat in verskillende uitsprake aangetref word.Sulke ver= skille moet met omsigtigheid benader word, want dit sou verkeerd wees om - soos advokate te dikwels geneig is om te doen - 'n oënskynlik algemene stelling, wat toepaslik is in die samehang van die besonderé feite wat behandel word, uit die verband van 'n uitspraak as geheel te neem en te probeer, amper asof dit die krag van 'n statutêre voorskrif het of 'n wet van Mede en Perse is, om dit op 'n
/andersoortige ..
16
andersoortige stel feite toe te pas waarop dit in der waarheid nie
toepaslik is nie. Dit is daarom dat ek hierbo weer eens die grondbeginsel
beklemtoon het: per slot van sake is dit daardie beginsel wat uiteindelik en
altyd van deurslaggewende belang is. In verband met
daardie beginsel sou ek nog
net een verdere odrweging wou byvoeg. Hierbo het ek verwys na gevalle waar "dit
blyk" dat die Verhoorregter
sy diskresie op 'n onbehoor= like of onredelike wyse
uitgeoefen het. Dit moet ver= staan word in die sin dat hierdie Hof op
appèl
daarvan oortuig moet wees dat die uitoefening van die diskresie op
onbehoorlike of onredelike wyse geskied het. Na my mening spreek
dit eintlik
vanself, want, juis omdat hier= die Hof nie sonder meer 'n eie diskresie het om
uit te oefen nie, sou daar sonder sodanige
oortuiging geen vol= doende rede
bestaan om in te gryp nie.
Die eerste grond wat die appellant se advokaat aangevoer het ter ondersteuning van sy betoog was dat
/die ...
17.
die Verhoorregter 'n mistasting begaan het. Indien dit sou blyk dat daar 'n mistasting begaan is, van die aard en omvang wat aangedui is in S v Pillay 1977 (4) S A 531 (A) op 534H - 535G, dan sou dit beteken dat die Verhoor= regter nie sy diskresie behoorlik uitgeoefen het nie. Die betoog ten aansien van die aangevoerde mistasting in die huidige saak is egter sonder enige verdienste. Die beweerde mistasting was kort en saaklik dit: dat die Verhoorregter nie in sy uitspraak oorweging geskenk het aan die oplegging van 'n lang termyn van gevangenisstraf, as 'n moontlike alternatiewe vonnis tot die oplegging van die doodstraf nie. Alhoewel die Verhoorregter nie in sy uitspraak uitdruklik melding maak van die moontlike al= ternatief van gevangenisstraf in plaas van die doodstraf nie, is dit na my mening heeltemal ondenkbaar dat hy nie inderdaad daardie moontlike alternatief oorweeg het nie. Waar 'n Verhoorregter in 'n ernstige verkragtingsaak oor= weeg of hy die diskresionêre doodvonnis gaan oplê, kan
/hy ...
18
hy nie anders as om terselfdertyd die alternatief van gevangenisstraf
te oorweeg nie, want hierdie twee moont= likhede is per slot
van sake die
enigste alternatiewe waaroor hy denkbaar kan besin.Maar die betoog was verder
dat die Verhoorregter dan hier gefouteer
het deur nie in sy uitspraak aan die
appellant te verduide= lik waarom hy besluit het om nie gevangenisstraf op te
lê in plaas
van die doodstraf nie. Hierdie betoog het ook niks om die lyf
nie.Die Verhoorregter het gesê dat die doodstraf na sy mening
die gepaste
straf is, in die lig van die ernstigheid van die misdaad wat hier gepleeg is en
al die ander feite van die geval. Die
ernstigheid van die misdaad en die ander
feite van die geval blyk uit die voorafgaande uiteensetting vervat in sy
uitspraak. As 'n
kwessie van eenvoudige logika rmoet die oorwegings wat die
Verhoorregter gelei het tot sy mening dat die doodstraf die gepaste straf
was,
terselfdertyd ook die oorwegings was waarom hy gevange=
/nisstraf ...
19.
nisstraf nie as 'n gepaste straf beskou het nie. Dit was nie nodig nie - trouens, dit sou onsinnig gewees het - om weer alles te herhaal wat hy alreeds in sy uitspraak behandel het.
Die tweede grond wat die appellant se advokaat ter ondersteuning van sy betoog aangevoer het, het hier= op neergekom:'n lang termyn van gevangenisstraf in die huidige geval sou 'n gepaste vonnis gewees het, met die oog op die bekende aspekte van straftoemeting, soos afskrikking, vergelding, rehabilitasie, en so meer; die doodvonnis vir verkragting behoort slegs opgelê te word as dit die enigste gepaste straf in die omstan= dighede van die geval is; daaruit volg dit dat die doodstraf in die huidige geval 'n skokkende onvanpaste vonnis is. Na my mening is die benadering wat in hierdie betoog weerspieël word verkeerd. Dit negeer die fundamentele uitgangspunt dat die Verhoorregter beklee was met 'n diskresie om op die gepaste vonnis te
/besluit ...
20.
besluit.Die betoog is onlogies en in stryd met die werklikheid, want dit veronderstel dat, soos 'n mens tussen die dag en die nag kan onderskei, dit objektief moontlik is om met sekerheid 'n skeidslyn te trek tussen gevalle van verkragting waar 'n lang termyn van gevange= nisstraf, sê 20 jaar, nie 'n gepaste vonnis sou wees nie en dus slegs die doodstraf. aangewese sou. wees, en gevalle waar dit nie die posisie is nie.In die prak= tyk is so 'n presiese skeidslyn, behalwe miskien in uit= sonderlike gevalle, nie bestaanbaar nie.Dit kan nie wees dat, bloot omdat 'n vonnis van sê 20 jaar gevangenis= straf nie 'n opvallend onaanvaarbare vonnis sou gewees het nie, dit daarom volg dat die doodstraf nie 'n gepaste vonnis is nie.Die starheid van die gedagte dat die doodstraf vir verkragting slegs opgelê kan word as dit die enigste gepaste straf is, is verwerplik. Dit is in werklikheid 'n poging om, in 'n ander gedaante, die spook van die sogenaamde "uiterste gevalle" te laat
/herrys ....
21.
herrys, nadat dit alreeds besweer is deur die uitspraak van hierdie Hof in S v Tshomi en 'n Ander 1983 (2) S A 662 (A) op 666. Dit is inderdaad opvallend dat in die aanhaling uit S v K en 'n Ander 1972 (2) S A 898 (A) op 902 A, wat in die Tshomi-saak bespreek is (kyk op 666 D-E), die frase "uiterste gevalle" direk gelyk= gestel is aan "gevalle waar dit by oorweging blyk dat selfs 'n lang tydperk van gevangenisstraf in die betrokke omstandighede nie 'n gepaste straf sou wees nie" , wat maar net 'n ander manier is om te sê dat die doodvonnis die enigste gepaste vonnis sou wees. Alles wat die HOOFREGTER in Tshomi se saak gesê het oor "uiterste gevalle" is gevolglik eweseer van toepassing op die gedagte dat die doodstraf die enigste gepaste straf moet wees.
Ter ondersteuning van die eerste twee gronde van die betoog namens die appellant, hierbo bespreek, het sy advokaat staatgemaak op twee uitsprake van hierdie
/Hof ...
22
Hof: S v Swem, gelewer op 28 November 1986 en onge= rapporteer, en S v Bapela and Another 1985 (1) S A 236 (A) . Die uitspraak in Swem se geval hoef nie apart in oënskou geneem te word nie, omdat daarin slegs met goedkeuring verwys is na 'n gedeelte van die uitspraak in die Bapela-saak. Die uitspraak in die Bapela-saak moet van naderby beskou. word, omdat daarin uitlatings voorkom wat op die oog af wel steun skyn te bied aah die bogenoemde twee gronde van die betoog namens die appellant. Hierdie uitlatings kom voor in twee pas= sasies in die uitspraak van VILJOEN AR. Die eerste is op 245 B, waar daar gesê word dat
" .... the death penalty should only be re= sorted to where, having regard to all the relevant considerations, it is the only ap= propriate sentence to be imposed."
Die tweede is op 245 F-G, waar daar, in
die loop van
'n kritiese bespreking van die uitspraak van die
Verhoor=
regter in daardie saak, die volgende gesê word:
/"Admittedly ...
* Sedert die skrywe hiervan gerapporteer as S v S 1987 (2) S A 307 (A).
23.
"Admittedly it was a serious case but there is no indication in the judgment on sentence that the learned trial Judge considered whether an alternative sentence, such as a lengthy term of imprisonment, would not suf= ficiently have satisfied the deterrent, puni= tive and reformative aspects of punishment. Save for emphasizing the seriousness of the offences he has not stated why he regarded the death sentence as the only appropriate sentence."
Alhoewel die aangehaalde uitlatings, volgens die oënskyn= lik algemene strekking daarvan, op die oog af lyk asof hulle ook op die huidige geval van toepassing kan wees, is dit inderdaad tog nie die posisie nie, soos sal blyk uit 'n noukeurige ontleding van die samehang waarin hulle gemaak is, naamlik die hele beredenering van VILJOEN AR wat begin op 244 B en loop tot 246 B, gelees teen die agtergrondsomstandighede van daardie saak. Drie beskuldigdes het voor VERMOOTEN R en assessore teregge-staan op 'n aantal aanklagte, waarvan die hoofaanklag een was van roof met verswarende omstandighede. 'n Skeiding van verhore is gelas met betrekking tot beskuldigde
/3 ...
24
3, sodat die verhoor van slegs beskuldigdes 1 en 2 voor VERMOOTEN R voortgegaan het. Hulle is skuldig bevind, onder andere op die hoofaanklag, en ten opsigte daarvan het VERMOOTEN R elk van hulle die diskresionêre doodstraf opgelê. Beskuldigde 3 is afsonderlik verhoor voor MARGO R, en is ook op die hoofaanklag skuldig bevind, maar hy is gevonnis tot 20 jaar gevangenisstraf.Be= skuldigdes 1 en 2 het teen hulle vonnisse geappelleer. In sy uitspraak het VILJOEN AR daarop gewys (op 244 B/C) dat VERMOOTEN R die doodstraf opgelê het in die uitoefening van sy diskresie, en in dië verband verwys na die uitspraak van HOLMES AR in S v Letsolo 1970 (3) S A 476 (A).Laasgenoemde saak het gegaan oor die oplegging van die diskresionêre doodstraf in die geval van moord waar daar bevind word dat versagtende omstan= dighede aanwesig is, ingevolge artikel 330 (1) van die vorige Strafproseswet (artikel 277 (2) van die huidige Strafproseswet). VILJOEN AR het die volgende gedeelte
/van ...
25
van die uitspraak van HOLMES AR aangehaal:
".... the trial Judge has a discretion, to be exercised judicially on a consideration of all relevant facts including the criminal record of the accused, to decide whether it would. be appropriate to take the drastically extreme step of ordering him to forfeit his life; or whether some alternative, short of this incomparably utter extreme, would sufficiently satisfy the deterrent, punitive and reformative aspects of sentence. The possibility of. such an alternative should be considered by the trial Judge, in view of the words 'the Court may impose any sen= tence other than the death sentence' in the proviso to s 330 (1) of the Code. And it should be weighed with the most anxious de= liberation for it is, literally, a matter of life and death."
HOLMES AR het hier uiteengesit wat die benadering moet wees van 'n Verhoorregter wat besin oor die uitoefening van sy diskresie ten opsigte van die oplegging van die doodstraf.. Dit is duidelik uit die uitspraak van VILJOEN AR dat dit juis met die oog daarop was dat hy die woorde van HOLMES AR aangehaal het, soos blyk uit wat hy daarna sê (op 244 F) , en waarna ek nou-nou sal
/verwys . ..
26.
verwys. Dit is nodig om daarop te wys dat HOLMES AR in die aangehaalde passasie sekerlik nie te kenne gegee het dat hierdie Hof op appêl sonder meer sy eie beskouing en toepassing van die betrokke oorwegings in die plek sou kon stel van dié van die Verhoorregter nie. Die teendeel blyk uit 'n ander uitspraak van HOLMES AR, in S v Kok, gelewer op 13 September 1973, waarna verwys word in S v Tshomi en 'n Ander supra op 666 G en ook in S v M 1976 (3) S A 644 (A) op 651 D. In laas= genoemde saak (op 651 F) is die volgende woorde van HOLMES AR in S v Kok aangehaal, met verwysing na die uitoefening van die Verhoorregter se diskresie in 'n geval van die oplegging van die doodstraf vir verkragting, en die afwesigheid van enige mistasting in dié verband:
"Accordingly, this Court, lacking such dis= cretion and the atmosphere of the trial Court, and the learned Judge's sight and impression of the appellant, cannot hold that there was an improper exercise of judicial discretion warranting interference on appeal."
/In ...
27.
In die Bapela-saak het VILJOEN AR, na aanleiding van sy aanhaling uit die Letsolo-saak, soos hierbo weerge= gee, en met verwysing na die vonnisoplegging van VER= MOOTEN R, in teenstelling met diè van MARGO R, die vol= gende gesê (op 244 F):
"Did the learned trial Judge consider the possibility of an alternative to the death sentence with the most anxious deliberation? MARGO J certainly did."
Die vraagstelling in hierdie aanhaling bevat die sleutel tot die korrekte beskouing van die hele beredenering van VILJOEN AR wat daarop volg. Die ondersoek was naamlik of VERMOOTEN R die uitoefening van sy diskresie op die wyse benader het wat vereis word volgens die uiteensetting van HOLMES AR. Alles was dus toegespits op wat ek vroeër genoem het die grondbeginsel: of die Verhoorregter sy diskresie op 'n behoorlike en redelike wyse uitgeoefen het. Om dit te bepaal, het VILJOEN AR eerstens verwys na wat MABGO R gesê het toe hy die oorspronklike beskuldigde 3 gevonnis het tot 20 jaar
/gevangenisstraf ...
28.
gevangenisstraf op die hoofaanklag. Ek wil net ter= loops daarop wys dat die stelling van MARGO R (aangehaal op 244 H/I) dat die doodstraf nie opgelê word nie
".... unless there is an absolute compulsion
to that end "
met eerbied gesê, nie aanvaarbaar is nie. Dit stel 'n te hoë en te strakke voorvereiste vir die oplegging van 'n diskresionêre doodvonnis. Die uiteensetting van HOLMES AR in die Letsolo-saak, hierbo aangehaal, wát nog altyd as 'n gesaghebbende beskrywing van die korrekte benadering beskou is, bied sekerlik geen steun vir die stelling van MARGO R nie. In die aanhaling wat VILJOEN AR gee uit MARGO R se uitspraak, word daar verwys na S v Tshomi en 'n Ander supra en na S v Sithole en Andere 1983 (3) S A 610 (A) . In hierdie verband meld VILJOEN AR (op 244 I) dat daar in die Tshomi-saak gewaarsku is teen 'n letterlike opvatting van die uit= drukking "extreme case", en dat daar in die Sithole-saak daarop gewys is dat die moontlikheid dat 'n skuldig
/bevinde ...
29.
bevinde rower gerehabiliteer kan word, nie beteken dat 'n tydperk van gevangenisstraf die enigste gepaste straf is nie, maar dat dit slegs iets is wat oorweeg moet word saam met al die relevante omstandighede, versagtend en verswarend. Daarna gaan VILJOEN AR soos volg voort (op 245 B):
"I agree, however, with MARGO J that subject to these considerations the broad principle remains and that is that the death penalty should only be resorted to where, having re= gard to all the relevant considerations, it is the only appropriate sentence to be imposed. The consideration should always be that which was expressed by HOLMES JA in Letsolo's case supra in the following words:
'.... whether some alternative, short of this incomparably utter extreme, would sufficiently satisfy the deterrent, puni= tive and reformative aspects of punish= ment.Hierdie gedeelte van die Bapela-uitspraak noodsaak kom= mentaar in twee opsigte. In die eerste plek is ek oortuig daarvan dat VILJOEN AR nie bedoel het dat sy verwysing na die doodstraf as "the only appropriate
/sentence ...
30.
sentence to be imposed" in 'n letterlike sin verstaan moes word nie. Hy het pas vantevore melding gemaak van die Tshomi-saak, waarin beslis is dat die uitdruk= king "uiterste geval" nie letterlik opgevat moet word nie.Soos ek vroeer reeds opgemerk het, na aanleid= ing van wat gesê is in S v K en 'n Ander supra., is die gedagte van 'n "uiterste geval" noodwendig gekoppel aan die gedagte van die doodstraf as "die enigste gepaste vonnis".As die een uitdrukking nie letterlik opge= neem kan word nie, kan die ander ook nie letterlik opge= neem word nie.Na my oordeel het VILJOEN AR klaar= blyklik maar net op 'n grafiese wyse uiting gegee aan die gedagte dat die Verhoorregter die moontlike oplegging van die uiterste vonnis met die grootste omsigtigheid moes oorweeg het, binne die raamwerk van HOLMES AR se uiteensetting in die Letsolo-saak.In die tweede plek is dit duidelik dat VILJOEN AR nie beoog het om n algemeen-geldende, objektiewe maatstaf neer te lê
/waarvolgens ...
31
waarvolgens hierdie Hof self, ter substitusie van die Verhoorregter se diskresie, moet beslis of die doodstraf die gepaste vonnis is-nie.Soos reeds gesê, was sy ondersoek toegespits op die vraag of die Verhoorregter sy diskresie behoorlik en redelik uitgeoefen het. Dit blyk ook uit wat VILJOEN AR voortgegaan het om te sê (op 245 C/D):
"A perusal of the learned trial Judge's re= marks on sentence on count 1 satisfies me that, in spite of his assertion that he held all the factors in fine balance and that he was cautious not to overemphasize one at the cost of the other, he laid particular stress on the seriousness of the offence and he failed to weigh this up properly w.ith the mitigating factors."
Die woorde wat. ek beklemtoon het, toon aan dat die Hof in die uitspraak van VERMOOTEN R voldoende aanduidings gevind het om 'n bevinding te regverdig dat hy sy dis= kresie nie op 'n redelike wyse uitgeoefen het nie. Dit blyk ook uit die verdere bespreking van sy uitspraak deur VILJOEN AR, vanaf 245 D tot H, waarin die opmerk= ings voorkom (op 245 F-G) wat ek vroeër hierbo aangehaal
/het ...
32.
het, in verband met VERMOOTEN R se versuim om aan te dui dat hy 'n alternatiewe vonnis van gevangenisstraf oorweeg het en waarom hy die doodstraf as die enigste gepaste vonnis beskou het. VILJOEN AR het voorts ook daarop gewys dat VERMOOTEN R 'n feitelike mistasting begaan het, wat op sigself nie belangrik was nie, maar tog in aanmerking geneem is in die samehang van sy al= gemene benadering tot die uitoefening van sy diskresie. Al hierdie oorwegings het dan uiteindelik gelei tot die bevinding van VILJOEN AR op 246 A/B:
"Inasmuch as VERMOOTEN J had misdirected himself, it is the duty of this Court to impose sentence afresh."
Die voorgaande ontleding van die uitspraak in die Bapela-saak toon aan dat hierdie Hof in daardie saak daarvan oortuig was dat die Verhoorregter nie sy diskresie op 'n redelike manier uitgeoefen het nie, uit hoofde van die inhoud van die Verhoorregter se uitspraak met vonnisoplegging en met verwysing na die besondere
/omstandighede ...
33.
omstandighede van daardie geval.In aansluiting by die algemene opmerkings wat ek vroeër in hierdie uit= spraak gemaak het, sou dit verkeerd wees om brokkies uit die verband van die Bapela-uitspraak te haal en dit op die omstandighede van die huidige saak van toe= passing te probeer maak. In teenstelling met die posisie in die Bapela-saak, is daar in die huidige saak geen aanduiding hoegenaamd te vind in die uitspraak van die Verhoorregter dat hy die uitoefening van sy diskresie nie met die grootste omsigtigheid benader het of dat hy in enige opsig 'n mistasting begaan het nie.Gevolglik bied die Bapela-saak geen steun aan die betoog namens die appellant in hierdie saak nie.
Die derde grond wat die appellant se advokaat aangevoer het ter ondersteuning van sy betoog, het op die volgende neergekom: hierdie Hof moet homself die vraag afvra of hy, as hof van eerste instansie, die appellant die doodvonnis sou opgelê het; die vraag
/behoort ...
34.
behoort ontkennend beantwoord te word, vanweë sekere oor= wegings wat aan ons voorgelê is (waarop ek later sal terugkom); gevolglik is daar so 'n treffende wanverhoud= ing tussen die vonnis wat hierdie Hof sou opgelê het en dié wat die Verhoorregter opgelê het, dat hierdie Hof verplig is om in te gryp en die vonnis te verander. Die appellant se advokaat het aanvaar dat die strekking van hierdie betoog in stryd is met die benadering van hierdie Hof in S v M 1976 (3) S A 644 (A) op 650, soos dit ook in daaropvolgende sake toegepas is (kyk bv S v Ntuli 1978 (1) S A 523 (A) op 527 D), en het derhalwe aangevoer dat die benadering in S v M verkeerd was en omvergewerp behoort te word.Dit is dus nodig om die beslissing in S v M van naderby te beskou.
In S v M was die Hof gemoeid met 'n appèl teen 'n doodvonnis wat opgelê was vir verkragting. Daar is nie aangevoer namens die appellant dat die Verhoorregter 'n mistasting begaan het of dat daar enige onreëlmatigheid
/begaan ...
35.
begaan is nie (kyk op 648 G); die ondersoek was dus net toegespits op die redelikheid of andersins van die wyse waarop die Verhoorregter sy diskresie uitgeoefen het. Om my sienswyse te verduidelik van wat MULLER AR in sy uitspraak in hierdie verband gesê het, sonder om verstrik te raak in 'n verwarring van woorde, is dit nodig om taam= lik breedvoerig uit sy uitspraak aan te haal, en ter wille van gerief van terugverwysing sal ek dit doen by wyse van genommerde paragrawe.Nadat MULLER AR ver= skillende uittreksels uit vorige uitsprake aangehaal het, het hy die volgende gesê:
"(1) Soos uit die voorgaande passasies blyk, is daar oor die jare verskillende toetse toegepas vir die vasstelling of 'n opge= legde straf sodanig is dat hierdie Hof bevoeg is om daarmee in te meng. So het hierdie Hof, bv., soms vir homself die vraag afgevra of die vonnis waarteen geappelleer word skokwekkend is (,,induces a sense of shock"), in sommige gevalle weer was die vraag of die vonnis skrik= wekkend onvanpas is ("startlingly inap= propriate") en dan weer in ander gevalle of daar 'n treffende wanverhouding ("striking
/disparity") ...
36.
disparity") is tussen die opgelegde vonnis en die vonnis wat hierdie Hof sou opgelê het indien hy as 'n hof van eerste instansie sou opgetree het.
(2) Na my mening kom die verskille in termino= logie maar net neer op verskillende wyse waarin 'n praktiese toets geformuleer is om 'n antwoord te vind op die vraag wat eintlik beantwoord moet word, naamlik, of die ver= hoorhof redelikerwyse die diskresie uitge= oefen het wat aan hom toevertrou is, of, soos dit soms net anders gestel word, of dit gesê kan word dat geen redelike hof die vonnis sou opgelê het nie wat deur die ver= hoorhof opgelê is.
(3) Ek meen dat die toets of daar 'n treffende
wanverhouding is
tussen die straf wat die
verhoorhof opgelê het en dié wat
hierdie
Hof sou opgelê het, 'n praktiese en handige
toets is wat in
baie gevalle effektief toe=
gepas kan word. Ek dink bv. aan die ge=
valle
waar die verhoorhof 'n termyn van ge=
vangenisstraf oplê en hierdie Hof
meen dat
hy ook gevangenisstraf sou opgelê het, maar
wel vir 'n
korter termyn.Die vergelyking,
ten einde te bepaal of daar 'n
treffende
wanverhouding bestaan, is dan maklik.
(4)Myns insiens is dit egter moeiliker, of kan dit selfs onvanpas wees, om daardie toets toe te pas in 'n geval sops die onder= hawige waar die verhoorhof, in die uit=
/oefening ....
37.
oefening van sy diskresie, die doodstraf opgelê het. Dit skyn vir my dat in so 'n geval die moontlikheid bestaan van 'n be= skouing dat, indien hierdie Hof van mening sou wees dat hy nie die doodstraf sou opge= lê het nie maar wel 'n lang termyn van ge= vangenisstraf, daar bloot op daardie basis besluit kan word dat daar 'n treffende wan= verhouding is tussen die doodstraf wat op= gelê is en gevangenisstraf, vir hoe lank ook al die termyn mag wees, wat hierdie Hof sou opgelê het. Om bloot op die basis van so 'n besluit in te gryp, en dan 'n vonnis op te lê wat hierdie Hof as gepas beskou, sou daarop neerkom dat hierdie Hof die diskresie uitoefen wat deur die Wetgewer aan die ver= hoorhof toevertrou is, wat nie reg sou wees nie want, voordat hierdie Hof kan ingryp, moet hy tevrede wees dat geen redelike Hof die doodstraf sou opgelê het nie.
(5) Op grond van voornoemde oorwegings kom dit my voor dat in die onderhawige geval dit nie gepas sou wees om die treffende wanverhoud= ingtoets toe te pas nie maar om liewer die vraag te stel, wat, soos ek reeds hierbo gesê het, die vraag is wat eintlik beantwoord moet word, en dit is of dit, in die lig van al die omstandighede van die saak, gesê kan word dat geen redelike Hof die doodstraf sou opgelê het nie."
In paragraaf (2) het MULLER AR "die vraag wat eintlik be= antwoord moet word" op twee alternatiewe maniere geformuleer,
/wat ...
38.
wat hy klaarblyklik as gelykwaardig in uitwerking beskou het. Aangesien die twee formulerings as verwisselbaar langs mekaar gestel is, staan dit 'n mens vry om kommentaar te lewer oor die verskille in die bewoording daarvan en om na gemeenskaplike grond tussen die twee te soek, Die tweede formulering, "dat geen redelike hof die vonniis sou opgelê het nie wat deur die verhoorhof opgelê is", het na my oordeel die nadeel dat dit moontlik die indruk kan skep dat ingryping slegs geoorloof is as die vonnis van die Verhoorregter so verregaande onredelik is dat dit bykans grens aan die absurde, wat natuurlik nie die geval is nie. Daarteenoor het die eerste formulering, "of die verhoorhof redelikerwyse die diskresie uitgeoefen het wat aan hom toevertrou is", na my oordeel moontlik die nadeel dat dit nie ten volle uiting gee nie aan die gedagte dat ingryping slegs geoorloof is as die Hof op appel oortuig is daarvan dat die Verhoorregter sy diskresie op 'n onredelike wyse uitgeoefen het. Met die oog op
/hierdie ...
39.
hierdie oorwegings is ek van mening dat die twee formu= lerings genoem deur MULLER AR saamgesnoer kan word in een enkele vraag: of die Verhoorregter redelikerwyse die vonnis kon opgelê het wat hy wel opgelê het. Dit is die deurslaggewende vraag: as die antwoord daarop be= vestigend is, is dit die einde van die saak. Daardie vraag lê ook ten grondslag van die sogenaamde treffende wanverhouding-toets, wat deur MULLER AR bespreek word in paragraaf (3), met verwysing na 'n vonnis van gevangenis= straf. In dié verband word die genoemde toets aangewend wanneer hierdie Hof aan die hand van wat in die oorkonde verskyn op appèl 'n besliste mening kan huldig aangaande die vonnis wat hy in die eerste instansie sou opgelê het en waar daar 'n treffende verskil is tussen sodanige vonnis en dié wat die Verhoorregter opgelê het.Dit sou egter onrealisties wees om nie die feit onder die oë te sien nie dat die bepaling van 'n spesifieke tydperk van gevange= nisstraf in 'n gegewe geval nie volgens enige eksakte,
/objektief-geldende ...
40. objektief-geldende maatstaf kan geskied nie,
en dat daar
dikwels 'n area van onsekerheid kan bestaan waarbinne
menings oor die gepaste termyn van gevangenisstraf geldig= lik kan verskil; in
so 'n geval,
selfs al sou hierdie Hof meen dat hy 'n heelwat ligter vonnis sou
opgelê het, sou hy nogtans nie ingryp nie, omdat die nodige
oortuiging sou
ontbreek dat die Verhoorregter nie redelikerwyse die vonnis kon opgelê het
waarop hy besluit het nie (vgl R v Alwyn 1955 (3) S A 207 (A) op 213 B-D;
S v Sibiya 1973 (2) S A 51 (A) op 58 B - 59 A? en S v Skenjana
1985 (3) S A 51 (A) op 54 I - 55 F). Dieselfde soort oorwegings is ook van
toepassing by ernstige gevalle van verkragting, waar dit gaan om die
teenstelling
tussen die oplegging van die diskresionêre doodstraf en die
oplegging van 'n lang termyn van gevangenisstraf.Daar is gevalle wat 'n
mens kan noem ware grensgevalle, waar dit onmoontlik is om kategories te
konstateer
dat slegs òf die een òf die ander soort straf die
gepaste vonnis sou wees; gevalle dus waar daar ruimte is vir geldige
meningsverkille en waar 'n diskresie redeliker=
/wyse ...
41.
wyse uitgeoefen kan word na die een óf na die ander kant toe. Na my mening is dit hierdie werklikheid wat 'n mens onder die oë moet sien, wat ten grondslag lê van die be= denkings wat MULLER AR in paragraaf (4) uitgespreek het oor die toepassing van die treffende wanverhouding-toets in hierdie verband. MULLER AR se besorgdheid in para= graaf (4) was klaarblyklik daarop toegespits dat hierdie Hof nie behoort in te gryp "bloot" op die basis dat hy sy diskresie, as dit aan hom in die eerste instansie sou toe= gekom het, anders sou uitgeoefen het as wat die Verhoor= regter sy diskresie, soos dit aan hom toevertrou is, in= derdaad uitgeoefen het nie. Dit kom dus net hierop neer dat hierdie Hof nie sonder meer sy eie oordeel oor 'n ge= paste vonnis in die plek sal stel van die oordeel van die Verhoorregter nie. Maar dit sluit nie die moontlikheid uit dat hierdie Hof homself die vraag kan afvra of hy in die eerste instansie die doodvonnis sou opgelê het, en indien hy oortuig is daarvan dat hy dit nie sou gedoen het nie, dat dit sou kon lei tot ingryping en die tersydestelling
/van ...
42.
van die doodvonnis wat die Verhoorregter opgelê het nie. Ek glo nie dat MULLER AR dit te kenne wou gee deur die bedenkings wat hy in paragraaf (4) uitgespreek het nie. In gevalle anders as die ware grensgevalle waarna ek hierbo verwys het, meen ek dat 'n bevinding van hierdie Hof dat hy nie in die eerste instansie die doodvonnis sou opgelê het nie, wel moontlik kan lei tot die gevolg= trekking dat die Verhoorregter nie sy diskresie op 'n redelike wyse uitgeoefen het toe hy sodanige vonnis op= gelê het nie. Dit is insiggewend dat MULLER AR sé be= denkings toegespits was op die oorweging genoem in die laaste paar woorde van paragraaf (4):
".... voordat hierdie Hof kan ingryp, moet hy tevrede wees dat geen redelike Hof die doodstraf sou opgelê het nie."
Met "tevrede wees" het MULLER AR klaarblyklik bedoel: "oortuig wees daarvan", en, na aanleiding van wat ek vroeër gesê het, is die uitdrukking "dat geen redelike Hof die doodstraf sou opgelê het nie", vervangbaar deur
/die ...
43
die woorde "dat die Verhoorregter nie redelikerwyse die doodvonnis kon opgelê het nie". Dit is moeilik om in te sien hoe daardie toets toegepas kan word sonder om hoege= naamd te oorweeg watter vonnis hierdie Hof in die eerste instansie sou opgelê het. MULLER AR se besluit in para= graaf (5) om nie die treffende wanverhouding-toets in daardie saak aan te wend nie, beteken na my mening slegs dat hy, in die omstandighede van daardie geval, van oor= deel was dat selfs al sou die Hof van mening gewees het dat hy nie in die eerste instansie die doodstraf sou op= gelê het nie, dit nie sou gelei het tot die gevolgtrekking dat die Verhoorregter dit nie redelikerwyse kon gedoen het nie. Dit beteken nie dat die genoemde toets nooit in ander sake aangewend kan word nie. Terselfdertyd is dit noodsaaklik om weer eens te beklemtoon dat die uiteinde= like, deurslaggewende vraag steeds bly: kon die Verhoor= regter rederlikerwyse die doodstraf opgelê het? Dit sou gevolglik alleenlik sin hê vir hierdie Hof om 'n bevinding
/te ...
44.
te boekstaaf dat hy in die eerste instansie nie die dood= straf sou opgelê het nie, indien die omstandighede van die saak van so 'n aard is dat daardie bevinding aanleiding gee tot die verdere bevinding dat hierdie Hof oortuig is daarvan dat die Verhoorregter nie redelikerwyse die dood= straf kon opgelê het nie. In die afwesigheid van so= danige verdere bevinding sou dit onnodig en selfs onwens= lik wees vir hierdie Hof om hom uit te laat oor watter vonnis hy in die eerste instansie sou opgelê het.
Om op te som, is my sienswyse van die beslissing in S v M dat dit nie die appellant se advokaat in die huidige saak verhinder om hierdie Hof te vra om te oor= weeg of hy in die eerste instansie die appellant die dood= straf sou opgelê het nie, maar dat sodanige oorweging alleenlik ter sake is met die oog op die beantwoording van die vraag of hierdie Hof oortuig is daarvan dat die Verhoorregter nie redelikerwyse die appellant die doodstraf kon opgelê het nie. Dit is op daardie grondslag dat ek
/vervolgens ...
45.
vervolgens verwys na die verskillende oorwegings wat die appellant se advokaat aan ons voorgelê het ter onder= steuning van sy betoog in hierdie verband.
Ons is verwys na 'n aantal artikels wat gepub= liseer is aan die einde van die vorige en die begin van die huidige eeu, waaruit afgelei kan word dat die dood= straf vir verkragting aan die Kaap destyds feitlik in onbruik verval het, en na 'n verslag van 'n Kommissie in 1913 wat die behoud van die doodstraf vir verkragting voorgestaan het, hoofsaaklik met die oog op aanrandings van primitiewe swart mense op blanke vrouens. Daar is aangevoer dat die doodstraf vir verkragting gebaseer was op 'n ridderlike begeerte om die swakker geslag te beskerm, en op 'n hoë waardering vir die kuisheid van vroue, wat weerspieël word in die beweerde argaïese uitdrukking dat verkragting vir 'n vrou "a fate worse than death" was. Al hierdie oorwegings, so is daar betoog, het in die heden= daagse samelewing onvanpas geword, weens die emansipasie
/van ...
46.
van die vrou en die veranderings wat ingetree het in rasseverhoudings en die beskawingspeil van alle bevolk= ingsgroepe. Ek het geen voorneme om hierdie submissies puntsgewyse te behandel nie. Hulle was almal daarop gemik om te probeer aantoon dat die belange van die ge= meenskap in die moderne tyd nie vereis dat die doodstraf vir verkragting opgelê moet word nie, behalwe in wat die appellant se advokaat beskryf het as "incomparably utter extreme cases". Na my mening is dit genoeg om te sê dat ek hoegenaamd nie met hierdie betoog saamstem nie, en dat dit summier verwerp word.
Ten slotte is daar aangevoer dat die geweld= pleging wat die appellant op die klaagster toegepas het nadat die verkragting afgehandel is, nie in aanmerking geneem kon word by die oorweging van 'n gepaste straf nie. Na my mening is die betoog ongegrond. Die appellant se optrede was 'n aaneengeskakelde, volgehoue aanranding op die klaagster en die Verhoorregter was geregtig om die
/totale ...
47.
totale beeld van die appellant se optrede in aanmerking te neem by die oorweging van 'n gepaste straf.
Die uiteindelike gevolgtrekking is dat hierdie Hof nie kan bevind dat die Verhoorregter met die opleg= ging van vonnis sy diskresie nie op 'n behoorlike en rede= like wyse uitgeoefen het nie. Daar bestaan gevolglik geen gronde waarop hierdie Hof kan ingryp en die vonnis verander nie.
Die appèl word van die hand gewys.
A.S. BOTHA AR
RABIE WN HR STEM SAAM