South Africa: Supreme Court of Appeal

You are here:
SAFLII >>
Databases >>
South Africa: Supreme Court of Appeal >>
1987 >>
[1987] ZASCA 50
| Noteup
| LawCite
S v Fieland (4878/86) [1987] ZASCA 50 (22 May 1987)
Download original files |
LESLIE FIELAND en DIE STAAT
SMALBERGER, AR:-
487/86 N v H
487/86 N v H
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (APPèLAFDELING)
In die saak tussen:
LESLIE FIELAND Appellant
en
DIE
STAAT Respondent
CORAM: JOUBERT, SMALBERGER, ARR,
et NICHOLAS, Wn AR
VERHOORDATUM: 8 MEI
1987
LEWERINGSDATUM: 22 MEI 1987
UITSPRAAK SMALBERGER, AR:-
Voortspruitend uit die dood van Evelyn Williams
(die oorledene) op 11
Desember 1985 het die appellant in die Witwatersrandse Plaaslike Afdeling voor
FLEMMING, R, tereggestaan op
'n aanklag van moord. Hy is skuldig bevind, en by
ontsten=
tenis /
2
tenis van versagtende omstandighede die doodvonnis
opgelê.
Met verlof van die verhoorregter kom die appellant nou in
hoër beroep teen die bevinding van afwesigheid van versagtende
omstandighede en die opgelegde doodvonnis.
Die verhoorregter het die saak sonder die bystand
van assessore verhoor. Ingevolge die bepalings van artikel
145(2) van die Strafproseswet 51 van 1977 is die oproep van
assessore in 'n voorsittende regter se diskresie waar hy by
die aanvang van die verhoor van oordeel is "met inagneming
van die omstandighede van die geval" dat die antwoord op die
vraag of "die doodvonnis opgelê kan word of opgelê moet word",
ontkennend is. Daar is by die verhoorregter navraag gedoen
omtrent sy besluit om sonder assessore te sit, en hy het in
antwoord /
3
antwoord hierop 'n verslag verstrek kragtens artikel 320 van die
Strafproseswet. Dit blyk uit sy verslag dat die verhoor= regter wel
aanvanklik
die oordeel gevorm het dat die moontlik= heid van 'n doodvonnis
uitgesluit is, en hy was dus geregtig om sonder die bystand van assessore die
saak te verhoor. Desondanks sy oorspronklike
verwagtinge het die verhoorregter
aan die einde van die verhoor tot die slotsom gekom dat daar geen versagtende
omstandighede aanwesig
was nie, en hy was gevolglik genoodsaak om die doodvonnis
op te lê:
Die bewese feite waarop die appellant se skuldig= bevinding
gegrond is, is soos volg. Die appellant en die oorledene het 'n
liefdesverhouding
gehad wat vir 'n geruime tyd geduur het. Vir ongeveer 'n jaar
voor die oorledene se dood
het /
4
het hulle in die appellant se ouerhuis saamgewoon. Op Vrydag 6 Desember 1985 het die oorledene haar goed gepak en die appellant verlaat. Die rede vir haar optrede blyk nie duidelik uit die oorkonde nie. Op die daaropvolgende Maandag het die appellant die oorledene aangerand en haar beseer. Die omstandighede waaronder hierdie gebeurtenis plaasgevind het, is onbekend. Na aanleiding van hierdie voorval het die oor= ledene 'n klagte van aanranding teen die appellant aanhangig gemaak. Op die namiddag van Woensdag 11 Desember 1985 was die oorledene aanwesig by 'n huis langs dié waar die appellant tuisgegaan het. Terwyl sy besig was om in die kombuis skottel = goed te was, het die appellant daar opgedaag. Hy het met die oorledene gepraat. Volgens een van die staatsgetuies, Jacqueline Morton, wat in die kombuis aanwesig was, het die appellant vir
die /
5
die oorledene gevra "hoekom het jy my gelaat staan?"
'n Ander getuie, Miriam Dada, wat in die eetkamer was, het die
appellant hoor vra "waaroor het jy my laat vang?" Op die
een of die ander, of albei, van die vrae het die oorledene
geantwoord dat die appellant haar seergemaak het. Hierna
het die appellant die oorledene gevra of hy haar vir 'n paar
minute kon sien. Die oorledene het egter geweier en gesê
dat sy besig is. Die appellant het toe die huis verlaat.
Etlike minute daarna het hy teruggekeer, gewapen met 'n mes
wat beskryf is as 'n "Jungle knife". Sonder om 'n verdere
woord te uiter, het hy die oorledene genader, haar gegryp en
haar verskeie kere gesteek. Volgens die bevindings by die
nadoodse ondersoek is die oorledene vyf keer gesteek, en het
sy gesterf as gevolg van 'n penetrerende ingesnyde wond van
die /.....
6
die slukderm en lugpyp met inwendige en uitwendige bloedver= lies. Nadat
hy die oorledene klaar gesteek" het, het die appellant die
huis verlaat.
Daar
kan kortliks na die appellant se getuienis verwys word. Volgens hom het hy na
die betrokke huis gegaan om van die oorledene geld
te vorder wat sy van hom
geleen het. Die oorledene het saam met 'n ander man by 'n tafel gesit. Voordat
hy met die oorledene kon
praat, is daar deur die eienares van die huis op hom
geskel, en het sy kookwater na hom gegooi. Met dié het die man wat saam
met die oorledene was 'n mes te voorskyn gebring en die appellant aangeval. Die
appellant het 'n mes wat op die tafel gelê het, opgetel om homself
mee te verdedig. Met die afweer van die aanval op
hom /
7
hom het hy die oorledene "per ongeluk" een keer raakgesteek.
Die appellant se weergawe van die gebeure is tereg deur die
verhoorregter
verwerp.
Nadat die verhoorregter hom aan moord skuldig bevind
het, het die
appellant oënskynlik ter versagting getuig.Hy het egter volhard in sy reeds
verwerpte getuienis dat hy die oorledene
per ongeluk raak gesteek het. Hy het
ook uitdruklik ontken dat hy weens jaloesie opgetree het. Hy het nooit daarop
aanspraak gemaak
nie dat hy onder emosionele of geestelike spanning verkeer het
toe hy die oorledene gesteek het. Daar= benewens het die appellant
deurgaans
ontken dat hy die oorledene die vorige Maandag aangerand het, of dat hy daarvan
bewus was dat sy 'n klag teen hom ingedien het. Die appellant was
klaar=
blyklik /
8
blyklik nie bereid om die verhoorregter in sy vertroue te neem, en die
werklike rede vir sy optrede te openbaar nie. Weens die houding
deur hom
ingeneem, en sy onaanvaarbare getuienis, kan daar geensins op enigiets wat die
appellant sê peil getrek word nie,
en moes die verhoorregter by die beoor=
deling van die aanwesigheid al dan nie van versagtende omstan= dighede sy
getuienis totaal
verwerp het. Gevolglik moet die vraag of die appellant die
aanwesigheid van versagtende omstan= dighede op 'n oorwig van waarskynlikhede
bewys het, beoordeel word aan die hand van die reeds genoemde bewese feite, en
die waarskynlikhede wat daarvan af te lei is. In dié
verband is dit
gemene saak dat die appellant 20 jaar oud was ten tyde van
die pleging van die misdaad.
In sy /
9
In sy uitspraak met betrekking tot versagtende om=
standighede het die verhoorregter, met verwysing na die appellant,
gesê dat "(w)at betref sy optrede, lyk dit na 'n geval van wraak=
neming".Die blyk trouens dat die verhoorregter wraakneming
deur die appellant, omdat die oorledene 'n klag teen hom ingedien
het, as die uitsluitlike motief of beweegrede vir die appellant
se optrede beskou het. In dié opsig het die verhoorregter
myns insiens fouteer.Van die getuienis kan met redelike
sekerheid afgelei word dat toe die appellant die oorledene
die eerste keer in die kombuis genader het, hy ongewapen was
As sy bedoeling was om hom op haar te wreek suiwer omdat sy
'n klag teen hom ingedien het, sou redelik verwag kon word
dat hy ham vir dié doel sou bewapen het voordat hy haar genader het. Daar=
benewens, al sou die appellant op "n stadium van die oorledene verneem het waaran
sy hom /....
10
sy hom "laat vang" het, het die appellant, volgens Jacqueline
Morton (wat uiteraard in die mees gunstige posisie was om oor
die gebeure in die kombuis te getuig), die oorledene eerste
gevra waarom sy hom "gelaat staan" het, die klem synde dus op
haar verlating van hom eerder as die klag wat sy aanhangig
gemaak het. Dit blyk ook dat die appellant die oorledene wou
spreek, waarskynlik oor hulle verhoudingsprobleme, wat 'n verdere
teen-aanduiding is dat hy bloot daarop uit was om hom op haar te
wreek.
Die waarskynlikhede, na aanleiding van die getuienis,
is eerder dat die appellant se optrede te wyte was aan emosionele
spanning voortvloeiend uit 'n gebroke liefdesverhouding. Sy
verhouding met die oorledene was 'n diepgaande eerder as 'n kort=
stondige /......
11
stondige een, en die vervreemding tussen hulle moes noodwendig
die opwelling van emosies in die appellant tot gevolg gehad het,
veral as sy betreklike jeugdigheid in aanmerking geneem word.
Dit is waarskynlik die rede waarom die appellant die oorledene
genader het en haar gevra het waarom sy hom verlaat het, en
verder die geleentheid gesoek het om met haar (blykbaar oor
hulle probleme) te praat. Haar klaarblyklike onwilligheid
om met hom daaroor te praat het waarskynlik sy emosionele spanning
verhoog, te oordeel daaraan dat hy 'n mes gaan haal het en haar
daarna in die teenwoordigheid van 'n ooggetuie verskeie steekwonde
toegedien het -optrede wat nie verwag sou word van 'n nugter
(wat die appellant wel was) of nugter denkende persoon nie, en
wat waarskynlik toegeskryf kan word aan 'n emosionele toestand
wat hom /
12
wat hom verhinder het om die gevolge van sy optrede te besef.
Na my mening het ons hier te doen met 'n spesie van "crime
passionnel", en val die feite van die onderhawige geval binne
die raamwerk van die beginsel neergelê in S v Meyer 1981(3)
SA 11 (A).Gevolglik moes die verhoorregter die appellant se
waarskynlike emosionele spanning wat tot die moord op die oor=
ledene aanleiding gegee het as 'n versagtende omstandigheid
beskou het, en moes die appellant derhalwe skuldig bevind
gewees het aan moord met versagtende omstandighede.'n Gepaste
vonnis, na aanleiding van alle geldige oorwegings, insluitende
die appellant se jeug en die feit dat hy 'n eerste oortreder is,
sou een van sewe jaar gevangenisstraf wees.
Die /.....
13
Die appèl slaag. Die doodvonnis word tersyde
gestel en word vervang deur 'n vonnis van sewe jaar gevangenis=
straf.
J W SMALBERGER
JOUBERT, AR)
) STEM SAAM NICHOLAS, Wn AR)