South Africa: Supreme Court of Appeal

You are here:
SAFLII >>
Databases >>
South Africa: Supreme Court of Appeal >>
1987 >>
[1987] ZASCA 60
| Noteup
| LawCite
S v Augus and Another (148/86) [1987] ZASCA 60 (27 May 1987)
Download original files |
Saaknommer 148/86
1N DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (APPëLAFDELING)
In die saak tussen -
JACOBUS AUGUS Eerste appellant
en
ELIZABETH WITBOOI Tweede appellant
en
DIE STAAT Respondent.
Coram: RABIE HR, BOSHOFF et STEYN Wrn ARR. Datum van appèl: 14 Mei 1987 Datum van uitspraak: 27 Mei 1987
UITSPRAAK
STEYN Wrn AR:
Die appellante is op 19 Februarie 1986 in die Noord-Kaapse Oranje Rondgaande Plaaslike Afdeling deur
/BASSON R
2
BASSON R ter dood veroordeel vir die moord op tweede appellant se
eggenoot, in lewe die ongeveer 55-jarige Jan Witbooi. Die moord
is gepleeg op 'n
eiland in die Oranje Rivier te Karganab in die Kenhardt distrik op 15 Julie
1985. Appellante was albei ongeveer
40 jaar oud ten tyde van die moord.
Hulle het skuldig gepleit aan moord met ver-sagtende omstandighede. Die staat het hul pleite nie aanvaar nie. Pleite van onskuldig is toe genotuleer en daarna het die verhoor sy volle gang gegaan voor BASSON R en twee assessore. Albei appellante is aan die moord skuldig bevind. Die Hof het eenparig. in die geval van eerste appellant en met'n meerderheidsbeslissing in dié van tweede appellant bevind dat daar geen versagtende omstandighede was nie. Verlof is deur die geleerde regter aan die appellante verleen om te appelleer teen daardie bevinding en teen die doodstraf wat ingevolge daarvan hulle opgelê is.
/ Die
3
Die moord was die eindproduk van die onheil-situasie geskep deur 'n
liefdesdriehoek. Die appellante het op raekaar verlief geraak
en 'n sterk drang
beleef om met mekaar te trou.Tweede appellant was op 22-jarige ouderdom met die
37-jarige oorledene getroud in
die Rooms-Katolieke Kerk volgens die
leerstellings daarvan wat egskeiding verbied sowel as die hertroue van enigeen
van hulle terwyl
die ander nog lewe. Sy was nie gewillig om daardie kerklike
voorskrifte te oortree nie. Eerste appellant het ook aan daardie kerk
behoort.
Só is hulle vanaf ongeveer die begin van 1984 deur die botsende eise van
die liefde en die geloof in 'n pynigende
lewensnoute gedryf waarin hulle
vasgekeer sou bly solank hulle verhoudingsomstandighede onveranderd was.
Daardeur het tweede appellant
in 'n wisselstroom van die gemoed beland wat haar
herhaaldelik heen-en-weer gepluk het van oorledene na eerste appellant en terug
na oorledene.
/ Wanneer
4
Wanneer sy by oorledene was, het haar liefde haar keer op
keer na eerste appellant gedryf.Oorledene
het haar dan gaan smeek om terug te
kom na hom en het sy elke keer gehoor gegee en teruggegaan; sy het dié
herwaartse proses
so beskryf:
" dan kom soebat hy my mooi dat
ek moet terugkom op voorwaarde vir die kinders, dat die kinders kan 'n ma en 'n pa hê, maar as ek daar kom dan doen hy maar net weer dieselfde.
Nou hoekom het jy dan weer teruggegaan?-- Op voorwaarde dat hy het vir my kom met mooi woorde praat en sê, ons wil oor ons kinders.
Hoeveel keer het hy vir jou so (met) mooi woorde (kom) terugsoebat?-Hy het baie kere dit gedoen, maar ek kan nou nie onthou hoeveel keer nie, maar hy het baie keer dit gedoen.
Is dit meer as tien keer?--Miskien."
5
Dit is vier
kinders waarvan sy daar praat, twee seuns en twee dogters. Hulle is Jacobus,
Jonita, Karel en Amanda. Jacobus is gebore
voordat tweede appellant met
oorledene getrou het, en is haar kind by ene Sakkie Waterboer.Jonita is in 1975
gebore en is haar kind
by eerste appellant - die vrug van 'n romanse tussen die
appellante toe oorledene in Namakwaland gaan werk het en tweede appellant
in
Pella agtergebly het. Karel en Amanda is haar kinders by oorledene; Karel is die
oudste van die twee. Oorledene het Jacobus en
Jonita as sy kinders aanvaar en as
deel van sy familie "aange-neem" en grootgemaak wetende dat hulle nie sy kinders
was nie.
Tweede appellant se opmerking dat wanneer sy na oorledene terugkeer "dan doen hy maar net weer die-selfde", verwys na beweerde verwaarlosing van haar deur oorledene en na 'n reeks aanrandings wat hy na bewering op
/haar
6
haar gepleeg het. Ek kom netnou terug daarna.
Uiteindelik het tweede appellant gedurende April 1985 tot dxe gevolgtrekking gekom dat die enigste uitweg vir haar was dat oorledene doodgemaak moes word. Sy het eerste appellant daarvan vertel en hy het na 'n mate van huiwering met die moordplan ingeval. Sy het egter nie geweet hoe dit gedoen moes word nie. Haar woorde aan eerste appellant was "Kyk Kobus, hierdie storie werk nie uit nie. Ek maak planne om Jan dood te kry, maar my planne is swak" . Hy het onderneem om 'n plan te beraam hoe om oorledene van kant te maak.
Hulle het herhaaldelik hul voorneme om oor-ledene te vermoor bespreek en dit, vernaamlik op haar aandrang, herhaaldelik bevestig. Gedurende die naweek van 13-14 Julie 1985 het eerste appellant, nadat hy weer eens baie oor die moordplan gedink het en die "duiwelse gedagte" in die nagtelike ure die oorhand oor
/ hom
7
hom gekry het, uiteindelik besluit dat oorledene deur hulle na 'n eiland
in die Oranjerivier gelok moet word onder die voorwendsel
dat hy eerste
appellant moet gaan help om 'n hinderlike klip uit 'n pad te rol. en daar in
af-sondering dan met 'n "yster" doodgeslaan
moet word. Eerste appellant het
daardie plan goedgekeur en dit is deur hulle in werking gestel. Oorledene het
ingewillig om te gaan
help soos deur eerste appellant versoek en op
Maandagoggend 15 Julie 1985 het die drie van hulle die tog rivier toe onderneem.
Oorledene
het sy visgerei saamgevat omdat hy "nogal lus het vir 'n
brakkerigheid" (d.w.s. vir 'n vis), soos tweede appellant dit in haar omvattende
bekentenis,
Bew. J (waarna netnou weer verwys sal word), gestel het. Op pad
eiland toe het eerste appellant by "Lukas Kordom se veepos" twee "ysters"
gevat
en saamgeneem, 'n klein "grou-yster" vir wurms, en 'n H-seksie ysterpaal van die
soort wat in draadheinings gebruik word, wat
hy aan oor-
/ ledene
8
ledene voorgegee het gebruik sou word om die klip mee weg te rol. In
werklikheid het hy dit saamgeneem om oorledene mee dood te slaan.
Op die eiland is oorledene in die teenwoordig-heid van tweede appellant van agter af teen sy kop deur eerste appellant met 'n "betrekhou" doodgeslaan terwyl hy gesit en visvang het. Eerste appellant het die yster-paal vir die doodslag gebruik. Tweede appellant. het 'n paar tree weg met haar rug na die twee mans gestaan toe oorledene doodgeslaan is maar het die geluid van die hou gehoor en wis wat aangaan. Nadat eerste appellant oorledene se lyk in die water ingetrek het, gebeur die volgende (soos hy getuig het):
"Terwyl Jan nog dryf op die water in die stil kuil, het ek uitgekom en vir Elizabeth gesê: Poppie, is jy nou tevrede? Sy antwoord: Ja, ek is vrede. Ek sê vir haar: Onthou laat daar nie 'n fout kom tussen ons nie, want die dag as ek gevang word sal jy
/saam
9
saam met my tronk. Sy het gesê: Kobus, die besluit was ons altwee s'n."
Daarna het eerste appellant die lyk in 'n sloep gaan ver-steek en het hulle huis toe gegaan. Aan diegene wat wou weet waar oorledene is het hulle gesê dat hy na sy familie oorkant die rivier gegaan het.
In wese het die verhoor gegaan oor die bestaan al dan nie van versagtende omstandighede want die Staat het klaarblyklik slegs op grond van 'n verskil van mening met appellante daaroratrent nie die aangebode pleite aan-vaar nie. Albei appellante het trouens erken dat hulle oorledene met direkte doodsopset vermoor het maar het die Hof probeer oortuig dat hulle deur omstandighede wat regtens versagtend is daartoe beweeg is.
Die hantering van en algemene oorwegings wat geld by 'n ondersoek na die bestaan van versagtende omstandighede is welbekend en is redelik onlangs soos
/ volg
10
volg saamgevat deur JOUBERT AR in S v Mongesi en Andere
1981 (3) SA 204 (A) op 207 C - 208:
"Die bewyslas om die bestaan van versagtende omstandighede op 'n oorwig van waarskynlikhede vas te stel, rus op 'n beskuldigde. Ten einde dit te kan doen, moet daar 'n feitebasis vir die Verhoorhof wees waarvan die bestaan van die versagtende omstandighede afgelei kan word. (S v Ndlovu 1970 (1) SA 430 (A) te 433 H. ) 'n Versagtende omstandigheid is 'n baie wye begrip omdat dit dui op 'n feit of om-standigheid, aanwesig by die pleeg van die moord wat die morele skuld, d.i. verwytbaarheid, van die beskuldigde ten opsigte van die dood van die oorledene verminder of minder laakbaar maak. (S v Petrus 1969 (4) SA 85 (A) te 94 in fine - 95 A.) Die benadering wat deur 'n Hof in 'n bepaalde geval gevolg moet word by 'n ondersoek om die bestaan van versagtende omstandighede
vas te stel; is deur hierdie Hof soos volg neergelê:
(1) of daar omstandighede is wat op die geestesvermoens of die gemoeds-toestand van die beskuldigde be-trekking kon gehad het, indien wel (2) of sodanige omstandighede in die bepaalde geval die geestesvermoëns of gemoedstoestand van die beskul-digde subjektief beïnvloed het; en
/ (3) of
11
(3) of die subjektiewe beinvloeding
van die beskuldigde se geestesver-moëns of gemoedstoestand van so 'n aard was dat die beskuldigde se optrede ten opsigte van die dood van die oorledene volgens die ob-jektiewe oordeel van die Hof daar-deur minder laakbaar of verwytbaar word. (S v Babada 1964 (1) SA 26 (A) te 27H - 28A; S V Van der Berg 1968 (3) SA 250 (A) te 252 F-G. )
Dit is bekende reg dat dit in die eerste plek 'n Verhoorhof se taak is om oor die bestaan al dan nie van versagtende omstandighede te beslis en dat die be-voegdheid van hierdie Hof om 'n Verhoorhof se bevinding dat daar nie versagtende. omstandighede is nie te wysig streng be-perk is. Soos dit gestel is in S v Bowers 1971 (4) SA 646 (A) te 647 A:
Hierdie Hof kan alleen ingryp en sy
eie mening vir dié van die Verhoor-hof substitueer indien die Verhoorhof
'n mistasting
of ander onreëlmatigheid begaan het, of indien sy
bevinding, in die lig van al die getuienis be-oordeel ; van so 'n aard is dat
dit nie redelikerwyse daartoe gekom kon
gewees het nie."
Die vraag wat nou
beantwoord moet word is of die verhoorhof fouteer het deur te beslis dat die
appellante nie daarin geslaag het om
die
/ bestaan
12
bestaan van versagtende omstandighede te bewys nie.
Dit moes 'n kragtige omstandigheid gewees het
wat
die appellante beweeg het om so 'n weersinwekkende
moord so deeglik te beplan
en so koelbloediglik uit te
voer.
Tweede appellant het in haar getuienis te kenne gegee dat dit die dilemma was waarin sy haar bevind het weens, aan die een kant, die weersin in haar gewek teenoor die oorledene as gevolg van sy volgehoue verwaarlosing en mishandeling van haar waarvan sy weens haar geloof nie kon wegkom nie, en, aan die ander kant, haar liefde vir eerste appellant en haar drang om by hom te wees. Die mishandeling sou volgens haar daaruit bestaan het dat oorledene vir haar en die kinders nie behoorlik onderhou het nie, broodgebrek tot so 'n mate laat verduur het dat sy haar na haar moeder om hulp moes wend, dat hy telkemale van werk verander het, met haar en die kinders rondgeswerf
/ het
13
het en dikwels op sy eie elders gaan werk het en vir haar en die kinders dan gelos het om vir hulself te sorg. Die mishandeling sou bestaan het uit herhaalde aanrandings op haar deur oorledene, selfs deur haar met die lem van 'n halwe skaapskêr op die rug te steek. Hier-die aanrandings sou o.a. vir haar twee keer miskrame laat ly het. Op een geleentheid vroeg in 1985 te Pella toe die appellante vir oorledene by haar moeder raakgeloop het, het oorledene haar wel in die teenwoordigheid van eerste appellant en van haar familie aangerand en slegs die tussen-koms van haar suster het voorkom dat hy haar toe aan 'n boom opgehang het. Sy het voorts getuig dat al uitweg vir haar uit daardie knellende omstandighede die doodmaak van haar eggenoot was. Tweede appellant het haar bewerings tot 'n groot mate beaam.
Mnr Moller, wat nie in die verhoor opgetree het nie maar die appèl op voortreflike wyse namens die appel-
/ lante beredeneer....
14
lante beredeneer het, het betoog dat eerste appellant se getuienis oor die verwaarlosing en mishandeling aanvaar behoort te word, dat dit duidelik is dat sy haar toevlug tot eerste appellant geneem het en dat hy hom oor haar ontferm het en oorledene vermoor het om haar uit die greep van haar dilemma te verlos. Mnr Moller het betoog dat dit alles neerkom op versagtende omstandig-hede en in albei hul gevalle die oplegging van 'n mindere vonnis as die doodstraf regverdig.
Die meerderheid van die verhoorhof het egter
bevind "dat die aanrandings wat daar mag gewees het en die versuim van die oorledene om nommer 2 (d.w.s. tweede appellant) en die kinders na behore te versorg, nou heeltemal oordryf word en nie werklik die aanleidende oorsaak van die oorledene se dood was nie. Die oorsaak was nommer 2 se liefde vir nommer 1 terwyl {sy) met oorledene getroud was".
/ Daar
15
Daar kan na my mening nie met daardie bevinding fout gevind word nie.
Tweede appellant het op drie geleenthede voor die verhoor verklarings gemaak oor die moord en die redes daarvoor, te wete 'n omvattende bekentenis op 31 Augustus 1985 aan sers. H S Swart van die Suid-Afrikaanse Polisie (Bew. J); 'n verdere maar meer beknopte bekentenis op 3 September 1985 aan die landdros van Gordonia (Bew. E); en 'n verklaring op l8 Oktober 1985 by wyse van vraag en antwoord ingevolge art. 112(l)(b) van die Strafproseswet t.o.v. haar pleit van skuldig aan moord tydens pleitver-rigtinge in die landdroshof kragtens art. 119 van genoemde Wet. Soortgelyke verklarings is deur eerste appellant gemaak. Al hierdie verklarings is óf deur appellante se advokaat òf met sy toestemming by die verhoor ingehandig, en deur die appellante as juis erken. In nie een van hulle word melding gemaak van die beweerde voortdurende ver-
/ waarlosing
16
waarlosing of volgehoue aanrandings deur oorledene nie, veral nie in tweede appellant se verklarings nie. In-dien daar werklik so iets was, is dit ondenkbaar dat sy dit toe só sou verswyg het.
Aangaande die beweerde verwaarlosing is sy o.a. deur haar seuns Jacobus en Karel weerspreek. En die voedsel en behuisingsgebrek wat sy by tye moes verduur moet beoordeel word ooreenkomstig die armoedige lewens-omstandighede van die gemeenskap waarvan sy, oorledene en
eerste appellant deel was. Die wisseling van werk en die
afwesighede waarmee dit gepaard gegaan het was een van die
normale verskynsels van hul bestaan, Ook t.o.v. die be-weerde aanranding is sy deur famillelede weerspreek. So het haar suster Christina Booysen en seun Karel albei getuig dat sy gesê het dat sy deur eerste appellant met die skaapskêr verwond was. En tweede appellant het ook erken dat oorledene haar gedurende die laaste twee tot-
/ drie
17
drie maande voor sy dood geensins aangerand het nie. Enige wrewel by haar gewek deur moontlike vroeëre hard-handigheid deur hom moes in daardie tydperk afgekoel het.
Die persoonlikheid en karakter van die
egter oorledene wat in die getuienis na vore kom is egter dié van
'n geduldige, vredeliewende mens en getroue en verdraag-same eggenoot. Hy het wetens sy vrou se buite-egtelike kinders as syne aangeneem en versorg en dit is duidelik dat hulle vir hom lief was en as 'n goeie vader beskou het. Jacobus het getuig dat oorledene lief was vir sy vrou en het die volgende simpatieke en insiggewende be-skrywing gegee van sy vader wanneer hy beskonke was:
" as my pa baie gedrink is, dan
vat pa die ghitaar en dan loop hy daar in die lokasie in."
Oorledene se gesindheid teenoor die appellante blyk ook duidelik uit sy gewilligheid om eerste appellant te help om die klip te verskuif en hom toe te laat om by
/ hom
18
hom en sy vrou te oornag wetende dat eerste appellant haar minnaar is. Dit is hoogs onwaarskynlik dat so 'n man teenoor sy vrou sou opgetree het soos deur haar beweer.
Die een bevestigde aanranding deur hom op haar is dié by haar ouerhuis op Pella vroeg in 1985. Maar dit het direk verband gehou met haar liefdesver-houding met eerste appellant en haar uittarting van haar man daarmee toe hulle hom daar raakgeloop het. Dit blyk alte duidelik uit haar eie beskrywing daarvan in haar bekentenis, Bew. J voormeld, wat so lui:
"Op 'n keer het ek en Kobus Pella toe gegaan waar ons ook vir Jan gekry het. Hy het toe gevra wie se vrou ek nou eintlik is , syne of Kobus s'n. Ek sê: Ja, ek is jou vrou, maar ek is nie vir jou lief nie. Ek is vir Kobus lief. Hy het toe aan my begin slaan. Hy het toe met my na die bome toe geloop en gesê dat hy my wil ophang. My ma. Magdalena Booysen, het hom egter gekeer en gesê dat hy kan my slaan, maar dat
/hy........
19
hy my net nie moet ophang nie. Kobus en sy seuntjie, Bertus, is toe na sy huis toe op Pella. Ek het later weggekom en het by Kobus aangesluit waarop ons nog daardie nag weer terug is Kambreek toe."
Eerste appellant het in sy bekentenis, wat ook deel uitmaak van Bew. J, daardie voorval ook beskryf. En daaruit blyk nie alleen tweede appellant se uittarting van haar man nie maar ook dat die werklike oorsaak van die moeilikheid haar verterende liefde vir haar minnaar was. Eerste appellant het die verloop van dié insig-gewende voorval só beskryf:
"Op 'n Vrydag het ek, Elizabeth en my kind Bertus na Pella geloop. Ons is reguit na ou Jacob Booysen, Elizabeth se pa se huis vvaar sy en Jan Witbooi gebly het. Met ons aankoms was Jan Witbooi nie by die huis nie. Eliza-beth se ma het vir Jan laat roep. Jan kom toe by die huis en sy eerste woorde wat hy gesê het, was: 'Naand'. Jan VVitbooi vra toe vir Elizabeth, sy vrou: Poppie, is Kobus Augus jou man of is ek jou man? Elizabeth sê vir Jan: Jy is my
/ man
20
man, maar ek wil jou nie hê nie. Ek wil vir Kobus Augus hê vir 'n man.Jan Witbooi gryp toe Elizabeth se regterarm en draai dit agter haar rug in en slaan haar twee houe met sy regtervuis in haar maag. Elizabeth skreeu: Al slaan jy my dood, al slaan jy my dood, al slaan jy my dood, Kobus Augus is my man. Elizabeth se ma en susters en George Second se twee dogters vra vir Jan hoekom hy nie vir my ook slaan nie.Ek het nie ingemeng en Jan het ook nie met my gepraat nie. Hy vat vir Elizabeth uit, en sleep haar by die son-onderkantse hek uit en ek loop toe by die sonopkantse hek uit en vat vir Bertus en loop daar weg. Ek het weer vir Jan en Elizabeth gesien soos Jan haar sleep en slaan en sy al die tyd skreeu, al slaan jy my dood, Kobus Augus is my man. "
Eerste appellant behoort weens hierdie voorval te besef het dat die werklike rede die moeilikheid tussen oorledene en tweede appellant sy inmenging in hul huwelik was, en dit is hoogs waarskynlik dat hy dit toe inder-daad besef het.
Dat haar minnedrang na eerste appellant, en nie enige mishandeling deur haar eggenoot nie inderdaad die
/ dryfveer
21
dryfveer vir die moord was is bevestig deur wat tweede appellant gesê het in antwoord op vrae onderskeidelik aan haar gestel deur haar advokaat en die Hof aan die einde van haar hoofverhoor en deur die staatsadvokaat aan die begin van haar kruisverhoor. Daardie getuienis lui soos volg:
"Is daar nog iets wat jy vir die Hof wil sê, enige iets, ek gaan jou nie alles vra wat jy in jou verklaring gesê het nie. Is daar nog iets wat jy nog vir ons wil sê, vir die Hof?-- Voorwaarde ons kan nie geskei het nie, want ons is getroud gewees. Dit is hoekom ons daardie plan uit gekry het om hom van kant af te maak.
Ja?— En toe het ons besluit om dit saam te doen.
Om dit saam te doen?-- Ja
En as die oorlede Jan nie vir jou mis-handel het en so aan nie, sou jy die plan nog gehad het of nie?-- As hy my nie ge-mishandel het nie , maar op voorwaarde het ons dit gedoen op voorwaarde ek is daardie man lief, vir Jacobus lief.
HOF : Nee, maar as hy nou nie vir jou mishandel het nie. sou jy hom dan nog dood-gemaak het of nie?-- Ekskuus?
/ As
22
As hy nou nie vir jou mishandel het nie, sou jy dan nog vir Jan doodgemaak het?-- Ja, op voorwaarde ek is vir Jacobus lief.
Wil jy met Jacobus getrou het?-- Ja.
So, sou jy hom in elk geval doodgemaak het?-- Ja , ek sou dit gedoen het, want ek is Jacobus lief.
KRUISONDERVRAGING DEUR MNR VAN RENSBURG: So verstaan ek vir jou reg, is dat jy wou met beskuldigde 1 getrou het, is dit reg?--Ja.
En al manier wat jy met hom kon trou is as Jan dood is?-- Ja.
En dit is hoekom julle twee plan gemaak het en Jan doodgemaak het?-- Ja.
Is dit reg?— Ja."
Daar is ander gelykluidende passasies in haar getuienis, maar dit is onnodig vir huidige doeleindes om enige van hulle te herhaal.
Mnr Moller het t.o.v. eerste appellant betoog dat hy geglo het dat tweede appellant werklik verwaarloos en mishandel was soos sy te kenne gegee het en al was dit nie die geval nie, dat daardie wanindruk nietemin sy morele verwytbaarheid wesenlik verminder het
/ en
23
"So al rede hoekom jy en beskuldigde 1 die plan bedink het om die
oorledene dood te maak, is sodat jy en beskuldigde 1, Kobus, kan
trou, is dit
reg?-- Oor ons lief vir mekaar is.
Oor julle lief is vir mekaar soos jy sê en omdat julle nou as, jy is 'n getroude vrou, nou bly jy by 'n ongetroude man, dan het julle probleme daar in julle area gekry, is dit reg? -- By die veepos of waar?
Ja, waar hy ook al werk?- Ek het nie probleme gehad by Jacobus nie. ek het probleme gehad met Jan Witbooi.
Ja, maar wat ek bedoel is die mense wat vir hom in diens het, hulle wil nie hê
/ jy
en dat dit gevolglik in sy geval 'n versagtende omstandig-heid is.
Daardie betoog gaan nie op nie. Die bogaande het reeds die teendeel
laafc blyk.
Eerste appellant het daarbenewens ook getuig dat hy en tweede appellant sedert
1984 reeds "pal vas gevry" het; en daardie
saambly het vir hulle maatskaplike
probleme geskep wat uiteindelik die direkte oorsaak van haar moordplan was. Sy
het só daaroor
getuig:
24
jy moet daar by hom bly omdat jy 'n getroude vrou is? Dit is reg.
Is dit reg?— Ja.
En jy wil nou sy vrou geword het sodat julle nou kan bly net waar julle wil?— Ja.
En dit is hoekom jy vir die oorledene eintlik doodgemaak het?-- Ja.
Is dit reg?-- Ja.
En al manier wat julle kon getrou kom, is as oorledene Jan dood was?— Ja. "
Eerste appellant het gelykluidende getuienis gegee.
Dit was gevolglik weens hulle sterk minnedrang na mekaar dat die appellante oorledene vermoor het. Hulle het derhalwe vir eie voordeel gemoor. En alhoe-wel die liefde in gepaste gevalle 'n versagtende omstan-digheid kan wees, is dit nie die geval hier nie. Hul wederkerige liefde het wel albei se gemoedere subjektief beïnvloed maar nie op so 'n wyse dat hul moord op oorledene daardeur minder laakbaar of verwytbaar geword het nie.
/ Gevolglik
25
Die verhoorhof se bevinding dat daar geen versagtende omstandighede bestaan nie, is gevolglik korrek.
Die appèl word afgewys.
M T STEYN
RABIE HR)
BOSHOFF, Wrn. AR) STEM SAAM.