South Africa: Supreme Court of Appeal

You are here:
SAFLII >>
Databases >>
South Africa: Supreme Court of Appeal >>
1987 >>
[1987] ZASCA 63
| Noteup
| LawCite
S v Maseko (65/87) [1987] ZASCA 63 (29 May 1987)
Download original files |
ROBERT MASEKO
Appellant
en
DIE STAAT
Respondent
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(APPELAFDELING)
In die saak tussen:
ROBERT MASEKO Appellant
en
DIE STAAT Respondent
Corarn: RABIE, Wn HR, BOSHOFF et KUMLEBEN, Wn ARR
Verhoor: 25 Mei 1987
Gelewer: 29 Mei 1987
UITSPRAAK
BOSHOFF, Wn AR:
Die appellant was as beskuldigde 2 saam
met Nathan Mazibuko en Leonard Mokoena, as beskuldigdes
1 en /2
-2-
1 en 3, onderskeidelik, in 'n streekhof skuldig bevind
dat hulle op 27 Julie 1983 vir Adil Edwards en Dawood
Gabru beroof het van goedere bestaande . uit
horlosies , juweliersware, kledingstukke, tasse, 'n tele-
visiestel, videomasjien, teleskoop en ander persoonlike
eiendom ter waarde van R80 000,00. Hulle is elkeen
gevonnis tot 4 jaar gevangenisstraf.Hulle appèl
na die Transvaalse Provinsiale Afdeling teen die skuldig-
bevinding en vonnisse is van die hand gewys.
Die appellant het laat aansoek gedoen om te
appelleer na hierdie hof.Omdat die hof a quo nie
tevrede was met die verduideliking vir die vertraging
nie en ook van mening was dat daar geen vooruitsig was
dat /3
-3-
dat die appellant met sy appèl sal slaag nie, was die
a quo nie bereid om die laat liassering van sy
aansoek te kondoneer nie.
Die appellant is egter daarna deur hierdie hof
verlof verleen om in hoër beroep te kom slegs ten op-
sigte van sy skuldigbevinding.
Dit word nie betwis dat die twee klaers, Ed-
wards en Gabru,omstreeks 15h30 op die genoemde dag in
Edwards se huis in Eldoradopark van die genoemde
goedere deur die drié Swartmans beroof is nie. Die
appellant en sy twee medebeskuldigdes was in die streekhof
deur 'n prokureur verteenwoordig en hulle verweer toe
hulle /4
-4-
hulle moes pleit,was bloot dat hulle nie van die roof kennis dra nie.
In die kruisondervraging van Edwards is net aan hom gestel dat
die appellant en
sy medebe-skuldigdes nie in die huis was nie en hom nie beroof het nie. Vir die
res was die kruisondervraging toegespits
op die uitkenning van die appellant en
sy medebeskuldig-des. Die kruisondervraging van Gabru was beperk tot sy
uitkenning van die
appellant en sy medebeskuldigdes. Dit was ook die getuienis
van die appellant en sy mede-beskuldigdes aan die einde van die Staat
se saak
dat hulle nie in Edwards se huis was nie en ook nie die roof ge-pleeg het nie.
Met kruisondervraging van die appellant oor
waar en watter ure hy werk, het dit
vir die eerste keer
geblyk /5
-5-
geblyk dat hy beweer dat hy op die betrokke dag ge-
durende die tyd van die dag wanneer die klaers beroof is
as petroljoggie by sy werk aan diens was. Sy verweer
aan die einde van die saak was gevolglik 'n alibi en dat
die getuienis hom nie genoegsaam of bevredigend met die
pleeg van die roof verbind nie. Dit is nou in wese
sy saak hier op appèl.
Dit /6
-6-
Dit is in die eerste plek nodig om kortliks
na die getuienis te verwys.
Edwards is 'n reisiger en 'n vakman in juweliers-ware. Op die betrokke dag was sy werkswinkel in die stad toegemaak en was hy op die uitkyk vir nuwe persele waarna hy sy besigheid wou verplaas. Sy voorrade het hy in die tussentyd by hom by sy huis in Eldorado Park gehad. Ongeveer 15h30 was sy vriend Gabru by hom op besoek. Net hulle twee was daar gewees en die hele huis was gesluit gewees. Terwyl hy besig was met 'n gesprek oor die telefoon in die sitkamer was daar 'n
klop /7
-7-
klop aan die kombuisdeur. Gabru het die deur gaan
oopmaak. Daar was drie Swartvrouens en hulle wou
weet waar die huisbediende Elizabeth was. Toe Gabru
antwoord dat sy nie daar is nie het hulle gevra waar
mev Edwards was. Sy was ook nie daar nie en toe het
hulle geloop. Gabru het die kombuisdeur weer gesluit
en teruggekeer na die sitkamer. Na 'n paar minute was
daar weer 'n klop aan die kombuisdeur. Edwards was
nog steeds besig op die telefoon en Gabru het weer
die deur gaan oopmaak. Drie Swartmans het by die deur
ingekom en gesê dat hulle verwers is. Gabru het om-
gedraai om vir Edwards te vertel dat die verwers opgedaag
het. Toe hy weer na die mans kyk het hy gesien dat
twee /8
-8-
twee van hulle lang messe en een 'n lang skroewedraaier het. Een van
hulle, wat later deur beide Edwards en Gabru as appellant uitgeken
is, het aan
hom gesê dat hy aangehou word en hom ha die sitkamer geneem. In die
sitkamer het hy hom gedwing om te kniel, hom
met sy mes in die skouer gesteek,
sy leerbaadjie afgepluk en sy polshorlosie van sy arm losgesny. 'n Ander een wat
later deur beide
Edwards en Gabru as beskuldigde 1 uitgeken is, het na Edwards
gegaan waar hy besig was met sy telefoongesprek, gesê dat alles
nou verby
is en met sy mes die koord van die mondstuk afgesny. Edwards is toe ge-dwing cm
langs Gabru te kniel. Beskuldigde 1 het
hulle in 'n aggres-siewe stem gevra waar
die geld en die diamante is en ook beveel om dit te oorhandig. Gabru het
verduidelik dat
hy slegs 'n besoeker is en niks weet van enige
geld /9
-9-
geld of juwele nie. Edwards het ook gesê dat hy net
besoeker daar is en probeer verduidelik dat die mense
van die huis weg is na Kaapstad toe. Die drie indringers
het vir Edwards en Gabru na die slaapkamer geneem en op
die vloer laat sit met hulle rué teen mekaar. Beskul-
digde 1 en appellant het hulle messe en beskuldigde 3
sy skroewedraaier dreigend geswaai en aangehou vra waar
die geld en die diamante weggesteek is. Nadat die
drie die hele kamer deursoek het, die beddens omgekeer
het, al die klere uit die klerekaste gegooi het en
ook die goed uit die kaste geneem het, het die een
wat later deur beide Edwards en Gabru as beskuldigde 3
uitgeken is, Edwards en Gabro met 'n elektiese koord aan
mekaar /10
-10-
mekaar vasgebind.
Edwards se hele voorraad juweliersware was in vertoonstukkassies in die slaapkamer op die vloer en die drie rowers het dit saam met al die ander goed wat hulle in die huis geneem het, geneem. Hulle het deur die hele huis gesnuffel vir meer goed en aanhoudend teruggekom na die slaapkamer waar Edwards en Gafaru was en gevra waar geld en meer goed is. Beskuldigde 1 het Edwards 'n keer in die linkerskouer in die long in gesteek en hy het begin swak word. Gabru het toe vir die drie gesê dat hy geld in sy motorkar, wat voor die huis gestaan het, het. Na 'n rukkie het hulle teruggekeer en gesê dat die motorkar gesluit is en vir
die /11
-11-
die sleutel gevra. Gabru het gesê dat die sleutel
in die sitkamer is.In die tussentyd het Gabru daarin
geslaag om sy een hand los te kry en Edwards het hom
gevra om die alarmstelsel met die skakelaar teen die muur
aan te skakel. Gabru het dit gedoen maar die alarm-
stelsel was buite werking.Soos later geblyk het was
dit deur die rowers buite werking gestel. Op daardie
stadium het Gabru gehoor dat hulle weer met die
gang afkom en hy het dadelik gaan sit asof hy nog aan
Edwards vasgebind was. Hulle kon nie die motorkarsleutel
vind nie en het Gabru beskuldig dat hy vir hulle leuens
vertel. Gabru het volhard dat die sleutel in die sit-
kamer is. Na hulle uit die slaapkamer is, het Gabru
na /12
-12-
na die badkamer gegaan, die deur gesluit en deur die
venster om hulp geskree. 'n Buurman het hom gehoor en
die polisie ontbied. Die rowers het in die tussentyd
gevlug.
Beide Edwards en Gabru was daar vir sowat 'n halfuur deur die rowers aangehou en hulle het vele kere die geleentheid gehad otn hulle goed van naby waar te neem. Volgens Edwards was hy daarna in staat om die appellant te herken as een van die drie wat hom beroof het. Hy het hom aan sy gelaatstrekke herken. Hy is jonk en lank en het 'n paar keer by hom verby beweeg terwyl hy in die slaapkamer vasgebind was. Hy het hom ook gesien toe hy voor hom die vertoonstuk-
kassies /13
-13-
kassies waarin die sierdiamante was, oopgemaak het en
daarna gekyk het. Gabru was ook daarna in staat om
appellant te herken. Volgens hom sal hy nie die per-
sone wat hulle in die besondere omstandighede beroof het
maklik vergeet nie. Hy was in staat om appellant wat
die aanrandings begin het en hom met die mes in die
skouer gesteek het "absoluut" te herken.
Daar was nie 'n uitkenningsparade gehou om
vas te stel of Edwards en Gabru hulle aanranders kon
herken nie, máar toe die saak teen die appellant en die
medebeskuldigdes vir die eerste keer in die streekhof
moes aankom en uitgestel is, het Edwards en Gabru al drie
die /14
-14-
die beskuldigdes buite die hof opgemerk tussen ander persone
en hulle dadelik herken as die persone wat hulle beroof
het. Daarna met die verhoor van die saak het hulle.
die appellant en sy medebeskuldigdes uitgeken.
Dit is nou nodig om te verwys na die omstandighede
waaronder die appellant en sy medebeskuldigdes gearres-
teer is en na die hof gebring is.
Speuder adjudant-offisier David Thidiela van die Suid-Afrikaanse Polisie op Kliptown het sekere in-ligting gehad wat hom op 29 Julie 1983, d w s twee dae na die roof, na 'n kamer in Soweto geneem het. Daar het hy beskuldigdes 1 en 3 en 'n derde persoon in die kamer
gekry /15
-15-
gekry. Die speurder het navraag gedoen na Leonard Mokoena en
beskuldigde 3 het erken dat dit hy was en gesê dat hy daar woon.
In die
kamer was 'n hele aantal van die gesteelde goedere en beskuldigde 3 het dit aan
die speurder oorhandig. As gevolg van antwoorde
op vrae wat die speurder gevra
het, het die speurder beskuldigdes 1 en 3 arresteer en beslag gelê op die
gesteelde goedere.
Hy het sekere inligting van beskuldigde 3 gekry en met die
twee beskuldigdes en die gesteelde goedere na die Kliptown polisiestasie
gegaan
om beskuldigde 1 en die gesteelde goedere daar te laat. Hy het toe met
beskuldigde 3 na 'n motorhawe in Hillbrow, wat deur
beskuldigde 3 aan hom
uitgewys is, gegaan en die appellant wat daar as
petrol joggie /16
-16-
petroljoggie werk, te arresteer. Die speurder het vir
die appellant nie voorheen geken of geweet waar hy werk
nie.Die appellant is vandaar af saam met die speurder
en beskuldigde 3 waar beskuldigde 3 'n plek aan die speurder
uitgewys het waar nog van die gesteelde goedere terug-
gevind is.Op 1 Augustus 1983 het beskuldigde 1 se suster
leerbaadjie, wat ook van die gesteelde goedere was
en wat beskuldigde 1 by sy moeder Gladys Mazibuko se huis
gelaat het, by die polisiestasie ingehandig.Op hierdie
stadium was beskuldigdes 1 en 3 met die roof verbind
deur die gesteelde goedere wat teruggevind is.
Die drie mans wat die roof gepleeg
het /17
-17-
het, moes vir die huisbediende Elizabeth, geken het,
geweet het dat sy vir Edwards werk, dat Edwards geld en
diamante of juweliersware in die huis het en dat daar 'n
alarmstelsel in die huis is en waar dit sit, inligting
wat hulle in alle waarskynlikheid van Elizabeth verkry
het. Dit is so omdat daar op die betrokke dag eers
vooraf na Elizabeth gevra is deur die drie Swartvrouens,
die drie rowers aanhoudend gevra het waar die geld en
die diaraante en die juweliersware is en geweet het waar
die alarmstelsel buite werking gestel kan word.
Elizabeth het getuig dat sy die appellant en
sy twee medebeskuldigdes ken en al saam met hulle
stokvels (fuifpartytjies) bygewoon het. Op die vraag
of /18
-18-
of sy weet of die appellant en sy twee medebeskuldigdes
die huis van Edwards ken, het sy geantwoord dat hulle
haar altyd 'n "lift" gegee het as sy werk toe gaan. Op
verdere vrae het sy haar antwoord heeltemal afgewater
deur eers te sê dat hulle haar slegs een keer 'n geleentheid'
gegee het vanaf Crossroad na Kliptown en daarna te sê
dat net beskuldigde 3 haar die "lift" gegee het en-voor
winkel afgelaai het.
Die appellant en beide sy twee medebeskuldigdes
het getuienis afgelê. Beskuldigde 1 weet dat die appel-
lant in Phiri woon.Dit blyk nie duidelik uit sy ge-
tuienis hoe goed hy vir die appellant ken nie. Hy het
beskuldigde 3 goed geken en op die vraag: "Nr 2 (appel-
lant /19
-19-
lant) is hy ook een van julle vriende", het hy geantwoord;
"Beskuldigde nr 2 is ek net gewoond voor nadat ons ge-
arresteer was." Later onder kruisondervraging het hy
gesê dat hy en beskuldigde 3 by die appellant se tuiste
was nadat hulle op borg losgelaat was. Beskuldigde 1
het erken dat hy vir Elizabeth die meeste van die tyd
by stokvels ontmoet het maar beweer dat hy haar net van
sien ken. Volgens hom ken beskuldigde 3 haar op die-
selfde manier.
Beskuldigde 3 erken dat hy saam met die speurder
was toe hulle na die garage in Hillbrow gegaan het waar
die appellant arresteer is. Hy ontken dat hy die speurder
soontoe /20
-20-
soontoe geneem het of vir die appellant aan hom uitgewys
het. Trouens hy beweer dat hy nie geweet het dat die
appellant daar werk nie. Hy erken egter dat hy die
appellant geken het; hy het hom net partykeer gesien;
partykeer kom hy vir 'n "geleentheid" vra by die stokvel
Nadat hy die vraag 'n paar keer ontwyk het, het hy erken
dat hy vir Elizabeth ken. Hy ken haar "mooi" ... want
sy was een van die mense van die stokvel".
Die appellant het onder kruisondervraging gesê dat die polisie saam met beskuldigde 3 by die motorhawe gekom het en hom gearresteer het. Hy het vir beskuldigde 3 gevra wat aangaan maar het nie 'n antwoord gekry nie. Die polisieman het net gesê hulle ondersoek
die /21
-21-
die saak.Beskuldigde 3 is nie 'n persoon wat hy dikwels
sien nie.Hy ken sy naam nie. Hy ken hom net van sien
by die stokvel en op daardie stadium het hy hom lanklaas
gesien. Daarna het hy gesê dat hy hom gereeld
by die stokvels sien.Hy ken vir Elizabeth net so
bietjie by die naam van Mapula.Sy ken sy naam. Hy
ken haar van sien en sien haar by die stokvel.Hulle
was nog nie saam uit nie en hy het haar lanklaas ge-
sien.Op een geleentheid was hulle saam in 'n voertuig
met 'n buurman van haar na Meadowlands toe. Hy was
nog nooit saam met haar en sy medebeskuldigdes in 'n
voertuig nie.
Dit was nooit die saak van die appellant dat
hy /22
-22-
hy die Woensdagmiddag, 27 Julie 1983, nie die roof kon
gepleeg het nie omdat hy daardie tyd by die motorhawe
in Hillbrow in diens was nie.Dit was eers toe die
aanklaer hom gekruisvra het oor waar hy daardie middag
was, dat hy gesê het dat hy by sy werk was. Op vrae
van die aanklaer het hy gesê dat die tyd van sy aankoms
in die oggend deur die sekretaris, ene Alexander Ross,
in 'n diensregister aangeteken word asook die tyd wanneer
hy in die middag van diens af gaan, wat gewoonlik 18h00 is
Uit verdere ontwykende en onbevredigende ant-
woorde op vrae van die aanklaer en die hof blyk dit
heeltemal duidelik dat die appellant geen bedoeling
gehad het en op geen stadium van plan was om homself
te /23
-23-
te beroep op die feit dat hy die betrokke Woensdagmiddag
by sy werk in Hillbrow was en om daardie rede nie die
roof kon gepleeg het nie. Die volgende is die vrae en
antwoorde:
" So mnr. Alexander Ross sal kan kom bevestig dat jy wel by die werk was op dié betrokke dag 27 Julie 1983? — Ja.
Het jy al intussen met hom gaan praat? — Hy weet ook, hy het gesien toe die polisie my vat, toe sê hulle hulle gaan nou ondersoek instel, en hy het verwonder ek kom nie terug nie. Maar het jy al intussen met hom gaan praat oor 27 Julie? — Nee ek het gegaan en hom gesê die polisie het my gevat en ek is nou op borg.
Ja maar het jy hom spesifiek oor hierdie dag 27 Julie met hom gepraat?
-Wat /24
-24-
Wat was die 27ste?
Die vraag is tog eenvoudig, het
jy spesifiek met mnr
Ross gaan
praat oor 27 Julie 1983? — Is
dit die dag toe ek
gearresteer was?
Dit is die Woensdag, jy is die Vry-
dag gearresteer.
— Ja ek is
Vrydag gearresteer.
Die vraag is nog steeds, het jy
al
met mnr. Ross gaan praat oor
27 Julie daardie Woensdagmiddag? —
Ek kan nie mooi begryp nie
Edel-
agbare wanneer was die 27ste nie,
was dit 'n Vrydag of
wanneer.
Ek weet nie wat jou probleem is
nie, jy het nou alreeds gehoor
dat dit die Woensdag was. Ant-
woord net die graag asseblief. —
Ek het niks met hom gepraat nie,
want ek weet nie wat gaan aan nie.
Hy is die sekretaris.
Jy werk nog steeds by daardie be-
trokke motorhawe? — Ja.
Jy sien hom elke dag? — Ja.
Jy doen die moeite om te gaan
hoor /25
-25-
hoor of hy sal kom bevestig dat jy
daar was op 27 Julie nie? —
Nee.
Is dit omdat jy weet hy sal nie
kan bevestig nie? — Hy
weet,
want hy teken ons aan.
Maar hoe weet jy dat hy weet dat
op 27
daar was, hoe weet jy dat hy
dit sal kan bevestig dat hy dit
wel
aangeteken het? — Dit is sy
boek wat die sal sê daar waar hy
skryf.
Het jy al na hierdie boek gaan kyk
intussen? — Ek weet ek het gewerk
daardie dag.
Het jy al gaan kyk of die boek
korrek aangeteken is op 27 Julie
verlede jaar? — Ons sien soos
ons skryf, ek het ook gesien dat
op die 27ste.
Maar jy het nie met mnr Ross gaan
praat om te sê hy moet hof toe kom
om vir jou te kom getuig nie? —
Nee. Ek het nie geweet of die
Hof hom sal nodig hê nie.
Hoe het jyself gevoel? — Ek weet van
niks Edelagbare, dit is die rede
hoekom /26
-26-
hoekom ek ook nie sal wil roep an 'n getuie nie."
"HOF: Ek is net geinteresseerd in hierdie gesprek wat jy en mnr. Ross gehad het. Soos ek jou verstaan nadat jy gearresteer is, toe het jy teruggekom werk toe, en het jy toe vir mnr. Ross gesê die polisie het jou gearresteer? — Ja. Hy het toe seker vir jou gevra hoekom is jy gearresteer? — Hy het my gevra.
Wat sê jy toe vir hom? — Ek het gesê die polisie het my gevat om te ondersoek gaan instel. HOF: So jy het nie vir hom gesê hoé-kom jy gearresteer is nie? Jy het nie gesê waarvan jy beskuldig word met ander woorde nie? — Ja ek het hom gesê dat daar is 'n klagte teen my van roof. Ek neem aan toe vra hy vir jou wanneer sou jy dan hierdie roof
gepleeg /27
-27-
gepleeg het? — Ek verwonder ook Edelagbare want ek is daagliks by die
werk.
Ag ek vra nie of jy verwonder is of nie, hoekom wil jy nie die vraag
antwoord nie. Het Ross vir jou gevra wanneer het jy die roof
gepleeg? Of wat die
bewerings is wanneer jy dit sou gepleeg het? Hy het my gevra Edelagbare en toe
sê ek daardie mense het
my gevat om ondersoek te gaan instel. Ek weet nie
hoekom is jy so taai om te antwoord nie beskuldigde? Het jy of het jy nie vir
hom
gesê wanneer sou die roof gepleeg gewees het nie? — Ek het hom
gesê.
Nou ja, hoekom vat dit jou so lank om dit te antwoord? — Ek het aan hom gesê ek het gehoor die polisie sê dit het in die dag plaasgevind. Het jy vir hom gesê watter dag? — Hulle het gesê Woensdag. Ja, en wat sê Ross toe daarop?
—Hy /28
-28-
— Hy het gesê hy weet nie, dit
kan miskien iets is wat in die aand
gebeur het.
Nee hoe kan hy so sê, jy sê vir
hom jy hoor dit is in die dag.
Het hy nie gesê 'maar dit is leuens,
jy was die heeltyd hier nie'? —
Ek verwonder en hy verwonder ook
nog steeds."
Die verhoorhof het bevind dat beide Edwards en Gabru as getuies 'n goeie indruk op die hof gemaak het. Hulle geloofwaardigheid was nie deur die regsverteen-woordiger aangeval nie en die hof was tevrede dat hulle getuienis bo redelike twyfel as waar aanvaar kon word. Die hof het nie die appellant en sy medebeskuldigdes se getuienis aanvaar nie. Die verhoorhof het aandag geskenk aan die betroubaarheid van Edwards en Gabru se
uitkenning /29
-29-
uitkenning van die appellant en sy medebeskuldigdes
buite die hof voordat die saak verhoor is en daarna
tydens die verhoor binne die hof en tereg bevind dat
hulle genoegsame geleentheid gehad het om hulle aanval-
lers waar te neem, dat die aanvallers 'n geruime tyd
in hulle teenwoordigheid was en hulle alle geleentheid
en rede gehad het om die aanvallers waar te neem en
dat daar ook niks in die omstandighede wat geheers het,
was wat die waarneming en 'n latere uitkenning van die
aanvallers bemoeilik het nie.
Die verhoorhof het verder bevind dat daar genoegsame stawing van die twee klaers se uitkenning van die appellant en sy medebeskuldigdes was en die
uitkenning /30
-30-
uitkenning as betroubaar aanvaar,
Beide Edwards en Gabru het vir die appellant
uitgeken en mekaar gestaaf t.o.v die aard van die appellant
se deelname aan die roof op hulle. Dit sou natuurlik
veel beter gewees het as daar 'n uitkenningsparade gehou
was, maar daar is inderdaad ander getuienis en oorwegings
wat sterk daarop dui dat hy saam met beskuldigdes 1 en
3, wie se skuld duidelik bewys is met die gesteelde
goedere wat in hulle besit was, die roof gepleeg het
Appellant en sy medebeskuldigdes het mekaar geken en
beskuldigde 3 se stokvels besoek. Hulle het ook vir
Elizabeth, die huisbediende van Edwards, geken. Hulle
het in alle waarskynlikheid van haar die inligting gekry
van /31
-31-
van al die diamante en juweliersware' wat Edwards in sy huis het en
ook dat hy 'n alarmstelsel het en waar dit in die huis geleë
is.
Beskuldigde 3 wat beskuldigde 1 en 'n aantal van die gesteelde goedere aan die
speurder uitgewys het, het die speurder na die
werkplek van die appellant geneem
en hom daar uitgewys as een van die persone wat ook by die roof betrokke was.Die
uitwys-ing self
is nie getuienis teen die appellant en staaf dus nie die
uitkenning nie maar dit is die appellant se reaksie en optrede daarna wat
getuienis teen hom is en die klaers se uitkenning van hom bevestig.Nadat hy vir
die roof arresteer is, het die appellant skynbaar
ewe gedwee saam met die
speurder en beskuldigde 3 wat sy
medebeskuldigde..../32
-32-
medebeskuldigde was gegaan om nog van die beweerde
gesteelde goedere wat beskuldigde 3 uitgewys het te gaan
haal.Volgens hom het hy geen vrae aan beskuldigde 3
wat hy volgens sy eie erkenning geken het, gevra nie
ondanks die feit dat hulle saam aangekla word van die roof
van die goedere en die speurder saam met beskuldigde 3
by hom aangekom het.Ondanks die feit dat hy weet
dat daar by sy werk 'n diensregister gehou word waarin
sy opdaag- en uitskeitye aangeteken word, wat maklik
kan bewys dat hy by sy werk was die tyd toe die roof
gepleeg is, indien hy daardie tyd wel by sy werk was,
was hy verder duidelik nie van plan om, soos blyk uit sy
aangehaalde getuienis hierbo,van die diensregister
gebruik /33
-33-
gebruik te maak nie. Hy was uit op borg voor die
verhoor van die saak en het nooit die aangeleentheid
raet die sekretaris wat die diensregister hou, bespreek
nie.Die afleiding is geregverdig dat hy geweet het
dat die diensregister nie sy saak sou steun nie.
Hy het klaarblyklik nie vir sy regsverteen-
woordiger vertel dat hy 'n alibi het wat deur 'n diensre-
gister gesteun kan word nie.Dit blyk uit die feit
dat daar niks in kruisverhoor aan Edwards en Gabru
gestel is nie en dat hy self in sy getuienis dit nie gemeld
het nie.Slegs die vrae van die aanklaer oor waar
hy op die betrokke dag en die tersaaklike ure was
het aanleiding gegee tot die getuienis van die diens-
register /34
-34-
register.Dit is feitlik ondenkbaar dat sy regsverteen-
woordiger hom met die voorbereiding van sy verdedig-
ing nie sou gevra het waar hy op die tersaaklike tyd was
toe dit geblyk het dat sy verdediging 'n alibi was nie.
Onder hierdie omstandighede kan nie gesê word dat daar 'n plig op die Staat gerus het om getuienis voor die hof te lê dat die appellant volgens die diens-register nie die betrokke dag by die werk was nie, soos namens die appellant betoog word. Trouens die Staat kon aan die hand van die aard van die appellant se verweer nooit geweet het dat daar enige betroubare diensregister bestaan waarop die appellant kon steun nie.
Ek /35
-35-
Ek is bygevolg nie oortuig dat die bevinding
van die verhoorhof dat die appellant se skuld behoorlik
bewys is nie korrek is nie.
Die appel word van die hand gewys.
WAARNEMENDE APPËLREGTER
RABIE, Wn HR)
stem saam KUMLEBEN, Wn AR)