South Africa: Supreme Court of Appeal Support SAFLII

You are here:  SAFLII >> Databases >> South Africa: Supreme Court of Appeal >> 1987 >> [1987] ZASCA 68

| Noteup | LawCite

S v Mashele (69/86) [1987] ZASCA 68 (13 August 1987)

Download original files

PDF format

RTF format


Saak nr 69/86 /MC

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA

(APPeLAFDELING)

In die saak tussen:
ROBERT MASHELE Appellant

- en -

DIE STAAT Respondent

Coram: JANSEN, GROSSKOPF ARR et STEYN Wn AR
Verhoor: 19 Mei 1987 Gelewer:

UITSPRAAK

JANSEN AR :-

Die /

2.

Die appellant is op Tzaneen deur die

Rondgaande Hof (KRIEGLER R en twee assessore) aan die

volgende misdade skuldig bevind: (1) moord van David

Rabothatha sonder versagtende omstandighede; (2) ver=

kragting van Johanna Modiba; (3) roof van 'n Mazda-

bakkie met verswarende omstandighede; (4) diefstal van

'n polisie pistool; (5) onwettige besit van die pistool;

(6) onwettige besit van 6 patrone wat in die pistool pas

Dit blyk dat die appellant, wat voorheen 'n lid van die

polisiemag was, die pistool op 7 Oktober 1984 gesteel het

voor hy die mag verlaat het. Op 6 Desember 1984 het die

appellant geryloop op die Tzaneen-Lydenburg-teerpad in

die Ritavi-distrik. 'n Mazda-bakkie, bestuur deur David

Rabothatha en met 'n passasier Johanna Modiba, het hom

opgelaai /.....

3.
opgelaai; 'n ent verder het die appellant David Rabothatha met die pistool gedwing om hom te laat bestuur; verder aan het die appellant David Rabothatha uit die bakkie gedwing en gedood deur etlike skote op hom met die pistool te vuur; daarna het die appellant weggery met Johanna Modiba nog steeds by hom; hy het haar gedwing om by hom te bly en eers die volgende oggend het sy ontsnap uit die huis waar hulle oornag het; teen daardie tyd het hy haar reeds 5 keer verkrag (die 5 gevalle is egter saamgevat in een aanklag). Die verhoorhof het die volgende vonnisse opgelê :-

(1)die doodstraf vir die moord;
(2)12 jaar gevangenisstraf vir die verkragting;

(3) /

4.

(3)14 jaar gevangenisstraf vir die roof;
(4)3 jaar gevangenisstraf vir die diefstal;

(5)18 maande gevangenisstraf vir die onwettige besit van die pistool;

(6)6 maande gevangenisstraf vir die onwettige besit van die patrone.

Dit is gelas dat vonnisse (5) en (6) saamloop. - Met verlof van die Verhoorregter kom die appellant in hoër beroep teen vonnisse (2) tot en met (6).
In sy uitspraak waarin hy die verlof verleen, sê die Verhoorregter :-

" Ek het ten tye van die vonnisoplegging die individuele vonnisse en hulle gesamentlike uitwerking oorweeg. Ek het hulle opnuut oorweeg. Ek is steeds van mening dat daar ten aansien van die afsonderlike vonnisse na behore met die applikant gehandel is. Ek meen egter dat 'n ander Hof moontlik mag kon= kludeer dat die kumulatiewe uitwerking van die vyf vonnisse, naamlik, dertig jaar en ses maande, te swaar op die applikant rus."

Dat /

5.

Dat die vonnisse kumulatief buitensporig swaar is,is

trouens ook die enigste kontensie wat voor ons geopper

is; tereg is nie betoog dat die vonnisse afsonderlik

aanvegbaar is nie. Wel is namens die appellant

aangevoer dat hoewel by oorweging van die gesamentlike

uitwerking van vonnisse (2) tot en met (6), vonnis (1),

die doodstraf, en enige moontlike versagting daarvan

íngevolge art 326 van die Strafproseswet 1977 tot 'n

termyn van gevangenisstraf,buite rekening gelaat moet

word, 'n effektiewe straf van 30½ jaar gevangenisstraf

nogtans die gewone bo-grens van 25 jaar (vgl R v

Mzwakala 1957(4) SA 273(A),278 D-E; s v Whitehead 1970

(4) SA 424(A), 438 H; S v Sibiya 1973(2) SA 51(A), 57 F

et seq) so ver oorskry dat hierdie Hof moet ingryp.

By /.....

6.
By die beoordeling van die gepastheid van die kumulatiewe straf, waar die individuele vonnisse nie aanvegbaar is nie, moet o a gekyk word na die straf= waardigheid van die beskuldigde se gedraging in geheel soos dit blyk uit die skuldigbevindings. Die begin= sels met betrekking tot die saamvat van skuldigbevindings kan hierby van hulp wees :-

"Where multiple counts are closely connected or similar in point of time, nature, serious= ness, or otherwise, it is sometimes a useful practical way of ensuring that the punishment imposed is not unnecessarily duplicated or its cumulative effect is not too harsh on the accused, by taking them together for the purpose of imposing one sentence thereon, see S v Young 1977(1) SA 602(A) at p 610 D-F. It is however pointed out that it is a desirable practice not to pass globular sen= tences but to pass appropriate sentences on the separate counts and the cumulative effect of all

the /

7.

the sentences imposed can then be suitably controlled to ensure that the totality of the imprisonment is not excessive. The counts in question do not qualify for a globular sentence because they are separate and distinct offences and ought to be treated as such, but the sentences imposed in respect of them may be suitably controlled to avoid undue harshness by ordering part of the sentence to be served concurrently. Such a practice is allowed by section 280 of the Criminal Procedure Act No 51 of 1977."
(S v Rodgers Ngcobo and Others, Appèlhof 30 September 1986, per BOSHOFF Wn AR.)

In die onderhawige geval kan die roof van die bakkie en die daaropvolgende verkragtings in 'n sin as aaneenlopende gebeure beskou word; weliswaar het die appellant die klaagster meermale verkrag, maar sy het nogtans geen beserings opgedoen nie. Met inagneming hiervan lyk, in die bepaalde omstandighede van die geval, 'n

kumulatiewe / ...

8.

kumulatiewe straf van 30½ jaar as die ander strawwe

ook in aanmerking kom, buitensporig. M i sou 24 jaar

gepas wees,

Die appel slaag en dit word gelas dat van

die 12 jaar vir die verkragting en die 14 jaar vir

die roof 6½ jaar moet saamloop,

E L JANSEN
AR

GROSSKOPF AR) STEYN Wn AR )