South Africa: Supreme Court of Appeal

You are here:
SAFLII >>
Databases >>
South Africa: Supreme Court of Appeal >>
1987 >>
[1987] ZASCA 70
| Noteup
| LawCite
S v Delport (539/86) [1987] ZASCA 70 (24 August 1987)
Download original files |
MC
Saak nr 539/86
J S DELPORT
- en -
DIE STAAT
VIVIER AR.
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(APPèLAFDELING)
In die saak tussen:
JOHANNES STEPHANUS DELPORT Appellant
- en -
DIE STAAT Respondent
CORAM: VILJOEN, HEFER et VIVIER ARR
VERHOORDATUM: 18 AUGUSTUS 1987.
LEWERINGSDATUM: 24 AUGUSTUS 1987.
UITSPRAAK
VIVIER AR:-
Die appellant het in die Oranje-Vrystaatse
Provinsiale / ...
2.
Provinsiale Afdeling voor HATTINGH Ren twee assessore tereggestaan op drie
aanklagte: een van verkragting, een van onsedelike aanranding
en een van moord.
Op die
aanklag van verkragting is hy onskuldig bevind en op die ander twee
aanklagte is hy skuldig bevind. Op die aanklag van onsedelike
aanranding is die
appellant tot 10 jaar gevangenisstraf gevonnis. Op die moordaanklag is geen
versagtende omstandighede gevind nie
en is die appellant ter dood veroordeel.
Met verlof van die Verhoorregter appelleer hy na hierdie Hof slegs teen die
bevinding dat
daar by die pleging van die moord geen versagtende omstandighede
was nie en teen die gevolglike doodvonnis wat hom opgelê is.
Aldrie die aanklagte spruit uit 'n aanval deur
die /
3.
die appellant op 'n 4-jarige blanke dogtertjie op Sondag 20 Oktober
1985 op die oewer van die Wilgerivier in Frankfort, toe hy haar
eers onsedelik
aangerand en daarna in die sterk vloeiende rivier gegooi het sodat sy verdrink
het. Haar liggaam is 4 dae later gevind
ongeveer 12 km stroomaf van die plek
waar sy in die rivier gegooi is.Die na-doodse ondersoek het getoon dat sy dood
is a.g.v verdrinking.Geen
beserings is aan haar geslagsdele gevind nie, maar die
gehele uit= wendige gedeelte van die anus was erg geskeur.
In sy getuienis
voor skuldigbevinding het die appellant erken dat hy die betrokke oggend alleen
saam met die oorledene op die rivieroewer
was, maar ontken dat hy haar aangerand
of in die rivier gegooi het.
Sy /
4.
Sy weergawe was dat hy daar aan die slaap geraak het omdat hy onder die
invloed was van brandspiritus wat hy vroeër die dag gedrink
het, en dat hy
nie weet wat met die oorledene gebeur het nie. Die Verhoorhof het die appellant
se weergawe as vals verwerp en hom
as "'n deurtrapte, geslepe en listige
leuenaar" beskryf. Die Verhoorhof het bevind dat die appellant nie vroeër
die dag gedrink
het nie, dat hy die oorledene onsedelik aangerand het deurdat hy
geslagsgemeenskap per anum met haar gehad het en dat hy haar daarna
in die
rivier gegooi het met die direkte opset om haar te dood ten einde alle spore van
die onsedelike aanranding te verberg. Die
appellant het nie self oor die vraag
van versagtende omstandighede getuig nie, maar het volstaan met die
getuienis /. . .
5.
getuienis van 'n kliniese sielkundige, mnr Vernon Steyn.
Namens die staat het 'n psigiater, dr Janse van Rensburg,
hoof van die geregtelike psigiatriese afdeling van die
Oranje-hospitaal in Bloemfontein, en mnr Calitz,
kliniese sielkundige by dieselfde hospitaal, getuig.
Van Rensburg en Calitz was lede van 'n paneel van
deskundiges wat die appellant vanaf 2 Januarie 1986 tot
4 Februarie 1986 by die Oranje-hospitaal ondersoek het
kragtens 'n bevel wat deur 'n landdros ingevolge art 78(2)
van die Strafproseswet nr 51 van 1977 uitgereik is tydens
die voorlopige verrigtinge in die landdroshof. 'n Ander
lid van die paneel was dr Els, 'n psigiater wat deur die
landdros aangestel is en wat nie in die heeltydse diens
van die staat is nie. Volgens die eenparige verslag van
die /....
6.
die paneel het die appellant ten tyde van die pleging van die misdaad
aan geen geestesafwyking gely wat hom tot so 'n mate geaffekteer
het dat hy nie
die ongeoorloofd= heid van sy dade kon besef of ooreenkomstig daardie besef kon
optree nie.
Steyn se getuienis was dat die appellant se gemoed ten tyde van
die pleging van die moord waarskynlik beïnvloed was deur verskeie
persoonlikheidsgebreke wat Steyn gevind het by die afneem van sekere toetse,
waarvoor hy stawing gevind het in die appellant se kliniese
geskiedenis. Die
Verhoorhof het egter bevind dat die appellant doelgerig en berekend gehandel het
toe hy die moord gepleeg het en
dat hy nie deur enige per=
soonlikheidsgebreke beïnvloed is nie. Voordat ek meer
volledig / ...
7.
volledig met die getuienis oor die appellant se beweerde
persoonlikheidsgebreke en die Verhoorhof se bevindings daaromtrent handel,
is
dit nodig om te verwys na die appellant se agtergrond en persoonlike omstandig=
hede sowel as na sy bewegings vroeër die
betrokke dag.
Die appellant is
'n 48-jarige blanke. Hy het std 8 op skool geslaag en is 'n paneelklopper
van beroep. Hy is reeds sowat 15 jaar van sy vrou, van wie hy twee kinders het,
geskei. Die appellant het tot op 'n
sekere stadium 'n bestendige werksrekord
gehandhaaf; hy het 17 jaar vir een maatskappy gewerk. Daarna het hy 'n soort
swerwersbestaan
begin voer omdat hy wou reis en die land sien. Die appellant het
die Maandag voor die betrokke
Sondag op Frankfort aangekom om werk te soek en het
tydelike /...
8
tydelike huisvesting gekry by die oorledene se moeder,
mev Opperman, in 'n huis wat ongeveer 700 meter van die
plek is waar die oorledene aangerand is.Die betrokke
Sondagoggend het ene Van Heerden, wat saam met die
oorledene se moeder gewoon het, die appellant en die
oorledene om elfuur by die kerk afgelaai en afgespreek
om hulle aan die einde van die diens te kom haal. Die
kerk is ongeveer 900 meter geleë van die plek waar die
oorledene aangerand is, in die teenoorgestelde
rigting van mev Opperman se huis. Toe mev Opperman
om twaalfuur by die kerk kom, was die kerk so pas uit
maar appellant en die oorledene was skoonveld.Die
Verhoorhof het bevind dat die appellant die oorledene
direk vanaf die kerk na die rivieroewer geneem het en
dat /.....
9.
dat hy dit nie gedoen het omdat, soos hy getuig het, sy 'n behoefte
gehad het nie. Hierdie bevinding van die verhoorhof is nie op
appel aangeveg
nie. Indien die oorledene gesê het dat sy na die toilet wou gaan,
sou mens eerder verwag dat die appellant by die kerk sou verneem of daar nie toilet-fasiliteite was nie (wat daar inderdaad
was) of daar wag waar haar moeder of Van Heerden enige oomblik sou opdaag, as om na die rivier te stap wat betreklik ver
van die kerk geleë was. In 'n verklaring wat die appellant aan majoor Viljoen gemaak het, het hy die gebeure by die rivieroewer as volg beskryf :-
"Ons het hier afgekom, toe het ek en sy hier kom sit. Sy is eers privaat toe en toe kom lê sy hier langs my - Ek het eers met haar begin speel met my hand - Toe sê sy Mee Oupa - moenie -
Toe het ek haar 'gerape' van agter af -Ek kon nie behoorlik voor inkom nie.
Sy /
10.
Sy het te veel geskreeu Hou op - en gegil.
Ek het iets vergeet - Hier het 'n plastiese
geel sak gelê - Ek het haar bo-op dit laat
lê.
Ek het haar aan haar skouer en been gevat
en haar hier ingegooi
Toe sit ek hier onder en was myself - Toe trek ek my klere aan en gaan maak ek of ek slaap - Ek het nie regtig geslaap nie."
Ongeveer 4 uur die Sondagmiddag het die appellant na mev Opperman se huis
teruggekeer en gemaak asof hy nie weet wat van die oorledene
geword het
nie.
Volgens Steyn het hy die appellant aan die volgende toetse onderwerp:
twee projektiewe persoonlik= heidstoetse, nl die Rorschach—
inkkladtoets
en die Tematiese A-persepsietoets, 'n angsskaaltoets en die
Wechsler-intelligensietoets vir volwassenes. Eersge= noemde
drie toetse het
getoon dat die appellant 'n
onvolwasse/..
11.
onvolwasse, ontoereikende persoonlikheid het en dat hy voortdurend onderhewig is aan neerslagtigheid en seksuele spanning. Volgens die Wechsler-toets het die appellant 'n intelligensie-kwosiënt van 83 terwyl die normale tussen 85 en 110 wissel. In een van die onderaf delings van lg toets, nl die voorwerp-samevoeg= ingstoets, word gebruik gemaak van drie legkaarte, en die appellant se onvermoë om een van die drie te voltooi het aangedui dat hy 'n selektiewe onvermoë het om te antisipeer. Dit is 'n begrip wat volgens Steyn nog nie in die literatuur omskryf is nie, maar volgens hom beteken dit dat die appellant geneig is tot onvoorspelbare en sinnelose optrede. Ander onderafdelings van die Wechsler-toets het getoon dat appellant 'n abnormale
hoë /
12.
hoë agteruitgang van breinfunksie het, nl 16% i p v 11% wat
verwag word vir 'n man van sy ouderdom. Die appellant het egter steeds
geweet
wat hy doen en was in staat om homself te beheer.Steyn het getuig dat hy stawing
vir die resultate van bogenoemde toetse vind
in wat hy meegedeel is oor die
appellant se ongelukkige kinderjare en sekere voorvalle uit sy verlede. Steyn
het verwys na die hegte
band tussen die appellant en sy moeder gedurende sy
eerste ses jaar terwyl sy vader op aktiewe diens weg was.Hierdie band is
verbreek
toe sy vader terugkeer, sy moeder verwagtend van 'n ander man vind en
hom na Suidwes-Afrika neem waar hy tot sy vyftiende jaar geen
kontak meer met sy
moeder gehad het
nie. Hy het geen liefde van sy vader of stiefmoeder
ontvang / ...
13.
ontvang nie. Op vyftienjarige ouderdom het hy weggeloop
na sy moeder, maar omdat sy intussen getroud is en vier
ander kinders gehad het, kon die vorige hegte band met
haar nie herstel word nie. Steyn het voorts na die
volgende insidente uit die appellant se verlede verwys:
Toe sy dogter agt jaar oud was, het die appellant by een
geleentheid bo-op haar geklim en gesê dat hy haar wou
wys hoe die seksdaad gepleeg word. Hy het haar by 'n
ander geleentheid in 'n rivier gegooi en net so gelos,
Een keer het die appellant sy vrou met messe gedreig,
haar kaal laat uittrek en op die kombuisvloer laat lê
terwyl ander mans daar verby geloop het. Steyn het getuig
dat die appellant se aggressie oorwegend gerig was teen
die vroue-figuur, moontlik omdat hy gevoel het dat sy
moeder /....
14.
moeder hom verwerp het. Daar was geen getuienis voor die Verhoorhof om
die inhoud van die bogenoemde mededelings aan Steyn te staaf
nie, en in die lig
van die botsing wat daar bestaan tussen die menings van Steyn aan die een kant,
en dié van Van Rensburg
en Calitz aan die ander kant, is die waarde van
die mededelings twyfelagtig. Vanweë die gevolgtrekking waartoe ek
hieronder gekom het, is dit nie nodig om meer oor hierdie aspek te sê
nie.
Steyn het die mening uitgespreek dat die
onsedelike aanranding en die moord as een, aaneenlopende handeling beskou moet word wat die appellant gepleeg het terwyl hy "oorspoel" was van seksuele impulse of drange wat totaal hand-uit geruk het en wat hy nie kon beheer
nie.Steyn het egter geredelik toegegee dat hy nie
oor /
15.
oor al die besonderhede van die appellant se optrede die betrokke dag
beskik nie en dat sy verklaring vir die appellant se gedrag
nie geldig sou wees
indien laasgenoemde, volgens ander aanduidings, berekend gehandel het
nie.
Die getuienis van Van Rensburg en Calitz was dat die twee
persoonlikheidstoetse wat deur Steyn gedoen is, nie by die Oranje-hospitaal
gebruik word nie omdat daar twyfel bestaan oor die betroubaarheid daarvan. Die
identiese Wechsler-intelligensietoets wat deur Steyn
afgeneem is, is ook by die
hospitaal gedoen en die resultate daarvan verskil wesenlik van dié wat
deur Steyn verkry is. Ander
psigometriese evalueringstoetse
wat by die hospitaal gedoen is, is die Bender Gestalt-
toets/
16.
toets, die Grassi-blokvervangingstoets en die MMPI-
toets.Die Wechsler-intelligensietoets wat op
9 Januarie 1986 deur Calitz gedoen is, het getoon dat
die appellant 'n normale intelligensie-kwosiënt van 100
het terwyl Steyn se toets, wat op 15 Mei 1986 gedoen is,
'n syfer van 83 getoon het. Volgens Steyn behoort 'n
persoon beter te vaar wanneer hy die toets 'n tweede
keer binne 5 maande aflê omdat hy dan met die vrae
bekend is.Ek stem gevolglik met die Verhoorhof saam
dat daar twyfel oor die betroubaarheid van Steyn se
latere toets moet bestaan, veral as in gedagte gehou
word dat die MMPI-toets, volgens Calitz, getoon het
dat die appellant homself anders voordoen as wat hy
werklik is. Volgens Calitz was die resultate van sy
voorwerp /....
7.
voorwerp-samevoegingstoets sowel as die appellant se
breindeteriorasie-faktor binne normale perke.
Volgens beide Van Rensburg en Calitz is die
uitslag van die hospitaal se intelligensietoetse in
ooreenstemming met die kliniese beeld wat hulle gekry
het van die appellant, wat hulle as 'n persoon van
gemiddelde intellektuele vermoëns beskryf het. Beide
het verder getuig dat hulle geen neurose of psigose by
die appellant gevind het nie. Hy was nie depressief
nie en hy het nie gemeld dat hy dit ooit was nie. Van
Rensburg het getuig dat hy geen teken van seksuele
spanning by die appellant gevind het nie.Indien daar
seksuele spanning was, sou hy 'n voortdurende patroon
van seksuele aanrandings verwag het wat nie die geval
is /.....
18.
is nie. Die appellant het konsekwent teenoor hom
enige seksuele spanning of afwyking ontken.
Die Verhoorhof het bevind dat die getuienis
van Steyn aan die een kant, en die getuienis van Van
Rensburg en Calitz aan die ander kant, mekaar wesenlik
weerspreek en dat die appellant gevolglik nie bewys het
dat die persoonlikheidsgebreke waaroor Steyn getuig het,
by hom aanwesig was nie.Die Verhoorhof het verder
bevind dat die appellant se optrede die betrokke oggend
geheel en al teenstrydig was met 'n "oorspoeling" soos
deur Steyn voorgestel, en dat al die feite daarop dui dat
hy berekend opgetree het deur die oorledene na die
rivieroewer te neem en haar daar onsedelik aan te rand
Die /....
19.
Die Verhoorhof het verder bevind dat die appellant ook
berekend opgetree het toe hy die moord gepleeg het en
dat hy die oorledene in die rivier gegooi het ten einde
die spore van sy misdaad uit te wis.Die Verhoorhof
het gevolglik bevind dat selfs al sou aanvaar word dat
die appellant die persoonlikheidsgebreke het waaroor
Steyn getuig het, dit nie 'n invloed op sy gemoed gehad
het by die pleging van die moord nie.
Na my mening het die verhoorhof homself
geensins wanvoorgelig toe hy bevind het dat die appellant
se gemoed nie beïnvloed was deur enige persoonlikheids=
gebreke toe hy die moord gepleeg het. Daar kan ook nie
gesê word dat die bevinding een is waartoe nie redeliker=
wys /.....
20. wys gekom kon gewees het nie.Soos blyk uit
die
voorgaande verwysings na die deskundige getuienis, is daar so 'n direkte
weerspreking tussen die getuienis van Steyn aan die een kant,
en dié van
Van Rensburg en Calitz aan die ander kant, dat die Verhoorhof tereg
bevind het dat die persoonlikheidsgebreke waarop namens appellant gesteun is,nie
bewys is nie. Verder toon
die feite van die saak onteenseglik dat die appellant
berekend opgetree het toe hy die moord gepleeg het. Na my mening is daar geen
basis waarop met die Verhoorhof se bevinding ten opsigte van versag= tende
omstandighede ingemeng kan word nie. Die appel word afgewys.
W. VIVIER AR.
VILJOEN AR )
Stem saam. HEFER AR )