South Africa: Supreme Court of Appeal Support SAFLII

You are here:  SAFLII >> Databases >> South Africa: Supreme Court of Appeal >> 1987 >> [1987] ZASCA 74

| Noteup | LawCite

S v Bosman (76/87) [1987] ZASCA 74 (25 August 1987)

Download original files

PDF format

RTF format


IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA

(APPèLAFDELING)

In die saak tussen:

JACOBUS WYNAND BOSMAN Appellant

EN

DIE STAAT Respondent

Coram: VAN HEERDEN, HEFER et JACOBS, ARR

Verhoor: 17 Augustus 1987

Redes ingehandig: 25 Augustus 1987

REDES VIR UITSPRAAK

JACOBS, AR

Nadat die advokaat wat namens appellant opge-

tree het sy argument voltooi het, het die Hof die appèl af-

gewys met 'n aanduiding dat redes later ingehandig sal word.

Die .... / 2
2
Die volgende is die redes.

Appellant, 'n 27-jarige blanke man, is in die

Witwatersrandse Plaaslike Afdeling van die Hooggeregshof deur

Vermooten Wn R skuldig bevind aan moord sonder versagtende

omstandighede en is ter dood veroordeel. Hy is ook skuldig

bevind op 'n aanklag dat hy na sy arrestasie uit bewaring ont-

snap het maar vir huidige doeleindes is dit nie ter sake nie,

Met verlof van die Verhoorregter kom appellant nou in hoër

beroep slegs teen die bevinding dat, vir sover dit sy skuldig-

bevinding aan moord betref, daar geen versagtende omstandig-

hede teenwoordig was nie en die verpligte doodstraf wat daar-

op gevolg het.

Voordat ek daartoe oorgaan om die feite van

die saak te bespreek moet ek noem dat die Verhoorregter in die

onderhawige .... / 3
3
onderhawige geval besluit het om nie assessore op te roep om

hom by te staan nie en die verhoor het dus plaasgevind sonder

assessore. Hieroor sê die Verhoorregter die volgende in sy

uitspraak of versagtende omstandighede teenwoordig is al dan

nie:

"Voor die verhoor begin het was dit my plig om te besluit of ek assessore moes byroep om my by te staan of nie. Vir daardie doel, omdat ek niks van die saak geweet het nie, het ek - soos altyd die geval is - die Staat se ad-vokaat gevra of dit nodig is om assessore by te roep en as gevolg van wat hy my meegedeel het, was ek destyds van mening dat dit onwaarskynlik was dat die doodvonnis op-gelê sou word. Gevolglik het ek nie assessore bygeroep om my by te staan nie."

Dit blyk nie uit die oorkonde wat die advokaat vir die Staat se siening was van sekere aspekte van die ge-
tuienis of watter inligting hy gehad het omtrent

appellant .... /4

4
appellant se waarskynlike weergawe van die gebeure wat hy, die advokaat, aan die Verhoorregter oorgedra het nie. Dit is egter duidelik dat die Verhoorregter, met die inligting wat tot sy beskikking was, sy eie oordeel gevorm het toe hy besluit het om ni.e die hulp van assessore by te roep nie en dit kan dus nie gesê word dat die Verhoorregter in dié ver-band onreëlmatig opgetree het nié. Op die beskikbare inlig-ting kan dit ook nie gesê word dat die advokaat vir die Staat se siening wat hy aan die Verhoorregter oorgedra het, nie op 'n versigtige oorweging van die beskikbare getuienis gegrond was nie. Uit die getuienis blyk dit dat appellant die dag na die moord homself aan die polisie gaan oorgee het en die moordwapen gaan uitwys het. Daar bestaan dus 'n sterk waar-
skynlikheid dat appellant destyds 'n verduideliking aan die

polisie .... / 5

5
polisie verstrek het wat miskien nie as getuienis toelaatbaar was nie maar wat die advokaat vir die Staat mag beïnvloed het in sy gevolgtrekking dat dit onwaarskynlik was dat die doodstraf uiteindelik opgelê sou word (vgl in dié verband S v Schoba 1985 (3) SA 881 (A) op 886 J - 888 A) . Toe appellant tydens sy verhoor alle kennis van en aandadigheid aan die dood van oorle-dene ontken het soos ek mettertyd sal aantoon, het die saak waarskynlik 'n onvoorsiene wending geneem wat daarop uitgeloop het dat, volgens die Verhoorregter se bevinding, geen versag-tende omstandighede aan die lig gekom het nie. Die onder-hawige saak is dus na my mening te onderskei van die feite en omstandighede in die onlangse saak van S v Malinga 1987 (3) SA 490 (A) waarin hierdie Hof 'n doodvonnis ter syde gestel
het op grond van die feit dat die waarskynlikhede daarop gedui

het.../6

6
het dat die Verhoorregter deur die Staatsadvokaat aangeraai is om weens die erns van die saak wel assessore te kry om hom by te staan. Die omstandighede het ook daarop gedui dat die Verhoor-regter waarskynlik twee assessore vir die doel sou opgeroep het maar dat hy toe net van een assessor se dienste gebruik gemaak het omdat 'n tweede assessor nie vir die verhoor van die saak verkry kon word nie. Ek wil net byvoeg dat wat hierdie appèl betref op geen stadium voor die Verhoorhof of voor hierdie Hof daar aangevoer is dat 'n onreëlmatigheid begaan is deur die ver-hoor te laat plaasvind sonder assessore nie. Inteendeel, adv Kotzé wat namens appellant voor hierdie Hof verskyn het, het spesifiek genoem dat hy hom distansieër van enige suggestie dat die feit dat die Verhoorregter nie deur assessore bygestaan is nie

as 'n onreëlmatigheid aangemerk kan word. Ek het na hierdie

aspek .... / 7

7
aspek bloot verwys omdat die Verhoorregter self, toe hy verlof verleen het om na hierdie Hof te appelleer teen sy bevinding dat daar geen versagtende omstandighede bestaan nie, die vraag ge-opper het of die feit dat hy nie die voordeel van beraadslaging met en die menings van assessore gehad het nie, moontlik 'n fak-tor is wat hierdie Hof mag beínvloed in sy beslissing of daar wel versagtende omstandighede was al dan nie.

Die aanklag teen appellant het gespruit uit die
dood van 'n 10-maande oue dogtertjie, Bianca Hall (die oorlede-ne) wat dood is as gevolg van 'n enkele steekwond in die rug wat haar borsholte en een van haar longe binnegedring het. Sy is kort daarna oorlede. Die oorledene het blykbaar op haar magie gelê en slaap in a bababedjie toe die steekwond
toegedien is. Die moordwapen was, volgens die Verhoorhof

se ..../8

8

se bevinding, 'n mes, die eiendom van appellant, met 'n lem van

tussen 10 en 12 cm lank en 'n hef van omtrent dieselfde lengte

Hierdie mes het as bewysstuk voor die Hof gedien,

Uit die getuienis blyk dit dat die oorledene

die dogtertjie was van mej Jacqueline Hall (soos sy destyds

was). In die getuienis is na haar verwys as "Jackie" en ek

sal haar ook so noem. Jackie het getuig dat appellant die

vader van die oorledene was. In sy getuienis het appellant

dit ontken maar vir die huidige doeleindes is dit nie van be-

lang of appellant wel die vader was of nie want daar was ge-

tuienis dat appellant in werklikheid lief was vir die oor.ledene

en daar is geen sprake daarvan dat die vraag of appellant in-

derdaad die vader van die oorledene was hoegenaamd enige by-

draende rol gespeel het tot die dodelike wond wat appellant

haar toegedien het nie.

Appellant .... / 9

10

In elk geval kon daardie drank hoegenaamd nie enige effek op appellant gehad het toe hy oorledene omstreeks 2h00 daardie nag die steekwond toegedien het nie. Volgens die getuienis van Jackie is sy en appellant die aand bed toe en wou hy seksu-
ele omgang met haar hê maar sy het, vir mediese redes, ge-weier. Dit het appellant ontstel en hy het opgestaan, aange-trek, en die woonstel verlaat. Later die aand het hy terug-gekeer, vir Jackie wakker gemaak, en haar beskuldig dat sy dag-ga gerook het en dwelmmiddels gebruik het. Appellant het ook gesê dat hy Jackie by die polisie gaan aankla omdat sy sekere klerasie by 'n kettingwinkel soú gesteel het. Jackie het die beweringe ontken en 'n hewige argument het tussen die twee ontstaan. Hierdie rusie het later uitgeloop op 'n stryery

tussen die twee oor die eiendomsreg op sekere foto's. Chris

Fourie .... / 11

11

Fourie het uiteindelik tussenby getree en die argument oor die foto's is blykbaar opgelos. Appellant het egter weer die woonstel verlaat blykbaar om 'n klagte teen Jackíe te gaan lê weens die beweerde diefstal. Volgens Jackie het hy later die nag weer teruggekeer en haar beveel ora uit "sy bed" te klim- Sy het teen daardie tyd weer geslaap. Sy het opge-staan en was besig om vir haar "n bed op die vloer te maak toe appellant haar van agter af 'n hou gee wat haar bewusteloos laat neerval het. Sy het later haar bewussyn herwin en 'n geroggel van die baba gehoor. Die bedlig het gebrand en sy het appellant langs die bababedjie gesien staan met 'n bebloe-de mes in sy hand en 'n grynslag op sy gesig. Sy het die baba wat erg gebloei het opgetel en met haar na Chris-hulle se

kamer gehardloop. Appellant het by die kamer en die woonstel

uitgehardloop .... / 12

12

uitgehardloop. Chris Fourie het wakker geword en, nadat hy 'n berig van Jackie ontvang het, het hy die trappe afgehardloop agter appellant aan maar appellant het reeds verdwyn. Op die grondvloer van die gebou is daar 'n kafee en terwyl Chris besig was om daarvandaan vir 'n ambulans te bel het twee polisie-beamptes toevallig by die kafee opgedaag. Chris het aan hul-le rapporteer en hulle het hom na die woonstel vergesel. 'n Ambulans het kort daarna opgedaag en die baba is hospitaal toe geneem maar is blykbaar op pad soontoe oorlede. Toe Chris die rapport aan die polisie gemaak het was dit plus-minus 2hl5 die oggend van 3 Desember.

Die getuienis toon aan dat appellant homself omstreeks tussen 18h00 en 20h00 die aand van 3 Desember aan

die polisie te Pretoria-Wes gaan oorgee het. As gevolg van

mededelings .... / 13

13

mededelings deur hom het konstabel Smit, wat op diens was, die Hillbrow polisie geskakel. Hulle was reeds op soek na appellant en het hom nog dieselfde aand in Pretoria gaan haal. Die volgende dag, d w s op 4 Desember, het appellant die po-lisie na 'n huis in Pretoria - die huis behoort blykbaar aan sy broer - geneem waar hy die mes wat voor die Hof was uit 'n roosbos in die tuin gehaal het en aan die polisie oorhandig het,

Nadat appellant die nag uit die woonstel ge-
hardloop het - dit was nou nadat die oorledene reeds die steek-wond toegedien is - is 'n aantal briewe en geskrifte asook die skede van die raes wat appellant later aan die polisie gaan uit-wys het, op 'n bedkassie voor appellant se bed in die woonstel gevind. Jackie het die handskrif op al die geskrifte as dié

van appellant uitgeken. Die Verhoorhof het bevind dat al die

dokumente .... / 14

14

dokumente wel deur appellant geskryf is. Ek is nie voornemens om die inhoud van al hierdie geskrífte in detail weer te gee nie. Ek verwys slegs na 'n brief (Bew D 2) en die koevert waar-in dit gevind is (Bew D 1) omdat sowel voor die Hof a quo as voor hierdie Hof dit aangevoer is dat dit o a uit hierdie doku-mente blyk dat appellant "sielkundig ongebalanseerd was" toe hy die briewe geskryf het en toe hy blykbaar kort daarna die moord gepleeg het.

Op die koevert (Bew D 1) waarin die brief (Bew D 2) was, was geskryf:

"(Mev) Prinsloo Wie dit mag aangaan Beeld The Star Pretoria News Tel (H) 79-1778 (W) 282-551 x 282".

(Ek mag net noem dat "Mev Prinsloo" appellant se moeder was.)

Op.../ 15

15

Op die agterkant van die koevert was geskryf:

"Ek is lief vir my Boetie Sussie Moeder Bianca Jackie."

Die brief (Bew D 2), wat in die koevert was, lees soos volg:

"Publiseer hierdie in die koerant Asb

Hierdie moet asb in die koerant verskyn, i.v.m. my moord op my dogter en selfmoord op myself.
As gevolg dat die dogter gaan kuier by haar moeder in Pretoria het dit plaasgevind, soos bo genoem.
Die moeder en vader is uitmekaar a.g.v. haar.
Die moeder weet altyd van beter en het 'n groot klomp onsin in haar dogter se kop gepraat, en sy glo dit.
As gevolg van die moeder is die hele familie teen haar, want sy is die een wat probleme maak waar sy gaan.
Hiermee wil ek u net onder u aandag bring dat hierdie bo geskrewe opgesom of net so uitgedruk word. Dit is my testament. (Beeld) (The Star) (Pretoria News) (Gepubliseer word) (Geteken: J.W. Bosman 03/12/85 00:36

I love Bianca".

Op../16

16

Op die agterkant van Bew D 2 was daar geskryf:

"Moeder daar is uitstaande gelde by mnr. Wileman. Tel. 833-770 (011). Super Home Tel. 683-4275/8 Ek is baie lief

vir Julle."

Ter verduideliking moet ek noem dat Jackie die

week voor die moord by haar moeder in Pretoria gekuier het en dat appellant haar op Sondag 1 Desember 1985 daar gaan haal het Daar is aanduidings in die getuienis van appellant dat die ver-houding tussen hom en Jackie se moeder nie juis van die hart-likste was nie.

Na sy arrestasie het 'n landdroshof beveel dat appellant vir 30 dae onder observasie gehou word en dat onder-

soek gedoen word en 'n verslag ingelewer word ingevolge art 79

van .... / 17

17

van Wet 51 van 1977. Die relevante gedeelte van die verslag van die twee psigiaters, wat met toestemming van die verdedi-ging by die verhoor ingehandig is, lui soos volg:

"Section 79(4)(b)

He has an antisocial personality with dependence on drugs and alcohol. Section 79(4)(c)
He can follow court proceedings so as to assist in his defence. Section 79(4)(d)
At this stage there is no evidence to indicate that at the time of the commission of the alleged offence either
(a) his capacity to appreciate the wrongfulness of the act in question or
(b) his capacity to act in accordance with such appre-ciation of its wrongfulness was affected by mental illness or mental defect."

Ek is nie voornemens om appellant se getuienis

wat hy onder eed afgelê het in besonderhede te behandel of weer te gee nie. In breë trekke het dit daarop neergekom dat, hoe-

wel hy erken het dat daar vroeg die aand van 2 Desember 'n

argument .... /18

18

argument tussen hom en Jackie was oor foto's, hy ontken het dat hy seks wou hê en dat sy geweier het. Volgens hom is hy daarna polisiestasie toe waar hy aan 'n swart polisie-beampte 'n klagte gaan lê het oor haar beweerde. diefstal van klerasie. Hy is toe terug woonstel toe en het aan Jackie ge-sê dat hy haar gaan verkla het. Sy het hom gevloek en hy het kwaad geword en haar 'n klap gegee. Daarna het hy die woon-stel weer verlaat en het hy nooit weer die aand of nag na die woonstel teruggekeer nie. Hy skat dit was in die omgewing van 20h30 toe hy die woonstel vir die tweede en laaste keer die aand verlaat het. Hy het ontken dat hy enige kennis dra van hoe die oorledene die steekwond waaraan sy dood is op-gedoen het, of dat hy enigiets daarmee te doen gehad het. Hy

het 'n lang storie vertel van hoe hy die aand nadat hy die woon-

stel../ 19

19

stel vir die tweede keer verlaat het, in Hillbrow rondgestap, dagga gerook en sterk drank gedrink het en hoe hy later die nag 'n saamry geleentheid gekry het Pretoria toe waar hy die volgende dag by sy broer se huis uitgekom het en waar hy 'n boodskap gekry het dat die polisie hom by sy broer se huis kom soek het. Hy het toe die Pretoria-Wes polisiestasie gebel en die polisie het hom by sy broer se huis kom oplaai. Hy het nie geweet waaroor hulle hom wou spreek nie. Hy het ont-ken dat hy hom self by die polisiestasie gaan aanmeld het. Later die aand - dit was nou die aand van 3 Desember - het die Hillbrow polisie hom kom haal en is hy in die selle aangehou. Die volgende dag, so beweer hy verder, is hy op wrede wyse deur die polisie aangerand. Hulle wou hê hy moes vir hulle sê wat

van die mes waarmee oorledene gesteek is geword het. Ten

einde .... / 20

20

einde raad en om van die aanrandings te ontkom het hy vir die polisie gesê hy sal die mes vir hulle gaan uitwys. Hy het hulle na sy broer se huis in Pretoria geneem en daar in 'n riet-bos in die tuin het hy gemaak of hy die mes wat voor die Hof was, uit die rietbos gehaal en het dit aan die polisiebeampte wat hom vergesel het, oorhandig. In werklikheid, so het hy beweer, was die mes al die tyd reeds van die aand van 2 Desember af, in sy besit en was dit deurentyd aan sy persoon versteek, ook terwyl die polisie in Hillbrow besig was om hom aan te rand. Hy het ontken dat hy bewysstukke D 1 of D 2 geskryf het of dat dit sy handskrif is wat op enige van die ander dokumente wat die nag van 2 Desember in sy kamer voor sy bed gevind is, verskyn. Appellant se getuienis is deur die Verhoorhof verwerp en hy is

skuldig bevind aan moord. Voordat die Hof daartoe oorgegaan

het..../21

21

het om te oorweeg of daar versagtende omstandighede aanwesig is het die Hof verdaag om appellant 'n geleentheid te gee om sy posisie te heroorweeg en te besluit of hy moontlik die Hof in sy vertroue wil neetn en getuienis wil voorlê wat moontlik versagtende omstandighede na vore kan bring maar hy het ge-weier om enigiets verder te sê.

In sy hoofde van betoog het adv Kotzé na veral

drie aspekte verwys wat, volgens sy submissie, versagtende om-standighede daarstel.

In die eerste plek het hy verwys na die psigia-ters se bevinding dat appellant oor 'n antisosiale persoonlik-heid beskik, met 'n drang na alkohol en verdowingsmiddels. Gevolglik, so het die betoog gelui, kon die appellant onder die

invloed van drank gewees het toe hy die daad gepleeg het. Die

geleerde .... / 22

22

geleerde advokaat het egter dadelik toegegee dat hy voor die probleem staan dat appellant ontken dat hy die daad gepleeg het. Beide Chris Fourie en Jackie het getuig dat appellant vroeër die aand sober en normaal voorgekom het. Enige bevinding dat ap-pellant toe hy die daad gepleeg het waarskynlik onder die in-vloed van drank of dagga was en, indien wel, tot welke mate hy aangetas was sou dus daarop neerkom dat die Hof omstandighede veronderstel waarvoor daar geen grond in die bewese feite te vinde is nie.

Die tweede aspek wat adv Kotzé probeer uitlig

het,was dat die moord op oorledene 'n onbesonne daad was wat dan sou aantoon dat "Appellant se oordeelsvermoë op een of ander wyse aangetas moes gewees het". Dat dit 'n onbesonne daad was

moet geredelik toegegee word maar hier weer is die Hof geheel

en../23

23

en al in die duister gelaat oor wat dit dan was wat appellant se oordeelsvermoe aangetas het. In hierdie opsig kon net ap-pellant die Hof inlig en van hulp wees en het hy verkies om die nie te doen nie.

Laastens het adv Kotzé aangevoer dat die brief
en koevert bewysstukke D 2 en D 1 aantoon dat appellant "siel-kundig ongebalanseerd was ten tyde van die misdaad" want, so het adv Kotzé gevra, waarom sou hy dan versoek dat al die pub-lisiteit gegee moet word aan die gruwelike daad wat hy van voorneme was om te pleeg? Volgens Bew D 2 was appellant van plan om selfraoord te pleeg nadat hy die oorledene vermoor het. Of hy werklik van plan was om dit te doen, en indien wel waar-om hy dit toe nie gedoen het nie, weet ons nie. Miskien het
hy gemeen dat met die beoogde publisiteit hy veral Jackie se

moeder .... /24

24

moeder in die oë van die publiek sal kan afkraak. Dit is

egter ook maar weer net een van die baie ander moontlikhede

wat, as gevolg van appellant se ontkenning dat hy die briewe

en ander dokumente geskryf het, onopgeklaar bly. Dit is egter

miskien nie onvanpas nie om in dié verband daarop te wys dat

by die dokumente 'n sogenaamde testament was wat appellant op-

gestel het en waarby 'n noukeurige lys van al appellant se be-

sittings aangeheg was. Soos die Verhoorregter tereg opmerk,

dit strook nie jui.s met iemand wat "sielkundig ongebalanseerd"

was nie.

Voor hierdie Hof is daar, afgesien van bogenoem-

de, nie betoog dat daar 'n dwaling van feite of die reg was of dat die Verhoorhof 'n onreëlmatigheid begaan het nie of dat

geen redelike hof tot die slotsom kon gekom het dat daar geen

versagtende /25

25

versagtende omstandighede is nie. Inteendeel ek meen nie

dat op die getuienis enige redelike hof tot enige ander be-

vinding kon kom as dat versagtende omstandighede nie bewys

is nie.

Die appèl is gevolglik afgewys

H R JACOBS, AR Ek stem saam.

H J 0 VAN HEERDEN, AR Ek stem saam.

J J F HEFER, AR Ek stem saam.