South Africa: Supreme Court of Appeal Support SAFLII

You are here:  SAFLII >> Databases >> South Africa: Supreme Court of Appeal >> 1987 >> [1987] ZASCA 78

| Noteup | LawCite

S v Rabutla and Others (144/87) [1987] ZASCA 78 (27 August 1987)

Download original files

PDF format

RTF format


MC Saak nr 144/87.

CASE RABUTLA Eerste Appellant
CLIFFTON PHASWA Tweede Appellant
JOMYT MBELE Derde Appellant

- en -

DIE STAAT

VIVIER AR.

MC Saak nr 144/87

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (APPeLAFDELING)

In die saak tussen:

CASE RABUTLA Eerste Appellant
CLIFFTON PHASWA Tweede Appellant
JOMYT MBELE Derde Appellant

- en -

DIE STAAT Respondent

CORAM: VAN HEERDEN, VIVIER ARR et STEYN WND AR.

VERHOORDATUM: 20 AUGUSTUS 1987

LEWERINGSDATUM:. 27 AUGUSTUS 1987

UITSPRAAK
2. VIVIER AR :-
Die drie appellante, na wie ek as beskuldigdes 1, 2 en 3 onderskeidelik sal verwys, is in die Noordelike Rondgang Plaaslike Afdeling op Tzaneen deur CURLEWIS R en twee assessore op drie aanklagte skuldig bevind: een van moord, een van verkragting en een van menseroof. Geen versagtende omstandigbede is tov die moordaanklag bevind nie en al drie beskuldigdes is op hierdie aanklag ter dood veroordeel. Al drie is ook op die aanklag van verkragting ter dood veroordeel. Op die aanklag van menseroof is elke beskuldigde tot drie jaar gevangenisstraf gevonnis. Die Verhoorregter het aan beskuldigde 1 verlof verleen om na hierdie Hof teen sy skuldigbevinding op die moordaanklag sowel as teen die doodvonnis wat hom op die

aanklag /

3.

aanklag van verkragting opgelê is, te appelleer, Hy het aan beskuldigdes 2 en 3 verlof verleen om slegs teen die doodvonnis wat hulle op die aanklag van verkragting opgelê is, te appelleer. Na 'n petisie aan die Hoofregter het hierdie Hof aan beskuldigdes 2 en 3 verlof verleen om teen die skuldigbevinding aan moord sowel as teen die bevinding dat daar by die pleging van die moord geen versagtende omstandighede was nie, te appelleer. By die verhoor van die appèl is aan beskuldigde 1 verlof verleen om te appelleer teen die bevinding dat daar geen versagtende omstandig= hede by die moord was nie. Om op te som: daar is geen appèl teen die skuldigbevinding op die aanklag van verkragting nie. Al drie beskuldigdes

appelleer teen hul skuldigbevindings op die moordaan=

klag sowel as teen die bevinding dat daar geen versagtende omstandighede was by die pleging van die moord nie en teen die

gevolglike /

4

gevolglike doodvonnis wat hulle opgelê is.Aldrie

appelleer ook teen die doodvonnis wat hulle op die

aanklag van verkragting opgelê is.

Die oorledene,'n 48-jarige Swart man, is die

oggend van 22 Julie 1985 dood aangetref in die kajuit van

sy vragwa waar dit langs die pad in die omgewing van 'n

woonbuurt bekend as Sekgopo naby Duiwelskloof geparkeer was

Daar was ses steekwonde in die oorledene se rug en sy.

'n Sewende steekwond in die nek het die twee hoofslagare

na die brein afgesny en die dood veroorsaak. Die

oorledene was met 'n besending goedere na Phalaborwa op

pad en het die vorige aand op Sekgopo aangekom en besluit

om daar te oornag. By 'n kafee het hy die klaagster, 'n

volwasse Swart vrou, ontmoet en hulle is saam na die

vragwa /....
5. vragwa om die nag daar deur te bring.
Dié betrokke aand het die drie beskuldigdes mekaar op Turfloop naby Pietersburg by 'n biersaal ontmoet vanwaar hulle in beskuldigde 1 se kombi na Kgapane vertrek het nadat hulle eers in Tzaneen brandstof inge= gooi het. Hulle het 'n biersaal in Kgapane besoek en toe teruggekeer na Turfloop. Op pad het hulle deur Sekgopo gereis en op die vragwa afgekom met die oorledene en die klaagster in die kajuit. Die kombi, wat op daardie stadium deur beskuldigde 1 bestuur is, het naby die vragwa gestop. Die klaagster, wie se getuienis deur die Verhoorhof aanvaar is, het getuig dat sy wakker geword het toe 'n persoon die venster van die vragwa stukkend slaan. Die persoon het sy hand deur die

venster /

6.

venster gesteek, die deur van binne oopgemaak en haar

uit die vragwa getrek. Terselfdertyd het twee ander

persone wat saam met die eerste een.was, by die kajuit

van die vragwa waarin die oorledene nog was, ingeklim.

Sy het gehoor dat die oorledene vra: "Wat maak julle?"

en dat een van die persone antwoord: "Jy moenie met ons

praat nie". Sy weet nie wat verder met die oorledene

gebeur het nie. Die een wat haar uit die vragwa

gehaal het, het haar na die Kombi geneem, haar daar

ingedwing en haar op die agterste sitplek verkrag.

Daarna het die ander twee na die kombi teruggekeer en

hulle het daarvandaan vertrek. Op pad het die ander

twee haar ook verkrag.

Die klaagster se getuienis dat al drie die

beskuldigdes /....

7.

beskuldigdes haar agter in die kombi verkrag het, is nie

tans in geskil nie. Sy was onseker oor watter een van

die beskuldigdes haar na die kombi geneem en haar eerste

verkrag het. Sy was ook onseker oor die volgorde

waarin die ander twee haar verkrag het. Die Verhoorhof

het bevind dat dit beskuldigde 1 was wat haar na die

kombi geneem en haar eerste verkrag het terwyl beskuldigdes

2 en 3 by die vragwa was. Die Verhoorhof het verder

bevind dat beskuldigde 3 die kombi bestuur het toe dit

daarvandaan na Pietersburg vertrek het. Op pad het die

kombi twee keer met enjinprobleme gaan staan. Die Ver=

hoorhof het bevind dat na die eerste keer beskuldigde 1

verder bestuur het terwyl beskuldigde 3 toe die klaagster

verkrag het, en dat na die tweede oponthoud beskuldigdes

3 /...

8.
3 en 2 plekke geruil het en dat beskuldigde 2 haar toe verkrag het. Net voordat hulle op Pietersburg aangekom het, het beskuldigdes 2 en 3 weer plekke geruil sodat beskuldigde 3 agter by die klaagster gesit het toe hulle in die vroeë oggendure by 'n vulstasie in Pieters= burg stop om brandstof in te neem. Volgens die onbetwiste getuienis van die petroljoggie het beskuldigde 3 die klaagster na die toilet yergesel en toe hul terugkom, het sy geweier om weer in die kombi te klim. Die drie beskuldigdes was genoodsaak om sónder haar te vertrek.
Om terug te keer na die toneel van die moord. Die enigste staatsgetuienis oor wat daar gebeur het, is dié van die klaagster waarna ek reeds verwys het. Die

drie /

9.

drie beskuldigdes het elkeen verontskuldigende en

botsende weergawes gegee wat as vals deur die Verhoor=

hof verwerp is. Beskuldigde 1 se getuienis was dat hy

deur beskuldigde 2 gevra is om by die vragwa te stop.

Beskuldigde 2 het na die vragwa gegaan, teruggekom en

vir hom en beskuldigde 3 geroep. Die ander twee het

vooruit na die vragwa geloop en hy het agterna gekom.

Toe hy nog aankom, het hy gehoor dat 'n venster breek

en dat 'n vrouestem om hulp roep. Die deur van die

vragwa het oopgegaan en die klaagster het uitgeklim en

met beskuldigde 3 gepraat wat langs die vragwa gestaan

het. Beskuldigde 1 het nader gegaan en die klaagster

gevra om saam met hom na die kombi te gaan, wat sy

vrywillig/...

10.
vrywillig gedoen het. Terwyl hulle wegstap van die vragwa,het hy vir beskuldigde 2 in die kajuit van die vragwa gesien en hy het 'n geluid gehoor soos dié van 'n bakleiery. Terug in die kombi, het hy aan die slaap geraak en hy weet nie wat by die vragwa gebeur het nie. Beskuldigde 2 het getuig dat beskuldigde 1 onverwags by die vragwa gestop het. Toe hy vir beskuldigde 1 vra waarom hy daar stop, het laasgenoemde geantwoord dat beskuldigde 3 gesê het dat hy moet stop. Beskuldigdes 1 en 3 het na die vragwa gegaan en hy het gehoor dat iemand skree: "Jy is besig om my dood te maak". Beskuldigde 2 het toe uitgeklim en na die vragwa gestap. Hy het vir beskuldigde 1 teengekom wat met die klaagster op pad was
na die kombi. Hy het saam met hulle in die kombi geklim

en /

11.

en weet nie wat by die vragwa gebeur het nie. Na 'n

rukkie het beskuldigde 3 teruggekom en hulle het vertrek

Beskuldigde 3 se weergawe was dat beskuldigde 2 vir

beskuldigde 1 gesê het om by die vragwa te stop.

Beskuldigde 2 is alleen na die vragwa en het later

teruggekom om vir beskuldigde 1 te kom haal. Later het

hy gehoor dat beskuldigde 1 vloek en hy is toe ook na

die vragwa. Daar het hy beskuldigde 2 met 'n ander

persoon in die kajuit sien baklei. Die klaagster het

tevoorskyn gekom en beskuldigde 1 het saam met haar na

die kombi gegaan. Beskuldigde 3 is ook terug na die

kombi. Later het beskuldigde 2 ook teruggekom en hy

het vir beskuldigde 2 gevra wat by die vragwa gebeur het,

waarop laasgenoemde geantwoord het: "Daardie dom mens,

dit /....
12. dit is al lank dat ek vir hom waarsku dat hy vir my

lastig geval het" . Hulle het toe vertrek. - Beide beskuldigdes 1 en 3 het getuig dat hulle vroeër die aand, en voordat hulle by die plek gekom het waar die vragwa was, by 'n sekere huis in Sekgopo gestop het op versoek van beskuldigde 2. Hy het navraag oor 'n meisie gedoen en die mense daar het aan hom gesê : "daar voor is 'n trok en jou mooi dingetjie is daar". Die onbetwiste getuienis van die klaagster was egter dat sy geeneen van die beskuldigdes geken het nie.

Die Verhoorhof het bevind dat die drie

beskuldigdes na die vragwa gegaan het met die gemeenskaplike opset om die meisie in die kajuit met geweld te neem en haar te verkrag, dat elkeen die moontlikheid voorsien het

dat /

13.

dat die oorledene weerstand sou bied, dat geweld gebruik

sou moes word om sy weerstand uit te skakel en dat

hy deur een of meer van hulle gedood kon word in die

uitvoering van hul plan, hom daarmee versoen het en

besluit het om nogtans te handel.

Volgens die klaagster se getuienis wat, soos

ek reeds daarop gewys het, deur die Verhoorhof

aanvaar is en waarvoor daar oorgenoeg stawing te vind

is in die onbetwiste feite, is daar nie die geringste

twyfel nie dat die drie beskuldigdes met 'n gemeenskaplike

opset om die klaagster met geweld te ontvoer en dan te

verkrag, gehandel het. Die moeiliker vraag is of

elkeen van die beskuldigdes die moontlikheid van die

oorledene se dood voorsien het. In die eerste plek kan

uit /...

14.

uit al die getuienis met sekerheid aanvaar word dat

al drie beskuldigdes geweet het, nog voordat die ruit

van die kajuit gebreek is, dat beide die oorledene en

die klaagster in die kajuit was. (Die Verhoorhof se

stelling dat in 85 persent van alle gevalle waar 'n

vragwa soos dié in die huidige saak in die nag langs

die pad staan, die bestuurder met 'n vrou daarin sal

wees, is natuurlik ongeregverdig.) In die tweede plek

is dit duidelik dat die drie beskuldigdes moes voorsien

het dat geweld ook teen die oorledene nodig sou wees

ten einde die klaagster te ontvoer. Hulle moes verwag

het dat hy weerstand van een of ander aard sou bied en

dat geweld gebruik sou moes word om sy weerstand uit te

skakel/....

15.

skakel. Myns insiens kan dit aanvaar word dat hy

nie die klaagster in die middel van die nag op 'n verlate

plek vrywillig aan hul genade sou uitlewer nie. Dat die

beskuldigdes geweld beoog het, blyk duidelik uit die

feit dat hulle sonder meer die ruit van die kajuit

stukkend geslaan het en dat toe die oorledene, wat

waarskynlik nog deur die slaap was, vra "wat maak julle?",

een van die beskuldigdes geantwoord het: "Jy moenie

met ons praat nie". Die Verhoorhof het die klaagster

se getuienis aanvaar dat elke beskuldigde 'n mes gehad

het. Beskuldigdes 1 en 3 het wel ontken dat hulle self

messe gehad het, maar hulle het gesê dat beskuldigde 2

'n mes gehad het en volgens beskuldigde 1 het hy reeds

vroeër /.....

16.

vroeër die aand dié mes gebruik om aan die kombi te

werk. Dit is nie namens beskuldigde 2 betoog dat die

Verhoorhof se bevinding dat hy 'n mes gehad het, verkeerd

was nie. Die Verhoorhof het inderdaad bevind dat

beskuldigde 2 die een was wat die oorledene die steek=

wonde toegedien het, en dat beskuldigde 3 saam met hom

in die kajuit was en die oorledene vasgehou het terwyl

beskuldigde 2 hom steek. Onder al die omstandighede,

is die enigste redelike afleiding dat al drie die

beskuldigdes die moontlikheid voorsien het dat ten

minste beskuldigde 2 sy mes sou gebruik. Hulle het

die moontlikheid van dood voorsien en onverskillig

daaromtrent voortgegaan met die uitvoering van hulle

plan/...

17.
plan. Dit is verder duidelik dat elke beskuldigde se aandeel daadwerklik bygedra het tot die veroorsaking van die oorledene se dood (vgl S v Maxaba en Andere 1981(1) SA 1148(A) op 1155 G). Al drie beskuldigdes is dus tereg skuldig bevind aan moord op die oorledene. Dit bring my by die beskuldigdes se appèlle teen die bevinding dat daar geen versagtende omstandig= hede by die moord was nie. Namens al drie is betoog dat die volgende feite en omstandighede afsonderlik of kumulatief versagtende omstandighede daarstel: die feit dat hulle heelwat gedrink het vroeër die aand, die feit dat daar nie direkte opset om te dood was nie en die afwesigheid van voorafbeplanning. Namens beskuldigde 1

is /

18.

is ook gesteun op die feit dat hy slegs 20 jaar oud

was ten tyde van die pleging van die misdaad.

Die Verhoorhof het bevind dat hoewel al drie

beskuldigdes vroeër die betrokke aand gedrink het, drank

geen rol in hul optrede gespeel het nie. Indien gelet

word op die behendigheid van elkeen se optrede en die

fyn besonderhede waarmee elkeen die aánd se gebeure

beskryf het, kan die bevinding van die verhoorhof nie

fouteer word nie.

Die afwesigheid van die direkte oogmerk om

te dood en die afwesigheid van voorafbeplanning kan onder

die omstandighede van die huidige saak nie as versagting

aangemerk word nie. Ten minste op die stadium toe

hulle /...

19.

hulle die venster van die vragwa gebreek het, was die

plan om die klaagster te verkrag reeds gevorm. Dat

die plan moontlik eers gevorm is nadat die beskuldigdes

by die vragwa stilgehou het, is nie ter sake nie. Dié

plan het die gebruik van die mes ten einde die oorledene

sê weerstand uit te skakel, en die oorweging van die

risiko van sy dood ingesluit. Die wyse waarop die

plan uitgevoer is, deurdat die oorledene in sy slaap

oorval en koelbloedig doodgesteek is, dui op 'n doel=

bewuste en totale verontagsaming van die risiko van die

oorledene se lewe (vgl S v Mafela and Another 1980(3)

SA 825 op 829 A-B).

In die geval van beskuldigde 1 is daar geen

aanduiding/....

20.

aanduiding in sy optrede die betrokke aand van

onvolwassenheid of beinvloeding deur die ander nie

Inteendeel, in sekere opsigte het hy die leiding geneem

en as voorbok opgetree. So bv het hy die deur van

die kajuit oopgemaak en eerste ingeklim.

Na my mening is daar geen basis waarop met

die Verhoorhof se bevinding oor versagtende omstandighede

in die geval van al drie beskuldigdes ingemeng kan

word nie.

Ek handel laastens met die appèlle teen die

doodvonnis wat vir verkragting opgelê is. Dit is al herhaaldelik in uitsprake van hierdie Hof beklemtoon dat wanneer die doodvonnis in die uitoefening van die

Verhoorregter/....

21.

Verhoorregter se statutêre diskresie opgelê is,

hierdie Hof se bevoegdheid om daarmee in te meng,

beperk is tot gevalle van onreëlmatigheid, wan=

voorligting of onredelikheid. Die grondbeginsel

van die verskillende formulerings wat deur hierdie Hof

van tyd tot tyd aangewend is om te bepaal of ingryping

geregverdig is, is dat hierdie Hof alleen inmeng

as hy oortuig is dat die Verhoorregter sy diskressie

op 'n onbehoorlike of onredelike wyse uitgevoer het

Sien die meerderheidsuitspraak van BOTHA AR in

S v Pieters, 'n ongerapporteerde beslissing van hierdie

Hof, gelewer op 21 Mei 1987 en vroeëre beslissings soos

S v Pillay 1977(4) SA 53KA) op 534 H - 535 G en

S v S /...

22.

S V S 1987(2) SA 307 op 311 G-H.

Daar is namens appellante betoog dat die

Verhoorregter die persoonlike omstandighede van die

beskuldigdes buite rekening gelaat het by die oorwe=

ging van 'n gepaste vonnis en dat hy nie oorweging

geskenk het aan die moontlikheid van die beskuldigdes

se rehabilitasie nie. Die gedeelte van die uitspraak

waarop in hierdie verband gesteun is, verskaf self die

antwoord op die betoog. In die voorafgaande paragrawe

van die uitspraak handel die Verhoorregter volledig met

die persoonlike omstandighede van elke beskuldigde,

hoewel hy nie uitdruklik na die moontlikheid van

rehabilitasie verwys nie. Dit is duidelik uit die

passasie /....

23.

passasie waarop gesteun word, dat die Verhoorregter

van mening was dat die erns van die misdaad die ander

oorwegings oorheers. Na my mening kan nie gesê word

dat die Verhoorregter fouteer het deur hierdie

beskouing te handhaaf nie (vgl S v Mooi 1985(1) SA

625(A) op 631 A-B).

Daar is verder namens die beskuldigdes gesteun

op die drank wat hulle vroeër die aand gedrink het.

Ek het reeds daarop gewys dat volgens alle aanduidings

die beskuldigdes nie deur drank beïnvloed was nie.

Laastens is namens die beskuldigdes aange=

voer dat die Verhoorregter nie voldoende gewig geheg het

aan die feit dat die klaagster nie beseer is nie

In /...

24. In sy uitspraak handel die Verhoorregter uitdruklik

met hierdie aspek en kom daarna tot die gevolgtrekking dat die doodstraf die gepaste straf is in die lig van die erns van die misdaad en al die ander feite van die saak.
Wanneer al die feite en omstandighede van die saak in oënskou geneem word, kan na my mening nie gesê word dat die Verhoorregter sy diskresie onbehoorlik of onredelik uitgeoefen het nie. Daar is gevolglik geen basis waarop hierdie Hof kan ingryp en 'n ander vonnis oplê nie.

Die appèlle word afgewys.

W. VIVIER AR,

VAN HEERDEN AR)

STEYN WND AR) Stem saam