South Africa: Supreme Court of Appeal

You are here:
SAFLII >>
Databases >>
South Africa: Supreme Court of Appeal >>
1987 >>
[1987] ZASCA 83
| Noteup
| LawCite
S v Stoop (85/87) [1987] ZASCA 83 (10 September 1987)
Download original files |
ANTON WERNER STOOP Appellant
en
DIE STAAT Respondent
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(APPELAFDELING)
In die saak tussen:
ANTON WERNER STOOP Appellant
en
DIE STÁAT Respondent
Coram: JOUBERT, VIVIER, ARR ét BOSHOFF Wn AR
Verhoor: 4 September 1987
Gelewer: 10 September 1987
UITSPRAAK
BOSHOFF, Wn AR:
Die appellant en sy twee medebeskuldigdes
Willem Jansen en Francois Johannes Bester was in die
Witwatersrandse.../2
2
Witwatersrandse Plaaslike Afdeling voor 'n regter en
twee assessore daarvan aangekla dat hulle op 24 Februarie
1986 naby Krugersdorp vir David Ovemile Mthutang vermoor
het. Die appellant is skuldig bevind aan moord sonder
versagtende omstandighede en die doodstraf opgelê.
Willem Jansen, na wie ek sal verwys as beskuldigde 2,
is skuldig bevind aan poging tot moord en Francois
Johannes Bester,na wie ek sal verwys as beskuldigde 3,
is skuldig bevind aan aanranding met die doel om ernstige
letsels te berokken.
Die appellant is verlof gegee om te appelleer
teen die bevinding dat daar geen versagtende omstandighede
was nie asook teen die doodstraf wat opgelê is.
Die /3
-3-
Die feite wat aanleiding gegee het tot die
aanklag teen die appellant en sy twee medebeskuldigdes
soos grotendeels deur die verhoorhof bevind, kom kortliks
op die volgende neer. Die drie van hulle was vriende en
het saam met die appellant in sybroer se motorkar. na die
Witpoortjie hotel gegaan om te drink. Dit is 'n luikrug-
motor met twee deure en 'n groot deur agter waar'n motorkar
se bagasiebak normaalweg is. Hulle is tussen 22h00 en
23h30 van die hotel weg om 'n dame by haar huis te gaan
aflaai. Die appellant het die motorkar bestuur. Op
appellant se voorstel is hulle vandaar na 'n ander
vrou se huis om daar besoek af te lê. Daar was alreeds
ander mans gewees en hulle het toe besluit om huis toe
te /4
-4-
te gaan en sou beskuldigde 3 eerste by sy huis aflaai
Hulle het by die Pick-'n-Pay winkelsentrum verby gery
toe appellant skielik remme aangeslaan het en uitgeklim
het om 'n swartman wat toe weggehardloop het, te agtervolg.
Dit is heeltemal onseker wat die oorsaak van hierdie
optrede van die appellant was. Hy sou vir een van die
beskuldigdes gesê het dat die swartman 'n"lelike teken"
vir hom gegee het, Die swartman wat later die oorledene
in die saak geword het en na wie ek geriefshalwe as die
oorledene sal verwys,het gevolg deur die appellant in
die parkeergronde van die winkelsentrum in gevlug.
Beskuldigde 3 het agter die stuurwiel van die motorkar
ingeklim en hulle in die parkeergronde gevolg. In
die /5
5
die parkeergronde het hy voor die vlugtende oorledene
ingesny en die appellant in staat gestel orn hom in te haal
Die appellant het hom platgeslaan en sy twee medebeskul-
digdes het uit die motorkar geklim en aldrie van hulle
het die oorledene aangerand deur hom te skop en te slaan
Op een stadium het die appellant wydsbeen oor die oor-
ledene gestaan, sy kop opgetel en dit teen die teeropper-
vlakte gestarnp. Hulle het ook op die oorledene gespring.
Aan die begin van die aanranding het die oorledene 'n
mate van weerstand gebied maar naderhand bewusteloos ge-
raak. Die appellant en sy twee medebeskuldigdes het
die oorledene agter in die bagasiebak gelaai. Daar
is 'n dun partisie tussen die bagasiebak en die agterste
sitplek /6
— 6 -
sitplek. Die oorledene het agter in die bagasiebak weer
begin regkom en begin skop. Die appellant en sy twee
medebeskuldigdes het met hom na 'n oop veld in Mindalore,
1,1 km van die winkelsentrum af, gery. Daar het die
appellant die bagasiebak oopgemaak en die oorledene het
uitg.eklim en probeer ontvlug. Appellant het die oorledene
weer aang.erand. Sy twee medebeskuldigdes het uit die
motorkar geklim en appellant gehelp. Uiteindelik
het die oorledene op die grond beland met die appellant
bo-op hom. Die appellant het hom toe met'n klip teen
die kop geslaan. Beskuldigde 3 het in die tussentyd
naar geword van die drank wat hulle gedrink het,
begin vomeer en in die motorkar geklim. Die appellant
het /7
7
het die oorledene met sulke geweld aangerand dat
beskuldigde
2 die appellant van die oorledene moes af forseer. Die
appellant het weer op die oorledene geklirn en hom weereens
met die klip geslaan. Beskuldigde 2 het vir beskuldigde
3 geroep om hom te kom help en hulle twee moes al hulle
krag inspan om die appellant van die oorledene af te
trek. Die oorledene het heeltemal pap geraak en geen
tekens van leve meer getoon nie. Volgens die twee mede-
beskuldigdes het hy egter nog geroggel. Die appellant het
toe daarop aangedring dat hulle hom weer in die bagasiebak
laai. Appellant het beskuldigde 3 gevra om die motorkar
te bestuur en soos later geblyk het was hy van plan om
die oorledene in die ry agter uit die bagasiebak te
gooi /8
8
gooi om die indruk te skep dat hy sy beserings in 'n tref-
en-trap ongeluk opgedoen het. Beskuldigde 3 het agter
die stuurwiel ingeklim en weggery terwyl die appellant en
beskuldigde 2 met hulle knieë op die agterste sitplek ge-
staan het met hulle gesigte na ag.ter gekeer sodat hulle
direk op die oorledene in die bagasiebak kon kyk. 2,3 Km
verder op die Chamdorpad het beskuldigde 3 agtergekom
dat daar iets agter in die motorkar aan die gang is en
dat die bagasiebak se deur oop is. Hy was oortuig
dat die appellant en beskuldigde 2 die oorleuene agter
uitgegooi het. Hy het onmiddellik remme aangeslaan en
stilgehou en vir appellant en beskuldigde 2 gevra wat
hulle makeer om die man so op die pad uit te gooi
Appellant /9
-9-
Appellant het self agter die stuurwiel ingeskuif en
teruggery na waar die oorledene in die pad gelê het
Daar het 'n motorkar aangekom en appellant het met sy
voertuig oor die oorledene stilgehou om hom vir die aan-
komende motorkar te verberg. Toe die motorkar verby
is het hulle die oorledene weer in die bagasiebak gelaai
Daarvandaan is hulle na 'n vulstasie om brandstof in te
neem. Die vulstasie is 3,5 km vanaf die plek waar die
oorledene uitgegooi was. Beskuldigde 3 het weer naar
geword en daarna aan die slaap geraak. Vanaf die vul-
stasie het hulle deur Krugersdorp gery en met die Hek-
poortpad in die rigting van die Sielsieke Inrigting
gery tot naby die inrigting waar hulle stilgehou het, 'n
distansie /10
-10-
distansie van 13,3 km. Daar het hulle die oorledene
uit die bagasiebak getel. Beskuldigde 3 het weer
naar geword en in die motorkar geklim waar hy aan die
slaap geraak het. Appellant en beskuldigde 2 het die
oorledene 'n endjie van die pad af gedra en daar sy lig-
gaam verbrand. Dit was toe na 23h30. Van daardie plek
is hulle na beskuldigde 2 se woonstel waar beskuldigde 3
sy klere vervang het met klere wat hy van beskuldigde 2
gekry het omdat sy eie klere vol braaksel was. Appellant
het toegesien dat sy twee medebeskuldigdes ook eers be-
skuldigde 3 se braaksel van sy broer se motorkar afwas.
Daarna hef die appellant vir beskuldigde 3 huis toe ge-
neem en na hy afgelaai is, self huis toe gegaan. Vanaf
die /11
-11-
die winkelsentrum tot foy sy eie huis het hy nie minder
as 40,9 km met die motorkar gery nie en ook dwarsdeur
Krugersdorp gery. Behalwe vir die 2,3 km wat beskuldigde
3 bestuur het, het die appellant self die hele ent-
pad bestuur. Daarby kan nog gevoeg word die distansie
wat hy bestuur het vanaf die hotel tot waar hu.lle die
dame by haar huis afgelaai het en die draai wat hulle
gery het om 'n ander vrou te besoek voordat hulle by die
winkelsentrum uitgekorn het. Die polisie het die ver-
brande lyk die volgende oggend gekry.
Dr Kemp het die nadoodse ondersoek gedoen en
bevind dat die oorledene nog geleef het toe hy verbrand
is en dat die verbranding die uiteindelike oorsaak van
sy /12
-12-
sy dood kon gewees het. Daar was 'n gebreekte rib wat
deur 'n skop veroorsaak kon gewees het. Daar was ook 'n
maagspier wat bloed in gehad het. Die bloeding kon ver-
oorsaak gewees het deur 'n harde hou op die maag. Dië
liggaam was egter so erg verkool dat dit nie moontlik
was om enige ander oorsaak van dood as verbranding
vas te stel nie.
Nadat die appellant aan moord skuldig bevind
is, het mnr Wepener wat nou en toe ook namens die appel-
lant opgetree het, die getuienis van mnr Basil Russell
Carnie, 'n kliniese sielkundige en psigoterapeut, wat 'n
verslag saamgestel het oor die appellant, voor die hof
gelê. Hy het 'n persoonlikheidsevaluering van die appellant
gedoen /13
-13-
gedoen en mnr Wepener het in 'n groot mate daarop gesteun
in sy betoog dat die moord met versagtende omstandighede
gepleeg is. Mnr Wepener beroep hom nou weer onder meer
op Carnie se evaluering van die appellant en betoog dat
verhoorhof ten onregte nie die kumulatiewe uitwerk-
ing van die verskillende faktore wat die appellant se
optrede die betrokke aand beïnvloed het, in aanmerking
geneem het nie.
Die faktore waarop hy hom beroep is die
appellant se relatiewe jeugdigheid saamgesien met sy
emosionele onvolwassenheid en sy onder gemiddelde
intellektuele vermoë, sy drankinname, sy impulsiewe
optrede, sy skoon rekord en die feit dat die toepaslike
dolus /14
-14-
dolus bestaan het uit dolus eventualis
Voordat daar met hierdie betoog gehandel word
is dit nodig om in gedagte te hou dat dit nodig was
vir die verhoorhof om as volg te werk te gaan om te bepaal
of daar versagtende omstandighede is. Die verhoorhof
moes vasstel of daar omstandighede is wat betrekking kon
gehad het op die geestesverraoëns of geraoed van die
appellant, dan oordeel of sodanige omstandighede die
appellant wel beïnvloed het en indien daar positiewe
bevindings in hierdie opsig is, oordeel of die beïn-
vloeding van so 'n aard was dat die appellant se daad
volgens die mening van die verhoorhof daardeur as minder
laakbaar of verwytbaar beskou kan word, kyk S v Babada
1964(1) /15
15
1964(1) SA 26 (A) 27H-28A.
Die verhoorhof het bevind dat daar geen ver-
sagtende omstandighede is nie en hierdie hof kan teen
hierdie bevinding varr die verhoorhof ingryp slegs indien
daar 'n dwaling of 'n wanopvatting van die feite of die reg
was of indien geen redelike hof tot daardie slotsom
kon gekom het nie, kyk S v Manyathi 1967(1) SA 435 (A) op
bladsy 439 D-F, en S v Bowers 1971(4) SA 646 (A) op bladsy
649 A-E,
Carnie het sy evaluering van die appellant
se persoonlikheid gemaak uit hoofde van onderhoude wat
hy met hom en sy familielede gehad het. Hy het nie
die /16
-16-
die verhoor van die appellant bygewoon nie behalwe dat
hy skynbaar die laaste oggend teenwoordig was. Sy
inligting van die saak self het hy verneem van wat aan
hom in die hof gestel is en wat die appellant se advokaat
aan hom meegedeel het. Uit wat hy verneem het van die
appellant se ervarings tuis en op skool in sy jonger jare
en van sy optrede en reaksies was hy van mening dat die
appellant aan 'n minderwaardigheidskompleks ly, 'n per-
soonlikheidssamestelling wat daartoe aanleiding gee dat
hy graag om ander te imponeer die indruk wil skep dat
hy 'n persoon is vol bravade en waagmoed. Dit kom veral
na vore in groepsverband waar hy saam met maats of andere
is. Dit veroorsaak ook dat hy soms impulsief optree
veral /17
- 17 —
veral in stres-situasies. Carnie het hom as emosioneel
onvolwasse beskryf. Volgens hom is dit moeilik om
emosionele ontwikkeling te kwantifiseer maar as hy kwali-
tatief daarna moet verwys is daar sekere aspekte in sy
gedrag wat 'n mens laat dink aan 'n persoon van 16, 17 jaar
oud waarna 'n mens as 'n laat adolessensie sou verwys. Hy
kwalifiseer die stelling dan weer onmiddellik daarna
deur te sê dat daar ander aspekte is waar daar 'n groter
mate van verantwoordelikheid na vore kom.
Volgens Carnie sou die inname van drank die
appellant se inhibisies verminder en die trekke van sy
persoonlikheidssamestelling vererger. Na sy mening
dui die appellant se oordrewe reaksie die betrokke aand op
'n /18
11
'n blykbaar onbeduidende provokasie wat gelei het tot die
eerste aanranding by die winkelsentrum daarop dat die
drank wat hy ingeneem het wel 'n invloed op hom gehad
het. Hy beklemtoon egter dat die appellant se persoon-
likheidssamestelling die primêre oorsaak van sy impul—
siewe en bykans onverklaarbare optrede was en dat die
inname van drank bloot net aanvullend was. Carnie het
toegegee dat daar ander faktore na die eerste aanranding
teenwoordig was wat die benadering ten opsigte van die
appellant se persoonlikheidssamestelling en drankinname
heeltemal verander. Hy kon paniekbevange gewees het
toe die appellant met die eerste aanranding bewusteloos
geraak het, hy kon uit woede opgetree het toe hy vind
dat /19
-19-
dat die oorledene agter in die bagasiebak sy broer se
motorkar stukkend skop en hy kon nog erger paniekbevange
geraak het toe hy gedink het dat hy die oorledene met
die klip doodgeslaan het vandaar die plan om hom uit die
bewegende motorkar te gooi sodat die indruk geskep kon
word dat die oorledene in 'n tref-en-trap ongeluk omge-
kom het. Om hierdie klaarblyklike redes getuig hy
aan die einde van sy getuienis dat vanwee die persoonlik-
heidssamestelling en drankinname daar slegs by die eerste
aanranding op die oorledene van verminderde verwytbaar-
heid gepraat kan word. Dit blyk uit die volgende vrae
en antwoorde:-
"Wat ookal sy sielkundige agtergrond mag
wees /20
-20-
wees wat hom aanvanklik die ding laat doen
het of wat ookal Daar is nie ver-
minderde verwytbaarheid wat die laaste
deel van sy optrede aanbetref nie.
Die
verminderde verwytbaarheid vir my lê
in die (Hof kom
tussenbeide)
By die eerste aanranding Korrek
U Edele, ja.
En nie vanaf daardie punt verder
nie Dis korrek."
Volgens die bevinding van die verhoorhof was dit
die aanrandings na die eerste aanranding wat die grond-
slag van die moordaanklag was.
Ten opsigte van die drankinname het die ver-
hoorhof as volg bevind:-
"Ons het alreeds bevind dat wat ookal die drankinname gewees het, en daar was
drankinname /21
-21-
drankinname, dit is so, getoets aan die feite en die optrede deur die beskuldigdes soos deur hulleself verskaf en soos wat klaarblyklik gebeur het, dit heeltemal deur hulle oorbeklemtoon is en grotendeels gebruik is as 'n gerieflike skuifmeul en 'n skuiling waaragter hulle kan skuil vir hulle wandade. Beide fisies en verstande-lik tree hulle ten alle tye op op so 'n manier wat die afleiding dat die drank 'n besondere daád beïnvloed het in die mate dat dit die rede is waarom. 'n besondere daad gepleeg is, dit heeltemal negativeer."
Die appellant was ten tyde van die pleging van
die moord 23 jaar oud. Hy het sy militêre diensplig
reeds agter sy rug gehad en was alreeds in 'n vaste betrek-
king. Verstandelik het hy nie juis op skool presteer
nie maar hy het darem daarin geslaag om 'n praktiese
matrikulasie eksamen te slaag. Volgens Carnie is hy
iemand /22
-22-
iemand met "laag gemiddelde intellektuele vermoëns."
Soos deur Carnie getuig kon die inname van drank 'n aan-
vullende rol gespeel het by sy persoonlikheidssamestel-
ling toe hy met die eerste aanranding oormatig gereageer
het op geringe en onsekere provokasie. Sy óptrede
self toon egter dat hy heeltemal gekoordineerd en self-
standig kon optree. Hy het alleen die oorledene agter-
na gesit, hom ingehaal en platgeslaan. Hy het self
al die besluite geneem hoe verder opgetree moes word,
Hy het die motorkar bestuur. Toe die oorledene die
motorkar stukkend skop in die bagasiebak het hy stilgehou
en die bagasiebak oopgemaak en die oorledene weer aange-
rand met so 'n doelgerigtheid en sulke geweld dat sy mede-
beskuldigdes /23
-23-
beskuldigdes hom van die oorledene moes af forseer,
Hy het besluit op die plan om die oorledene uit die be-
wegende motorkar te stoot om die indruk te skep dat hy
in 'n tref-en-trap ongeluk beseer is. Na hy afgegooi
is het hy die motorkar terug bestuur na die oorledene
en besef dat die oorledene verberg moes word toe daar 'n
ander motorkar opdaag. Hy het daarna skynbaar besef dat
die val uit die motorkar nie die gewenste uitwerking ge-
had het nie en dat die liggaam nie gelyk het asof dit in 'n
tref-en—trap ongeluk betrokke was nie. Hy het toe besluit
om die liggaam aan die anderkant van Krugersdorp te gaan
verbrand en nie daar waar die ander motorkar by hulle
verby is nie. Hy het die motorkar vir meer as 40 km
bestuur /24
-24-
bestuur en ook deur die dorp gery. Die hele episode
het oor meer as 'n uur afgespeel. By die woonstel
van beskuldigde 2 het hy sy twee medebeskuldigdes opdrag
gegee om eers die motorkar skoon te maak. Hy het
duidelik 'n leiersrol vervul die betrokke aand en geko-
ordineerd, helder en berekend genoeg gewees om al die
nodige besluite te neem en uit te voer. Na die eerste
aanranding was daar geen sprake van enige impulsiewe
optrede aan sy kant nie. Sy skoon rekord het in geen
enkele opsig enige betrekking gehad op sy geestesvermoëns
of gemoed nie. Die dolus eventualis wat die verhoorhof
bevind het, was toe te skrywe aan die feit dat die oorledene
nog geleef het toe hy verbrand is en dat vanwee die
verkoling /25
-25-
verkoling van sy liggaam dr Kemp slegs kon getuig dat
verbranding die oorsaak van sy dood kon gewees het.
Daar was dus afgesien van die getuienis van die gebreekte
ribbebeen en die bloed in die maagspier geen mediese
getuienis van wat die oorledene se toestand was toe
besluit is om hom te verbrand nie. Die aanduidings
is dat die appellant aanvaar het dat hy hom doodgemaak
het en besluit het om die liggaam te verbrand om sodoende
te verhinder dat die tekens aan sy liggaam wat aangebring
is deur die aanrandings wat vroeër op hom gepleeg is,
herkenbaar is. Op die getuienis was die verhoorhof
nietemin geregverdig om te bevind dat die appellant
die oorledene met dolus eventualis vermoor het. Aangesien
die /26
-26-
die oorledene inderdaad nog gelewe het, het die appellant
wetens dat verbranding hom kan dood indien hy nog
sou gelewe het, hom verbrand sonder om enigsins om te gee
of dit hom wel sal dood.
Mnr Wépener het in die verhoorhof betoog dat
die faktore deur hom aangevoer kumulatief obrweeg moes gewees
het. Alhoewel dit miskien nie so duidelik uit die
uitspraak mag blyk nie kan daar geen twyfel wees dat dit
wel gedoen is nie. Hierdie genoemde faktore, selfs
kumulatief geneem, het wat die handelinge wat die dood
van die oorledene veroorsaak het geen betrekking gehad
op die appellant se geestesvermoëns of gemoed nie.
Dit kan gevolglik nie gesê word dat die faktore die appellant
enigsins /27
-27-
enigsins beïnvloed het by die pleeg van die moord nie
Hierdie slotsom strook met die mening wat Carnie uitge-
spreek het asook met die bevinding van die verhoorhof.
Mnr Wepener het gevolglik nie daarin geslaag
ora hierdie hof te oortuig dat die verhoorhof in enige
opsig misgetas het nie.
Die appel word bygevolg van die hand gewys.
WAARNEMENDE APPËLREGTER
JOUBERT, AR)
stem saam
VIVIER, AR)