South Africa: Supreme Court of Appeal

You are here:
SAFLII >>
Databases >>
South Africa: Supreme Court of Appeal >>
1987 >>
[1987] ZASCA 84
| Noteup
| LawCite
Thompson v Voges (223/86) [1987] ZASCA 84; [1988] 1 All SA 217 (A) (14 September 1987)
Download original files |
Saak nr 223/86 IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (APPELAFDELING) In die saak tussen:
W M THOMPSON . Appellant
en
G J VOGES Respondent
Coram: RABIE WND HR, JOUBERT, HOEXTER, NESTADT, ARR et BOSHOFF, WND
AR.
Verhoordatum: Lewerinqsdatum:
19 Mei 1987. 14 September 1987
UITSPRAAK RABIE WND HR:
Die/
2
Die appellant (na wie ek as Thompson sal verwys)
het op 20 November 1981 'n tjekvorm onderteken en gekruis
deur "& Co" tussen twee parallelstrepe in die boonste
linkerhoek van die vorm aan te bring, en het dit toe aan
ene H.C. du Preez afgegee om die ander besonderhede in
te vul en dan die voltooide tjek te gebruik om (volgens
Thompson se getuienis, wat deur die verhoorhof aanvaar is)
te betaal vir twee slagskape wat Du Preez vir hom (Thompson)
sou koop. Volgens Thompson moes die bedrag wat Du Preez
op die tjek kon invul nie meer as R75 of R80 gewees het
nie. Du Preez het Thompson egter bedrieg. Hy het 'n
bedrag van R25 000 op die tjek ingevul en het die tjek
toe aan die respondent (na wie ek as Voges sal verwys)
gegee/....,
3
gegee ter betaling van beeste wat hy (Du Preez) 'n
tyd
tevore van Voges gekoop het. Voges het Thompson daarna
in die Witwatersrandse Plaaslike Afdeling op die tjek
vir betaling van R25 000 aangespreek. Thompson se
verweer was dat Du Preez sy magtiging oorskry het en dat
hy derhalwe nie vir betaling van die R25 000 aanspreek-
lik was nie. Voges het in 'n repliek geantwoord dat
selfs indien Du Preez sy magtiging oorskry het, Thompson
belet ("estopped") vas om dié verveer te opper. Die
verhoorhof (Flemming R) het Voges se beroep op estoppel
gehandhaaf en Thompson gelas om R25 000 te betaal. Die
appèl is teen hierdie bevel.
Die feite van die saak, vir sover relevant, blyk
uit die getuienis van Thompson en Voges. Du Preez
is/......
4
is deur Voges se advokaat as getuie opgeroep. Hy het o.m.
beweer dat hy en Thompson saam die betrokke beeste by Voges
gekoop het. Die verhoorhof het bevind dat hy heeltemal onge-
loofwaardig was en het sy getuienis buite rekening gelaat.
Daar is nie betoog dat die verhoorhof se bevinding verkeerd
was nie. (Hier kan bygevoeg word dat Du Preez weens die
bedrog wat hy teenoor Thompson gepleeg het deur 'n streekhof
aan bedrog skuldig bevind is en tot 5 jaar gevangenisstraf
veroordeel is.)
Voges het tereg aanvaar dat hy die estoppel wat hy
geopper het, moes bewys, en hy het gevolglik eerste getuig
Sy getuienis was soos volg. Hy boer in die distrik
Warmbad en hy spekuleer ook met vee. Teen die middel
van Oktober 1981 het hy 77 beeste na 'n veiling
op/.....
5
op Wannbad geneem. Dit was beeste wat hy en ene
Jooste
teen die einde van September 1981, d.w.s. net 'n paar
weke tevore, op Boksburg gekoop het. Jooste het die
verkoper van die beeste betaal, en hy (Voges) het daama
'n tjek vir R7 150 aan Jooste gegee. Diê bedrag vas,
het Voges getuig, "my deel van die aankoop van die beeste".
Dit was ietwat minder as die helfte van die koopprys
van die beeste. Jooste, het Voges ook in hierdie ver-
band gesê, "het meer beeste as ek gehad, dit was nie
net die helfte nie". Voges het in antwoord op die
vraag van sy advokaat of Jooste 'n "vennoot" van hom was,
geantwoord: "Dit is reg, U Edele". (Hy het geen be-
sonderhede oor die presiese verhouding wat daar tussen
hulle bestaan het, gegee nie.) Wat sy neem van die
beeste/.....
6
beeste na die veiling betref, het Voges getuig dat
hy
'n prys van R300per bees verlang het . Voordat die beeste
opgeveil sou word, het Du Preez na hom toe gekom en hom
gevra wat "sy prys vir die beeste" was. Hy het toe
vir Du Preez gesê wat hy wou hê (d.w.s. R300 per bees),
waarop Du Preez gesê het dat as hy nie sy prys kry nie,
hy (Du Preez) daarin "belang stel" om die beeste te koop
Dit hoogste bod vir die beeste was maar sowat R250 per
bees, en Voges het dit nie aanvaar nie. Daarna het
Du Preez na hom toe gekom en gesê dat hy die beeste wou
koop. Nadat hulle oor die saak gesels het, het Du Preez
toe die beeste gekoop. Voges kon nie aan die hof sê wat
die presiese bedrag was waarvoor hy die beeste verkoop
het nie. Dit was, het hy gesê, R24 000 "en 'n paar
rande/....
7
rande". Toe hy vir Du Preez vra om te betaal, het Du
Preez gesê dat hy die beeste vir horaself en 'n vriend in
Johannesburg gekoop het en dat hy 'n tjek by dié vriend
sou gaan haal en nog dieselfde dag na Voges by 'n hotel
in Wannbad sou bring. Du Preez het sommige van die beeste
nog dieselfde dag laat wegry, en die ander die volgende
dag. Hy het nie daardie dag 'n tjek gebring soos hy aan
Voges beloof het nie, raaar het Voges gebel en gesê dat
hy te laat in Johannesburg aangekom het om die tjek te
kry en dat hy dit 'n paar dae later sou bring. Voges
het, volgens sy getuienis, Du Preez se woord aanvaar.
Sowat tien dae ná die dag van die veiling het Du Preez
Voges op sy plaas besoek en aan hom gesê dat hy en sy
vriend dit oorweeg om nog beeste by hom te koop
Hy/....
8
Hy het egter nie die beloofde tjek
gebring nie. Voges
het by die een of ander geleentheid (dit is nie duidelik
wanneer dit was nie) 'n briefie aan Du Preez gegee wat
soos volg lui: "Hiermee verkoop ek Gert Johannes Voges,
sewe en sewentig beeste aan H. du Preez, en die beeste
is klaar betaal met aankope." Die datum wat op die
briefie verskyn, is 20 Oktober 1981. Volgens Voges het
hy die briefie op Du Preez se versoek aan hom gegee.
(Du Preez, het hy getuig, het gesê dat so 'n briefie dit
vir hom makliker sou maak om die beeste te verkoop.)
Voges het getuig dat hy geglo het dat hy wel vir die
beeste betaal sou word omdat Du Preez hom die dag op die
plaas vertel het dat sy vriend in Johannesburg, wie se
naam/.....
9
naam Thompson was, 'n bankbestuurder was. (Thompson
was
inderdaad destyds 'n bankbestuurder, t.w. die bestuurder
van 'n tak van Nedbank in Malvern, Johannesburg, maar
volgens sy getuienis het hy en Du Preez mekaar vir die
eerste maal op 12 November 1981 ontmoet, d.w.s. 'n paar
weke ná die dag toe Du Preez by Voges op die plaas was.)
Voges het Du Preez weer op 20 November 1981 gesien. Du
Preez het op daardie geleentheid die tjek wat deur
Thompson onderteken was aan Voges gegee. Voordat ek
verder gaan met Voges se getuienis oor wat op daardie
gebeur het, gee ek eers 'n kort uiteensetting van
Thompson se getuienis oor hoe dit gekom het dat hy Du
Preez in besit van dié tjek gestel het.
Volgens/....
10
Soos reeds gesê, het Thcmpson getuig dat hy Du Preez vir die
eerste maal op 12 November 1981 gesien het. Dit was by
die plek waar sy (Thompson se) eggenote gewerk het. Hulle
was daardie dag sowat drie uur in mekaar se geselskap.
'n Week daarna, op 19 November 1981, het Du Preez na hom
toe gekom by die bank waarvan hy die bestuurder was en
aan hom gesê dat hy graag 'n tjekrekening by die bank wou
open. Dit het vir Thompson vreemd voorgekom dat Du
Preez, wat gesê het dat hy op Pietersburg woon en daar
'n rekening by Nedbank het, ook 'n rekening in Johannesburg
wou open, en toe hy Du Preez daaroor uitvra, het Du Preez
gesê dat hy geld van Springs af verwag en dat hy vir
"belastingdoeleindes" 'n "addisionele rekening vir krediet-
fondse" in Johannesburf wou hê. Thompson was, soos hy
die/....
11
dit gestel het, "skepties" oor hierdie verduideliking
van Du Preez en het toe die Nedbank-tak op Pietersburg
gebel om oor die rekening van H.C. du Preez navraag te
doen. Hy is oor die telefoon meegedeel dat H.C. du
Preez al vir 'n "geruime tyd" 'n rekening by die bank het
en dat dit 'n "goeie rekening" is . (In die strafsaak
teen du Preez, hierbo genoem, het Thompson getuig dat
hy oor die telefoon meegedeel is dat die rekening sedert
1971 bestaan.) Thompson het toe besluit om vir Du Preez
'n rekeninig te open en het aan hom gesê dat hy 'n dag
of twee daarna 'n tjekboek sou kon kry. (Du Preez het
inderdaad geen rekening in Pietersburg gehad hie. Die
rekening waarna die bank in Pietersburg verwys het, was
dié van Du Preez se vader - ook H.C. du Preez. Thompson
het/.
12
het uit die oog verloor dat du Preez in sy aansoekvorm
om 'n rekening te open, gesê het dat hy op 18 Julie 1957
gebore is. Du Preez sou in 1971 dus maar net 14 jaar
oud gewees het.) Nadat Thompson aan Du Preez gesê het
dat hy vir hom 'n rekening sou open, het Du Preez aan hom
gesê dat, indien hy (Thompson) daarin sou belangstel,
hy vir hom slagskape goedkoop kon kry. Twee skape,
het hy gesê, sou nie meer as R75 of R80 kos nie.
Thompson het laat blyk dat hy tvee skape sou wou hë
Hy het toe 'n tjekvorm, vaarop sy naam en huisadres in
drukskrif verskyn, geneem en nadat hy dit, soos reeds
hierbo vermeld, onderteken en gekruis het, het hy dit
aan Du Preez oorhandig. Du Preez sou die prys van
twee/.....
13
twee skape en die naam van die verkoper van die skape
op die tjek invul . Die "reëling" was, het Thompson
gesê, dat die bedrag hoogstens R80 sou wees. Du Preez
het nog dieselfde middag - dit was 'n Donderdag - by 'n
motorhandelaar in Malvern ingestap waar hy te kenne gegee
het dat hy 'n B M W-motorkar wou koop en dat hy 'n tjek
van Thompson gehad het om daarvoor te betaal. Die
handelaar, wat vir Thompson geken het, het agterdogtig
geraak en het Thompson vroeg die volgende more (Vrydag)
gaan waarsku dat iemand 'n tjek van hom wou gebruik het
om 'n motorkar te koop. Thompson het toe betaling van
die tjek gestop.
Ek/....
14
Ek keer nou weer terug na Voges se getuienis.
Hy het getuig dat hy en Du Preez mekaar in die loop van
Vrydagoggend (20 November 1981) by 'n hotel in Springs
ontmoet het en dat hulle toe na Jooste toe gery het.
(Jooste, hierbo genoem, was die persoon wat, volgens
Voges, saam met hom die 77 beeste gekoop het 'wat later
aan Du Preez verkoop is.) Voges, Du Preez en Jooste
hët toe saam na 'n restaurant in Boksburg gegaan, waar
hulle die middag geëet het. Terwyl hulle by dié restau-
rant was, het Du Preez Thompson se tjek ingevul en dit
aan Voges afgegee. Voges se advokaat (mnr Roux) het Voges
die volgende vraag oor sy aanvaarding van die tjek gevra:
'Nou toe hy nou daardie tjek vir u aanbied, wat het u
gedink?" Voges se antwoord was: "U edele ek het gedink
die/....
15
die tjek is reg, want hy het vir my gesê hy is geteken
deur die bankbestuurder." Voges het 'n tjek vir R13 763
aan Jooste uitgemaak. Sy advokaat het hom hieroor ge-
vra: "En op sterkte waarvan het u die tjek vir Jooste
uitgeskryf?" Voges se antwoord was: "Op sterkte van
'n tjek vir R24 000". (Hy het R25 000 bedoel. ) (Ek
verwys 'n bietjie later na wat Voges in kruisondervraging
oor sy aanvaarding van die tjek vir R25 000 en die feit
dat hy 'n tjek aan Jooste uitgemaak het, gesê het.)
Die bedrag van die tjek wat hy aan Jooste gegee het
(R13 763), het Voges gesê, was Jooste se "deel van die
beeste wat ek verkoop het". Dié bedrag was meer as die
helfte van R25 000, het Voges verduidellk, want "Jooste
het meer beeste as ek gehad, dit was nie net die helfte
nie"./....
16
nie". Die bedrag wat aan Voges vir die beeste verskuldig was, was, volgens Voges (soos reeds tevore gesê), 'n bietjie meer as R24 000, maar Du Preez het R25 000 op Thompson se tjek ingevul. Dit is gedoen nadat Du Preez, wat gesê het dat hy baie moeite en onkoste gehad het met die "op en af ry" tussen Pietersburg en Johannesburg en dat hy sonder geld was, voorgestel het dat die bedrag van R25 000 op die tjek ingevul word en dat Voges hom dan die verskil tussen R25 000 en die prys van die beeste in kontant betaal. Voges het in sy hoofgetuienis gesê dat hy toe R750 in kontant aan Du Preez gegee het. In kruisondervraging het dit geblyk dat hy nie seker was wat die bedrag was nie en dat hy in die strafsaak teen
Du Preez/
17
Du Preez gesê het dat die betrokke bedrag R910 was, maar
dat hy ook daarvan nie seker was nie. Voges het die
tjek vir R25 000 dieselfde middag (Vrydag) in sy rekening
by Trust Bank in Springs gedeponeer, en die bedrag van
die tjek wat hy aan Jooste gegee het (R13 763), is ook
dieselfde dag teen sy rekening by dié bank gedebiteer-
Wat laasgenoemde bedrag betref, het Voges getuig dat hy
niks daarvan van Jooste af teruggekry het nie. Hy het
Jooste "gevra", het hy getuig, maar "hy sê"hy het nie
geld nie."
Ek het hierbo gesê dat Voges in sy hoofgetuienis
getuig het dat hy die tjek wat Du Preez aan hom gegee het
as "reg" beskou het omdat Du Preez beweer het dat dit
"deur die bankbestuurder" onderteken is en, verder, dat
hy/....
18
hy "op sterkte" van dié tjek 'n tjek vir R13 763 aan
Jooste uitgemaak het. Hy is oor hierdie getuienis aan
kruisondervraging onderwerp wat daarop gemik was om
sy beroep op estoppel te ontsenu deur aan te toon dat
dit sy vertroue in Du Preez en sy geloof in die waarheid
van wat Du Preez aan hom gesê het, was wat hom beweeg
het om die tjek vir R25 000 te aanvaar en 'n tjek aan
Jooste uit te maak, en nie die feit dat hy geweet het
dat die tjek vir R25 000 'n tjek van Thompson was nie.
Die eerste vraag wat hy in kruisondervraging oor die be—
trokke getuienis gevra is, was of hy die tjek wat Du Preez
aan hom gegee het sou geneera het as Du Preez niks aan
hom gesê het "oor 'n vriend wat hy in Johannesburg het
wat
'n/.....
19
'n bankbestuurder is wat saam met hom in die transaksie
is" nie. Voges se antwoord was; "Ek sou hom geneem
het, maar ek sou getwyfel het." Dieselfde vraag is
toe weer aan hom gestel en hy is gevra om goed daaroor
na te dink. Sy antwoord was toe dat hy nie die tjek
sou geneem het nie. Dit is toe aan hom gestel dat hy
nooit op grond van die tjek wat Du Preez aan hom gegee
het "enige ander tjeks" sou "uitgeskryf" het as Du Preez
nie beweer het dat hy en Thompson "saam in die besigheid
is en Thompson is 'n bankbestuurder en dit is die bankbe-
stuurder se tjek" nie . Voges se antwoord was : "Dit
is reg". Hierop is hy gevra of hy die tjek sou "aan-
vaar" het indien Du Preez nie so 'n bewering gemaak het
nie . Sy antwoord was: "U edele , ek sou hom aanvaar
het/....
20
het, want toe het ek al lank vir my geld gewag." Die
geleerde regter het hom toe gevra of hy die tjek sou
"gevat" het indien dit deur die "een of ander Thompson"
onderteken was en Du Preez niks gesê het van sy vriend
wat 'n bankbestuurder is nie. Voges se antwoord was:
"Ek sou hom gevat het, U edele". Die regter het hom
toe gevra: "En as daardie tjek getrek was deur Van der
Merwe?" Hierop het Voges gesê: "U edele, ek sou nie
vir Jooste 'n tjek gegee het van R13 000 as dit nie die
bankbestuurder se tjek is nie." In antwoord op 'n
verdere vraag van die hof het Voges gesê dat selfs indien
Du Preez nie van 'n bankbestuurder gepraat het nie, hy
die tjek sou "gevat" het, wie ook al die trekker daarvan
was.
Die/.....
21
Die gedeelte van Voges se repliek waarin hy hom
op estoppel beroep, lui soos volg:
"1. AD PARAGRAPH 3(b), (c) and (d) OF DEFENDANT'S PLEA
In the event of the above Honourable Court finding that Defendant and the said DU PREE2 concluded an agreement as alleged and that
DU PREEZ exceeded his authority as alleged
of (all/which is denied), then the Plaintiff
pleads as follows:-
(a) In handing the incomplete cheque to
DU PREEZ, the Defendant led and induced Plaintiff into the reasonable and bona fide belief that DU PREEZ had the necessary authority to issue the cheque in an amount of R25 000,00;
(b) The Plaintiff acted upon such belief
to his prejudice in giving
valuable
consideration for the said cheque, as
appears from paragraph 1.2
of the Further
Particulars to Plaintiff's Declaration;
Alternatively/
22
Alternatively, the Plaintiff acted upon such belief to his prejudice in accepting the said cheque in full payment of the amount due in respect of cattle referred to in paragraph 1.2 of Plaintiff's Further Particulars, and thereafter paying an amount of R13 700,00 to one Jooste, being the said Jooste's share of the proceeds of the sale of the said cattle.
(c) In the premises Defendant is estopped from denying that DU PREEZ had the necessary authority to issue the cheque in an amount of R25 000,00 and that Plaintiff is entitled to claim payment of the amount of the said cheque."
In paragraaf 1.2 van die nadere besonderhede by die eiser se deklarasie waarna daar in paragraaf l(b) van die repliek, hierbo aangehaal, verwys word, word daar gesê dat die "valuable consideration" wat vir die tjek gegee is, "Cattle to the value of R25 000.00" was. Thompson
het/....
23
het geen dupliek in antwoord op Voges se repliek inge-
dien nie. Die bewerings in die repliek moet gevolglik
geag word ontken te wees. (Kyk reel 25(2) van die een-
vormige hooggeregshofreëls.)
Die eerste betoog wat in hierdie hof deur
Voges se advokaat gelewer is, berus nie op bewerings
wat in Voges se repliek vervat is nie, maar op getuienis
wat deur Thompson by die verhoor gegee is. Die betoog
lui dat dit vir Voges onnodig is om die vereistes wat
gewoonlik vir estoppel gestel word te bewys aangesien
die feit dat Thompson die tjek in blanko onderteken het
en Du Preez toegelaat het om dit te voltooi en as tjek
te gebruik 'n "vorm van outomatiese aanspreeklikheid
(oftewel 'n outomatiese estoppel)" skep wat meebring
dat/....
24
dat Thompson nie kan beweer dat hy nie vir die volle bedrag van die tjek,
soos deur Du Preez ingevul, aanspreeklik is nie. (Die woorde
tussen
aanhalings-tekens kom uit die advokaat se skriftelike betoogpunte - ) Vir
hierdie betoog het mnr Roux hom op drie Engelse sake beroep, nl.
Baxendale v. Bennett (1878) 3 Q B D 525, Lloyd's Bank Limited v. Cooke
and Others (1907)1 K B 794 en Smith v. Prosser (1907)2 K B 735,en sy
betoog lui verder dat die beginsels van die Engelse reg, soos uit daardie sake
blyk, ooreenstem met beginsels
van die Romeins-Hollandse reg wat in sekere
Suid-Afrikaanse gewysdes aanvaar is. Ons is in hierdie verband verwys na
Preuss and Seligmann v. Prins 1 Roscoe 198, Silver
v.
Shapiro 1926 TPD 141 en Burns v. Forman 1953(2) SA
226/
25
226 (W).
Die beginsel waarop die advokaat hom beroep, word soos volg in die uitspraak van Brett L J in Baxendale v. Bennett, supra, op 531 gestel:
"Where a man has signed a blank acceptance, and has issued it, and has authorized the holder to fill it up, he is liable on the bill, whatevér the amount may be, though he has given secret instructions to the holder as to the amount for which he shall fill it up; he has enabled his agent to deceive an innocent party, and he is liable."
In Smith v. Prosser, supra, op 752, word die volgende oor die aangeleentheid in die uitspraak van Fletcher Moulton L J gesê:
"If a person signs a piece of paper and gives it to an agent with the intention that it shall in his hands form the basis of a
negotiable/
26
negotiable instrument, he is not permitted to plead that he limited tne pov.er of his agent in a way not obvious on the face of the instrument."
In Baxendale v. Bennett het dit om 'n wissel gegaan Die plek waar die trekker se naam geteken moes gewees het, is blanko gelaat. Die verweerder in die saak het sy naam as akseptant op die dokument geteken en die dokument is daarna uit sy kantoor gesteel. Iemand se naam is daarna sonder die magtiging van die verweerder as trekker op die dokument ingevul en die dokument is toe aan 'n "bona fide holder for value" oorgedra. Die hof het beslis dat die verweerder nie aanspreeklik was nie. Sowel Bramwell L J as Brett L J het beslis dat aangesien die verweerder nie die dokument as ver-
handelbare dokument in omloop gebring het of veroorsaak
het/
27
het dat dit in omloop gebring word nie, hy nie aanspreeklik gehou kan word nie. Dit is egter van belang om daarop te let dat Bramwell L J in die eerste gedeelte van sy uitspraak gesê het dat indien die verweerder aanspreeklik sou wees, dit alleen op grond van estoppel kon wees. Ek haal aan uit sy uítspraak (op 529):
"The defendant is sued on a bill alleged to
have been drawn by W.
Cartwright on and
accepted by him. In very truth he never
accepted
such a bill; and if he is to be
held liable, it can onlý be on the
gronnd
that he is estopped to deny that he did so
accept such a bill.
Estoppels are odious,
and the doctrine should never be applied
without a
necessity for it "
Bramwell L J het die optrede van die verweerder bespreek en bevind dat, selfs indien aanvaar word dat hy nalatig was deurdat hy die betrokke dokument nie veilig bewaar
het/
28
het nie, sy nalatigheid nie "the proximate or effective
cause of the fraud" was nie. "A crime was necessary
for its completion.", het hy bygevoeg. Dit is duidelik
dat die estoppel wat Bramwell L J bespreek het nie 'n
soort outomatiese estoppel is soos dié waarvan mnr Roux
in sy betoog gepraat het nie.
In Smith v. Prosser, supra, het die verweerder
dókumente wat as promesses voltooi moes word aan 'n
prokureur gegee om te hou totdat hy (die verweerder)
hom sou laat weet vir welke bedrae, en ten gunste van
wie, hy die dokumente moes voltooi. Die prokureur het,
sonder dat hy enige verdere opdrag van die verweerder
ontvang het, groot bedrae op die promesses ingevul en
dit aan die eiser, wat te goeie trou was, verkoop. Die
hof/.....
29
hof het beslis dat die verweerder nie aanspreeklik was
nie aangesien die prokureur slegs 'n "custodian" van die
dokumente was en die promesses sonder magtiging van die
verweerder voltooi en in omloop gebring het.
In Lloyd's Bank Limited v. Cooke and Others, supra,
is die verweerder deur die nemers van 'n promesse aange-
spreek. Die verweerder het sy naam op 'n blanko stuk
papier, waarop daar 'n seël aangebring was, geteken en
dit toe aan iemand gegee wat dit as 'n promesse vir
sekere bedrag moes voltooi en dan aan die eisers moes
afgee as sekuriteit vir geld wat hulle sou voorskiet.
Die betrokke persoon het 'n groter bedrag op die promesse
ingevul as wat hy gemagtig was om te doen en het op dié
wyse/....
30
wyse vir homself 'n voordeel verkry. Die eisers was nie
van sy bedrog bewus nie. Die hof het beslis dat die
verweerder belet ("estopped") was om die geldigheid van
die promesse te ontken en dat hy gevolglik vir die volle
bedrag van die promesse aanspreeklik was. Die verweer
is geopper - aldus die uitspraak van Collins M R op 799 -
dat in die geval van 'n verhandelbare dokument "the common
law doctrine of estoppel does not apply" en dat "the
rights of the parties must be ascertained solely by
reference to the provisions of the statute relating to
such instruments" (d.w.s. die Bills of Exchange Act,
1882). Die betoog is verwerp. Collins M R het o.m.
gesê (op 799) : "The question appears to me to be purely
one/....
31
one of estoppel at common law." Dit is duidelik dat
die beslissing geen gesag is vir die advokaat se boge-
melde betoog nie.
Ek kom nou by die Suid-Afrikaanse sake waarop
mnr Roux hom beroep het. Die feite van die vroegste
van die sake, Preuss and Seligmann v. Prins, supra, was die
volgende. Ene Terbrugge het vir 15 sjielings hawer by
die verweerder gekoop en het hom toe gevra om 'n kwitansie ,
wat in potlood geskryf was, te onderteken aangesien hy
dit aan die persoon namens wie hy die hawer gekoop het,
moes gee. Die verweerder het toe sy naam in ink aan
die voet van die kwitansie geteken. Terbrugge het
daarna die potloodskrif uitgevee en 'n skulderkenning en
promesse/...
32
promesse vir £54-15-0 bo die verweerder se handtekening opgestel. Die promesse is daarna deur twee persone geënclosseer, die tweede van wie dit aan die eisers oor-gemaak het. Die hof (Cloete en Waterraeyer RR) het bevind dat die verweerder nie aanspreeklik was nie. 'n Ont-leding van die uitspraak van Cloete R toon dat hy bevind het dat die verweerder nie aanspreeklik was nie omdat hy nie nalatig was nie. In die loop van sy bespreking van die regsposisie het hy o.m. gesê (op 20l):
".... if by means of any gross carelessness ór neglect in drawing out such a note or bill of exchange an opportunity for the committal of a fraud was afforded, in such case the maker was liable to the full amount of the note or bill when it passed into the hands of a bona fide holder before maturity,"
Die/
33
Die geleerde regter het voortgegaan en gesê dat, by ge-
brek aan bewys van "culpability" of "unbusiness-like
conduct", die persoon wat die dokument onderteken het
"was not liable for any alteration in the amount."
Watermeyer R was ook van mening dat nalatigheid van die
kant van die verweerder nodig sou gewees het om hom
aanspreeklik te maak. Die verweerder was na.sy oordeel
nie "wholly free from blame" nie, maar was nogtans nie
aanspreeklik nie omdat dit die bedrog van Terbrugge
was wat die eisers beveeg het om te handel soos hulle
gedoen het.
In die uitsprake van Cloete R en Watermeyer R
word nêrens uitdruklik van estoppel gepraat nie, maar
dit/....
34
dit is duidelik dat die blote feit dat die verweerder
sy handtekening geplaas het op die stuk papier wat
daarna deur 'n bedrieër in 'n promesse omgeskep is, nie op
sigself deur die hof as voldoende beskou is om die ver-
weerder aanspreeklik te maak nie. Die beslissing bied
gevolglik geen steun vir mnr Roux se bogemelde betoog
aangaande outomatiese aanspreeklikheid nie-
In Silver v. Shapiro, supra, die tweede Suid-
Afrikaanse saak waarop mnr Roux vir sy bogemelde betoog
steun, was die feite die volgende. Die appellant, wat
die verweerder in die saak was, het vóór sy sekwestrasie
in 1921 'n blanko ongeseëlde promesse-vorm onderteken en
aan ene Isaacman oorhandig. Hy het aan Isaacman geld
geskuld/...
35
geskuld en sy bedoeling was dat Isaacman die dokument as promesse moes gebruik. Die verweerder se boedel is daarna gesekwestreer. Hy is in 1925 gerehabiliteer en het daarna die promesse voltooi en aan die respondent - die eiser in die saak - verhandel. Die dokument was op daardie tydstip ook behoorlik geseël. Die eiser het die verweerder daarna op die promesse aangespreek. Greenberg R het in die Witwatersrandse Plaaslike Afdeling beslis dat die verweerder aanspreeklik was en sy be-slissing is op appè1 gehandhaaf. Tindal1 R (wat die uitspraak van die hof op appèl geskryf het) het die volgende oor die beslissing in die hof a quo gesê (op 143-144):
"Mr/
36
"Mr Justice GREENBERG held that, as admittedly the defendant handed the document to Isaacman with the intention that it should form the basis of a promissory note, the element of authority to issue the document as a negotiable instrument was present — an element which was absent in Smith v. Prosser (1907, 2 K.B. 735) - and that applying the doctrine of estoppel by conduct, the defendant would have been liable if his estate had not been sequestrated. The learned Judge then proceéded to consider the effect of the sequestration and rehabili-tation on the legal positíon and came to the conclusion that these facts did not relieve the defendant from,liability for reasons stated, to which I shall refer later."
Nadat hy dit gesê het, het Tindall R voortgegaan om te sê dat die aanspreeklikheid van 'n verweerder in 'n geval soos dié waaroor die hof moes beslis op estoppel berus. Ek haal aan (op 144):
"I/......
37
"I do not propose to discuss the numerous decisions dealing with cases like the present. They are discussed in London Joint Stock Bank v. MacMillan (1918, A.C. 777). Those
cases and Union Government v. National Bank
121 (1921, A.D.)show that the liability of the
defendant must be ascertained by applying the law of estoppel to the facts of the case...."
Met betrekking tot die vraag of die verweerder se sekwe-strasie en daaropvolgende rehabilitasie enige uitwerking op sy aanspreeklikheid gehad het, het Tindall R gesê (op 149):
"The test seems to me whether. the defendant, after his rehabilitation, owed a duty to a person to whom the document might be issued as a promissory note; and that depends on
whether the defendant, as a reasonable man,
the should have foreseen the likelihood, under the
circumstances which existed in June, 1925, that Isaacman might use the signature.
In/....
38
In my opinion the defendant did owe such a duty .... As a reasonable man the defendant might have anticipated that if he obtained his rehabilitation Isaacman might put the document into circulation at any time. It is not sufficient for him to say that he had forgotten the existence of the document; he ought not to have forgotten it."
Dit is duidelik uit die bostaande dat Tindall R beslis het dat die
aanspreeklikheid van 'n verweerder soos in die saak Silver v. Shapiro op
estoppel berus en, verder, dat nalatigheid een van die elemente van so-danige
estoppel is. Die beslissing in Silver v. Shapiro bied dus nie net geen
steun vir mnr Roux se bo-gemelde betoog nie, maar is in stryd
daarmee.
In Burns v. Forman, supra, die derde van die
Suid-Afrikaanse sake waarop mnr Roux vir sy gemelde
betoog/
39
betoog steun, het die eiser die verweerder aaingespreek op 'n promesse vir £2240 waarvan ene Garber die maker was en wat deur die verweerder en ene Magnusson as borge en mede-hoofskuldenaars geëndosseer is. Die verweerder het erken dat hy die promesse geendosseer het, maar het be-weer dat hy dit vanweë die bedrog van Garber gedoen het. Hy het in sy beantwoordende beëdigde verklaring- beweer dat Garber aan hom gesê het dat hy £240 by die eiser wou leen en hom versoek het om vir dié doel die promesse saam met Magnusson te endosseer. Hy het dit toe gedoen. Die bedrag van £240 het op daardie tydstip in potloodskrif op die promesse verskyn, maar dit is daarna, sonder sy toestemming en medewete, op bedrieglike wyse deur Garber in R2 240 verander. Die eiser se advokaat het
aan die hof gesê dat hy hom nie op "estoppel based on
negligence"/
40
negligence" beroep nie. "The question is therefore",
het Roper R gesê (op 229 G), "whether the deféndant,
by endorsing the note with the sum payable vritten in
pencil, can be said to have impliedly authorised Garber
to erase the pencilled sum and substitute therefor a
larger sum". Wat hierdie vraag betref, het die geleerde
regter bevind (op 230 D-E) dat daar bewerings in die
verweerder se beëdigde verklaring was waaruit afgelei
sou kon word dat hy "tacitly or impliedly authorised
Garber to insert a different amount in ink if Garber
thought fit to do so." Aangesien die saak voor die
hof 'n aansoek om provisionele vonnis was, het die
geleerde regter gesê, het daar 'n onus op die verweerder
gerus "to negative such an inference", en aangesien hy
niks/...
41
niks voor die hof gelê het om sodanige afleiding te
weer-lê nie, moes provisionele vonnis toegestaan word. Dit is duidelik
dat
hierdie beslissing nie op enige vorm van estoppel gegrond is nie en dat dit geen
steun vir mnr Roux se bogemelde betoog bied nie.
Mnr Roux het
ons verwys na woorde wat deur Roper R gebruik is toe hy na Lloyd' s Bank
Limited v. Cooke and Others, supra, verwys het. Die geleerde
regter het gesê (op 228 H):
"The ratio of the decision is that the maker gives an ostensible authority to the person to whom he issues the note to fill in the amount, and if the latter fills it in for a larger sum than that authorised, the maker is estopped from denying his authority to do so."
Roper/
42
Roper R het direk hierna gesê ciat Lloyd's Bank Limited
v. Cooke and Others ook in Suid-Afrikaanse howe as gesag
aanvaar word, en as voorbeeld het hy o.m. Silver v.
Shapiro, supra, genoem. In Silver v. Shapiro is aange-
dui dat Lloyd's Bank Limited v. Cooke and Others 'n geval
was waar aanspreeklikheid op estoppel, waarvan nalatig-
heid 'n element was, berus het. Dit is dus duidelik
dat daar in Burns v. Forman geen steun vir die advokaat
se bogemelde betoog te vind is nie.
Soos uit die voorgaande blyk, bied die beslissings
waarop Voges se advokaat hom beroep geen steun vir sy
betoog dat daar in 'n geval soos die onderhawige 'n
"outomatiese aanspreeklikheid" of "outomatiese estoppel" ontstaan
waarvoor die vereistes wat gewoonweg vir estoppel gestel
word/....
43
word, nie geld nie. In die geval voor ons is Voges en Thompson onmiddellike partye tot die tjek waarop Voges sy eis grond en Thompson kan gevolglik enige verweer opper wat hy sou kon geopper het indien die eis teen hom op 'n gewone geskrewe kontrak (d.w.s. nie 'n verhandelbare dokument nie) gegrond was. Kyk Cowen, The Law of Negotiable Instruments in South Africa, 4de uitg., wat sê (op 267):
"As between immediate parties, the defendant may set up any defence which would have been available to him had the action been brought on an ordinary written contract."
Thompson kan dus die verweer opper dat hy nie aanspreek-lik is nie omdat Du Preez sy volmag oorskry het, maar so 'n verweer kan, afhangende van die feite van die saak,
deur/
44
deur 'n beroep op estoppel verydel word. Met estoppel
in hierdíe verband word bedoel, soos o.m. duidelik uit
Silver v. Shapiro, supra, blyk, estoppel soos dit
normaalweg in ons reg geld, en nie, soos betoog is, 'n
soort estoppel wat outomaties geld sonder dat daar aan
die vereistes wat normaalweg vir 'n beroep op estoppel
gestel word, voldoen hoef te word nie.
By die beredenering van die appêl het mnr
Van der Linde, wat namens Thompson opgetree het, die
verhoorhof se beslissing dat Voges hom op estoppel
kon beroep op net één grond aangeval. Dit is naamlik
dat die hof fouteer het deur te bevind dat Thompson se
optrede met betrekking tot die tjek, soos hierbo vermeld,
veroorsaak/....
45
veroorsaak het dat Voges mislei is en dat hy as gevolg
daarvan tot sy nadeel gehandel het. Hy het nie betoog
dat Thompson nie nalatig opgetree het toe hy die tjekvorm
in blanko onderteken het en toe aan Du Preez gegee het
om te voltooi en as tjek te gebruik nie. Hy het ook
nie betoog dat Voges nie mislei is en tot sy nadeel
gehandel het nie: sy betoog was dat dit die bedrog van
Du Preez was wat die misleiding en nadeel veroorsaak
het, en nie Thompson se nalatige optrede nie. Die
advokaat het blykbaar ook aanvaar dat indien Voges se
beroep op estoppel geregverdig was, hy op betaling van
die volle bedrag van die tjek (R25 000) geregtig was.
Wat die kwessie van veroorsaking betref, was die
geleerde/....
46
geleerde verhoorregter van mening dat Thompson se optrede,
net soseer as die bedrieglike optrede van Du Preez
teenoor Voges, 'n "effektiewe" oorsaak was van die nadeel
wat Voges gely het toe hy, ná ontvangs van die tjek,
soos deur Du Preez voltooi,'n tjek aan Jooste uitgemaak
het, en dat daar gevolglik 'n genoegsame kousále verband
tussen Thompson se optrede en Voges se misleiding en
nadeel was om 'n bevinding van estoppel teen Thompson
te regverdig. Mnr Van der Linde het aangevoer dat die
geleerde regter se benadering tot die kwessie van kousaliteit
verkeerd was aangesien dit uit talle beslissings van ons
howe blyk dat 'n verhoorhof by die beantwoording van
die kousaliteitsvraag moet beslis wat die "proximate
cause" - soos dit meestal in die gewysdes genoem word -
was/....
47
was van die feit dat die persoon wat hom op estoppel
beroep, mislei is en tot sy nadeel gehandel het. Volgens
dié betoog kan daar net één sodanige oorsaak wees wat
'n beroep op estoppel kan regverdig en nie, soos die ver-
hoorhof beslis het, meerdere oorsake nie. In die onder-
hawige geval, lui die betoog, was die bedrog van Du Preez
die "proximate cause" van Voges se misleiding. Ons
is na 'n hele reeks beslissings' verwys waarin daar by die
bespreking van die kousaliteitsvraag by estoppel ge-
bruik gemaak is van die uitdrukking "the proximate cause",
en ook van sekere ander uitdrukkinge wat skynbaar be-
doel is om nader aan te dui wat onder "the proximate'
cause" verstaan moet word. Ek verwys na net enkele
van/....
48
van die beslissings. In Union Government v. National
Bank of South Africa, Ltd 1921 A.D. 121 word daar, in
navolging van beslissings van die Engelse howe, deur
Innes HR, Solomon AR en Juta AR herhaalde male van "the
proximate cause" van die respondent-bank se verlies ge-
praat, terwyl Solomon AR in dieselfde verband ook van
"the direct cause of the loss" van die bank praat,
In Grosvenor Motors (Potchefstroom) Ltd v. Douglas 1956
(3) SA 420 (A) het Centlivres HR die uitdrukkinge "the proximate cause"
en "the real and direct cause" gebruik asof dit dieselfde betekenis
het. In Oakland Nominees (Pty) Ltd v. Gelria Mining
& Investment Co (Pty) Ltd 1976(1) SA 441 (A) het Holmes
AR net van "the cause" gepraat, en in Standard Bank of
SA/,
49
S.A.Ltd v. Stama (Pty) Ltd 1975(4) SA 965 ('n byvoegsel
by die verslag van die saak in 1975(1) SA 730.(A) het hy,
in navolging van Union Government v. National Bank of
South Africa, Ltd, supra, en Grosvenor Motors (Potchef-
stroom) Ltd v. Douglas, supra, ook die uitdrukking
"proximate cause" gebruik. In Saambou-Nasionale Bou-
vereniging v. Briedman 1979(3) SA 978 (A) het Jansen
AR (op 1005 E-F) die vraag geopper of dit nie gerade
is om by estoppel van die benaming "proximate cause" af
te sien en liewer "van bv die 'werklike oorsaak' (real
cause)" te praat nie.
By die oorweging van die appèl nadat dit in die
hof verhoor is, het daar vrae in verband met die kwessie
van/.....
50
van die nadeel wat Voges sou gely het, ontstaan wat
nie in die advokate se betoë na vore gekom het nie en
wat ook nie in die uitspraak van die verhoorhof geopper
is nie. Die partye is gevolglik gevra om skriftelike
betoogpunte aan die hof voor te lê oor o.m. die vraag
of daar bewys is dat Voges sodanige nadeel gely het as
wat vir 'n bevinding van estoppel vereis word. Betoog-
punte is, soos aangevra, aan ons voorgelê, en ná oor-
weging van al die getuienis en betoë van die partye
het ek, op grond van die oorwegings wat hieronder genoem
word, tot die gevolgtrekking gekom dat daar nie bewys is
dat Voges nadeel gely het wat 'n bevinding van estoppel
kan regverdig nie. In die omstandighede is dit nie
nodig/....
51
nodig om 'n beslissing oor die bogemelde kousaliteits-
vraag te gee nie.
Die persoon wat hom op estoppel beroep, dra die
las om te bewys dat hy deur 'n voorstelling van die
party teen wie hy die verweer opwerp, mislei is en dat
hyas gevolg daarvan tot sy nadeel gehandel het. Kyk bv. Heyman
N.O. and Napier v. Rounthwaite 1917 A D 456 op 462;
Baumann v. Thomas 1920 AD 428 op 435-436; Poort Sugar
Planters (Pty) Ltd v. Minister of Lands 1963(3) SA 352
(A) op 363 D-E. Voges beweer in sy repliek op Thompson
se verweerskrif dat , deur die onvoltooide tjek aan Du
Preez te oorhandig, Thompson hom (Voges) laat glo het
dat Du Preez die nodige volmag gehad het "to issue the
cheque in an amount of R25 000,00". Die nadeel wat
Voges/......
52
beweer dat hy gely het, word in paragraaf l(b) van die repliek uiteengesit. Dié paragraaf, reeds hierbo aan-gehaal, bevat 'n hoof- en alternatiewe bewering. Die hoofbewering, wat ek geriefshalwe weer hier aanhaal, lui soos volg:
"The Plaintiff acted upon such belief to his prejudice in giving valuable consideration for the said cheque, as appears from paragraph 1.2 of the Further Particulars to Plaintiff's Declaration."
In paragraaf 1.2 van die gemelde nadere besonderhede sê die eiser die volgende in antwoord op die vraag wat die waarde was wat hy vir die tjek gegee het: "Cattle to the value of R25 000,00". Die paragraaf wat ek net hierbo aangehaal het, word gevolg deur die bewering
(paragraaf/
53 (paragraaf l(c) van die repliek) dat -
" In the premises Defendant is estopped from denying that DU PREEZ had the necessary authority to issue the cheque in an amount of R25 000,00 and that Plaintiff is entitled to claim payment of the amount of the said cheque."
Die getuienis toon dat Voges geen nadeel kon gely het soos in die hoofbewering van paragraaf 1(b) van sy repliek, gelees met paragraaf 1.2 van die nadere besonder-hede by sy uiteensetting van eis, beweer word nie. Voges het die beeste in ongeveer die middel van Oktober 1981 aan Du Preez verkoop en gelewer. Du Preez het sommige van die beeste op die dag van die verkoping laat wegry, en die ander die volgende dag. Dit was 'n kontantver-koping. Du Preez moes dadelik betaal het, en toe hy dit
nie/.
54
nie gedoen het nie, het hy Voges belowe dat hy hom nog
dieselfde aand 'n tjek sou bring. (Voges het in hierdie
verband getuig: "Hy was veronderstel om daardie selfde
middag te kom betaal.") Eiendomsreg op die beeste het
op die dag van die verkoping, toe Du Preez lewering
daarvan geneem het, op hom (Du Preez) oorgegaan. Die
briefie van 20 Oktober 1981, hierbo vermeld, waarin
Voges sê dat hy die beeste aan Du Preez verkoop het
en wat hy, volgens sy getuienis, aan Du Preez gegee het
om hom in staat te stel om die beeste makliker te kan
verkoop, toon ook duidelik dat Voges aanvaar het dat
Du Preez die eienaar van die beeste geword het en dat
hy daaroor kon beskik soos hy wou. Thompson se tjek
is/....
54 (a)
is eers op 20 November 1981 , d. w. s. meer as 'n maand
nadat Voges die beeste aan Du Preez verkoop en gelewer
het, aan Voges gegee, en daar kan dus geen sprake van
wees dat Voges tot sy nadeel gehandel het deurdat hy
die beeste "as valuable consideration" vir die tjek
afgegee het nie. Die tjek het geen rol by die verkoop
en lewering van die beeste aan Du Preez gespeel nie, en
Voges het dus geen nadeel gely soos in die hoofbewering
van paragraaf 1(b) van sy repliek beweer word nie.
Ek gaan nou oor tot die alternatiewe bewering in
paragraaf 1(b) van Voges se repliek oor die nadeel
wat hy gely het. Dit is reeds hierbo aangehaal, maar
dit is gerieflik om dit weer hier te doen. Dit lui
soos volg:
"Alternatively/
55
"Alternatively, the Plaintiff acted upon such belief to his prejudice in accepting the said cheque in full payment of the amount due in respect of cattle referred to in paragraph 1.2 of Plaintiff's Further Particulars, and thereafter paying an amount of R13 700,00 to one Jooste, being the said Jooste's share of the proceeds of the sale of the said cattle."
Hierdie bewering word gevolg deur paragraaf l(c) van die repliek (hierbo aangehaal) waarin gesê word dat Thompson belet is om te ontken dat Du Preez die nodige volmag gehad het om die tjek vir R25 000 uit te reik en dat Voges op betaling van die tjek geregtig is.
Die aanvaarding van die tjek bring op sigself geen nadeel mee nie, Die beweerde nadeel kan alleen daarin bestaan dat Voges, ná ontvangs van die tjek, 'n tjek van sy eie vir R13 763 aan Jooste uitgemaak het.
Die/
56
Die verhoorhof het bevind dat dít die nadeel is wat
Voges gely het, dat dit sy beroep op estoppel regverdig
en dat Thompson gevolglik vir die volle bedrag van die
tjek (R25 000) aanspreeklik is. Die hof het nie die
vraag oorweeg of, indien Voges se nadeel net R13 763
beloop, hy nogtans op vonnis vir 'n veel groter bedrag
as sy skade, nl. R25 000, geregtig was nie. Dit is
nie 'n eenvoudige vraag nie. Ek is nie bewus van gewys-
des in ons reg waarin so 'n vraag pertinent ter sprake
gekom het nie. Dit blyk dat daar in die Engelse en
Amerikaanse reg verskillende opvattings oor die aange-
leentheid gehuldig word. Wat die Engelse reg betref,
sê Spencer Bower and Turner, The Law Relating to Estoppel
by Representation, 3de uitg., paragraaf 116, met verwysing
na/....
57
na twee Engelse sake (Greenwood v. Martin's Bank Ltd (1932) 1 KB 371 en Ogilvie v. West Australian Mortgage & Agency Corporation (1896) A C 257) die volgende:
"It has already been pointed out that estoppel is a rule of evidence, and its consequence, as laid down in the original general definition given in the introductory chapter of this work, is simply to preclude the representor from averring facts contrary to his own representation. This is always the consequence of an estoppel and its only consequence.
This has an interesting effect upon the ultimate result of the invocation of an estoppel; the damages recoverable by a party who succeeds, supported by an estoppel, may be more than the actual damage suffered by him as a consequence of the representation giving rise to it."
In die Amerikaanse reg skyn die uitgangspunt te wees dat estoppel 'n verweer is wat gebruik kan word om te verhinder
dat/....
58
dat iemand skade ly, en nie 'n middel wat aangewend kan word om aan iemand 'n wins te besorg nie. In American Jurisprudence, band 28, paragraaf 34 ( op 639), word o,m. gesê:
"But-since estoppel in pais operates as a shield
and not as a sword, the
estoppel should not
be given effect beyond the extent of the
injury or
beyond what is necessary to
accomplish justice between the parties ".
In Corpus Juris Secundum, band 31, paragraaf 148 (op 735) word 'n dergelike raening uitgespreek:
".... it is a fundaraental part of the doctrine of equitable estoppel that the estoppel extends only so far as may be necessary to protect from loss the party entitled to assert it; he may claim inderanification, but not profit ....".
Aangesien/
59
Aangesien ek, soos hierbo gesê, tot die gevolgtrekking
gekom het dat daar nie bewys is dat die bedrag wat Voges
aan Jooste betaal het 'n nadeel was wat Voges se beroep
op estoppel kan regverdig nie, is dit nie nodig om 'n
antwoord op die bogemelde vraag te probeer gee nie.
(En op die betoë wat voor ons gelê is, sou 'n mens dit ook
kwalik behoorlik kon doen.) Die redes vir my mening
word hieronder gegee, maar voordat ek dit doen, moet ek
eers daarop wys dat daar in Voges se aanvullende betoog-
punte aangevoer vord dat sy nadeel nie tot R13 763
beperk is nie. Die betoog lui dat die bedrag wat hy
aan Jooste betaal het 'n "direkte" nadeel is, maar dat
hy ook 'n "indirekte" nadeel gely het deurdat hy, vanweë
Thompson/....
60
Thompson se tjek, nie stappe gedoen het - ek haal aan
uit die advokaat se betoogpunte - "om die beeste, of hul
waarde, te verhaal nie. Hy het deurentyd geglo, as
gevolg van die skyn waaronder hy gebring is, dat hy ge-
regtig is op betaling deur Thompson. Húidiglik vind
hy homself in die posisie dat enige eis teen Du Preez,
of die koper van die beeste vanaf Du Preez, indien sulke
eise sou bestaan, verjaar het." Daar steek niks in
die betoog nie. Voges het, soos hierbo gesê, met die
verkoop en lewering van die beeste aan Du Preez, die
eiendomsreg daarop aan Du Preez oorgedra. Hy het,
toe hy die bogemelde briefie van 20 Oktober 1981
dan Du Preez gegee het, geweet dat Du Preez die
beeste/
61
beeste gaan verkoop, en die feit dat hy (Voges) 'n maand
daarna die tjek van Thompson ontvang het, het niks te
doen met die feit dat hy nie die beeste, of hulle waarde,
van Du Preez, of van wie ook al, kan opeis of verhaal nie
Verder, indien Voges ooit beoog het om 'n aksie teen
Du Preez in te stel, is dit nie duidelik waarom hy die
verjaringstydperk laat verbygaan het sonder om dit te doen
nie. Hy het reeds op Maandag, 23 November 1981, d.w.s.
drie dae nadat hy Thompson se tjek ontvang het, geweet dat
Du Preez hom bedrieg het, en hy kon toe dadelik stappe
teen hom gedoen het. Thompson kan nie daarvoor geblameer
word dat hy stilgesit het nie. Voges het dus geen
"indirekte" nadeel gely soos hy beweer nie.
Met/....
62
Met betrekking tot die bogemelde betoog dat Voges
"deurentyd" geglo het dat hy op betaling deur Thompson
geregtig was, wil ek daarop wys dat Voges se getuienis oor
wat Du Preez aan hom oor Thompson en sy betrokkenheid
by die koop van die beeste sou gesê het, bra onbevredigend
was. In sy hoofgetuienis het hy twee maal gesê dat pu
Preez op die dag van die veiling aan hom gesê het dat hy
'n vriend in Johannesburg het wat 'n bankbestuurder is.
Later, in kruisondervraging, het hy gesê dat Du Preez eers
die dag op die plaas, sowat tien dae ná die veiling, gesê
het dat sy vriend 'n bankbestuurder is. Op daardie dag,
het hy gesê, het Du Preez ook die eerste maal die naam
Thompson genoem. Thompson het getuig, soos hierbo gesê,
dat/....
63
dat hy Du Preez vir die eerste maal op 12 November 1981
ontmoet het, d.w.s. net 'n week voordat Thompson sy tjek
aan Du Preez gegee het. Indien hierdie getuienis van
Thompson korrek is, kon Du Preez nouliks voor dié datum
vir Voges vertel het van 'n vriend wat 'n bankbestuurder
is en wie se naam Thompson is. In die omstandighede
kan dan ook kwalik met enige sekerheid aanvaar word dat
Voges voor 20 November 1981, die dag waarop Du Preez
Thompson se tjek na hom gebring het, van Thompson, en die
feit dat hy 'n bankbestuurder is, gehoor het. Voges se
getuienis oor wat Thompson op die Maandag, 23 November
1981, oor die telefoon aan hom gesê het , versterk die
indruk/...
64
indruk dat Voges nie 'n heeltemaal bevredigende, of selfs
geloofwaardige, getuie was nie. Voges het getuig dat hy
en Du Preez mekaar op die Maandag by 'n hotel in Springs
gesien het en dat Du Preez toe daarvandaan af vir Thompson
gebel het oor the tjek vir R25 000 wat nie betaal is nie
Volgens Voges het Du Preez hom toe ook na die telefoon
toe geroep en het hy toe bok met Thompson gepraat.
Thompson, sê hy, het toe aan hom gesê "daar is nie fout
met die tjek nie, sit dxe tjek weer in." Thompson, wat
(soos hierbo gesê) betaling van die tjek op die Vrydagmôre
gestop het, het getuig dat Voges hom die Maandag gebel het,
maar hy het heftig ontken dat hy aan Voges gesê het dat
daar nie fout met die tjek is nie en dat hy dit weer vir
betaling/...
65
betaling moet aanbied. Thompson het o.m. gesê: "Ek het
vir Voges gesê, meneer, daardie tjek wat jy daar het, het
ek nie vir jou gegee nie en ek het hom nie vir Du Preez
gegee om vir jou te gee nie en ek weet niks van daardie
R25 000,00 nie." Voges het die tjek nie weer vir betaling
aangebied nie, en daar kan weinig twyfel bestaan, meen ek,
dat sy getuienis oor wat Thompson aan hom sou gesê het
onwaar was. Dit moet waarskynlik gesien word as 'n poging
om geloofwaardigheid te verleen aan Du Preez se bewerings
teenoor hom oor Thompson se betrokkenheid by die koop van
die beeste.
Ek sou my mening dat Voges se betaling van
R13 763 aan Jooste nie gesien kan word as 'n nadeel wat
sy beroep op estoppel kan regverdig nie, kon opsom deur
te/...
66
te sê dat, toe Voges die betaling gedoen het, hy aan
Jooste betaal het vat hy aan hom verskuldig was en dat hy
nie bewys het waarom die betaling van dié skuld as 'n
nadeel beskou moet word nie. Iemand wat sy skuld aan 'n
ander 'betaal, kan regtens kwalik sê dat hy tot sy nadeel
handel deur dit te doen. Daar moet deurgaans in gedagte
gehou word dat die onus op Voges gerus het om te bewys
dat hy tot sy nadeel gehandel het. Daar is weinig in Voges
se getuienis te vind oor wat die presiese verhouding
tussen hom en Jooste was. (Jooste het nie getuig nie.)
Voges het in antwoord op 'n voorsê-vraag van sy advokaat
gesê dat Jooste sy "vennoot" was, maar daar is geen ver-
dere besonderhede hieroor gegee nie. Toe Jooste die 77
beeste gekoop het, het hy die verkoper betaal, en Voges
het/....
67
het daarna 'n tjek vir R7 150 aan Jooste gegee. Voges se
getuienis was dat hulle die beeste "saam" gekoop het
Ons weet nie wat die koopprys van die beeste was nie
Voges het getuig dat die tjek wat hy aan Jooste gegee het
'my deel van die aankoop van die beeste was." Dit blyk
dus dat elkeen vir sy "deel" van die beeste betaal het:
daar is nie sprake van dat 'n vennootskap se geld gebruik
is om die koopsom te betaal nie. Die beeste is teen die
einde van September 1981 gekoop en dit blyk duidelik te
wees dat Voges sy deel van die koopprys betaal het voordat
Voges die beeste teen die middel van Oktober na die
veiling toe geneem het. Met betrekking tot die feit
dat hy 'n tjek vir R13 763 aan Jooste gegee het, het
Voges/.......
68
Voges gesê dat dit vir "sy deel" - d.w.s. Jooste se deel -
van die beeste was wat hy (Voges) verkoop het,en as ver-
duideliking waarom hy aan Jooste meer as die helfte van
die verkoopprys van die beeste betaal het, het hy gesê:
".... Jooste het meer beeste as ek gehad, dit was nie net
die helfte nie ......" Uit hierdie getuienis van Voges
kry 'n mens die indruk dat die reëling wat daar tussen hom
en Jooste m.b.t. die koop en verkoop van die beeste
bestaan het 'n heel eenvoudige was wat daarop neerge-
kom het dat elkeen 'n deel van die koopprys betaal en dat,
wanneer die beeste verkoop word, elkeen weer op betaling
van sy eweredige deel van die opbrengs geregtig word.
Indien Voges die beeste op die veiling verkoop het, sou
die/....
69
die koopprys daarvan dadelik aan hom betaal gewees het,
en daar kan aanvaar word dat Voges daarna Jooste se ewe-
redige deel van die betrokke bedrag aan hom sou moes bétaal
het.Voges het egter, soos ons weet , nie die beeste op
die veiling verkoop nie, en 'n mens weet nie of hy en Jooste
enige ooreenkoms met mekaar gehad het oor wat Voges sou
doen, of kon doen, indien hy nie die beeste op die veiling
verkoop nie. Voges het, soos reeds gesê, die beeste
aan Du Preez verkoop en die eiendomsreg daarop op Du
Preez laat oorgaan. Hy (Voges) moes dadelik betaling van
Du Preez ontvang het, en daar kan, meen ek, aanvaar word
dat Voges op grond van sy verkoping en lewering van die
beeste aan Du Preez teenoor Jooste aanspreeklik geword het vir die
betaling/...
70
betaling van sy "deel" van die koopprys. Die belangrike
vraag is natuurlik wanneer Jooste se deel betaalbaar
geword het. Sou Voges aan Jooste kon gesê het dat hy
hom slegs hoef te betaal wanneer hy (Voges) die koopsom
van Du Preez ontvang, wanneer dit ook al mag gebeur?
Sou Jooste Voges kon geantwoord het deur te sê dat hy
die beeste verkoop het en sonder versuim sy (Jooste se)
deel van die koopprys aan hom moet betaal? Voges het
nie getuig dat hy nie verplig was om Jooste te betaal voordat
hy van Du Preez betaling ontvang het nie. Sy advokaat voer in sy aanvullende
betoogpunte aan dat die opbrengs van die verkoping verdeel
sou word "sodra Voges
betaling ontvang het" en dat daardie oomblik aangebreek het toe
Voges
Thompson se tjek op 20 November 1981 van Du Preez
ontvang/
71
ontvang het. Die getuienis oor die gebeure op 20 November
1981 toon dat Voges geweet, en aanvaar, het dat hy Jooste
moet betaal. Dit bewys nie dat hy gemeen het dat hy hom
nie vóór daardie dag hoef te betaal het nie. Indien 'n
mens aanvaar dat, soos die advokaat betoog, Voges verplig
geword het om Jooste te betaal sodra hy "betaling ontvang",
dan is die posisie dat hy nie tot daardie oomblik gewag
het voordat hy betaal het nie. Hy het dan betaal bloot
omdat Thompson se tjek aan hom gegee was, en dit was
nog geen betaling nie. Voges sou dus hoogstens kon sê
dat hy vroeër betaal het as wat hy hoef te betaal het,
maar, indien dit so is, is dit iets waarvoor hy homself
moet blameer. As hy Thompson se tjek as net so goed soos
betaling/...
72
betaling beskou het en Jooste om daardie rede betaal het,
het hy 'n kans gewaag waarvoor hy die verantwoordelikheid
moet dra as dit nie slaag nie.
Ek meen gevolglik, soos reeds hierbo gesê, dat toe
Voges Jooste betaal het, hy 'n skuld betaal het wat hy
teenoor Jooste gehad het en dat hy nie bewys het waarom
die betaling van dié skuld as 'n nadeel beskou moet word
nie.
Ten slotte is daar 'n verdere punt in verband met die
saak wat ek net kortliks wil noem. Ek het hierbo daarop gewys dat Voges, wat sê dat hy geglo het dat Du Preez gemagtig was om die koopprys van die beeste op die tjek in te vul , geweet het dat Du Preez 'n groter bedrag
ingevul/....
73
ingevul het. Hy het dus geweet dat Du Preez sy volmag (soos
hy, Voges, geglo het dat dit was) oorskry het deur die bedrag van R25
000 op die
tjek in te vul. Die vraag ontstaan of Voges in hierdie
omstandighede
hoegenaamd geregtig was om Thompson op grond van die
tjek
aan te spreek. Die vraag is nie voor ons beredeneer nie, en vanweë
die gevolgtrekking waartoe ek hierbo oor die appèl
gekom het, is dit nie
nodig om daaroor te beslis nie
Uit hoofde van al die voorgaande is ek van
mening dat die appèl moet slaag en daar word soos volg beveel:
(1)/.....
74
(1)
Die appèl slaag met koste.
(2)
Die bevel van die hof a quo word tersyde
gestel en vervang deur 'n bevel wat die
respondent (die eiser in die hof a quo) se
eis met koste afwys.
(3)
Die koste van die aansoek om kondonasie
van
die laat verskaffing van sekuriteit moet
deur die appellant betaal word.
P J RABIE
WND HOOFREGTER
JOUBERT AR
HOEXTER AR
Stem saam NESTADT AR
BOSHOFF WND AR