South Africa: Supreme Court of Appeal Support SAFLII

You are here:  SAFLII >> Databases >> South Africa: Supreme Court of Appeal >> 1987 >> [1987] ZASCA 89

| Noteup | LawCite

S v Marotholi and Others (93/87) [1987] ZASCA 89 (21 September 1987)

Download original files

PDF format

RTF format


IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA

In die saak tussen:

ISHMAEL M MAROTHOLI Eerste Appellant

ZACHARIA M KODISANG Tweede Appellant
RICHARD M BUZAKWE Derde Appellant

EN

DIE STAAT Respondent

Coram: VILJOEN, JACOBS ARR et NICHOLAS, Wn AR

Verhoor: 4 September 1987

Gelewer: 21 September 1987

UITSPRAAK

JACOBS, AR :

Die drie appellante het in die Oranje-Vrystaatse

Provinsiale Afdeling voor Edeling R en twee assessore

tereggestaan .... / 2
2
tereggestaan op die volgende twee aanklagte naamlik:

1. Huisbraak met die opset om te roof en roof met verswa-
rende omstandighede soos omskryf in art 1 van Wet 51
van 1977.
Die bewerings teen appellante op bogemelde aanklag was dat hulle op 25 Oktober; 1985 die huis van mnr J P B Marx (die oorledene) oopgebreek en binne gegaan het met die opset om te roof en dat hulle die oorledene vasgegryp het, hom met 'n ystervyl geslaan het, hom vasgebind het en verf op hom uitge-gooi het en daarna sekere goedere, die eiendom van die oorledene, gesteel het.

2. Moord.

Die bewerings op die tweede aanklag was dat appel-

lante op dieselfde datum en plek in die eerste aanklag genoem,

die.../3

3

die oorledene vermoor het.
Appellante was by die verhoor beskuldigdes 1, 2 en 3, onderskeidelik, en ek verwys voortaan gerieflikheids-halwe na hulle afsonderlik as sulks. Al drie beskuldigdes is op beide aanklagte skuldig bevind. Op die tweede aanklag het die Verhoorhof geen vefsagtende omstandighede gevind nie. Al drie beskuldigdes is op elk van die twee aanklagte ter dood veroordeel. Aansoeke deur elkeen van die drie beskuldigdes om teen die bevindings dat op die tweede aanklag geen versag-tende omstandighede aanwesig is nie en teen die opgelegde vonnisse op beide aanklagte te appelleer is deur die Verhoorreg-ter afgewys maar sodanige verlof is daarna deur hierdie Hof toegestaan.

Al drie beskuldigdes het op beide die aanklagte

onskuldig .... / 4

4
onskuldig gepleit. Besk 1 het 'n pleitverduideliking aangebied ten effekte dat, hoewel hy erken dat hy tydens die huisbraak en roof en die aanranding op die oorledene wat tot sy dood ge-lei het teenwoordig was in die huis waar die gebeure plaasge-vind het, hy ontken dat hy enige aandeel in die huisbraak of die roof of die aanranding op die oorledene gehad het. Besk 2 se pleitverduideliking was 'n algehele ontkenning dat hy enige kennis dra van die handelinge in die twee aanklagte beskryf of enige aandeel daarin gehad het. Net soos besk 2 het besk 3 ook enige kennis van die beweerde misdrywe of enige aandeel daarin ontken. Ek mag op hierdie stadium ook reeds noem dat geeneen van die beskuldigdes na sluiting van die Staat se saak enige getuienis in eie verdediging afgelê het of enige getuies

geroep het nie. Ook na skuldigbevinding het nie een van die

beskuldigdes .... /5

5
beskuldigdes getuienis afgelê of getuies geroep ten aansien van die vraag of versagtende omstandighede aanwesig is al dan nie of ter versagting van vonnis op die eerste aanklag. Die be-skuldigdes is by die verhoor en ook voor hierdie Hof deur drie verskillende advokate verteenwoordig.

Uit die aanváarde getuienis en bevindings van die
Verhoorhof blyk onder andere die volgende. Die oorledene, wat 6 jaar oud was, se lyk is op die oggend van 26 Oktober 1985 in die badkamer van sy huis op Odendaalsrus gevind. Hy was 'n wewenaar en het alleen in die huis gewoon. Ten spyte van sy betreklik gevorderde jare was die oorledene nog heeltemal gesond en fiks. Hy was die vorige middag tussen 17h00 en 18h00 laas lewend gesien toe hy vanaf die haarkappersalon in die dorp waar hy gewerk het,
vertrek het op pad huis toe. Toe sy lyk gevind is was sy

hande .... / 6

6

hande agter sy rug aanmekaar vasgebind, sy bene was by die

enkels aanmekaar vasgebind en twee kouse wat aanmekaar vasge-

bind was, was in oorledene se mond gestop en agter sy kop vas-bind. Op verskeie plekke in die huis was daar tekens van verf wat daar gespuit of met 'n kwas aangesmeer is. Oorledene se gesig insluitende sy oë was ook met verf, wat blykbaar daar-oor uitgegooi is, besmeer. Teen die muur in een van die gange was daar in groot letters die woord "Once More Again" in verf gespuit. Bo-op oorledene se liggaam het sy hond dood gelê. Volgens 'n verklaring wat besk 1 voor 'n landdros afgelê het, het hy, na die aanval op die oorledene waarna ek later sal verwys, die hond, wat in die bediende se toilet toegemaak was, met 'n byl doodgekap en dit toe op oorledene se liggaam gaan gooi.

Volgens die mediese getuienis was daar ses

skeurwonde .... /7
7
skeurwonde aan die oorledene se kop waarvan vier deur die koo-

vel gedring het tot in die been van die skedel. Verder was

daar kneuswonde van minder ernstige aard aan die oorledene se

gesig asook 'n redelike ernstige kneuswond aan sy een been.

Die kopwondeis, volgens die Verhoorhof se bevinding, veroor-

saak deur houe wat toegedien is met die ystervyl wat as bewys-

stuk voor die Hof gedien het. Die gewig daarvan was 810 gram.

Die dokter was van mening dat die oorledene dood is weens brein-

bloeding wat veroorsaak is deur die houe op die oorledene se

kop.

Dit blyk uit die getuienis dat besk 1 op een stadium

tydelik vir die oorledene gewerk het en dus vertroud was met die huis en besonderhede van oorledene se gewoontes van kom en gaan.
Omtrent 'n week voor die gebeure het die drie beskuldigdes,op

besk 1.../8

8
besk 1 se voorstel, begin met die beplanning om by die oorledene se huis in te breek op 'n tydstip wat hy of sy bediende nie tuis sou wees nie. Reeds op daardie stadium het beskuldigdes blyk-baar beplan om, nadat hulle ingebreek het, die oorledene in te wag en wanneer hy die huis binne kom hom te oorval, vas te bind en hom te dwing om vir hulle te wys of te sê waar hy sy geld' bêre. Ter voorbereiding het beskuldigdes musse gemaak om oor hulle koppe en gesigte te trek. Op die afgesproke dag, in die namiddag, het hulle toe by oorledene se huis ingebreek nadat hulle die plek bespied het en seker gemaak het dat niemand tuis was nie. Die vyl waarmee die oorledene later oor die kop ge-slaan is,het hulle op oorledene se perseel gekry en is ge-bruik om een van die huis se deure oop te forseer. Nadat be-

skuldigdes die oorledene se huis deursoek het vir geld was dit

min .... /9
9
min of meer die tyd wat die oorledene gewoonlik huis toe gekom

het en het die drie beskuldigdes in die huis naby die voordeur

stelling gaan inneem en oorledene ingewag. Kort daarna het die

oorledene opgedaag en toe hy by die voordeur instap is hy, volgen.

die verklarings wat die drie beskuldigdes voor landdros afgelê

het, deur beskuldigdes vasgegryp. Besk 2 beweer in sy verklaring

dat die oorledene *n vuurwapen uit 'n holster voor aan sy broek

gepluk het maar dat hy die oorledene se hand vasgegryp het en

toe die oorledene twee houe met die vyl waarna ek vroeër verwys

het oor sy kop geslaan het. Besk 2 beweer dat besk 3 toe die

vyl by hom gegryp het en die oorledene verdere houe daarmee

toegedien het. Die Verhoorhof het bevind dat dit nie saak

maak wie die verdere vier houe toegedien het nie - volgens

die mediese getuienis moes daar minstens ses houe geslaan gewees

het../ 10

10

het - want beskuldigdes het deurgaans gesamentlik opgetree. Al drie beskuldigdes erken in hulle verklarings dat oorledene daarna vasgebind is en in die badkamer gegooi is. Besk 3 sê in sy verklarings dat dit hy was wat die woorde "Once More Again" op die muur geverf het. Daarna het die beskuldigdes, volgens hulle verklarings, voortgegaan om 'n hele klomp artikels uit die huis te steel. Hierdie artikels het hulle in die oorledene se motor gelaai en hulle is toe met die voertuig daar weg. 'n Paar dae later is die drie beskuldigdes in die omgewing van Carleton-ville in Transvaal gearresteer. Die oorledene se voertuig en sekere van die gesteelde goed is teruggevind.

Volgens beskuldigdes se geboortesertifikate wat
met toestemming ingehandig is, is besk 1 gebore op 16 Oktober

1964, besk 2 op 7 Oktober 1963 en besk 3 op 13 Januarie 1966 .

Geen .... / 11

11

Geen vorige veroordelings is aan enige van die beskuldigdes gestel nie en hulle is deur die Verhoorregter as eerste oor-treders beskou.
Soos die advokate wat voor hierdie Hof namens be-skuldigdes opgetree het gedoen het, behandel ek ook eerstens die appèlle teen die doodvonnisse op die eerste aanklag wat die Verhoorregter in die uitoefening van sy diskresionêre be-voegdheid opgelê het. Die oplegging van straf is 'n plig wat aan die Verhoorregter opgedra is en hierdie Hof het in talle uitsprake beklemtoon dat daar ruimte vir hierdie Hof is om 'n Verhoorregter se vonnis te verander alleenlik as dit blyk dat hy sy diskresie op 'n onbehoorlike of onredelike wyse uitgeoefen het. In die onlangse uitspraak in die saak van S v Pieters

1987 (3) SA 717 (A) op 728 B-C wys Botha AR daarop dat dit

eintlik .... / 12

12

eintlik daarop neerkom dat hierdie Hof op appël "daarvan oor-tuig moet wees dat die uitoefening van die diskresie (deur die Verhoorregter) op onbehoorlike of onredelike wyse geskied het". Die advokate wat namens die drie beskuldigdes op-getree het, het in hulle hoofde van betoog in breë trekke die-selfde patroon gevolg. Daar is in die eerste plek aangevoer dat die Verhoorregter nie oorweging, of nie genoegsame oor-weging, geskenk het aan die oplegging van 'n lang termyn van gevangenisstraf as 'n moontlike alternatiewe vonnis tot die op-legging van die doodstraf nie. In dié verband is daar veral verwys na die feit dat al drie beskuldigdes nog betreklik jonk is, dat hulle geen vorige veroordelings het nie en is aange-voer dat die dissipline en opleiding wat in 'n lang tydperk

van gevangenisstraf ondergaan word heel waarskynlik 'n

hervormende .... / 13

13
hervormende uitwerking op beskuldigdes sal hê. Die advokate het aangevoer dat die Verhoorregter in dié opsig 'n mistasting begaan het. Ek meen egter dat hierdie betoë sonder enige verdienste is. Die Verhoorregter sê in sy uitspraak op vonnis o a die volgende:

"Dit is natuurlik so dat as 'n mens die hoogste vonnis oplê dan is daar nie eintlik enige sprake van rehabilitasie of verbetering van die beskuldigde self nie en die Hof aan-vaar dat indien hy so 'n vonnis oplê waar hy 'n diskresie het, dit beteken dat die belange van die gemeenskap die belange van die beskuldigde oorheers, dit wil sê swaarder weeg by die Hof."

Dit is dus heel duidelik dat die Verhoorregter
wel deeglik die moontlikheid van gevangegnisstraf oorweeg het maar weens die ernstigheid van die misdaad en die ander feite wat hy volledig in sy uitspraak uiteensit van mening was dat
die doodstraf die gepaste straf is. In dié verband mag ek

miskien .... / 14

14

miskien ook net verwys na S v Knoop 1982 (2) PH H120 waar hier-die Hof gesê het dat die moontlikheid van rehabilitasie nie noodwendig 'n doodvonnis uitsluit nie.
Die advokate het ook aangevoer dat die Verhoor-regter die roof in sy uitspraak op vonnis verkeerdelik as "'n uiterste geval" beskryf en dat hy in dié opsig 'n mistasting be-gaan het. Soos die Hoofregter in S v Tshomi en 'n Ander 1983 (3) SA 662 (A) op 666 E dit egter stel :

"Hierdie frase 'uiterste gevalle', of 'uiterste ge-val' , wat ook al in ander sake gebruik is, kan nie letter-lik opgevat word nie, want as die Verhoorregter die dood-vonnis slegs in 'n letterlik, of werklik,uiterste geval kan oplê, sal hy waarskynlik altyd moet besluit dat die dood-vonnis nie 'n gepaste vonnis sal wees nie, want hy sal hom waarskynlik altyd 'n erger geval kan voorstel as die een wat voor hom dien. 'n Verhoorregter se diskresie kan nie op so'n wyse aan bande gelê word nie, en die uitdrukking

'uiterste geval' kan dus nie letterlik opgevat word nie. Hierbenewens moet in gedagte gehou word dat hierdie Hof

ook .... / 15

15

ook al gesê het dat dit die funksie van die Verhoorregter is om te beslis of 'n geval voor hom as 'n uiterste geval beskou moet word of nie en dat hierdie Hof nie sonder meer sy mening oor die aangeleentheid vir dié van die Verhoor-regter kan substitueer nie. (Kyk bv S v Kok, 'n uitspraak van hierdie Hof, gelewer op 13 Septëmber 1973 en gerapporteer in 1974 (1) PH H2)."
Ek meen dus dat ook hierdie betoë namens beskuldig-des sonder verdienste is:
Daar is ook namens beskuldigdes klem gelê daarop dat in hulle beplanning van die misdaad in die eerste aanklag vervat beskuldigdes nie ernstige fisiese geweld op die oorle-dene be-oog het nie. Veral die advokaat wat namens besk 2 opgetree het, het hierop uitgebrei. In sy hoofde van betoog word dit soos volg gestel:

"Tweede appellant het oorledene met die vyl geslaan eers nadat oorledene 'n rewolwer uitgepluk het. Hierdie houe was nie primêr toegedien om die oorledene te beroof nie,

maar .... / 16

16

maar veel eerder om die appellant en sy makkers te vrywaar teen 'n moontlike lewensgevaarlike teenaanval deur die oor-ledene. Die feit dat oorledene 'n rewolwer aan sy per-soon gehad het, was klaarblyklik 'n verrassing vir tweede appellant en het appellant op daardie stadium instinkmatig opgetree toe hy die oorledene met die vyl geslaan het en het hy heel waarskynlik in die proses harder geslaan as wat hy besef of be-oog het."

Die probleem met bogemelde en ander soortgelyke argumente wat die advokate geopper het is dat geeneen van die appellante getuienis afgelê het nie en kom sê het wat die ad-vokate nou as moontlikhede namens hulle aan hierdie Hof wil voorlê nie. Beskuldigdes het bv nie kom verduidelik waarom dit hoegenaamd vir besk 2 nodig was om die vyl met hom saam te dra toe hulle die oorledene by sy voordeur gaan inwag het nie. Hulle het nie kom verduidelik waarom dit nodig was om oorledene
ses houe met die gevaarlike instrument oor die kop te slaan nie.

Hulle.../ 17

17

Hulle het nie kom verduidelik waarom dit hoegenaamd nodig was om oorledene met die vyl te slaan as die drie van hulle die betreklike ou man net wou gryp en vasbind nie. Besk 2 sê self in sy verklaring aan die landdros dat toe die oorledene die rewolwer uit die holster pluk hy "die hand waarin die vuur-wapen was gegryp" het. Eers daarna het hy die oorledene twee houe met die vyl oor die kop geslaan. Waarom dit toe nog nodig was word nie gesê nie. Daar is heelwat ander aspekte wat beskuldigdes, as hulle getuienis afgelê het, kon verdui-delik d w s indien hulle verduidelikings gehad het wat hulle wrede, en in sommige opsigte bizare, optrede moontlik in 'n beter lig kon stel.

Ek is nie voornemens om verder met die betoë
wat op die eerste aanklag aan ons voorgelê is te handel nie.

Ek.../18

18
Ek volstaan deur te sê dat ek geensins oortuig is dat die Ver-hoorregter toe hy die doodvonnisse opgelê het sy diskresie op 'n onbehoorlike of onredelike wyse uit-geoefen het nie.
Ek behandel vervolgens die Verhoorhof se bevind-ing op die tweede aanklag dat daar geen versagtende omstandig-hede aanwesig was nie en die verpligte doodvonnisse wat uit daardie bevinding gespruit het. Ek is nie van voorneme om die gronde wat beskuldigdes se advokate ter ondersteuning van hulle betoë dat die Verhoorhof moes bevind het dat versagtende omstandighede wel aanwesig was in detail te bespreek nie. Daar is veral klem gelê op beskuldigdes se jeugdigheid, en na die feit dat die opsetvorm slegs dolus eventualis was. Al die faktore wat voor hierdie Hof genoem is, is deur die Ver-
hoorhof in sy uitspraak op die vraag of versagtende

omstandighede .... / 19

19

omstandighede aanwesig was al dan nie behandel. Dit is in talryke uitsprake van hierdie Hof benadruk dat dit primêr die funksie van die Verhoorhof is om te beslis of daar versagtende omstandighede is en dat hierdie Hof dus aan bande gelê is wanneer hy 'n appèl behandel teen 'n bevinding dat daar geen ver-sagtende omstandighede was nie. Gevolglik sal hierdie Hof alleen ingryp indien dit blyk dat die Verhoorhof by oorweging van hierdie vraag, 'n mistasting of ander onreëlmatigheid begaan het of indien die omstandighede van so'n aard was dat geen Hof redelikerwyse tot 'n ander gevolgtrekking kon gekom het nie as dat versagtende omstandighede aanwesig was. Na my mening het die Verhoorhof geen mistasting of ander onreelma-tigheid begaan nie en ek is geensins oortuig dat geen redelike

Hof in die onderhawige geval tot die gevolgtrekking kon gekom

het.../20

20

het dat geen versagtende omstandighede aanwesig was nie,

Die appèlle word van die hand gewys.

H R JACOBS, AR

VILJOEN , AR )
stem saam NICHOLAS, Wn AR )