South Africa: Supreme Court of Appeal

You are here:
SAFLII >>
Databases >>
South Africa: Supreme Court of Appeal >>
1987 >>
[1987] ZASCA 92
| Noteup
| LawCite
S v Molefe (94/87) [1987] ZASCA 92 (22 September 1987)
Download original files |
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA APPeLAFDELING
saak tussen
JACOB MOLEFE APPELLANT
en
DIE STAAT RESPONDENT
CORAM : HEFER AR, BOSHOFF et STEYN WRN
ARR. AANGEHOOR : 18 SEPTEMBER 19 87. GELEWER
UITSPRAAK HEFER AR :
Die appellant en ene Molotsi het voor MOLL R
in 2
2
in die Transvaalse Provinsiale Afdeling tereg gestaan op 'n aanklag van
hoogverraad en sekere alternatiewe aanklagte. Hulle is skuldig
bevind aan
hoogverraad. Appellant is veroordeel tot vyftien jaar en Molotsi tot agtien jaar
gevangenisstraf. Appel-lant het in hoër
beroep gekom teen die opgelegde
vonnis. Na aan-hoor van sy advokaat se betoog is die appèl afgewys. Die
hof het onderneem
om die redes vir die afwysing van die appèl later in te
handig. Hier volg die redes.
Die skuldigbevinding het voortgespruit uit
appellant en Molotsi se lidmaatskap van die African National Congress (die
"ANC"), 'n organisasie
met die geweldadige omwerping van die staatsgesag in
Suid-Afrika as doelstelling, en uit hulle dade, sowel as die dade van ander
lede
van die A N C binne Suid-Afrika,
ter 3
3.
ter verwesenliking van daardie doel . Volgens appellant se eie
ge-tuienis het hy die land gedurende 1976 verlaat en na Botswana gegaan
waar hy
kennis gemaak het met persone wat klaarblyklik werwingsamptenare van die A N C
was. Nadat hy ingelig is oor die doelstellings
van die organisasie, het hy
daarby aangesluit sodat hy kon leer om"like a soldier" te veg en later na
Suid-Afrika terug te keer en
sy militêre vaardigheid teen die
Suid-Afrikaanse polisie aan te wend. Daarvandaan is hy na Angola waar hy oor 'n
tydperk van
sewe jaar opleiding ondergaan het onder andere in die gebruik van
vuurwapens, handgranate en spring-stowwe, en gevorder het tot die
rang van
kompanjiebevelvoerder en ingenieur/instrukteur. In daardie hoedanigheid het hy
ander rekrute onderrig in die gebruik van
springstowwe. Dit het
alles 4
4.
alles geskied met die oog op, soos hy dit in sy "getuienis
gestel het, "the national liberation of South Africa" wat
tot sy wete sou behels dat hy "would have to fight against
the govermnent of this country". Uiteindelik is hy na Ma-
puto gestuur waar hy opdrag ontvang het om saam met Molotsi
en ene Lazi die Republiek via Swaziland binne te sypel. Sy
getuienis was dat hy eers in Suid-Afrika van Molotsi sou
verneem het wat die doel van die sending was maar die ver-
hoorhof het bevind dat hy góed geweet het dat die oogmerk
was om skuilplekke en wapenopslagplekke vir "opgeleide ter-
roriste" te bou en toe te rus vanwaar aanvalle geloods kon
word en "om dade van sabotasie te pleeg deur installasies
soos brandstofopslagplekke, kragstasies en: rioolstelsels
op.....5
5
op te blaas". Vroeg die oggend van 16 Februarie 1983
het die appellant, Molotsi en Lazi die grens tussen Suid-
Afrika en Swaziland naby Piet Retief oorgesteek. Daar
het hulle hul vasgeloop teen lede van die veiligheidspolisie.
Na 'n skietgeveg is appellant in hegtenis geneem. Molotsi
en Lazi het weggekom maar Molotsi is die volgende dag aan-
gekeer. Die dag daarna het Molotsi 'n skuilplek vir terro-
riste en 'n opslagplek waar 'n hoeveelheid wapens (insluiten-
de vyf A K 47 gewere met ammunisie, agtien handgranate en
sekere onderdele van 'n missiel lanseerder) en springstof
begrawe was, naby Alberton aan die polisie uitgewys.
Die aanval deur appellant se advokaat in hier-
die Hof teen die opgelegde vonnis is onder vier hoofde
geloods.....6
6
geloods. Ek sal met elkeen afsonderlik handel. Die
eerste een spruit voort uit die uitwysing deur Molotsi van
die skuilplek en die wapenopslagplek waarna so pas verwys
is, en uit 'n bewering wat in paragraaf 6 van aanhangsel
"A" tot die akte van beskuldiging gemaak is. Dit is in
die akte van beskuldiging beweer dat die beskuldigdes die
dade wat in aanhangsel "A" uiteengesit is, gepleeg het
en/of bewus was dat dit gepleeg sou word of reeds gepleeg
was en versuim het om dit aan die owerheid te rapporteer,
met die gemeenskaplike opset en in die uitvoering van 'n
sameswering tussen die beskuldigdes en die A N C of sy lede
en aktiewe ondersteuners, en tussen die beskuldigdes onder-
ling, om die doelstellings van die A N C uit te voer. Para-
graaf...7
7
graaf 6 van aanhangsel "A" lui soos volg:
"Gedurende die periode 1982 tot 1983 (die presiese datums is aan die Staat onbekend) en ter uitvoering van bogenoemde doelstel-ling van die A.N.C. en sameswering sypel die beskuldigdes en ander onbekende terroriste en/of aktiewe ondersteuners van die A.N.C., ooreenkomstig die beplanning en voorberei-ding in die basis te Maputo, die Republiek van Suid-Afrika binne en vind en bou skuil-plekke, wapenopslagplekke en 'Dead Letter Boxes' te of naby Alberton in die distrik van Alberton vir gebruik deur opgeleide ter-roriste of lede of ondersteuners van die A.N.C. vanwaar gewapende aanvalle, dade van oorlogvoering en/of sabotasie teen polisie-stasies en die ander teikens hierbo genoem geloods moes word."
Hieraangaande het die verhoorhof bevind :
"Dat die beskuldigdes, nr. 1 en nr. 2, te alle tersaaklike tye saamgesweer het met A.N.C. of sy lede en aktiewe ondersteuners
en.....8
8
en met mekaar om die bovermelde doelstel-ling van die A.N.C. uit te voer, en ter uit-voering van genoemde sameswering die dade waarna ek in Aanhangsel 'A' tot die klag-staat sal verwys,gepleeg het."
(Elders in die uitspraak is paragraaf 6 van aanhangsel "A" spesifiek as bewese bevind).
Appellant se advokaat het aangevoer dat die
appellant in die afwesigheid
van getuienis dat hy betrokke was by die oprigting van die skuilplekke en die
verberging van die wapens
by Alberton, of van kennis wat hy op enige stadium van
die bestaan daarvan gehad het, nie daarvoor verantwoordelik gehou kon word
nie
sodat dit buite reke-ning gelaat moes gewees het by die oorweging van 'n gepaste
vonnis. Ek is nie van plan om hierdie betoog
of die
vraag.: 9
9.
vraag tot watter mate die appellant vir doeleindes van
skuldigbevinding aanspreeklik gehou kon word vir dade
deur ander lede van die A N C gepleeg, volledig te be-
spreek nie. Die appèl is slegs teen die vonnis gerig
en die werklike vraag is of die verhoorhof die dade van
ander A N C lede enigsins in ag geneem het in die oorwe-
ging van 'n gepaste vonnis. Word die hof se uitspraak
oor vonnis sorgvuldig gelees, blyk dit dat dit nie die
geval was nie en dat die appellant gevonnis is suiwer
en alleen op grond van sy eie dade. Die feit dat skuil-
plekke opgerig en wapens by Alberton versteek is, het nie
ter sprake gekom by die oorweging van die vonnis nie en,
waar dit derhalwe nie 'n rol gespeel het nie bied dit geen
regverdiging...10
10.
regverdiging vir inmenging met die vonnis deur hierdie
Hof nie.
Appellant se advokaat het voorts betoog dat
die verhoorhof verkeerdelik bevind het dat die appellant
tydens die skietgeveg wat op 16 Februarie 1983 naby Piet
Retief plaasgevind het, op die polisie geskiet het. Ter
verduideliking dien vermeld te word dat twee getuies wat
lede van die patrollie was wat die betrokke oggend met die
appellant en sy makkers slaags geraak het, getuig het dat
appellant eers gevlug het maar toe omgedraai het en 'n skoot
op hulle geskiet het. Appellant het in sy getuienis erken
dat hy inderdaad 'n pistool in sy hand gehad het toe hy
gevlug het. Sy bewering was egter dat hy die pistool
weggegooi...... 11
11.
weggegooi het sonder om te skiet en dat een van die poli-sie getuies dit
opgetel en self 'n skoot op hom (appellant) gevuur het - vandaar die feit
dat die dop van 'n patroon wat met die pistool gevuur-is, op die toneel gevind
is. Die verhoorregter het appellant se weergawe verwerp en bevind dat dit
appellant was wat die skoot afgevuur het. Die feit dat
hy dit gedoen het, is
verswarend teen hom in ag geneem by die oplegging van vonnis.
Ek stem met
appellant se advokaat saam dat die getuienis van die betrokke twee staatsgetuies
alles behalwe bevredigend was. Trouens,
een van hulle was so onbevredigend dat
die verhoorregter sy getuienis nie wou aanvaar behalwe vir soverre dit gestaaf
was nie. Die
probleem 12.
12.
probleem is egter dat die verhoorregter, terdeë bewus van die
gebreke in die getuienis van die ander een, nogtans bereid was
om sy getuienis
te aanvaar in die lig van die waarskynlikhede, in die lig van die plek waar die
patroon-dop gevind is (dit is nie
nodig om besonderhede hiervan te verskaf
nie),en in die lig van appellant se eie leuen-agtige getuienis oor ander aspekte
van die
saak. Met in-agneming van hierdie faktore kan hierdie Hof nie bevind dat
die verhoorhof se bevinding verkeerd was nie.
'n Verdere grond waarop
aangevoer is dat die verhoorregter fouteer het, was dat hy die getuienis van
professor B Helm nie ten volle in
ag geneem het nie. Pro-fessor Helm, 'n
sosioloog, het getuig oor die faktore
(voortspruitende..13
13.
(voortspruitende hoofsaaklik uit die gebeure in Soweto
gedurende 1976) wat bygedra het tot appellant se besluit
om die land të verlaat, by die A N C aan te sluit, oplei-
ding te ondergaan en deel te hê aan 'n geweldadige aanslag
teen die Suid-Afrikaanse owerheid en sommige van sy mense.
Haar getuienis was gebaseer deels op haar eie waarnemings,
deels op mededelings aan haar deur die appellant en lede
van sy familie en deels op haar deskundige kennis. Vir
sover sy oor feite getuig het wat die appellant aan haar
meegedeel het en waarvan sy self geen kennis- gedra het nie,
het die verhoorhof haar getuienis slegs in ag geneem tot
die mate waartoe dit deur appellant se eie getuienis onder
eed bevestig is. Met hierdie benadering kan geen fout
gevind 14
14.
gevind word nie. Professor Helm se getuienis is terdeë
in ag geneem in die opsigte waarin dit in ag geneem kon
word.
Laastens het appellant se advokaat aangevoer
dat die vonnis buitensporig swaar is. Ek stem nie saam
nie. Appellant is nie bloot 'n lakei van die A N C nie.
Hy is 'n man met deskundige bedrewenheid in die gebruik
van springstof wat seker die mees effektiewe middel is
by die pleeg van dade van terreur waaronder onskuldige
en niksvermoedende landsburgers meesal ly. Hy was klaar-
blyklik saam met Molotsi op pad na die voorrade wat naby
Alberton versteek was. Gelukkig is hy uitgeskakel voor-
dat hy dit kon bereik. Boonop het hy ander lede van sy
organisasie 15
15.
organisasie opgelei en toegerus met dieselfde kundigheid waaroor hy
beskik en hy moes met groot entoesiasme en toe-wyding (soos spreek
uit die rang
wat hy in die organisasie beklee het) deelgeneem het aan die voorbereiding vir
die geweldadige aanslag waarna reeds
verwys is. Dat hy deur sy gevangeneming
verhoed is om verder deel daaraan te hê, is bloot toevallig.
Geeneen
van die gronde waarop appellant se advokaat gesteun het, het enige regverdiging
gebied vir 'n ligter vonnis as die een wat
deur die verhoorhof opge-lê is
nie en die appèl kon gevolglik nie slaag nie.
J J F HEFER AR.
Ek stem saam : W G BOSHOFF WAR.
M T STEYN WAR.