South Africa: Supreme Court of Appeal Support SAFLII

You are here:  SAFLII >> Databases >> South Africa: Supreme Court of Appeal >> 1987 >> [1987] ZASCA 93

| Noteup | LawCite

Theunissen and Others v Transvaal Lewendehawe Kooperasie Bpk. (209/86) [1987] ZASCA 93; [1988] 1 All SA 289 (A) (22 September 1987)

Download original files

PDF format

RTF format


209/86/AV

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (APPèLAFDELING)

In die saak tussen:

DANIEL ELARDUS THEUNISSEN 1ste Appellant
JACOBUS HUMAN 2de Appellant
PETRUS JOHANNES HUMAN 3de Appellant
MICHIEL VENTER 4de Appellant

EN

TRANSVAAL LEWENDEHAWE KOOPERASIE
BEPERK Respondent
CORAM: CORBETT, VILJOEN, VAN HEERDEN, GROSSKOPF, VIVIER, ARR
VERHOOR: 21 Augustus 1987
GELEWER: 22 September 1987

UITSPRAAK GROSSKOPF, AR

Die appellante in hierdie saak is die vier direkteure

van
2
van 'n maatskappy bekend as Steenbokpan Voerders (Eiendoms)

Beperk ("die maatskappy"). Die respondent, 'n ko-operatiewe

vereniging, het in die Transvaalse Provinsiale Afdeling dag-

vaarding teen die appellante uitgereik vir betaling van

R410 003,78, rente en koste. Die respondent se vordering

berus op 'n skriftelike borgkontrak wat die appellante, so

word beweer, op 30 April 1981 onderteken het, en waarkragtens

hulle hulself verbind het as borge en mede-hoofskuldenaars

vir betaling van die maatskappy se skuld. Die appellante

het eksepsie aangeteken teen die respondent se besonderhede

van vordering (soos aangevul deur nadere besonderhede en aan-

hangsels) op grond daarvan dat beweringe ontbreek wat nodig

is om 'n aksie te staaf. Meer besonder het die appellante

soos volg betoog in hul kennisgewing van eksepsie

"Die.....

3

"Die dokumente wat volgens Eiser se Besonderhede van Eis soos aangevul deur sy Nadere Besonderhede, die skriftelike borgakte uitmaak waarop die vordering steun, bevat nie die essentialia van 'n borgtog nie en is dus nie 'n geldige borgstelling in terme van Wet 50 van 1956 nie, deurdat dit nie die skuldeiser iden-tifiseer nie ....."

Ander punte ook is in die kennisgewing van eksepsie geopper, maar die appellante het nie daarop staatgemaak in die hof a quo of hierdie hof nie, en ek hoef dus nie verder daarna te verwys nie.
Die provinsiale hof (MacARTHUR R) het die eksepsie van die hand gewys met koste. Met sy verlof kom die appellante nou in hoër beroep na hierdie hof.

Die partye was dit eens oor watter regsbeginsels by die beslegting van die appèl toegepas moet word. Art. 6

van....

4

van die Algemene Regswysigingswet, No 50 van 1956, lui soos volg:

"Geen borgkontrak wat na die inwerking-
treding van hierdie Wet aangegaan word,
is geldig nie tensy die bepalings daar-
van in 'n deur of namens die borg onder-
tekende skriftelike dokument beliggaam
is; "

Die voorskrif dat die "bepalings" (in Engels "terms") van

die kontrak op skrif moet wees beteken

"that the identity of the creditor, of the surety, and of the principal debtor, and the nature and amount of the principal debt, must be capable of ascertainment by reference to the provisions of the written document, supplemented, if necessary, by extrinsic evidence of identification other than evidence by the parties (i e the creditor and the surety) as to their negotiations and consensus." (kursief in die oorspronklike)

(Sien Sapirstein and Others v Anglo African Shipping Co (SA)

Ltd.....
5
Ltd 1978(4) SA 1 (A) op bl 12 B-C).

Dit is dus duidelik dat die appellante reg het wanneer

hulle betoog dat die identiteit van die skuldeiser bepaal-

baar moet wees uit die dokumente self, aangevul, indien nodig,

deur die soort getuienis waarna in die aangehaalde passasie

verwys word. Die respondent se besonderhede van vordering

met nadere besonderhede en ondersteunende dokumente moet

gevolglik ontleed word om te bepaal of die identiteit van die

skuldeiser aldus bepaalbaar is.

In die besonderhede van vordering maak die respondent

die volgende bewerings wat, insoverre dit oor feite gaan.

natuurlik aanvaar moet word as korrek vir doeleindes van

die eksepsie. Op of ongeveer 30 April 1981 het die

maatskappy skriftelik by die respondent aansoek om kredietfasili-

teite.....

6
teite gedoen. Hierdie aansoek om kredietfasiliteite was

beliggaam in 'n versameling bladsye wat bestaan het uit 'n

inleiding (in die pleitstukke ook 'n omslagbladsy genoem) en

verskeie bylaes daartoe. 'n Afskrif van die hele bundel is

by die besonderhede aangeheg as aanhangsel J. Dit behels

die volgende. Die eerste bladsy is, soos reeds gemeld, in

die aard van 'n inleiding. Ek sal daarna verwys as die in-

leidende bladsy. Dit dui aan dat die bundel papiere 'n aan-

soek deur die maatskappy om kredietfasiliteite uitmaak. Daar

word ook aangedui dat die koóperasie "T.L.K." by die aansoek

betrokke is, en dat hierdie kooperasie geaffilieer is met

Vleissentraal (Koöperatief) Beperk. Dit is gemene saak dat

T.L.K. die afkorting van die respondent se naam is. Die

inleidende....

7
inleidende bladsy bevat dan sekere algemene inligting waarop ek later weer terugkom. Die bladsy eindig in die onderste regterhoek met die lokfrase "Bylae 'A'/ ...." waardeur aan-gedui word dat hierdie bylae op die inleidende bladsy volg.
Die gebruik van sulke lokfrases kom dwarsdeur die bundel
voor. Bylae A vorm die werklike aansoek om kredietfasili-
teite, en bevat alle nodige besonderhede omtrent die aan-soeker, in hierdie geval die maatskappy. Die aanhef dui aan dat die aansoek gedoen word "by ondergenoemde Kooperasie" Onderaan die bladsy is daar weer, teenoor die gedrukte woord "kooperasie", die voorletters van die respondent ingevul. Bylae B is bestem vir 'n opsomming van 'n applikant se

bates

8
bates en laste. Bylae C bevat die standaard-voorwaardes waaronder fasiliteite toegestaan word. Bylae D dra die op-skrifte: "Alleen vir Produsente. Projekopname" en bevat be-sonderhede oor die projek waarvoor die fasiliteite aangevra word. In die onderhawige geval is dit volledig ingevul. Dit blyk hieruit dat die maatskappy beoog het om hoofsaaklik osse te koop vir intensiewe afronding in 'n voerkraal. In Bylae E onderneem die maatskappy dat, as fasiliteite aan hom toegestaan word, hy die vee deur bemiddeling van Vleissentraal (Koöperatief) Beperk of een van sy "bestuurde affiliasies" (waaronder die respondent) sou aankoop. Bylae F dra die opskrif "Alleen vir Slagters" en is nie ingevul nie. Die opskrif van Bylae G is "Waarborg" en hierdie

is

9
is, vir huidige doeleindes, die kern van die bundel. Die

wesentlike deel van hierdie bylae lui soos volg:

"Aangesien

(hierna genoem die "KREDITEUR")

sekere kredietfasiliteite toestaan aan

Steenbokpan Voerders (Edms) Bpk. 81/4180

(hierna genoem die "DEBITEUR")

onderhewig aan die voorwaardes hieronder

genoem:

Verklaar ons/ek 1) P.J. Human; 2)D.E.Theunissen

3) M. Venter 4)J. Human

dat ons/ek onsself/myself verbind as borg/e en mede-hoofskuldenaar/s in solidum vir betaling op aanvraag van al die bedrae wat die Debiteur nou of van tyd tot tyd hierna skuld of verskuldig mag wees aan die Kre-diteur, sy opvolgers in titel of regsver-krygendes, hetsy hierdie skuld opgedoen is deur die Debiteur in sy eie naam of ander-sins, of afsonderlik of gesamentlik met ander, in vennootskap of andersins vir dienste of goedere gelewer of hetsy hierna gelewer te word, of andersins hoegenaamd, insluitende rente, regskoste, seëls en alle ander gewone of nodige fooie en onkoste;..

Ek....
10
Ek beklemtoon dat daar 'n plek in die vorm was waar die

naam van die krediteur ingevul kon word, maar dat dit nie

gedoen is nie. Die vier appellante het Bylae G onderteken

- trouens, dit is die enigste plek in die bundel waar hul

handtekeninge voorkom.

Die res van die bundel is van min belang vir ons doel-

eindes. Bylae H is 'n vorm waarin die takbestuurder van die

betrokke kooperasie 'n aanbeveling oor die aansoek om krediet-

fasiliteite kon maak. Dit is nie ingevul nie. Bylae I is

bestem vir die hoofbestuurder se beslissing oor die aansoek,

Dit is gemene saak dat indien Bylae G op sy eie gelees

word, dit nie 'n geldige borgkontrak is nie deurdat die identi-

teit van die skuldeiser nie daaruit blyk nie. Die respon-

dent....

11

dent betoog egter dat die bundel as geheel gelees moet word,

en dat die identiteit van die skuldeiser dan duidelik vas-

gestel kan word uit die dokument self, met, indien nodig,

identifiserende getuienis van die aard waarna verwys word in

Sapirstein se saak (supra). Hierdie betoog behels twee as-

pekte, nl. die fisiese aard van die bundel en, tweedens, sy

inhoud. Ek behandel eers sy fisiese aard.

In die pleitstukke verskyn daar 'n oorgetikte weergawe

van die bundel. Dit blyk nie uit die afskrif of die ver-

skillende bladsye van die oorspronklike dokument saamgeheg

was nie. 'n Sekere mate van lig word egter deur die pleit-

stukke op hierdie vraag gewerp. In paragraaf 5 van die be-

sonderhede van vordering verwys die respondent na verskillende

bepalings van die bylaes

wat.....

12
wat as relevant beskou word. Na aanleiding van hierdie paragraaf het die appellante in 'n versoek om nadere beson-derhede gevra of die respondent beweer "dat Bylae 'G' 'n een-heid vorm met Bylaes 'A','B','C','E','F','H' en 'J'?"
Hierop het die respondent soos volg geantwoord:

"Ja, Bylae 'G' vorm wel 'n eenheid met die

verdere bylaes waarna hierin verwys word. Gemelde Bylae 'G' was by die aansoek (om kredietfasiliteite) aangeheg ..."

En, in antwoord op 'n vraag of die respondent beweer dat By-laes A tot en met I, asook di'e aansoek om kredietfasiliteite, deel vorm van die onderhandelinge en/of die ooreenkoms tussen die partye, het die respondent soos volg geantwoord:

"Verweerders word daarop gewys dat Bylaes 'A' tot en met 'I' nie afsonderlik tot die aansoek om kredietfasiliteite staan nie,

maar...
13

maar inderdaad saam met die omslagbladsy en die laaste bladsy daarvan die gehele aansoek om kredietfasiliteite vorm."

Daarna het die appellante in 'n versoek om verdere en betere besonderhede pertinent gevra watter dokument of dokumente die borgakte daarstel waarop die respondent se eis gebaseer word.
Die respondént se antwoord was dat "die bylaes waaruit Aan-hangsel 'J' bestaan 'n eenheid vorm en nie afsonderlik nie, maar in samehang met mekaar gelees moet word".

Dit is nie altyd heeltemal duidelik of die respondent in bogemelde bewerings bedoel het om te sê dat die bundel fisies saamgeheg was, of bloot net dat dit 'n enkele (hoewel samegestelde) transaksie beliggaam het nie. Die bewering "Bylae 'G' was by die aansoek aangeheg" dui egter

op
14

op 'n fisiese aanhegting, en as 'n mens dit saamlees met die

beklemtoning dat die aansoek uit die hele bundel bestaan het,

wil dit voorkom dat daar wel beweer word dat al hierdie blaaie

saamgeheg was. (Dat dit wat inhoud betref 'n enkele trans-

aksie was, word natuurlik ook beweer). By die verhoor van

die appèl het die respondent se advokaat die oorspronklike

aan ons beskikbaar gestel. Op daardie stadium was die hele

bundel stewig vasgekram met twee krammetjies. Dit is 'n

redelike afleiding uit die bogemelde bewerings in die pleitstukke

dat die bundel in dieselfde of 'n soortgelyke toestand was toe die appel-

lante Bylae G onderteken het. In soverre daar enige twyfel

hieromtrent kan bestaan moet daar in gedagte gehou word dat

die plig op die appellante as eksipiënte rus om ons te oor-

tuig.....

15

tuig dat elke vertolking wat 'n hof redelikerwyse aan die

besonderhede van vordering kan heg, vatbaar is vir eksepsie,

Sien Callender-Easby and Another v Grahamstown Municipality

and Others 1981(2) SA 810 (OK) op bl 813 A; Amalgamated Foot-

wear and Leather Industries v Jordan and Co Ltd 1948(2) SA

891 (K) op bl 893 en Kotsopoulos v Bilardi 1970(2) SA 391

(K) op bl 395 C-E.

Dit bring my dan by die inhoud van die Aanhangsel. As

'n mens by Bylae G begin, soos die appellante ons versoek, is

dit....

15 A

dit dadelik duidelik dat hierdie bylae nie alleen staan nie,

maar 'n bylae tot 'n ander dokument vorm, en dat dit voorafge-

gaan word deur Bylaes A tot en met F. Uit die lokfrase onder-

aan Bylae G kan 'n mens ook sien dat dit gevolg word deur By-

lae H. Bylae G vorm dus nie 'n dokument op sigself nie,

maar is een van 'n reeks. En wat die algemene aard van die

ander bladsye is, kan maklik afgelei word uit die aanhef tot

die waarborg, Bylae G, nl. "Aangesien (die krediteur) sekere kre-

dietfasiliteite toestaan aan Steenbokpan Voerders (Edms) Bpk

... verklaar....

16

... verklaar ons ... dat ons onsself verbind ..." Hieruit

is dit myns insiens 'n redelike afleiding dat Bylae G 'n borg-

kontrak is wat 'n deel vorm van 'n wyer transaksie waarin kre-

dietfasiliteite aan die maatskappy verleen word.

As 'n mens dan na die res van die bundel kyk, word die

prentjie nog helderder. Die inleidende bladsy bevat die

duidelike voorskrif: "Letwel. Die Bylaes hierby aangeheg

vorm 'n Eenheid". Dan, soos ek reeds opgemerk het, bevat

elke bladsy van die bundel 'n lokfrase om aan te dui wat op

die volgende bladsy voorkom. Wat inhoud betref, hang die

hele bundel ook saam. Dit is 'n aansoek om kredietfasili-

teite, met volle gegewens omtrent die finansiële posisie

van die aansoekdoener en omtrent die doel waarvoor hy die

fasiliteite

17

fasiliteite benodig. Die voorwaardes waarop die krediet-fasiliteite verleen word, word in detail uiteengesit. Onder die voorwaardes verskyn die volgende:

"Aansoeke om kredietfasiliteite vir ge-registréerde maatskappye sal alleenlik oorweeg word indien direkteure persoonlike waarborge verskaf."

Dat die vier appellante inderdaad die maatskappy se direkteure is , blyk reeds uit wat in Bylae A ingevul is. Dit sal die leser van die bundel dus nie verbaas om in Bylae G die appel-lante se borgskap teen te kom nie. Uit die geheel van die bundel is dit heeltemal duidelik dat die borgskap aangegaan is ter versekering van die maatskappy se skuld wat sou ont-staan indien die kredietfasiliteite toegestaan word.

Beide.....

18
Beide wat die bundel se fisiese voorkoms betref, en wat

sy inhoud betref, vorm dit dus na my mening 'n eenheid. Dat

'n "dokument" vir die doeleindes van art. 6 van Wet 50 van

1956 uit meer as een bladsy kan bestaan, spreek eintlik van-

self, en word gestaaf deur Sneech v Hill Kaplan Scott and

Partners 1981(3) SA 332 (A) op bl 338 G tot 339 A, 'n passasie

wat ek later aanhaal wanneer ek dáardie saak effens breed-

voeriger bespreek.

Dit bring my dan by die uitleg van die bundel om te be-

paal of die identiteit van die skuldeiser behoorlik daarin

aangedui word (met, indien nodig, die hulp van toelaatbare

getuienis). Ek het reeds daarop gewys dat die respondent

in die inleidende bladsy en in Bylae A aangewys word as die

koöperasie by wie aansoek om kredietfasiliteite gedoen word.

In...

19

In Bylae A stem die maatskappy egter toe dat die voorwaardes

van die aansoek van toepassing sou wees op enige bedrag wat

nou of in die toekoms deur hom verskuldig is aan Vleissentraal

(Koöperatief)Beperk, sekere ander genoemde koöperasies, waar-

onder die respondent, "of enige ander kooperasie wat met Vleis-

sentraal Kooperatief Bpk geaffilieer mag wees". Dit wil

dus voorkom dat die aansoek om kredietfasiliteite deur enige

van hierdie kooperasies aanvaar kon word, in welke geval die

borgskap, weens die vertolking wat ek hierbo daaraan gegee

het, ten gunste van daardie kooperasie sou geld. So 'n resul-

taat sou nie teenstrydig met die kontraktereg of met art. 6

van Wet 50 van 1956 wees nie - in beginsel kan daar geen be-

swaar wees dat 'n borgkontrak met 'n hele aantal verskillende

skuldeisers....

20

skuldeisers aangegaan word nie, solank dit op skrif gedoen

word. Sien Sapirstein se saak (supra) op bl 12 E tot H;

Federated Timbers (Pretoria) (Pty) Ltd v Fourie 19 78(1) SA

292 (T) op bl 296 H in fin.

In die onderhawige geval is die moontlikheid van meer-

dere skuldeisers egter bloot akademies. Volgens die beson-

derhede van vordering is die aansoek om kredietfasiliteite

by die respondent gemaak, en ook op of ongeveer 4 Augustus

1981 deur die respondent goedgekeur, en het daar dus 'n oor-

eenkoms tussen die respondent en die maatskappy tot stand

gekom. Daar kan na my mening nie getwyfel word dat, in die

lig van die feitebewerings in die pleitstukke en die bogemel-

de vertolking van die bundel, die borgkontrak aksessoor tot

hierdie....

21

hierdie kontrak is nie,

Ten slotte behandel ek die vereiste gestel in art. 6 van

Wet 50 van 1956 dat 'n borgkontrak deur of namens die borg

onderteken moet word. In die onderhawige geval, soos reeds

gemeld, het die vier borge onderaan Bylae G geteken. Hul

handtekeninge het dus onmiddellik na die bepalings van die

borgstelling gevolg. Die borgstelling op sy beurt het ge-

volg op, en 'n deel gevorm van, die bladsye wat die aansoek

om kredietfasiliteite (met bykomstige dokumente) daargestel

het. Hoewel Bylaes H en I ná die borgtog gekom het, is dit

nie nodig om hoegenaamd na hulle te verwys ten einde die

bepalinge van die aansoek of van die borgkontrak vas te

stel nie, soos ek reeds hierbo aangedui het. Vir praktiese

doeleindes....

22

doeleindes verskyn die borge se handtekeninge aan die einde van die relevante deel van die dokument en ek hoef dus geen mening uit te spreek oor wat die posisie sou gewees het as dit op 'n ander plek was nie. Soos dit gestel is in Gadd v Houghton and Another (1876) 1 Ex D 357 op bl 360:

"When the signature comes at the end you apply it to everything which occurs through-out the contract."

Hierdie passasie is meermale deur hierdie hof goedgekeur. Sien Steenkamp v Webster 1955(1) SA 524 (A) op bl 530H - 531A; Nelson v Hodgetts Timbers (East London) (Pty) Ltd 1973(3) SA 37 (A) op bl 45 E en Sneech v Hill Kaplan Scott and Partners (supra) op bl 339 D-E. Na my mening voldoen die dokument dus aan die voorskrifte van art. 6 deurdat dit die bepalings

van die borgkontrak bevat en behoorlik deur die

borge

23

borge onderteken is.
Ten slotte wil ek net kortliks stilstaan by die saak van Sneech v Hill Kaplan Scott and Partners (supra). In daardie saak was daar 'n dokument ("annexure A") wat oor drie bladsye gestrek het. Die grootste deel daarvan was 'n skuld-
bewys wat deur die appellant namens 'n maatskappy geteken is. Onder sy gemelde handtekening het die volgende verskyn:

"As surety and co-principal debtor (signed) S Sneech."

Hierdie woorde was die enigste aanduiding dat die dokument ook 'n borgkontrak bevat het.

In.......

24

In die uitspraak het CILLIE AR die volgende gesê:

"Annexure A will only comply with the re-quirements of s 6 of the Act if it is a written document, embodying the terms of a contract of suretyship and is-signed by the surety. The term 'document' was described by WESSELS J as follows in Seccombe and Others v Attorney-General and Others 1919 TPD 270 at 277: 'The word "document" is a very wide term and includes everything that contains the written or pictorial proof of something. It does not matter of what material it is made. If it contains in writing or cyphers proof of some facts it is a document, and the fact that a number of leaves happen to be bound together so as to take the appearance of a book cannot make any difference. If in fact it contains written proof of facts, it is a document.'

In the light of this description a common-sense evaluation of annexure A leaves no doubt that the three consecutive typewritten pages form a complete written document which

must

en;

25

must be considered in its entirety. There is no reason or justification for truncating it, making it two documents, one containing a signed acknowledgment of debt, and the other only a meaningless signature under meaningless words. It is a single document which embodies two different contracts." (bl 338G tot 339A)

"By signing his name at the foot of an-nexure A the appellant entered into a second contract, the particulars of which are to be found in the entire document. That contract identifies a surety, a principal debtor and a creditor; it con-tains particulars of the nature and amount of the debt in question and how it was to be liquidated. Those are the essential terms of a contract of suretyship. (See Sapirstein and Others v Anglo African Shipping Co (SA) Ltd 1978(4) SA 1 (A) at 12.) Annexure A therefore embodies the terms of a contract of suretyship, is signed by the surety and complies with the requirements of s 6 of the Act." (bl 339F-G)

Soos

26
Soos blyk uit die bogemelde bespreking het die feite in

Sneech se saak in 'n groot mate ooreengestem met dié in die

onderhawige geval.Ek vind dus ondersteuning daarin dat

die benadering van die hof in Sneech se saak dieselfde was

as dié wat ek hierbo toegepas het, en dat die gevolgtrekking

ook dieselfde was.

Weens die voorgaande meen ek dat die hof a quo tereg

die eksepsie van die hand gewys het.

Die appèl word afgewys met koste.

E M GROSSKOPF, AR

CORBETT AR

VILJOEN AR

VAN HEERDEN AR Stem saam.

VIVIER AR