South Africa: Supreme Court of Appeal

You are here:
SAFLII >>
Databases >>
South Africa: Supreme Court of Appeal >>
1987 >>
[1987] ZASCA 95
| Noteup
| LawCite
S v Scholtz (54/87) [1987] ZASCA 95; [1988] 3 All SA 532 (AD) (22 September 1987)
Download original files |
CECIL SCHOLTZ APPELLANT
en
DIE
STAAT RESPONDENT
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
APPeLAFDELING
In die saak
CECIL SCHOLTZ APPELLANT
en
DIE STAAT RESPONDENT
CORAM: HEFER, NESTADT ARR et STEYN wnde AR
DATUM VERHOOR: 4 SEPTEMBER 1987
DATUM GELEWER: 2 2 SEPTEMBER 198 7
UITSPRAAK
NESTADT, AR:
Die appellant is in die Kaap die Goeie
Hoop Provinsiale Afdeling op twee aanklagte van
verkragting/
2.
verkragting skuldig bevind. Ten opsigte van die een
is hy tot vyf jaar gevangenisstraf gevonnis. Op die
ander is hy ter dood veroordeel. Met verlof van die
Verhoorhof (NEL R}, kom hy nou in hoër beroep slegs
teen die doodvonnis hom opgelê.
'n Samevatting van die tersaaklike bewese
feite is die volgende. Appellant, 'n kleurling man, is
op 19 November 1964 gebore. Hy was dus ten tye van die
misdaad 21 jaar oud. Hy was ongetroud en werkloos. Hy
het st 3 op skool geslaag. Hy het twee vorige veroor-
delings gehad; een op 1 November 1983 vir aanranding
met 'n mes en een op 30 September 1985 vir diefstal. Ten
opsigte van e g is hy tot vyf houe met 'n ligte rottang
gevonnis; wat lg betref tot 'n boete van R50 of twee
maande/....
3.
maande gevangenisstraf plus 'n verdere vier maande ge-
vangenisstraf wat voorwaardelik opgeskort is . Op
Oktober 1985 het hy die eerste verkragting gepleeg. Dit
is onnodig om die besonderhede hiervan uiteen te sit.
Kort daarna is hy daarvoor gearresteer maar is toe op
borgtog vrygelaat. Op 25 November 1985 pleeg hy die
tweede verkragting. Om ongeveer 11:30 vm het die
klaagster op die stoep van haar ouers se huis te Paarl
gesit en studeer. Sy was 'n 19 jaar oue universiteit-
student wat die Verhoorhof as 'n fyngeboude en wel-
opgevoede, beskaafde jong dame beskryf het. Sy was
'n maagd. Sy was alleen by die huis. Appellant het
verby gestap en haar gesien. Hy het besluit om geslags-
gemeenskap met haar te hê. Om te verhoed dat sy hom
sien/...
4
sien nader kom het hy voorgegee dat hv verby die
huis loop. Hy het egter op 'n plek oor die erfmuur
gespring en haar van agter af genader. Hy het 'n mes
in sy hand gehad wat hy teen haar keel gedruk het. Sy
het opgespring. Hy het haar beveel om stil te bly.
Sy het groot geskrik. Sy was so geskok dat sy haar
broek natgemaak het. Sy het agteruit in die rigting
van die voordeur van die huis tot in die sitkamer beweeg
Hy het haar met die een hand vasgehou en in die ander
hand het hy die mes gehad. Hy sê toe vir haar dat sy
haar broek moet aftrek en dat as sy dit nie doen nie
hy haar sal "sny". Die volgende wat sy onthou is dat
hy haar toe op die vloer verkrag. Toe hy op haar
gelê het het hy haar gesoen (nadat hy aan haar gesê
het/...
5.
het dat sy hom moes soen en sy geweier het). Die mes
was nog steeds in sy hand maar hy het dit 'n entjie weg
gegooi nadat sy hom gevra het om dit te doen. In 'n
stadium het hy haar gesê sy moet aan sy geslagsoorgaan vat
maar sy het geweier. Toe lui die telefoon. Hy het opge-
spring en uit die huis weggehardloop. Nadat sy seker was
dat hy weg is, het sy die telefoon geantwoorc. Dit was haar
stiefpa. Sy het aan hom gesê dat hy onmiddellik huis toe
moes kom omdat sy verkrag is. Sy het gehuil. Toe hy daar, binne
minute aangekom het, het hy haar in die toilet gevind waar sy
haar toegesluit het. Sy was, in sy woorde, "heeltemal
histeries". Later is hulle na die polisiestasie en
die distriksgeneesheer toe. Die dokter was van mening
dat/...
6
dat penetrasie plaasgevind het. Appellant is daardie
aand cearresteer. Kort daarna het hy die misdaad erken
As gevolg van die voorval moet klaagster sielkundige
behandeling ontvang, hoofsaaklik vir vrees en ook, soos
sy dit gestel het, "my" sosiale lewe . . . die verhouding
met my vriend". Volgens haar stiefpa is sy "altyd
baie bang, vernaamlik in die nagte. Dan dink sy altyd
daar is iemand wat om die huis loop of daar is gevaar
Sy ly aan hewige depressie en sy bel dikwels haar ma
en dan huil sy op die telefoon en dan is haar ma ook
baie ontstig en omgekrap". Appellant, in sy getuienis,
nadat hy skuldig gepleit het) het beweer dat hy die
misdaad onder die invloed van dwelmmiddels gepleeg het
Die Verhoorhof het dit egter verwerp.
Dit/...
7
Dit dan die vernaamste feite waarop
die hof benede vonnis moes vel. In sy uitspraak in dié verband het NEL R, nadat hy bevind het dat berou aan die kant van appellant nie bewys is nie, oa die volgende gesê;
" By die oplegging van straf moet díe beskuldigde se persoonlike omstandighede in ag geneem word. Hy was relatief jonk, ongeveer 21 jaar oud, sy agtergrond kan nie as gelukkig beskryf word nie en hy het slegs standerd drie geslaag. Sy vorige veroordelings is nie ernstig van aard nie...
Daar moet ook in ag geneem word dat die klaagster fisies slegs lig beseer is en dat dit nie 'n langdurige aanval was nie. Aan die ander kant is daar ten opsigte van hierdie klagte verswarende faktore. Die verkragting was beplan voordat die beskuldigde díe klaagster genader het. Hy het haar met 'n oop mes genader en on-middellik daarmee gedreig. Dat sy
uiters/
8
uiters verskrik was, moes hy gesien het. Hy het haar gedreig dat hy sou
terugkom indien sy oor die voorval sou praat. Sy is 'n fyngeboude
en
welopgevoede en beskaafde student wat 'n maagd was. Hierdie eerste seksuele
ondervinding wat sy deur die verkragting opgedoen
het was vir die klaagster 'n
uiters trauma-tíese ondervinding. Dit het psigiese letsels gelaat wat nou
nog nie hers'tel het
nie. Sy is nog steeds beangs wanneer sy by haar
ouerhuís is en ly aan depressie Sy is nog steeds onder sielkundige
be-handeling.
Die verkragting was gepleeg gedurende die dag terwyl die klaagster
op haar ouerhuis se stoep gesit het, 'n plek waar 'n jong raeisie
veilig behoort
te voel. Die beskuldigde was nie net tevrede om haar te verkrag nie, maar wou
nog gehad het dat sy hom moes soen en
aan sy geslagsorgaan vat. Dit moes vir
haar 'n baie vernederende ondervinding gewees het.
'n Verdere omstandigheid
in hierdie klagte wat in ag geneem moet word is die feit
dat/
9
dat die beskuldigde relatief kort nadat hy op borg vrygelaat is ten opsigte van die eerste klagte, die tweede verkragting gepleeg het. Dit toon dat die beskuldigde geen respek vir die vroulike geslag en vir die gereg het nie.
Die vraag ontstaan nou, met inagneming van al die faktore, of 'n langtermyn ge-vangenisstraf met die moontlike rehabilita-sie van die beskuldigde 'n genoegsame straf vir sy daad is. Terwyl hy so 'n straf uitdien, sal die gemeenskap natuurlik ook teen hom beskerm wees. Ma my mening egter, en met inagneming van die faktore hierbo na verwys, sou dit nie 'n gepaste straf wees nie.Die verkragting het na my mening plaasgevind onder omstandighede wat ek as baie ernstig beskou. Nieteenstaande her-haalde en ernstige waarskuwings deur hier-die afdeling word hierdie tipe misdaad nog gereeld geplseg.
Onder die omstandighede word die beskul-digde op KLAGTE 2 TER DOOD VEROORDERL."
Wat beslis moet word is of die Verhoor-regter die diskresie wat ten opsigte van vonnis aan
hom/....
10.
hom toevertrou is, op 'n behoorlike wyse uitgeoefen het.
Slegs as dit nie gedoen is nie, is hierdie hof by magte
om met die vonnis in te gryp.
Die eerste grond waarop dit namens
appellant betoog is dat inmenging geregverdig is en dat
die doodvonnis met een van 'n lang tydperk van gevangenis-
straf vervang behoort te word, is dat 'n mistasting begaan
is. Dit is aangevoer dat daar gefouteer is deur die
feit dat appellant op borg was toe die tweede, ver-
kragting plaasgevind het, as verswarende faktor in
aanmerking te neem; aangesien hy toe nog nie veroordeel
en gevonnis was ten opsigte van die eerste aanklag nie, sou
hy nog nie die vergeldings effek van straf gevoel het
nie; elke aanklag van verkragting moes oo sy eie
meriete/...
11.
meriete en apart beoordeel aewees het. Ek verskil.
Die feit dat hy slegs ses weke tevore iemand anders
verkrag het is aanduidend van appellant se karakter
en gesindheid en dit is altyd van belang tydens vonnis-
oplegging (Du Toit, Straf in Suid-Af rika 87). In
S vs Radebe 1962(2) S A 380 (A) te 383 C - G het hierdie
hof die inagneming deur die Verhoorhof van 'n tersaaklike
vorige veroordeling ten opsigte van 'n misdaad wat gepleeg
is op dieselfde dag as dié waarvoor hy gevonnis is,
goedgekeur (kyk ook S vs Kok 1974(1) PH H(2)). Trouens,
veroordelings aan misdrywe gepleeg na die betrokke misdryf
kan strafverswarend op vonnis inwerk, (R vs Zonele and
Others 1959(3) S A 319(A) te 330-1). Die verhoorregter het
derhalwe geen mistasting in die opsig onder
bespreking/....
12
bespreking, of enige ander, begaan nie.
Wat oorbly is die vraag of die Ver-
hoorregter redelikerwyse die doodvonnis kon opgelê
het. Dit, eerder as die toets of dit die enigste ge-
paste straf of 'n uiterste geval is, is die deurslag-
gewende vraag. (S vs Pieters 1987(3) S A 717(A)).
Namens appellant is dit aan die hand gedosn dat dit
ontkennend beantwoord moet word. Dit is beklemtoon
dat die klaagster geen fisiese beserings opgedoen het
nie; dat omdat sy nog jonk is daar nie gesê kan word
dat daar permanente psigiese letsels oorgebly het nie;
dat dit nie 'n langdurige aanval was nie; dat die
getuienis aandui dat appellant nie arrogant was nie
maar inteendeel op sy senuwees was; en dat appellant
sy/....
13.
sy mes weggegooi het toe klaagster haar vrees daar-
voor uitgespresk het. Die feit dat appellant skuldig
gepleit het en dat hy relatief jonk was is ook ter
oorweging gegee. En laastens is dit aangevoer dat die
moontlikheid van rehabilitasie nie genoegsaam in ag
geneem is nie.
Gewig moet verleen word aan hierdie fak-
tore. Aan die ander kant egter het hierdie verkragting
plaasgevind in omstandighede wat die Verhoorhof tereg as
ernstig beskou het. Tydens die pleging van die misdaad
moes die klaagster se angs al te duidelik vir die
appellant gewees het; alhoewel hy blykbaar op die
ingewing van die oomblik besluit het om haar te verkrag
het sy optrede 'n mate van geslepenheid en beplanning
getoon/...
14
getoon (deurdat hy voorgegee het dat hy verby haar huis
loop en haar toe met 'n ompad bekruip her); en 'n mes
is gebruik in die aanval. Uiteraard moes die vcorval 'n
baie vernederende en ontstellende ervaring vir klaagster
gewees het. Die sielkundige gevolge wat die verkragting
vir haar gehad het, het nog steeds geduur ten tye van
die verhoor; en dit was nege maande na die voorval. Maar
bowenal is die omstandigheid dat die misdaad in klaagster
se huis plaasgevind het. Dit behoort, soos wat NEL R
in wese bevind het, 'n heilige plek te wees.
ïn S vs Pieters, supra, te 734 I - 735 A
word verwys na ernstige gevalle van verkragting waar
dit onmoontlik is om kategories te konstateer dat die
doodstraf, in teenstelling met 'n lang termyn van gevangenis
straf, die gepaste vonnis is - ware grensgevalle dus
waar/....
15
waar daar ruimte is vir geldige meningsverskille en
waar 'n diskresie redelikerwyse uitgeoefen kan word
na die een of na die ander kant toe. Na my mening is
die huidige saak so 'n geval.'n Lang termyn van ge-
vangenisstraf sou 'n redelike straf gewees het. Maar
inaggenome al die omstandighede was die doodvonnis ook
'n straf wat redelikerwyse kon opgelê gewees het.
Daar was goeie redes vir albei. NEL R, ongeag die
moontlike rehabilitasie van appellant, het besluit dat
die gepaste straf die doodvonnis was. Dit is hoe hy
sy diskresie uitgeoefen het. Dit kan nie gesê word
dat hy die perke van redelikheid oorskry het nie.
Sy diskresie is dus behoorlik uitgeoefen. Bygevolg
kan/....
kan daar nie ingegryp word nie.
Die appèl word afgewys
H H NESTADT, AR
HEFER, AR )
) STEM SAAM
) STEYN, Wnde AR )