South Africa: Supreme Court of Appeal Support SAFLII

You are here:  SAFLII >> Databases >> South Africa: Supreme Court of Appeal >> 1987 >> [1987] ZASCA 96

| Noteup | LawCite

S v Kock and Another (596/86) [1987] ZASCA 96 (22 September 1987)

Download original files

PDF format

RTF format


/MC Saak nr 569/86

JOHN KOCK Eerste Appellant

BENJAMIN PENNELS Tweede Appellant

en

DIE STAAT Respondent

VIVIER AR.
/MC Saak nr 569/86

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (APPeLAFDELING)

In die saak tussen

JOHN KOCK Eerste Appellant
BENJAMIN PENNELS Tweede Appellant
- en -
DIE STAAT Respondent

CORAM: RABIE VJn HR et BOTHA, VIVIER ARR. VERHOORDATUM: 11 SEPTEMBER 1987. LEWERINGSDATUM: 22 SEPTEMBER 1987.

UITSPRAAK / ...

UITSPRAAK

VIVIER AR:-

Die twee appellante, na wie ek hierna as

beskuldigdes 1 en 4 onderskeidelik verwys, het saam

met twee ander, na wie ek as beskuldigdes 2 en 3

onderskeidelik sal verwys, in die Kaapse Provinsiale

Afdeling voor LATEGAN R en twee assessore tereggestaan

op vyf aanklagte: een van moord, een van verkragting,

een van roof met verswarende omstandighede en twee van

huisbraak met die opset om 'n aan die aanklaer onbekende

misdryf te pleeg waarby verswarende omstandighede

aanwesig was. Beskuldigdes 2 en 3 is op al die

aanklagte onskuldig bevind. Op die moordaanklag is

slegs /...

3.
slegs beskuldigde 1 skuldig bevind maar op die aanklag van verkragting, dié van roof en een aanklag van huis= braak is beide beskuldigdes 1 en 4 skuldig bevind. Geen versagtende omstandighede is ten opsigte van die moordaanklag gevind nie en beskuldigde 1 is op hierdie aanklag ter dood veroordeel. Op díe aanklag van verkragting is beide beskuldigdes 1 en 4 die doodstraf opgelê. Beskuldigdes 1 en 4 is elkeen tot 10 jaar gevangenisstraf weens die roof en tot 10 jaar gevange= nisstraf weens die huisbraak gevonnis. Met verlof van die Verhoorregter appelleer beskuldigdes 1 en 4 teen die doodvonnis wat hul op die aanklag van ver= kragting opgelê is. Met verlof van hierdie Hof appelleer

beskuldigde /...

4.

beskuldigde 1 ook teen sy skuldigbevinding op die

moordaanklag.

Die saak spruit uit 'n aanval deur 'n bende

op die huis van Patrick Van Sensie in Steenberg,

Kaapstad,gedurende die nag van 26 Julie 1985. In die

loop van die aanval is Van Sensie se swaer, Mogamat

Allie Isaacs, met 'n panga doodgekap, Van Sensie se

vrou, Felicity, verkrag, die huis geplunder en Van

Sensie van goedere ter waarde vah R1480-00 beroof.

Die droewige geheure van die nag het begin toe

die aanvallers op een of ander wyse toegang verkry het

tot die buitekamer waarin die oorledene gewoon

het. Dié kamer het 'n buitedeur

maar / ...

5.

maar geen verbindingsdeur met die res van die húis nie.

Volgens die onbetwiste getuienis van Van Sensie en

Felicity, is hulle kort na drie-uur die nag gewek

deur 'n geraas vanuit die oorledene se kamer wat langsaan

hulle slaapkamer is. Van Sensie het dit as dowwe

kapgeluide beskryf. Hy het ook ander geluide uit

die oorledene se kamer gehoor soos laaie wat uitgeruk

word. Hy het na die oorledene geroep maar geen antwoord

gekry nie. Kort daarna het hy gehoor dat die kombuisdeur,

wat die enigste deur is wat toegang tot sy gedeelte van

die huis verleen, sowel as die kombuisvenster stukkend

gekap word. In 'n poging om die aanvallers buite te

hou, het Van Sensie 'n swaar kombuiskas voor die deur

geskuif /....

6.

geskuif, R30-00 deur die stukkende kombuisvenster aan

hulle gegee en gepleit dat hulle hom met rus moes laat

Dit was tevergeefs. Die ruite van die twee sitkamer=

vensters is daarna gebreek en die gordyne aan die brand

gesteek, met die dreigement om die huis af te brand as

Van Sensie nie die deur oopmaak nie.

Van Sensie het die kombuisdeur van sy huis

oopgemaak en twee van die aanvallers het ingekom.

Dit was beskuldigdes 1 en 4. Beskuldigde 1 was met 'n

panga gewapen en het bloedspatsels voor op sy broek

gehad. Volgens Van Sensie het beskuldigde 1 herhaal=

delik aan hom gesê: "ek is die bose gees" en het hy op

aanmatigende wyse opgetree "asof hy nou alles

oorgevat / ...

7.

oorgevat het daar by my huis". Beskuldigdes 1 en 4

het begin om die huis te deursoek vir geld en Van

Sensie se besittings by die huis uit te dra. Volgens

Van Sensie het die bende uit vier lede bestaan. Daar

was 'n derde man in die huis en een het buite gebly,

maar hy kon hierdie twee nie identifiseer nie.

Nadat Van Sensie van sy besittings beroof is,

het beskuldigde. 1 op brutale wyse te kenne gegee dat

hy gemeenskap met Felicity wou hê. Sy was op daardie

stadium 6 maande swanger en haar swangerskap was

duidelik sigbaar. Toe sy weier, het beskuldigde 1

gedreig dat hy haar man sou doodmaak as sy nie toestem

nie / . . .
8
nie. Toe Van Sensie by hom pleit om sy vrou te

los omdat sy swanger was, het hy gesi: "Wat maak

dit saak?" en Felicity na buite geneem. Buite die

huis het eers beskuldigde 1 en daarna die ander lede

van die bende haar verkrag, terwyl beskúldigde 4 in

die slaapkamer met 'n panga in sy hand wag gestaan het

by Van Sensie, sy twee kinders en sy suster se kind.

met die klaarblyklike doel om te verhoed dat hulle

hulp verleen aan Felicity of hulp ontbied. Na 'n ruk

het die ander vir beskuldigde 4 geroep en hy is ook

na buite waar hy, volgens Felicity, die laaste man was

wat haar verkrag het. Nadat hy klaar was, het

beskuldigde 1 haar beveel om in die huis te gaan,

wat / ....

9.

wat sy gedoen het.

Volgens Van Sensie het hy die oorledene

hoor kreun net voor Felicity teruggekom het, en sy

het getuig dat toe sy in hul slaapkamer kom, sy

"geslanery" gehoor het vanuit die oorledene se

slaapkamer. Na ongeveer 10 minute het Van Sensie

na die oorledene se sláapkamer gegaan, waar hy hom

dood aangetref het. Volgens die na-doodse ondersoek

het die oorledene as gevolg van veelvuldige beserings

beswyk. Daar was nege diep snywonde aan sy kop

waarvan vyf die brein binnegedring het. Die wonde

aan die kop het gewissel van 4 cm tot 10 cm in lengte,

wat volgens die mediese getuienis daarop dui dat dit

met / . . .

10.

met 'n panga veroorsaak is. Daarbenewens was daar

sewe snywonde voor op die bors van die oorledene. en

twee van sy ribbes was gebreek.

Ek behandel eers beskuldigde 1 se appèl

teen sy skuldigbevinding aan moord. Ek het reeds

na die omstandigheidsgetuienis teen hom verwys. Hy

het nie self getuig of enige getuienis aangebied nie.

Die oorledene is doodgemaak in die loop van 'n aanval

op Van Sensie se huis deur 'n bende bestaande uit

beskuldigdes 1 en 4 en nog twee of moontlik drie persone

Die getuienis van Van Sensie en Felicity toon onteen=

seglik dat beskuldigde 1 as die leier opgetree het

vanaf die stadium toe die bende toegang tot die kombuis

verkry het. Hy het eerste by die kombuis ingekom,

hy / ...

11.

hy het Van Sensie se besittings uitgedra, die

inwoners geterroriseer, Felicity uit die huis geneem,

haar eerste verkrag en haar beveel om terug te gaan

nadat die laaste een haar verkrag het. Toe Van Sensie

die R30-00 deur die venster aangegee het, was beskuldigde

1 die man wat dit geneem het.

Hieruit is die afleiding geregverdig.

meen ek, dat in die onmiddellik voorafgaande gebeure,

toe die oorledene aangeval is deur dieselfde bende,

beskuldigde 1 ook daar die leidende rol gespeel het

Hierdie afleiding word versterk deur die feit dat

beskuldigde 1 'n paar minute na die aanranding op die

oorledene, in die kombuis verskyn met 'n panga in die

hand / ...

12.

hand en bloedspatsels op sy broek, waarvoor hy geen

verduideliking gee nie. Die afleiding dat beskuldigde

1 as die leier opgetree het, kan ook gemaak word t o v

die "geslanery" wat Felicity na die tyd gehoor het.

As daarby in aanmerking geneem word die aard en aantal

wonde wat die oorledene toegedien is, meen ek dat

beskuldigde 1 tereg aan moord skuldig bevind is.

Dit bring my by beskuldigdes 1 en 4 se

appèl teen die doodvonnis wat hulle weens verkragting

opgelê is. Beskuldigde 1 is as dader en beskuldigde

4 as medepligtige skuldig bevind. Die Verhoorhof

het bevind dat Felicity se uitkenning van beskuldigde

4 as die laaste persoon wat haar verkrag het, nie

betroubaar / ...

13.

betroubaar genoeg is nie. Hy is gevolglik slegs as

medepligtige aan verkragting skuldig deurdat hy

bewustelik aan die ander hulp verleen het ten einde

die pleging van die misdaad deur laasgenoemdes te

bevorder.

Die doodvonnis is in die uitoefening van

die Verhoorregter se statutere diskresie opgelê,

en hierdie Hof se bevoegdheid om in te gryp,

is beperk tot gevalle van onreëlmatigheid, wanvoor=

ligting of onredelikheid (S v Buthelezi 1985(2) SA

806{A) op 811 H en S v S 1987(2) SA 307(A) op

311 H). Die grondbeginsel van die verskillende

formulerings wat deur hierdie Hof van tyd tot tyd

aangewend/...

14.

aangewend is om te bepaal of ingryping geregverdig

is, is dat hierdie Hof alleen ingryp indien hy oortuig

is dat die Verhoorregter sy diskresie op 'n onbehoorlike

of onredelike wyse uitgeoefen het. Sien die meerder=

heidsuitspraak van BOTHA AR in S v Pieters 1987(3) SA

717 (A) op 728 B-C.

Namens beskuldigde 1 is betoog dat die Verhoor=

regter fouteer het deurdat hy die geweldpleging, wat 'n

element van die misdade van huisbraak en roof was, ook

in aanmerking geneem het by vonnisoplegging vir ver=

kragting. Die passasie uit die Verhoorregter se

uitspraak waarna in hierdie verband verwys is, steun

nie die betoog nie. Daarin word wel verwys na die

geweldpleging / ....

15.

geweldpleging by die inbraak en die roof, sonder om

dit hoegenaamd in verband te bring met die verkragting

Wat wel ten opsigte van die verkragting beklemtoon

word, is dat die klaagster uit die beskutting van haar

huis geneem en verkrag is. Dit is sonder twyfel 'n

verswarende faktor by die verkragting.

Daar is voorts namens beskuldigdes 1 en 4

betoog dat die Verhoorregter die erns van die verkragting

oorbeklemtoon het. In hierdie verband is gesteun op

die feit dat daar nie onnodige geweld gebruik is nie,

dat die klaagster geen fisiese beserings opgedoen het

nie en dat sy waarskynlik volkome sal herstel van die

sielkundige gevolge van die verkragting. Die klaagster

was / . . .

16.

was ten tyde van die gebeure 26 jaar oud. Sy was

reeds 9 jaar getroud, het twee kinders gehad en was

6 maande swanger. Dat sy nie fisies beseer en die

ongebore vrug nie beskadig is nie, is te danke

daaraan dat sy geen weerstand gebied het nie.

Volgens die getuienis van die psigiater, prof Nash,

is die klaagster sielkundig ernstig geknou deur die

verkragting. Prof Nash het getuig dat sy 'n kroniese

toestand van vrees en onveiligheid ervaar sodat sy

nooit alleen wil wees nie. Dit blyk uit die feit dat

die klaagster en haar man onmiddellik na die gebeure

weggetrek het uit hulle huis en by haar moeder gaan

woon het. Haar huweliksverhouding is geraak deurdat

sy / ...

17.

sy haar libido verloor het. Prof Nash was van

mening dat die klaagster méttertyd volkome sou

herstel, maar was nie bereid om te si hoe lank dit

sou neem nie. Daar is namens beskuldigde 1 betoog

dat die Verhoorregter fouteer het toe hy in sy

uitspraak oor vonnis gesi het dat daar "baie diep

wonde in haar siel geslaan is wat 'n baie lang tyd

sal neem om te genees". Na my mening, egter, is

hierdie woorde 'n juiste opsomming van prof Nash se

getuienis. Onder al die omstandighede van die saak

kan, na my mening, nie gesi word dat die Verhoorregter

die erns van die verkragting oorbeklemtoon het nie.

Daar / ...

18.

Daar is voorts namens beskuldigdes 1 en 4

betoog dat die Verhoorregter fouteer het deur nie

oorweging te skenk aan die oplegging van 'n lang termyn

van gevangenisstraf as 'n moontlike alternatiewe vonnis

nie. Die Verhoorregter behandel nie uitdruklik

hierdie aspek nie, maar dit beteken nie dat hy nie die

moontlike altecnatiewe vonnis van gevangenisstraf

oorweeg het nie. Die Verhoorregter het tot die

slotsom gekom dat, inaggenome die erns van die misdaad

en al die feite en omstandighede van die saak, die

doodvonnis die gepaste vonnis is. Dit spreek vanself

dat hy om dieselfde redes besluit het dat 'n lang

termyn van gevangenisstraf nie die gepaste straf is nie

(vgl / ...

19
(vgl S v Pieters ,supra, op 728 D-I en S v Mooi 1985(1) SA 625(A) op 631 A-B). Dit is duidelik dat die hervormingsmoontlikhede van beide beskuldigde 1, met agt vorige veroordelings en beskuldigde 4, met nege vorige veroordelings, skraal is.
Namens beskuldigde 4 is betoog dat hy 'n mindere rol gespeel het by die verkragting as beskul= digde 1 en dat hy gevolglik minder verwytbaar is. Na my mening was nòg sy rol, nòg sy verwytbaarheid minder as dié van beskuldigde 1. Indien beskuldigde 4 nie met 'n panga in die hand waggestaan het oor Van Sensie en die ander nie, sou hulle heel waarskynlik alarm gemaak of hulp ontbied het. Beskuldigde 4 se optrede

het / ...

20.

het daartoe gelei dat die klaagster deur beskuldigde

1 en die ander lede van die bende verkrag is. Onder

hierdie omstandighede kan beskuldigde 4 se rol nie as

kleiner aangemerk word as dié van die daders nie.

Verder toon die feite van die saak dat hy hom ten

volle vereenselwig het met die pleging van die

verkragting deur die ander, sodat nie gesê kan word

dat sy morele verwytbaarheid minder is nie.

Ek is gevolglik van mening dat hierdie Hof

nie kan bevind dat die Verhoorregter met die oplegging

van vonnis vir die verkragting sy diskresie op onbe=

hoorlike of onredelike wyse uitgeoefen het nie.

Die appelle van beide beskuldigdes 1 en 4

word afgewys.

W. VIVIER AR.

RABIE Wn HR ) Stem saam BOTHA AR )