South Africa: Supreme Court of Appeal Support SAFLII

You are here:  SAFLII >> Databases >> South Africa: Supreme Court of Appeal >> 1987 >> [1987] ZASCA 97

| Noteup | LawCite

S v Tsotetsi and Another (99/87) [1987] ZASCA 97 (24 September 1987)

Download original files

PDF format

RTF format


DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA APPeLAFDELÍNG

In die saak tussen

DAVID TSOTETSI APPELLANT NO 1

THOMAS KHONZANI APPELLANT NO 2

en

DIE STAAT RESPONDENT

CORAM: VILJOEN, HEFER et JACOBS ARR. AANGEHOOR : 21 SEPTEMBER 19 87. GELEWER : 24 SEP.TEMBER 19 87.

UITSPRAAK

HEFER AR :

Gedurende die tweede helfte van 1984 is swart

woondorpe 2

2.

woondorpe, soos Kathlehong aan die Oos-Rand, deur onluste

geteister. Voorvalle waarin motorvoertuie deur onlus-

makers met klippe bestook en aan die brand gesteek is,

was volop. So 'n voorval het op 4 Oktober plaasgevind

toe 'n groep van ongeveer vyftien jeugdiges die motor van

'n verpleegster, wat sy kort vantevore vir veiligheid by

'n vriendin se huis in Kathlehong geparkeer het, met klip-

pe verniel en gedeeltelik verbrand het. Die twee appel-

lante was lede van die groep. Hulle is op heterdaad be-

trap en in 'n nabygeleë huis gearresteer waarheen hulle ge-

vlug het toe die polisie op die toneel verskyn het. Die

gevolg was dat hulle in 'n Streekhof skuldig bevind is aan

openbare geweld en albei gevonnis is tot ses jaar gevange-

nisstraf 3

3.

nisstraf waarvan een jaar voorwaardelik opgeskort is. Na-

dat hulle onsuksesvol geappelleer het na die Transvaalse

Provinsiale Afdeling kom hulle nou in hoër beroep teen

die vonnis.

Appellante se advokaat het geen mistasting

aan die kant van die landdros by die oplegging van von-nis aan ons uitgewys nie. Sy betoog was eenvoudig dat die vonnis, in die omstandighede waaronder die oortreding gepleeg is, buitensporig swaar is. Ten einde ons te oor-reed dat dit die geval is, het hy gewys op die appellante se persoonlike omstandighede en aangevoer dat dit nie in belang van die gemeenskap is dat hulle vyf jaar in die ge-vangenis moet deurbring nie. Dit is aan ons voorgehou

dat 4

4.

dat hulle by hulle ontslag heel waarskynlik nie werk sal

vind nie en 'n ekonomiese las vir die samelewing sal wees

en hulle boonop waarskynlik tot ander misdade sal wend ten

einde aan die lewe te bly. Beide appellante was twintig

jaar oud ten tyde van die misdaad. Hulle relatiewe jeug-

digheid is as 'n verdere versagtende faktor bestempel. Eer-

ste appellant was destyds 'n skolier. Hy het aan die ver-

hoorhof te kenne gegee dat hy graag sy studies sou wou

voortsit. Dit is nog 'n rede, so is betoog, waarom hy 'n

betreklike ligte vonnis verdien het.

Hierdie betoog is nie geheel sonder meriete

nie. Nogtans regverdig dit, myns insiens, nie inmenging

met die vonnis nie. Uit die aard van die saak het appel-

lante....5

5.

lante se advokaat die faktore wat in hulle guns tel be-

klemtoon maar min aandag gegee aan die faktore wat teen

hulle tel. Die misdaad waaraan hulle skuldig bevind is,

is ernstig. Openbare geweldpleging, deur wie ookal ge-

pleeg, kan nooit gering geskat word nie. Die eiendoms-

verlies wat gewoonlik daarmee gepaard gaan en die lewens-

verlies wat dit soms tot gevolg het, is welbekend. In

die onderhawige geval is die omvang van die insident waar-

by die appellante betrokke was, aansienlik beperk deur

die tydige tussenkoms van die polisie maar dit het nogtans

tot gevolg gehad dat 'n onskuldige wetsgehoorsame inwoner

van die gebied wat met haar dagtaak besig was, ongeveer

R6 000 skade berokken is. Boonop was dit, soos reeds

aangedui 6

6.

aangedui, nie 'n geïsoleerde insident nie. Die feit dat dit tydens 'n toestand van onlus plaasgevind het waarin die gemeenskap as geheel ontsaglike skade gely het, kan nie buite rekening gelaat word nie. Natuurlik kan die appel-lante nie gestraf word vir enigiets meer as dit waaraan hulle self aandadig was nie, maar die belange van die ge-meenskap is een van die oorwegings by straftoemeting en dit kom sterk na vore in 'n geval soos hierdie. Die ge-meenskap is geregtig op beskerming en, vir sover die howe betrokke is by die verlening daarvan, kan dit nie g.eskied deur die oplê van ligte vonnisse nie.

Dit is waar dat die appellante betreklik jonk was toe die misdryf gepleeg is maar hulle was nie meer

kinders 7

7

kinders nie en daar is in elk geval geen aanduiding in

die getuienis dat hulle uit jeugdige voortvarendheid of

weens intellektuele onrypheid deelgeneem het aan die on-

luste nie. Wat hulle werklike beweegredes was, is onbe-

kend. By die verhoor het hulle verkies om deur die leuen-

agtige ontkenning van betrokkenheid hulle aandadigheid te

probeer verbloem instede van die hof in te lig oordie

redes daarvoor.

Eerste appellant se ipse dixit aan die verhoor-

hof dat hy 'n skolier was en graag sy studies wou voortsit

dra ook nie veel gewig nie. Dit blyk nie uit die oorkon-

de nie maar sy advokaat het ons meegedeel dat eerste ap-

pellant (volgens sy inligting) in matriek was en daar is

geen.....8
8
geen rede waarvan ek bewus is, of wat sy advokaat kon aan-

voer, waarom hy nie sy studies later of selfs in die ge-

vangenis kan voortsit indien dit by hom erns is nie.

Dat die appellante 'n stewige vonnis opgelê is,

is ongetwyfeld so. Met die voorafgaande opmerkings in

gedagte, meen ek egter nie dat daar so 'n wanverhouding is

tussen die vonnis wat hierdie Hof sou oplê en die vonnis

wat deur die landdros opgelê is, dat inmenging met laas-

genoemde geregverdig is nie

Die appèl word afgewys

J J F HEFER AR.

VILJOEN AR )

STEM SAAM. JACOBS AR )