South Africa: Supreme Court of Appeal Support SAFLII

You are here:  SAFLII >> Databases >> South Africa: Supreme Court of Appeal >> 1988 >> [1988] ZASCA 168

| Noteup | LawCite

S v Isaacs (333/86) [1988] ZASCA 168 (30 November 1988)

Download original files

PDF format

RTF format


HANS ISAACS / DIE STAAT SMALBERGER, AR :-

333/86
N v H

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (APPéLAFDELING) In die saak tussen
HANS ISAACS Appellant
en
DIE STAAT Respondent
CORAM: VAN HEERDEN, HEFER, et SMALBERGER, ARR

VERHOORDATUM: 25 NOVEMBER 1988 LEWERINGSDATUM: 30 NOVEMBER 1988

REDES VIR UITSPRAAK

SMALBERGER, AR :-

Die appellant het sonder welslae appél aangeteken na die Provinsiale Afdeling Kaap die Goeie Hoop teen sy skuldighevinding in 'n landdroshof aan handeldryf in 'n verbode afhanklikheidsvormende medisyne

/2

2 (Mandrax bevattende metakaloon) synde 'n oortreding van artikel 2(a) van Wet 41 van 1971. Verlof tot appél na hierdie Hof is toegestaan. Die appellant se betoogshoofde is nie betyds ingedien nie. Op 25 November 1988 is sy aansoek om kondonasie weens dié versuim van die hand gewys vanwee die afwesigheid van redelike vooruitsigte van sukses op appél. Die redes vir dié beslissing volg.

Die appellant is tesame met sekere mede-beskuldigdes aangekla. Hy self was beskuldigde 1 by die verhoor. Die tersaaklike, aanvaarbare feite kom op die volgende neer. By wyse van 'n polisielokval is probeer om verkopers van Mandrax tablette (Mandrax) vas te trek. Verskeie pogings is aangewend om Mandrax te bekom. Uiteindelik is die polisiemanne wat by die lokval betrokke was na 'n huis te Bestenbierlaan 28, Elsiesrivier, om daar Mandrax te probeer koop. Hulle

/3

3 is vergesel van die voormalige beskuldigdes 2 en 4, en ene Esterhuyse. Laasgenoemde drie wis nie dat die voornemende kopers polisiemanne is nie. Daar aangekom, is Esterhuyse na die hoe muur om die eiendom waar hy die naam "Boesman" uitgeroep het. Iemand gee toe antwoord van oorkant die muur. Niemand kon sien wie die persoon is nie. Daar word toe by hom 'n bestelling vir Mandrax geplaas. Ongeveer tien minute later word 'n pakkie bevattende Mandrax oor die muur aan beskuldigde 2 oorhandig. Die tablette in die pakkie is getel - daar was altesaam 485. Eers toe openbaar die polisiemanne hulle identiteit, tot die groot verbasing en ontstelLenis van beskuldigdes 2 en 4 en Esterhuyse.

Die betrokke perseel is toe binnegegaan. Daar was niemand in die huis nie. Die enigste persoon op die perseel was die appellant. Hy is in die

/4

4 agterplaas aangetref. Dit is gemene saak dat hy bekend staan as Boesman. Hy het alle kennis van enige Mandrax ontken.
Die omstandigheidsgetuienis teen die appellant is oorweldigend. Hy was die enigste persoon wat op die perseel gevind is. Hy erken dat hy gehoor het dat daar van oorkant die muur na "Boesman" geroep is. Ofskoon, volgens die appellant, die perseel ook deur ander persone bewoon is, o a die huisbaas, ene Petersen, was hy die enigste persoon wat Boesman geheet het. Onder kruisverhoor het hy erken dat hy na die muur gegaan het en daar met Esterhuyse gepraat het. Mnr du Toit, wat namens die appellant verskyn het, het (heeltemal tereg) toegegee dat die Mandrax bestelling by die appellant geplaas moes gewees het. Die afleiding is dan feitlik onafwendbaar dat hy ook die verskaffer van die tablette was. Mnr du Toit het

/5

5 egter betoog dat die redelike moontlikheid bestaan dat iemand anders die eintlike verskaffer was, en dat die appellant poog om die werklike skuldige te beskerm. Hierdie betoog berus egter bloot op spekulasie. Die appellant het self nooit beweer dat hy as tussenganger of boodskapper vir iemand anders opgetree het nie. Ook is dit in die onderhawige omstandighede onwaarskynlik dat hy iemand anders ten koste van sy eie onskuld sou beskerm.

Gevolglik is die enigste redelike afleiding wat die fêite regverdig dat die appellant die persoon is wat die Mandrax verskaf het, en sodoende wetens daarin handel gedryf het.

J W SMALBERGER APPéLREGTER

Ek stem saam

H J 0 VAN HEERDEN APPéLREGTER

Ek stem saam: J J F HEFER APPéLREGTER