South Africa: Supreme Court of Appeal Support SAFLII

You are here:  SAFLII >> Databases >> South Africa: Supreme Court of Appeal >> 1990 >> [1990] ZASCA 129

| Noteup | LawCite

S v Mouton (129/90) [1990] ZASCA 129 (9 November 1990)

Download original files

PDF format

RTF format


SAAK NO 129/90 CCC

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (APPeLAFDELING)

In die saak tussen:

SALMON MOUTON APPELLANT
en
DIE STAAT RESPONDENT
CORAM NESTADT, EKSTEEN et GOLDSTONE ARR
DATUM VERHOOR: 2 NOVEMBER 1990
DATEM GELEWER: 9 NOVEMBER 1990

UITSPRAAK NESTADT, AR:

Appellant appelleer teen die doodvonnis wat hom weens moord opgelê is.

2/
2.

Sy skuldigbevinding spruit voort uit 'n voorval wat op die namiddag van Saterdag 22 Oktober 1988 in die Clanwilliam distrik gebeur het. Op dié dag het appellant na oorledene se huis gegaan. Sy was 'n 21-jarige kleurling vrou. Daar was voorheen 'n verhouding tussen hulle gewees. Hy het haar gevra om saam met hom te stap. Sy het ingestem. Hulle het na die rivier geloop. Op pad het appellant 'n 11-ï&rige kind wat hulle agtervolg het ernstig aangerand. Hy wou van haar ontslae raak. Appellant en oorledene het toe verder alleen aangestap. Hy wou gemeenskap met haar gehad het. Sy het geweier. Hy het haar toe verkrag. Dit was nadat hy haar klere geskeur het. Hy het haar ook aangerand. Benewens haar te skop en te trap, het hy haar met 'n stok wat hy daar opgetel het verskeie kere geslaan. Lg houe het uitgebreide hoofbeserings veroorsaak, naamlik, skedelfraktuur, sub-durale bloeding en skeuring van die brein. Dit was die hoofoorsaak van oorledene se dood. 'n

3/

3. Bydraende oorsaak was 'n perforasie van oorlede se vagina en rektum. Diê besering is veroorsaak deur 'n stuk hout wat appellant in oorledene se privaatdele gesteek het nadat hy haar met die stok aangerand het.
Appellant se verhoor het voor VAN DEN HEEVER R en assesore in 'n Rondgaande Strafsitting van die Kaapse Provinsiale Afdeling geskied. Benewens die moord aanklag is hy cok daarvan beskuldig dat hy gepoog het om die kind te vermoor en dat hy oorledene verkrag het. Hy het op al drie aanklagtes skuldig gepleit. Ten opsigte van die poging tot moord is hy tot 2 jaar gevangenisstraf gevonnis. Ten opsigste van die verkragting is 'n vonnis van 7 jaar gevangenisstraf hom opgelê. Dit is gelas dat hulle nie samelopend is nie. Die doodvonnis is gevel as 'n gevolg van 'n meerderheidsbeslissing dat alhoewel daar versagstende omstandighede was wat appellant beïnvloed het, hulle onvoldoende was om sy morele verwytbaarheid te verminder.

4/

4. Sedert appellant se verhoor het Wet 107 van 1990 inwerking getree. Ons is bygevolg geroepe om te beslis of die doodvonnis, in ag genome die aan- of afwesigheid van enige strafversagtende of -verswarende faktore, na ons mening die enigste gepaste vonnis is. Wat hier verswarend is, is die wyse waarop die misdaad gepleeg is. Hierdie was
'n langdurige en wreedaardige aanval op oorledene. Hy het genadeloos teenoor haar opgetree. Volgens die distriks-geneesheer wat 'n nadoodse ondersoek op oorledene uitgevoer het, moes daar 'n aansienlike mate van geweld gewees het. Trouens, erken appellant in sy getuienis dat hy haar hard geslaan het. Hy erken ook dat hy haar "baie geslaan het ... aanhoudend geslaan" het. Toe sy nakend van hom weggehardloop het, het hy haar gejaag en die aanranding voortgesit. In 'n stadium het sy geval. Sy kon nie opstaan nie en het appellant gevra om haar te help. Onder kruisondervraging is appellant gevra wat sy reaksie daarop

5/

5. was. Sy antwoord lees: "Toe slaan ek haar met die stok nog twee houe oor die kop". Alhoewel dit in wese die bevinding van die verhoorhoof was dat die oorledene slegs met dolus eventualis gedood is, erken appellant dat hy op die ou end die stuk hout in oorledene ingedruk het om seker te maak dat sy dood is. Daarna het hy sommer van die toneel weggedraf sonder om na haar om te sien. Appellant het ook een tersaaklike vorige veroordeling, naamlik, aanranding met die opset om ernstig te beseer. Dit was in November 1984. Hy is tot 7 houe gevonnis.

Aan die ander kant egter, en soos alreeds aangedui, bestaan daar wel versagtende faktore. Hulle is die volgende:

(i) Appellant was tydens die pleging van die misdaad slegs 20 jaar oud. Dit blyk ook dat hy 'n

relatiewe onsofistikeerde persoon was. Hy was 'n

plaasarbeider wat net std 3 op skool bereik het.

6/
6.

( ii) Alhoewel dit moeilik is om vas te stel hoeveel appellant gedrink het en tot watter mate dit hom aangetas het, is dit duidelik (soos die verhoorhof ook bevind het) dat appellant onder die invloed van drank was. Verskeie getuies beaam dit. Die moontlikheid dat sy inhibisies verslap het kan nie uitgesluit word nie.

(iii) Dit is so, soos mnr Cilliers in sy billike behandeling van die staatsaak uitgewys het, dat die risiko van dood in die onderhawige geval groot was. Tog, meen ek, dat die verhoorhof geregtig was om dolus eventualis as 'n strafversagtende faktór in ag te neem. Gepaard hiermee is daar die oorweging dat appellant se besluit om oorledene aan te val blykbaar op die ingewing van die oomblik ontstaan het. Aanvanklik het sy hom vrywilliglik vergesel.

7/
7. (iv) Dit bring my tot die rede vir die aanranding op oorledene. Dit is onmoontlik om dit vas te stel. Appellant gee verskillende verduidelikings in dié verband. Een was dat hy vir oorledene kwaad was omdat sy ontrou aan hom was. 'n Ander een was dat sy hom beskuldig het dat hy ander vrouens aanhou. Dan sê hy ook dat hy nie volle gemeenskap met haar gehad het nie en dat dit die rede was hoekom hy haar geslaan het. Uiteindelik sê hy eenvoudig "ek het nie geweet wat ek gedoen het nie". Hoe dit ookal sy, is dit redelik om te aanvaar dat appellant beswaard gevoei het oor die feit dat hulle voormalige verhouding beëindig is. Veral is dit so inagnemend die teenwoordigheid by oorledene se huis toe appellant die dag daar aangekom het van ene Tobias Filander (haar destydse minnaar) , en die feit dat hy (Tobias)

8/

8. toe gedreig het om appellant aan te rand. Dit is dus redelik moontlik dat appellant 6f jaloers 6f gefrustreerd gevoel het. In iedere geval het dit sy gemoeds- toestand beïnvloed.

Kumulatief beoordeel is ek van mening dat bogemelde strafversagtende faktore sodanig is dat die doodvonnis in die huidige geval nie die enigste gepaste vonnis is. 'n Lang tydperk van gevangenisstraf sal aan die afskrikkings-, vergeldings- en voorkomingselemente van straftoemeting voldoen. Dit sal ook die weg ooplaat vir die rehabilitasie van appellant. Na my mening is 'n tydperk van 15 jaar gevangenisstraf 'n gepaste vonnis. Dit neem in ag die erns van die misdaad. Ek is van voorneme om te gelas dat die tydperk van gevangenisstraf ten opsigte van die verkragting saamloop met gemelde 15 jaar. In ag genome die 2 jaar gevangenisstraf vir die poging tot moord beteken dit dat die effektiewe straf een van 17 jaar gevangenisstraf sal

9/

9. wees.
Die appèl slaag. Die doodvonnis ten opsigte van die skuldigbevinding-aan moord (aanklag 3) word ter syde gestel. Dit word met 15 jaar gevangenisstraf vervang. Die vonnisse van 2 jaar gevangenisstraf en 7 jaar gevangenisstraf ten opsigte van aanklagtes 1 en 2 bly staan maar die vonnis van 7 jaar sal samelopend met die vonnis van 15 jaar gevangenisstraf wees.

NESTADT, AR

EKSTEEN, AR )

) STEM SAAM GOLDSTONE, AR )