South Africa: Supreme Court of Appeal

You are here:
SAFLII >>
Databases >>
South Africa: Supreme Court of Appeal >>
1990 >>
[1990] ZASCA 72
| Noteup
| LawCite
S v Ngobeni (629/89) [1990] ZASCA 72 (1 June 1990)
Download original files |
CG SAAKNOMMER: 629/89
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (APPèLAFDELING)
In die saak van:
FRANK KGIEAS NGOBENI Appellant
en
DIE STAAT Respondent
CORAM: BOTHA, STEYN ARR et NICHOLAS WAR AANGEHOOR: 25 MEI 1990 GELEWER: 1 JUNIE 1990
UITSPRAAK STEYN AR
2
Appellant as beskuldigde 1, en Mohale Ananias Rammala as beskuldigde 3, is in
die Transvaalse Provinsiale Afdeling saam met die vrou
Safira Mabena en die man
Ezekiël Msimango as beskuldigdes 2 en 4 onderskeidelik, soos volg aangekla
ten aansien van die gebeure
op plot 110 by Onderstepoort op 17 Desember 1987:
klag I: moord op Henry Ernest Stewart, die 66-jarige oorledene en bewoner van
voormelde
plot; klag 2: roof met verswarende omstandighede op die oorledene
waarby 'n
hele reeks artikels betrokke is, o.m. 'n TV stel, 'n 9 mm Star
pistool met magasyn, 'n mans polshorlosie en 'n Toyota Cressida motorkar,
alles
die eiendom van oorledene; en klagtes 3 en 4: onwettige besit van die voormelde
pistool en van dié ammunisie daarvan.
Voor pleit is die klagtes teen
beskuldigdes 2 en 4 terugetrek. Die saak het voortgegaan teen appellant en
beskuldigde 3. Albei het
onskuldig gepleit op al die klagtes. Tydens die verhoor
het hulle hul oorspronklike nommers behou.
3
Die oorledene se naakte lyk is op 18 Desember 1987 deur sy seun Alexander
gevind in die sitkamer van sy woonhuis op die plot. Sy voete
was oorkruis met
draad vasgebind. Die voormelde en ander geroofde goed is uit die huis vermis.
Die beskadigde Toyota Cressida is
deur die oorledene se ander seun, Stefanus, om
12h00 op 18 Desember 1987 gevind by die dorpie Rosslyn, ongeveer 15-20 km van
gemelde
plot af. Daar was 8 kaphoue op die oorledene se kop. Drie van daardie
houe is in die skedel ingedryf. Die oorsaak van dood was skedel-
en
breinbeserings. Volgns die mediese getuienis is die kaphoue heel waarskynlik met
'n byl toegedien.
Appellant is op al die klagtes skuldig bevind maar
beskuldigde 3 net op klagtes 1 en 2. Geeneen van hulle het getuig tydens die
ondersoek
na die bestaan al dan nie van versagtende omstandighede nie. Die hof
het bevind dat daár geen versagtende omstandighede was
nie en albei is
ter dood veroordeel op die moordklag. Op die
4
ander klagtes waarop hulle onderskeidelik skuldig bevind is, is vonnisse van
gevangenisstraf aan hulle opgelê. Met verlof van
hierdie Hof appelleer
appellant teen sy skuldigbevinding en doodvonnis op die moordklag (en gevolglik
ook teen die bevinding dat
daar in sy geval geen versagtende omstandighede was
nie).
Tydens die verhoor was die toelaatbaarheid van twee verklarings van en
'n uitwysing deur appellant betwis. Hy het beweer dat hy aangerand
is,
voorgesê is deur die polisie en geen uitwysing gedoen het nie. Die hof het
sy getuienis verwerp en bevind dat die verklarings
en uitwysing vrywillig deur
hom gedoen is en toelaatbaar is. Hierdie appèl is ook teen daardie
beslissing gerig. Daar is na
my oordeel geen rede om met die beslissing in te
meng nie.
Appellant en beskuldigde 3 het albei in hul getuienis erken dat
hulle teenwoordig was toe die oorledene vermoor en beroof is. Hulle
het albei
ook
5
getuig dat oorledene doodgekap is met 'n byl, dat hulle met die geroofde eiendom in die oorledene se voormelde motorkar weg is, en dat van dié goed aan verskillende persone verkwansel is. Elkeen het egter die skuld op die ander gepak. Elkeen het beweer dat dit die ander was wat die oorledene doodgekap het. Elkeen het ook beweer dat hy onder dwang deur of vrees vir die ander deelgehad het aan die verwydering en verkoop van die geroofde goed. Albei het ook beweer dat die ander voor die moord met die oorledene bier gedrink het. Dat dit leuens is blyk uit die feit dat geen alkohol in die oorledene se bloed gevind is nie. Verskeie staatsgetuies het getuig dat appellant die leidende rol gespeel het met die verkoop van sekere van die geroofde goed, dat hy ook die motor bestuur het en die vuurwapen in sy besit had. Daar is ook getuig dat hy op 'n geleentheid, terwyl hy die bestuurder van die motor was, windmakerige gebare met die pistool aan omstaanders gemaak het. In die verklaring,
6
bewysstuk G, wat hy tydens voormelde uitwysings aan kapt
Viktor van die SA
Polisie gemaak het, het appellant ook
o.a. die volgende gesê:
"Ek en Ananias" (beskuldigde 3) "het vanaf Mabopane gekom. By die hek het hy gesê ek moet wag" (die "hek" is dié van oorledene se voormelde plot) ... "Ons het toe alreeds afgespreek om die blanke te beroof."
Die verhoorhof het albei beskuldigdes se self-
verontskuldigende bewerings verwerp en het bevind dat
appellant en
beskuldigde 3 ter uitvoering van h
gemeenskaplike doel die oorledene vermoor
het. Daarom
is albei skuldig bevind soos reeds gemeld. Daar is na my
mening geen rede
om daarmee in te meng nie. Die
skuldigbevindings is klaarblyklik korrek. Daar
was geen
afsonderlike getuienis hoegenaamd voorgelê ten aansien
van
die bestaan al dan nie van versagtende omstandighede
nie. Daar was op die
feite wat tereg deur die verhoorhof
op die meriete bevind is, geen aanduiding
van die bestaan
van enige sodanige omstandighede nie. Daar is gevolglik
7
geen fout te vind met die hof se voormelde bevinding dat daar inderdaad geen
versagtende omstandighede was nie.
Na my mening is daar geen meriete in die
appél nie. Appellant was, na my oordeel, tereg aan moord skuldig bevind
en ter dood
veroordeel.
Die appél word afgewys.
M T STEYN AR