South Africa: Supreme Court of Appeal

You are here:
SAFLII >>
Databases >>
South Africa: Supreme Court of Appeal >>
1991 >>
[1991] ZASCA 28
| Noteup
| LawCite
Auto Vita v Monumental Art Co (340/89) [1991] ZASCA 28 (26 March 1991)
Download original files |
EB Saaknommer 340/89 IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (APPÊLAFDELING) In die saak tussen:
AUTO VITA Appellant
en
MONUMENTAL ART CO Respondent
Coram: HEFER, STEYN et GOLDSTONE, ARR Verhoor: 1 Maart 1991 Verhoor: 26 Maart 1991
UITSPRAAK
1
STEYN AR:
Appellant is 'n firma. Dit dryf handel onder die naam Auto Vita as 'n motorhandelaar, hoofsaaklik in gebruikte motors, te Goodwood, Kaap. Die alleeneienaar daarvan is G J Maree ("Maree"). Respondent is 'n vennootskap. (Daar sal daarna verwys word as "die vennootskap"). Dit doen sake te Maitland, Kaap, as grafsteenmaker en ook in die boubedryf. Die vennote is 'n vader en sy twee seuns. Hulle is onderskeidelik Jacob Ignatius Maritz, Daniel Jacobus (die oudste seun), en Dawie. Daar sal vervolgens na hulle verwys word as Maritz snr, Kobus en Dawie.
Die vennootskap het in die Kaapse Provinsiale Afdeling voorlopige vonnis teen
appellant aangevra vir betaling van die som van R17
500. Die eis was gegrond op
appellant se tjek gedateerd 29 Oktober 1986 vir daardie
2 bedrag. Die tjek
was betaalbaar áan die vennootskap, maar betaling daarvan is gestop.
Appellant het die aansoek teengestaan.
Voorlopige vonnis is geweier en die Hof
het gelas dat die voorlopige vonnis dagvaarding dien as dagvaarding in die
hoofgeding. In
die vennootskap se gewysigde besonderhede van vordering is daar
'n hoofeis en drie alternatiewe eise. Die hoofeis is gegrond op voormelde
tjek.
Die eerste en tweede alternatiewe eise is onderskeidelik gegrond op kontrakbreuk
en nalatigheid; in albei word skadevergoeding
ten bedrae van R17 500 gevorder.
Die derde alternatiewe eis is gegrond op die verbreking deur appellant van 'n
beweerde mondelinge
ooreenkoms tussen die partye te Goodwood aangegaan op 29
Oktober 1986 waarkragtens appellant onderneem het om binne 'n week van gemelde
datum die som van R17 500 aan die vennootskap te betaal. Hierdie eise is gegrond
op of hou verband met, 'n mondelinge ooreenkoms
aangegaan tussen die partye
gedurende
3 September 1986 waarkragtens appellant 'n sekere Mercedes 450 SLC
motorkar namens die vennootskap verkoop het. Dit is gemene saak
tussen die
partyé dat een van die terme van die ooreenkoms was dat die verkoopprys
van die Mercedes aan die vennootskap betaalbaar
sou wees "wanneer die Mercedes
verkoop word en [appellant] betaling daarvoor ontvang". Appellant se verweer
teen die hoofeis was
dat die motor wel verkoop is maar dat die verkoopprys nie
ten volle betaal is nie en dat daar gevolglik geen verpligting op appellant
rus
om die gemelde bedrag te betaal nie omdat daar geen iusta causa vir die
vooruitgedateerde tjek bestaan het nie of geen geldige wisselkontrak daardeur
ontstaan het soos in artikels 25 (1) en (2)
van die Wisselwet no 34 van 1964
("die Wet") bedoel nie, toe die tjek oorhandig was aan die vennootskap; met
ander woorde dat daar
weens die feit dat die hele verkoopprys nie deur appellant
ontvang is nie, geen geldwaardige teenprestasie vir die tjek was soos
deur art
25
4 (1) van die Wet vereis nie. Ten aansien van die voormelde alternatiewe
eise het appellant ontken dat dit kontrakbreuk gepleeg het
of nalatig was of dat
daar 'n mondelinge ooreenkoms aangegaan was soos in die derde alternatiewe
vordering beweer. In die hoofgeding
het die voornoemde drie Maritze namens die
vennootskap getuig en Maree namens appellant. Seligson Wn R het die weergawe van
Maritz
snr soos aangevul deur die getuienis van Kobus en Dawie aanvaar en
dié van Maree verwerp. Hy het uitspraak gegee ten gunste
van die
vennootskap op die hoofeis en het dit onnodig gevind om met die alternatiewe
eise te handel. Met verlof van die geleerde
verhoorregter kom appellant nou in
hoër beroep teen voormelde uitspraak.
Die wesenlike feite is soos volg. Kobus en Dawie was elk die besitter van 'n
1980 model Mercedes 450 SLC motorkar, maar dié
motors was in die naam van
die vennootskap
5 geregistreer. Dié motors is 'n uitsonderlike en duur
tipe. Die vennootskap het hulle gedurende 1985 op huurkoop aangekoop
as
gebruikte motors. Gedurende September-November 1986 was 'n substansiële
bedrag nog op die voertuie aan Wesbank verskuldig.
Indien die vennootskap enige
van die voertuie gedurende gemelde tydperk sou verkoop sou die balans koopprys
daarop verskuldig onverwyld
aan Wesbank betaal moes word ter aflossing van die
betrokke huurkoop -verpligting. Albei voertuie was destyds deur die vennootskap
verseker. In terme van dié versekering was daar egter slegs twee
genomineerde bestuurders, nl Kobus en Dawie.
Die vennootskap het gedurende 1986 'n resessie beleef. Die drie vennote het
gevolglik gedurende September van daardie jaar besluit
om albei motors te
verkoop vir kontant en vir nie minder as R44 000 elk nie. Kobus en Dawie
moes
6 blykbaar afsonderlik reël vir die verkoop van hul onderskeie
motors. Dawie het sulke reëlings begin tref. Maree het daarvan
te hore
gekom en met Dawie daaromtrent in aanraking gekom. Hulle het mondeling
ooreengekom dat Maree Dawie se motorkar ("die Mercedes")
namens die venootskap
sou verkoop en vir doeleindes daarvan die motor in besit neem en vertoon. Dit
is, soos reeds genoem, gemene
saak dat dit 'n uitdruklike bepaling van
dié ooreenkoms was dat die verkoopprys van die motor deur appellant aan
die vennootskap
betaalbaar sou wees wanneer die Mercedes verkoop is en appellant
betaling daarvoor ontvang het. Dit is egter ook gemene saak dat
daar geen sprake
daarvan was dat Maree die Mercedes op krediet sou kon verkoop nie, en dat
betaling van die volle koopsom van 'n
gebruikte motor normaalweg gelyktydig met
lewering daarvan aan die koper geskied .
Dawie het die Mercedes teen die einde van September
7 1986 aan
Maree gelewer en dié het dit op 9 Oktober 1986 te Oshakati in Ovambo,
verkoop en gelewer aan ene Shiimi, 'n
sakeman van Oshakati. Maree het getuig
dat die koopprys R42 000 was. Die koopsom was egter nie ten volle by aflewering
van die Mercedes
betaal nie. Shiimi het 'n 1986 model Nissan Skyline SCLi daarop
ingeruil en aan Maree twee tjeks vir R5 000 en R22 500 oorhandig
ter betaling
van die balans koopsom. Ingevolge sy ooreenkoms met Shiimi het Maree albei tjeks
ingevul, die datum 9 Oktober 1986 op
die tjek vir R5 000 aangebring en die ander
tjek ongedateerd gelaat. Albei tjeks is deur Shiimi onderteken. Omdat daar egter
nie
toe genoeg fondse in Shiimi se bankrekening was om dié tweede tjek
mee te betaal nie sou hy sekere vaste depositos by sy lopende
rekening inbetaal
en dan vir Maree laat weet wanneer hy die betrokke tjek moes voltooi en vir
betaling aanbied. Die Mercedes is ingevolge
dié ooreenkoms in Shiimi se
besit gelaat. Op 12 Oktober 1986 het Maree na
8 Kaapstad teruggekeer. Sonder
om weer met Shiimi in verbinding te tree het hy op 14 Oktober daardie datum op
die tjek vir R22 500
aangebring en albei tjeks op sy bankrekening inbetaal. (Die
Nissan Skyline is gevolglik ingeruil vir R14 500). Op 17 Oktober 1986
het Maree
twee tjeks, getrek op Auto Vita, vir R25 000 en R17 500 onderskeidelik, aan
Maritz snr en Kobus oorhandig t o v die Mercedes.
Eersgenoemde tjek is gedateer
17 Oktober 1986 maar diê vir R17 500 was vooruitgedateer met die datum 29
Oktober 1986. Maree
het op hierdie wyse derhalwe R500 meer as die verkoopprys
soos deur hom beweer aan die vennootskap aangebied. Tydens kruisondervraging
het
hy die rede daarvoor soos volg verduidelik (vraag en antwoord)
"....op watter basis het u besluit om R500,00 aan die eisers ekstra te gee in plaas van sê nou maar 250 of 750 of enige ander bedrag vir wat dit werd mag wees. Hoe het u by daardie bedrag uitgekom? --- Dit was maar net 'n bedingingsbedrag.
9
Ek meen, ek het maar net gedink in alle eerlikheid en billikheid. Die aflos by Wesbank loop op en daar moet seker 'n bietjie rente daarby kom en ek het 'n goeie transaksie gedoen. Ek het gedog R500,00 is - en mnr Maritz het gesê hy waardeer dit.
U maak nie dalk 'n fout oor hierdie aspek van u getuienis nie? --- Verseker nie.
Ek sal u sê hoekom ek dit vra, want as 'n mens
die R500,00 by u bewering van die koopprys van 42 gaan tel, dan kry jy R42 500,00 wat ooreenstem met die besonderhede van vordering van die eiser oor wat die koopprys is waarop u werklik met hom
ooreengekom het? --- Nee, op my woord. Dit is
soos die ding geloop het. Dit is 42 en daardie toegewing was gemaak vir die redes soos genoem"
(Dawie het getuig dat hy en Maree
ooreengekom het op 'n verkoopprys van R44 000. Dawie en Kobus het beweer dat
dié prys later
verlaag is na R42 500 om die koste van nuwe bande
10
vir die Mercedes en Maree se reis en verblyfkoste na en van die destydse
Suidwes-Afrika te dek. Maree daarenteen het beweer dat
die prys waarop hy en
Dawie ooreengekom het R42 000 was en dat dit deurgaans so gebly het.) Op 17
Oktober was Dawie afwesig. Hy het
militêre diens elders verrig. Maritz snr
en Kobus het getuig dat hulle ontevrede was met die vooruitgedateerde tjek maar
dat
Maree hulle gerus gestel het met die versekering dat hy heelwaarskynlik
binne die komende week die balans koopsom in kontant sou
kom betaal met "warm
geld" uit "ander transaksies" in Suidwes-Afrika en dat hy die vooruitgedateerde
tjek dan by hulle sou terugneem.
Indien die kontantbetaling om een of ander rede
nie gemaak kon word nie sou hulle dan die tjek op die 29ste Oktober kon
deponeer.
Maree se weergawe was egter dat hy op 17 Oktober die Maritze "vir die
Skyline" gaan betaal het en aan hulle gesê het dat hy
die balans "met
hulle [sal] regmaak" sodra "Shiimi se gelde deurkom". Later het hy
dié
11
weergawe gewysig deur te erken dat hy nie "in soveel woorde" aan hulle gese het dat hy sal kom betaal sodra Shiimi se tjeks betaal is nie, maar dat dit sy bedoeling was om dit te doen. Hy het ook erken dat hy wel van ander motor transaksies in Suidwes-Afrika gepraat het. Dit was egter slegs terloops genoem, in 'n algemene bespreking. Maar hy het ontkeh dat hy van "warm geld" gepraat het.
Maree het voorts beweer dat Maritz snr in sy teenwoordigheid vir Dawie by die
militêre kamp gebel het waar hy diens gedoen het
en van die
vooruitgedateerde tjek vertel het. Al drie Maritze was toe met dié
reëling tevrede. Die bewering aangaande
diê telefonoproep was egter
nooit aan enige van die Maritze gestel nie en nie een van hulle het van
só 'n oproep melding
gemaak nie.
12 Die tjek vir R25 000 is op 17
Oktober deur die Maritze gedeponeer, en is betaal. (Die som van R25 000 is toe
deur die vennootskap
aan Wesbank betaal ter vemindering van die balans koopsom.
'n Stewige bedrag was daarna egter nog op die Mercedes verskuldig.) Die
beoogde
kontantbetaling is nooit deur Maree gemaak nie.
Op 25 Oktober 1986 was Shiimi met die Mercedes in 'n
motorongeluk betrokke waarin hy gedood en die Mercedes vernietig
is. Sy gemelde tjeks was toe nog nie uitbetaal nie en die betaling
daarvan is
deur sy heengaan gestuit. Volgens Maritz snr het 'n gespanne Maree op 27 Oktober
by hom en Kobus by die vennootskapsperseel
opgedaag en hulle begroet met die
woorde "kêrels, nou moet julle maar net kalm bly". Hy het hulle toe van
die ongeluk vertel
en hulle versoek om nie die vooruitgedateerde tjek op 29
Oktober te bank nie. Hy het gesê dat hy versekering op die motor het
13
en dat hy "die volgende naweek opgaan na Suidwes-Afrika om te onderhandel en te
kyk of hy die geld miskien van die vrou van die
persoon wat oorlede is kan kry".
Maree het hulle toe ook om 'n afskrif gevra van die versekeringspolis op die
Mercedes. Dit is later
aan hom oorhandig. Hierdie weergawe is nie wesenlik
tydens kruisondervraging betwis nie. Kobus het in breë trekke gelykluidende
getuienis gegee, maar het bygevoeg dat Maree hom toe ook gevra het vir
terugbetaling van die R25 000 wat hy reeds aan die vennootskap
betaal het, maar
dat hy, Kobus, botweg geweier het om dit te doen. Dié bewering is ook nie
tydens kruisondervraging betwis
nie. Maree het nietemin (maar slegs tydens
kruisondervraging) ontken dat hy ooit so 'n
versoek gerig het. Die betrokke passasie in sy getuienis lui soos volg (vraag en antwoord):
"Nou u het gehoor dat mnr Kobus Maritz hier getuig het dat op die 27ste Oktober, toe u nou kom
14
vertel het van Schimmie se oorlye en die beskadiging van die voertuig, dat u
by daardie geleentheid die R25 000,00 wat u reeds aan
hulle betaal het,
teruggevra het en dat hy toe gereageer het, iets soos is jy mal man of iets in
dié lyn. Ek kan nie sy spesifieke
woorde onthou nie. Het
u gehoor
daardie getuienis van hom? --- Ek het dit
gehoor.
Nou sover ek bewus is en
my geheue my nie in die steek laat nie, was dit nooit in dispuut geplaas nie?
Kan u vir ons kommentaar lewer
daarop? --- Ek sal so iets nooit gevra het
nie,
want ek het geweet dat daar 'n aflos op daardie Mercëdes is van R39
000,00 en ek het aangeneem dat die eerste R25 000,00 wat
hulle gaan kry, summier
daarteen gaan betaal word. Ek meen, dit is mos, hoe sal 'n ou wat R25 000,00 in
sy hand het, nou vir jou
teruggee.
Ek moet sê dit het vir my snaaks
geklink dat u so iets sou doen, want die getuienis staan
ongeopponeerd op die
rekord? --- Verseker het ek
nie so iets gevra nie."
15 Maritz snr en Kobus
was hewig ontsteld oor die ongelukstyding en het nie toegegee tot Maree se
versoek om nie die tjek op die 29ste
Oktober te deponeer nie. Hulle wou
dié wending eers met Dáwie bespreek. Dit was sy verjaarsdag en hy
sou daardie aand
tuis wees. Dawie het gekom soos verwag. Hy was baie ontsteld
oor die hele situasie en het daarop aangedring dat die tjek op die 29ste
gedeponeer moes word. Dit is gedoen, maar Maritz snr is op dieselfde dag deur sy
bank verwittig dat betaling van die tjek gestop
is. Hy het Dawie onverwyld
daarvan verwittig. Daardie aand het Dawie vir Maree op dié se kantoor
daaroor gaan spreek. Dawie
het getuig dat Maree onderneem het om die R17 500
binne 'n week aan hom te betaal en dat hullé so ooreengekom het. Maree
het
egter versuim om enige betaling te maak. Maree het erken dat Dawie hom op
kantoor kom spreek het maar het beweer dat hulle ooreengekom
het dat appellant
die gemelde bedrag sou betaal nadat die
16 "versekeringsprobleem" opgelos is
en appellant betaling van die versekeringsmaatskappy ontvang het van die waarde
van die Mercedes,
maar dat geen tydperk waarbinne dit sou moes geskied bepaal
was nie. (Maree, of dan die appellant, se "versekeringsprobleem" was
dat die
Mercedes nie gedek was deur die vennootskap se versekering nie omdat dit tydens
die ongeluk deur 'n ongenomineerde persoon
bestuur was. Die tydelike dekking wat
Maree op die Mercedes uitgeneem het voor sy vertrek na Suidwes-Afrika was slegs
vir 'n 10 dae
tydperk wat by die middel Oktober reeds verstreke was. Hy moes hom
toe wend na appellant se besigheidsversekering. Dié versekeraar
was egter
onwillig om enige betaling ten aansien van die Mercedes te maak en Maree was toe
nog daaroor aan die onderhandel. Geen
betaling was egter daaronder gemaak nie en
appellant se eis teen daardie versekeraar was nog hangende tydens die verhoor).
Maree
se latere getuienis tydens kruisondervraging aangaande die
17 bestaan
van die beweerde ooreenkoms met Dawie was egter uiters vaag. Dit was die
volgende (weereens vraag en antwoord):
"Hy sê hy het ook vir u gesê hy het niks met u versekeringsmakelaar, Leopoldt, te doen nie. Hy wil niks daarvan weet nie. Hy wil net sy
geld hê? --- Ek verstaan sy houding. Hy is
gretig om sy geld te kry. Hy sit nou met 'n probleem. Hy sien hy het 'n polis wat hy nie het nie en hy sal so graag as moontlik, ek meen so het hy ook gesê. Dat hy die more vroeg, het hulle gaan probeer die tjek klein maak. Hulle probeer hulle geld kry. Dit is te verstane.
U sê u verstaan sy houding, ten spyte van die feit dat u vir die Hof sê daar was 'n ooreenkoms
dat hy sal wag tot die ding afgehandel is? --- Ons
het nie in soveel woorde gesê, as ons nou die indruk moet gee. Ons sal nou wag tot dit afgehandel is en dan is dit nou maar goedertrou. Dit kan nou maar sloer. Ek het probeer my bes om hierdie eis so gou en flink as moontlik af te handel. Dit is waaroor ek die wrak laat haal het vir hom.
18
U het net voor tee vir ons gesê dat u met hom inderdaad 'n ooreenkoms gehad het, dat hy sou wag
tot na die versekering afgehandel is? --- Ons het
dit met die tyd aangeneem. Dit is die assuransie wat nou ter sprake is. Dié geld wat daar gaan uitkom, is syne.
So u het nie so 'n ooreenkoms met hom gehad
nie? --- Ek het so aangeneem. Ek bel my
assuransiemakelaar as hy daar kom. Ekskuus tog, kan ek iets byvoeg? Ek bel hom nie net as hy daar kom nie. Ek lê op hierdie ouens."
Hoe dit ook al sy, die bedrag van R17 500 is nooit aan die vennootskap betaal nie.
Maree het tydens hoofverhoor die oorhandiging van die twee tjeks aan die vennootskap soos volg verduidelik:
"Dit is ook gemene saak dat u op die 17de Oktober vir mnr Maritz, Kobus en mnr Maritz senior twee tjeks oorhandig het. Waarom het u dit spesifiek op daardie tydstip gedoen? --- Ek het
19
gevoel, hulle het vir my gesê hulle was redelik haastig om die kar te verkoop. Ek het die Skyline geneem. Ek meen ek het nie met hulle gekonsulteer oor die Skyline se inruil nie. Ek het hom geneem, daarom het ek hulle gaan betaal vir die Skyline en ek het gesê dat ek wag vir Schimmie se gelde om deur te kom. Dan sal ek die balans met hulle regmaak."
Tydens kruisondervraging was hy egter nie meer so seker daaromtrent nie, soos uit die volgende passasie blyk:
"So sê u vandag dat u wel vir hulle gesê het, u kan hulle eers betaal sodra Schimmie betaal het?
--- Ons het dit so afgelei. Ek meen dit is die
rede waaroor ek...(tussenbeides).
Nee, nee, ek vra of u so gesê het vir hulle?
--- Ek sal so aanneem, want ek sal vir hulle gaan
betaal as ek Schimmie se geld gekry het. Ek meen dit is in afwagting waarvoor dit is. Kry ek Schimmie se geld, gaan gee ek dit vir hulle.
Meneer, maar kan u vir ons nader bring. Het u dit uitdruklik vir hulle gesê. Dat u hulle eers kan betaal wanneer Schimmie vir u betaal het? ---Hulle moes so aangeneem het, anders sou ek
20
hulle mos daardie more klaar betaal het.
Nee, my vraag is het u dit uitdruklik vir
hulle so gesê? --- Ek het seker gesê, ek sal die
sewentien vyf vir hulle gee sodra Schimmie betaal het.
U is nie seker daaroor nie? --- Nie honderd
persent seker nie, maar dit is waaroor die vooruitgedateerde tjek gegaan het."
Dit is nie nodig om verder met die feite en getuienis te handel nie. Soos hierbo uiteengesit spreek die feite heel duidelik vir hulself.
By die uitleg van 'n mondelinge kontrak geld diesêlfde basiese reëls as by diê van 'n geskrewe ooreenkoms. Dit is om die bedoeling van die kontrakterende partye vas te stel deur ag te slaan op die aard van die kontrak, die woordgebruik van die partye en die feiteverband wat die aangaan van die ooreenkoms omhul het. Die onbetwiste feiteverband is na my mening beslissend in die onderhawige
21
geval. Die vennootskap het ten tyde van die aangaan van die ooreenkoms
tot Maree se kennis nog 'n groot bedrag aan Wesbank geskuld
op die Mercedes.
Maree het self getuig dat R39 000 nog daarop verskuldig was. Hy en Dawie het
geweet dat as die Mercedes verkoop
word dié bedrag onverwyld deur die
vennootskap aan Wesbank betaal sou moes word ter aflos van die
huurkoopverpligting. Albei
van hulle het ook geweet dat die verkoopprys van die
Mercedes waarop húlle ooreengekom het, vir daardie doel aangewend sou
word. Maree het trouens "aangeneem dat die eerste R25 000 wat hulle gaan kry,
summier daarteen gaan betaal word". Dit was gevolglik
ook vir Maree duidelik dat
die ooreengekome verkoopprys pari passu met lewering van die Mercedes aan
die koper, deur hom aan die vennootskap betaal sou moes word. Uit hoofde van die
betrokke aanhalings
uit sy getuienis was dit na my mening vir hom ook duidelik
dat 'n versuim om dit te doen die vennootskap ernstig sou kon benadeel.
Dit
het
22
Maree vrygestaan om vir eie voordeel die Mercedes teen 'n heelwat
hoër prys te verkoop as dié waarop hy en Dawie ooreengekom
het, en
sy eie reëlings met die koper te tref aangaande betaling daarvan. Dit is
trouens duidelik volgens sy ooreenkoms met
Dawie (en derhalwe met die
vennootskap) dat die koper vir Maree moes betaal en dat hy die ooreengekome
bedrag aan die vennootskap
moes betaal. Dit is gemene saak dat daar geen sprake
was van 'n kredietverkoping deur die vennootskap nie. Anders gestel, was die
klaarblyklike bedoeling van die partye (en derhalwe ook die klaarblyklike effek
van die kontrak) dat dit Maree (en gevolglik appellant)
vrygestaan het om vir
eie gerief en voordeel die Mercedes op terme aangaande betaling te verkoop, maar
dat so 'n reëling dan
"ontvangs van betaling" deur Maree (en derhalwe deur
appellant) sou uitmaak in terme van die kontrak aangegaan met die vennootskap.
Die volle ooreengekome bedrag sou dan onverwyld betaalbaar wees deur
23
appellant. 'n Sterk aanduiding dat dié effek van die ooreenkoms
met Dawie ook so deur Maree ingesien was, is sy betaling van
R25 000 aan die
vennootskap op 17 Oktober 1986. Daardie som is amper dubbel die bedrag waarteen
die Skyline volgens Maree deur Shiimi
ingeruil is, soos hierbo uiteengesit. Dit
is duidelik dat die balans bo die inruilsom deur Maree aldus afbetaal is op die
bedrag
deur hom aan die vennootskap verskuldig in weerwil van die feit dat hy
toe nog geen verdere betaling van Shiimi ontvang het nie.
Dit is na my mening
ewe duidelik dat die vooruitgedateerde tjek vir R17 500 ook deur Maree oorhandig
is met die doel om die res van
die verskuldigde bedrag aan die vennootskap te
betaal. Die feit dat Maree op 17 Oktober tjeks ten bedrae van R42 500 aan die
vennootskap
oorhandig het is sterk stawing van Dawie se getuienis dat dit die
finale ooreengekome prys vir die Mercedes was. Maree se verduideliking
dat die
ekstra R500 'n skenking aan
24
die vennootskap was is so lagwekkend vergesog dat dit geen oorweging
verdien nie. Dit is ook algeheel onwaarskynlik dat Dawie sou
ooreengekom het om
'n onbepaalde tyd te wag vir betaling van die bedrag van R17 500 soos deur Maree
beweer. Maree was ooglopend 'n
uiters swak getuie, en daar is na my mening geen
rede om met die verhoorregter se geloofwaardigheidsbevindings in te meng nie.
Appellant
was nie geregtig om betaling van die vooruitgedateerde tjek te stop
nie, en daar is geen meriete in die appèl nie.
Die appèl word afgewys met koste.
STEYN AR
HEFER, AR)
stem saam
GOLDSTONE, AR)