South Africa: Supreme Court of Appeal

You are here:
SAFLII >>
Databases >>
South Africa: Supreme Court of Appeal >>
1991 >>
[1991] ZASCA 29
| Noteup
| LawCite
S v Koch (67/89) [1991] ZASCA 29; 1991 (2) SA 741 (AD); [1991] 2 All SA 420 (A) (26 March 1991)
Download original files |
Saaknommer 67/89 whn
DANIEL PAULUS KOCH Appellant
en
DIE STAAT Respondent
JOUBERT, AR.
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
APPÊLAFDELING
In die saak tussen:
DANIEL PAULUS KOCH Appellant
en
DIE
STAAT Respondent
Coram : JOUBERT, STEYN, F H GROSSKOPF, GOLDSTONE ARR et PREISS Wn AR.
Datum van Verhoor : 23 Februarie 1991 Datum gelewer : 26 Maart 1991
UITSPRAAK
JOUBERT, AR :
/Die
2 Die appellant en ene Calitz wat in beheer
van Sun
Promosies was, is in die streekhof te Johannesburg
daarvan aangekla dat hulle
art 2 van die Wet op Fondsinsameling
No 107 van 1978 ("die Wet") oortree het
deurdat hulle gedurende
die periode Junie tot Desember 1986 sonder magtiging
van die
Direkteur van Fondsinsameling fondse van lede van die publiek
ingesamel het. Art 2 lui soos volg:
"Niemand mag bydraes insamel nie, tensy hy ingevolge hierdie Wet daartoe gemagtig is en tensy die insameling ooreenkomstig die bepalings van hierdie Wet geskied."
Die beskuldigdes se modus operandi was gemene saak. Deur
middel van
Sun Promosies het hulle 'n kompetisie uitgeskryf
waarvolgens deelnemers
sekere pryse kon wen. Deelneming
het geskied deur voltooiing van 'n
inskrywingsvorm, insluitende
beantwoording van die vraag : "Waarom is
Suid-Afrika so belangrik
/3
3
vir die res van die wêreld ?" teen betaling van 'n
inskrywingsfooi van R10 per inskrywingsvorm. Die deelnemer behou dan 'n deel
van die inskrywingsvorm met 'n nommer as 'n
kaartjie om as bewys van sy
inskrywing te dien. Die teenstrokie van sy kaartjie het dieselfde nommer met
besonderhede van die deelnemer
asook sy antwoord op vermelde vraag. Hierdie
teenstrokie met die R10 inskrywingsfooi kom toe aan Sun Promosies. 31 Desember
1986
was die sluitingsdatum van die kompetisie. 'n Paneel van beoordelaars se
aanwysing van die wenners sou finaal wees en sou op 24 Januarie
1987 in die
openbaar bekend gemaak word. Die beskuldigdes wat onskuldig gepleit het se
verdediging is deur adv. van Nieuwenhuizen behartig. Die verdediging het
gesteun op die vertolking van art 1(1) van die Wet se omskrywing van die woord
"bydraes" waarvolgens
die beskuldigdes in die lig van die feite wat gemene saak
was nie die magtiging van die
/4
4
Direkteur van Fondsinsameling sou nodig gehad het nie. Na
sluiting van die Staat se saak het die streeklanddros die regsargument namens
die beskuldigdes gehandhaaf. Ingevolge art 174,van die Strafproseswet No 51 van
1977 het hy hulle onskuldig bevind en ontslaan.
Vir doeleindes van
appèl het die Staat die streeklanddros versoek om ingevolge art 310 van
die Strafproseswet No 51 van 1977
'n gestelde saak vir die beslegting van die
regsvraag op te stel. Die appèl het aanvanklik in die Witwatersrandse
Plaaslike
Afdeling voor twee regters gekom maar omdat hulle nie kon ooreenkom
nie is die appêl na die Volle Hof van die Transvaalse Provinsiale
Afdeling
verwys. Die Volle Hof het die appèl gehandhaaf deur die streeklanddros se
bevel tersyde te stel en die saak na hom
terug te verwys vir verdere verhoor.
Die uitspraak van die Volle Hof is gerapporteer as S v Krogh and
Another,
/5
5 1989(4) SA 615 (T). Met spesiale verlof van die Hoofregter
kom slegs die appellant tans in hoër beroep na hierdie Hof.
Die omskrywing van die woord "bydraes"
in art 1(1) van die Wet lui soos
volg:
"roerende of onroerende goed, met inbegrip van geld of enigiets wat gewissel of in geld omgesit kan word, wat nie ter nakoming van 'n regtens afdwingbare verpligting (uitgesonderd 'n donasie of skenking) oorgedra word nie en waarvan die blote oordrag nie 'n reg op die een of ander teenprestasie (uitgesonderd 'n teenprestasie met betrekking tot 'n kompetisie, wedstryd, spel, skema, reëling of stelsel in verband waarmee die een of ander prys gewen kan word) verleen nie."
/6
6
In die Engelse teks (die ondertekende teks) van die Wet is die eweknie van "bydraes " die woord "contributions" in art 1(1) wat soos volg lui :
"movable or immovable property, including money or anything that can be exchanged for or converted into money, which is not transferred in fulfilment of a legally enforceable obligation (except a donation or gift) and the mere transfer of which does not confer the right to claim any consideration (except any consideration in relation to any competition, contest, game, scheme, arrangement or system in connection with which any prize may be won)."
/7
7
Tekstueel is daar geen verskil tussen die Afrikaanse en die
Engelse omskrywings van die begrippe "bydraes" en "contributions" nie.
Die een
amptelike taal se teks werp geen lig op die uitleg van die ander amptelike taal
se teks van hierdie begrippe nie. In die
lig daarvan is ek van voorneme om vir
doeleindes van hierdie uitspraak die Afrikaanse omskrywing van "bydraes" te
gebruik.
Wat onmiddellik opval by die deurlees van die Afrikaanse omskrywing
van "bydraes" is die feit dat die wetsopstellers drie bysinne
aangewend het.
Twee van hulle is negatief ingeklee terwyl hulle van uitsonderings voorsien is.
Die effek wat die saamlees van hierdie
twee negatiewe bysinne met hul
uitsonderings meebring, is om 'n warboel van gedagtegang te veroorsaak. Dit is
te betreur omdat die
Wet in die eerste instansie hoofsaaklik deur leke toegepas
word. Dit is van belang vir lede van die publiek
/8
8
om te weet of hulle magtiging ingevolge die Wet nodig het om bydraes van die publiek in te samel al dan nie. Die warboel van gedagtegang word in die onderhawige geval nie opgeklaar deur die primêre beginsel van wetsuitleg om aan elke woord sy grammatikale betekenis te heg met inagneming van die konteks waarin die woorde in die omskrywing van "bydraes" gebruik word nie (Venter v Rex 1907 TS 910 op bl 913-914, Ebrahim v Minister of the Interior 1977(1) SA 665(A) op bl 677 A - 678 C) aangesien die woorde as sulks in hul gewone grammatikale betekenis nie onduidelik of dubbelsinnig is nie. Selfs deur te let op die doel waarvoor die wetgewer die Wet gemaak het (Public Carriers Association and Others v Toll Road Concessionaries (Pty) Ltd and Others 1990(1) SA 924 (A) op bl 943 C - E), naamlik om die publiek te beskerm teen ongemagtigde insameling van bydraes, is hier nie van praktiese nut nie omdat die kernvraag die betekenis
/9
9
van die omskrewe "bydraes" is. Na my oordeel word die probleem
in die onderhawige geval veroorsaak deur die wetsopstellers se aanwending
van
die negatiewe konstruksie waarmee die twee negatiewe bysinne met hul
uitsonderings ingeklee is. Daarom is ek van voorneme om
die omskrywing van
"bydraes" positief om te skep ten einde die bedoeling van die wetgewer vas te
stel.
Volgens 'n analise van die omskrewe "bydraes" omvat dit roerende of
onroerende goed met inbegrip van geld en enigiets wat op geld
waardeerbaar is en
wat aan die volgende twee eienskappe kumulatief voldoen : Eerste negatiewe
eienskap : "Wat nie ter nakoming van h
regtens afdwingbare verpligting (uitgesonderd 'n donasie of skenking) oorgedra word nie."
/10
10
Positief beskou, kom die eerste negatiewe eienskap
hierop neer dat wat 'n bydraer ter nakoming van 'n regtens afdwingbare
verpligting
oordra die hoedanigheid van 'n bydrae ontbreek tensy hy dit
uit hoofde van 'n donasie of skenking doen in welke geval dit wel die
hoedanigheid van 'n bydrae het. Tweede negatiewe eienskap : "en waarvan
die blote oordrag
nie 'n reg op een of ander teenprestasie (uitgesonderd 'n teenprestasie met betrekking tot 'n kompetisie, wedstryd, spel, skema, reëling of stelsel in verband waarmee die een of ander prys gewen kan word) verleen nie." (My kursivering). Positief benader, bestaan die tweede negatiewe eienskap daarin
/11
11
dat die blote oordrag van goëd deur 'n bydraer wat aan
hom
'n reg op een of ander teenprestasie verleen die hoedanigheid van 'n
bydrae ontneem tensy die teenprestasie betrekking het op 'n kompetisie,
wedstryd, spel, skema, reeling of stelsel in verband waarmee die een of
ander
prys gewen kan word.
Gevolglik het ons te doen met 'n geoorloofde bydrae
indien dit aan die bepalings van die eerste negatiewe eienskap sowel as die
tweede
negatiewe eienskap voldoen maar nie binne die twee uitsonderings val nie
in welke geval dit
'n verbode bydrae is. Hieruit blyk dit dan dat die
aanwesigheid van die twee uitsonderings in die omskrywing van "bydraes"
deurslaggewend
is om 'n bydrae binne die verbodsbepaling van art 2 van
die Wet te bring. Samevattend kom dit daarop neer dat 'n verbode bydrae bestaan
uit geld of enigiets
op geld waardeerbaar (1) wat uit hoofde van 'n
donasie
of skenking oorgedra is en (2) wat deur die blote
/12
12 oordrag daarvan aan die bydraer 'n teenprestasie verleen met
betrekking tot 'n kompetisie, wedstryd, spel, skema, reëling
of
stelsel in verband waarmee 'n prys gewen kan word.
By die toepassing van die
woordomskrywing van "bydrae" op die feite van die onderhawige geval was die
ratio decidehdi van die streeklanddros se uitspraak hoofsaaklik gebaseer
op die tweede negatiewe eienskap van "bydrae". Hy bevind dat 'n bydraer
'n
kaartjie nie deur die blote oordrag van R10 verkry nie maar deur die
oorhandiging van die R10 gepaard met die beantwoording van
die vermelde vraag
verkry hy 'n kaartjie sowel as 'n reg tot teenprestasie in die skema. Dit noop
die streeklanddros tot die gevolgtrekking
dat die betrokke skema nie 'n skema
was soos beoog in die omskrywing van "bydraes" nie.
Die uitspraak van die Hof a quo is uiters kripties sonder om die omskrywing van "bydraes" te analiseer.
/13
13
Dit behandel ook glad nie die ratio decidendi van die
streeklanddros se uitspraak nie. Dit wil egter wel voorkom asof die Hof a
quo van oordeel was dat die oordrag van R10 vir 'n kaartjie wel binne die
twee uitsonderings in die omskrywing van bydraes geval het
(bl 617 in
fine - 618 B).
In hierdie Hof was die swaartepunt van adv van
Nieuwenhuizen se betoog namens die appellant gebaseer op die ratio
decidendi van die streeklanddros. Hy het aangevoer dat die woorde "blote
oordrag" in die omskrywing van "bydrae" slegs.op die oordrag van geld
of goed
betrekking het. Gevolglik is die oordrag van R10 gepaard met die beantwoording
van 'n vraag nie blote oordrag nie. Dit is
'n baie formalistiese en spitsvondige
benadering wat op die tweede negatiewe eienskap van 'n bydrae betrekking het,
naamlik dat die
blote oordrag van geld of goed deur 'n bydraer wat aan hom 'n
reg op een of ander teenprestasie verleen die
/14
14 hoedanigheid van 'n bydrae ontneem (onderhewig aan die
uitsondering).
As ons die feite in die onderhawige geval
in oënskou neem en die omskrywing van 'n "bydrae" daarop toepas
dan
is die posisie na my oordeel soos volg. Voordat 'n
bydraer sy R10 oordra en
die gestelde vraag beantwoord, was
daar geen regsverhouding tussen hom en die
beskuldigdes as
beheerders van Sun Promosies nie. Dit volg dat toe
die
bydraer sy R10 oordra en die gestelde vraag beantwoord, het
hy dit nie gedoen ter nakoming van 'n regtens afdwingbare
verpligting uit hoofde van 'n causa anders dan 'n donasie of
skenking nie. Dit beteken dat in die onderhawige geval
daar wel voldoen is aan die eerste negatiewe eienskap van
'n bydrae. Wat egter wel van belang is, is die feit dat
in die onderhawige geval die R10 bydrae oorgedra is uit hoofde
van 'n donasie of skenking sodat dit wel in die uitsondering
/15
15 op die eerste negatiewe eienskap val en sodoende een van
die
elemente van 'n verbode bydrae het.
Dit bring ons nou by die tweede
negatiewe eienskap in die omskrywing van 'n bydrae. Die woorde "blote oordrag"
beteken volgens die
gewone grammatikale betekenis van "bloot" (Die Woordeboek
van die Afrikaanse Taal, deel 1 s.v-. bloot : "eenvoudig, sondermeer,
slegs, alleen,") "slegs oordrag" of "oordrag sonder meer" of "oordrag alleen"
uit die samehang
waarin hulle gebruik word. Verleen die oordrag van die R10 aan
die bydraer 'n reg op 'n teenprestasie? Die antwoord in die onderhawige
geval is
bevestigend. Dit beteken dat in die onderhawige geval daar wel voldoen is aan
die tweede negatiewe eienskap van 'n bydrae.
Wat die oordrag van R10 aan die
bydraer verleen by wyse van
'n reg op 'n teenprestasie is egter om aan die
kompetisie, wedstryd, skema ens. deel te neem en indien 'n prys aan hom
/16
16
toegeken word, om dit tre kan opeis. Sodanige reg op
h teenprestasie het egter wel betrekking tot 'n kompetisie,
wedstryd,
skema ens. sodat dit wel in die uitsondering op
die tweede negatiewe eienskap
val en sodoende 'n element van
'n verbode bydrae het. Na my oordeel word die
posisie geensins
beïnvloed deur die beantwoording van die gestelde vraag
nie.
h Vraag kan in die onderhawige geval nie betrekking hê op
die
woord "oordrag" nie aangesien die "blote oordrag" op die
oordrag van die R10 sonder meer betrekking het wat die verlening
van 'n
reg op 'n teenprestasie betref. Dit is duidelik dat
die bydrae betrekking het op geld of goed wat op geld
waardeerbaar is. 'n Vraag se antwoord is geen bydrae nie.
Soos reeds vermeld, bring die aard van die teenprestasie
dit binne die uitsondering op die tweede negatiewe eienskap
en verleen dit aan die bydrae een van die elemente wat dit
'n verbode bydrae maak.
/17
17
Die resultaat is dat die oordra van die
R10 binne die bestek van die twee uitsonderings val en sodoende
'n verbode
bydrae is wat deur die verbodsbepaling van art 2
van die Wet getref word.
Op grond van die voorgaande kom ek tot
die gevolgtrekking dat die Hof a
quo se bevel korrek is.
Die resultaat is dat die appèl afgewys
word.
C. P. JOUBERT AR.
STEYN AR
F H GROSSKOPF AR Stem saam.
GOLDSTONE AR
PREISS Wn AR