South Africa: High Courts - Eastern Cape

You are here:
SAFLII >>
Databases >>
South Africa: High Courts - Eastern Cape >>
2008 >>
[2008] ZAECHC 119
| Noteup
| LawCite
S v Stuurman (80060) [2008] ZAECHC 119 (7 May 2008)
Download original files |
FORM A
FILING SHEET FOR SOUTH EASTERN CAPE LOCAL DIVISION JUDGMENT
PARTIES:
STAAT
TEEN
JOHANNES STUURMAN
Case Number: 080060
High Court: SUID-OOS KAAPSE PLAASLIKE AFDELING
DATE HEARD: 7 May 2008
DATE DELIVERED: 7 May 2008
JUDGE(S): LIEBENBERG R, JANSEN R
LEGAL REPRESENTATIVES –
Appearances:
For the Appellants(s):
for the Respondent(s):
Instructing attorneys:
Appellant(s)
Respondent(s):
CASE INFORMATION -
Nature of proceedings : Review
Topic:
Key Words:
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(SUID-OOS KAAPSE PLAASLIKE AFDELING)
HERSIENINGSNR: 080060
DATUM GELEWER:
IN DIE SAAK TUSSEN:
STAAT
TEEN
JOHANNES STUURMAN
HERSIENINGSUITSPRAAK
LIEBENBERG, R:
Die beskuldigde in hierdie saak was voor die landdros Uitenhage aangekla van ʼn oortreding van artikel 5 (b) van Wet 140 van 1992 (die “Wet”) naamlik dat hy handel gedryf het in dagga. In die alternatief was hy aangekla van ʼn oortreding van artikel 4 (b) van die Wet naamlik die besit of gebruik van dagga. Die beskuldigde het skuldig gepleit en volgens sy antwoorde op ondervraging van die landdros was dit duidelik dat hy op die alternatief wou skuldig pleit. Volgens die aantekening wat die landdros daarna op die rekord gemaak het, hy by die beskuldigde skuldig gevind “soos aangekla”. Dit het die uitwerking dat die beskuldigde skuldig bevind sou wees aan die hoofklagte naamlik handel in dagga.
Op grond van ʼn navraag deur my het die landdros redes verstrek. Dit blyk uit die redes dat hy inderdaad die beskuldigde aan die alternatief skuldig bevind het maar weens ʼn oorsig aan sy kant aangeteken het dat die beskuldigde skuldig bevind word “soos aangekla”. Hy vra dan dat die rekord reggestel word deur die woorde “soos aangekla” te vervang met “skuldig : alternatiewe klagte”. Na my oordeel sou dit voldoende wees om die woorde “soos aangekla” te vervang met die woorde “op die alternatiwe klagte” .
Ek het ook redes van die landdros gevra vir die vonnis van 12 maande gevangenisstraf indien die skuldigbevinding op die alternatiewe klagte sou wees. Die landdros het hierdie redes verstrek vir vonnis in die lig daarvan dat sy skuldigbevinding inderdaad bedoel was om op die alternatiewe klagtes te wees. Ek is tevrede dat die oplegging van die vonnis ooreenkomstig die reg was en dat die regstelling van die rekord soos deur die landdros versoek, moet geskied.
BEVEL:
Die woorde “soos aangekla” wat volg na die aantekening van die woord skuldig woord op die rekord deurgehaal en vervang met die woorde “op die alternatiewe klagte.” Die vonnis word bekragtig.
____________________________
H.J. LIEBENBERG
REGTER VAN DIE HOOGGEREGSHOF
JANSEN R:
EK STEM SAAM.
_____________________________
J.C.H. JANSEN
REGTER VAN DIE HOOGGEREGSHOF