South Africa: High Courts - Eastern Cape

You are here:
SAFLII >>
Databases >>
South Africa: High Courts - Eastern Cape >>
2009 >>
[2009] ZAECHC 9
| Noteup
| LawCite
S v Bernard (CC72/08) [2009] ZAECHC 9 (27 January 2009)
Download original files |
FORM A
FILING SHEET FOR SOUTH EASTERN CAPE LOCAL DIVISION JUDGMENT
PARTIES: DIE STAAT
en
DOROTHY ANTOINETTE HELEN BERNARD
Registrar: CC72/08
Magistrate:
High Court: EASTERN CAPE DIVISION
DATE HEARD: 09/1/09
DATE DELIVERED: 27/1/09
JUDGE(S): PLASKET, J:
LEGAL REPRESENTATIVES –
Appearances:
for the Plaintiff/s /Appellant(s): Adv. B Coetzee
for the Defendant/s /Respondent(s): Adv. Human
Instructing attorneys:
Appellant(s): DPP
Respondent(s): Netteltons,
CASE INFORMATION -
Nature of proceedings : Criminal case
IN DIE HOë HOF VAN SUID AFRIKA
(OOS-KAAPSE AFDELING)
Saak no. CC72/08
Datum van verhoor: 9/1/09
Datum van uitspraak:27/1/09
In die saak tussen:
DIE STAAT
en
DOROTHY ANTOINETTE HELEN BERNARD
UITSPRAAK: VONNIS
PLASKET, R:
[1] Ek het die beskuldigde skuldig bevind aan die moord van ene Jaco Venter, die oorledene. Dit is nou my taak om ‘n gepaste vonnis optelê vir die misdaad wat die beskuldigde gepleeg het.
[2] By vonnisoplegging moet ‘n hof, volgens die bekende saak van S v Zinn 1969 (2) SA 537 (A), op 540G-H, ‘n drietal faktore in ag neem. Hierdie faktore is die aard en erns van die misdaad, die persoonlike omstandighede van die misdadiger en die belange van die gemeenskap. Al het die bepalings van artikel 51 van die Strafregwysigingswet 105 van 1997 die opleg van vonnis in sekere belangrike aspekte verander, bly hierdie faktore nog steeds geldig; hulle is belangrik om te bepaal of die vonnis proporsioneel is. Sien S v Malgas 2001 (1) SASV 469 (HHA), paragraaf 22.
[3] Volgens artikel 51(2) van die Stafregwysigingswet, gelees met Deel II van Skedule 2 en artikel 51(3), is die minimum vonnis vir moord in die omstandighede van hierdie saak 15 jaar gevangenisstraf tensy dwingende en wesenlike omstandighede bestaan wat ‘n mindere vonnis regverdig. Die kern van die Wet se strafstelsel is soos volg deur Marais AR in die Malgas saak, op paragraaf 8 uiteengesit:
‘In what respects was it no longer to be business as usual? First, a court was not to be given a clean slate on which to inscribe whatever sentence it thought fit. Instead, it was required to approach that question conscious of the fact that the legislature has ordained life imprisonment or the particular prescribed period of imprisonment as the sentence which should ordinarily be imposed for commission of the listed crimes in the specified circumstances. In short, the Legislature aimed at ensuring a severe, standardised, and consistent response from the courts to the commission of such crimes unless there were, and could be seen to be, truly convincing reasons for a different response. When considering sentence the emphasis was to be shifted to the objective gravity of the type of crime and the public’s need for effective sanctions against it. But that did not mean that all other considerations were to be ignored. The residual discretion to decline to pass the sentence which the commission of such an offence would ordinarily attract plainly was given to the courts in recognition of the easily foreseeable injustices which could result from obliging them to pass the specified sentences come what may.’
[4] Oor die begrip van dwingende en wesenlike omstandighede sê die geleerde Appèl Regter op paragraaf 18 dat die howe ‘are required to regard the prescribed sentences as being generally appropriate for crimes of the kind specified and enjoined not to depart from them unless they are satisfied that there is weighty justification for doing so. A departure must be justified by reference to circumstances which can be seen to be substantial and compelling as contrasted with circumstances of little significance or of debatable validity or which reflect a purely personal preference unlikely to be shared by many’.
[5] Die feite is, kortliks, soos volg. Die beskuldigde en die oorledene het saam gebly in ‘n saamleef verhouding. Dit is gemene saak dat hierdie verhouding stormagtig was en dat, op albei kante, was geweld gebruik om verskille te besleg. In die vroegoggend ure van 2 Februarie 2008 het hulle met mekaar gestry. Op ‘n stadium het die beskuldigde ‘n mes opgetel en die oorledene twee keer gesteek.
[6] Die eerste steek wond was op die agterste kant van die oorledene se linker voorarm. Dit was toegedien, klaarblyklik, toe hy himself probeer verdedig het teen ‘n aanval gerig aan sy bolyf. Die tweede steek wond was die noodlottige wond. Dit het sy linker bors gepenetreer, sy derde ribbe geskeur en die linker long en sy hart getref. Toe die oorledene op die vloer gesak het, het die beskuldigde die woonstel verlaat, die deur gesluit en weggehardloop.
[7] Die misdaad is vanselfsprekend baie ernstig. Die beskuldigde het die lewe gevat van die pa van haar jongste kind. Sy moes, volgens Dr. Stuart Dwyer, geweldige krag gebruik het om die noodlottige wond, wat 100 mm diep was, te veroorsaak: soos ek reeds gesê het, het sy een van die oorledene se ribbes geskeur toe sy hom gesteek het. Hierdie soort geweld – sogenaamde domestic violence -- kom gereeld voor in Suid Afrika, en al moet ‘n mens sensitief wees in verband met die sosiale dinamika van intieme verhoudings, het die gemeenskap ‘n belang om sulke gedrag te bekamp: die gemeenskap verwag dat die howe effektief optree om hierdie sort geweld te ontmoedig deur gepaste vonnise optelê.
[8] Die beskuldigde was 35 jaar oud tentye van die pleging van die moord van die oorledene. Sy is ‘n eerste oortreder. Sy het matriek voltooi. Sy het by verkeie firmas in Grahamstad en elders gewerk, hoofsaaklik in administratiewe poste. Sy is die ma van drie kinders. Haar twee dogters bly met hulle pa, haar voormalige man, en die jongste, ‘n seun, bly met die oorledene se ouers.
[9] Die verhouding tussen die beskuldigde en die oorledene het in 2001 begin toe sy in Grahamstad kom woon het. Hulle het vir die meeste van die tyd saam gebly, maar, in 2005, het sy die gemene huis verlaat en betrokke geraak in ‘n verhouding met ‘n ander man. Sy en die oorledene het later versoen en sy het weer met die oorledene gebly vanaf 2005 tot sy dood.
[10] Die verhouding tussen die beskuldigde en die oorledene mag beskryf word as ‘n wedersydse vernielende verhouding. Dit was gekenmerk deur oordrewe jaloersheid op albei kante en, soos ek alreeds gesê het, deur die gebruik van geweld deur albei van hulle om verskille te besleg.
[11] Mevrou Mariaan Mavro, ‘n kliniese sielkundige, het getuig, onder andere, oor die persoonlikheids profiel van die beskuldigde. In haar verslag sê sy dat die ‘relationship with Mr. Venter was conflict ridden, verbal and physical assaults, from both parties, were a common occurrence according to Mrs Bernard’. Sy sê die volgende oor die effek van die verhouding op die persoonlikheid van die beskuldigde, en die effek van die oorledene se dood op haar:
‘Mrs Bernard relates that since she was in the relationship with Mr Venter her personality changed. “Ek het in ‘n heks verander, ek het vir die eerste keer in my lewe sulke intense woede ervaar, sedert die verhouding. As ek kwaad geword het het ek dit op ander uitgehaal, ek was baie aanvallend. Ek wat gewoonlik fout gevind het in myself het, het nou die fout in ander begin raak sien. Sedert hy oorlede is, is ek weer rustig en hoef nie meer in twyfel te leef nie, oor waar hy is nie, en of ons gaan ‘fight’. Ek het weer myself gevind.” She reports that although she misses Mr Venter desperately, she feels at peace and has gained some weight.’
Die verslag sê verder dat haar ‘greatest vice is her temper’, dat sy geneig is om haar probleme en gevoelens te internaliseer en dat ‘[w]hen she loses her temper, she completely decompensates’. Volgens Mevrou Mavro was die persoonlikhede van die beskuldigde en die oorledene ‘n gevaarlike kombinasie. Sy sê dat ‘Mrs Bernard and Mr Venter’s relational dynamics and their own personal pathologies in interaction set up a high risk context which inevitably would have led to disaster, either homicide or suicide’.
[12] Mevrou Mavro sê ook in haar verslag dat die beskuldigde se ‘anger problems are likely to interfere with her functioning in relationships’ en dat hierdie probleem van so ‘n ernstige aard is dat sy aanbeveel dat ‘Mrs Bernard should refrain from any further intimate relationship and although the prognosis is poor, enter intensive psychotherapy with focus on anger management’. Maar sy sê ook dat die beskuldigde ‘n beperkte bevoegheid gehad het om anders as met geweld optetree in die huidige omstandighede:
‘Acting according to the societal expectation of verbally solving disagreements or self-restraint, in the context of the crime, would require ego resources that Mrs Bernard did not have at her disposal at the time.’
[13] Oor die oorsaak van die beskuldigde se probleme gee Mevrou Mavro die volgende ontleding:
‘Mrs Bernard grew up in an inadequate psychological and psychosocial environment. The attachment with her mother was distant and hostile; the attachment with her father was secure and supportive, but short-lived. Although the Humans were supportive of each other, emotionally they were disconnected. The three younger Human siblings, although taken care of physically, were left to fend for themselves emotionally, especially after their father left. This is the place that Mrs Bernard had to develop her basic interpersonal relating skills. For Antoinette, her emotionally unavailable, hostile mother and disconnected relationships with her siblings entrenched the dynamic of having superficial relations with people. The emotional disconnection is also noticeable in the distant relationships she has with her children. She loves the concept of having children, but cannot maintain deep, caring, protective bonds with them.
The loss of her father came as a blow to her development. Confounding this loss was the tragic loss of her cousin. She internalised the principle that one has to be self-reliant and not love too deeply. Paradoxically, she would go on leading a life of desperate dependence on the men in her life. Needing to feel wanted and loved she was possibly prone to promiscuity and flirtatious behaviour with men. This would obviously cause tension in her serious relationships. With impaired interpersonal relating skills, abilities to deal with stressful circumstances and unresolved issues regarding the loss of her father she battled to cope in her intimate relationships. She found herself trapped between wanting the emotional closeness, and not being able to manage the relationship challenges. When she felt crossed or hurt in the relationship she would act out behaviourally by passive-aggressively leaving the house or she would act out with verbal or physical aggression. These dynamics are largely unconscious, as is reflected in the fantasy of marrying and being emotionally close and together forever. It seems that in her first marriage and her common law marriage to Mr Venter, she would pursue this ideal.’
[14] Na my mening is wesenlike en dwingende omstandighede teenwoordig wat ‘n mindere vonnis as 15 jaar gevangenisstraf regverdig. Hulle is die volgende kombinasie van faktore: eerstens, die feit dat die beskuldigde ‘n eerste oortreder is; tweedens, die wedersydse vernielende aard van die verhouding tussen die beskuldigde en die oorledene; derdens, die persoonlikheids probleem van die beskuldigde wat haar kwesbaar gemaak het vir die gebruik van geweld om probleme in die verhouding optelos; vierdens, die feit dat sy ook ‘n slagoffer van geweld was, wat deur die oorledene op haar toegedien was; vyfde, die feit dat sy nie ‘n direkte opset gehad het om die oorledene te dood nie; en sesde, die feit dat ‘n mate van provokasie, aan die kant van die oorledene, teenwoordig was. Hierdie kombinasie van faktore is, myns insiens, van so ‘n aard dat hulle kan, in die woorde van Marais AR in die Malgas saak, op paragraaf 25B, as ‘weighty justification’ vir die afwyking van die voorgeskrewe vonnis beskou kan word.
[15] Dit was deur Mnr Human betoog dat ‘n vonnis van gevangenisstraf volgens artikel 276(1)(i) van die Strafproseswet van pas sou wees. Hierdie artikel lees soos volg:
‘(1) Behoudens die bepalings van hierdie Wet en van ‘n ander wet of van die gemene reg, kan die volgende strawwe iemand opgelê word wat weens ‘n misdryf skuldig bevind word, naamlik –
…
(i) gevangenisstraf waaruit so iemand na goeddunke deur die Kommissaris of ‘n paroolraad onder korrektiewe toesig uitgeplaas kan word.’
[16] Artikel 276(1)(i) is onderhewig aan artikel 276A(2). Hierdie artikel lees soos volg:
‘Straf word slegs kragtens artikel 276(1)(i) opgelê –
indien die hof van oordeel is dat die misdryf die oplegging regverdig van gevangenisstraf, met of sonder die keuse van ‘n boete, vir ‘n tydperk van hoofstens vyf jaar; en
vir ‘n bepaalde tydperk wat nie vyf jaar te bowe gaan nie.’
[17] In die Malgas saak het Marais AR gesê dat die effek van die Strafregwysigingswet is om die objektiewe ernstigheid van die misdryf te beklemtoon (op paragraaf 8) en dat ‘account must be taken of the fact that crime of that particular kind has been singled out for severe punishment and that the sentence to be imposed in lieu of the prescribed sentence should be assessed paying due regard to the bench mark which the Legislature has provided’ (op paragraaf 25J).
[18] Ek is van mening dat die misdryf wat die beskuldigde gepleeg het van so ‘n ernstige aard is dat ‘n vonnis van veel meer as vyf jaar gevangenisstraf van pas is. As ‘n gevolg daarvan kan ‘n vonnis kragtens artikel 276(1)(i) nie opgelê word nie. Die blote feit dat ‘n persoon sy lewe verloor het maak hierdie ‘n baie ernstige misdryf. Dit word vererger deur die beskuldigde se geskiedenis van geweld in haar verhoudings, die beuselagtige aard van die insident wat haar provokeer het om die oorledene te steek en die mate van geweld wat sy toegedien het.
[19] As ek die versagtende en verswarende faktore opweeg en die aard van die misdryf, die belange van die gemeenskap en die persoonlike omstandighede van die beskuldigde in ag hou, is ek van mening dat ‘n vonnis van 12 jaar gevangenisstraf die nodige balans opmaak.
[20] Die beskuldigde word dus tot 12 jaar gevangenisstraf gevonnis.
______________________
C. PLASKET
REGTER
VERSKYNINGS
Namens die Staat: Mnr J.C. Coetzee, kantoor van die Direkteur van Openbare Gevolgings, Grahamstad
Namens die beskuldigde: Mnr F. Human, in opdrag van Netteltons, Grahamstad.