South Africa: High Courts - Gauteng

You are here:
SAFLII >>
Databases >>
South Africa: High Courts - Gauteng >>
2001 >>
[2001] ZAGPHC 18
| Noteup
| LawCite
S v Haupindi (134/00) [2001] ZAGPHC 18 (28 September 2001)
Download original files |
NEE RAPPORTEERBAAR
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(WITWATERSRANDSE PLAASLIKE AFDELING)
JOHANNESBURG
SAAKNOMMER: 134/00
DATUM:2001.08.28
In die saak tussen
DIE STAAT
en
JOHANNES HAUPINDI............................................................................................Beskuldigde
UITSPRAAK
WILLIS, R: Die beskuldigde het tereggestaan op drie aanklagte.
Die eerste is moord: Dit word beweer dat op of omtrent 23 Oktober 1998 en te of naby isithame Seksie, Tembisa, in die distrik van Kempton Park, die beskuldigde wederregtelik en opsetlik vir Victor Itani Dakome gedood het.
Die tweede aanklag is 'n oortreding van artikel 2 gelees met artikels 1 en 39 van Wet 75 van 1969, onwettige besit van 'n wapen: Dit word bewer dat op of omtrent die datum en te of naby die plek soos genoem in aanklag 1, die beskuldigde wederregtelik 'n vuurwapen, waarvan die kaliber onbekend is aan die staat, in sy besit gehad het sonder dat hy die houer was van 'n lisensie uitgereik ingevolge die bepalings van Wet 75 van 1969 om die genoemde wapen te besit.
Die derde aanklag is 'n oortreding van artikei 36 gelees met artikels 1 en 39 van Wet 75 van 1969, onwettige besit van ammunisie: dit word beweer dat op of omtrent die datum en te of naby die plek soos genoem in aanklag 1, die beskuldigde wederregtelik in besit was van ammunisie, waarvan die aantal onbekend is aan die staat, sonder dat hy in regmatige besit was van 'n wapen waaruit die genoemde ammunisie afgeskiet kan word.
Die staat word verteenwoordig deur adv Nel en die verdediging deur adv Hlazo.
Die beskuldigde het onskuldig gepleit op al drie aanklagte, en ingevolge artikei 115 van die Straf proses wet, 51 van 1977, het hy sy reg om te swyg uitgeoefen, naamlik, hy het geen pleitverduideliking gegee nie.
Nadat die verdediging sy saak gesluit het, het mnr Nel vir die staat, heeltemal tereg, toegegee dat die staat nie bo redelike twyfel bewys het dat die beskuldigde skuldig was aan aanklagte 2 en 3, naamlik die onwettige besit van 'n vuurwapen en die onwettige besit van ammunisie nie.
Die getuienis as geheel maak dit duidelik dat die beskuldigde in die loop van sy werk uitgereik was met 'n vuurwapen en ammunisie, en kon dus wettige besit van 'n vuurwapen en ammunisie gehad het. Dit is gemeensaak dat ten tye van die misdaad die beskuldigde werksaam was in die Suid-Afrikaanse Weermag. Hy was gestasioneer te Groep 31 te Germiston. Hy het gewerk by die intelligensie ("intelligence") seksie van die weermag. Sy werk het vereis dat hy van tyd tot tyd in Tembisa moet wees.
Daar was net een ooggetuie wat die misdaad aanbetref. Dit was die eerste staatsgetuie, naamlik Patrick Ndou. Hy was 'n leerling by Mwilaphanda Laer Primere Skool te Tembisa ten tye van die misdaad. Op daardie stadium was hy in Std.3 gewees. Op hierdie stadium is hy nou 19 jaar oud.
Dit is gemeensaak dat die oorledene die skoolhoof was van hierdie laer primere skool. Ten tye van die misdaad was mnr Ndou die kaptein van die skoolpatrotlie. Hy het gereeld skoolpatrolliewerk gedoen by die skool. Elke oggend stap hy van sy huis om 06.35 na die skool, en gewoonlik kom hy by die skool aan so om en by 06:50. Op pad na die skool op 23 Oktober 1998 het hy die skoolhoof ontmoet. Hy het saarn vir 'n entfie met die prinsipaal gestap en gese dat hy soek die sleutels om die patrolliegereedskap te kry. Toe het 'n ander man, wat die beskuldigde was, aangekom en agter die skoolhoof gesS "Bakomi". Hierdie man het in 'n ander stem gepraat, naamlik dat hy het probeer op daardie stadium om in Venda te praat maar kon dit nie goed gebruik nie. Die geture het die prinsipaal gelos en na die kantoor gegaan. Hy was van plan om daar te wag totdat die skoolhoof aankom. Na 'n rukkie het die skoolhoof nie aangekom nie, en hy het besluit om na die skoolhoof te gaan om die sleutels te gaan haal. Hy het toe gesien dat 'n bakleiery ontstaan het tussen die skoolhoof en die beskuldigde. Die beskuldigde het die skoolhoof aan sy das vasgehou. Die skoolhoof het probeer om hom te verdedig, en het begin verweer. Later het die beskuldigde 'n vuurwapen uitgehaal, dit was 'n pistoo/ gewees, en dit op die oorledene se voorkop gerig. Die beskuldigde het op daardie stadium in swak Zoeloe ges6: "Ek het vir jou vir 'n lang tyd gesoek, en ek kon jou nie kry nie". Sodra die getuie die beskuldigde sien die vuurwapen op die skoolhoof rig het hy probeer wegkruip. Twee skote het afgegaan. Hy het weggehardloop maar later teruggekeer na die plek waar hy gesien het dat die beskuldigde die vuurwapen op die skoolhoof rig, en die skoolhoof het dood op die grond gel§. Hierdie plek waar die skoolhoof gele het was so 'n entjie weg van die laer primere skool self.
Amper 'n jaar later, op 7 Oktober 1999, het die getuie die beskuldigde weer gesien. Hy het hom gesien toe hy in 'n wit Toyota Cressida aangekom het by die huis van die tweede staatsgetuie, Zanele Ramabulane. Hy het die feit aan fn onderwyser gerapporteer, en hierdie observasie het gelei tot die arrestaste van die beskuldigde en sy uitkenning op fn uitkenningsparade wat gehou was op 22 Oktober 1999.
Mnr Ndou het gese dat hy gesien het, toe die beskuldigde op 23 Oktober 1998 die skoolhoof geskiet het, dat hy 'n sogenaamde "camouflage" hemp gedra het. Hierdie getuie het 'n baie goeie indruk op die hof gemaak, en het homself glad nte in enige weseniike aspek weerspreek nie.
As ek die verdediging se saak reg verstaan, het hulle geen werklike kritiek teenoor hierdie getuie se getuienis gehad nie, behalwe dat hy miskien 'n bona fide tout gemaak het toe hy die beskuidigde uitgeken het. Die beskuldigde het self erken dat hierdie getuie volgens hom geen rede sou gehad het om hom valslik te inkrimineer nie.
Soos ek reeds gese het, was die tweede staatsgetuie Zanele Ramabulane. Sy was ten tye van die voorval die meisie van die beskuldigde, en hy was haar kerel ("boyfriend"). Sy het gese dat hy was uiters jaloers van aard, en het glad nie daarvan gehou dat sy met ander mans enigiets te doen moet h£ nie. Sy s£ dat sy het hom nog lief, maar die probleem is dat hy het haar van tyd tot tyd aangerand, gewoonlik uit jaloesie. Volgens haar het sy en die beskuldigde die vorige dag, naamlik 22 Oktober 1998, saamgestap na die skoolhoof se kantoor toe. Die rede hiervoor was dat Zanele Ramabulane, wat voorheen 'n leerling by hierdie skool was, sy hulp wou versoek in verband met die verkryging van 'n eksamentydtafel vir die einde van die jaar. Die beskuldigde was nie saam met haar gewees toe sy in die skoolhoof se kantoor gegaan het nie. Sy was daar saam met die skoolhoof vir ongeveer 30 tot 35 minute. Toe sy uitgekom het was die beskuldigde urters omgekrap, en hy het haar op 'n indirekte wyse beskuldig dat sy 'n liefdesverhouding met hierdie skoolhoof het. Sy ontken dat sy 'n liefdesverhouding met hom gehad het, maar het gese dat die beskuldigde seker so geglo het, en hy was baie omgekrap, soos ek reeds gese" het, en was ook baie kwaad gewees. Hy het later daardie dag teruggekeer na sy werk toe, naamlik hy het nie die nag by haar oorgebly nie.
Sy se dat sy so om 07:30 (na 7 uur) van haar-ma af gehoor het dat die skoolhoof geskiet was. Sy het die beskuldigde tussen 07:30 en 08:00 daardie oggend by die werk gebel en hom ingelig in verband met die skietery van die skoolhoof. Sy het die beskuldigde later daardie dag gesien. Sy se dat nadat die beskuldigde gearresteer was in verband met hierdie saak het hy herhaaldelik haar gevra om 'n verklaring te maak met die strekking dat hy, die beskuldigde, die nag van die 22ste by haar gebly het. Sy het glad nie saamgestem om dit te doen nie, en sy ontken ten sterkste dat die beskuldigde die nag van die 22ste by haar oornag het. Sy s§ dat in elk geval die beskuldigde het nie by haar oornag nie, maar dat as hulle saam vir 'n nag wil bly dat sy na sy kamer by die werk gegaan het.
Hierdie getuie het ook 'n baie goeie indruk op die hof gemaak, en sy het haar glad nie in enige wesenlike aspek weerspreek nie. Haar suster Lindiwe was as 'n getuie geroep om die weergawe wat aan Zanele Ramabulane gestel was te ontken, naamlik dat dit nie Zanele Ramabulane was wat die beskuldigde op die oggend van 23 Oktober 1998 gebel het nie, maar dat dit haar suster was. Lindiwe Ramabulane het ontken dat sy die beskuldigde op 23 Oktober 1998 gebel het, maar het bevestig dat sy teenwoordig was toe haar suster hom gebel het. Sy het ook gesien dat hy uiters omgekrap was op die dag van 22 Oktober 1998 nadat haar suster saam met hom na die skoolhoof gegaan het.
Daar is 'n klein weerspreking tussen haar getuienis en die van Zanele Ramabulane, naamlik dat Lindiwe se dat die beskuldigde Zanele direk beskuldig het dat sy 'n liefdesverhouding met die skoolhoof gehad het.
'n Sersant Tsolo het ook getuienis vir die staat gegee. Hy het getuienis in verband met die interpretasie van bewysstuk F gegee.
Sersant Tsolo het ten tye van die misdaad saam met die beskuldigde te Groep 31, Germiston gewerk. Bewysstuk F toon dat 'n teenwoordigheidsparade ("roll call parade") op 22 en 23 Oktober 1998 gehou is. Dit toon dat die beskuldigde sawe! as die getuie Abrie, wat vir die verdediging getuig het, teenwoordig was by hierdie parade. Sersant Tsolo het gese dat die parade gewoonlik tussen 07:50 en 08:30 gehou word. Hy het ook gese dat as dit bekend was dat 'n sekere persoon besig was met werk, byvoorbeeld met intelligensie in 'n ander gebied, hy as teenwoordig aangemerk sal word al was hy nie fisies teenwoordig by die parade nie. Hy het ook gese dat as 'n persoon sonder enige verduideliking versuim om op te daag, word die blokkie oopgehou tot 10:00 die oggend voordat daar gemerk word of hy teenwoordig of afwesig was.
Dit is gemeensaak dat dit ongeveer 30 minute neem om van Tembisa na die beskuldigde se werk te ry. Natuurlik is dit ietwat vinniger as 'n persoon in 'n gewone motor ry, ietwat stadiger as 'n persoon in 'n taxi ry, en 'n bietjie langer as gebruik gemaak word van 'n trein.
Die getuienis van sersant Tsolo is dus kieurioos wat die aantekening, dat die beskuldigde teenwoordig was by die parade, aanbetref. Met ander woorde urt sy onbetwiste getuienis was dit heel moontlik vir die beskuldigde om na die skietery van die skoolhoof na sy werk te ry en daar te wees voor of naby 07:30 die oggend, en ook sowel mnr Tsolo en die beskuldigde weerspreek. Hy het ges§ dat die parade so om en by 07:10 of 07:15 begin, maar hy het ook toegegee dat as dit bekend was aan die persoon wat die teenwoordigheidsparade gehou het dat 'n persoon besig was met ander werk in 'n ander gebied, dat daardie persoon as teenwoordig aangemerk sal word, al was die persoon nie fisies teenwoordig nie. Hy het ook toegegee dat 'n persoon het tot 10;00om te rapporteer en te verduidelik waarom hy nie die parade bygewoon het nie. Indien 'n persoon so maak word hy aangemerk op die vorm as teenwoordig by die parade, Hierdie getuie het toegegee dat hy geen onafhankiike herinnering het van die gebeure van 22 en 23 Oktober 1 998, en dus kan hy nie seker wees of die en hy daadwerklik fisies teenwoordig was op enige spesifieke stadium op die betrokke dag nie.
Die beskuldigde het ook getuienis gegee. Hy het ontken dat hy die oorledene geskiet het, en het gese dat hy by die werk was ten tye van die skietery. Hy het gese; dat Lindiwe Ramabulane, die suster van sy meisie Zanele, so om en by 07:30, kort voor die parade gehou was, gebel het.
Daar is verskeie onbevredigende aspekte in die beskuldigde se getuienis.
Die belangrikste is dat die getuienis van sersant Tsolo, oor die tyd en wyse waarop die teenwoordigheidsparade gehou was, glad nie betwis was, maar toe die beskuldigde in die getuiebank gegaan het het hy verskillende tye gegee wat die parade gewoonlik gehou was.
Hy het hom weerspreek of hy wel Zanele Ramabulane aangerand het. Later het hy toegegee dat hy wel haar op 'n stadium geslaan het. Hy het gese dat die rede waarom hy dit gedoen het was om homself te verdedig toe Zanele Ramabulane hom met 'n mes probeer steek het. Hierdie aspek was nooit aan Zanele Ramabulane gestel toe sy getuienis gegee het nie.
Die beskuldigde het hom weerspreek oor die rede waarom hy nie vir Zanele Ramabulane die Dggend van die 23ste gebel het nie. Op een stadium het hy gese dat hy vergeet het; op 'n ander stadium het hy gese dat hy te besig was die oggend.
Hy het hom weerspreek of hy, toe die voorval plaasgevind het, by die werk was of by die woonstelle was. Hy het oarspronklik ontken dat hy by Zanele se huis op 7 Oktober 1998 opgedaag het, en het gese dat hy beslis die laaste keer, voor sy arrestasie, op 9 September 1 999, die huis besoek het. Hy het later onder kruisverhoor toegegee dat hy moes verkeerd wees in verband met die datum 19 September 1999, en dat hy wel op 7 Oktober 1999 teenwoordig kon gewees het.
Hy het gese dat hy glad nie Zoeloe of Sotho of Venda of enige van die tale wat gewoonlik hier in Gauteng gepraat word kan praat nie, maar toe staatsgetuies getuienis gegee het met die strekking dat hy redelik Sotho kon praat, en dat hy so 'n bietjie Zoeloe kon praat, was hierdie getuienis glad nie betwis nie.
Die beskuldigde was ook baie huiwerig, veral onder kruisondervraging, en het toegegee dat hy geen verduideliking vir sekere van sy handelinge kon gee nie. Hy het 'n swak indruk op die hof gemaak.
Soos ek reeds gese het, wat die getuie Patrick Ndou 'n enkelgetuie. Dit is geykte reg dat hierdie getuienis baie sorgvuldig oorweeg moet word. Dit kan wees dat 'n geloofwaardige en 'n eerlike getuie 'n bona fide fout maak, maar daar is stawing vir hierdie identifikasie van die beskuldigde deur Patrick Ndou.
Die eerste betangrike aspek is dat hy oortuig was dat die persoon wat die skoolhoof geskiet het nie goeie Venda of Zoeloe kon praat nie. Dit is gemeensaak dat die persoon wat hy gei'dentifiseer het en uitgewys het, naamlik die beskuldigde, ten minste nie goeie Venda of Zoeloe kan praat nie. Die kanse is na my mening skraal dat, algemeen gesproke, 'n swartman wat in Gauteng woon nie Zoeloe kan praat nie. Dit hoogs toevallig dat die persoon wat hy uitgewys het, soos hy ges§ het, nie goed die tale van Venda en Zoeloe magtig was nie.
Dan is daar ook die stawing van die getuie Zanele. Volgens haar was die beskuldigde uiters jaloers gewees toe sy die vorige dag met die skoolhoof gepraat het. Dit gee nie slegs 'n motief nie, maar 'n verdere waarborg, dat die getuie Ndou nie heeltemai 'n eerlike fout kon gemaak het. Dit is hoogs toevallig dat die persoon wat hy uitgewys het die persoon was wat so jaloers was die vorige dag toe Zanele Ramabulane 'n afspraak met die skoolhoof gehad het.
Daar is ook 'n mate van stawing in die feit dat volgens hom het die beskuldigde hierdie "camouflage" tipe hemp gedra het wat die gewone uitrusting is wat die beskuldigde sou gekry het.
Verder is daar die stawing, volgens die getuie Zanele. Sy was, soos ek reeds gese het, 'n besondere goeie getuie en haar getuienis word in elke wesenlike aspek deur die van haar suster gestaaf.
Die getuienis van die beskuldigde was onbevredigend, soos ek reeds aangedui het. Die getuienis van sersant Tsolo sowel uiteindelik van korporaal Abrie dui op die feit dat bewysstuk F dui niks van enige belang aan met betrekking tot die pleging van hierdie misdaad nie.
Dit is geykte reg dat die getuienis moet as geheel oorweeg word. As ek die getuienis as geheel oorweeg is daar geen redelike moontiikheid dat die getuienis van die beskuldigde waar is, en dat die getuienis van mnr Patrick Ndou vals is nie.
Alles inaggenome aanvaar ek die getuienis van mnr Patrick Ndou sowel as sy getuienis in verband met die identifikasie van die as die persoon wat die skoolhoof geskiet het. Duidelik was hierdie skietery doelbewus gedoen, dit kon glad nie 'n nalatige skietery gewees het nie, en dit was nie die beskuldigde se saak dat hy die skoolhoof nalatig geskiet het nie. Die oorsaak van die dood, naamlik dat hy gesterf het as gevolg van die skietwonde wat hy op 23 Oktober 1998 opgedoen het, is gemeensaak.
Na my mening het die staat sy saak, wat aanklag 1 aanbetref, bo redelike twyfel bewys, en die beskuldigde word dus skuldig bevind aan moord.
Aanklag 1: u word skuldig bevind soos aangekla. Aanklag 2: u word onskuldig bevind. Aanklag 3: u word onskuldig bevind.
NAMENS DIE STAAT-
ADV P NEL
NAMENS DIE BESKULDIGDE-
ADV S B HLAZO