South Africa: High Courts - Gauteng

You are here:
SAFLII >>
Databases >>
South Africa: High Courts - Gauteng >>
2001 >>
[2001] ZAGPHC 19
| Noteup
| LawCite
S v Haupindi (134/00) [2001] ZAGPHC 19 (28 September 2001)
Download original files |
NOT REPORTABLE
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(WITWATERSRANDSE PLAASLIKE AFDELING)
JOHANNESBURG
SAAKNOMMER: 134/00
DATUM:2001.08.28
In die saak tussen:
DIE STAAT
en
JOHANNES HAUPINDI............................................................................................Beskuldigde
VONNIS
WILLIS. R: Dit is geykte reg in hierdie howe, en dit weerspieel die geakkumuleerde wysheid van vele generasies, dat die vonnis by die misdadiger sowel as by die misdaad moet pas, billik moet wees teenoor die staat en die beskuldigde, en moet vermeng wees met 'n mate van genade. Dit moet ook die samelewing sebelange weerspieel.
Die beskuldigde is 36 jaar oud. Dit biyk dat hy ongetroud is. Hy het twee kinders, een wat bly by sy suster, die ander by 'n ander gesinslid. Die beskuldigde is oorspronklik van Walvisbaai afkomstig. Op hierdie stadium het hy geen ouers nie. Hy het Std. 10 geslaag. Ten tye van sy arrestasie was hy werkloos gewees. Voorheen, soos ek reeds gemeld het, was hy werksaam in die Suid-Afrikaanse Weermag.
Die beskuldigde het 'n vorige veroordeling. Hy was voorheen op 13 Augustus 1986 skuldig bevind aan aanranding, en gevonnis tot 4 maande gevangenisstraf, wat opgeskort was vir 4 jaar op sekere voorwaardes wat op hierdie stadium onbekend is. Hierdie misdaad het 'n baie lang tyd gelede plaasgevind, en ek sal dit vir alle praktiese doeleindes ignoreer vir doeleindes van hierdie vonnis.
Hierdie misdaad van moord is 'n baie ernstige misdaad. Die beskuldigde het baie laag gedaal om dit te pleeg. 'n Waardevolle lid van die gemeenskap, 'n skoolhoof, is nou dood. Ten tye van sy dood was hy ook nog jonk. Hy was 36 jaar oud, 'n Mooi jong vrou is nou 'n weduwee en moet nou self sorg vir twee kinders, 'n 14-jarige seun en 'n 6-jarige dogter, Natuurlik is hierdie twee kinders nou vaderloos. Die oorledene het niks kwaad aan die beskuldigde gedoen nie. Die beskuldigde het hom koelbloedig vermoor. Dit blyk dat die beskuldigde die wapen waarmee hy uitgeretk was in die loop van sy werk by die weermag misbruik het. Hierdie misbruik is vanselfsprekend van 'n baie ernstige aard.
Aanvullend tot wat ek gese het in die eerste reels van hierdie uitspraak het vonnis dan ook vyf belangrike funksies:
1. Dit moet 'n algemene afskrikmiddel wees. Met ander woorde, dit moet ander lede van die gemeenskap afskrik om nie suike handelinge te verrig nie, of selfs te dink dat die prys betaal vir oortreding van die reg so laag is dat dit die moeite werd is.
2. Dit moet 'n spesifieke afskrikmiddel wees. Met ander woorde.
dit moet hierdie individu afskrik om homself nooit weer in die versoeking te stel om weer so 'n handeling te verrig nie.
3. Dit moet 'n geleentheid skep vir verbetering tensy dit heel duidelik hoogs onwaarskynlik blyk te wees.
4. Dit moet beskermend wees teenoor die samelewing. Met ander woorde, die gemeenskap moet beskerm word teen diegene wat dit skade wil aanrig.
5. Dit moet die samelewing se behoefte aan vergelding bevredig. Met ander woorde, die samelewing se woede ten apsigte van ernstige misdade tot bedaring bring.
Dit is heel duidelik in hierdie saak dat 'n lang tydperk van gevangenisstraf geregverdig word as daar aan elk van die vyf funksies voldoen wil word. Ek het geen twyfel dat die gemeenskap as geheel aandring op 'n lang tydperk van gevangenisstraf nie in 'n saak soos die.
Ek aanvaar in die guns van die beskuldigde dat hy uit jaloesie opgetree het. Ek aanvaar ook in sy guns dat hy lei aan 'n persoonlikheidsgebrek. Dit kan die entgste verduideliking wees vir sy eienaardige optrede.
Mnr Ne! vir die staat het betoog dat, weens die feit dat hierdie moord vooraf beplan was, lewenslange gevangenis vereis word in terme van artikel 51 van die Strafregwysigingswet, 105 van 1997, In die opsig het hy staat gemaak op die getuienis van Patrick Ndou, dat kort voordat hy die oorledene geskiet het, die beskuldigde aan hom gese het: "Ek het jou vir 'n lang tyd gesoek, en ek kon jou nie kry nie".
Alles inaggenome is dit nie duidelik dat die beskuldigde wel hierdie moord voorsf beplan het nie. Ons weet nie wat plaasgevind net kort voordat hy die oorledene geskiet het nie. Ons weet nie wat presies hom gelei het om hierdie grusame moord te pleeg nie. Hy moet die voorkeur van die twyfel geniet vera! in die lig van die feit, soos ek reeds bevind het, dat hy lei aan 'n persoonlikheidsgebrek, naamlik dat hy geneig is om uiters jaloers te wees.
In ieder geval, as ek die sake van S v Ma/gas 2001 (1) SASV 469 (SCAI en S v Dodo 2001(1) SASV 594 (CC) reg verstaan, is ek geregtig om 'n verminderde vonnis op te 16 as ek oortuig is dat 'n on reg sal plaasvind as die beskuldigde tot iewenslange gevangenisstraf gestraf word. Ek is van so 'n mening.
Soos ek reeds gesS het is hierdie 'n baie ernstige saak, maar dit is nie van die uiterste ernstigheid nie: dit was nie gedurende 'n roof gepleeg nie; dit was nie gepleeg gedurende 'n kaping nie, dit was nie gepleeg as deei van 'n verkragting nie; dit was nie gepleeg uit selfsugtige motiewe nie. Hierdie feite moet ook in die vonnis weerspieel word.
Alles inaggenome is die volgende die straf van die hof:
U word gevonnis tot 20 jaar gevangenisstraf vir die oortreding van moord.
NAMENS DIE ST A AT: ADV P NEL
NAMENS DIE BESKULDIGDE:ADV S B HLAZO