South Africa: High Courts - Gauteng

You are here:
SAFLII >>
Databases >>
South Africa: High Courts - Gauteng >>
2004 >>
[2004] ZAGPHC 1
| Noteup
| LawCite
S v Du Toit en Andere (CC91/03) [2004] ZAGPHC 1; 2004 (6) SA 85 (T) (28 July 2004)
BEGIN DEUR 'N "HEADER" TE MAAKSneller Verbatim/PJ
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(TRANSVAALSE PROVINSIALE AFDELING)
PRETORIA SAAKNOMMER: CC91/03
2004-07-28
In die saak tussen
M DU TOIT
(BESKULDIGDE 1)
EERSTE APPLIKANT
A T DU TOIT (BESKULDIGDE 2) TWEEDE APPLIKANT J C DU PLESSIS (BESKULDIGDE 3) DERDE APPLIKANT T V VORSTER (BESKULDIGDE 11) VIERDE APPLIKANT D J HANEKOM (BESKULDIGDE 12) VYFDE APPLIKANT J PRETORIUS (LETS) (BESKULDIGDE 13) SESDE APPLIKANT J D VAN DEN HEEVER (BESKULDIGDE 6) SEWENDE APPLIKANT G P VISAGIE (BESKULDIGDE 17) AGSTE APPLIKANT J PRETORIUS (BESKULDIGDE 19) NEGENDE APPLIKANT K PRETORIUS (BESKULDIGDE 20) TIENDE APPLIKANT W PRETORIUS (BESKULDIGDE 21) ELFDE APPLIKANT
EN
DIE DIREKTEUR VAN OPENBARE VERVOLGING
TRANSVAAL
RESPONDENT
IN RE:
DIE STAAT teen M T DU TOIT EN 22 ANDER ________________________________________________________________
U I T S P R A A K
________________________________________________________________
JORDAAN R: Twee-en-twintig beskuldigdes verskyn voor my en twee assessore op 'n aanklag van Hoogverraad en diverse ander klagtes. Die klagtes teen die beskuldigdes word uiteengesit in S v Du Toit en Andere (3) 2004 (1) SASV 66 (T) op 69i-70d. Op 28 Mei 2004 en daarna ook op 4 en 9 Junie 2004 het die Staat, synde die respondent in hierdie aansoek, 'n aantal dokumente op die verdedigingspanne in hierdie saak beteken. Op 28 Mei 2004 is 'n totaal van 100 dokumente oorhandig en 'n verdere sewe dokumente op 4 en 9 Junie. Dit is na aanleiding van hierdie dokumente dat daar nou voor my 'n aansoek geloods word by wyse van Kennisgewing van Mosie. Hierdie Kennisgewing van Mosie lees soos volg:
"GELIEWE KENNIS TE NEEM dat daar op 'n dag en tyd soos ooreengekom met Sy Edele
die Voorsittende Regter Jordaan en sy geleerde Assessore, sittende in bogemelde agbare hof, asook die onderskeie partye, aansoek
gedoen sal word vir 'n bevel in die volgende terme:
(1)
dat verlof verleen word dat hierdie aansoek as
'n interlokutore aansoek voor Sy Edele die Voorsittende Regter Jordaan, in bogemelde agbare hof aangehoor mag word.
(2) dat 'n verklarende bevel verleen word in terme waarvan die Respondent gebonde gehou word aan die Nadere Besonderhede soos verskaf in terme van artikel 87 van Wet 51 van 1977 asook die mededelings deur die Respondent op rekord geplaas, naamlik dat volle blootlegging van die saakdossier in bogemelde saak plaasgevind het. (3) 'n bevel in terme waarvan die Respondent verbied word om op enige wyse, hetsy regstreeks of onregstreeks die dokumente wat op 28 Mei 2004 en 4 Junie 2004 blootgel is, in die verhoor van die Applikante/ Beskuldigdes te gebruik. (4) as verdere afsonderlike en/of alternatiewe bede: 'n Verklarende bevel in terme van Artikel 38 van Wet 108 van 1996 in die volgende terme:
4.1
dat die Respondent se laat-blootlegging van dokumente en voorgenome aanbieding van sodanige dokumente in die verhoor van die Applikante
en ander beskuldigdes, die skending van die Applikante/Beskuldigdes se reg op 'n billike verhoor daarstel, alternatiewelik 'n dreigende
skending daarstel soos omskryf in artikel 35(3) van Wet 108 van 1996 (saamgelees met artikel 38 van Wet 108 van 1996).
4.2 dat indien die Agbare Hof inderdaad bevind dat daar sodanige skending of dreigende skending plaasgevind het of die moontlikheid daarvan bestaan:
(i)
dat die Staat gelas en verbied word om die dokumente soos voormeld, op enige wyse in die verhoor
van die Applikante/Beskuldigdes te gebruik, hetsy regstreeks of onregstreeks.
(ii) dat die Agbare Hof enige gepaste bevel en/of regshulp verleen ter beskerming van die Applikante/Beskuldigdes se reg tot 'n billike en regverdige verhoor.
(5)
dat geen kostebevel in hierdie aangeleentheid
gemaak word nie.
(6) verdere en/of alternatiewe regshulp." (sic) Vyf van die beskuldigdes was aanvanklik as applikante in die stukke gesiteer. Hulle is Beskuldigde 1, die Eerste Applikant, Beskuldigde 2, die Tweede Applikant, Beskuldigde 3, die Derde Applikant, Beskuldigde 11, die Vierde Applikant en Beskuldigde 12, die Vyfde applikant. Benewens voormelde applikante is ek meegedeel dat ook Beskuldigdes 6, 17, 19, 20 en 21 die aansoek ondersteun en as applikante in hierdie saak beskou moet word. Voorts is daar om doelmatigheidsredes wat vir doeleindes van hierdie uitspraak nie relevant is nie, besluit dat ook Beskuldigde 13 as 'n applikant beskou moet word. Dit wil my voorkom asof die res van die beskuldigdes neutraal staan teen hierdie aansoek met die uitsondering van Beskuldigdes 5, 7, 8, 9, 15, 18 en 22 aangesien hul advokaat, mnr Pistorius, en hul prokureur, mnr Kruger, uitdruklik gekonstateer het dat hulle ni hierdie aansoek ondersteun nie. Die Staat opponeer uiteraard die aansoek. Die saak het begin op 19 Mei 2003. Die Eerste Applikant meld in sy funderende eedsverklaring dat hy op 30 Maart 2003 die akte van beskuldiging in hierdie saak sowel as die volledige saakdossier ontvang het. Op 1 Julie 2003 is namens Beskuldigdes 1, 2 en 3, die eerste drie applikante in die huidige aansoek, 'n dokument geliasseer onder die opskrif "VERSKAFFING VAN BESONDERHEDE INGEVOLGE ARTIKEL 87(1) VAN DIE STRAFPROSESWET, 1977 (WET 51 VAN 1977) AAN BESKULDIGDES 1, 2 EN 3." Hierdie dokument en die Staat se antwoord daarop vorm die hoeksteen van die huidige aansoek. Die dokument lees soos volg:
"1.
Die Staat word versoek om alle boeke, geskrifte,
dokumente, foto's, videobandopnames, klankopnames en opsommings van mondelinge gesprekke wat relevant is tot die saak en/of waarvan
die Staat van voorneme is om op te steun aan bogenoemde beskuldigdes te verskaf en/of die beskuldigdes die geleentheid te bied om
dit na te gaan en of insae daarin te bekom.
2. Die Staat word versoek om hierdie inligting afsonderlik aan die beskuldigdes te verskaf en nie deel te vorm van die antwoord van die versoek nie. 3. Enige inligting wat reeds deur middel van die saakdossier verskaf is, is by hierdie versoek uitgesluit." Die antwoord wat die respondent hierop verstrek het lees soos volg:
"NEEM HIERMEE KENNIS dat, in soverre dokumentasie en ander bewysstukke vanaf
die Staat bekom was deur die beskuldigdes, alle dokumentasie en ander bewysstukke waarop die Staat van voorneme is om op te steun,
reeds aan die beskuldigdes verskaf was uitgesluit die dagboek van P.I.L. Du Plessis wat onder aparte dekking aan die beskuldigdes
verskaf sal word."
Opvallend is die feit dat die versoek in die alternatief ingeklee is. Die Staat word versoek om die vermelde items te verskaf, alternatiewelik dat hulle die geleentheid gebied word om die items na te gaan, alternatiewelik insae daarin te bekom. Dit is voorts van belang om daarop te let dat die versoek uitsluitlik gerig is namens Beskuldigdes 1, 2 en 3. Namens Beskuldigdes 10 en 12 is ook 'n versoek om nadere besonderhede geliasseer. Dit is nie nodig om na die besonderhede van hierdie versoek te verwys nie. Dit is 'n versoek om verdere besonderhede in die normale sin van die woord deurdat opklaring gevra word ten opsigte van sekere bewerings die beskuldigdes ten laste gel in die Akte van Beskuldiging. Daar is egter geen versoek soortgelyk aan di namens Beskuldigdes 1, 2 en 3 om die verskaffing van dokumente, ensovoorts nie. Paragraaf 4 van die Eerste Applikant se funderende eedsverklaring lees soos volg:
"Op Vrydag 28 Mei 2004 met die verdaging van die hof om 13:00 het die Staat
'n kartondoos met dokumente op die verdediging beteken. Die dokumente beslaan uit 100 verskillende dokumente (sic). Sekere van die
dokumente kom wel in die saakdossier voor. Die meeste daarvan is egter totaal nuwe getuienis wat aan ons verskaf is."
Die eerste applikant verwys ook na die feit dat adv van Rensburg, een van die staatsadvokate in hierdie saak, by die aanvang van die verhoor meegedeel het dat die totale dossier aan die verdediging oorhandig is. Hy verwys ook na die feit dat adv Fick SC in antwoord op 'n vraag deur my of daar iets is wat die verdediging nie het nie ges het: "Nie waarvan ek weet nie." Die eerste applikant beweer voorts in sy funderende verklaring dat die dokumente wat op hom en die Tweede en Derde Applikante betrekking het nooit deel van die aanvanklike dossier gevorm het nie, en dat 'n inventaris deur die Staat verskaf van dokumente nie korrek is waar dit tot die teendeel dui nie. Voorts voer die Eerste Applikant aan dat die Staat aan die verdere besonderhede wat verskaf is gebonde is. Hy voer aan dat hy, sowel as die Tweede en Derde Applikante, van die veronderstelling uitgegaan het dat daar geen verdere dokumente sou wees nie en op daardie basis hulle voorberei het vir hulle verhoor. Paragraaf 10 van die Eerste Applikant se funderende eedsverklaring lees soos volg:
"Die Staat het reeds my en beskuldigdes 2 en 3 se verweer soos vervat in die
gepriviligeerde dokument wat op 28 Oktober 2003 deur die polisie op beslag gel
is, in hulle besit en dra die Staat kennis daarvan. Ons is nou vas oortuig dat met hierdie oneerlike optrede van die Staat met betrekking
tot die dokumente en die Staat se kennis van wat ons verweer is, ons nie 'n regverdige verhoor sal h
nie."
Ek het met die kwessie van die beslaglegging van die beweerde gepriviligeerde dokument wat die verweer van Beskuldigdes 1, 2 en 3 vervat in 'n afsonderlike uitspraak mee gehandel. Sien S v Du Toit en Andere 2004 (1) SASV 341 (T). Die gebruik van die woord "oneerlik" is na my oordeel ongelukkig. Presies wie die persone is aan wie oneerlikheid toegedig word, word nie in hierdie verklaring nader toegelig nie. Die Tweede en Derde Applikante het ondersteunende eedsverklarings geliasseer waarin hulle hul met die inhoud van die eerste applikant se funderende eedsverklaring vereenselwig. In sy funderende eedsverklaring s die Vierde Applikant, Beskuldigde 11, dat die Staat na meer as 'n jaar dokumentasie voorl as bewysmateriaal teen homself en sy medebeskuldigdes. Hy s dan die volgende in paragraaf 4 van sy eedsverklaring:
"Alhoewel ek nie ingevolge artikel 87(1) van die Strafproseswet die Respondent
skriftelik versoek het om besonderhede te verstrek van die dokumente wat gebruik sal word as bewysmateriaal teen my nie het van my
mede-applikante dit inderdaad gedoen. Op sterkte daarvan het die Respondent sodanige besonderhede verstrek en ek is adviseer dat
die Respondent daaraan gebonde is. Ek is verder adviseer dat aangesien die Respondent reeds 'n lys verstrek van dokumente wat gebruik
sal word, ander dokumente uitgesluit word tensy 'n wysiging van die besonderhede toegestaan word." (sic)
Hy verwys ook na 'n verklaring van 'n Staatsgetuie, Henk Van Zyl, wat aan hom tevore beskikbaar gestel is en s dat die dokumente nou verskaf die omvang van Van Zyl se getuienis merkbaar uitbrei. Hy s dat die datums op die "nuwe dokumente" daarop dui dat dit reeds by die aanvang van die verhoor beskikbaar was. In paragraaf 9 van sy eedsverklaring s hy die volgende:
"Die strekking en inhoud van die nuwe dokumente stel nuwe getuienis teen my
daar wat van die staanspoor af aan die Respondent bekend was. In lig hiervan is dit duidelik dat die Respondent mala fides is in die voer van sy saak en probeer om op 'n uiters onbehoorlike wyse my grondwetlike reg op 'n billike en regverdige verhoor te
skend." (sic)
In sy funderende eedsverklaring s die Vyfde Applikant, Beskuldigde 12, dat ek in 'n vorige uitspraak in hierdie saak S v Du Toit en Andere (2) 2004 (1) SASV 47 op 61 ges het dat ingevolge die beslissing van die Konstitusionele Hof in die saak van Shabalala and Others v Attorney General of Transvaal and Another 1995 (2) SASV 761 (KH) die Staat verplig is om die dossier bloot te l en dat die totale dossier inderdaad op daardie stadium blootgel is. Hy voer ook verder aan dat hy geglo het dat die dokumente aanvanklik blootgel die enigstes was waarop die Staat sou steun en dat hy na aanleiding daarvan strategiese en taktiese besluite geneem het. Voorts s hy dat die Staat besig is met 'n "trial by ambush." Die opponerende eedsverklaring namens die respondent is gemaak deur die huidige ondersoekbeampte, Superintendent Vreugdenburg. In sy verklaring verdeel hy die dokumente wat in geskil is in die volgende kategorie :
1.
dokumente waarvan die bestaan nou waarskynlik die eerste keer tot die kennis van die applikante
gekom het;
2. dokumente wat reeds aan die applikante verskaf is en deel vorm van die oorspronklike dossier; 3. dokumente waarvan in verklarings melding gemaak word wat tevore reeds blootgel is as deel van die dossier; 4. dokumente wat gefotografeer is en in foto-albums vervat is wat reeds aan die verdediging verskaf is; 5. dokumente wat genoem word in die kwitansies wat aan die betrokke beskuldigdes verskaf is tydens arrestasies en deursoekings; 6. dokumente wat in die algemeen in verklarings genoem word sonder dat hulle gespesifiseer is. Onder hierdie hoofopskrifte bespreek Vreugdenburg dan elk van die 107 dokumente sonder om na die inhoud daarvan te verwys. Ek maak nou die volgende algemene opmerkings:
1.
Hoewel mnr Viviers wat in hoofsaak die betoog namens die applikante behartig het, tydens sy
betoog melding gemaak het dat ek geregtig is om die dokumente in te sien ten einde tot 'n beslissing in hierdie saak te raak, is
geeneen van die dokumente op enige stadium aan my getoon nie. Ek is op hierdie stadium totaal en al onbewus wat die inhoud van die
dokumente is.
2. Of die bewerings die beskuldigdes ten laste gel uitgebrei word weet ek dus nie. Ek het geen idee wat die impak van enige van daardie 107 dokumente op hierdie saak sal h nie. In sy repliek het mnr Viviers betoog dat ek op eie inisiatief na die dokumente kon gekyk het. Hierdie betoog gaan na my oordeel nie op nie. 'n Hof beoordeel enige aansoek in die vorm waarin dit voor die hof gel word. 3. Nie alle beskuldigdes ondersteun die aansoek nie. Soos vermeld het mnre Pistorius en Kruger aan my ges dat hul kli nte nie die aansoek ondersteun nie. Dit mag wees dat daardie beskuldigdes die aansoek nie ondersteun nie omdat hulle meen dat daar geen meriete daarin is nie of dat hulle meen dat die aansoek prematuur is of selfs dat hulle meen dat van die dokumente tot hulle voordeel sal strek. Dit is uit die aard van die saak slegs bespiegeling. 4. Ek word verdermeer gekonfronteer met 'n hele aantal feitedispute. 'n Hele aantal bewerings wat Vreugdenburg maak in die opponerende eedsverklaring word deur die Eerste Applikant in sy repliserende eedsverklaring in dispuut geplaas. So byvoorbeeld of sekere dokumente bekend as Dokumente 1 tot 11 reeds vroe r as wat beweer word in die vervolgingspan se besit was, of sekere dokumente in besit van die applikante was en of sekere dokumente in die dossier was of nie. Ook Beskuldigde 11, die Vierde Applikant, se repliserende eedsverklaring skep 'n aantal feitedispute. 'n Hele aantal van die bewerings deur Vreugdenburg gemaak word deur hom in dispuut geplaas en telkemale s hy in sy verklaring dat die respondent tot die bewys daarvan geplaas word. Ook in die repliserende eedsverklaring van Beskuldigde 12, die Vyfde Applikant, word feitedispute geskep. Die vraag ontstaan hoe moet ek hierdie feitedispute op hierdie stadium hanteer? Moet ek die toets in Plascon Evans Paints Ltd v Van Riebeeck Paints (Pty) Ltd [1984] ZASCA 51; 1984 (3) SA 623 (A) toepas? Moet ek 'n beslissing maak op die weergawe van die Respondent en daardie feite wat gemeensaak is tussen die partye? As dit die toets is dan kan die aansoek nie slaag nie. 5. 'n Verdere vraag wat ontstaan is of die versoek namens Beskuldigdes 1, 2 en 3 hierbo na verwys, inderdaad nadere besonderhede is soos bedoel in die bepalings van die Strafproseswet? Artikel 87(1) van die Strafproseswet, 51 van 1977 lees soos volg: "'n Beskuldigde kan in enige stadium voordat enige getuienis ten opsigte van 'n bepaalde aanklag gelei is, die vervolging skriftelik versoek om besonderhede of nadere besonderhede te verstrek oor 'n in daardie aanklag beweerde aangeleentheid, en die hof voor wie 'n aanklag hangende is, kan te enige tyd voordat getuienis ten opsigte van daardie aanklag gelei is, gelas dat besonderhede of nadere besonderhede aan die beskuldigde verstrek word oor 'n in die aanklag beweerde aangeleentheid, en kan, indien nodig, die verrigtinge verdaag sodat bedoelde besonderhede verstrek kan word."
Namens die respondent word betoog dat dit uit die bepalings van artikel 86, 87 en
88 van die Strafproseswet blyk dat dit duidelik is dat net sekere feite deel kan vorm van nadere besonderhede en dit is "noodsaaklike
bewerings", "woorde en besonderhede," "'n ander fout in die aanklag" (artikel 86); besonderhede of nadere
besonderhede "oor 'n in daardie aanklag beweerde aangeleentheid" (artikel 87), en "die weglating van 'n bewering wat
'n noodsaaklike bestanddeel van die betrokke misdryf is" (artikel 88).
Om te s dat die blote aanvra van dokumente, soos in hierdie geval, per se 'n versoek om nadere besonderhede daarstel wat die Staat bind as alles nie dadelik gegee word nie, skyn nie vir my die korrekte benadering te wees nie. In die saak van S v Tshabalala 1999 (1) SASV 163 (T) op 166h merk VAN DER WALT, R soos volg op:
"Die Strafproseswet is nog nie gewysig om gevolg te gee aan die uitspraak in
S v Shabalala nie. Wat die applikant by monde van mnr Pieters in hierdie saak poog om te doen en hoe die dossier bekom is, is om van die prosedure
uiteengesit in artikel 87 van die Strafproseswet gebruik te maak. Ingevolge artikel 87 kan die hof op aansoek die verskaffing van
besonderhede ten aansien van die klagstaat gelas. Die versoek om die dossier beskikbaar te stel is ooreenkomstig hierdie artikel
gerig. Die dossier is verskaf in hierdie onderhawige saak en uit hoofde daarvan is die betoog van mnr Pieters dat die Staat gebonde
is aan die besonderhede soos verskaf en dat daardie besonderhede in die vorm van die dossier dan noodwendig 'n uitbreiding van die
klagstaat is en die inhoud van die verklarings noodwendig die Staat bind. Met alle respek vir die betoog van mnr Pieters, is hierdie
'n foutiewe beskouing van die proses.
Artikel 87 mag bloot die middel wees wat beskuldigdes tans gebruik om die dossier te bekom, want daar is nie 'n ander manier wat die dossier bekom kan word volgens die Strafproseswet nie, maar inderdaad word daardie dossier verskaf, soos ek aangedui het, uit hoofde van artikel 32 en artikel 35 van die Grondwet en die dossier is nie 'n uitbreiding van die klagstaat nie. Logika s dit vir 'n mens, want verklarings is nooit deel van 'n klagstaat nie, 'n klagstaat bevat die feite en die elemente ten aansien van die misdryf. Hoe daardie element bewys word is die getuienis wat aangebied word, maar dit is nie deel van die klag nie. Maar wat meer is, getuienis word nog altyd beheer deur die bewysreg en die toelaatbaarheid van verklarings en getuienis word nie sommer maar net op papier voor 'n hof geplaas en uit die lug gegryp nie, daar moet 'n grondslag vir daardie getuienis gel word. Dit wil s as daar 'n verklaring van 'n getuie in 'n dossier is, al is dit onder eed, dan moet daardie getuie nog geroep word in die saak voor daardie verklaring deel van die verrigtinge en deel van die rekord voor daardie hof as getuienis kan wees teen die beskuldigde of ten voordele van die beskuldigde. Daardie verklaring is weer eens nie net toelaatbaar bloot by voorlegging by monde van die getuie wie se verklaring dit is nie, dit moet vasstaan dat daardie getuie wel die verklaring gemaak het, dat hy dit vrywillig gemaak het en dat hy die inhoud van daardie verklaring in sy getuienis as korrek erken."
LE ROUX R, wat met VAN DER WALT, R saamgestem het voeg die volgende by aan die einde
van die uitspraak op bladsy 169d:
"Ek wil net iets byvoeg wat miskien net onderstreep moet word, en dit is dat
na my mening is die gebruikmaking van 'n versoek onder artikel 87 van die Strafproseswet om die dossier wat aangevra kan word onder
die Shabalala uitspraak te verkry, nie die korrekte metode nie. Daar is, soos die geleerde voorsittende Regter daarop gewys het, nog nie 'n prosedure
daargestel nie, maar dit behoort na my mening nie onder daardie artikel gebring te word nie, maar by wyse van 'n skriftelike versoek
gerig aan die Prokureur-Generaal, andersins stem ek saam met die bevinding en die uitspraak."
VAN DER WALT, R het hierby toegevoeg:
"Ek gaan akkoord met die prosedurevoorstel. Dit is dan die bevel wat die Hof
maak."
Hierdie beslissing, waaraan ek gebonde is, is na my oordeel die doodskoot vir die
argument dat die Staat nie verdere dokumente mag voorl
nie omdat hulle hulself in die antwoord op die versoek om nadere besonderhede slegs tot sekere dokumente beperk het.
Na analogie kan ook verwys word na die beslissing in S v Mlonyeni and Others 1994 (2) SASV 255 (E) op 260B-E:
"But the present case does not involve the amendment of a charge or of the
further particulars thereto. The particulars requested and furnished in the instant case were not particulars 'of any matter alleged
in that charge', but were specifically requested as particulars to the summary of substantial facts, which, as already mentioned,
is not an integral part of the charge. It is true that there is no provision in the Act for particulars to be furnished to the summary
of substantial facts. If, however, the State chooses on request to furnish further particulars to such summary, such particulars
are part of the summary, the contents of which do not bind the State, and do not become particulars to the charge."
Na my oordeel is die volgende submissies wat die respondente in hul hoofde van betoog
voor my maak in paragraaf 10 daarvan korrek:
"Om 'n vraag te antwoord ten aansien van welke bewysmateriaal alles teen die
beskuldigdes gebruik gaan word, deel van nadere besonderhede te maak deur dit onder artikel 87 van die Strafkode te doen, maak dit
nog nie nadere besonderhede ingevolge daardie artikel nie. ('n Zebra word nie 'n Arabierperd omdat hy so genoem word nie!) Die feit
van die saak is:
10.1
Niks wat gevra of geantwoord was deur die eerste drie
applikante, of die antwoord van die respondent, kan selfs op die wydste moontlike uitleg onder die bewoording van enige van artikels
86 tot 88 ingebring word nie; dus nie noodsaaklike bewerings, 'n fout in die aanklag, besonderhede oor 'n beweerde aanklag of 'n
noodsaaklike bestanddeel van die aanklag nie;
10.2 Die toets is eenvoudig. Het die inligting wat gevra is en gegee is, enige aanklag op enige wyse verander of selfs uitgebrei? Die antwoord is ooglopend 'nee'. 10.3 Geen aanklag teen enige van die applikante is uitgebrei of verander in die minste nie. 10.4 Van die dokumente, en die hof weet glad nie wat dit is nie, is eenvoudig net getuienis wat die respondent sal voorl as getuienis om die bestaande bewerings in die aanklag, en van die beskuldigdes se kennis omtrent die bewerings van wat hul ten laste gel word, te bewys. 10.5 Die bevel wat gevra word is inderdaad vreemd. Voordat die Staat dalk mag aansoek doen om wysiging van nadere besonderhede, vra die applikante die hof om, op hoegenaamd geen inligting omtrent wat, waar en wat die omvang mag wees van die verlangde wysiging, die Staat byvoorbaat te verbied om dit te mag wysig."
6.
Ek is voorts van oordeel dat selfs al sou die dokument as 'n versoek om nadere besonderhede
beskou word, dit alleenlik die geskilpunte afbaken tussen di
wat die nadere besonderhede vra, nl. die eerste drie applikante en die respondent. Hoe ges
kan word dat dit die respondent bind ook ten aansien van daardie beskuldigdes wat ni
daardie besonderhede gevra het nie, is vir my totaal en al onduidelik. Enige poging om dit te doen deur die vierde tot elfde applikante
is na my oordeel misplaas.
7. Dit is vir my totaal en al onduidelik welke dokumente die applikante my versoek om ontoelaatbaar te bevind. Die dokumente wat ek gevra word om uit te sluit word nie gespesifiseer nie. In paragraaf 4 van sy funderende eedsverklaring gee die Eerste Applikant toe dat sekere van die dokumente wel deel van die dossier vorm. Sonder dat ek die dokumente ingesien het, word ek gevra om 'n bevel ooreenkomstig die Kennisgewing van Mosie te maak. Hoe daar van my verwag kan word om onder hierdie omstandighede so 'n bevel te maak is vir my duister. Die aard van die dokumente en die bewyswaarde daarvan is bedek met 'n sluier van geheimhouding. Ek stem saam met die respondent se submissie dat ek weer eens geblinddoek deur 'n doringbos gelei word. Ek word meegedeel dat sommige van die dokumente nie die applikante raak nie, maar wel van die beskuldigdes wat nie die aansoek ondersteun nie. Hoe kan ek onder daardie omstandighede daardie dokumente uitsluit? 8. Namens die respondent word betoog dat geen beskuldigde enige pleitverduideliking verskaf het nie en verder is daar geen erkennings ingevolge die bepalings van artikel 220 van die Strafproseswet gemaak nie. Dit is inderdaad so. Van die beskuldigdes, nie almal nie, se verwere is, sover dit nodig is, aan die twee Staatsgetuies wat reeds getuig het, Smit en Du Plessis, gestel. Die verwere kom dus geleidelik na vore soos die regsverteenwoordigers dit nodig ag om dit te stel. Na my oordeel moet die antwoord wat verstrek is op Beskuldigdes 1, 2 en 3 se versoek in konteks gesien word. Die antwoord is heel aan die beginstadium van die verhoor verstrek. Ek meen dit was nie in dispuut nie, dat dit nie ges kan word dat die ondersoekwerk by die aanvang van die saak met skreeuende bande tot stilstand kom en dat sekere opvolgwerk nie gedoen kan word nie. Dit is nie voor my betoog dat as 'n nuwe dokument of getuie nou na vore sou kom, die respondent nie geregtig sal wees om daarvan gebruik te maak nie. Dit is inderdaad in soveel woorde toegegee. Die beswaar is egter as ek dit reg verstaan, dat die respondent in besit van dokumente was wat nou eers blootgel word. Of daar op hierdie basis 'n beswaar kan wees teen die blootlegging van dokumente, kan na my oordeel nie as 'n vaste feit gekonstateer word nie. 'n Dokument mag aanvanklik lyk na iets wat nie tot die geskilpunte bydra nie, maar later, soos verdere feite na vore kom, en soos geskilpunte nader omlyn word, mag dit relevant raak. Met behoud van die beginsel dat 'n regverdige verhoor vir die beskuldigdes 'n kosbare kleinood is waaroor die Grondwet heilig waak, moet nie uit die oog verloor word nie dat die taak van 'n geregshof die soeke na die waarheid is. Dit hou natuurlik nie in dat 'n hof blindweg na alles moet luister in sy soeke na die waarheid nie. Die re ls van die bewysreg oor wat toelaatbaar is of nie, en bowenal die beginsels neergel in die Grondwet, is nie onderhandelbaar nie. 'n Regverdige strafverhoor is egter 'n goue muntstuk met twee kante. Die beskuldigdes se kant, maar ook die Staat se kant. Ek word gevra om die respondent te verbied om die 107 dokumente wat nou blootgel is regstreeks of onregstreeks te gebruik. Onder onregstreeks verstaan ek dat 'n getuie glad nie in sy getuienis na een van die 107 dokumente mag verwys nie, of hoegenaamd nie iets mag getuig wat sy oorsprong in een van die dokumente het nie. Ek word gevra om die respondent op hierdie wyse te muilband onder die volgende omstandighede:
1.
Ek het nie die vaagste benul wat in enige van die dokumente vervat is nie.
2. Ten aansien van sommige dokumente bestaan daar op hierdie stadium ernstige feitedispute wat beslis nie op eedsverklarings oplosbaar is nie. 3. Die respondent beweer dat dit in besit is van trommels vol dokumente bestaande uit boeke, tydskrifte, lesings, ens. waarop beslag gel is en beweer dat daar by herhaling 'n uitnodiging aan die verdedigingspanne gerig was om dit te kom besigtig. Ek herinner my aan minstens een so 'n geleentheid wat mnr Fick op rekord so 'n uitnodiging gerig het. Daar is ook skriftelike uitnodigings in di verband by die stukke aangeheg wat dit bevestig. Enige ontkenning van sodanige uitnodiging kan dus, na my oordeel, nie ernstig opgeneem word nie. Daar was voor my gesubmitteer dat die verdediging nie in die respondent se laaie en kaste kan gaan krap nie. Hierdie submissie is vergesog. As die respondent 'n uitnodiging rig aan die verdediging om te kom kyk wat in hulle besit is, kan dit tog by wyse van afsprake op 'n behoorlike en geordende wyse gedoen word. As daar tyd nodig was om dit te doen sou ek inderdaad die saak vir daardie doeleindes laat afstaan het, indien nodig. 'n Ander submissie in di verband, is dat die verdediging van oordeel was dat die dokumente wat blootgel is al is waarop die respondent gaan steun en dit nie nodig was vir hulle om na die res te gaan kyk nie. Hierdie submissie vind ek, om die minste te s , vreemd. 'n Regsverteenwoordiger laat immers geen steen onaangeroer om in belang van sy kli nt elke moontlike en onmoontlike bron van inligting te ontgin om sodoende tussen ruwe erts 'n brokkie goud vir sy kli nt te vind nie. 4. Die respondent s vir my dat dit nie 'n uitgemaakte saak is dat elk en 'n ieder van die dokumente deur hulle gebruik gaan word nie. Hieroor kan ek uit die aard van die saak nou geen oordeel fel nie. Op welke basis kan ek 'n dokument ontoelaatbaar vind wat dalk nie eers in die verhoor die lig gaan sien nie? 5. Die respondent s verder vir my dat van die dokumente nie relevant is vir hierdie saak nie, maar dat dit bedoel is vir borgaansoeke wat die beskuldigdes gebring het of staan te bring. Ek het nie, en ek gaan nie, die borgaansoeke aanhoor nie. Hoe kan ek dokumente verbied wat in 'n ander hof moontlik gebruik staan te word? 6. Die respondent s vir my dat daar is dokumente in die beskuldigdes se guns. Ek weet nie of dit so is nie, want ek het geeneen van die dokumente gesien nie. As dit wel so is dat 'n dokument of dokumente in die guns van 'n beskuldigde is, op welke basis, moet ek dit dan op hierdie stadium uitsluit. Ek word deur die respondent meegedeel dat die gewraakte dokumente op een sinsnede na nie die getuienis van Smit of Du Plessis, wat reeds in die saak getuig het, raak nie. Du Plessis sal teruggeroep word om, sover ek kan aflei, een van die dokumente as die sogenaamde Meritokrasiedokument waarna hy in sy getuienis verwys het, te identifiseer of nie te identifiseer nie. Die dokumente is oorhandig ongeveer twee weke voor 'n vyf weke hofreses. As dit nie genoeg tyd was vir die verdedigingspanne om die nodige voorbereiding te doen nie, sal ek nog verdere tyd, wie dit ookal nodig het, gun. Ten aansien van die beweerde nadeel wat die applikante ly word bloot vae en algemene bewerings in eedsverklarings gemaak. Toe dit die applikante gepas het om dokumente buite die blootgelegde dokumente te vra, het hulle nie gehuiwer nie. Sprekende voorbeelde hiervan is die SAP5-le r met betrekking tot Smit se getuienis, en transkripsies van gesprekke wat Smit sou opgeneem het op die een of ander wyse. Sonder enige twyfel is hierdie aansoek totaal prematuur en ongefundeerd. Die afwysing van die aansoek in sy huidige vorm beteken natuurlik nie dat ek daarmee onmiddellik die bevinding maak dat elk en ieder van die 107 dokumente toelaatbaar is nie. Soos die tyd kom sal elke dokument op sy meriete oorweeg word. Ek kan nie anders as om te bevind dat die huidige aansoek prematuur is nie. Ek kan alleenlik 'n ingeligde beslissing maak oor die toelaatbaarheid van 'n dokument as ek van die inhoud daarvan bewus is. Dit blyk duidelik uit beslissings soos S v Mlwandle 1999 (2) SASV 471 (CkHC) op 476Cg-h:
"It is manifest, too, that the court must have insight into such evidence before
it can be in a position to determine its impact on the accused's right to a fair trial and whether it is admissible or not. An order
which interdicts and restrains the State from conducting further investigations and debars it from presenting the evidence obtained
in pursuance thereof, has far-reaching consequences. In my view, it would be ill-advised, if not impossible, for a court to decide
on the admissibility of such evidence without it having been placed before the court for consideration."
Sien ook Key v Attorney General, Cape Provincial Divison and Another [1996] ZACC 25; 1996 (4) SA 187 (CC) op 196 para. 14:
"If the evidence to which the applicant objects is tendered in criminal proceedings
against him, he will be entitled at that stage to raise objections to its admissibility. It will then be for the trial Judge to decide
whether the circumstances are such that fairness requires the evidence to be excluded. It follows that the applicant is not entitled
to an order from this Court in these proceedings that the evidence secured as a result of the searches and seizures will be inadmissible
in criminal proceedings against him. Insofar as the decision in Park Ross is inconsistent with this conclusion, it must be taken to be incorrect."
Die respondent se betoog is dat die grootste gros van die dokumente nie as nuwe dokumente beskou kan word nie. Sommige dokumente is wel op die respondent se weergawe nuwe dokumente. Die blote feit egter dat 'n dokument eers op 'n later stadium blootgel word, beteken nie dat dit slegs om daardie rede uitgesluit behoort te word nie. Sien in hierdie verband S v Botha en Andere 1994 (2) SASV 541 op 567F:
"Die vyfde beginsel is dat die aanvanklike blootlegging moet geskied v
r die pleitstadium bereik word. Dit is egter volgens die Regter 'n voortdurende verpligting, en as verdere feite aan die lig kom
moet die Staat so gou doenlik daardie feite aan die verdediging deurgee."
Hierdie is 'n uitspraak van LE ROUX, R waarin hy met goedkeuring verwys na Boucher v The Queen (1955) 110 CCC263 [1955] SCR 16,20 CR1 'n beslissing van die Kanadese hof. Sien ook S v Smile 1998 (1) SASV 688 (HHA) waar beslis is dat 'n latere blootlegging van dokumente inderdaad toelaatbaar is, en nie 'n verhoor onregverdig maak nie. Sien ook Nortje en Ander v Attorney General, Cape, and Another 1995 (2) SA 460 op 483 en S v Mlwandle, supra op 476f waar soos volg opgemerk word:
"It seems to me that a situation may well arise where the investigations being
conducted by the State, whether before or during a trial, may be of such a nature that a court is constraint to exclude the evidence
obtained in consequence thereof. In my view, it will depend on the facts and circumstances of a particular case whether such a decision
is justified or not. Accordingly, the decision whether the State should be restrained from conducting further investigations should
only be taken on a case-by-case basis."
Die volgende bevel word dus gemaak:
1.
Die aansoek word van die hand gewys;
2. Geen kostebevel word gemaak nie.
-----o0o-----
|