South Africa: High Courts - Gauteng Support SAFLII

You are here:  SAFLII >> Databases >> South Africa: High Courts - Gauteng >> 2005 >> [2005] ZAGPHC 104

| Noteup | LawCite

Enslin v Padongelukkefonds (31487/03) [2005] ZAGPHC 104 (4 October 2005)

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(TRANSVAALSE PROVINSIALE AFDELING)

Saaknommer: 31487/2003

In die saak tussen:

RIAAN ENSLIN Eiser

en

PADONGELUKKEFONDS Verweerder

______________________________________________________________
UITSPRAAK
______________________________________________________________

SOUTHWOOD R

[1]      Om ongeveer 13h30 op 5 November 2002 en op die pad tussen Bochum en Tolwe, Limpopo Provinsie, het ‘n botsing plaasgevind tussen ‘n ligte afleweringswa met registrasienommer BDW864N (‘die bakkie’), bestuur deur die eiser, en ‘n meganiese perd en leunwa met registrasienommer DLR399N bestuur deur J. Mathaladisa. Die botsing het helder oordag plaasgevind. Die weersomstandighede was goed en die bestuurders se uitsig is nie deur stof of deur die weersomstandighede belemmer nie. Voor die botsing het die voertuie in teenoorgestelde rigtings op die Bochum/Tolwe pad, ‘n plattelandse gruispad, gery. Die eiser het vanaf Bochum na Tolwe, d.w.s. vanaf oos na wes, gery en die meganiese perd en leunwa vanaf Tolwe na Bochum, d.w.s. vanaf wes na oos. Die botsing het plaasgevind nadat die eiser se voertuig veilig by die meganiese perd verbygery het en die regtervoorpunt van die bakkie die regteragterwiele van die leunwa getref het.

[2]      Die eiser beweer dat hy liggaamlike beserings as gevolg van die botsing opgedoen het en vorder skadevergoeding van die verweerder. Die partye het ooreengekom dat die kwessie van die verweerder se aanspreeklikheid eerste en afsonderlik van enige ander geskilpunt beslis moet word en by die aanvang van die verhoor is ‘n bevel in terme van Re l 33(4) gemaak.

[3]      Die eiser was ten tyde van die botsing ‘n werknemer van Trentyre. Hy was op pad na ‘n voertuig wat onklaar geraak het om hulp te verleen. Daar was vier groot buitebande op die bakkie se bak wat tussen 600 en 700 kg geweeg het. Die eiser was vergesel van sy assistent Hlengani Godfrey Kubayi. Die eiser het op ‘n stadium tussen 80 en 90 km/h gery maar toe hy die plek van die botsing genader het, het hy spoed verminder. Hy het oor ‘n lae bruggie gery en toe die draai genader waar die botsing plaasgevind het. Hy het die perd en leunwa vir die eerste keer in aantog opgemerk toe hulle ongeveer 50 meter weg was. Die eiser het nie links of regs geswaai nie, het nie sy toeter geblaas nie en het nie sy remme aangeslaan nie. Hy het aan die linkerkant van die pad gebly en het die meganiese perd veilig aan sy (d.w.s. die bakkie) korrekte kant van die pad verbygery. Die bakkie het egter met die leunwa se regteragterwiele gebots.

[4]      Mathaladisa was op pad om ‘n vrag sement af te lewer. Die perd en leunwa is ‘n baie groot voertuig. Mathaladisa het die lengte van die voertuig (waarskynlik konserwatief) op 13 meter geskat en volgens sy beskrywing is die vloer van die kajuit ongeveer 1.6 meter bokant die grond en kan hy nie die kajuit se dak raak as hy langs die voertuig staan nie. Daar was ten tyde van die botsing 720 sakke sement op die leunwa wat 36 000 kg (36 ton) geweeg het. Mathaladisa is vergesel van sy asssistent, William, wat links in die kajuit gesit het. Volgens Mathaladisa het hy nooit vinniger as 25 km/h gery terwyl hy die plek van die botsing genader het nie. Hy het by ‘n bruggie in die pad stilgehou omdat dit net breed genoeg vir een voertuig was. Hy wou seker maak dat daar nie verkeer in die teenoorgestelde rigting gery het nie. Hy het toe in eerste rat weggetrek, oor die brug en teen die opdraand opgery. Hy het die pad gevolg soos dit na regs gedraai het en daarna, na links. Op ‘n stadium het hy oorgeskakel na tweede rat. Hy was bewus van sy spoed omdat die ratte volgens die spoed gebruik word. Hy het teen ‘n spoed van tussen 23 en 24 km/h gery en hy het aan die linkerkant van die pad gebly. Hy het om ‘n geleidelike draai na links gery toe hy die eiser se bakkie van voor sien aankom het. Volgens Mathaladisa het die bakkie vinnig gery (‘It was running at a high speed’). Dit het om die draai gekom, die meganiese perd aan sy, Mathaladisa se, regterkant verby beweeg en met die leunwa se agterwiele gebots nadat dit langs die leunwa se kant geskuur het. Volgens Mathaladisa was sy voertuig nog op sy korrekte kant van die pad.

[5]      Die eiser se advokaat het toegegee dat indien Mathaladisa deurgaans op sy korrekte kant van die pad gery het, soos hy getuig het, was hy nie nalatig nie. Daar was niks wat hy kon doen om die botsing te vermy nie. Die eiser se advokaat het egter betoog dat Mathaladisa se getuienis dat hy nie na sy verkeerde kant van die pad oorbeweeg het nie, nie aanvaar kan word nie en dat hy of heeltemal of gedeeltelik na sy verkeerde kant van die pad oorbeweeg het en sodoende die pad vir die eiser versper het. Dit is hoekom die botsing plaasgevind het. Hy het ook aan die hand gedoen dat daar getuienis is dat die perd en leunwa te na aan die middel van die pad gery het, in welke geval Mathaladisa ook nalatig was.

[6]      In sy besonderhede van vordering het die eiser die gebruiklike gronde van nalatigheid beweer. Benewens hierdie gronde het die eiser beweer dat Mathaladisa nalatig was omdat –

‘5.4     Hy met sy voertuig aan die verkeerde kant van die pad gery het op ‘n tydstip waar en wanneer dit vir hom onveilig was;

5.5      Hy het met sy voertuig in die rybaan van aankomende verkeer ingery op ‘n tydstip en plek waar en wanneer dit vir hom onveilig was.’


Daar is geen bewering dat Mathaladisa te naby aan die middel van die pad gery het nie.

[7]      Die verweerder het gepleit dat die botsing uitsluitlik deur die nalatigheid van die eiser veroorsaak is. Die verweerder het onder andere beweer dat –

        
         (a)      die eiser versuim het om ‘n behoorlike uitkyk te hou;

(b)      die eiser versuim het om die remme van sy voertuig voldoende, betyds of hoegenaamd aan te wend;

        
         (c)      die eiser versuim het om sy voertuig behoorlik te beheer;

(d)      die eiser het op ‘n gevaarlike en ongele tydstip na sy verkeerde kant van die pad oorbeweeg waar sy voertuig met die leunwa gebots het.

[8]      Onder die omstandighede wat ten tyde van hierdie botsing geheers het, is dit moeilik om te begryp hoe ‘n botsing kon plaasvind. Albei voertuie was vir ‘n aansienlike afstand (geskat op ongeveer 170 meter) en tyd vir mekaar sigbaar. Die meganiese perd en leunwa was baie groot en het stadig gery. Dit was baie swaar gelaai. Toe die botsing plaasgevind het was die perd en leunwa besig om ‘n geleidelike draai na links uit te voer. Die getuienis dui onteenseglik aan dat as die perd draai die leunwa die spore van die perd volg en dat as die perd skerp draai die leunwa nie die perd se spore volg nie maar die hoek sny. Dit staan gevolglik vas dat die leunwa nie op sy verkeerde kant van die pad kan kom nie tensy die perd op die verkeerde kant van die pad gery het. Dit is die eiser se saak dat Mathaladisa na sy verkeerde kant beweeg het om ‘n ongelyke rotsformasie wat ongeveer een meter oor die pad gestrek het te vermy. Die eiser se advokaat het aangevoer dat die eiser se getuies, die eiser self en Kubayi, geloofwaardig en betroubaar is en dat hulle getuienis bo die getuienis van Mathaladisa verkies behoort te word. Mathaladisa se assistent het nie getuig nie. Die verweerder se advokaat het die hof meegedeel dat hy oorlede is. Die eiser se advokaat het klaarblyklik die korrektheid van die mededeling aanvaar. Hy het nie aangevoer dat die verweerder se versuim om William se getuienis aan te bied ‘n nadelige afleiding teen die verweerder regverdig nie.

[9]      Die eiser het self getuig en die getuienis van Kubayi, Inspekteur Johannes Petrus Engelbrecht van die Suid-Afrikaanse Polisiediens en ‘n deskundige, Mnr Martin Jacobus Venter, aangebied. Die verweerder het die getuienis van Mathaladisa, Mnr Willem Cornelius Fourie, ‘n tagometerdeskundige en Mnr Barry Grobbelaar, ‘n ingenieur deskundige aangebied. Mnr Fourie se getuienis verg geen verdere oorweging nie. Hy het bevestig dat die tagograaf wat by bewysstuk B ingelyf is (B45-47) nie gebruik kan word om die spoed van die eiser se voertuig onmiddellik voor, of ten tyde van, die botsing te bepaal nie. Die partye het nie die kwalifikasies van die botsingdeskundiges (Venter en Grobbelaar) bevraagteken nie en het hulle deskundige kennis met betrekking tot motorbotsings aanvaar. Venter en Grobbelaar het ‘n ooreenkoms bereik wat in ‘n groot mate die noodsaaklikheid van hulle mondelinge getuienis uitgesluit het. Die oorblywende geskilpunt tussen hulle was die spoed waarteen die eiser se voertuig met die leunwa gebots het. N g Venter n g Grobbelaar het die beskadigde bakkie na die botsing ondersoek nie en hulle het geredelik toegegee dat fisiese ondersoek van die wrak noodsaaklik is om betroubare inligting te bekom waarop ‘n mening gebaseer kon word. Grobbelaar het met meer oortuiging getuig oor die skade wat in die foto’s gesien kan word, maar op die ou end is dit duidelik dat die menings spekulatief is. Hulle het die toneel besoek en ‘n paar feite vasgestel waarna verwys sal word. Die notule van hierdie vergadering lui as volg:

MINUTES OF MEETING HELD BETWEEN M.J. VENTER AND B. GROBBELAAR ON 13 SEPTEMBER 2005

(1)      The experts agree that the formulas used for the calculations in both reports are correct but not necessarily the assumptions used.

(2)      The experts agree that for a speed of 60 km/h or less, the average driver should be able to negotiate the left hand curve through which the driver of the Isuzu travelled just prior to collision, without losing control. At speeds above 60 km/h, it is possible that the average driver would lose control and at speeds in excess of 70 km/h, it is probably so.

(3)      The experts agree that the radius of the left hand curve through which the Isuzu travelled just prior to collision was approximately 100 metres.

(4)      The experts agree that the friction coefficient in the vicinity of the accident scene was approximately 0,4.

(5)      The experts agree that they cannot make an independent assessment of the area of collision on the road surface based on the available information.

(6)      The experts agree that the angle between the Isuzu and the trailer of the truck at impact was small, however, an exact figure cannot be determined due to the vehicles not being inspected physically after the accident. The experts agree further that they cannot perform an independent assessment of whether the truck was at an angle to the road at collision or whether the Isuzu travelled at an angle into the trailer of the truck with the trailer of the truck parallel to the road at impact.

(7)      The experts are not in agreement with the relative collision speed between the vehicles. Mr Venter maintains a collision speed of approximately 60 km/h and Mr Grobbelaar a speed in excess of 80 km/h.

(8)      The experts agree that for a reaction time of 1,5 s for the driver of the Isuzu he would have been able to stop in a distance of approximately 60 metres from 60 km/h and a distance of approximately 45 metres from 50 km/h. For a reaction time of 2 s the respective stopping distances would be approximately 65 metres and 48 metres respectively.

(9)      The value of 50 km/h for the speed of the truck as assumed by Mr Venter is an assumption. If this value were to change it would affect the calculations as well as the results of the calculation.’


[10]     Inspekteur Nel se getuienis is nie deur enige van die partye gekritiseer nie. Sy getuienis was beperk tot die wesenlike feite wat hy op die toneel waargeneem en in sy verslag opgeneem het. Dit kan gebruik word om die betroubaarheid van die ander getuies se getuienis te toets. Inspekteur Nel was die eerste polisieman op die toneel. Hy het teen ongeveer 16h00 op 5 November 2002 daar aangekom. Daar was twee voertuie. Een was ‘n vragmotor wat aan die linkerkant van die pad gestaan het. Die regterkantste wiele was (min of meer) in die middel van die pad. Hy kon nie s waar die linkerkantste wiele was nie. Die neus van die voertuig het effens na links gekyk. Die bakkie het aan sy linkerkant van die pad gestaan met sy regterwiele op die padoppervlakte. Daar was genoeg spasie tussen die voertuie vir ander voertuie om verby te kom. Hy het nie ‘n sketsplan op skaal opgestel nie – die botsing het nie in sy wyk plaasgevind nie. Hy het ‘n rowwe skets opgestel op grond van wat vir hom ges is. Hy het ook ‘n beskrywing van die botsing in die ongelukverslag ingevul. (Die skets en beskrywing van die botsing verskyn op p38A van bewysstuk B). Inspekteur Nel het die verslag om ongeveer 17h00 op 5 November 2002 voltooi (B32). Die rowwe skets dui twee voertuie aan wat in teenoorgestelde rigtings beweeg het en op ‘n draai in die pad gebots het. Voertuig A is die eiser se bakkie en voertuig B is Mathaladisa se perd en leunwa. Voertuig B word op sy linkerkant van die pad aangedui en voertuig A word ook op sy linkerkant van die pad aangedui maar teen ‘n hoek sodat sy regtervoorpunt met die regteragterdeel van voertuig B in botsing gekom het. Die beskrywing is soos volg:

‘Na bewering het A vanaf O na W gery en B vanaf W na O. A bots teen B se agterbande van leunwa.’


Die ‘optional description of accident according to driver(s)/pedestrian(s)’ lui –

        
         ‘Voertuig A het teen B se leunwa buitebande gebots’

Dit s nie wie hierdie beskrywing verstrek het nie.

Hierdie beskrywing stem ooreen met die ‘vehicle details’ op die verslag (B38). Hierdie dui aan dat een voertuig teen ‘n hoek met die ander voertuig gebots het.

Die verslag bevat geen aanduiding dat die perd en leunwa op sy verkeerde kant van die pad gery het en dat dit die oorsaak van die botsing was nie.

[11]     Die eiser, Kubayi en Mathaladisa se getuienis moet teen hierdie agtergrond oorweeg word. Die eiser het sy getuienis in hoof afgel en daarna is hy deur ‘n tolk bygestaan toe die verweerder se advokaat hom kruisverhoor het. Kubayi en Mathaladisa het albei met die bystand van ‘n tolk getuig. Die eiser het nie daarvan gehou om kruisverhoor te word nie. Hy het tydens kruisverhoor aggressief voorgekom. Kubayi en Mathaladisa se gedrag verg geen kommentaar nie.

[12]     Die eiser se getuienis kan soos volg kortliks saamgevat word. Hy het gery met sy assistent, na ‘n voertuig wat onklaar geraak het. Dit was die eerste keer dat hy op daardie gruispad tussen Bochum en Tolwe gery het. Op ‘n stadium het hy tussen 80 en 90 km/h gery. Toe hy by ‘n brug oor ‘n drif gekom het, het hy heelwat spoed verminder. Hy het oor die brug gery en begin om deur ‘n s-draai te ry. Net voordat hy na links gedraai het, het hy opgemerk dat ‘n vragmotor van voor kom. Toe hy die vragmotor die eerste keer sien was dit ongeveer 50 meter vanaf sy voertuig. Die vragmotor het op die eiser se kant van die pad, d.w.s. die vragmotor se verkeerde kant van die pad, gery. Die eiser het dadelik sy voet van die petrolpedaal afgehaal maar hy het nie remme aangeslaan nie. Hy het net die rempedaal vlugtig getrap. Daarna het hy nie weer die rempedaal getrap nie. Toe die vragmotor hom sien het die voertuig na links beweeg om die bakkie te vermy. Die eiser het op daardie stadium sover links gebly soos hy kon. Toe die vragmotor na links beweeg het, het die eiser gedink dat hy die vragmotor aan die vragmotor se regterkant kon verbyry. Toe die vragmotor aan sy korrekte kant van die pad gekom het, was die sleepwa nog op die verkeerde kant van die pad in die eiser se pad. Die sleepwa het nog beweeg maar ‘n botsing was onvermydelik. Die regtervoorpunt van die bakkie het gebots met die agterregterwiele van die sleepwa. As gevolg van die botsing is die regtervoorwiel van die bakkie afgeruk. Die eiser het sy spoed toe hy oor die brug gery het tussen 60 en 65 km/h geskat. Hy het nie verduidelik hoekom hy die vragmotor vir die eerste keer gesien het toe die voertuie 50 meter uitmekaar was. Nadat hy oor die brug gery het, het hy nie versnel nie en hy het sy spoed verder verminder om die draai na links uit te voer. Volgens die eiser was daar nie voldoende ruimte aan die regterkant van die leunwa vir sy voertuig om veilig verby te ry nie. Hy kon nie die botsing vermy omdat hy nie ‘n A-klas bestuurder was nie. Die eiser het hom in sy getuienis op twee aspekte weerspreek. Hy het getuig dat hy sy voet van die petrolpedaal afgehaal het toe hy die draai genader het en later het hy ges toe hy die vragmotor gesien het – dit hou verband met sy spoed. En hy het twee redes gegee hoekom hy nie sy remme aangeslaan het nie: eerstens, het hy ges omdat hy nie daaraan gedink het nie en tweedens het hy ges omdat hy gedink het sy voertuig sou gly. Dit hou verband met die betroubaarheid van sy getuienis dat die vragmotor reeds op sy (d.w.s. die vragmotor) verkeerde kant van die pad was en sy versuim om die botsing te vermy.

[13]     Kort na die botsing het die eiser aan sy werkgewer oor die botsing verslag gedoen en ‘n skets en beskrywing van die botsing gegee (B43). Volgens die skets was die vragmotor op sy (die vragmotor
se) verkeerde kant van die pad en die bakkie op sy korrekte kant van die pad met net die regterwiele op die padoppervlakte. Volgens die aantekening bo die skets het die eiser voor die botsing ‘n waarskuwing gegee – hy het ‘ligte gegooi’. Sy beskrywing was soos volg:

90 km/u gery en ek was besig om ‘n draai in te gaan toe trok voor my indraai aan my kant van die pad toe ek hom in die regterkant op agterste as stamp’


Volgens die eiser het hy nie die dokument geteken nie omdat hy nie met die spoed – wat aan hom verstrek is – tevrede was nie. Die res van die beskrywing is korrek.

[14]     Op 2 April 2003 het die eiser ‘n eedsverklaring afgel waarin hy die botsing beskryf het (B62):

‘Op ‘n draai in die pad het ‘n swaar voertuig met registrasienommer DLR399T reg voor my voertuig aan my kant van die pad ingery waarna ‘n botsing plaasgevind het’


[15]     Die eiser het nie die verskil tussen hierdie beskrywings in die verslag en eedsverklaring (B43 en B62) en sy getuienis verduidelik nie. Sy advokaat het toegegee dat die verskil wesenlik is. Hierdie weerspreking het betrekking op die kerngeskil en plaas ‘n vraagteken agter die betroubaarheid van die eiser se getuienis.

[16]     Hlengani Kubayi het getuig dat nadat die bakkie oor die brug gery het, het hy sy kop gelig en ‘n trok sien aankom. Hy het ges ‘eish’ omdat hy gesien het die trok en sleepwa aan hulle kant van die pad is en gedink hulle (d.w.s. hy en die eiser) is dood. Hy het sy hande oor sy gesig geplaas en vorentoe gebuig. Toe hy weer opkyk het hy gesien dat die bakkie by die vragmotor verbyry. Hy het gedink dat hulle sou verbyry maar die bakkie het met die laaste as van die vragmotor gebots. Die eiser het nog die stuurwiel van die bakkie vasgehou en die voertuig het tot stilstand gekom. Dit was ‘n ent vanaf die vragmotor. Hy skat die afstand tussen die twee voertuie op 5 meter. Die vragmotor se sleepwa was nog aan hulle kant van die pad. As dit op sy korrekte kant van die pad was sou hulle maklik kon verbyry. Die bakkie het nie op die pad gegly nie. Hy het die vragmotor vir die eerste keer gesien toe dit 20 meter weg was. Voor die botsing het hy net gesit en voor hom gekyk. Die eiser het nie vinnig bestuur nie en hy kon nie die botsing vermy nie. Die eiser het nie rem getrap nie.

[17]     Op 11 Julie 2003 het Kubayi ‘n eedsverklaring afgel wat die botsing soos volg beskryf het (B64) –

‘Op ‘n draai in die pad het ‘n swaar voertuig met registrasienommer DLR399 voor ons voertuig aan ons kant van die pad gery. Ons kon die botsing nie vermy nie, aangesien daar groot klippe langs die pad was en ons nie van die pad af kon beweeg nie. Ek kan net verder meld dat die gemelde vragmotor die hele pad versper het op daardie stadium’.


[18]     Op 22 Augustus 2005 het Kubayi ‘n verdere verklaring afgel aan ‘n assessor van RA&I Assessors wat namens die verweerder opgetree het (G). Daar is ‘n getikte weergawe van hierdie verklaring wat nie in elke opsig ooreenstem met die assessor se handgeskrewe verklaring nie (B58-61). Volgens hierdie verklarings het Kubayi ges dat die eiser nie baie vinnig gery, om en by so 100 km/u maar hy het nie vir die speedo gekyk nie. Hy het die botsing soos volg beskryf –

                  ‘Ons het gery en oor ‘n laagwaterbrug gery.

                  Daar was ‘n draai na links in die pad.

Toe ons om die draai beweeg, dit is toe dat ek sien dat daar kom ‘n groot trok van voor.

Ek het die Assessor die afstand gewys waarop ek die trok vir die eerste maal gesien het toe ons om die draai gekom het, 36 meter voor ons.

Ek het hard ges “eish”. Rian het niks ges nie. Hy het die voertuig beheer en die “accelerator” gelos. Hy het nie gebriek nie. Ons het nie gegly nie.

Ons het verby die perd beweeg toe ons halfpad verby die sleepwa was, toe dink ek by myself dat ons verby is, die volgende oomblik toe tref ons die laaste agterste deel.

                  Rian kon nie verder links gaan want daar was ‘n rivier.

Nadat Rian die trok getref het, het hy verder probeer beheer hou oor die Isuzu met 3 wiele tot waar hy gestop het.

Hierdie botsing is nie Rian of die trokdrywer se skuld nie.

Hierdie pad is baie nou en daar is geen waarskuwings op die pad dat die pad sulke skerp draaie het nie.

Dit is al wat ek kan s oor hierdie botsing.


Kubayi het bevestig dat hy die verklaring geteken het nadat die assessor dit aan hom teruggelees het en dat hy geteken het omdat hy met die inhoud tevrede was. Hy het egter die kwalifikasie bygevoeg dat die assessor die spoed vir hom genoem het. Volgens Kubayi het die assessor na die tagometer verwys. Hy het ontken dat hulle teen 100 km/u gery het. Volgens hom sou die voertuig teen daardie spoed omgeval het.

[19]     Kubayi het getuig dat die vragmotor na die botsing geskuif is toe twee blanke mans by die toneel aangekom het en die bestuurder versoek het om die voertuig uit die pad uit te verwyder. Later het hy getuig dat die vragmotor geskuif is asof hy dit gesien het en dit het toe geblyk dat hy nie teenwoordig was nie. Dit het gebeur terwyl hy op die berg besig was om ‘n oproep te probeer maak. Hy het dit opgelet nadat hy teruggekom het. Hy het nie in sy verklaring aan die assessor die skuif van die voertuig genoem nie. Eerstens, omdat hy nie gevra is nie en tweedens, omdat hy nie al die detail van die voorval kan onthou nie. Dit het twee tot drie jaar gelede plaasgevind. Toe hy met die assessor gepraat het, het hy hierdie feit vergeet. Sy geheue verbeter met die verloop van tyd. Toe dit aan Kubayi gestel is dat hy nie kon sien hoe die botsing plaasgevind het omdat hy sy hande voor sy gesig gehou het en vorentoe gebuig het, het hy sy getuienis verander. Hy het ges dat hy net oombliklik sy hande voor sy gesig gehou het en dat hy onmiddellik sy kop gelig het. Ten aansien van sy stelling in bewysstuk G dat die botsing nie die eiser of die vragmotorbestuurder se skuld was nie het hy getuig dat die bestuurder van die vragmotor nie na sy korrekte kant van die pad teruggekeer het nie. Later, aan die einde van sy getuienis en in antwoord op ‘n direkte vraag wie het die botsing veroorsaak het hy geantwoord dat dit moeilik was om te s . Met betrekking tot die versuim om in bewysstuk G te s dat die vragmotor op hulle kant van die pad was s hy dat hy dit vir die assessor genoem het. Hy kon nie verklaar hoekom die assessor dit nie neergeskryf het nie. Hy het die versuim aan menslike feilbaarheid toegeskryf. Toe die verklaring aan hom teruggelees is, het hy dit nie behoorlik verstaan nie omdat regsterme gebruik is. Hy het ges dat die prokureur en advokaat nie die hele verklaring met hom behandel het voordat hy getuig het nie.

[20]     Benewens die wesenlike verskil tussen sy getuienis en die beskrywing van die botsing in bewysstuk G het di getuienis die geloofwaardigheid en betroubaarheid van Kubayi ondermyn. Die indruk is gelaat dat hy sy getuienis aanpas. Die verskil tussen bewysstuk G en sy getuienis is nie bevredigend verduidelik nie.

[21]     Johannes Mathaladisa het getuig dat hy 42 jaar oud is en dat hy die houer is van ‘n kode 14 rybewys wat in 1976 uitgereik is. Hy bestuur vragmotors sedert 1976. Hy het voorheen, drie of vier maal, op die Bochum/Tolwe pad gery. Op 5 November 2002
was hy op pad om 720 sakke sement af te lewer. Voordat hy by die plek van botsing aangekom het, het hy by ‘n brug stilgehou om seker te maak dat verkeer van voor nie ‘n probleem sou skep nie. Die brug is net breed genoeg vir een voertuig. Hy het toe in eerste rat weggetrek, oor die brug gery en toe teen die opdraand opgery. Hy het deurgaans aan die linkerkant van die pad gery. Hy het om die skerp draai na regs gery en toe die draai na links binnegegaan. Hy het op ‘n stadium ratte verwissel maar het nie vinniger as 25 km/u gery nie. Toe hy op ‘n gelyk stuk reguit pad was het hy ‘n bakkie gesien wat teen ‘n vinnige spoed in aantog was (‘it was running at a high speed’). Die bakkie het na die vragmotor se kant van die pad beweeg (‘it followed me’) en het met die leunwa gebots. Dit het eers teen die kant van die leunwa geskuur en toe met die agterwiele van die leunwa gebots. As gevolg van die botsing het die leunwa se wiel losgebreek. Na die botsing het die vragmotor aan sy linker (korrekte) kant van die pad gestaan en die bakkie aan sy linker (korrekte) kant. Daar was genoeg spasie tussen die twee voertuie vir ander voertuie om verby te gaan. Toe die botsing plaasgevind het, het hy nog in tweede rat teen ongeveer 24 km/u gery. Daar was niks wat hy kon doen om die botsing te vermy nie. Die voertuig het baie stadig beweeg. Hy het nie ‘n wye draai om die klipperige deel van die pad uitgevoer nie. Hy het die draai gevolg. Hy was daarvan bewus dat sy voertuig stadig gery het en dat as hy ‘n wye draai sou neem di beweging ‘n probleem vir aankomende verkeer kon skep.

[22]     Mathaladisa het nie van hierdie weergawe afgewyk nie. Hy het deurgaans op sy korrekte kant van die pad gery. Hy het nie wyd om die draai gery nie. Dit was nie nodig nie. Dit is
‘n geleidelike draai na links en die voertuig sou maklik oor die klipperige deel van die pad ry. Daar was altyd spasie aan sy regterkant vir ander voertuie om verby te ry.

[23]     Volgens Mathaladisa het hy nie die voertuig na die botsing geskuif nie. Hy het dit nie op versoek
van die twee blanke mans, wat na die botsing by die toneel aangekom het, gedoen nie. Hy het Kubayi na die berg vergesel toe Kubayi vir hulp wou bel. Toe die Suid-Afrikaanse Polisie by die toneel opgedaag het, het die voertuig nog gestaan waar dit onmiddellik na die botsing gestaan het. Hierdie getuienis is egter nie aan die eiser se getuies gestel nie – sien President of the Republic of South Africa v SA Rugby Football Union 2000 (1) SA 1 (CC) paras 61-65 en S v Boesak [2000] ZACC 25; 2001 (1) SA 912 (CC) paras 26-27.

[24]     Mathaladisa se getuienis is tereg deur die eiser se advokaat gekritiseer omdat dit in twee duidelike opsigte met stellings wat aan die eiser se getuies gemaak is gebots het. Dit is aan hulle gestel dat Mathaladisa sou getuig dat hy tussen 20 en 21 km/u gery het en dat die bakkie heen en weer oor die pad gery het voordat dit met die leunwa gebots het. Die eiser se advokaat het nie hierdie o nskynlike weersprekings met Mathaladisa ondersoek nie. Hierdie weersprekings beteken dat Mathaladisa se getuienis nie sonder meer aanvaar kan word nie. Dit is egter belangrik om te onthou dat daar geen waarskynlike rede was om na die verkeerde kant van die pad te beweeg nie.

[25]     Die prim re geskilpunt tussen die twee deskundiges was die relatiewe spoed waarteen die voertuie met mekaar gebots het. Vir huidige doeleindes is die saamgestelde spoed van die twee voertuie die relatiewe spoed. Mnr Venter het die relatiewe spoed op ongeveer 60 km/u geskat en mnr Grobbelaar op ongeveer 80 km/u. Altwee het toegegee dat hulle menings nie op ‘n fisiese ondersoek van die wrak gebaseer was nie en dat dit op die foto’s van die beskadigde bakkie gebaseer was en dat dit in werklikheid net ‘n poging is om die hof behulpsaam te wees. Mnr Grobbelaar se getuienis in hierdie verband was meer oortuigend. Hy het sy mening gesteun op die skade wat hy aan die voertuig waarneem en veral die skade aan A pil
aar. Mnr Venter se getuienis bevestig dat die twee voertuie vir die bestuurders vir ‘n redelike lang tyd en afstand sigbaar was - waarskynlik ongeveer 170 meter. Hulle het ook bevestig dat die leunwa sal neig om in die spoor van die perd te volg selfs om ‘n geleidelike draai en dat hoe skerper die draai hoe meer sal die leunwa neig om die hoek te sny, d.w.s. om nie die spore te volg nie. Die afleiding is onafwendbaar dat die leunwa nie op sy verkeerde kant van die pad sou kom nie tensy die perd ook op sy verkeerde kant van die pad gery het. Soos reeds vermeld is daar nie beswaar gemaak teen die deskundiges se kwalifikasies om getuienis te gee nie. Daar is ook nie betoog dat hulle onbetroubaar was nie.

[26]     Daar is twee wedersyds vernietigende weergawes voor die hof wat aan die hand van die geloofwaardigheid en betroubaarheid van die relevante getuies asook die waarskynlikhede opgelos moet word. Sien
SFW Group Limited & Another v Martell et cie & Others 2003 (1) SA 11 (SCA) para 5: National Employers General Insurance v Jagers 1984 (4) SA 437 (E) op 440A-H. Die eiser steun uiteindelik op een grond van nalatigheid: d.w.s. dat die versekerde bestuurder op ‘n ongele en gevaarlike tydstip op die verkeerde kant van die pad gery het. Daar is nie aan hom gestel dat hy te vinnig gery het nie of dat hy versuim het om uit te kyk of te rem of dat hy die botsing kon vermy het deur self uit die pad uit te swaai nie. In repliek het die eiser se advokaat betoog dat die versekerde bestuurder nalatig was omdat hy te na aan die middellyn van die pad gery het en verwys na Jadezwini v Santam Insurance Co Limited and Another 1980 (4) SA 310 (C). Dit was nie die eiser se saak in die pleitstukke of tydens die verhoor nie. Ek is nie tevrede dat al die tersaaklike feite behoorlik ondersoek is nie en om daardie rede sou dit onbillik wees teenoor die verweerder om die eiser toe te laat om sy saak op hierdie grond te baseer. Maar ek is ook nie oortuig dat die Jadezwini saak op die feite van die huidige geval van toepassing is nie. Daar was nie ‘n kop-aan-kop botsing in die middel van die pad nie. Die een voertuig het veilig by die voorkant van die ander voertuig verby beweeg voordat dit met die kant van daardie voertuig gebots het.

[27]     Die geloofwaardigheid van die getuies moet aan die hand van die getuienis self
en nie hulle gedrag in die getuiebank beoordeel word nie. Die belangrikste kritiek teen die eiser is sy botsende weergawes van hoe die botsing plaasgevind het. Dit hou verband met die kerngeskil in die saak. Sy aanvanklike verklarings was dat terwyl hy besig was om die vragmotor te nader hy gesien het dat die vragmotor voor sy voertuig inry en dit het die botsing veroorsaak. In sy getuienis in hierdie hof het hy ges dat toe hy die vragmotor vir die eerste keer gesien het, dit reeds op sy kant (d.w.s. die vragmotor se verkeerde kant) van die pad was en dat die vragmotor na sy korrekte kant beweeg het voor die botsing plaasgevind het. Hierdie is ‘n wesenlike weerspreking. Die eiser het klaarblyklik sy getuienis verander omdat hy besef het dat sy eerste verklarings nie verduidelik hoe die bakkie nie met die perd gebots het nie maar wel met die agterwiele van die leunwa. Die eiser se getuienis dat die vragmotor reeds op sy korrekte kant van die pad was toe hy dit vir die eerste keer gesien het klop nie met die waarskynlikhede nie. Indien hy stadig gery het soos hy beweer en gesien het dat daar ‘n groot voertuig op sy (d.w.s. die voertuig) se verkeerde kant van die pad in aantog was en dat hy nie links of regs kon uitswaai om die botsing te vermy nie is die waarskynlikheid oorweldigend dat die eiser rem sou aangeslaan het en probeer het om so vinnig moontlik tot stilstand te kom. Hy sou dit gedoen het selfs indien die vragmotor besig was om na sy korrekte kant van die pad te beweeg. Enige vermindering in die spoed van die eiser se voertuig sou die vragmotor meer tyd en ruimte gegee het om na sy korrekte kant van die pad te kom. Dit staan egter vas dat die eiser net vlugtig sy voet op die rempedaal gesit het (‘getouch’) en daarna geensins probeer het om die remme van sy voertuig aan te slaan nie. Toe hy gevra is hoekom hy nie sy remme aangeslaan het nie het hy hom weerspreek. Sy eerste antwoord was dat hy nie daaraan gedink het nie. Sy tweede antwoord, wat onmiddellik op die eerste gevolg het, was dat hy bang was dat sy voertuig sou gly. Indien die eiser en Kubayi gesien het dat die vragmotor op sy verkeerde kant van die pad was en dat dit die oorsaak van die botsing was, is die waarskynlikheid oorweldigend dat hy dit aan Inspekteur Nel sou genoem het en dat Inspekteur Nel dit in sy padongelukverslag sou genoem het. Dit staan egter vas dat Inspekteur Nel dit geensins in sy verslag gemeld het nie.

[28]     Dieselfde kritiek geld ten aansien van Kubayi se getuie
nis. In sy eerste verklaring afgel op 11 Julie 2003 (B64-65) s hy dat op ‘n draai die vragmotor voor die eiser se voertuig aan die eiser se kant van die pad gery het en dat die vragmotor die hele pad versper het. Hy s verder dat die eiser nie die botsing kon vermy nie aangesien hulle nie van die pad af kon beweeg nie weens die groot klippe wat daar was. In sy tweede verklaring afgel aan die assessor op 22 Augustus 2005 het hy nie ges dat die vragmotor op die eiser se kant van die pad was nie en het hy pertinent ges dat die botsing nie die eiser of die versekerde bestuurder se skuld was nie. In sy getuienis voor hierdie hof het hy getuig dat hy die vragmotor en sleepwa sien aankom het op die eiser se kant van die pad en dat na die botsing die sleepwa nog op die eiser se kant van die pad was. Dit is onmoontlik om hierdie weergawes met mekaar te versoen. Kubayi was ook teenwoordig toe Inspekteur Nel op die toneel opgedaag het. Indien die botsing plaasgevind het soos hy getuig het, is die oorweldigende waarskynlikheid dat hy dit aan Inspekteur Nel sou genoem het en dat Nel daarna in sy verslag sou verwys het. Dit staan egter vas dat die verslag niks daarvan s nie. Alhoewel Kubayi s dat hy ‘eish’ ges het – o nskynlik omdat hy skielik van die vragmotor bewus geword het – is dit nie duidelik hoekom nie. In die verklaring (B60) is dit nie omdat die vragmotor aan sy verkeerde kant van die pad gery het nie. In sy getuienis is dit waarskynlik as gevolg daarvan. Dit is duidelik dat Kubayi die versekerde voertuig op ‘n baie laat stadium gesien het en nie in staat was om te verduidelik hoe die botsing plaasgevind het nie. In antwoord op ‘n pertinente vraag kon hy nie s wie die botsing veroorsaak het nie.

[29]     Mathaladisa se getuienis was deurgaans konsekwent. Hy het ‘n baie groot stadig bewegende voertuig aan die linker (korrekte) kant van die pad bestuur. Hy het nie na sy verkeerde kant van die pad beweeg nie en hy het nie uitgeswaai om ‘n klipperige deel van die pad te vermy nie. Sy groot voertuig sou maklik oor daardie deel van die pad gery het. Daar was geen rede om na sy verkeerde kant van die pad te beweeg nie. Hy het die eiser se bakkie in aantog gesien. Dit het vinnig gery en sy voertuig op die eiser se linkerkant van die pad verbygery. Die voertuig het egter met die regterkant van die leunwa gebots. Hierdie weergawe stem in ‘n ho mate ooreen met die verklaring wat William op 8 Januarie 2003 afgel het (B54-57). Die partye het in die voorverhoornotule ooreengekom dat die dokumente in die bundel is wat hulle voorgee om te wees. Mathaladisa het ‘n goeie indruk gemaak en nie van sy getuienis afgewyk nie. Die feit dat sekere van sy getuienis nie aan die eiser se getuies gestel is nie is te wyte aan die v
erweerder se advokaat wat dit moes gestel het. Die getuienis is duidelik nie gefabriseer nie. Die verskil tussen die spoed wat gestel is en wat hy getuig het is nie wesenlik nie. Dit is duidelik nie die eiser se saak dat Mathaladisa te vinnig gery het nie. Die verskil met betrekking tot die heen en weer swaai van die eiser se bakkie is belangrik. My indruk is dat Mathaladisa die eiser se spoed as die oorsaak van die botsing beskou het en dit is hoekom hy dit genoem het en nie die heen en weer swaai van die bakkie nie. Dit is in ieder geval duidelik op die getuienis dat die eiser uiteindelik beheer oor sy voertuig verloor het. Dit is die mees waarskynlike afleiding van al die getuienis.

[30]     Die eiser het gevolglik nie bewys dat die meganiese perd en die leunwa op ‘n ongele en gevaarlike tydstip op
sy verkeerde kant van die pad gery het nie en gevolglik het die eiser nie bewys dat die bestuurder van die versekerde voertuig nalatig was nie. Daar moet gevolglik bevind word dat die verweerder nie aanspreeklik is vir skadevergoeding weens die eiser se liggaamlike beserings nie. Die eiser se advokaat het saamgestem dat indien die verweerder nie aanspreeklik is vir die eiser se skadevergoeding nie die korrekte bevel is dat die eiser se eis van die hand gewys moet word.

[31]     Die volgende bevel word gemaak:

(1)      Daar word verklaar dat die verweerder nie aanspreeklik is vir die eiser se skadevergoeding vir die liggaamlike beserings wat hy opgedoen het in die botsing op 5 November 2002 nie;

(2)      Die eiser se eis word van die hand gewys met koste, welke koste die kwalifiserende fooi van die deskundige, Mnr Barry Grobbelaar, sal insluit.




___________________
B.R. SOUTHWOOD
REGTER VAN DIE HOOGGEREGSHOF