South Africa: High Courts - Gauteng Support SAFLII

You are here:  SAFLII >> Databases >> South Africa: High Courts - Gauteng >> 2006 >> [2006] ZAGPHC 141

| Noteup | LawCite

S v Duiker (A2094/04) [2006] ZAGPHC 141 (19 January 2006)

Download original files

PDF format

RTF format


IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA /ES

(TRANSVAALSE PROVINSIALE AFDELING)

SAAK NO: A2094/04

DATUM: 19/1/2006

NIE RAPPORTEERBAAR




IN DIE SAAK TUSSEN:

BEN MOLEKO DUIKER APPELLANT

EN

DIE STAAT RESPONDENT

UITSPRAAK

PRELLER, R

Die appellant is in die streekhof skuldig bevind op 'n aanklag van onsedelike aanranding en op een van verkragting. Beide klaagsters was tydens die voorval ongeveer 8 jaar oud. Hy is op aanklag 1 gevonnis tot vyf jaar gevangenisstraf en op aanklag 2 tot vyftien jaar.


Weens die ouderdom van die klaagster is die oortreding in aanklag 2 een soos bedoel in deel 1 van die tweede bylae tot Wet 105 van 1977. Ingevolge artikel 51(1) van die gemelde wet moes 'n vonnis van lewenslange gevangenisstraf opgelê gewees het, onderhewig aan die kwalifikasie vervat in subartikel (3).


Ingevolge artikel 52(1)(b)(i) van die wet was die verhoorhof verplig om die appellant na die hooggeregshof te verwys vir vonnis en het geen bevoegdheid gehad om 'n vonnis op te lê nie. (DOV, Tvl v Makwetsja TPD saak no A391/2002.) Die vonnis is gevolglik nietig (ibid).


Hoe so 'n saak hanteer moet word is oorweeg in Pule Liau v S 2005(1) SASV 498 (T). As die hof oortuig is dat die appèl teen die skuldigbevinding moet slaag, word dit aangehoor en die skuldigbevinding en vonnis tersyde gestel. As die hof nie so oortuig is nie, word die appèl van die rol geskrap en, ingevolge die hof se hersieningsbevoegdheid kragtens artikel 304(4) van die Strafproseswet, word die streekhof se vonnis tersyde gestel en die bevel word gegee wat die streekhof moes gegee het.


In hierdie geval is ek nie so oortuig nie. Ek beklemtoon dat dit geen aanduiding is dat die uitoefening van die hof waarna die saak vir vonnis verwys word se diskresie in enige opsig deur die verrigtinge in hierdie hof beïnvloed moet word nie. Dit is vir daardie hof om te besluit wat met die skuldigbevinding in die streekhof moet gebeur.


Ek maak die volgende bevel:

1. Die appèl word van die rol geskrap.

2. Die vonnis wat die streekhof opgelê het word tersyde gestel en vervang met die volgende bevel:

"Ingevolge artikel 52(1) van Wet 105 van 1997 word die verrigtinge gestaak en word die beskuldigde verwys na die hooggeregshof wat regsbevoegdheid het vir vonnis soos beoog in artikel 51(1) van die gemelde wet."








F G PRELLER

REGTER VAN DIE HOOGGEREGSHOF


Ek stem saam



A DE VOS

REGTER VAN DIE HOOGGEREGSHOF

A2094-2004