South Africa: High Courts - Gauteng Support SAFLII

You are here:  SAFLII >> Databases >> South Africa: High Courts - Gauteng >> 2006 >> [2006] ZAGPHC 35

| Noteup | LawCite

Loots v E Brink Ingelyf (4199/03) [2006] ZAGPHC 35 (24 April 2006)

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA

(TRANSVAALSE PROVINSIALE AFDELING)

SAAKNOMMER: 4199/03
DATUM: 25/4/2006
In die saak tussen:

GERHARDUS CORNELIUS NICOLAAS LOOTS       Eiser


en


E BRINK INGELYF          Verweerder


UITSPRAAK

Fabricius WR
1.      

Op 10 Desember 1998 en in Telkom se Suid-Toring in Proesstraat, Pretoria, was eiser, wat op daardie stadium n werknemer van n kontrakteur van Telkom was, van voornemens om met n hysbak na die 21ste vloer van die gebou op te beweeg. Hy getuig dat toe die hysbak op die 20ste vloer gestop het, dit geruk het, waarna hy klaarblyklik sy bewussyn vir n kort periode moes verloor het, en hom daarna blykbaar halfpad tussen die sestiende en sewentiende vloer bevind het. As gevolg van die val van vier vloere het hy sekere beserings opgedoen en skade gely. Hy is na verweerder, n prokureursfirma verwys, ooglopend om regsadvies in te win oor moontlike aksies in die algemeen voortspruitend uit die voorval, wat volgens hom sou behels het n aksie teen Otis Elevators en/of Telkom, asook n eis teen die Vergoedingskommissaris en n eis teen sy werkgewer, Tecquest, wat hom blykbaar onregmatig afgedank het na die voorval.
2.      

In die besonderhede van vordering in die aksie onder bespreking het eiser beweer dat die gemelde voorval veroorsaak is of ontstaan het deur die uitsluitlike nalatigheid van Telkom en/of Otis Elevator en/of een of meer van hul werknemers, handelend binne hul diensbestek, en in die uitvoering van hulle pligte, welke na bewering in verskeie opsigte nalatig was, die besonderhede waarvan gepleit is.
3.      

Eiser het gaan raad soek by verweerder en presies wie hy gesien het en op welke tydstip is n g hy n g sy vrou wat getuig, en wat hom dikwels vergesel het, duidelik oor. Dit is myns insiens nie verbasend in die lig van die tydsverloop nie, en eiser se eie getuienis dat hy n “leek” is in hierdie verband, en dat hy hom op deskundige advies verlaat het te alle tye. Daar bestaan egter sekere objektiewe feite wat f nie betwis is f eintlik betwis kan word nie. Hoofsaaklik bestaan dit uit dokumentasie wat vervat is in bundels A en B wat opgehandig is. Bundel B is dokumente wat die eiser se huidige prokureur van verweerder ontvang het. Daar is ook onduidelikhede oor wie presies hy gesien het by elke spesifieke geleentheid tydens sy besoeke aan verweerder, maar myns insiens is hierdie aspekte ook nie van kardinale belang nie.
4.      

Bloot op grond as gevolg van die onsekerhede rondom hierdie aspekte kan ek nie bevind dat eiser en/of sy vrou enigsins onbevredigende getuies was nie, maar dit staan soos n paal bo water dat beide van hulle, eintlik ook op hulle eie weergawe, glad nie seker was presies wanneer hulle n identifiseerbare persoon in diens van die verweerder geraadpleeg het nie.
5.      

Die eerste besoek sou waarskynlik op 4 Oktober 2000 gewees het. Op hierdie dag teken die eiser en Me E Cilliers, wat op daardie stadium en tot November 2000 n prokureur in diens van verweerder was, n skriftelike mandaat wat soos volg lees:
1. ... I have instructed attorneys from the firm E Brink
       
Incoporated 9 MALAN STREET, RIVIERIA,
       
PRETORIA on my behalf in a claim arising from the
       
accident in which I was involved on 10 December
       
1998 and to claim damages from the WCC and       regarding my unfair dismissal.
2.      
... I hereby cancel any mandate given to any other Attorney to act as aforesaid and in particular I hereby cancel and withdraw the mandate I gave to Niel Malherbe and the Metal and General Workers Union.”
6.      

Dit is gemeensaak dat eiser inderdaad n eis ingestel het teen die Vergoedingskommissaris en dat hierdie eis aanvaar is, en dat laas-genoemde sekere betalings gemaak het ten opsigte van mediese kostes en ander uitgawes. Dit is ook nie in geskil dat eiser na die voorval deur Tecquest ontslaan is nie, en dat hy op n stadium die genoemde Niel Malherbe opdrag gegee het om daardie gedeelte van die saak te hanteer.
7.      

Eiser het ook n gebeurlikheidsooreenkoms (“Contingency Fees Agreement In Term (sic) of the Contingency Fees Act 1997 (Act 66 of 1997)”) gesluit op 8 Februarie 2001 en daardie ooreenkoms was volgens Mev Cilliers n standaard ooreenkoms op die waarskyn-likhede, en hierdie ooreenkoms het spesifiek verwys het na voorgenome aksies teen of Telkom of Otis of Tecquest of Megwu. Dit blyk ook verder dat verweerder inderdaad aan Telkom se regsafdeling geskryf het na aanleiding van die genoemde voorval, en beweer het dat of Telkom of Otis, die sogenoemde “hysbak maatskappy” aangespreek sal word vir die skade wat eiser gely het. Hierdie brief is op 8 Februarie 2001 geskryf en n soortgelyke brief is ook aan “Otis Elevator Company Ltd” geskryf op dieselfde dag, so ook blykbaar aan SA Eagle, die versekeraar van Otis.
8.      

Bykomend tot bogenoemde is die getuienis wat in die tersaaklike konteks ook onbetwis is, di van Dr Van der Bout, n ortopediese chirurg wie eiser geraadpleeg het, en wie ook die nodige dokumentasie vir die Vergoedingskommissaris namens hom ingevul het, en hom ook na verweerder verwys het. Wat van belang is, is dat daar volgens hom n praktyk bestaan het dat verweerder se firma soortgelyke gevalle op n gebeurlikheidsbasis hanteer het, en dit ook in hierdie geval sou doen. Hierdie word natuurlik bevestig deur die genoemde gebeurliksheidsgrondslag onderneming wat deur die eiser geteken is.
9.      

Op n stadium het eiser hom meegedeel dat hy R15 000.00 vir die prokureur moes inbetaal vir die voortsetting van sy eis. Dr van der Bout het met Mev Brink gehandel in eiser se teenwoordigheid, en inaggenome die re ling in praktyk wat tussen hulle in elk geval bestaan het, gevra oor hierdie inbetaling wat eiser klaarblyklik op die feite nie in staat was om te maak nie. Hy het getuig dat hy met Mev Brink self gepraat het, haar gevra het oor die R15 000.00, en haar weereens verwys het na die gebeurlikheidsooreenkoms en hulle re ling in hierdie verband. Volgens hom het sy ges dat sy daarna sal kyk en dat dit sal regkom, en het hy dit so aan Mnr Loots meegedeel. Hy het verstaan dat die R15 000.00 nie betaal hoef te word nie, en dat die saak op die genoemde gebeurlikheidsbasis hanteer sou word. Die versoek vir die R15 000.00 was volgens hom hoogs uitsonderlik gesien in die lig van die re ling wat hy met verweerder gehad het. Hy weet nie wat die doel van die R15 000.00 sou wees nie, en het ook nie gevra nie, en het aanbeveel dat eiser in geval van ontevredenheid n ander prokureur behoort te raadpleeg.
10.     

In die konteks van die totaliteit van bogenoemde is ek tevrede dat eiser op die oorwig van waarskynlikhede bewys het dat verweerder n mandaat gehad het, en aanvaar het, om n aksie in te stel teen Telkom en/of Otis Elevator, asook n eis moes hanteer teen die Vergoedingskommissaris, en dan aandag sou gee aan die genoemde onregmatige afdanking. In die lig van bogenoemde was verweerder verplig om di mate van sorg aan die dag te l soos beskryf in Mouton v Mynwerkersunie 1977 (1) SA 119 (A) te 142-143 waarin die volgende ges is:
Appellant sou op grond van nalatigheid aangespreek kon word indien hy nie oor die nodige kennis of vaardigheid beskik het nie, of hy in die uitvoering van sy opdragte nie die mate van sorg aan die dag gel het, wat redelikerwys van die deursnee-prokureur verwag kan word nie.”
11.     

Dit is gemeensaak dat daar geen dagvaarding teen Otis en/of Telkom uitgereik is nie, en dat enige eis wat die eiser in hierdie verband gehad het, verjaar het. Die versuim om sodanige dagvaarding uit te reik in die lig van die getuienis en die objektiewe feite is nie deur die verweerder verduidelik nie. Mev Brink was deurentyd teenwoordig in die hof en is nie geroep nie. Mev S B nning wat na Mev Cilliers die saak hanteer het, het ook nie getuig nie. Ek is bewus van die feit dat sy nie meer by verweerder werksaam is nie, maar is meegedeel dat sy wel in die Pretoria omgewing werk. Geen betoog oor hierdie spesifieke versuim en/of n afleiding wat ek as gevolg daarvan kan maak is egter aan my voorgehou nie. Mnr Geach SC het volstaan met die submissie dat die nie-uitreiking van genoemde dagvaarding glad nie deur verweerder verduidelik is nie. Ek aanvaar dat hy ook bedoel het dat n verduideliking op die feite nodig was om aanspreeklikheid te vermy.
12.     

Insiggewend ook is paragraaf 5 van verweerder se antwoord op n versoek om nadere besonderhede vir verhoor soos vervat in paragraaf 5. Dit verwys ook baie duidelik na n mandaat om n skade vergoedingsaksie in te stel wat op 8 Februarie 2001 gegee is, wat ook die datum van die genoemde gebeurlikheidsooreenkoms is.
13.     

Mnr Bezuidenhout namens verweerder het betoog dat die tersaaklike verjaring nie veroorsaak was deur die verweerder nie, aangesien Mev Loots, nadat sy sekere rekords geraadpleeg het in die hof, getuig het dat sy reeds gedurende Februarie 2001 deur Dr van de Bout mee-gedeel is om n ander prokureur te raadpleeg. Ek het reeds genoem dat wat datums aanbetref, n g die eiser n g sy vrou seker was van hulle feite nie en dit ook so gestel het. Ek verloor ook nie uit die oog die feit dat Mev B nning op 8 Oktober 2001 aan eiser geskryf het soos blyk uit aanhangsel “A2”. In hierdie skrywe word eiser meegedeel (die adres is die van sy skoonouers by wie hy destyds gewoon het aangesien hy van tyd tot tyd losies moes soek) dat “hiermee word u ingelig dat die deskundige getuienis op die saak aangebied moet word en dat u die koste daarvan sal moet dra. Die aangeleentheid word oorgehou tot oor twee weke, indien ons geen terugvoering vanaf u ontvang het nie sal ons egter hierdie aangeleentheid as afgehandel beskou. Eiser het getuig dat hy hierdie brief nie ontvang het nie en het hy erken dat hy die adres aan die prokureur verskaf het. Hy het ook getuig dat hy gereeld navraag gedoen het, asook sy vrou, en dat hulle altyd meegedeel was dat die saak aandag geniet, en dat hulle gekontak sou word indien nodig. Myns insiens moes verweerder en die persone wat eiser se saak hanteer het, geweet het in welke haglike finansi le toestand hy en sy vrou was. Dit is ook die rede waarom Dr van der Bout hulle na verweerder verwys het, omdat hy bewus was van die genoemde praktyk aangaande gebeurlikheidsfooie. Die genoemde mandaat is aanvaar, en myns insiens het verweerder nie die nodige sorg waarna ek verwys het aan die dag gel nie, en kon die saak nie eenvoudig as afgehandel “beskou” word indien eiser nie binne twee weke n aansienlike bedrag, naamlik R15 000.00 te voorskyn sou bring op een of ander manier nie.
14.     

In die lig van die spesifieke getuienis van Dr van der Bout in hierdie konteks, wat nie betwis is nie, was verweerder myns insiens ook nie


geregtig, in die lig van die genoemde gebeurlikheidsooreenkoms om hierdie eensydige stap op hierdie laat stadium te neem nie. Die brief is ook nie deur verweerder verduidelik nie.
15.     

Myns insiens het verweerder nie aan die nodige standaard of norm voldoen nie en sou dit regsteoreties aanspreeklik wees vir enige bewese skade wat eiser as gevolg van die versuim gely het. Op hierdie grondslag het eisers dus hierdie hof genader en ook gepleit dat as gevolg van die genoemde mandaat verweerder verplig was om met die ywer, vaardigheid, behendigheid, bekwaamheid, versigtigheid en/of omsigtigheid van die redelike prokureur op te tree en om sodoende toe te sien dat eiser se bedoelde vordering nie verval of verjaar nie. Verweerder se genoemde nalate het veroorsaak dat die tersaaklike eis verjaar het. As gevolg daarvan het verweerder kontrakbreuk gepleeg, en as gevolg daarvan het eiser se bedoelde vordering teen Telkom en/of Otis Elevator op 9 Desember 2001 verjaar.
Sien:    Mazibuko v Singer 1979 (3) SA 258 (W) te 261C   
        Slomowitz v Kok 1983 (1) SA 31 (A) te 136A      

16.     

Op die getuienis in sy geheel beskou bevind ek dus dat verweerder nalatig was in die tersaaklike verband, en nie die mandaat wat aanvaar is, uitgevoer is nie.
17.     

Dit is egter nie die einde van die saak nie. Eiser moes ook pleit en bewys dat hy skade gely het, welke skadevergoeding hy andersins van Telkom en/of Otis Elevators sou verhaal het, welke skade regstreeks deur verweerder se bogenoemde wanoptrede veroorsaak was, en n natuurlike of algemene gevolg daarvan was en/of te alle tersaaklike tye binne die bedoeling van die partye en/of redelik voorsienbaar was (paragraaf 12.2 van eiser se besonderhede van vordering).
Sien: Bruce NO v Berman 1963 (3) SA 21 (T)
By gebrek daaraan sou daar natuurlik geen kousale verband bestaan tussen verweerder se nalatige versuim en die gevolg nie. Indien eiser in elk geval nie n saak teen f Otis f Telkom kon bewys nie sou verweerder se genoemde versuim juridies nie ter sake wees nie en sou dit derhalwe nie aanspreeklik wees nie.
Sien:    Deliktereg, 2de uitgawes, Neethling Potgieter & Visser te 160
        en die gesag na verwys in voetnota 6

18.     

Eiser moet dus bewys, op die oorwig van waarskynlikhede, dat of Otis of Telkom nalatig was in die konteks van die val van die hysbak wat eiser beskryf het. (Gevolgskade moet natuurlik ook bewys word. Dit is nie nou nodig om met al die ander elemente van n delik te handel nie).
Sien:    Dhooma v Mehta 19 57 (1) SA 676 (D)
19.     

Wat betref hierdie aspek het eiser getuig, soos reeds ges , dat hy in Telkom se Suid-Toring gebou werksaam was die betrokke dag en dat volgens hom dit n Otis hysbak was. Hierdie hysbak het vier vloere geval. Hy weet nie wat die rede is nie. Mnr Geach SC namens die eiser het betoog dat hierdie getuienis genoegsaam is om nalatigheid te bewys, ten minste op n prima facie grondslag, en dat in die afwesigheid van weerleggende getuienis die afleiding van nalatigheid as bewese beskou behoort te word. Hy het hom op die stelre l res ipsa loquitor beroep in hierdie konteks, en betoog dat in die afwesigheid van enige getuienis deur die verweerder, die onbetwiste getuienis van die eiser neerkom op die feit dat of Telkom, of Otis, of albei, nalatig was in genoemde verband deurdat n hysbak nie val as dit behoorlik onderhou word nie. Hierdie betoog is ook gelewer in antwoord op n aansoek om absolusie van die instansie na die sluiting van eiser se saak, welke aansoek ek van die hand gewys het omrede ek van mening was dat daar voldoende getuienis aangebied was waarop n redelike man vir die eiser kon bevind (nie sou bevind nie).
Sien:    Neon Lights (SA) Ltd v Daniel 1976 ( 4) SA 403 (AA) te 409G
20.     

Die spreuk res ipsa loquitor (die feite spreek vanself) word gewoonlik gebruik om te verwys na gevalle waar die feite van n gebeurtenis sodanig is dat dit aanleiding gee tot n afleiding van nalatige optrede. Dit vind toepassing, is ges where the only known facts, relating to negligence, consist of the occurrence itself.
Sien: Schmidt Bewysreg, 4de uitgawe, Butterworths 2000, te 174 “Die
        stelre l is slegs van toepassing wanneer daar onsekerheid is
        omtrent wat presies die oorsaak van die gebeurtenis was.”        
        Groenewald v Auto Protection Ins Co Ltd 1965 (1) SA 184 (AA)
        te 187

21.     

In Sardi & Others v Standard & General Insurance Co 1977 (3) SA 780 is betoog dat in die konteks van die spreuk res ipsa loquitor dit die plig was van n respondent om voldoende getuienis aan te bied om die prima facie gevolg van getuienis te weerl . Die hof het bevind dat die spreuk (dit is seer sekerlik nie n regsre l nie) geen betrekking het op die bewyslas voortspruitend uit die pleitstukke nie. “If that phrase had not been in Latin nobody would have called it a principle. (Sien:   Ballard v North British Rail Company 1923 SC 43 (HL)) n Afleiding van nalatigheid kan gemaak word soos gestel in Van Wyk v Lewis 1924 AD 438 te 445, r 8-9. In Sardi supra het die app lhof aanbeveel dat die vraag beter gelaat word in die ryk van afleidings. Die hof het soos volg voortgegaan:
The person, against whom the inference of negligence is so sought to be drawn, may give or adduce evidence seeking to explain that the occurrence was unrelated to any negligence on his part. The court will test the explanation by consideration such as probability and credibility; … At the end of the case, the court has to decide whether on all the evidence and the probabilities and the inferences, the plaintiff has discharged a onus of proof on the pleadings on a preponderance of probability, just as the court would do in any other case concerning negligence. In the final analysis the court does not adopt the piecemeal approach of:
(a)     
first drawing the inference of negligence from the occurrence itself, and regarding this as prima facie case;
(b)      deciding whether this has been rebutted by the defendants explanation.”
Daar is ook verwys in hierdie verband na Arthur v Bezuidenhout & Mieny 1962 (2) 566 (AD) te 574H:
Once plaintiff proves the occurrence giving rise to the inference of negligence on the part of the defendant, the latter must adduce evidence to the contrary. He must tell the remainder of the story, or, take the risk of judgment being given against him.”
22.     

Mnr Bezuidenhout namens die verweerder het in hierdie verband betoog dat geen feite van nalatigheid voor die hof geplaas is nie. Daar is ook nie bewys wie die delikpleger was nie. Die blote feit dat die tersaaklike hysbak nOtis hysbak” was, kan nie tot hulle aanspreeklikheid lei nie. Daar moet eers bewys wees van of n onderhoudsplig, of dat die produk tot hulle kennis gebrekkig was. Daar was in hierdie verband ook geen getuienis dat Telkom verantwoordelik was vir die instandhouding van die hysbak en die feit dat die hysbak, in sy hoofkantoor was, was in hierdie konteks nie genoeg nie. Hierdie was in elk geval nie n res ipsa loquitor geval nie en daar kon geen sprake wees dat die genoemde feite n prima facie saak van nalatigheid uitgemaak het nie. Sy betoog kom eintlik daarop neer dat indien Mnr Geach korrek was, dit in wese sou neerkom op skuld en aanspreeklikheid van Otis en/of Telkom voortspruitend bloot en alleenlik uit die feit dat die hysbank geval het. Volgens hom kan dit nie die regsposisie wees nie.
23.     

In antwoord daarop het Mnr Geach betoog dat met inagneming van die genoemde feite, die persoon of instansie wat verantwoordelik was vir instandhouding van die hysbak op die waarskynlikhede aanspreeklik gevind sou word; dat die val die hysbak prima facie nalatig was en dat daar geen weerspreking deur die verweerder was nie.
24.     

In die geval van nalatigheid word n persoon verwyt vir n gesindheid of gedrag wat, onsorgvuldigheid of onversigtigheid behels, omdat hy, deur onvoldoende ag te gee aan wat hy doen, nie voldoen aan die graad van versigtigheid wat regtens van hom verlang word nie. Die maatstaf is die objektiewe standaard van die redelike man.
Sien: Kruger v Coetzee 1966 (2) SA 428 (A) te 430E-G
25.     

In hierdie geval is daar geen direkte getuienis van f n handeling f n late aan die kant van Otis of aan die kant van Telkom nie. Vir huidige doeleindes, gesien in die konteks van die spreuk res ipsa liquitor, is net die volgende feite voor die hof geplaas:
25.1    
Eiser is beseer as gevolg van die val van n hysbak.
25.2     Hierdie hysbak was in Telkom se hoofkantoor.
25.3     Dit was n sogenaamde “Otis” hysbak.
25.4     Geen rede vir die val van die hysbak is aan die hof voorgel nie.
Daar kan nie sprake wees van n verskuiwing van n bewyslas nie. Daar kan ook nie sprake wees van n weerleggingslas nie. Dit is duidelik dat die feite aanleiding kan gee tot n afleiding welke aan die einde van die saak beskou moet word in die konteks van die getuienis in sy geheel. Daar is geen getuienis aangebied van enige versuim aan die kant van of Otis of Telkom nie. Daar is geen verduideliking voor die hof geplaas waarom sodanige getuienis nie aangebied kon gewees het nie, en/of dat dit nie beskikbaar was nie. As n voorbeeld dink ek aan die vraag waarom n verteenwoordiger van f Telkom f Otis nie geroep is, om byvoorbeeld getuienis te gee oor die instandhouding van die hysbak, wie se plig was, en wanneer en deur wie, en tot welke mate hierdie plig laas uitgevoer was of dan nie behoorlik uitgevoer was nie. By afwesigheid (opsetlik?) ontstaan die vraag of n litigant hom dan op die genoemde spreuk kan beroep. Ek het ernstige bedenkinge daaroor as dit suiwer weens sogenaamde “taktiese” of “strategiese” redes gedoen word. Die vraag bly egter steeds, ongeag wat n litigant wil noem: “is daar genoegsame getuienis in sy geheel om aanspreeklikheid te kan bevind met inagneming van die bewyslas.
26.     

Ek is ongelukkig nie na tersaaklike gesag verwys nie. Wat betref die posisie van die “delikpleger” die volgende:
26.1    
Dit is nie in geskil dat die “Otis” hysbak in die Telkom gebou geval het nie. Ek kan nie Mnr Bezuidenhout gelyk gee dat daar geen voldoende aanduiding is wie die sogenaamde delikpleger was nie. Ek volg die logiese benadering in hierdie konteks na verwys in Jordaan v Bloemfontein Transitional Local Authority 2004 (3) SA 371 (SCA) te 376-377. Op die feite sou die waarskynlike delikpleger f Otis f Telkom f albei wees.
26.2     Wat nalatigheid aanbetref in die lig van die getuienis moet ek aan die einde van die saak op die oorwig van waarskynlikhede kan bevind dat f Otis f Telkom f albei nalatig was en dat hierdie nalatigheid eiser se skade veroorsaak het. Ek kyk na die betrokke gebeurtenis. Daar is geen ander verduidelikende getuienis nie. Of daar sodanige ander getuienis inderdaad bestaan het weet ek nie. Die verweerder het gekies om geen getuienis in hierdie konteks aan te bied nie. In Amerika is in die George Foltis Inc v City of New York 21 NYS 2 800 die volgende ges .
Cast-iron water mains which are properly laid four feet under ground ordinarily do not break. Any more than ordinary trains are derailed, missiles fly, or elevators or walls fall; and when such a main does break the inference of negligence follows in logical sequence.”
26.3    
Hierdie saak is na verwys in Mostert v Cape Town City Council (2000) 4 All SA 379 SCA te 391. Ek volg weereens die benadering na verwys in Jordaan v Bloemfontein Transitional Local Authority supra te 379I-380J om te kan besluit of n afleiding van nalatigheid op die gegewe feite regverdigbaar gemaak kan word. Die volgende is ges :



In considering which of the possible inference is to be preferred in this case, it is trite law that the
court may by balancing probabilities select a
conclusion which seems to be the more natural,
or plausible, conclusion from amongst several conceivable ones, even though that conclusion be not the only reasonable one. Govan v Skidmore 1952 (1) SA 732 (N) at 734C-G, approved by this court in Ocean Accident and Guarantee Corporation Limited v Koch 1963 (4) SA 147 (A), in which it was pointed out (at 159C) that by plausible is meant acceptable, credible, suitable.”

26.4    
Ek dink n afleiding van nalatigheid is regverdigbaar, nie weens een of ander sogenaamde beginsel nie, ook nie as gevolg van die bestaan van die spreuk nie, maar weens n proses wat lei van die gebeurtenis tot die gevolg, en die afwesigheid van n verduideliking van Otis en Telkom. In die gewone normale allerdaagse loop van sake val n hysbak nie sonder rede nie, welke rede normaalweg verband hou met instandhouding of die gebrek daaraan. Die sogenaamde delikpleger het gekies om nie die volledige relaas te kom vertel nie. Ek verloor nie uit die oog dat onregmatigheid bewys moet word nie, maar is van mening dat die redelike man onder al die omstandighede n versuim om n hysbak behoorlik in stand te hou, as onregmatig sou beskou.
Sien: Mostert v Cape Town City Council supra te 391 par
         43 en die gesag daarin na verwys

27.     

Gevolglik word die volgende bevel gemaak: Verweerder is verantwoordelik vir eiser se bewese of ooreengekome skade voortspruitend uit die val van die hysbak op 10 Desember 1998. Verweerder word gelas om eiser se koste tot op datum te betaal.

__________________________________

HJ FABRICIUS    
WAARNEMENDE REGTER VAN DIE      
HOOGGEREGSHOF
24 APRIL 2006   

ADV B GEACH SC  
NAMENS EISER
ADV F BEZUIDENHOUT      
NAMENS VERWEERDER