South Africa: High Courts - Gauteng

You are here:
SAFLII >>
Databases >>
South Africa: High Courts - Gauteng >>
2007 >>
[2007] ZAGPHC 143
| Noteup
| LawCite
Land & Landbou Ontwikkelingsbank van SA h/a Die Landbank v Van Der Merwe en 'n Ander (18328/02) [2007] ZAGPHC 143 (3 August 2007)
Download original files |
DIE
HOOGGEREGSHOF VAN SUID AFRIKA (TRANSVAALSE
PROVINSIALE AFDELING
Saaknommer:
18328/02 Datum
aangehoor: 31/05/2007
Datum
van uitspraak: 03/08/2007 ONRAPORTEERBAAR In
die saak tussen:
Land-
& Landbou Ontwikkelingsbank van S.A.
h/a
Die landbank
EISER
en
L.
Van Der Merwe
1ste
VERWEERDER
C.
Van Der Merwe
2de
VERWEERDER
UITSPRAAK
DU
PLESSIS R:
Die
eiser het op 22 Julie 1998 twee ooreenkomste met Waterval
Boerdery
(Edms) Bpk ("Waterval") aangegaan. Ingevolge elkeen van
die
ooreenkomste
het die eiser aan Waterval 'n bedrag geld geleen. Op dieselfde
datum
het die eerste verweerder twee borgaktes onderteken ingevolge
waarvan
hy
voorgegee het om homself te verbind as borg en medehoofskuldenaar
vir
2
Waterval
se verpligtinge ingevolge elkeen van die gemelde ooreenkomste. Die
eerste
verweerder is binne gemeenskap van goed met die tweede verweerderes
getroud.
Die
derde verweerder, wat binne gemeenskap van goed met die vierde
verweerderes
getroud was, het hom ook as borg vir Waterval se verpligtinge
verbind.
Omdat Waterval versuim het om sy verpligtinge ingevolge elkeen van
die
ooreenkomste na te kom, het die eiser die verweerders vir
terugbetaling van
die
lenings aangespreek.
Die
derde verweerder is oorlede en die eiser het nie met die aksie teen
ham
en die vierde verweerderes voortgegaan nie. Hierdie uitspraak hande!
dus
slegs
met die geding tussen die eiser aan die een kant en die eerste en
tweede
verweerders
aan die anderkant.
Dit
is gemeensaak dat Waterval, wat intussen gelikwideer is, nog R444
641.11
aan die eiser verskuldig is. Trouens, die enigste oorblywende
geskilpunt
tussen
die partye is of die eerste verweerder, toe hy die twee
borgstellings
geteken
het, in die gewone loop van sy besigheid of bedryf opgetree het.
Hierdie geskilpunt
spruit voort uit die bepalings van artikel 15 van die Wet
op Huweliksgoedere,
88 van
1984
(die
Wet) wat ek vervolgens behandel.
3
Artikel
15(2)(h) van die Wet bepaal dat 'n gade wat binne gemeenskap
van
goed getroud is, "mag nie sonder die skriftelike toestemming
van die ander
gade
... hom as borg verbind nie." Dit is gemeensaak dat die tweede
verweerderes
nie sodanige skriftelike toestemming gegee het nie. 'n Borgstelling wat
teenstrydig met artikel 15(2)(h) gegee is, is nietig (Amalgamated
Banks of
SA
Bpk v Lydenburg Passasiersdienste Bk en Andere 1995 (3) SA 314 (T)).
Artikel
15(6) van die Wet bepaal egter:
"Die
bepalings van paragrawe (b), (c), ( f), (g) en (h) van subartikel
(2) is
nie
van toepassing nie waar 'n handeling in daardie paragrawe beoog
deur
'n gade in die gewone loop van sy beroep, bedryf of besigheid verrig
word."
!n
sy besonderhede van vordering beweer die eiser dat die eerste
verweerder,
toe
hy die borgstellings geteken het, "in die gewone loop van sy
besigheid of
bedryf
opgetree het". Die verweerders ontken dit.
Die
partye het by ooreenkoms 'n bundel dokumente, Bewysstuk A,
ingehandig.
Nadat die bundel opgehandig is, is ek meegedeel wat die uitstaande
balans
is en dat die enigste geskilpunt die een is waarna ek verwys het.
Die
eiser
het toe sy saak gesluit. Slegs die eerste verweerder het getuienis
afgelê.
Die
tweede verweerderes het haar saak gesluit sonder om getuienis aan te
bied.
Die
eerste verweerder wat, soos sy gade, nie regsverteenwoordig was
nie,
het sy getuienis aan die hand van 'n skriftelike voorlegging,
Bewysstuk B,
4
afgelê.
Teen hierdie ongewone prosedure het mnr Vermeulen namens die eiser
nie
beswaar gehad nie. Hy was die eerste verweerder trouens van hulp
deur self
die
dokument in die oorkonde in te lees en die eerste verweerder het dit
daarna
bevestig.
Die hof is aan mnr Vermeulen dank verskuldig vir sy hulp in hierdie
verband.
Die
eerste verweerder het getuig dat hy van 1992 af vir Waterval as
plaasbestuurder
gewerk het. Die persoon in beheer van die maatskappy was
wyle
die derde verweerder (Sakata). Voor 1992 het die eerste verweerder
vir 'n
ander
maatskappy in dieselfde stal gewerk. Teen die einde van die
negentigs
het
Sakata, as gevolg van die eerste verweerder se lang verbintenis met
die
maatskappy,
aangebied om 50% van die aande!e in die maatskappy aan die
eerste
verweerder oor te dra. Die aanbod was voorts dat die eerste
verweerder
'n
direkteur van die maatskappy sou word. Die eerste verweerder het die
aanbod
aanvaar.
Alhoewel
hy nooit van die maatskappy se ouditeur skriftelike bewys van sy
aandeelhouding
en direkteurskap gekry het nie, het die eerste verweerder
Sakota
se woord daarvoor aanvaar. Die eerste verweerder se funksie was
deurgaans
om die plaas te bestuur. As aankope gemaak moes word, het hy dit
aan
Sakota gemotiveer, en die het dan die nodige finansiële reëlings
getref. Die
eerste
verweerder het nie by die finansies van die maatskappy betrokke
geraak
nie,
en het trouens nie insae daarin gehad nie.
5
Die
maatskappy, wat saaiboerdery bedryf het, het die finansiering van
die
eiser
nodig gehad vir oes insetkoste en vir spilpunt besproeiing.
Sakota het op
daardie
stadium vir die eerste verweerder gesê dat as hy (eerste
verweerder) nie
"by
die Landbank teken nie", dit die voortsetting van die boerdery
in die gedrang
sou
bring. Die eerste verweerder is toe saam met Sakota Landbank toe
waar hy
verskeie
dokumente ter verkryging van die lening geteken het, insluitende die
borgaktes.
Op daardie stadium was die eerste verweerder onder die indruk dat
hy
'n aandeelhouer en direkteur van Waterval is. Uit die dokumente wat
hy
geteken
het, blyk dit duidelik dat die eerste verweerder só gedink het en
dit ook
s6
aan die eiser voorgestel het.
Kort
nadat die lenings toegestaan is, is Sakota oorlede. Sy seun, wat die
eksekuteur
in die boedel was, het, sonder om die eerste verweerder daarin te
ken,
die maatskappy in likwidasie geplaas. Dit is nie preseis duidelik
wanneer
nie,
maar later, teen omtrent 2000, het die eerste verweerder uitgevind
dat geen
aandele
ooit aan hom oorgedra is nie, en dat hy nooit as direkteur van
Waterval
aangestel
is nie.
Mnr
Vermeulen het, tereg na my oordeel, nie aangevoer dat die eerste
verweerder
nie geglo kan word nie. Dit staan vas dat geen aandele
oordragvorms
geteken is om aandele aan die eerste verweerder oor te dra nie,
dat
geen aandelesertifikaat aan hom uitgereik is nie en dat hy nooit in
die
6
maatskappy
se rekords as aandeelhouer aangetoon is nie. Dit staan voorts vas
dat
hy nooit as direkteur van die maatskappy aangestel is nie. Dit staan
ook vas
dat,
toe hy die borgstelling geteken het, hy werklik gedink het hy is 'n
aandeelhouer
en 'n direkteur van Waterval. Ter verkryging van die lenings het
die
eerste verweerder verskeie dokumente geteken waarop hy voorgegee het
dat
hy
'n aandeelhouer en direkteur van Waterval is. Daardeur het hy,
onskuldig,
aan
die eiser voorgegee dat hy 'n aandeelhouer en direkteur van die
maatskappy
is. Mnr
Vermeulen met verwysing na Botha
v Fick [1994] ZASCA 184; 1995 (2) SA 750 (A)
betoog
dat, deur Sakota se aanbod te aanvaar, het die eerste verweerder 'n
aandeelhouer
van Waterval geword ten spyte daarvan dat formaliteite em hom
aandeelhouer
te maak nie uitgevoer is nie. Dit blyk uit die gemelde beslissing
dat
'n aandeel in 'n maatskappy uit 'n versameling van vorderingsregte
teen die
maatskappy
bestaan. As sodanig word 'n aandeel by wyse van sessie van een
houer
na die volgende oorgedra. Sessie is 'n oordragsooreenkoms waaruit
die
bedoeling
van die sedent om die vorderingsreg oor te dra en die van die
sessionaris
om die reghebbende te word, blyk. Vir 'n geldige sessie moet daar 'n iusta
causa wees.
Die iusta
causa kan
'n verbintenisskeppende ooreenkoms
wees
wat met die sessie kan saamval of dit vooraf kan gaan (742A tot C).
Vir 'n
geldige
sessie van die vorderingsregte waaruit 'n aandeel in 'n maatskappy
bestaan,
is 'n blote sessie-ooreenkoms voldoende. Lewering van 'n
aandelesertifikaat,
die lewering van 'n getekende aandeleoordragvorm en 'n
7
aantekening
in die maatskappy se rekords is nie voorvereistes vir 'n geldige
sessie
nie (bl 78F tot I).
Die
beslissing in Botha v Fick help die eiser egter na my oordeel nie.
In
die
eerste plek is daar geen getuienis dat Sakota inderdaad in staat was
om 50%
van
die aandele in Waterval aan die eerste verweerder oor te dra nie.
Tweedens
is
daar geen getuienis dat die twee partye inderdaad bedoel het dat
hulle
verbintenisskeppende
ooreenkoms terselfdertyd 'n oordragsooreenkoms daar
moet
stel nie. Inteendeel, uit die eerste verweerder se getuienis kan
afgelei word
dat
ten minste hy verwag het dat die aandele eers syne sou word as hy as
sodanig
in die maatskappy se rekords geregistreer is. Derdens het Sakota se
seun,
na sy vader se dood, klaarblyklik ook nie gemeen dat die eerste
verweerder
'n aandeelhouer in Waterval is nie. Kortom, alhoewel Sakota en die
eerste
verweerder se verbintenisskeppende ooreenkoms terselfdertyd 'n
oordragsooreenkoms
sou kon bevat, is daar nie getuienis dat dit gebeur het nie.
Ek
kom dus tot die gevolgtrekking dat die eerste verweerder inderdaad
nie 'n
aandeelhouer
van Waterval was nie.
In
'n repliek tot die eerste verweerder se pleit voer die eiser aan dat
die
eerste
verweerder, vanweë artikel 214 van die Maatskappyewet, 61 van 1973,
wel
geldiglik as direkteur van Waterval gehandel het. Soos ek mnr
Vermeulen
verstaan
het, het hy nie daarop gesteun nie en ek behandel die punt dus net
kortliks.
Artikel 214 bepaal:
8
"Die
handelinge van 'n direkteur van 'n maatskappy is geldig
nieteenstaande
'n gebrek wat agterna in sy aanstelling of kwalifikasie
ontdek
word."
Die
eerste verweerder was nie 'n direkteur in wie se aanstelling of
kwalifikasie
daar
'n gebrek was nie: hy was glad nie 'n direkteur nie. Bowendien
handel
artikel
214 met die geldigheid van handelinge wat namens die maatskappy
verrig
word.
Hierdie saak handel nie met 'n handeling wat die eerste verweerder
namens
die maatskappy verrig het nie maar met die feitevraag of hy 'n
direkteur
was
toe hy in sy persoonlike hoedanigheid borg geteken het. In
die repliek het die eiser ook aangevoer dat die eerste verweerder
estop
is
om te beweer dat hy nie 'n aandeelhouer en direkteur van Waterval
was nie. Ek
het nie verstaan dat mnr Vermeulen met oortuiging op estoppel
gesteun
het nie.
Vir drie redes kan 'n beroep op estoppel
nie
in hierdie geval slaag nie. Eerstens,
die eiser se beroep op estoppel
kan
hoogstens die effek hê dat die
eerste
verweerder verhoed word om hom daarop te beroep dat hy inderdaad nie 'n
direkteur en aandeelhouer van Waterval was nie. Estoppel
kan
nie die effek
hê
om die eerste verweerder se wanvoorstelling waar te maak nie. Anders
gestel,
die eerste verweerder was nie 'n direkteur en aandeelhouer van
Waterval nie,
en estoppel
kan
daaraan niks verander nie. Teenoor die tweede
verweerderes
kan die eiser dus nie aanvoer dat die eerste verweerder inderdaad 'n
aandeelhouer en direkteur van Waterval was en s6 estoppel
as
skuldoorsaak teen
die verweerders se gemeenskaplike boedel aanwend nie (Vgl. LAWSA,
vol.
9
9
paragraaf 652). Tweedens, ek het reeds daarop gewys dat 'n
borgstelling wat
strydig
met art. 15(2)(h) aangegaan is, nietig is. Die eiser kan nie met 'n
beroep op
estoppel
lewe
in
'n ongeldige borgstelling blaas nie (Vgl. LAWSA, vol. 9 para.
674).
Derdens, alhoewel daar nie heeltemal sekerheid in ons reg is nie,
meen ek dat
die eiser in hierdie geval vir 'n geslaagde beroep op estoppel
moes
bewys
het
dat die eerste verweerder se waanvoorstelling nalatig was (IPF
Nominees
(Pty)
Ltd v Nedcor Bank Ltd 2002 (5) SA 101 (W) op 1221 tot 123A. Vgl.
egter
ook
LAWSA, vol. 9 para. 666). Dit het die eiser nie bewys nie.
Die
vraag is dus of die eerste verweerder, wat te goeder trou gemeen het
hy
is 'n aandeelhouer en direkteur van Waterval, in die gewone loop van
sy
besigheid
of bedryf opgetree het toe hy die borgstelling geteken het. In
Amalgamated
Banks of SA Bpk v De Goede en 'n Ander 1997 (4) SA 66 (HHA)
("die ABSA-saak") het die Hoogste Hof van Appel die
bepalings van
artikels
15(2)(h) en 15(6) van die Wet oorweeg. In die meerderheidsuitspraak
het
FH Grosskopf AR eerstens oorweeg of die betrokke handelinge (om borg
te
stel)
in die loop van die borge se beroep, bedryf of besigheid verrig is.
Nadat
bevind
is dat die borge in daardie saak in die loop van hulle besigheid
opgetree het,
het die geleerde regter tweedens oorweeg of die handeling in
die gewone loop
van
daardie besigheid verrig is. Daar is bevind dat die hof die vraag of
'n
handeling
in die gewone loop van besigheid verrig is, objektief moet benader
en
moet
besluit of die handeling een is wat besigheidsmense normaalweg in
die
omstandighede
sal verrig (bl. 771 tot 780).
10
Toe
hy die borgstelling geteken het, was die eerste verweerder se beroep
of
bedryf die van plaasbestuurder. Dit is nie normaalweg deel van 'n
plaasbestuurder
se beroep of bedryf om vir sy werkgewer se verpligtinge borg te
teken
nie. Mnr Vermeulen het, tereg na my mening, nie betoog dat die
eerste
verweerder
in die gewone loop van sy bedryf gehandel het toe hy die
borgstelling
geteken
het nie. In
die ABSA-saak (supra)
het
twee lede van 'n beslote korporasie borg
gestaan
vir bedryfskulde van die korporasie. Die betrokke lede het
minderheidsbelange
gehou en het nie daadwerklik aan die korporasie se bestuur
deelgeneem
nie. Hulle het elkeen 'n ander voltydse beroep gehad. Die
meerderheid
van die hof het bevind dat hulle in die gewone loop van hulle
besigheid
borg gestaan het. Dit is so, was die redenasie, omdat die lede
regtens
op
gelyke voet met die ander lede aan die bestuur van die korporasie
kon
deelneem
en omdat hulle deur middel van die korporasie besigheid gedryf het
al
het
hulle ander beroepe beoefen.
Ek
aanvaar, gegrond op die redes vir die Absa beslissing, dat dit
deel van
die
besigheid van 'n 50% aandeelhouer en direkteur van 'n
privaatmaatskappy is
om
berg te staan vir die maatskappy se bedryfskulde. Ek aanvaar voorts
dat só
'n
direkteur en aandeelhouer in die gewone loop van sy besigheid optree
wanneer
hy so borg staan. Waar, soos in hierdie geval, die borg dink hy is
'n
11
direkteur
en 50% aandeelhouer maar dit nie is nie, het hy geen werklike belang
by
die maatskappy se besigheid nie. Hy het geen reg om in die
maatskappy se
wins
te deel nie en hy kan nie aan die bestuur daarvan deelneem nie. Dit
is nie
deel
van so 'n persoon se besigheid om vir die maatskappy se skuld borg
te
staan
nie. Objektief beskou tree so 'n persoon nie in die gewone loop van
sy
besigheid
op as hy borg staan vir 'n maatskappy waarin hy in werklikheid geen
belang
het 3nie.
Artikel
15(9)(a) van die Wet bepaal:
"Wanneer
'n gade in stryd met die bepalings van subartikel (2) of (3) van
hierdie
artikel... 'n transaksie met 'n persoon aangaan en ... die persoon
nie
wee! en redelikerwys kan weet dat die transaksie in stryd met
daardie
bepalings
... aangegaan word nie, word daar geag dat die betrokke
transaksie
aangegaan is met die toestemming wat ingevolge genoemde
subartikel
(2) of (3) vereis word,,, ." Die
eiser het nie in die pleitstukke of
in
betoog aangevoer dat artikel 15(9)(a) op
die
feite van hierdie saak van toe passing is nie. Volledigheidshalwe
wys ek
daarop
dat daar geen getuienis is dat die eiser nie geweet het of
redelikerwys
kon
geweet het dat die eerste verweerder in stryd met artikel 15(2)(h)
handel nie.
Gevolglik
is die borgakte wat die eerste verweerder vir die skulde van
Waterval
geteken het nietig en onafdwingbaar.
12
Die
eiser se eis word van die hand gewys met koste.
B.
R. DU PLESSIS
Regter
van die Hooggeregshof
Eiser
se Prokureur: Stroh Coetzee / Hugo van Heerder 0123626506
Verweerder
se Prokureur: In Persoon