South Africa: High Courts - Gauteng Support SAFLII

You are here:  SAFLII >> Databases >> South Africa: High Courts - Gauteng >> 2007 >> [2007] ZAGPHC 157

| Noteup | LawCite

S v Steyn (A213/06) [2007] ZAGPHC 157 (17 August 2007)

Download original files

PDF format

RTF format



IN DIE HOOGGEREGSHOF V AN SUID-AFRIKA

(TRANSV AALSE PROVINSIALE AFDELING)


SAAKNO: A 213/06

DATUM: 17/08/2007


ONRAPORTEERBAAR

In die saak tussen:

WILLEM FRANCOIS STEYN

Appellant

En

DIE STAAT

Respondent


UITSPRAAK

HARTZENBERG.R

Die appellant is op 22 April 2004 in die Streekhof te Klerksdorp skuldig

bevind aan verkragting van 'n 9 jaar oue klaagster. Die saak is ingevolge artikel 52

van Wet 105 van 1997 na die hooggeregshof verwys vir vonnis. Die bevinding was

dat daar meerdere verkragtings oor 'n tydperk was. Die skuldigbevinding is op 19

Oktober 2004, in terme van artikel 52(2) van die bovermelde wet bekragtig en die

appellant is gevonnis tot lewenslange gevangenisstraf. Die appellant kom in hoer

beroep teen die skuldigbeving en vonnis met verlof van die hof a quo.

In die klagstaat word die bewering gemaak dat die appellant vleeslike

gemeenskap gehad het met die klaagster op of omtrent 2002 tot 2003 te Stilfontein..


2

Die appellant het onskuldig gepleit en ontken dat hy die klaagster verkrag het. Dit het

geblyk dat die appellant in 'n buitekamer by die klaagster se ouers se woning geslaap

het, toe hul1e in Hartbeesfonteinweg 54 gewoon het. V oorheen was hulle woonagtig

te Komatistraat, Stilfontein. Daar het hy ook soms by hulle oorgeslaap. Die appellant

is 'n neef van die klaagster se vader en is gebore gedurende 1979.

Tydens die

beweerde verkragting was hy werkloos omdat die mynbedrywighede waar hy in diens

was gestaak is. Hy was dus omtrent so 23 of 24 jaar oud.

Die staat se saak het daaruit bestaan dat die klaagster by die skool aan haar

maatjie 'n rapport sou gemaak het oor seksuele dinge waarby sy betrokke was by die

huis.

Die maatjie het die onderwyser meegedeel en uiteindelik het 'n vroulike

polisiebeampte, inspekteur Herselman, die saak ondersoek en het sy die appellant

arresteer, nadat die klaagster medies ondersoek is en die dokter, dr. Rawat, bevind het

dat sy seksueel aangerand is en dat daar penetrasie plaasgevind het. Die dokter het

ook smere geneem maar daar is nie weer daarna verwys nie.

Die getuies wat namens die staat getuig het was die ouers van die klaagster,

Dr. Rawat, die klaagster wat met behulp van 'n tussenganger, mev. Du Plessis, getuig

het, Jade Lee Conmee, 'n vriendin van die appellant, Raymond Parsons, 'n

werktuigkundige, Hendrik Palm, 'n vriend, inspekteur Herselman en die tussenganger

mev. Du Plessis. Die appellant het persoonlik getuig en die landdros het bevind dat

hy sy getuienis bevredigend gegee het. Daarteenoor het sy bevind dat die getuienis

van die moeder van die klaagster nie bevredigend was nie.


3

Die klaagster se getuienis was dat die appellant snags na haar kamer gekom

het, soms kleefband om haar mond geplak het, sy hande onder haar klere ingedruk het

en dan met haar gemeenskap gehad het. Sy het ook getuig dat hy haar gevra het om

na sy kamer te kom sodat hulle gemeenskap kan hê. Lg. getuienis het sy gegee toe sy

gevra was waarom haar broekie in die appellant se kamer gevind is en sy gesê het dat

die appellant dit geneem het en die versoek aan haar gerig het. Sy het getuig dat sy

vir haar maatjies vertel het wat die appellant doen en dat hul1e dit toe aan die

onderwyser oorgedra het waarna die polisiebeampte toe met haar gepraat het.

Volgens haar getuienis het die appellant die eerste keer met haar gemeenskap gehad

toe hulle in Komatistraat gewoon het. Sy het in die eetkamer geslaap en hy in die

sitkamer. Sy het haar moeder vertel en sy het haar pa daarvan verte!. Dit was die

jaar vantevore. Sy het 'n sleutel vir haar kamerdeur by haar ma gekry. Soms het sy

die deur gesluit en soms het haar moeder dit gedoen. In Hartbeesfonteinweg het die

appellant altyd met haar gemeenskap in haar kamer gehad. Dit is nie heeltemal

duidelik hoe hy die toegang bewerkstellig het waar die getuienis was dat die

kamerdeur gesluit was nie. Alhoewel sy aanvanklik getuig het dat sy dit nie kan

onthou nie het die klaagster tydens kruisverhoor toegegee dat sy self in besit was van

R10,00 melkgeld en dat sy die appellant voorgehou het as die persoon wat dit gesteel

het. Sy het ook bevestig dat sy gespeel het en dat haar ma en Jade Lee haar geroep

het en gevra het wat haar broekie in die appellant se buitekamer maak. Sy sou toe

aangedui het dat hy haar gevra het om daar met hom gemeenskap te hê.

Haar vader het getuienis afgelê en bevestig waar hulle gebly het en wie almal

by hulle woonagtig was. Hy het ontken dat sy dogter toe sy vier jaar oud was verkrag

is. Hy het ook ontken dat hy bewus was daarvan dat die appellant met die klaagster


4

gemeenskap gehad het voordat hierdie saak aanhangig gemaak is. Die moeder se

getuienis was eienaardig in die sin dat sy toegegee het dat die klaagster haar

meegedeel het dat die appellant met haar gemeenskap gehad het maar dat sy nie enige

samehangende verduideliking gegee het waarom 'n klagte nie aanhangig gemaak is

me.

Sy het wel gesê dat sy haar eggenoot meegedeel het van die bewering. In

daardie opsig verskil hul1e getuienis. Sy se ook dat sy vir die klaagster aangesê het

om weg te bly van die appellant en dat sy vir haar aangesê het om haar deur te sluit.

Sy bevestig ook die vonds van die broekie in die appellant se kamer en weereens is

haar getuienis eienaardig oor wat sy daaromtrent gedoen het.

Jade Lee getuig dat sy 'n boek gesoek het en dat die klaagster se moeder haar

na die appellant se kamer gestuur het en meegedeel het dat die boek in 'n houer voor

die bed was. In die kamer het daar ‘n koerant onder die matras uitgesteek en toe sy

die matras oplig het sy 'n broekie van die klaagster daar gevind. Sy het dit vir die

klaagster se moeder gewys. Sy het ontken dat sy kwaad was vir die appellant omdat

hy by geleentheid geweier het om vir haar geld te gee om mandrax mee te koop.

Ofskoon sy 'n vriendin van die appellant is het sy tog bevestig dat by een geleentheid

hy die buitekamer ontruim het en in 'n motor geslaap het sodat sy en 'n vriend in sy

kamer kon slaap.

Die getuienis van Dr. Rawat was nie in geskil nie. Die getuienis van Parsons

en Palm het nie werklik die staat se saak enigsins bevorder nie behalwe miskien om

aan te toon dat daar baie mense op die perseel woonagtig was en dat die klaagster se

kamer, na slaaptyd, ten minste by geleentheid gesluit was sodat sy nie kon uitkom nie

en haar ma vir haar die kamerdeur moes oopmaak sodat sy toilet toe kon gaan. Die


5

appellant het voet by stuk gehou dat hy nie die klaagster verkrag het nie en hy is nie

tydens kruisverhoor ontmasker as 'n opsigtelike leuenaar nie.

Die landdros het die appellant skuldig bevind.

Haar benadering was dat

alhoewel die klaagster die appellant valslik beskuldig het as die persoon wat die

melkgeld gesteel het, sy 'n intelligente kind is wat nie die appellant valslik beskuldig

het van die verkragting op haar nie. Sy het stawing vir die klaagster se getuienis

gesien in Jade Lee se onthulling oor die broekie en het veral geargumenteer dat die

wyse waarop die verkragting op die lappe gekom het aanduidend was daarvan dat

daar nie sprake kan wees dat die klaagster gepoog het om die appellant valslik voor te

hou as die persoon wat haar verkrag het nie. Dit is gewis nie oorwegings wat buite

rekening gelaat kan word nie.

Aan die ander kant egter is daar hierdie eienaardige situasie dat Jade Lee en

die klaagster se moeder getuig oor die vonds van die broekie en dat die klaagster

bevestig dat hulle haar daaroor uitgevra het maar dat hulle niks daadwerkliks

daaromtrent gedoen het nie. Alhoewel die moeder se dat sy dit vir die klaagster se pa

gesê het, ontken hy dat hy hoegenaamd daarvan bewus was voordat die polisie op die

toneel gekom het. Boonop is dit objektief so dat die ouers net mooi niks gedoen het

nadat hierdie skokkende onthulling tot hulle kennis gekom het nie. Dit laat gewis die

vraag ontstaan of die klaagster se moeder nie doelbewus juis nie 'n klagte wou lê nie,

en indien nie waarom nie. Sy en haar man het geen rede gehad om die appellant te

beskerm nie. Hy was 'n las op hulle nek en hulle sou nie spyt wees om hom te sien

gaan me.

Verder het die klaagster nie die broekie as sulks gekoppel aan enige

vleeslike gemeenskap nie.

Haar getuienis het nie verder gegaan nie as dat die


6

appellant die broekie gene em het en haar gevra het om na sy kamer te kom sodat hulle

gemeenskap kon hê. Wat die mededeling aan die maatjie aanbetref is die situasie

doodeenvoudig dat die maatjie aan wie die mededeling gemaak is of selfs die

onderwyser nie geroep is as getuies nie. Daar was dus geen onafhanklike getuienis

oor die inhoud van die mededeling wat die onderwyser genoop het om die klagte

aanhangig te maak nie. Op die keper beskou was hierdie twee aspekte wat swaar

geweeg het by die landdros dus nie so sterk soos wat die landdros gereken het dit is

me.

Toe die saak voor die hof a quo gekom het was daar twee verslae voor die hof

wat nie beskikbaar was toe die die landdros die skuld of onskuld van die appellant

oorweeg het nie, naamlik 'n voorvonnisverslag dem 'n maatskaplike werkster ene

Me. Van Biljon en ‘n sielkundige verslag deur ene Me van Rensburg. In die verslae

word uiteengesit wat die omstandighede was by die huis waarin hierdie voorvalle

plaasgevind het en daaruit blyk dit dat die klaagster wat saam met haar broer by

pleegouers geplaas is haar gedurig skuldig maak aan leuens, baie wêreldwys is oor

seksuele gedrag en selfs betrap is toe sy met haar jonger broer se privaatdele gespeel

het. Dit blyk dat haar ouers hulle skuldig gemaak het aan die gebruik van dagga en

mandrax en dat hulle in die sitkamer voor die kinders seksueel verkeer het. Die

klaagster se vader was ook by geleentheid in die gevangenis weens diefstal. Beide

Me. Van Biljon en Me. Van Rensburg is deur die hof a quo as getuies geroep en die

inhoud van hulle verslae is nie aangeval of bevraagteken nie. Hulle is gevra of die

landdros verkeerd kon gewees het om peil te trek op die klaagster se getuienis in die

lig van haar geneigdheid om leuens te vertel en alhoewel beide hulle nie werklik self


7

as bevoeg beskou het om daaroor te oordeel nie het hulle tog tot die konklusie gekom

dat die landdros nie verkeerd was nie.

Dit is so dat die hof a quo geregtig was om insae te hê in die verklarings en

om getuies te roep en om onder andere die skuldigbevinding te bekragtig of ter syde

te stel na aanhoor van die getuienis. S v B, 2003 (1) SA 552 (HHA). Die hof a quo

moes na aanhoor van die getuienis al die beskikbare materiaal oorweeg het en sigself

die vraag afgevra het of die staatsaak so sterk was dat die beskuldigde se ontkenning

eenvoudig net nie waar kan wees nie. Dit het die getuienis in die streekhof en die

verdere inligting wat voor die hof was ingesluit.

Daaruit het die ontstellende prentjie ontvou dat hierdie kind van kleins af deur

haar ouers blootgestel is aan seksuele bedrywighede, dat sy besonder wêreldwys was

op hierdie gebied, dat sy haarself gereeld skuldig maak daaraan om leuens te

verkondig en te steel, dat sy die appellant ten minste ten opsigte van die melkgeld

valslik geïmpliseer het, dat haar ouers bewus was van die bewering dat die appellant

die klaagster verkrag het en niks daaromtrent gedoen het nie, dat die staat nie die

getuienis van die dogtertjie Nadia voor die hof geplaas het nie en dat dit nie

onmoontlik was dat iemand anders die dade kon gepleeg het nie en dat die appellant

valslik geïmpliseer is juis om die persoon te beskerm nie. In my oordeel moes daar 'n

twyfel bestaan het of die appellant se skuld bo redelike twyfel bewys is.

Die appel word gehandhaaf. Die skuldigbevinding en vonnis word ter syde

gestel.




Ek stem saam.

Ek stem saam.

~

W R C PRINSLOO

REGTER VAN DIE HOOGGEREGSHOF

LM MOLOPAREGTER VAN DIE HOOGGEREGSHOF

W J HARTZENBERG

REGTER VAN DIE HOOGGEREGSHOF