South Africa: High Courts - Gauteng Support SAFLII

You are here:  SAFLII >> Databases >> South Africa: High Courts - Gauteng >> 2007 >> [2007] ZAGPHC 173

| Noteup | LawCite

S v Mkwanazi en Andere (A446/07) [2007] ZAGPHC 173 (3 September 2007)

Download original files

PDF format

RTF format




IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA

(TRANSVAALSE PROVINSIALE AFDELlNG)

In die saak tussen:

Saaknr: A446/07

AMOS MBUYISELA MKWANAZI

Eerste Appellant

NICO ZENZI DITHAKO Tweede Appellant


Derde Appellant

SUNNYBOY MELUSI NDABA

DIE STAAT


en


UITSPRAAK

Die drie appellante is in die Streekhof te Nigel op drie aanklagtes van

roof met verswarende omstandighede aangekla en uiteindelik saam

aan 'n enkele aanklag skuldig bevind (aanklag 3), te wete dat hulle op

of ongeveer 17 April 2004, te of naby Duduza, die klaagster EMILY

MOLal van haar radio met gebruikmaking van 'n vuurwapen be roof

het. Alhoewel die klagstaat beweer dat dit 'n Samsung was, het die

klaagster deurgans van 'n Sony getuig. Niks draai daarom nie. Die drie

appellante is op die ander twee aanklagtes (aanklagte 1 en 2)

vrygespreek. Die appellante is by skuldigbevinding elkeen onbevoeg

verklaar om 'n vuurwapen te besit.

Al drie die appellante het tydens die verhoor regsverteenwoordiging

geniet.

Not reportable

3 SEPTEMBER 2007


- 2 -

Die streeklanddros het ten opsigte van sowel skuldigbevinding as vonnis verlof tot appel aan die drie appellante verleen. In hierdie hof, egter, ofskoon die skriftelike betoog wat namens die appellante ingedien is ook die skuldigbevinding bevraagteken, is slegs die appel teen die vonnis voortgesit.

Die toestaan van verlof tot appel het geskied op die grondslag dat gegewe die omstandighede van die beligting aangesien die voorval in die aand gebeur het, daar 'n redelike moontlikheid bestaan, alhoewel baie klein en skraal, dat 'n ander hof moontik kan bevind dat die uitkenning van die appellante onbetroubaar was. Dit is bloot in hierdie verband wat verlof tot appel ten opsigte van vonnis daarby verleen is. Volgens die klaagster het tweede appellant op die aand van 17 April 2004 die deur van haar woning te Alrapark geskop en ingekom. Hy het 'n vuurwapen op haar gerig en het 'n skoot afgevuur wat haar egter nie get ref het nie. Sy ken die tweede appellant. Hy woon langs haar suster se huis in Uitbreiding 2, Alrapark. Daar was twee ander persone saam. Die een was die eerste appellant wat in dieselfde straat as sy woon. Sy ken die eerste appellant allank. Sy ken ook hul stemme. Die derde persoon kon sy nie uitken nie. Sy het erken dat sy hom nie so goed gesien het nie. Alhoewel die ligte binne die huis nie aangeskakel was nie, was daar maanlig. Die drie het haar radio tesame met sy luidspreker wat sy as 'n 'sakhover' beskryf het, verwyder. Sy het haar luidsprekler later by die polisie uitgeken. In haar polisie-verklaring het


- 3 -

die klaagster verklaar dat sy die rowers nie sal kan herken nie. In kruisondervraging het sy verduidelik dat sy toe bang was om te se dat sy hulle gesien het. Sy het egter dieselfde dag nog vir INSPEKTEUR MAHLADISA vertel dat die eerste en tweede appellante by die roof betrokke was. Dit het die kruisondervraging van die klaagster afgesluit. Haar broer DUMELO MOLOI was saam in die huis toe die roof gepleeg is. Hy het aldrie die appellante uitgeken. Sy getuienis dat hy hulle ken is nooit betwis nie. Hy weet ook waar hulle bly. Hy het bevestig dat tweede appellant die vuurwapen in sy besit gehad het. Hy het getuig dat dit nie baie donker was nie en dat daar daar 'n straatlig buite ongeveer 10 meter vanaf die huis gebrand het. Hy het agterna aan sy suster gese hy ken die appellante. Hy het getuig dat sy hulle nie geken het nie. Die streeklanddros het die getuienis rondom die uitkenning van die appellante behoorlik en sorgvuldig oorweeg. Op die geheel van die getuienis moet daar saamgestem word dat die uitkenning van die appellante betroubaar is. Daar bestaan geen twyfel daaroor dat dit die appellante is wat hierdie roof gepleeg het nie. In die lig gesien daarvan is dit te verstane dat die appel teen sodanige skuldigbevinding nie voortgesit is nie. Die drie appellante is heeltemal tereg aan roof met verswarende omstandighede skuldig bevind.

Roof met verswarende omstandighede is 'n misdryf wat in Deel II van Bylae 2 by die Strafwysigingswet, Nr. 105 van 1997, voorkom. Artikel 51 (2)(a)(i) van daardie wet skryf 'n minimum vonnis van 15 jaar


- 4 -

gevangenisstraf voor tensy daar ingevolge artikel 52(3)(a) daarvan wesenlike en dwingende omstandighede bestaan wat die oplegging van 'n mindere vonnis regverdig. Dit is ook gemeensaak dat die misdryf waaraan die appellante skuldig bevind is binne voormelde bepalings ressorteer.

By die verhoor is daar geen wesenlike en dwingende omstandighede voorgehou nie. Trouens, by vonnisoplegging het die appellante se regsverteenwoordiger die volgende opmerking gemaak: "Edelagbare, ooreenkomstig my instruksies is daar geen wesenlike en dwingende omstanduighede wat ek op rekord kan plaas nie".

In betoog voor hierdie hof op appel is voorgehou dat die appellante eerste oortreders is, dat daar skuldig gepleit is (wat nie die geval was nie) en dat die gesteelde eiendom herwin is.

Al wat in die skriftelike betoog namens die appellante geopper word is die volgende: "Die enigste feit wat moontlik tesame met ander feite as wesenlik en dwingend geag kan word, is die feit dat geeneen van die slagoffers tydens die roof tog beseer is nie en verdermeer dat appellant (sic) 'n eerste oortreder en 'n minderjarige was tydens die pleeg van hierdie misdryf" en "al hierdie faktore saamgevoeg kan moontlik wesenlike en dwingende omstandighede daarstel". Daar word geensins gesuggereer dat enige van die appellante tydens die pleeg van die roof 'n kind was of dat hulle binne die trefwydte van artikel 51 (6) van die wet ressorteer nie. Volgens dit wat aan die


- 5 -

streeklanddros ten tye van vonnisoplegging voorgehou is, was die

appellante toe 20, 21 en 19 jaar oud onderskeidelik. Dit ly geen twyfel

dat in 'n gepaste geval die persoonlike omstandighede soos voormeld

van 'n beskuldigde wesenlike en dwingende omstandighede mag

uitmnaak wat in daardie geval die oplegging van 'n mindere as die

voorgeskrewe straf regverdig. In die onderhawige geval kon die

streeklanddros na deeglike ondersoek egter geen dwingende en

wesenlike omstandighede vind nie en het tot die slotsom gekom dat

die minimum voorgeskrewe straf gepas is en aan al die

strafdoelstellings voldoen. Die streeklanddros het in hierdie opsig

gelyk.

Die verklaring van onbevoegdheid om 'n vuurwapen te besit is glad nie

aangeveg nie.

Bygevolg word die appel afgewys. Die skuldigbevindings en vonnisse

van elkeen van die appellante word bekragtig. Die verklaring van

onbevoegdheid om 'n vuurwapen te besit bly staan.


B P GEACH

WAARNEMENDE REGTER VAN DIE HOOGGEREGSHOF


- 6 -

Ek stem saam.

fI~

f'

F H TERBLANCHE

WAARNEMENDE REGTER VAN DIE HOOGGEREGSHOF