South Africa: High Courts - Gauteng Support SAFLII

You are here:  SAFLII >> Databases >> South Africa: High Courts - Gauteng >> 2007 >> [2007] ZAGPHC 327

| Noteup | LawCite

Meyer en Andere v Roux en 'n Ander (37719/2007) [2007] ZAGPHC 327 (27 November 2007)

Download original files

PDF format

RTF format


IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA

(TRANSVAALSE PROVINSIALE AFDELlNG)

DATUM: 27/11/2007

SAAKNOMMER: 37719/2007


In die saak tussen:


A. MEYER 1Ste Applikant


F.F. MEYER 2De Applikant


M MEYER 3De Applikant



en


C.M. ROUX 1Ste Respondent


J.G. MEYER 2De Respondent



UITSPRAAK


FABRICIUS: WR


1 . Die applikante en tweede respondent is kinders gebore uit die huwelik van JG Meyer en eerste respondent wat op 23 Mei 1007 ontbind is. 'n Skikkingsooreenkoms is deel van die hofbevel gemaak en vir huidige doeleindes haal ek net paragraaf 4.5 daarvan aan:


"Die partye kom voorts met mekaar ooreen dat indien verweerderes die eiendom wat sy verkies aan te koop op enige stadium in die toekoms sou verkoop, dan sal die netto opbrengs van die verkoopprys in gelyke dele aan die kinders gebore uit die huwelik tussen eiser en verweerderes betaal word. Vir die doel bepaal die partye verder dat indien verweerderes sou hertrou of in ‘n saambly verhouding met in ander man as man en vrou sou woon, die eiendom onmiddellik in die mark geplaas en te koop aangebied sal word vir die bes bekombare prys."


2. Die eerste respondent het weer in die huwelik getree op 6 September 1997. Die eerste tot derde applikante het 'n aansoek geloots wat in wese daarop neerkom vir 'n bevel dat die tersaaklike klousule afgedwing word. Eerste respondent het 'n teenaansoek ingestel. Ek is meegedeel dat die eerste applikant 26 jaar oud is, die tweede applikant 24 jaar oud is en die derde applikant 19 jaar oud is. Die applikante se vader is oorlede op 7 Augustus 2005. Hulle beweer dat na hulle vader se dood hulle vir die eerste keer bewus geword het van die skikkingsakte en tersaaklike korrespondensie. Die eerste applikant beweer egter ook dat sy omtrent ses maande voor haar vader se dood kennis van die betrokke ooreenkoms gehad het. Geeneen van 'n aantal verwere geopper deur die eerste respondent is met erns by die aanhoor van die verrigtinge mee voortgegaan nie (en tereg so) behalwe die aspek van verjaring.


3. Namens eerste respondent is betoog dat op die applikante se eie weergawe die eis verjaar het (met inagneming van die applikante se minderjarige status) een jaar nadat sodanige beperking nie meer bestaan het nie. Daar is verwys na artikel 11 van die Verjaringswet, 68 van 1969. In hierdie konteks is namens die applikante betoog dat artikel 11 (a)(ii) van genoemde Wet inderdaad van toepassing gesien in die Jig van die feit dat die "skuld" een is wat ingevolge 'n hofbevel ontstaan het. In so 'n geval verjaar so 'n eis eers na 30 jaar. Ek is in die verband verwys na Primavare Construction SA v Government North West Province & Another 2003 (3) SA 579 (B). Sien ook Jordan & Co Ltd v Bulsara 1992 (4) SA 457 (E) 464F-G.


4. Die tersaaklike klousule is onverwant aan enige onderhoudsbepaling en is myns insiens 'n "skuld" binne die raamwerk van artikel 11 (a)(ii) van die Verjaringswet. Myns insiens is daar dus geen meriete in eerste respondent se betoog in hierdie verband nie.


5. Volledigheidshalwe mag ek net me Id dat genoemde klousule myns insiens ook nie contra bones mores is nie, en dat daar geen sprake daarvan kan wees dat die applikante afstand gedoen het van hulle regte ingevolge die ooreenkoms nie. Wat betref eersgenoemde aspek wil ek net verwys na Barkhuizen v Napier [2007] ZACC 5; 2007 (5) SA 323 (CC) paragrawe 100 - 104 en veral paragraaf 104.


6. Met inagneming van bogenoemde word bedes 1.1 tot 1.6 en bede 2 toegestaan, en word die teenaansoek van die hand gewys met koste.



GETEKEN te PRETORIA op hierdie 23ste dag van NOVEMBER 2007.


-----------------------------------------

HJ FABRICIUS

WAARNEMENDE REGTER VAN DIE

HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA

(TRANSVAALSE PROVINSIALE AFDELlNG)


DATUM VAN ARGUMENT: 22 NOVEMBER 2007


DATUM VAN UITSPRAAK: 27 NOVEMBER 2007