South Africa: High Courts - Gauteng

You are here:
SAFLII >>
Databases >>
South Africa: High Courts - Gauteng >>
2007 >>
[2007] ZAGPHC 79
| Noteup
| LawCite
Mankwe v Padongelukkefonds (30959/2003) [2007] ZAGPHC 79 (2 February 2007)
Download original files |
/LVS
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(TRANSVAALSE PROVINSIALE AFDELlNG)
DATUM: 02/02/2007 SAAKNOMMER:
30959/2003 ONRAPORTEERBAAR
In die saak tussen:
RAMATSOBANE MARTHA MANKWE
EISER
EN
DIE PADONGELUKKEFONDS
VERWEERDER
UITSPRAAK
BOTHA R:
In hierdie derde party saak het ek
ingevolge Reël 33(4) gelas dat die kwessie
van aanspreeklikheid eerste en
afsonderlik bereg word.
Die eiseres eis skadevergoeding
namens haar kinders weens die dood van
haar man, Lipson Mantjane Matabane
(die oorledene).
2
Dit is gemene saak dat die oorledene
beswyk het aan beserings wat hy
opgedoen het toe hy op 15 November
1996 te Riverside raakgery is deur 'n
huurmotor bestuur deur mnr G.P
Mtshweni.
Dit is gemene saak dat die botsing
plaasgevind het in die aand toe dit reeds
donker was en voertuie met hulle
hoofligte aan moes ry.
Mnr G.P Mtshweni het 'n kombi
huurmotor bestuur van Jane Furse in die
rigting van Nebo. Sy enigste
passasier was mnr J Tokwane. Die pad was 'n
teerpad met ‘n enkel baan in elke
rigting. Daar was geen straatligte langs die
pad nie. Daar was huise weerskante
van die pad, blykbaar die woongebied
bekend as Riverside.
Daar waar die botsing plaasgevind
het, was die
spoedgrens 60 kilometer per uur.
Die eiseres het mnr Tokwane as getuie
geroep en die verweerder het mnr
Mtshweni as getuie geroep.
Mnr Tokwane het getuig dat hy voor
langs die bestuurder gesit het. Die pad
was nat maar dit het nie meer gereën
nie. Die huurmotor se hoofligte was
gedomp. Twee voertuie het van voor af
aangekom. Onmiddellik na die twee
voertuie verby is, het hy 'n slag
gehoor. Toe die huurmotor tot stilstand
gekom het, het hy mnr Mtshweni gevra
om die handrem aan te sit. Mnr
Mtshweni het geantwoord dat dit nie
werk nie. Hy het hom gevra om die
gevaar ligte aan te sit. Hy het
geantwoord dat hulle ook nie werk nie. Hy het
toe self die gevaar ligte
aangeskakel.
-----
3
Die voertuig het sowat 11 tree van
die punt waar hy die slag gehoor het, tot
stilstand gekom.
Hy het uitgeklim en iets onder die
voor suspensie sien lê.
Hy het die
bestuurder versoek om agteruit te ry.
Die persoon wat raakgery is het toe
losgeraak.
Hy het bevestig dat daar huise
weerskante van die pad is en dat daar baie
mense rand beweeg.
Na sy mening het die bestuurder
tussen 90 en 95 kilometer per uur gery. Hy
het op die teer gery, meer na die
linker kant.
Die bestuurder het nie spoed
verminder toe die twee voertuie van voor verby
gegaan het nie.
Die botsing het plaasgevind sowat 10
sekondes nadat die twee voertuie van
voor verby gegaan het.
Die bestuurder het nie gerem of
uitgeswaai nie.
Sowat 600 meter terug was 'n bord wat
aandui dat die spoedgrens 60
kilometer per uur is.
4
Hy het bevestig dat hy sowat 'n week
tevore uitwysings op die toneel gedoen
het wat op kamera vasgelê is.
Bewysstuk A bevat toto's waarvan sewe horn
uitbeeld waar hy uitwysings doen.
Op foto 1 staan hy by A, waar die
voertuig tot stand gekom het. B is waar die
oorledene gestamp is.
Die voetganger strepe op die toto is
eers na die
botsing aangebring.
Foto 5 wys waar die oorledene vandaan
gekom het. Dit wys dat hy van links
na regs beweeg het. Hulle voertuig
het gery in die rigting wat die vragmotor
wat sigbaar is op die toto beweeg
het. Dit sou beteken dat die oorledene van
regs na links voor die huurmotor
inbeweeg het.
Hy het die oorledene nooit voor die
botsing gesien nie. Die rigting wat die
oorledene sou beweeg het volgens
foto's 5 en 6 was bloot 'n vermoede. Dit
was moontlik dat die oorledene
gestaan het by punt C, soos aangedui op foto
7.
As die bestuur stadig beweeg het, sou
hy 'n botsing kon vermy het.
Hy onthou dat die oorledene 'n swart
trui aangehad het.
Die rede hoekom hy die oorledene nie
gesien het nie, was dat hy nie die
bestuurder was nie. Hy het vorentoe
gekyk.
5
Dit is aan hom gestel dat omdat hy
nie agter die stuurwiel gesit het nie, sou hy
nie kon sê of die bestuurder die
botsing kon vermy het nie.
Hy het
saamgestem.
Daar is probeer om 'n verklaring aan
hom te stel, maar na hy ontken het dat
hy dit gelees het, of dat dit aan hom
teruggelees is, is die poging laat vaar.
Hy het bevestig dat die huurmotor se
vier wiele ten tyde van die botsing op
die teer was.
Dit is aan hom gestel dat punt B (die
punt van botsing) op foto 1 af van die
teer is. Hy het geantwoord dat die
pad tans verbreed word.
Hy het saamgestem dat hy nie weet of
die oorledene in die pad was en of hy
van links of van regs gekom het nie.
Toe dit aan hom gestel is dat die
bestuurder sal sê dat hy 'n beweging van
regs gesien het, het hy geantwoord
dat dit nie so kon wees nie omdat hy
versuim het om te rem.
Toe dit aan hom gestel is dat die
bestuurder na die slag gerem en gestop
het, het hy geantwoord dat die
voertuig vanself vanweë sy gewig gestop het.
Hy self is nie 'n motor bestuurder
nie. Hy het nie 'n lisensie nie.
6
Hy het volgehou dat die botsing om
19h00 plaasgevind het. Hy het ontken
dat die huurmotor in die middel van
sy baan gery het. Hy was meer na die
kant van die pad.
Hy het saamgestem dat die voorruit
uitgestamp is. Die skade was meer aan
die linker kant.
Hy is gevra hoekom hy sê dat die
huurmotor se spoed 90-95 kilometer per uur
was. Hy het geantwoord dat dit
verskil het van die spoed wat normaalweg
gehandhaat word.
Mm Mtshweni het getuig dat die
botsing om 20h00 plaasgevind het.
Tydens die voorval het dit hard
gereen. Sy spoed was 60 kilometer per uur.
Twee voertuie het van voor aangekom.
Onmiddellik toe hulle verby is, het
iets van agter die twee voertuie te
voorskyn gekom. Dit het van sy regter kant
gekom. Hy het met die voorwerp
gebots. Dit het skielik gebeur. Daar was
niks wat hy kon doen nie. Toe hy die
voorwerp gewaar, was dit 3,5 tree van
hom at.
Hy het gestop en gesien dat die
voorwerp 'n persoon was. Hy het agter die
voertuig aan die kant gelê. Hy het
bruin klere aangehad.
- - -
- --- - --- -- -
7
Hy het ontken dat daar 'n gesprek oor
sy handrem en sy gevaar ligte was. Hy
het ontken dat die oorledene onder sy
voertuig gelê het.
Hy is al van 1985 'n huurmotor
bestuurder. Hy ry die betrokke roete gereeld,
drie tot vier keer per dag. Hy weet
dat daar huise is en dat daar voertuie,
fietse en voetgangers rond beweeg.
Hy het saamgestem dat hy vanweë die
reën nie baie mooi kon sien nie.
Toe die voertuie van voor kom het hy
sy spoed effens verminder na 55
kilometer per uur. Hy het nie weer
versnel nie.
Sy ligte was gedomp. Die ligte van
die aankomende voertuie was helder.
Hy het saamgestem dat hy nie die
oorledene op die kant van die pad gesien
het nie. Hy het saamgestem dat hy op
die pad gekonsentreer het en nie na
die kant gekyk het nie.
Hy het nie sy spoed verminder omdat
hy nie gedink het dat daar 'n botsing
gaan wees me.
Dit is aan hom gestel dat as hy
stadiger gery het sou hy die oorledene langs
die pad sien staan het. Hy het
geantwoord dat hy nie weet nie.
8
Hy het die oorledene die eerste keer
gesien toe hy by die twee voertuie verby
gekom het. Hy het ontken dat daar
genoeg tyd was om te rem.
Hy kon nie swenk nie omdat die
oorledene baie naby aan hom was.
Die oorledene het beweeg soos iemand
wat hard loop.
Dit is aan hom gestel dat as hy
stadiger gery het, sou hy 'n botsing kon vermy
het. Hy het geantwoord dat hy net 60
kilometer per uur gery het. Hy het
ontken dat hy vinniger as dit gery
het.
Die skade op sy voertuig was voor op
die paneel, meer na die middel.
Dit som die getuienis in hooftrekke
op.
Mm Gerber, wat namens die eiseres
verskyn het, het dit beklemtoon dat mm
Mtshweni 'n huurmotor bestuurder was.
Hy het betoog dat dit meer
waarskynlik was dat die oorledene aan
die linker kant van die pad was en dat
mnr Mtshweni hom dan moes gesien het.
Me van Antwerpen het namens die
verweerder betoog dat die eiseres geen
getuienis aangebied het wat op
nalatigheid dui nie.
Daar is 'n aantal feite geskille
tussen die twee getuies. Dit gaan oor:
(a)
die tyd van die voorval
9
(b) (c)
of dit besig was om te reen
waar presies in die linker baan die
huurmotor gery het
(d)
waar presies die huurmotor beskadig
is, links voor, of meer na die
middel
(e)
of die oorledene onder die voertuig
geh§ het
(f)
of daar 'n gesprek was waarin mnr
Mtshweni gesê het dat sy hand rem
en gevaarligte nie gewerk het nie
(g)
wat die algemene spoed van die
huurmotor was.
Mnr Gerber het betoog dat mnr Tokwane
se weergawe aanvaar moes word
ofskoon hy bereid was om te
argumenteer op die veronderstelling dat dit
gereën het.
Die meeste van die feite geskille is
nie relevant nie. Net die kwessie van of dit
gereën het of nie en die spoed van
die huurmotor is regtig relevant.
Soos mnr Gerber sal ek aanvaar dat
dit nog gereën het toe die botsing
plaasgevind het.
Ek kan geen rede vind om mnr Mtshweni
se weergawe van sy spoed te
verwerp nie. Mnr Tokwane kon nie
behoorlik motiveer hoe hy by 'n spoed
van 90 tot 95 kilometer per uur
uitgekom het nie., Hy self is nie 'n motor
bestuurder nie. Hy het ook nie
opgelet soos 'n bestuurder, soos hy self gesê
het. Ek kan byvoeg dat die afstand
waarbinne die huurmotor volgens mnr
10
Tokwane tot stilstand gekom het -11
tree- ook nie 'n aanduiding van 'n hoe
spoed is nie.
Waar mnr Tokwane nooit die oorledene
voor die botsing gesien het nie, is dit
duidelik dat die hof uitsluitlik op
mm Mtshweni se weergawe aangewese is.
Daar is geen rede om sy weergawe te
verwerp dat die oorledene van agter
die aankomende voertuie (dit wil se
agter die laaste een) te voorskyn gekom
het en vinnig voor hom inbeweeg het
nie.
Daar is geen basis om te bevind dat
die oorledene van die linker kant van die
pad gestaan het nie. Dit is nie eers
wat mnr Tokwane vermoed het toe hy sy
uitwysings gemaak het nie.
Daar is in kruisverhoor gesuggereer
dat mnr Mtshweni op sy weergawe die
oorledene in die ligte van die
aankomende voertuie langs die regter kant van
die pad moes gesien het. Waar mm
Mtshweni moes konsentreer op die twee
aankomende voertuie en op sy baan
voor hom, is ek nie oortuig dat hierdie
submissie korrek is nie. In elk geval
lei dit na niks nie. AI het mnr Mtshweni
die oorledene langs die pad sien
staan, sou hy geen rede gehad het om te
vermoed dat die oorledene die pad sou
kruis sonder om eers seker te maak
dat die ander baan ook veilig is nie.
Daar is betoog dat mm Mtshweni die
botsing sou kon vermy het as hy
stadiger gery het. Die punt is of
daar enigsins gesê kan word dat hy nalatig
11
was deur 60 kilometer per uur in die
reen te ry. Na my mening is daar nie 'n
basis om so 'n bevinding te maak nie.
Mnr Mtshweni het gesê dat die
verskyning van die oorledene te skielik was vir
hom om enige vermydende aksie te
neem. Hy sou die oorledene eers gesien
het toe hy naastenby in die middel
van die pad was as mens in gedagte hou
dat hy deur die laaste van die twee
aankomende voertuie verberg moes
gewees het. Dan moet daar 'n
tydsverloop vir reaksietyd toegelaat word.
Onder die omstandighede meen ek nie
dat daar fout gevind kan word met
mm Mtshweni se getuienis dat hy geen
vermydende stappe kon neem nie.
Gevolglik is ek van oordeel dat daar
geen grondslag is om te bevind dat hy
nalatig was met betrekking tot die
dood van die oorledene nie.
In die lig van hierdie gevolgtrekking
moet die eiseres se eis van die hand
gewys word.
Die volgende bevel word gemaak:
Die eiseres se eis word met koste
van die hand gewys.
C.BOTHA
REGTER VAN DIE HOOGGEREGSHOF.