South Africa: High Courts - Gauteng Support SAFLII

You are here:  SAFLII >> Databases >> South Africa: High Courts - Gauteng >> 2007 >> [2007] ZAGPHC 87

| Noteup | LawCite

S v Zimila and Others (A1115/2005) [2007] ZAGPHC 87 (7 May 2007)

Download original files

PDF format

RTF format




IN DIE HOOGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA

(TRANSV AALSE PROVINSIALE AFDELING)



ONRAPORTEERBAAR Datum: 07/05/2007

Saak Nr: A1115/05

CORAM: RD CLAASSEN & LEGODI RR.

ANTHONY ZIMILA TSHEPO LENGOSANE BONGANI TSOTETSI

lste APPELLANT

- 2de APPELLANT

3de APPELLENT

vs

DIE STAAT

RESPONDENT


UITSPRAAK

R D CLAASSEN R:

Die appellante het tereggestaan in die Streekhof te Brakpan op 21 verskillende aanklagtes van hoofsaalik gewapende roof, huisbraak en onwettige besit van vuurwapens. Op die ou end is hulle skuldigbevind, in mindere of meerdere mate, aan slegs 9 van die klagtes, of bevoegde klagtes, daarop. Aangeheg hierby is Skedule A wat die aanklagtes, skuldigbevindings en vonnisse van elkeen uiteensit. Die appellante appelleer nou teen al hulle skuldigbevindings en vonnisse.

Tydens die verhoor het al 3 regsverteenwoordiging gehad en het almal onskuldig gepleit. Daar is spesifiek ontken dat daar enige roof met verswarende omstandighde plaasgevind het, of dat enige voorwerp wat tydens so 'n voorval gebruik sou gewees het, 'n vuurwapen was. Uiteraard ontken hulle dan ook dat hulle hoegenaamd betrokke was by enige een van die rowe.

1


2

Op die ou end was die feit van elke roof nie werklik in geskil nie. Soos die agbare landdros dan ook bevind het, was die klaers se geloofwaardigheid nooit in geskil geplaas me, en moet dit aanvaar word dat die misdade

gepleeg is soos deur die klaers getuig.

- - - .. --,

AGTERGRONDFEITE

Al die klagtes handel oor rowe wat oor 'n tydperk gepleeg is en waarby oorspronklik 4 beskuldigdes na bewering betrokke was. Een sou 'n

staatsgetuie word, maar het intussen verdwyn en het nie getuig me.

Die modus operandi in al die gevalle was basies dieselfde: Toe die klaers vroeg-aand tuisgekom het, is hulle of in die oprit van die motorhuis of in die motorhuis self oorval. Hulle is gemaak Ie, waartydens hulle van hulle persoonlike be sittings soos geld, juweliersware e d m ontneem is. Sommige is daama in die huis ingeneem waar wapens en geld en ander goed geeis is. Die spesifieke gevalle kan soos volg opgesom word:


Klagtes 1,2 en 3 handel oor die insident by Mnr en Mev du Toit se huis op 6/12/2001. Een rower het Mnr du Toit in sy voertuig aangehou met 'n vuurwapen en horn uitgedwing. Daarna is hy, vergesel van nog twee ander, die huis in waar hulle ook Mev du Toit aangehou het en hulle toe gedwing is om van hulle besittings uit te haal en te oorhandig. Tydens die proses is goedere van hulle liggame sowel as uit ander plekke in die huis geroof. Die rowers het basies wapens en geld geeis. Van die goed wat geneem was is onder andere 'n rooi Ferrari horlosie wat 'n versamelaarsitem is. Op die ou end is hulle met 3 van die du Toit's se voertuie en 'n klomp horlosies, juweliersware en elektroniese apparate daar weg.

Klagte 1 het uiteraard oor Mnr du Toit gegaan terwyl klagte 2 oor Mev Du Toit gehandel het. Die derde klag was natuurlik omdat daar vuurwapens teenwoordig was.

Klagtes 4, 5 en 6 handel oor die insident by die huis van Mnr Brett op 26/4/99. Hy is ook deur twee rowers in sy motorhuis oorval en van sy motor en verskeie ander items beroof. Daar het egter 'n worsteling ontstaan waartydens Mnr Brett in die arm geskiet is. Vandaar die klagte van poging tot moord. Hy het egter een van hulle se vuurwapen afgeneem en wou op hulle skiet toe hulle wegry, maar die wapen wou nie vuur me. Dit is aan die polisie oorhandig later.

2

\

J


3

Klagtes 9 en 10 handel oor die insident waar Mnr Nortier beroof is op 15/11/2001, ook met vuurwapens. Sy voertuig en die handsak van sy eggenote is geneem. In 19 was haar ID boekie en 'n Clicks-kaart.

- - -- - - - -­

"'"~ -­

Klagtes 11 en 12 handel oor die roof van Mnr en Mev Coetzee op 20/11/2001. Rulle is weereens by hulle aankoms by die huis deur 3 mans met vuurwapens oorval en beroof van hulle voertuig.

Klagtes 13 en 14 handel oor die insident op 18/12/2001 by Mnr en Mev Van Rensburg se woning waar hulle van 3 vuurwapens, sy voertuig en 'n goue dames Facet horlosie beroof is, ook met die gebruik van vuurwapens. Weereens het dit gebeur net toe die gesin by die huis gestop het. In die proses is een van die kinders ook aangehou en gedreig met 'n wapen.

Klagtes 15 en 16 is waar Mnr en Mev Karelse beroof is op 30/11/2001 van hulle voertuig, juweliersware, handsak, horlosies en klere. Weereens is hulle in die aand by hulle tuiskoms in die oprit van die huis oorval en beroof, met vuurwapens.

Wat betref die res van die klagtes is hulle almal onskuldig bevind en ontslaan, asook op sommige van bg klagtes m b t die besit van vuurwapens. (Sien Skedule A)

Die appellante is by die verskeie misdade betrek deur middel van vingerafdrukke, uitkennings deur die klaers, en die besit van sekere van die gesteelde items wat deur sekere klaers uitgeken is op 'n "uitkenningsdag" waar vele vermoedelik gesteelde goed uitgestal is deur die polisie, en toe deur verskeie klaers uitgeken is as hul eiendom.

Al hierdie aspekte word aangeval op appel, plus die skuldigbevindings op klagtes 1 en 2 as sou dit op verdubbeling van klagtes neerkom. M b t die vingerafdrukke is daar klagtes oor die ketting-getuienis en oor hoe die afdrukke op die ou end vergelyk is met die appellante se vingerafdrukke en die feit dat die klaers nie die folien- afdrukke onderteken het nie. M b t die uitkenningsparade was daar klagtes m b t die afwesigheid van hul regsverteenwoordiger en die wyse van samestelling van die parade. Wat betef die goedere wat teruggevind en geeien is, is dit bekom na 'n klopjag op 19 Maart 2002 by appellante 1 en 2 se wonings, maar sander 'n lasbrief.

3

"'

--­


n

4

Al hierdie aspekte draai om een hoof vraag naamlik die identiteit van die rowers en dan spesifiek die betrokkenheid van die appellante.

In hierdie opsig sal dit dienstig wees om eers bg aspekte te behandel want dit affekteer elke dag en elke appellant op een of ander manier.­

Die beskuIdigdes was deur 'n enkele regsman verteenwoordig by die verhoor. Op appel het elkeen egter 'n eie advokaat gehad. (Appellante 1 en 2 se advokate het nie die hoofde van betoog opgstel nie, maar het hulle volkome daarmee vereenselwig).

VERDUBBELING V AN KLAGTES (1 EN 2)

DIE REG

In S v Benjamin en 'n Ander 1980 (1) SA 950 (A) te 956 F, huldig Joubert AR. die volgende:

, Om te beslis of daar in 'n bepaalde geval 'n onbehoorlike splitsing van aanklagte is, maak ons Howe veral van twee praktiese hulpmiddels gebruik, nl:

(1) Waar meerdere handelinge plaasgevind het; of hulle met 'n enkele opset verrig is as 'n voortgesette gebeurtenis,

. R v Sabuyi 1905 T.S. 170.

. R v Johannes 1925 T.P.D te 784.

(2) Waar die getuienis om die een aanklag te bewys ook. meteen die

ander aanklag bewys.

  • R v Gordon 1909 E.D. Cop 254, 268 en 269

  • B v J9bClnnes 1925 T.P..D 78.4.

Hierdie twee praktiese hulpmiddels kan ook afsonderlik of gesamentlik toegepas word. Dog selfs hierdie twee praktiese hulpmiddels is nie noodwendig deurslaggewend nie, soos aangetoon deur hierdie Hofin R v Kuzwayo 1960 (1) SA 340 (A) te 344 A en S v Grobler en 'n ander 1966 (1) SA 507 (A) te 511 H.

4

J


5

Wat veral in gedagte gehou moet word. is dat daar steeds gelet moet word op die besondere omstandighede van die betrokke J!eval om vas te stel of daar 'n onbehoorlike splitsing van aanklagte is wat 'n duplikasie van skuldigbevindings meebring sodat die beskuldigde twee maal vir dieselfde strafbare feit of misdaadelement gestraf word.' (My onderstreping.)

Met betrekking tot die bogenoemde reels huldig Selke J. in R v Shelembe 1955 (4) SA (N) te 412, die volgende siening: ­

'In some of these cases the decision went one way, in some the other. Whether a separate charge was, or was not, countenanced, seems to have depended on the court's idea of a common sense view of the matter, and of what was fair to the accused in the light of the established facts. I am inclined to think it is impossible in the border-line type of case, to get any nearer to a general rule than that. '(My onderstreping.)

'n Nuttige aanvangsvraag by die beoordeling of daar verdubbeling is, is die volgende: Kan al die strafwaardige feite in die beskuldigde se gedrag onder een aanklag gebring word.

In S v Ndlovu 1962 (1) SA 108 (N), het die beskuldigde goed geneem van verskillende bewoners van dieselfde kamer. Die beskuldigde is aangekla op vier verskillende aanklagte van diefstal. Die hof beslis dat die vier aanklagte neerkom op vermenigvuldiging. Daar was 'n enkele opset naamlik om te steel.

In S v Nkwenja en 'n Ander 1985 (2) 560 (A) bevind die appelhof per Rabie HR dat iemand wat 'n ander in die loop van 'n rooftog dood sowel aan roof en strafbare manslag skuldig bevind kan word. Die redes is soos volg:

Die appellante se advokate het voor Coetzee R aangevoer dat die appellante nie aan albei misdade skuldig bevind kon gewees het nie omdat “op dieselfde getuienis betreffende die geweld wat uitgeoefen was, staatgemaak is om beide misdade te bewys". Dit is 'n verkeerde siening van die saak. Strafbare mans lag en roof is twee heeltemal verskillende misdade. By die eerste het 'n mens te

5


6

doen met die nalatige dood van 'n mens, en by die roof gaan die om die gebruik, of dreigement, van geweld om diefstal te pleeg. Die oorweging dat die geweld wat in die uitvoering van 'n roof gepleeg is tot die dood van die slagoffer gelei het, kan aan die essensiële verskille tussen die misdade nie afdoen nie. ‘n Verhoorhof sal vanselfsprekend trag om 'n beskuldigde nie tweemaal vir dieselfde geweld te straf nie, maar dit beteken nie dat iemand wat 'n ander in die loop van 'n rooftog dood, nie aan sowel roof as strafbare mans lag skuldig bevind kan word nie.'(My onderstreping.)

FEITE TOEGEPAS

Mm. Du Toit, die klaer, was deur Appellant met In pistool aangekeer by sy motorhuis. Oomblikke daama het mnr. Du Toit, vergesel van drie persone die waskamer binnegegaan. Mev. Du Toit is teruggedwing in die kombuis en 'n vuurwapen is op haar gerig.

Die beginsels soos neergele in die S v Benjamin- saak supra, onderskryf die volgende:

(1) Hier is defnitief meerdere handelinge betrokke maar daar is sprake van 'n enkele opset, verrig as 'n voortgesette gebeurtenis, naamlik: dat die Appellant die perseel wou beroof.

(2) Die getuienis van die een klag aangaande die roof van mnr. Du Toit kan wel gebruik word om die roof van mev. Du T oit te staaf.

Volgens die nuttige aanvangsvraag soos geformuleer in die S v Grobler­saak supra, kan al die strafbare feite van die Appellant aangaande die roofaanklagte op mnr. en mev. Du Toit onder een aanklag gebring word.

Dit blyk dus ooglopend te wees dat die twee aangklagte van roof op 'n verdubbeling van aanklagtes neerkom.

Om daardie redes moet appellante 1 en 2 dan onskuldig bevind word op klagte 2, en die vonnis daarop ter syde gestel word. Streng gesproke moet

die naam van Mev du T oit dan ook ingevoeg word as klaer by klagte 1,

6


---------­

7

asook die items wat van haar afgeneem is. Aan die einde sal die saak op daardie grondslag beoordeel word.

VISENTERING SONDER 'N LASBRIEF.

---­

- -- - --- -­

Dit is gemeensaak dat die polisie nie vir 'n lasbrief aansoek gedoen het voor die klopjag uitgevoer is nie. Die rede wat aangevoer is is dat hulle nie een sou kry nie want hulle het nie die volledige name van verdagtes gehad of regtig geweet wat hulle sou kry nie. In sy uitspraak het die landdros dan ook die opmerking gemaak dat in sy ervaring dit waarskynlik 'n korrekte siening was. Namens No 1 is daar egter betoog dat 'n lasbrief waarskynlik wel bekom sou word op grond daarvan dat No 1 en sy vrou aan Insp Stephens bekend was, en hy inderdaad al tevore daar was. So ook het Insp Le Hanie getuig dat No 1 se adres bekend was. Dit is ook so dat die twee wonings feitlik rug-aan-rug met mekaar gestaan het.

Die ander beswaar was dat daar nie vooraf toestemming verkry is van die inwoner/-s van die perseel nie. Die polisie se getuienis was dat hulle nie kan onthou of die buitehek van no 2 afgebreek of oorgespring is nie, maar daar is we! geklop aan die deur en toe geen antwoord verkry is nie, het hulle dit oopgeforseer. Daama is daar toe wel van die inwoner verlof gekry om te visenteer. Lg getuienis is nie emstig deur die verdediging betwis nie, waarskynlik omdat die verdagtes op daardie stadium waarskynlik gevoel het hulle het nie veel van 'n keuse nie. Dit maak nie die toe stemming noodwendig regmatig nie maar moet gesien word in die geheel van die saak.

Die landdros het die visenteringsgetuienis toegelaat omdat die gebrek aan toe stemming van ap 1 "in samehang met die geheel van die getuienis", die uitsluiting daarvan die regspleging in onguns sou bring.

Die vraag is of hierdie bevinding korrek was. In S v Pillay 2004 2 SASV 419 HHA, is die benadering tot die gebruik van ongrondwetlike verkree getuienis breedvoerig bespreek. Twee kritieke bevindings word gemaak :

1 "There may well be cases of serious infringement of constitutionally guaranteed rights where the interests of the public would not be served by the exclusion of evidence obtained as a result of such infringement. "

2 "Each would depend upon its own facts. "

7


8

Na my oordeel is hierdie een van daardie gevalle waar bg twee benaderings toepassing moet vind. Die redes daarvoor is die volgende:

1 Daar was 'n hele reeks rowe in die omgewing in daardie tyd wat op dieselfde modus operandi gepleeg is, (soos die lys van aanklagtes bewys).

2 Daar is reeds lank gesoek na die verdagtes, en daar was 'n hele bende by betrokke.

3 Dit was baie emstige rowe, alhoewel niemand emstig beseer is nie. (slegs Mnr Brett is in die arm geskiet tydens 'n worsteling.)

4 In elke geval is daar deur die polisie gevra na wapens en ammunisie, waarvan daar toe wel gekry is.

5 Alhoewel die polisie nie volle name en besonderhede van die verdagtes gehad het nie, het hulle wel van die voomame of 'n ander besonderheid gehad. Een van hulle was ook bekend aan die polisie (No 1) vanweë vorige konfrontasies. Dit is dus nie onwaarskynlik dat die polisie tog 'n lasbrief sou kon bekom het me, ten spyte van die landdros se opmerking daaroor tot die teendeel. Ek stem dus saam met No 1 se advokaat dat dit wel verkry sou kon word. Dit maak die klopjag dus om daardie rede ook regmatig i t v art 21(1)(a) van die Strafproseswet van 1977. Die agbare landdros het wel bevind daar was genoeg tyd om 'n lasbrief te bekom, maar daardie aspek is nooit behandel in die getuienis nie omdat dit aanvaar was deur die polisie dat hulle nie een sou gekry het nie.

Afgesien van die voorgaande ratio, moet daar ook gekyk word na die minderheidsuitspraak van Scott AR, in die Pillay-saak supra, waar hy verskil van die ander twee Regters tov uitsluiting van sekere getuienis omdat dit op ongrondwetlike wyse verkry is. Soos in daardie geval is hier ook reele getuienis ter sprake, maw getuienis wat bestaan het, ongeag die toe stemming of medewerking van die appellante. lndien 'n lasbrief verkry sou gewees het, sou die getuienis dus opgespoor gewees het. Scott AR sou dus die getuienis toegelaat het.

Scott AR behandel ook breedvoerig die kwessie of die toelating van die getuienis die regspleging in onguns sou bring. Sonder om dit in detail te herhaal, is ek van mening dat dit ook in hierdie geval die regspleging in onguns sou bring indien dit me toegelaat word nie, juis vanwee 'n tegniese punt, en meer spesifiek in 'n geval waar die getuienis in elkgeval werklik bestaan het, en gevind sou kon word. (Soos hy ook in daardie geval bevind het.)

8


9

Na my memng moet die visenteringsgetuienis dus toegelaat word.

DIE UITKENNINGSPARADE

Die volgende klagtetes geopper deur die appellante oor die parade:

1 Rulle is nie behoorlik ingelig vooraf dat hulle na 'n uitkenningsparade toe geneem word me, en derhalwe

2 Ret hulle nie geleentheid gehad om hulle regsverteenwoordiger te

kontak me, en

3 Alhoewel hulle op die ou end ingestem het dat daar voortgegaan kan

word met die parade, het hulle nie geweet hulle kan weier as hulle regsverteenwoordiger me teenwoordig is nie.

4 Toe 'n regsverteenwoordiger wel halfpad deur die verrigtinge opdaag, is toegang tot die verdagtes self geweier, en moes hy buite staan en toekyk dat alles daar reg verloop. (Die getuies moes die verdagtes van buite die kamer uitken deur eenrigtingglas en die beampte in beheer binne het per radio gepraat met die beampte wat buite gestaan het).

5 Meerdere verdagtes was op die parade teenwoordig en meeste van die getuies het 'n vermoede gehad dat dit wel die geval sou wees.

6 Die ander persone op die parade was nie almal van min of meer dieselfde bou, kleur en ouderdom nie. Die ouderdomme het gewissel tussen 18 en 42; ten minste een persoon was baie langer as die ander; nr 3 is baie ligter van vel as meeste van die ander.

7 Wat betref Nr 2 was hy die enigste persoon met 'n uitstaande kenmerk, nl in die vorm van 'n goue insetsel in 'n voortand wat dan ook effens gekleurd was. (Volgens die landdros se eie waarneming.)

Die getuienis van die staat daarenteen was dat hulle regsverteenwoordiger verskeie male ingelig is oor die uitkenningsparade maar net nie reageer het nie. Verder het No 2 self sy regsverteenwoordiger geskakel voordat hulle die tronk verlaat het, maar kon horn nie se dat daar 'n uitkenningsparade gehou sou word me. Rulle was onder die indruk dat hulle net gene em word vir verdere ondersoek of ondervraging. Dit is daarom wat die man toe wel opgedaag het, alhoewellaat.

Al hierdie besware is geldige besware teen 'n uitkenningsparade. M i het die geleerde landdros egter die regte benadering gevolg deur na AL die omringende omstandighede van die saak te kyk want anders is dit moontlik

9

.J


- --­

10

om na elke beswaar in detail te kyk en dan te se alles is nie pluis nie, daarom moet die baba met die badwater uitgegooi word. Dit kan nie reg wees nie.

Die landdros het al hierdie besware in ag geneem in sy uitspraak.(p 721 e v) Ten eerste dui hy aan dat die stelling namens die appellante aan die staatsgetuies nie klop met hulle eie getuienis nie. No 1 het gese hulle is geneem vir ondersoek en 'n uitkenningsparade, maar in die getuiebank weet hy niks van die uitkenningsparade nie. Daar sou ook geen rede vir No 2 gewees het om sy pa te bel vir 'n regsverteenwoordiger as dit bloot gegaan het oor verdere ondesoek nie. Verder word aan Insp Fox gestel dat Prokureur Molefe gebel is maar dat hy weier om te kom. Dit strook met die staatsgetuienis dat Molefe wel gebel is en dus geweet het van die parade. Ook is aan staatsgetuies gestel dat hulle het geweet hulle is geregtig op regsverteenwoordiging by die uitkenningsparade, maar in getuienis het hulle gese hulle het dit nie geweet nie. Weereens 'n direkte teenstrydigheid. Dit is bo en behalwe No 2 se eie erkenning in kruisondervraging wat gese het dat hulle 'n regsverteenwoordiger gebel het, dat hy geweet het hulle is geregtig op regsverteenwoordiging en inderdaad gebel het om een te kry, wat toe ook opgedaag het. Dit staaf ook die polisie se getuienis (Insp Fox) Daarmee saam moet gelees word die getuienis van die appellante self wat gese het hulle is tevrede dat die parade kan voortgaan. Rulle het dus goed geweet dat die prokureur nie gaan kom nie, en het nogtans ingstem dat die parade kan voortgaan. In die lig daarvan is die feit dat hulle nie geweet het hulle kan weier om voort te gaan met die parade sonder 'n regsverteenwoordiger nie, nie 'n ernstige belemmering nie.

Wat betref die teenwoordigheid van ander polisielede op die parade word daar vir die eerste keer in hulle getuienis melding gemaak daarvan dat Insp Fox (die ondersoekbeampte in die saak) hulle na die paradekamer geneem het. Dit is nooit in kruisondervraging aan Fox gestel nie. Ook wat betref die suggestie dat daar ander persone buite die kamer was wat deur die venster sigbaar was, gaan nie op nie. No 2 getuig self dat hy geen ander persone in die omgewing van die kamer gesien het nie, en kon nie uit die kamer sien nie. Ry het slegs die persone gesien wat deur die venster gekyk het om mense te identifiseer. Slegs no 1 het daarvan melding gemaak, maar hy kon nie spesifieke pesone aandui nie. Dit was ook duidelik uit die inspeksie ter plaatse, dat die getuies yerby daardie vensters moes loop, begelei deur 'n polisieman, om by die uitkenningsvenster te kom. Dit is natuurlik ook by die inspeksie ter plaatse bevestig dat mens net kan insien mits jy teen die venster ­ staan en die lig uitkeer met jou hande.

10


11

Alhoewel die regsverteenwoordiger laat opgedaag het, en buite gestaan het, is dit nie betwis rue dat hy kon hoor en sien wat binne en buite aangaan. Hy het na die tyd ook geen beswaar aangeteken me. Uiteraard sou hy kon hoor wat oor die radio gesê word tussen polisielede.

Die ernstigste probleem, myns insiens, met die parade, is die samestelling daarvan. Hier gaan dit oor ouderdom, hoogte en kleur. Dit is insiggewend dat die landdros meld dat by die ondersoek ter plaatse dit duidelik was dat vanweë die aard van die l-rigting glas waardeur die getuies moes kyk, dit die indiwidue se velkleur effens verdoesel het. D w s die persone met ligter velkleur, het nie so duidelik uitgestaan nie. (Dit sou ook 'n rol gespeel het by die uitkenning van No 2 se tand.) Die landdros het ook na die foto's van die parade gekyk en het daaruit 'n oordeel gefel dat die ouderdoms- en hoogteverskille rue so emstig was dat dit die uitkenning diskwalifiseer nie. Die glas sou seer sekerlik daar ook 'n rol gespeel het m b t die ouderdom van die aanwesiges.

Daar is sterk kapsie gemaak oor die feit dat daar meerdere verdagtes aanwesig was. Na bestudering van die foto's van die parade het die landdros bevind daar is verskeie ander mense op die parade wat soos elkeen van die verdagtes lyk ten einde 'n genoegsame verskeidenheid daar te stel. Ek het self ook na die oorspronlike foto' s gekyk en moet met die landdros saamstem oor die voorkoms van die persone in die algemeen.

Die feit dat die getuies ten minste 'n vermoede gehad het dat daar verdagtes aanwesig was, was ook gekritiseer. Daar is geen meriete daarin nie. Die getuies is gesê hulle moet iemand uitwys as hy daar is. Dit wil nie se een of meerdere is daar rue. Dit is 'n semantiese spel. Dit is logies dat indien daar werklik positiewe suggesties was dat enigeen op die parade 'n verdagte was, sou die uitkenning veel beter vir die staat verloop het. Dan sou meerdere getuies mense uitgewys het, sonder foutiewe uitkennings. Bloot die feit dat no 3 deur niemand uitgewys is rue, bewys daardie punt.

Die laaste aspek is die uitkenning van No 2 aan sy tand. Daar kan nie van die polisie verwag word, in beginsel, om op elke besondere kenmerk van elke verdagte te let en dan mense te gaan soek met dieselfde kenmerke nie. Dan sal daar vir elkeen 'n besonderse tatoeeermerk, letsel of wat ookal, verkry moet word alvorens 'n uitkenning aanvaarbaar sal wees. Die feit is daar is nie sovee! mense met 'n goue insetsels nie, en die polisie kon ook nie vooraf

11

, I


- - - --.

12

geweet het dat hy daaraan uitgeken gaan word nie. (AI die getuies het in hulle verklarings, direk na die insident, gese hulle sal nie iemand kan uitken nie, maar sommige kon toe tog mense uitken, soos die getuienis bewys het.) Dus is die blote feit dat hy die enigste een is met 'n goue insetsel, m i nie 'n probleem nie. Trouens dit kan eintlik in hierdie besonderhede geval net die uitkennings versterk.

In hierdie verband is dit dienstig om te kyk na die uitlatings van Van Deventer R in S v Mhlkaza & A 19962 SASV 187 K, en wel op 198g tot 199d: (na aanleiding van die polisie se "praktyksreels" in verb and met uitkenningsparades ):

"Ek moet se dat ek nog nooit duidelikheid kon kry oor die korrekte betekenis van hierdie reel nie. Oor die ware betekenis van sulke vae uitdrukkings soos 'more or less ... of the same appearance ... have the same occupation ...' en '... similarly dressed' en hoe hierdie voorskrifte in 'n land met so 'n etniese, sosiale en algemene diversiteit soos Suid-Afrika in die praktyk uitgevoer moet word, kan seker boekdele geskryf word.

Uitvoering volgens die letter daarvan is in sommige opsigte prakties onmoontlik; in ander opsigte sal uitvoering tot belaglike situasies en resultate lei. Om verstaanbare redes is dit in Suid-Afrika alreeds 'n swaar taak om mense te oorreed om sonder vergoeding aan 'n uitkenningsparade deel te neem, as dit rugbaar sou word dat hulle gekies word omdat hulle nogal baie lyk na die verdagte(s) (Reël 8) en boonop 'naastenby'dieselfde beroep beoefen, dan sal dit bra onmoontlik wees om enige deelnemers te kry, selfs teen vergoeding.

As die verdagte byvoorbeeld lewenslank reeds 'n beroepsmisdadiger of bendelid is, moet die polisie nou volgens Reël 8 deelnemers kry wat nie slegs van min of meer dieselfde bou, hoogte, ouderdom en voorkoms is

nie, en min of meer dieselfde klere dra nie, maar wat ook 'min of meer' beroepsmisdadigers of bendelede is? Mens kan net wonder hoe die polisie 'n parade binne 'n redelike tyd volgens die voorskrifte van Reël 8 saamgestel sou kry in 'n geval waar die verdagte 'n buitengewone kort of lang persoon is met een van die vele buitengewone haartooisels is wat deesdae gesien word en met 'n duidelike, groot litteken oor sy een wang en wat ten tye van die misdaad 'n buitengewoon-gevormde snor

12


13

gedra het maar voor sy arrestasie die snor afgeskeer het of sy haarstyl verander het.

Dit is duidelik dat sommige van bogenoemde reels ons inn ig, vaag en verouderd en onprakties is in die huidige Suid Afrikaanse scenario. Dit is dringend nodig in die belang van die gemeenskap dat die sogenaamde reels hersien word en deur duidelike, praktiese en doelmatige statutere voorskrifte vervang word wat die belange van verdagtes sowel as die van die Staat sal dien."

Laastens is dit duidelik uit die getuienis in geheel dat al die besware wat ge­opper is, baie meer skyn as werklikheid gehad het. In die lig daarvan was die landdros reg om die getuienis daaroor toe te laat.

Die volgende belangrike aspek is die individuele uitkennings deur die veskillende getuies. Die landdros het oenskynlik Mev du Toit se uitkenning van No 2 ook aanvaar, alhoewel dit nie heel duidelik is uit sy uitspraak nie. T o v no 1 kan daar wat betref die du Toits se uitkenning van horn geen twyfel wees nie. Albei het horn direk uitgeken. Mnr du Toit se uitkenning van No 2 is gekritiseer omdat dit oenskynlik net gegaan het oor die "goue tand". Die getuienis is egter duidelik dat hy eers die verdagte uitgeken het, toe het hy gevra dat hulle moet glimlag. Nadat hy die tand gesien het, het hy gesê "toe val die wenkbroue en die res van die gesig in plek". Verder bet hy ook getuig dat die persoon met die voorval lang hare gehad het. In die lig daarvan dat hy horn steeds uitgeken het ten spyte van die afwesigheid van die lang hare, maak die uitkennig net meer betroubaar. Mev du Toit se uitkenning is miskien minder betroubaar. Maar sy het tog gese dat hy die persoon is wat haar man aangehou het, soos Mnr du Toit ook getuig het. Sy kon ook presies onthou waar hy in die parade gestaan het ("aan die regterkant"). Haar storie in die hof dat sy nie 100% seker was me, word bewys, maar dit bewys ook dat sy die persoon herken het by die parade. Tot die mate wat dit nodig is om stawing vir Mnr du Toit se uitkenning te kry, bied haar getuienis dit. Die omgekeerde geld natuurlik ook, nl dat Mnr du Toit se uitkenning die van sy vrou staaf. Daar kan geen twyfel wees nie dat die omstandighede vir uitkenning op die betrokke aand goed was. Albei getuies het getuig dat die ligte oral aan was en hulle was vir 'n geruime tyd in die rowers se teenwoordigheid. Daar is dus geen probleem met die uitkenning van No 1 en 2 deur die Du Toit's nie. Dan is daar natuurlik ook

13

\


...............

- -- ----­

14

die feit dat No 2 in besit gevind is van sekere van die Du Toit's se (gesteelde) goed, wat verdere objektiewe stawing gee vir hulle uitkenning.

Mnr Brett se uitkenning van No 1 was ook skerp aangeval. M i het die landdros tereg sy uitkenning van No 3 verwerp. Daar is egter nie enige rede om dan ook No 1 se uitkenning te verwerp nie. Brett het horn 2 maal gesien en die beligting was goed. Dit is die persoon wat op hom geskiet het, en sy juweliersware afgeruk het. Ek het dus nie 'n problem om Mnr Brett se uitkenning van No 1 toe te laat nie.

Die Coetzee's se uitkenning van No 3 in die hof skep egter probleme. Mev Coetzee erken in kruisondervraging dat die omstandighede daar 'n suggestie by haar gelaat het dat dit dalk no 3 kan wees en sy het ook haar man daarvan gesê. Daarna het Mnr Coetzee ook No 3 herken. Die landdros self se dat hy sou gehuiwer het oor Mnr Coetzee se uitkenning as dit alleenstaande was. Hy het egter stawing vir sy uitkenning gevind in Mev Coetzee se uitkenning van horn. In die lig van die moontlikheid van die gemelde suggestie, is ek van oordeel dat hulle uitkenning van horn onderhewig is aan twyfel en rue kan bly staan nie.

Mnr van Rensburg het ook No 1 uitgeken sonder enige probleme, asook die vorige verdagte Sipho Khumalo. Hy het egter in die hof vir No 2 aangedui as die persoon wat hy as Khumalo uitgewys het by die parade. Dit is natuurlik 'n fout. Die feit is egter dat daar geen fout is met sy uitwysing van No 1 nie. Hier is die feite en beslissing in Charzon & Ano v S [2006] ALL SA 371 HHA van belang. Daar is 'n uitkenning uitgegooi omdat die klaer 'n fout gemaak het m b t die beskuldigde se hooftooisel. In hoofgetuienis was hy baie seker dat die persoon "dreadlocks" gehad het op die bepaalde geleentheid. Later in kruisondervraging het hy erken dit kon ook 'n hoed gewees het wat laag oor sy oe getrek was. Die Hof het beslis dat so 'n fout sy ware waarnemingsvermoe aangetas het en dat sy uitkenning dus verdag was.

In casu het Mnr van Rensburg rue 'n fout gemaak t o v No 1 se uitkenning nie. Daar was wel fout met sy uitkenning van No 3 in die hof. Dit is egter 'n totaal ander aspek as die uitkenning van No 1. Dit blyk ook dat hy, wat betref No 3, horn verwar het met Sipho Khumalo soos vroeër na verwys. Bowendien was die uitkenning van No 3 in die hof 'n sg "dock identification", wat allerweë verdag en meestal ontoelaatbaar is. Hy het self erken dat die beligting by die uitkenningsparade nie so goed was nie. Al het

14


- -- -- -- - -­

15

hy dus 'n fout gemaak in die hof m b t No 2, is daar nie enige rede om die uitwysing van No 1 ook uit te gooi nie.

Mnr Karelse se uitkenning van No 3 lewer ook probleme omdat hy hom slegs in die hof uitgeken het. Die landdros beskryf die omstandighede van sy uitkenning soos volg sienp 741 r 6 -742 r 1:

Wat die Karelse aan betref, mnr Karels reeds soos ek gese het, kon nie 'n uitkenningsparade bywoon nie weens werkverpligfinge en het hy ook 'n sg 'dock identification' van besk 3 gedoen.

Omstandighede vir waarneming weereens was so os volg. By het sy voertuig ingetrek nadat hulle wegneemetes gaan aankoop het. Die outomatiese ligte of sensorligfe het aangegaan toe die bakkie voor die motorhuis stop waarna hy genader was volgens hom deur beskuldigde 3.

Bulle gesigfe was naby mekaar. Nadat die persone weggery het met die bakkie het hulle weer teruggekeer, aangesien beskuldigde 3 toe skynbaar besluit het hy wi! mnr Karels se Borlosie ook hê.

Die horlosie van mnr Karels het 'n dubbele gespe en het beskuldigde 3 moeite gehad om dit los te maak en moes mnr Karels op die einde van die dag hom help om die horlosie los te maak en dit dan te oorhandig en gedurende hierdie hele tydperk was hierdie sensorligfe by die motorhuis nog aangeskakel en die voorval met betrekking tot die horlosie het ook binne hierdie beligting plaasgevind. " ( sic)

Mnr Karelse het No 3 inderdaad "2 maal" gesien omdat die persoon teruggekom het om sy horlosie af te haal. Dit bly 'n hof-identifikasie, maar in die lig van die omstandighede soos deur die landdros opgesom (wat ooreenstem met die getuienis), kan nie gese word dat hy fouteer het nie.

In die geheel gesien egter moet in ag geneem word dat No 1 en 2 inderdaad op onafhanklike wyse deur verskillende mense uitgewys is. Dit kan nie net blote toeval wees nie. So ook is die modus operandi in elke geval presies dieselfde. Dit is ook nie blote toeval nie.

Uit hoofde van die voorgaande moet die uitkennings van die volgende appellante bly staan:

No 1 deur die Du Toit's, en mnre Brett, Van Rensburg en Karelse (Klagtes 1,4, 5,6, 13 en 15).

No 2 deur die Du Toit's (Klagte 1)

No 3 deur mnr Karelse. (Klagte 15)

15

..


-- p--- _n

16

Die volgende vraag wat beantwoord moet word is aan watter misdade hulle skuldig is. In die lig van die voorgaande is daar egter geen twyfel me dat hulle skuldig is aan die rowe m b t die klaers deur wie hulle uitgeken is, gelees met die visenteringsgetuienis en die uitkenning van sekere gesteelde goed. Dan is No 2 natuurlik ook skuldig bevind aan besit van vermoedelik gesteelde goed sonder 'n redelike verduideliking.(Klagtes 4 en 13.)

Die laaste aspek wat oorweeg moet word is die vonnisse.

Besk 1:

Hy is soos volg deur (oorblywende) klagtes:

Klagte 1 (Roofm.v.o.)

Klagte 4 "

Klagte 5 (Onw. w&a)

Klagte 6 (Poging t M)

Klagte 13 (Roofm.v.o)

Klagte 15 "

Totaal

die landdros gevonnis op die verskillende

15 jr g/s

15 jr g/s

3 jr g/s

7 jr g/s

20 jr g/s

15 ir g/s

75 jr gIs

Die volgende vonnisse moes gelyklopend uitgedien word met die vonnis op Kl. 1(& 2 voorheen):

3 jr van kl 6

4 jr van kl4

4jrvankl15

Dit gee dan nou 'n totaal van 64 jaar gevangenisstraf. ( In vergelyking met

77 jr tevore)

Besk 2:

Sy vonnisse in die landdroshof was soos volg:

Kl 1 (Roofm v 0) 15 jr g/s

Kl 4 (Art 36 W62/55) 12 mde g/s

L 13" 12 mde gfs

Totaal 17 jr g/s

Dis verder gelas dat 3 maande elk van die vonnisse op kl 4 en 13 saam met die vonnis op Kl 1 uitgedien moes word. Dit gee 'n totaal van 15 jr & 6 maande.

16

- I


17

Besk 3:

Kl15 (Roofm v 0)

15 jr g/s

Soos gesê is die appèl ook gerig teen die vonnisse. Dit was algemeen aanvaar tydens die argument dat No 1 se vonnis te swaar is, inaggenome die kumulatiewe effek daarvan. Selfs nadat klagtes 2, 9 en 11 weggeval het, is die kumulatiewe effek van almal saam steeds buitensporig swaar. Dit wil nie se dat elke vonnis, afsonderlik beoordeel, onvanpas is nie. Daar is inderdaad ook rue tydens argument betoog dat die individuele vonnisse te swaar is rue. Daar moet uiteraard nou met nuwe oe gekyk word na die vonnisse. Dit is duidelik dat die landdros alle moontlike faktore ten gunste van die appellante in ag geneem het tydens vonnisoplegging, behalwe die kumulatiewe effek daarvan, (veral t o v No 1), soos reeds aangedui. Dus, tesame met al die faktore wat reeds oorweeg is, moet slegs die kumulatiewe effek heroorweeg word. Indien na alles gekyk word is ons die mening toegedaan dat die volgende vonnisse van pas is:

No1

'n Totale vonnis van in die omgewing van 45 - 50 jaar gevangenisstrafblyk 'n gepaste vonnis te wees. Dus sal die volgnde aanpassings gemaak word:

Die vonnisse bly staan behalwe dat die vonnis op Kl 15 sal samelopend met die vonnnis op Kl 1 uitgedien word, maw 'n totaal van 49 jr gevangenisstraf.

No 2 & 3:

Gesien die aard van die misdade, die omstandighede van die appellante, en die vergelykende vonnisse van No 1, kan dit nie gese word dat daar enige mistasting deur die landdros was rue, of dat die vonnisse skokkend onvanpas is nie. Daar is dus geen rede om met No 2 & 3 se vonnisse in te meng nie.

BEVEL:

Die volgende bevel word dan gemaak:

Appellant No 1:

Sy appel word gehandhaaf tot die volgende mate en die bevel van die Landdros word vervang met die volgende:

17




- -- --- - - - -- ­

18

3.

Die skuldigbevindings en vonnisse op klagtes 2, 9 en 11 word ter syde gestel.

Die skuldigbevindings en vonnisse op Kl's 1, 4, 5, 6, 13 en 15 word bekragtig.

Dit word gelas dat die volgende vonnisse gelyklopend uitgedien word

met die vonnis op Kl 1 :

3.1 3 jr van die vonnis op Kl 6

3.2 4 jr van die vonnis op Kl 4

3.3 die geheel van die vonnis op Kl 15.

---.­

1.

2.

'-­

D w s 'n totaal van 49 jaar g/s

Appellant No 2:

Sy appel word gehandhaaf tot die effek dat die skuldigbevinding en vonnis op Kl 2 ter syde gestel word. Die res van sy appel word van die hand gewys en die skuldigbevindings en vonisse op klagtes 1, 4 en 13 word bekragtig.

Appellant No 3:

Sy appel t 0 v klagtes 11 en 13 word gehanddhaaf deurdat daardie skuldigbevindings en vonnisse ter syde gestel word. Sy skuldigbevinding en vonnis op kl 15 word bekragtig.



R D CLAASSEN

REGTER V AN DIE HOOGGEREGSHOF

Ek stem saam.

-,

18

SKEDULE A


Klagte Aanklag Skuldig Klagte Vonnis

no


1 Roof m.v.o 1& 2 Roof m.v.o 15 jaar g/s elk

2 “ “ “ 15 jaar g/s

4 “ 1 “ “

2 Art 36 W 62/55 12 mde g/s

5 Onw besit W & A 1 Onw besit W & A 3 jaar g/s

6 Poging tot Moord 1 Poging tot Moord 7 jaar g/s

9 Roof m.v.o 1 Roof m.v.o 15 jaar g/s

11 Roof m.v.o 1 & 3 Roof m.v.o 15 jaar elk

13 Roof m.v.o 1 Roof m.v.o 20 jaar g/s

2 Art 36 W 62/55 12 mde g/s

3 Roof m.v.o 20 jaar g/s

15 Roof m.v.o 1 & 3 Roof m.v.o 15 jaar g/s elk


Verder is dit gelas dat die volgende vonnisse saam uitgedien sal word:


Besk 1:


Die vonnisse op klagtes 1 en 2 word saam uitgedien

Die volgende vonnisse word sam uitgedien met die vonnisse op klagtes 1 en 2:

3 jr van klagte 6, en

4 jr van klagte 4, en

4 jr van klagte 9, en

4 jr van klagte 11, en

4 jr van klagte 15


Dit geen dus ‘n totaal van 77 jaar.


Besk 2:


Die vonnisse op klagtes 1 en 2 word saam uitgedien.

3 maande elk van vonnisse op klagtes 4 en 13 word saam met klagtes 1 en 2 uitgedien


Dit geen ‘n totaal van 16 jaar en 6 maande


Besk 3:


5 jaar van die vonnis op klagtes 11, en 5 jaar van die vonnis op klagte 15, word samelopend met die vonnis op klagte 13 uitgedien.


Dit gee ‘n totaal van 40 jaar.




19

19

0;:.