South Africa: High Courts - Gauteng Support SAFLII

You are here:  SAFLII >> Databases >> South Africa: High Courts - Gauteng >> 2008 >> [2008] ZAGPHC 210

| Noteup | LawCite

S v Labuschagne en Andere (A2563/02) [2008] ZAGPHC 210 (4 July 2008)

Download original files

PDF format

RTF format



IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID AFRIKA

(TRANSV AALSE PROVINSIALE AFDELlNG)

NIE RAPPORTEERBAAR Saaknommer: A2563/02

Datum aangehoor: 3 Junie 2008

Datum van uitspraak: 4/7/2008

In die saak tussen:

LABUSCHAGNE, SJP KRUGER, JHN

Eerste Appellant

Tweede Appellant

PIETERS, JLC

Derde Appellant

"




en

DIE STAAT Respondent

UITSPRAAK

DU PLESSIS R:

Die drie appellante het in die streekshof tereggestaan op klagtes van

bedrog, motordiefstal en verwante alternatiewe klagtes.





", <

2

Die eerste appellant is soos volg skuldig bevind en gevonnis:

. Op klagte 1 aan diefstal en gevonnis tot 4 jaar gevangenisstraf;

. op klagte 2 aan 'n oortreding van artikel 36 van die Algemene

Regswysigingswet, 62 van 1955, onvermoë om rekenskap te gee

van die besit van vermoedelik gesteelde goed. Op hierdie klagte is

die eerste appellant tot 'n boete van R5000 of 1 jaar

gevangenisstraf gevonnis. (Dit is gerieflik om voortaan na hierdie

oortreding bloot te verwys as '''n oortreding van artikel 36.");

. op klagte 3a is die eerste appellant aan diefstal skuldig bevind en

tot 2 jaar gevangenisstraf gevonnis;

. op klagte 3b aan 'n oortreding van artikel 36 en tot 'n boete van

R1000 of 1 jaar gevangenisstraf gevonnis;

. op klagte 4 is hy aan diefstal skuldig bevind en tot 4 jaar

gevangenisstraf gevonnis;

. op klagte 6 aan diefstal en gevonnis tot 'n boete van R1000 of 1

jaar gevangenisstraf;

. op klagte 8 aan diefstal en gevonnis tot 4 jaar gevangenisstraf.

. op klagte 9 is die eerste appellant ook aan diefstal skuldig bevind

en tot 4 jaar gevangenisstraf gevonnis;

. ook op klagte 10 is die eerste appellant aan diefstal skuldig bevind

en tot 4 jaar gevangenisstraf gevonnis.

"".


3

Die verhoorhof het gelas dat die vonnisse ingevolge waarvan die eerste

appellant gevangenisstraf moet uitdien, so saamloop dat hy effektiewelik 10 jaar

gevangenisstraf uitdien.

Op sy beurt is die tweede appellant soos volg skuldig bevind en gevonnis:

. op klagte 1 is hy aan diefstal skuldig bevind en tot 4 jaar gevangenisstraf

gevonnis;

. op klagte 3b is die tweede appellant ook aan diefstal skuldig bevind en tot

2 jaar gevangenisstraf gevonnis;

. ten slotte is die tweede appellant op klagte 10 aan diefstal skuldig bevind

en tot 4 jaar gevangenisstraf gevonnis.

Die verhoorhof het gelas dat die tweede appellant se vonnisse sò saamloop dat

hy effektief 6 jaar gevangenisstraf uitdien.

Wat die derde appellant betref, is hy op die volgende klagtes skuldig

bevind en gevonnis:

. op klagte 1 is die derde appellant, soos die ander appellante, aan diefstal

skuldig bevind en tot 4 jaar gevangenisstraf gevonnis;

. die derde appellant is op klagte 8 aan diefstal skuldig bevind en tot 4 jaar

gevangenisstraf gevonnis;

. op klagte 9 en 10 elk is die derde appellant aan diefstal skuldig bevind en

op elkeen tot 4 jaar gevangenisstraf gevonnis.


"..

"


4

In die geval van die derde appellant is gelas dat sy vonnisse saamloop op so 'n

manier dat hy 6 jaar gevangenisstraf uitdien.

Elkeen van die appellante het teen sy skuldigbevindings en vonnis appèl

aangeteken. Toe die appèl voor hierdie hof geroep is, was die tweede appellant

nie regsverteenwoordig nie en hy was self ook nie teenwoordig nie. Sy appèl is

gevolglik van die rol geskrap. Die appellante is reeds in 1997, 11 jaar gelede,

skuldig bevind. Dit is gevolglik in die belang van geregtigheid om, tot die mate

wat dit moontlik is, nou finaliteit te bereik. Gevolglik sal ek, soos wat ek die

verskillende klagtes waarop die appellante skuldig bevind is oorweeg, ook

oorweging daaraan skenk of die tweede appellant se skuldigbevindings regtens

gegrond is en of hierdie hof nie moontlik sy hersieningsbevoegdheid om die

skuldigbevindings tersyde te stel, moet uitoefen nie.

Die saak het 'n besondere lang geskiedenis, en dit is nodig om die

hooftrekke daarvan aan te stip. Nadat die Staat se saak gesluit is, het die

appellante, wat almal regsverteenwoordig was, hulle sake gesluit sonder om

getuienis aan te bied. Daarna, reeds op 8 Augustus 1997 is die appellante

skuldig bevind. Die eerste twee appellante het toe 'n hersieningsaansoek in

hierdie hof geloods wat daarop gemik was om hulle toe te laat om hulle sake te

heropen. Die hersiening was onsuksesvol en op 21 Junie 2000 het die

streekshof die appellante gevonnis. Die appellante het toe voor die streekshof

aansoek gedoen vir verlof tot appèl teen die skuldigbevinding en vonnis. Die

­


{

,

5

geleerde streekslanddros was van oordeel dat verlof tot appèl, in die lig van die

datum waarop die appellante skuldig bevind is, onnodig is. Die appellante het

toe appèl aangeteken. (Die Staat het nie aangevoer dat die appèl nie behoorlik

voor ons is nie. In elk geval, toe die appellante later 'n petisie aan die regter-­

president gerig het, is verlof tot appèl vir sover dit nodig is, toegestaan.)

Nadat appèl aangeteken is, het dit geblyk dat dele van die oorkonde nie

getik kon word nie omdat kassette waarop getuienis opgeneem is, verlore geraak

het. Die verhoorlanddros het sy notas van die betrokke getuienis laat tik en só die

ontbrekende dele van die oorkonde aangevul. Daarna, op 14 Oktober 2004, het

die eerste twee appellante ingevolge artikel 309B(5) van die Strafproseswet, 51

van 1977 voor die streekshof aansoek gedoen om verdere getuienis te lei. Die

aansoek is afgewys. In die loop van die laasgenoemde aansoek het die

onvolledige oorkonde ter sprake gekom. In sy uitspraak op die aansoek om

verdere getuienis te lei, het die streekshof opgemerk dat, aangesien die

appellante nie spesifiek aangetoon het in watter opsigte die hof se notas nie die

oorkonde weergee nie, die aangevulde oorkonde voldoende is om die appèl te

bereg.

Ingevolge artikel 309C(2)(a)(ii) van die Strafproseswet het die eerste

appellant toe aan die Regter-President van hierdie afdeling 'n petisie gerig en

versoek dat sy aansoek om verdere getuienis te lei, toegestaan word. Die

versoekskrif het voor twee regters van hierdie afdeling gedien wat gelas het dat


~

­


6

die aansoek om verdere getuienis te lei vir beslissing deur die hof van appèl

(hierdie hof) voorbehou word. Ingevolge die bevel van die geleerde regters is die

streekslanddros ook versoek om die oorkonde te herkonstrueer, iets wat op

daardie stadium reeds gedoen was. Die appellante voer egter nog steeds aan dat

die oorkonde nie behoorlik aangevul is nie. Dit volg uit die voorafgaande dat

hierdie hof geroepe is om, benewens die appèl, ook uitsluitsel te gee oor die

volgende aspekte. Eerstens of die oorkonde behoorlik aangevul is. Tweedens

of die aansoek om verdere getuienis aan te bied, wat deur die streekshof

afgewys is, toegestaan moet word.

Ek handel eers met die vraag oor die aanvul van die oorkonde. Voor ons

is namens die eerste en derde appellante betoog dat die getuienis ten aansien

waarvan die kassette verlore geraak het, wesenlik is, dat die voorsittende

landdros se notas die tersaaklike getuienis nie altyd volledig weergee nie en dat

hierdie hof nie die appèl behoorlik kan bereg op die aangevulde oorkonde nie.

Die voorsittende landdros het die ontbrekende dele van die oorkonde

aangevul en die mening uitgespreek dat die appèl behoorlik op die aangevulde

oorkonde bereg kan word. By die nalees daarvan blyk die agbare streeks­-

landdros se notas ook merkwaardig volledig te wees al gee dit nie altyd alle

getuienis woord vir woord weer nie. Teen hierdie feitelike agtergrond meen ek

dat hierdie hof as uitgangspunt moet aanvaar dat die oorkonde behoorlik

aangevul is.

"


7

Mnr Kleyn namens die derde appellant het groot moeite gedoen om aan te

toon dat die landdros se notas nie altyd getuienis woord vir woord weergee nie.

Nogtans het geeneen van die appellante op iets spesifiek gewys wat uit die

oorkonde ontbreek en wat wesenlik is vir die behoorlike beregting van die appèl

nie. Waar, soos in hierdie geval, as uitgangspunt aanvaar moet word dat die

oorkonde behoorlik aangevul is, staan dit die appellant natuurlik nog vry om aan

te toon dat die oorkonde inderdaad wesenlik gebrekkig is. In so 'n geval help dit

egter nie om in die algemeen aan te voer dat die oorkonde onvolledig is nie. Die

betrokke appellant moet spesifiek wees en aantoon wat die ontbrekende

getuienis is of hoe die getuienis genotuleer moes gewees het.

'n Appellant kan ook aantoon dat dit in die omstandighede vir hom

onmoontlik is om spesifiek te wees. Namens die appellante is wel daarop gewys

dat die regsverteenwoordigers wat tydens die verhoor vir hulle opgetree het, nie

meer namens hulle optree nie. Hulle het egter nie aangetoon waarom daardie

regsverteenwoordigers nie genader is om hulle notas van die betrokke getuienis

beskikbaar te stel nie.

Ek meen dat daar in die huidige geval met vertroue op die aangevulde

oorkonde gesteun kan word.



8

Vervolgens die aansoek om verdere getuienis te lei. Die eerste appellant

vra in hierdie aansoek verlof om drie verdedigingsgetuies se getuienis aan te

bied en om in die proses ook 'n voertuigregister van die eerste appellant se

besigheid as bewysstuk aan te bied. Ek het reeds daarop gewys dat, nadat die

staatsaak gesluit is, al drie die appellante hulle sake gesluit het sonder om

getuienis aan te bied. Daarna, in 1999, het die eerste twee appellante, soos ek

ook reeds gesê het, 'n hersieningsaansoek geloods. In daardie aansoek het die

appellante gevra vir 'n bevel dat hulle skuldigbevindings hersien en tersyde

gestel word op grond, onder meer, daarvan dat hulle regsverteenwoordigers hulle

onderskeie sake verkeerdelik gesluit en die appellante só die reg ontneem het

om getuies te roep om namens hulle te getuig. Die aansoek is van die hand

gewys. Die gronde waarop die eerste appellant nou verlof vra om getuienis aan

te bied verskil, maar dit moet in gedagte gehou word dat hy reeds in 1999

gepoog het om sy saak te heropen en dat hierdie hof die aansoek geweier het.

Ingevolge artikel 309B(5)(b) van die Strafproseswet moet die aansoek om

verdere getuienis aan te bied aantoon dat die verdere getuienis vermoedelik as

waar aanvaar sal word, redelikerwys tot 'n ander beslissing of bevel aanleiding

kan gee en dat daar 'n redelike aanvaarbare verklaring is vir die versuim om die

getuienis tydens die verhoor aan te bied. Die vereistes stem ooreen met dié wat

ontwikkel is in sake soos S v de Jager 1965 (2) SA 612 (A) en S v Nkala 1964

(1) SA 493 (A). Vgl. Hiemstra's Criminal Procedure 31-17).





9

Die eerste getuie wie se getuienis die eerste appellant nou wil aanbied is

ene De Waal, voorheen 'n leerlingpaneelklopper in diens van Global

Paneelkloppers waarin die eerste appellant 'n belang gehad het. Die appellant

verduidelik dat hy nie De Waal se getuienis tydens die verhoor aangebied het nie

omdat De Waal Global se diens in 1996 verlaat het en, in die woorde van De

Waal, "sedert die aanvang van die verhoor het ek geen kontak met mnr

Labuschagne gehad nie en kon dus nie in sy saak getuig nie". Dit verduidelik nie

waarom die eerste appellant nie vir De Waal gekontak het nie. In elk geval blyk

dit dat De Waal in 1999 met die appellant kontak gemaak het, en is daar geen

verduideliking waarom die aanbied van De Waal se getuienis nie in die

hersieningsaansoek na hierdie hof toe genoem is nie. Reeds op grond daarvan dat

die eerste appellant geen redelik aanvaarbare verduideliking gee waarom De

Waal se getuienis nie voorheen aangebied is nie, kan die aansoek nie slaag nie.

Inhoudelik sal die getuienis in elk geval na my oordeel geen verskil maak nie en

ek twyfel of dit as waar aanvaar sal word. Waarom 'n leerlingpaneelklopper oor

die diepgaande kennis van Global Paneelkloppers se besigheid sou beskik wat

De Waal voorgee om te hê is onduidelik.

Die tweede getuie wat die eerste appellant nou wil roep is sy swaer, mnr

JJ van Zyl. Die rede wat aangevoer word waarom hy nie gedurende die verhoor

getuig het nie, is dat hy in die buiteland was. Dit is geen redelike aanvaarbare

verduideliking nie. Soos later sal blyk is sy getuienis in elk geval nie wesenlik

nie.

­



­

10

Die laaste getuie is Moloko wat, so is ons meegedeel, intussen oorlede is.

Bygevolg kan die aansoek om verdere getuienis te lei nie slaag nie.

Dit bring my by die appèl teen die skuldigbevindings. Ek sal elkeen van

die klagtes wat ter sprake is in volgorde oorweeg. Voordat ek dit doen, is dit

nodig om die feitelike agtergrond tot die klagtes soos wat dit uit die getuienis

blyk, te skets. Die eerste appellant het te alle tersaaklike tye 'n 50% belang by

'n paneelkloppery in Rustenburg, Global Panelbeaters, gehad. Die tweede en

derde appellante was op die tersaaklike tye lede van die Suid Afrikaanse

Polisiediens. Die tweede appellant was 'n kaptein en bevelvoerder van die

Rustenburgse voertuigdiefstal-eenheid, waarna ek as "die eenheid" sal verwys.

Die derde appellant was 'n sersant en in beheer van die gemelde eenheid se

klaringskantoor.

Dit blyk uit die getuienis dat lede van die publiek regmatig in besit kom van

voertuie, voertuig-enjins of -onderstelle waarop daar nie enjin- of onderstel­-

nommers is nie, of waaraan daar vir die een of ander rede nuwe nommers

toegeken moet word. Sulke nuwe nommers word deur die polisie se

voertuigdiefstal-eenhede landswyd toegeken. Om dit te doen, volg die eenhede

'n bepaalde prosedure. Die lid van die publiek wat die nuwe nommer, bekend as

'n "TPA-nommer" verlang, doen by 'n voertuigdiefstal-eenheid daarvoor aansoek.

~


11

Die eenheid open dan 'n navraaglêer waarna ook as 'n "blou lêer" verwys word.

Die aansoek word ook in 'n kontroleregister aangeteken. Die kontroleregister se

nommer word op die navraaglêer aangeteken. Die applikant vir die TPA­-

nommers Iê dan voor die polisiebeampte wat die aansoek hanteer 'n

eedsverklaring af waarin hy verduidelik waar hy die voertuig, die enjin of die

onderstel gekry het. Die applikant Iê ook dokumentêre bewys, bv. 'n faktuur of

kwitansie, voor wat in die navraaglêer geplaas word. As die aansoek in orde is,

word TPA-nommers van die betrokke eenheid se klaringskantoor bekom. In die

geval van Rustenburg, was die klaringskantoor by die munisipale kantore geleë.

In Rustenburg is TPA-nommers dus per telefoon uitgereik. Die applikant sien

self toe dat die TPA-nommers op die toepaslike deel opgekap word. Benewens

die TPA-nommers, word daar ook in elke geval 'n unieke nommer, gebaseer op

die kontroleregister-nommer, uitgereik wat deur die ondersoekbeampte op die

onderstel of enjin, soos die geval mag wees, gekap word op 'n geheime plek

wat in die navraaglêer aangeteken word. In die geval van sommige

registrasie-owerhede, waarvan Rustenburg een was, is ook vereis dat die polisie

'n klaringsertifikaat uitreik voordat die applikant dan die voertuig met die TPA­

nommers kan registreer.

Die navraaglêer word as 'n voorlopige ondersoek-dossier beskou en daar

word dus ten aansien van 'n aansoek om TPA-nommers 'n ondersoekbeampte

aangestel wat moet seker maak dat die aansoek reëlmatig is en nie op 'n

gesteelde voertuig betrekking het nie. In sommige gevalle is die aansoek deur

"



12

een polisieman hanteer terwyl 'n ander die ondersoekbeampte was. In ander

gevalle was die persoon wat die aansoek hanteer het ook die

ondersoekbeampte.

Tydens die verhoor in die streekshof het die appellante min feite erken.

Gevolglik moes die staat op elke klagte heelwat getuienis aanbied en het die

verhoor besonder lank geduur. Die Staat het nie direkte getuienis van die

appellante se betrokkenheid by diefstal aangebied nie en die Staat se saak is

dus gebaseer op afleidings uit bewese feite. Voor ons was die bewese feite tot

'n groot mate gemeensaak, en het die betoë hoofsaaklik gegaan oor watter

afleidings uit daardie feite gemaak kan word. In wat volg behandel ek dus nie

elke tersaaklike getuie se getuienis nie, maar gee ek 'n opsomming van die feite

wat die Staat bewys het.

Klagte 1

AI drie die appellante is op klagte 1 skuldig bevind aan diefstal van 'n grys

4x4 Toyota Hi-Lux wat aan ene Konstantino behoort het en op 30 Augustus 1994

uit sy seun se besit geroof is.

Inligting wat sersant Wessels van die Pretoriase voertuigdiefstal-eenheid

gekry het, het daartoe gelei dat hy die spoor van 'n bakkie soortgelyk aan dié van

Konstantino se gesteelde bakkie gevolg het. Dokumentasie wat in die polisie se

"""

, ­

'- ­

,




"

13

besit gekom het, het getoon dat ene Labuschagne die laasgenoemde bakkie op

8 Desember 1994 aan Isak en Seun verkoop het. Die bakkie is toe op 12

Desember 1994 deur ene Liebenberg, wat as Isak en Seun handel dryf, aan 'n

mnr en mev Wasserman verkoop. Op hulle beurt het die Wassermans die

bakkie aan 'n mnr Judd in Durban verkoop.

Kaptein Maas en sersant Lange het die bakkie in Judd se besit gaan

ondersoek. Dit was, anders as Konstantino se gesteelde grys bakkie, 'n wit

bakkie. Anders as Konstantino se gesteelde bakkie, wat 'n petrol-enjin in gehad

het, het die bakkie wat by Judd gevind is 'n dieselenjin in gehad. Die

laasgenoemde bakkie se enjin en onderstel het TPA nommers op gehad. Lange

het vasgestel dat daar ook 'n afgeskuurde nommer op die onderstel was en dat

dit ooreenstem met dié van Konstantino se gesteelde bakkie. Konstantino kon

later die onderstel as syne uitken op grond van koppelstukke wat hy aan sy

onderstel monteer het. Nog later het Konstantino die bakwerk van sy gesteelde

bakkie gaan uitken waar dit op 'n vreemde onderstel gemonteer was. Kortom,

die bakkie wat aan Judd verkoop is, was saamgestel uit 'n vreemde bakwerk en

enjin wat op Konstantino se gesteelde bakkie se onderstel monteer is.

Konstantino se gesteelde bakkie se bakwerk is weer op 'n ander onderstel

monteer. Die Staat het deskundige getuienis aangebied dat die bakkie wat by

Judd gekry is nie in 'n botsing was nie en dat daar geen oënskynlike rede was

om dit uit verskillende dele saam te stel nie.

..'


14

Ek handel vervolgens met die getuienis wat die appellante se

betrokkenheid by die bakkie wat in Judd se besit gevind is, bewys. Daar is nie

getuienis dat hulle by die grys bakwerk wat Konstantino later uitgeken het,

betrokke was nie. Dit is gerieflik om vervolgens bloot na die bakkie wat in Judd

se besit gevind is, as "die bakkie" te verwys.

Op 10 Augustus 1994, d.w.s nog voordat Konstantino se bakkie gesteel is,

het die eerste appellant by die eenheid aansoek gedoen vir 'n TPA nommer vir 'n

dieselenjin. Die staat het bewys dat dit die enjin is wat later in die bakkie gevind

is. Toe hy om die TPA nommer aansoek gedoen het, het die eerste appellant

beweer dat die betrokke enjin 'n opgeboude een is wat hy op 4 Augustus 1994

by SupraToyota gekoop het. Om dit te staaf, het hy 'n faktuur aan die derde

appellant, wat die aansoek hanteer het, oorhandig. Volgens die faktuur het nie

die eerste appellant nie, maar wel lsak en Seuns, op die vermelde datum 'n

dieselenjin by Supra Toyota gekoop. Die onderbestuurder van Supra Toyota,

mnr Bentley, het egter getuig dat die faktuur vals is. Hy het voorts getuig dat, op

die stadium toe die enjin na bewering aangekoop sou gewees het, het Supra nie

sulke enjins in voorraad gehad nie. Ek het reeds daarop gewys dat die derde

appellant die aansoek hanteer het. Dit is hy wat die TPA nommer vir die enjin

uitgereik het, en dit is die tweede appellant wat die navraag finaal afgeteken het.

Wat die onderstel van Konstantino se gesteelde bakkie betref, is die feite

die volgende. Op 6 Desember 1994 het die tweede appellant vir sersant







15

Roberts, ook van die eenheid, na sy kantoor toe ontbied. Die eerste appellant

was by die tweede appellant in die kantoor. Die tweede appellant het vir Roberts

gesê dat die eerste appellant ten aansien van twee voertuie aansoek wil doen

om TPA nommers. Een van die aansoeke, so het later geblyk, het betrekking

gehad op die onderstel van die bakkie wat later by Judd gekry is, d.w.s op die

onderstel van Konstantino se gesteelde voertuig.

Roberts het ten aansien van die onderstel die nodige navraaglêer geopen.

Kragtens 'n staande instruksie is die derde appellant as die ondersoekbeampte

aangetoon. Dit is so omdat hy in bevel van die klaringskantoor was. Roberts het

van die eerste appellant 'n verklaring gekry wat vir hom gesê het dat hy (eerste

appellant) die onderstel by Highway New & Used Spares ("Highway") gekoop

het. Ter bewys het die eerste appellant aan Roberts 'n kwitansie gedateer 4

Oktober 1994 oorhandig. Volgens die kwitansie is daar 'n "side long panel

chassis" gekoop. Roberts het getuig dat dit vir hom snaaks was omdat 'n "side

long panel" deel van die bakwerk is en nie aan 'n onderstel gevind word nie.

Roberts het egter nie verdere ondersoek ingestel nie omdat die tweede appellant

aanvanklik reeds vir hom gesê het dat hy self die betrokke voertuie gesien het.

Soos wat die gebruik was, het Roberts toe per telefoon van die derde appellant

af 'n TPA nommer gekry wat aan die onderstel toegeken is. Later het die derde

appellant 'n sertifikaat geteken tot die effek dat hy die onderstel nagegaan het en

dat die nuwe TPA nommer daarop aangebring is. Die derde appellant het die

volgende dag, 7 Desember, reeds die nodige klaring aan die eerste appellant



16

uitgereik, en die bakkie wat op die onderstel gebou is, is as 'n opgeboude

voertuig in die eerste appellant se naam geregistreer op 8 Desember.

Die vraag is of die enigste redelike afleiding uit die bewese feite is dat die

appellante Konstantino se voertuig gesteel het.

Wat die eerste appellant betref, staan dit vas dat hy oor die enjin wat op

Konstantino se onderstel gemonteer is, valslik voorgegee het dat hy dit by Supra

Toyota gekoop het. Op Bentley se getuienis staan dit onomwonde vas dat die

enjin nie by Supra Toyota gekoop is nie.

Wat die onderstel betref, het mnr De Jager vir die eerste appellant daarop

gewys dat die polisie nie verder navraag gedoen het oor die bewering dat sy

kliënt die onderstel by Highway gekoop het nie omdat, so het die getuies gesê,

die polisie in elk geval besig was met 'n ondersoek om vas te stel of Highway nie

in gesteelde voertuie handel nie. In die lig daarvan, het die betoog voortgegaan,

bestaan die redelike moontlikheid dat die eerste appellant onwetend die

gesteelde onderstel by Highway gekoop het.

Daar is natuurlik nie getuienis dat die eerste appellant inderdaad die

onderstel by Highway gekoop het nie. Hy het vir die polisie so gesê, maar dit nie

in getuienis voor die hof herhaal nie. Die kwitansie wat hy aan Roberts gegee

het is ook nie een spesifiek van Highway nie, Dit is maar 'n kwitansie wat uit

"

"



17

enige algemeen beskikbare kwitansieboek kan kom. Bowendien is die inhoud

van die kwitansie self verdag omdat dié voorgee betrekking te hê op 'n "side long

panel chassis", iets wat volgens Roberts se getuienis nie bestaan nie.

Dit staan dus vas dat die appellant in besit van Konstantino se gesteelde

onderstel was. Sy besit van die onderstel het hy nie in getuienis verduidelik nie

en daar is heelwat vrae rondom die verduideliking wat hy destyds vir sy besit

gegee het.

Die appellant het dus die bakkie wat later by Judd gevind is, opgebou uit

'n enjin waarvoor hy bedrieglik 'n TPA nommer gekry het en 'n gesteelde

onderstel waarvan sy besit verdag is. Uit die deskundige getuienis blyk dit dat

daar geen oënskynlike rede was waarom die bakkie wat by Judd gevind is,

opgebou moes word nie. Na my oordeel het die Staat se saak ten minste 'n

verduideliking van die eerste appellant geverg. In die afwesigheid daarvan is die

enigste redelike afleiding inderdaad dat die eerste appellant geweet het die

onderstel behoort aan 'n gesteelde voertuig. Deur dit te gebruik om die bakkie

wat by Judd gevind is op te bou, het die appellant ook die nodige

onttrekkingshandeling verrig waarvan die klaarblyklike bedoeling was om die

eienaar (Konstantino) permanent van sy regte in die bakkie self te ontneem.

Die tweede en derde appellante se skuldigbevinding is daarop gebaseer

dat die agbare landdros geoordeel het dat daar geen redelike twyfel is dat hulle


.

­

'


18

geweet het die onderstel is gesteel nie en dat hulle toe daaraan TPA nommers

toegeken het wat dit vir die eerste appellant moontlik gemaak het om dit te

verkoop. Die tweede appellant het vir Roberts gesê hy het reeds die onderstel

gesien. Ek meen nie dat dit bo redelike twyfel toon dat hy geweet het die

onderstel behoort aan 'n gesteelde voertuig nie. Dit kan wees dat die tweede

appellant wel die onderstel ondersoek het, maar dit swak gedoen het. Dit kan

wees dat hy in misplaaste vertroue op die eerste appellant gehandel het.

Wat die derde appellant betref, het die verhoorhof die afleiding gemaak

dat hy besef het die kwitansie vir die onderstel is vals, en desnieteenstaande die

TPA nommers uitgereik het. In hierdie verband het die verhoorhof in ag geneem

dat die derde appellant die aansoek om TPA nommers besonder haastig

afgehandel het. Ek meen nie die kwitansie is sodanig verdag dat daarvan afgelei

kan word dat die derde appellant inderdaad geweet het die onderstel is gesteel

nie.

Bygevolg meen ek dat die eerste appellant tereg op aanklag 1 skuldig

bevind is, maar die tweede en derde appellante nie.

Klagte 2

Op hierdie klagte is die eerste appellant aan die besit van 'n vermoedelik

gesteelde Porsche 924 skuldig bevind. So 'n Porsche is in Junie1994 van ene




19

me. Van Rooyen gesteel. Gedeeltes van so 'n Porsche (waarna ek as die wrak

sal verwys) is op 2 Junie 1995 op die perseel van Global Paneelkloppers gevind.

Ek vind dit onnodig om die getuienis daaroor op te som, maar dit kan aanvaar

word dat die Staat bewys het dat sersant Swanepoel, wat die wrak gevind het, 'n

redelike vermoede gehad het dat dit gesteel is. Alhoewel me Van Rooyen die

betrokke gedeeltes nie as hare kon uitken nie, kan aanvaar word dat dit

waarskynlik deel van haar gesteelde voertuig was. Verder, alhoewel die Staat

bewys het dat die wrak op Global Panelbeaters se perseel gevind is en dus nie

noodwendig in die eerste appellant se besit nie, kan uit die eerste appellant se

verduideliking waarom die wrak daar is, aanvaar word dat hy dit besit het.

In 'n waarskuwingsverklaring aan maj. Steinberg het die eerste appellant

verduidelik dat die wrak aan sy swaer, Hannes van Zyl, behoort. Sersant Fick

het getuig dat hy later, "op 'n stadium" die appellant geskakel het en vir hom

gevra het waar hy (Fick) die swaer in die hande kan kry. Volgens Fick het die

eerste appellant "die inligting van (hom) weerhou".

Alleenstaande was die appellant se verduideliking dat die Porsche sy

swaer s'n is, redelik. Dit was vir die Staat om te bewys dat dit in die

omstandighede nie redelik was nie. Die verhoorhof het uit Fick se aangehaalde

getuienis afgelei dat die swaer óf nie bestaan nie óf nie die appellant se

weergawe sou bevestig nie. Na my oordeel is dit nie korrek nie. Daar kan baie

redes, skuldig en onskuldig, wees waarom die appellant nie sy swaer se

"


20

kontakbesonderhede aan die polisie wou gee nie. Selfs as in ag geneem word

dat die appellant nie getuig het nie, meen ek dat Fick se getuienis in elk geval so

min inligting oordra oor presies wat die gesprek tussen hom en die appellant

was, dat die hof nie daarop so 'n ingrypende afleiding moet baseer nie.

Na my oordeel moet die appèl teen die eerste appellant se

skuldigbevinding op klagte 2 slaag.

Klagte 3a

Op hierdie klagte is die eerste appellant aan diefstal van 'n wit enkel-as

Venter sleepwa skuldig bevind.

Kapt. Botha het die waentjie op 18 Junie 1995 op die appellant se perseel

gevind. Die waentjie het 'n vals nommerplaat op gehad wat geblyk het te behoort

aan 'n ander waentjie wat ook op die perseel was. Die waentjie het geen

onderstelnommer wat deur die fabriek uitgereik is op gehad nie, maar wel 'n TPA

nommer. Die eerste appellant het aan Botha verduidelik dat die waentjie gerol

het en dat hy dit toe herstel het en 'n nuwe deksel op gesit het. Daarna het hy om

die TPA nommer aansoek gedoen.



21

Sersant Fick het vasgestel dat die polisie reeds in 1993 op die waentjie

beslag gelê het nadat dit verlate gevind is by die taxi-staanplek in Rustenburg.

Dit het toe ook nie 'n onderstelnommer van die fabriek af op gehad nie.

Mnr Beukes, 'n afgetrede polisieman wat in 1993 tweede in bevel by die

eenheid was, het bevestig dat die waentjie verlate gevind is. Dit is in die polisie

se SAP13 stoor opgeneem. Nie lank nadat dit gevind is nie, het die tweede

appellant aan Beukes opdrag gegee om die waentjie aan die eerste appellant te

oorhandig omdat laasgenoemde die eienaar daarvan was. Beukes het getuig

dat hy 'n verklaring van die eerste appellant geneem het oor die aangeleentheid.

In kruisverhoor is namens die appellant ontken dat hy die verklaring geteken het,

en 'n handskrifdeskundige wat vir die Staat getuig het, het bevestig dat die

handtekening op die verklaring nie met dié van die eerste appellant ooreenstem

nie. Dit is dus onnodig om verder na die verklaring te verwys.

Die Staat het getuienis aangebied dat die eerste appellant om die TPA

nommer op die waentjie aansoek gedoen het. Die aansoek het egter op 'n ander

waentjie betrekking gehad en die staat het dus in hierdie verband hoogstens

bewys dat die appellant die verkeerde TPA nommer op die waentjie gekap het en

verkeerde nommerplate daarop aangebring het.

Opgesom het die Staat dus bewys dat die eerste appellant in besit was

van die waentjie wat verlate deur die polisie gevind is. Die staat het verder bewys

" .



22

dat die polisie die waentjie aan die appellant oorhandig het. Toe die waentjie in

die appellant se besit gevind is, het hy 'n vals verduideliking vir sy besit gegee.

Daar is getuienis dat, voordat die waentjie aan die appellant oorhandig is,

is daar aanbeveel dat dit ten gunste van die Staat verbeurd verklaar moes word.

Toe die waentjie dus aan die appellant oorhandig is, was dit sonder eienaar. Die

polisie, wat die waentjie op daardie stadium regmatig besit het, het dit vrywillig

aan die appellant oorhandig. Omdat die verklaring wat die appellant gemaak het

om die waentjie te kry, indien enige, nie bewys is nie, kan nie bevind word dat die

appellant deur valse voorwendsels besit gekry het nie. Alhoewel dit duidelik is

dat die appellant se besit van die waentjie ongerymd was, het die Staat nie

bewys dat hy dit gesteel het nie. Mnr De Meillon vir die Staat het nie betoog dat

daar enige ander misdaad bewys is wat 'n geoorloofde uitspraak op klagtes van

diefstal of bedrog sou wees nie.

Die eerste appellant se appèl teen sy skuldigbevinding aan diefstal op

klagte 3a moet dus slaag.

Klagte 3b

Die appellante is aangekla van onder meer diefstal van 'n wit dubbel-as

Venter sleepwa met registrasienommer SCM 731 T en onderstelnommer

'


23

540308. Op die aanklag is die eerste appellant aan 'n oortreding van artikel 36

skuldig bevind en die tweede appellant aan diefstal.

Sersant Deneyschen het die waentjie wat die onderwerp van die klagte is

op 2 Junie 1995 op die perseel van Global Paneelkloppers gevind. Die fabriek

se oorspronklike onderstelnommer was van die waentjie af verwyder. lemand

het met polisiebeitels 'n nommer op die waentjie gekap en dit het 'n vals

nommerplaat op gehad. Deneyschen het vermoed die waentjie is gesteel, en het

daarop beslag gelê.

In 'n verklaring aan kaptein Steinberg het die eerste appellant verduidelik

dat die waentjie lankal op die perseel staan, dat hy nie weet wie s'n dit is of wie

dit na die perseel toe gebring het nie. Die eerste appellant het ook gesê hy

vermoed dit is die voertuigdiefstal-eenheid se waentjie.

Mnr GJ de Beer, wat voorheen aan die eenheid verbonde was, het getuig

dat die tweede appellant in ongeveer September 1993 tydens 'n parade gevra

het of iemand van 'n sleepwaentjie weet. De Beer het van een geweet wat by

die Rietspruit polisiestasie staan, en het dit in opdrag van die tweede appellant

daar gaan haal. Sersant Pilane wat by Rietspruit gestasioneer was, het bevestig

dat De Beer die waentjie daar kom haal het en daarop beslag gelê het onder 'n

Rustenburgse misdaadregister-nommer. De Beer het getuig dat dit 'n dubbel-as

waentjie was, maar dat dit nie wiele gehad het toe hy dit gaan haal het nie. In


24

opdrag van die tweede appellant het De Beer, ten spyte daarvan dat dit

vermoedelik gesteel was, die waentjie nie by Rustenburg in die SAP13 stoor

ingeboek nie.

Volgens De Beer het die waentjie 'n ruk by die eenheid gestaan. Hulle het

wiele van 'n motor (sonder die eienaar se toestemming, het dit uit ander

getuienis geblyk) daarop gesit en die waentjie gebruik. Die tweede appellant het

op 'n stadium vir De Beer gesê hy sou die waentjie na Global toe stuur om dit oor

te laat verf. Later, toe De Beer die waentjie wou gebruik, het die tweede

appellant gesê hy weet nie waar dit is nie.

De Beer het die waenijie waarop Deneyschen beslag gelê het gaan

besigtig, maar hy kon nie sê dit is dieselfde waentjie nie omdat dit oor geverf was.

Dit is gerieflik om eers te oorweeg of die tweede appellant tereg aan

diefstal skuldig bevind is. By oorweging daarvan moet in gedagte gehou word

dat hy van die diefstal van die waentjie wat by Global gevind is, aangekla is. Die

getuienis bewys dat die tweede appellant wel in September 1993 by 'n dubbel-as

sleepwa betrokke was op 'n manier wat heelwat vrae laat ontstaan. Die eerste

vraag is egter of die waentjie wat in die tweede appellant se opdrag by Rietspruit

gaan haal is, die een is wat ongeveer twee jaar later by Global gevind is. De

Beer kon dit nie uitken nie. Daar is geen identifiserende kenmerke wat toon dat

die waentjie wat by Rietspruit gekry is die een is wat die onderwerp van die


""


25

klagte vorm nie. Na my oordeel het die verhoorhof fouteer deur af te lei dat dit

dieselfde waentjie is. Dit kan natuurlik wees, maar dit staan nie vas as die

enigste redelike afleiding op die getuienis nie.

Die tweede appellant moes dus nie op hierdie klagte skuldig bevind

gewees het nie.

Dit bring my by die eerste appellant se skuldigbevinding aan 'n oortreding

van artikel 36. Die waentjie is op die perseel van Global gevind. Ek het reeds

daarop gewys dat die eerste appellant nie die enigste belanghebbende by Global

was nie. Die blote feit dat die waentjie op Global se perseel was, beteken nie dat

die appellant dit besit het nie. Uit sy verduideliking aan Steinberg blyk dit ook

inderdaad dat die eerste appellant aangevoer het dat hy nie weet wat die

waentjie daar maak nie. Die staat het dus nie bewys dat hy die nodige bedoeling

gehad het om dit te besit nie.

In die omstandighede moes die eerste en die tweede appellante op klagte

3b onskuldig bevind gewees het.

Klagte 4

Op hierdie klagte is die eerste appellant skuldig bevind aan die diefstal

van 'n wit Volkswagen Mikrobus. Sersant Oosthuizen het op 2 Junie 1995 op die




26

voertuig beslag gelê waar dit op Global se perseel was. Daar was tekens dat dit

'n gesteelde voertuig is. Die eerste appellant het aan kapt. Steinberg verklaar

dat dit sy persoonlike voertuig is wat hy oor 'n tydperk van twee jaar opgebou het

uit verskillende dele. Die polisie het op die voertuig beslag gelê.

Op 7 Junie 1995 het kaptein Botha die voertuig ondersoek. Kenmerke

daaraan het hom na mnr FC Breytenbach toe gelei. Breytenbach se Volkswagen

Mikrobus is op 25 Mei 1994 gesteel. Hy het oor die telefoon aan Botha

kenmerke van sy gesteelde voertuig genoem wat Botha by ondersoek gevind het

inderdaad op die voertuig is.

Later het Breytenbach self die voertuig gaan bekyk. Hy het dit sonder

twyfel as syne uitgeken aan kenmerke wat ek onnodig vind om te herhaal. In

kruisverhoor namens die eerste appellant is dit aan Breytenbach gestel dat die

eerste appellant die bakwerk van die voertuig reeds in Februarie 1994 gekoop

het, voordat Breytenbach se voertuig gesteel is. Breytenbach het dit ontken en

sy ontkenning word bevestig deur kenmerke van sy gesteelde voertuig wat hy

aan die bak van die voertuig wat gevind is, gekry het. Van daardie kenmerke het

Breytenbach reeds aan Botha beskryf voordat hy die voertuig gesien het. Op

dieselfde grondslag het Breytenbach ontken dat die eerste appellant die enjin

apart gekoop en in die voertuig ingebou het.

"

"


27

'n Deskundige getuie het ook die voertuig wat by die appellant gevind is

ondersoek en tot die gevolgtrekking gekom dat dit nie uit verskillende dele

opgebou is nie.

Die Staat het bewys dat die eerste appellant aansoek gedoen het vir TPA

nommers en dat die voertuig op 14 Oktober 1994 in sy naam geregistreer is.

Dit staan vas dat Breytenbach se gesteelde voertuig in die eerste

appellant se besit gevind is en dat die eerste appellant valslik aangevoer het dat

dit sy voertuig is wat hy uit verskillende dele opgebou het. Die feit dat die

appellant die voertuig onder valse voorwendsels in sy naam geregistreer het en

daarna valslik voorgegee het dat hy dit opgebou het, toon dat hy met die voertuig

gehandel het ter uitsluiting van die eienaar se regte daarin en met die bedoeling

om die eienaar van daardie regte te ontneem.

Op klagte 4 is die eerste appellant tereg aan diefstal skuldig bevind.

Klagte 6

Die eerste appellant is op klagte 6 daaraan skuldig bevind dat hy 'n

roomkleurige 1400 Nissan bakkie gesteel het.

'


28

Dit kan aanvaar word dat die staat bewys het dat mnr WD Barrett se

bakkie op 30 Januarie 1994 gesteel is en dat daardie bakkie op 2 Junie 1995 op

Global se perseel gekry en in beslag geneem is deur sersant Pienaar. Kaptein

Maas het die bakkie later ondersoek en gevind dat die oorspronklike

onderstelnommers verwyder is.

In sy verklaring aan Steinberg het die eerste appellant gesê die bakkie

behoort aan 'n kliënt, hy dink met die naam Moloka. Die bakkie is na Global

gebring vir herstel- en verfwerk. Dit was gedoen en die appellant het nie geweet

waarom die bakkie teruggebring is nie.

Die verhoorhof het bevind dat die appellant se verduideliking vaag, en dus

vals, was omdat hy nie meer besonderhede oor die kliënt verstrek het nie. Ek

stem met eerbied nie saam nie. Op die keper beskou, het die Staat niks meer

bewys nie as dat daar 'n gesteelde bakkie op Global se perseel was en dat die

eerste appellant verduidelik het dit is 'n kliënt s'n nie. Ek meen nie dat die

enigste redelike afleiding van daardie feite is dat die appellant die bakkie gesteel

het of selfs geweet het dat dit gesteel is nie. Omdat die Staat nie getuienis

aangebied het dat daar ten tye van die appellant se besit van die bakkie 'n

redelike vermoede was dat dit gesteel is nie, kan die appellant nie aan 'n

oortreding van artikel 36 skuldig bevind word nie.


"


29

Die eerste appellant se appèl teen sy skuldigbevinding op klagte 6 moet

dus slaag.

Klagte 8

Op hierdie klagte is die eerste en derde appellante aan diefstal van mnr

AB Kessan se wit Isuzu bakkie skuldig bevind.

Dit staan vas dat Kessan se bakkie op 23 Augustus 1994 gesteel is. Dit

staan verder vas dat maj. Bouwer en sers. Wessels so 'n bakkie in Wilderness

opgespoor het. Dit het 'n CAW-registrasienommer op gehad en ek sal daarna as

die CAW-bakkie verwys.

Die CAW-bakkie het TPA-nommers op sowel die enjin as die onderstel

gehad. Daar was egter geen unieke nommer op nie. (Ek het voorheen daarop

gewys dat elke keer as 'n TPA-nommer uitgereik word, word daar ook 'n unieke

nommer uitgereik wat die ondersoekbeampte op die voertuig aanbring.) 'n

Onderstelnommer wat die fabriek op die bakwerk van die bakkie aangebring het,

het die polisie egter na Kessan toe gelei. Kessan kon die bakwerk as sy voertuig

s'n uitken. Wessels het ook vasgestel dat die CAW-bakkie aanvanklik, in

Oktober 1994, as 'n opgeboude bakkie in die eerste appellant se naam

geregistreer is met 'n, destyds, Transvaalse registrasienommer.

"


'


30

Namens die appellante is, tereg, nie betoog dat daar enige twyfel is dat

die CAW bakkie ten minste wesenlik Kessan se gesteelde bakkie was nie.

Sersant Fick se getuienis toon dat, geoordeel aan die nommer self, die

TPA-nommer op die enjin van die bakkie op 29 Augustus 1994 in Rustenburg

uitgereik is. Ten aansien daarvan kon die polisie geen navraaglêer opspoor nie.

Kapt. Maas het ook getuig dat die TPA-enjinnommer ook nie in die

kontroleregister by die eenheid opgeteken is nie. Kortom, van die uitreik van die

TPA-nommer vir die enjin is daar geen rekord nie.

Wat die onderstel se TPA-nommer betref, het kapt. Maas die navraaglêer

in die derde appellant se kantoor by die eenheid opgespoor. Daarvolgens het

die eerste appellant op 14 Oktober 1994 aansoek gedoen vir TPA-nommers vir

die enjin en onderstel van 'n wit Isuzu bakkie wat hy sou opgebou het. Die derde

appellant het die aansoek hanteer en was die ondersoekbeampte. Die aansoek

is teenstrydig in die sin dat, al het die eerste appellant vir 'n enjin- en onderstel­

nommer aansoek gedoen, het hy terselfdertyd aan die derde appellant verklaar

dat die "ou" nommer van die enjin die TPA-nommer is waarna ek verwys het en

wat in Augustus 1994 uitgereik moes gewees het.

Steeds wat die TPA-nommer van die onderstel betref, is daar in die

navraaglêer 'n faktuur wat aantoon dat die eerste appellant twee Isuzu enjins en

'n Hi-Lux kajuit in April 1994 aangekoop het. Die faktuur toon nie dat die eerste




31

appellant 'n onderstel, waaroor die aansoek eintlik gegaan het, aangekoop het

nie.

Alhoewel daar 'n navraaglêer vir die onderstel geopen is, kom daardie

aansoek volgens Maas ook nie in die kontroleregister voor nie. Omdat die unieke

nommer elke keer saamgestel word uit onder meer die volgnommer in die

kontroleregister, is daar geen unieke nommer uitgereik nie, het Maas getuig. Dit

verklaar waarom daar geen unieke nommer op die CAW-bakkie gekry is nie.

Wat die eerste appellant betref toon die bewese feite dat hy in sy aansoek

om TPA-nommers voorgegee het dat die CAW-bakkie opgebou is. AI word

aanvaar dat hy dit opgebou het, staan dit vas dat 'n wesenlike deel daarvan van

Kessan se gesteelde bakkie afkomstig was. Kessan se bakkie is op 24 Augustus

in Oos-Londen gesteel en op 14 Oktober 1994 het die eerste appellant die

bakwerk, as sy verklaring waar is, al in die CAW-bakkie ingebou. Ek meen dat

die feite van die eerste appellant 'n verduideliking geverg het waar hy aan die

bakwerk gekom het en dat sy versuim om dit te gee, die afleiding as enigste

redelike afleiding regverdig dat hy, deur die bakwerk as deel van die CAW-bakkie

te registreer, opsetlik en permanent die eienaar van sy regte in die gesteelde

bakkie ontneem het.

Die enigste bewese betrokkenheid van die derde appellant by die CAW­

bakkie is dat hy die eerste appellant se aansoek van 14 Oktober hanteer het, die



32

ondersoekbeampte was en die klaring uitgereik. Dit moet egter in gedagte

gehou word dat die Staat nie bewys het dat die onderstel of die enjin gesteel is

nie. Die vraag is of die feite wat voor die derde appellant was sodanig was dat

hy inderdaad daaruit afgelei het of geweet het dat die aansoek onreëlmatig is en

dat dit om 'n gesteelde voertuig gaan. Die faktuur wat voor die derde appellant

geplaas is, toon glad nie dat die eerste appellant 'n onderstel aangekoop het nie.

Dit toon wel dat hy twee Isuzu-enjins gekoop het. Dat die derde appellant nie sy

werk gedoen het nie, staan vas, want as hy het, sou hy besef het die faktuur is

niksseggend vir sover dit die onderstel aangaan. Dit toon egter nie dat hy

geweet het die voertuig of 'n wesenlike deel daarvan is gesteel nie. Eerstens

toon Maas se getuienis dat die navraaglêers gereeld deur 'n senior offisier

nagegaan word. As die derde appellant besef het die faktuur toon dat die goed

gesteel is, sou hy dit kwalik vir inspeksie op lêer geplaas het. In elk geval toon

die faktuur objektief beskou nie dat die voertuig gesteel is nie.

Die optrede van die derde appellant is verder onreëlmatig deurdat hy die

TPA-nommer vir die onderstel uitgereik het sonder om dit in die kontroleregister

aan te teken. Dit toon nie dat hy geweet het die voertuig of deel daarvan is

gesteel nie. As hy dit geweet het, sou hy sekerlik moeite gedoen het om sy

aandadigheid aan die misdaad te verbloem. Dit het hy nie gedoen nie, want die

lêer is in sy ongeslote kantoor gevind vir enigeen om na te kyk.

­


33

Die geheel van die derde appellant se optrede regverdig, vir die redes

gemeld, ook nie die afleiding dat hy aan die eerste appellant se diefstal aandadig

was nie. Die Staat het geen getuienis aangebied wat toon dat daar die een of

ander verhouding tussen die eerste en derde appellante was anders as dat die

derde appellant telkens aansoeke van die eerste appellant hanteer het nie. Dit is

egter nie buitengewoon nie want die derde appellant het alle sodanige aansoeke

hanteer en was boonop, so het Fick en Maas getuig, toegegooi onder die werk.

Die eerste appellant is gevolglik tereg op aanklag 8 skuldig bevind, maar

die derde appellant nie.

Klagte 9

Op klagte 9 is die eerste en derde appellant aan diefstal van 'n wit Isuzu

bakkie, die eiendom van Howson & Straker skuldig bevind.

Die bakkie is op 18 Augustus 1994 uit die besit van mnr DD Radebe

geroof. Die getuienis toon dat maj. Bouwer van die polisie 'n soortgelyke bakkie in

Mei 1995 in die besit van mnr en mev Wasserman in Port Elizabeth gekry het.

Die Staat het bewys dat ten minste die onderstel en bakwerk van die

laasgenoemde bakkie dié van die gesteelde bakkie was. Toe dit gevind is, het

die bakkie TPA-nommers op die enjin en die onderstel gehad. Dit het egter geen

unieke nommer op gehad nie. Die Staat het voorts bewys dat die eerste

_

­


34

appellant vir die TPA-nommers aansoek gedoen het en die voertuig toe in sy

naam geregistreer het as 'n opgeboude bakkie. Dit is later deur Isak en Seuns

aan Wasserman verkoop wat dit aan ene Pieters verkoop en dit toe weer

teruggekoop het. Dit is na die terugkoop dat die maj. Bouwer by Wasserman op

die bakkie beslag gelê het.

Die eerste appellant het volgens die navraaglêer wat as bewysstuk

ingehandig is, op 22 September 1994 aansoek gedoen om 'n TPA-nommer vir

die onderstel. Die derde appellant het die aansoek hanteer en was ook die

ondersoekbeampte. Volgens die aansoekvorm was dit 'n aansoek om 'n TPA­

nommer vir die onderstel van 'n opgeboude wit Isuzu bakkie. Nogtans toon die

vorm dat die enjin ook geen nommer gehad het nie, en dat daaraan 'n TPA­

nommer toegeken is op 29 Augustus 1994. 'n TPA-nommer vir die onderstel is

toegeken op 22 September 1994, die dag van die aansoek.

Ter ondersteuning van die aansoek het die eerste appellant twee

eedsverklarings gemaak. Die een is klaarblyklik vooraf op die briefhoof van

Global uitgeskryf en toe as deel van die aansoekvorm daarin geïnkorporeer. Die

derde appellant het die beëdig. Die verklaring handel, volgens die TPA­

nommers van die enjin en die onderstel, met die voertuig wat later by die

Wassermans teruggevind is. Die eerste appellant verklaar dat die bakkie in

Global se werkswinkel opgebou is. Op die deel van die verklaring wat op Global

se briefhoof geskryf is, kom die datum 20 September 1994 voor. Dit verwys, as


35

deel van 'n opskrif wat die voertuig waarom dit gaan identifiseer, na die onderstel

se TPA-nommer. Omdat die laasgenoemde nommer eers op 22 September

1994 uitgereik is, is betoog dat enigeen wat dit lees onmiddellik kan sien dat dit

vals is. Ek stem nie saam nie. Die verklaring is waarskynlik uitgeskryf voordat

die aansoek op 22 September gedoen is. Dit is moontlik, na my oordeel eintlik

waarskynlik, dat die TPA-nommer op die verklaring ingevul is toe dit bekend

geword het.

In die tweede verklaring, wat ook op 22 September 1994 deur die derde

appellant beëdig is, verklaar die eerste appellant dat hy die onderstel in ongeveer

Augustus 1994 by Willodene Used Motor Spares aangekoop het. Hy heg dan

ook 'n faktuur vir 'n "chassey" aan. Die eerste appellant verklaar verder dat die

onderstel in 'n "Ielike ongeluk" was, dat hy dit herstel het en dat die plaatjie met

die onderstelnommer in die proses verlore geraak het. Die verklaring meld

verder dat die eerste appellant 'n herboude enjin gekoop en dit gebruik het om

saam met die onderstel die bakkie op te bou. 'n Faktuur vir die aankoop van

twee enjins word aangeheg.

Wat die eerste appellant betref, is sy verklaring dat hy die onderstel alleen

aangekoop het, klaarblyklik vals. Die bakkie wat by die Wassermans gevind is,

het steeds die onderstel en die bakwerk van die gesteelde bakkie gehad. AI sou

'n mens in die guns van die eerste appellant aanvaar dat hy die bakkie kon

"opgebou" het deur bloot 'n ander enjin daarin te sit, dan is daar nog geen



36

verduideliking vir waar hy aan die bakwerk gekom het nie en veral waarom die

bakwerk nie beskadig was toe die onderstel in 'n "Ielike ongeluk" was nie. Na my

oordeel is die enigste redelike afleiding uit die feite dat die eerste appellant

bedrieglik die nodige nommer bekom het om die voertuig in sy naam te

registreer. In die lig daarvan dat die eerste appellant geen getuienis aangebied

het wat sy optrede verduidelik nie, is hy tereg aan diefstal skuldig bevind.

Wat die derde appellant betref is daar, soos by klagte 8, geen getuienis

dat hy by die uitreiking van die TPA-nommer vir die enjin betrokke was nie. Wat

die onderstel betref, het hy die eerste appellant se eedsverklarings en die fakture

voor hom gehad. Uit die dokumentasie voor hom kon hy na my oordeel nie, as 'n

feit wat bo redelike twyfel vasstaan, afgelei het dat die onderstel en die enjin

gesteel is nie. Soos wat ek hierbo aantoon, kan die valsheid van die verklarings

eers afgelei word uit die latere feit dat die onderstel en bakwerk deel van die

"opgeboude" bakkie gevorm het. Daardie feit kon die derde appellant vasgestel

het as hy besonder deeglike ondersoek gedoen het. Vir die redes wat ek reeds

gemeld het toon die feite moontlik dat hy sy werk nie behoorlik gedoen het nie,

maar nie dat die derde appellant wetend aan diefstal aandadig was nie.

Die volg dus dat die eerste appellant se appèl teen sy skuldigbevinding op

klagte 9 van die hand gewys moet word. Die appèl van die derde appellant moet

egter slaag.

"'"


37

Klagte 10

Hierdie klagte, waarop al drie die appellante aan diefstal skuldig bevind is,

handel oor die diefstal op 30 November 1994 van 'n wit Isuzu bakkie wat aan

Federated Timbers behoort het.

Maj. Bouwer het op 26 Mei 1995 beslag gelê op so 'n bakkie in die besit

van ene mnr Pieterse. Mnr PCA van Meenen van Federated Timbers het die

bakwerk van die bakkie wat teruggevind is uitgeken as dié van die gesteelde

bakkie. Sersant Wessels het die voertuig ondersoek en vasgestel dat die

onderstel en ewenaar ook dié van die gesteelde bakkie is. Die onderstel en enjin

het TPA-nommers gehad. Die nommers is nagevolg, en die getuienis toon dat

die eerste appellant op 6 Desember 1994 vir die nommers aansoek gedoen het.

Ek het reeds met betrekking tot klagte 1 na die getuienis van sersant

Roberts verwys. Die tweede appellant het hom die oggend van 6 Desember

ontbied, en hy die eerste appellant saam met die tweede in die kantoor gekry.

Die tweede appellant het hom opdrag gegee om twee aansoeke om TPA­

nommers te hanteer. Die een aansoek het betrekking gehad op die TPA­

nommers wat nou ter sprake is.

Wat die eerste appellant betref was sy aansoek daarop gebaseer, gestaaf

met 'n faktuur, dat hy die onderstel en enjin in April 1994 aangekoop het. Dit is

­



38


onnodig om die verdere verklarings wat die eerste appellant gemaak het te

oorweeg. Die voertuig is eers in November 1994 gesteel, en sy verklaring oor

wanneer hy dit aangekoop het was dus vals. Die eerste appellant is tereg op

hierdie klagte skuldig bevind.

Die tweede appellant het vir Roberts gesê hy het die voertuig ondersoek.

Hy het trouens, nog voordat Roberts en derde appellant se werk afgehandel was,

die uitreiking van TPA-nommers gemagtig. As hy die voertuig behoorlik

nagegaan het, sou hy gesien het die oorspronklike nommers is afgeskuur en hy

sou ook die oorspronklike nommers kon vasstel. Mnr Pieterse het, voordat hy

die bakkie gekoop het, vir die tweede appellant gebel om te hoor of alles in orde

is. Die tweede appellant het hom verseker dat as die bakkie van die eerste

appellant af kom, is dit veilig. Die Staat het dus bewys dat die tweede appellant

nie sy werk behoorlik gedoen het nie, en vir Roberts opdrag gegee het om,

gegrond op sy eie onvoldoende ondersoek, as hy hoegenaamd ondersoek

ingestel het, TPA-nommers te laat uitreik. Die enigste redelike afleiding uit die

feite is egter nie dat die tweede appellant opsetlik swak werk gedoen het met die

doel om die eerste appellant van hulp te wees by die diefstal nie. Die tweede

appellant se mededeling aan Pieterse kon redelikerwys die gevolg van

misplaaste vertroue gewees het. Na my oordeel kan die tweede appellant se

swak werk en sy mededeling aan Pieterse, al word dit saam beskou, ook nie die

afleiding, as enigste redelike een, regverdig dat hy aan diefstal skuldig is nie.





39

Wat die derde appellant betref, was sy rol in hierdie geval dieselfde as met

betrekking tot klagte 1. Vir die redes daar gemeld, kan nie bo redelike twyfel

bevind word dat hy aan diefstal skuldig is nie. Namens die Staat is daarop

gewys dat die eerste appellant ter stawing van sy aansoeke in klagte 8, klagte 9

en klagte 10 van dieselfde faktuur gebruik gemaak het. Dit is korrek en dit is

verder so dat, vir klagte 10 iemand, waarskynlik die eerste appellant self, nog

die woorde "chassis Isuzu" op die faktuur by geskryf het. Die drie aansoeke is

egter 'n geruime tyd uit mekaar gedoen en dit kan nie aanvaar word dat die derde

appellant, wat baie sulke aansoeke hanteer en gesien het, moes gesien het dit is

dieselfde faktuur nie.

Gevolglik moet die eerste appellant se appèl teen sy skuldigbevinding op

klagte 10 afgewys word. Die appèl van die derde appellant moet gehandhaaf

word, en die skuldigbevinding van die tweede appellant moet tersyde gestel

word.

Daar is aan die eerste appellant verlof verleen om ook teen sy vonnis

appèl aan te teken.

Wat sy persoonlike omstandighede betref, was die eerste appellant ten

tye van vonnisoplegging in die verhoorhof 56 jaar oud. Hy was getroud en het

drie kinders gehad waarvan die jongste toe 16 jaar oud was. Die appellant se

eggenote was 'n onderwyseres terwyl hy self, soos reeds geblyk het, vir sy eie

rekening besigheid gedoen het. In die loop van die saak is die besigheid egter




40

gelikwideer. Dit blyk uit sy getuienis ter versagting van vonnis dat hy 'n aktiewe

rol in sy gemeenskap gespeel het en 'n gerespekteerde lid daarvan was. Die

appellant was ook op sy relatief gevorderde ouderdom 'n eerste oortreder.

Wat die misdade betref is dit eintlik nie eens nodig om die erns daarvan te

beklemtoon nie. Dit spreek vir sigself. Die appellant het gewetenloos 'n afset-

gebied vir gesteelde en geroofde voertuie. Dit is die mense wat dit doen wat

veroorsaak dat die publiek in hierdie land nêrens meer hulle voertuie met

gerustheid kan laat nie en nie eens meer met gerustheid self daarin kan ry nie.

Die appellant het, op die beste vir hom, 'n swak skakel in die polisie se

toekenning van TPA-nommers uitgebuit. Die gemeenskap verg dat oortreders

soos hy uit die gemeenskap verwyder word en daar hervorm word.

Na my oordeel is elkeen van die individuele vonnisse wat die verhoorhof

opgelê het gepas. In die lig daarvan dat die eerste appellant nou aan klagtes

skuldig bevind word en nie aan nege nie, moet die effektiewe vonnis natuurlik

heroorweeg word. Alhoewel dit grotendeels aan die appellant self te wyte is, het

daar nou reeds 8 jaar verloop sedert hy gevonnis is. Hy is nou 64 jaar oud. Met

dit in gedagte, is ses jaar effektiewe gevangenisstraf gepas.

Die volgende bevel word dus gemaak:

1. Die eerste appellant se aansoek om verdere getuienis te lei, word van die

hand gewys.

"


41

2. Die eerste appellant se appèl teen sy skuldigbevindings op klagtes 2, 3a,

3b en 6 slaag. Die eerste appellant se skuldigbevindings en vonnisse op

daardie klagtes word tersyde gestel.

3. Die tweede appellant se skuldigbevindings en vonnisse op klagtes 1, 3b

en 10 word hersien en tersyde gestel.

4. Die appèl van die derde appellant teen sy skuldigbevindings op klagtes 1,

8, 9 en 10 slaag. Die derde appellant se skuldigbevindings en vonnisse

word tersyde gestel.

5. Die eerste appellant se appèl teen sy skuldigbevindings op klagtes 1, 4, 8,

9 en 10 word van die hand gewys.

6. Die eerste appellant se appèl teen sy vonnis op klagtes 1, 4, 8, 9 en 10

slaag. Die vonnisse word tersyde gestel en vervang met die volgende:

"Op elkeen van klagtes 1, 4, 8, 9 en 10 word die beskuldigde gevonnis tot

vier (4) jaar gevangenisstraf. Dit word gelas dat twee jaar van die vonnis

op klagte 4 saam uitgedien word met die vonnis op klagte 1. Die vonnisse

op klagtes 8, 9 en 10 word gesamentlik uitgedien met die vonnis op klagte

1. Die beskuldigde word dus tot ses (6) jaar effektiewe gevangenisstraf

gevonnis.




.


B R DU PLESSIS

Regter van die Hooggeregshof

Ek stem saam.

..


42


P Oosthuizen

Waarnemende Regter van die Hooggeregshof

Namens die Appellante:

Adv. PJ de Jager SC en JJ Strydom vir die eerste appellant

Geen verskyning vir die tweede appellant

Adv. HF Kleyn vir die derde appellant

Namens die Respondent:

Adv. AR de Meillon.